Die Goudveld se keuse sedert
1971
Restaurant
Wednesday Dinner – Chinese/Italian Buffet
since
Adults –
R49.95 Children – u/10 R20.00
Sunday Lunch Full Buffet
The Goldfields' Choice
Adults –
R49.95 Children – u/10 R20.00
Pizza Special (Only Monday-Friday)- Medium
Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT Accommodation DAGBREEK WELKOM
R39.95
X1PWRRDM-VI260315
DONDERDAG 26 MAART 2015
WWW.VISTANEWS.CO.ZA
GRATIS
God se hand oor Welkom Talle geskok, huise vernietig ná ontploffing in ventilasieskag Marti Will DIE hand van God was oor Welkom. Dít is hoe inwoners voel oor die geweldige ontploffing wat die stad Saterdag laatmiddag geruk en reuse-skade aan geboue aangerig het. Net ses Harmony Gold-kontrakteurs is lig beseer. Geen ander beserings is in die stad aangemeld nie. Mense het dít as ’n wonderwerk beskou. Marian van der Walt, amptelike woordvoerder van Harmony Gold, het Dinsdag aan Vista bevestig dat sowat 800 mense as gevolg van skade aan hul huise, eise ingedien het. Voertuie en minstens een winkelsentrum is weens die ontploffing beskadig. Ingeligtes praat van der miljoene rande se skade wat ter sprake is. Uit die eise wat Sondag ingedien is toe Vista self by die rampbeheersentrum was, het dit geblyk dat minstens 250 huise, en ander geboue soos die winkelsentrum, erg beskadig is in die metaangasontploffing wat soos ’n “bomaanval” gevoel het. Die ontploffing het om 17:30 gebeur toe ’n span mynkontrakteurs die President Brandmyn se nommereen-ventilasieskag gerehabiliteer het. Hulle het rommel in die skag afgestoot toe ’n vonk glo die metaangas laat ontplof het. Die skokgolwe is tot so ver as Virginia, Hennenman en Ventersburg gevoel. ’n Verkeersbeampte van Matjhabeng wat puntdiens sowat 10 km van Kroonstad af gedoen het, het dit ook gevoel. Beamptes van die Matjhabeng-munisipaliteit het onmiddellik ingespring om die situasie onder beheer te bring. Honderde inwoners het na die ramptoneel gestroom om te sien wat gebeur het. Verkeersbeamptes moes die toneel en die geaffekteerde woonbuurte onmiddellik afsper. Die uitvoerende burgemeester van Matjhabeng, Sebenzile Ngangelizwe, het reeds Saterdagaand inwoners toegespreek. Hy het aan Vista gesê dat hy baie tevrede is met optrede van die beamptes van die Matjhabeng departement van Openbare Veiligheid. “Ek is oortuig daarvan dat ons brandbestryding- en verkeersbeamptes in staat is om enige ramp te behartig. Die senior beamptes, Francois Klaassen en Makgalema Majoro, en hul onderskeie spanne verdien lof vir hul goeie werk,” sê Ngangelizwe. Harmony Gold het Sondag begin om traumaberading aan die erg geskokte inwoners te bied.
DIE foto is Saterdagaand van die opening na die Pres. Brandmyn se nommereen-ventilasieskag geneem net nadat die ontploffing gebeur het. Foto: Francois Klaassen Die Matjhabeng-munisipaliteit het kort ná die ontploffing Saterdag ’n rampbestuursentrum by die Sylvania Spar in Koppie Alleenweg, digby die drie woonbuurte wat die ergste getref is, opgerig. Dié sentrum is tot gister (25/03) in samewerking met Harmony Gold bedryf. Die huise naaste aan die oop stuk veld aangrensend tot die mynskag is baie erg beskadig. Inwoners praat van dakteëls wat afgeval het, plafonne wat ingeval het, glasdeure en vensters wat gebreek het en buitemure wat inmekaargesak het. Inwoners in Jan Cellierspark, Uitbreiding 19 en Sandania in Welkom, het ook gesien hoe die betondeksels van die mangate in hul strate in die lug geskiet is. Geen beserings van inwoners is aangemeld nie. Bobo Ndinisa, ’n woordvoerder van Harmony Gold, sê ’n volledige ondersoek na die oorsaak van die ontploffing is reeds begin.Ndinisa sê die kontrakteurs wat by die ontploffing betrokke was, is net lig beseer. Die werkers wat langs die oop gat van die skag was, se lewe is slegs gered deur ’n staalhok om die laaigraaf waarmee hulle die versterkte beton in die oop skag afgegooi het. ) Dit is juis nou die 25ste herdenking van die verwoestende tornado wat op 20 Maart 1990 meer as 800 huisgesinne in Flamingopark, Rheederpark en Riebeeckstad hier dakloos gelaat het. Twee mense is toe dood en 98 beseer. ) In die Merriespruit-slikramp op 22 Februarie 1994 is 17 mense in Virginia, ’n klipgooi van dié myn, dood. Altesaam 600 is beseer en 2 000 het feitlik al hul besittings verloor. )Nog foto’s en stories op bll. 39 en 40.
CHRISTA MOUTON van Odendaalsrus: Ons was op pad na my skoonsus Alta se verjaardagpartytjie in Welkom. Toe ons by die Amari-skool verbygaan, was ek net besig om my kamera se battery in te sit toe Kobus, my man, vir my sê ek moet gou kyk dit lyk soos ’n ontploffing. Ek het my kamera net opgetel en begin foto’s neem. Ná my sewende foto voel dit asof iets binne in die bakkie agterin omval met ’n slag. Ons het later besef dit was die klank van die ontploffing. Ons het ook later van die gebeure gehoor. Ons het letterlik my skoonsus se verjaardag met ’n “bang” begin. Foto: Christa Mouton
IGO
083 688 1189
SATURDAY, 28 MARCH
BALLOON PARTY MR & MISS IGO
30 MAY 2015
Get your Entry Form @ the Bar Now! 18 Years on the same premises with the same owner
Hendrik us 083 688 1189 Hendikus 083 688 1189
X1PWRNCR-VI260315
DN Smith Jewellers - Juweliers Tel. 057 352 1706 Shop/Winkel 32, WELKOM Checkers Centre/Sentrum
The "Perfect Pair" ...
Clearly, you can see the difference
VALUE FOR MONEY
LOOSE DIAMONDS AT AFFORDABLE PRICES
Carat Colour Clarity 0.22 J VS2 0.37 J SI1 0.52 I VS2 0.94 I SI1 1.04 M VVS2
Normal Price Cash Price Cut ROUND BRILLIANT R 4 245.00 R 3 600.00 ROUND BRILLIANT R10 550.00 R 8 995.00 ROUND BRILLIANT R24 995.00 R21 295.00 ROUND BRILLIANT R69 990.00 R59 495.00 ROUND BRILLIANT R62 475.00 R53 000.00
X1PTTYB2-VI260315