0 5 7 3 5
PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
Our Full Buffet book in Advance Restaurant Restaurant
Accommodation Accommodation
2 Wednesday Dinner – Sunday Lunch 5 Special Adults – U/10 U/3 4 3 Every other day Special Menu include Pizza R50.00 per meal 0 We thank you for all your support
R65.00
R25.00 – No charge
0 8 4 5 0 3
7 6 4 8
NEWNEW-VI190418
0 057-357-1304
Donderdag 19 April 2018
www.vistanews.co.za
Man beland in gat Doen ernstige besering op, fiets ook onherstelbaar beskadig Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@volksblad.com
’n Man is erg beseer toe hy met sy fiets in ’n gat van sowat 1 m diep, waar Mercutiostraat in Donalbainstraat in die woonbuurt Bedelia verander, gery het. Riaan van den Berg (41) en sy stiefseun Terence Grobler (16) het Saterdagmiddag (14/04) laat soos gewoonlik 15 km tot 20 km gaan fietsry. Omstreeks 18:00 het Tania van den Berg (34) ’n stemboodskap van haar bekommerde seun Terence ontvang dat haar man met sy fiets in ’n groot gat gery het. “Toe ek op die toneel kom, was my man se gesig bebloed en vol modder. Hy het gekreun van die pyn in sy skouer en ek het besef hy het baie seer gekry,” sê Tania. Hulle het met hom na die Mediclinic Welkom se ongevalle-eenheid gehaas. Daar het dokters x-straalfoto’s laat neem en gesien Van den Berg het ’n baie slegte breuk aan sy linker sleutelbeen opgedoen. Hy moes ’n spesialis spreek, wat sy skouer Dinsdag (17/04) geopereer het. Die operasie was ’n sukses. Die munisipaliteit het glo die gat Vrydag (13/04) gegrawe om ’n waterlek te herstel. Gebrekkige waar-skuwingstekens is glo aan-gebring. Teen skemer was dit moeilik om die gat te sien of te bepaal hoe diep dit is. Die fiets van bykans R3 500 is onherstelbaar beskadig.
Die gat van ongeveer 1 m diep in Bedelia, Welkom, waar Mercutiostraat in Donalbainstraat verander, waarin Riaan van den Berg met sy fiets gery het. Foto’s: Verskaf
Van den Berg is ’n onderhoudstegnikus by die Targetmyn en hy gaan ’n verlies aan inkomste hê (soos bonusse en toelae) terwyl hy met siekteverlof is. Van den Berg is tans die enigste broodwinner van ’n gesin van sewe. Hy sien ook om na sy ouers, by wie hulle woon. Die gesin sal vir ses weke sonder die volle inkom-
ste moet klaarkom. Die Van den Bergs het die saak by die munisipaliteit aangemeld, waarna hulle ingelig is dat die gat weens gebreekte masjinerie nie toegemaak kon word nie. Die munisipaliteit het Sondag ná die ongeluk ’n stuk lint gespan en ’n oranje verkeerskegel naby die gat geplaas.
Riaan van den Berg (41) het met sy fiets in ’n gat van ongeveer 1 m diep, wat deur die munisipaliteit gegrawe is, gery en sy linker sleutelbeen gebreek.
X1UGWJFD-VI190418
Gratis
‘Ons sal beskerm’ Marti Will mwill@volksblad.com
Die gesoute en welbekende polisieman kol. Koos van der Merwe is as die waarnemende stasie-bevelvoerder van die polisie in Odendaalsrus aan-gestel. Hy is deur lt. genl. Moeketsi Sempe aangestel en vervang brig. Disebo Cezula. Hy is Vrydag (13/04) amptelik aangestel. Cezula is die nuwe bevelvoerder van die polisie in Welkom. Van der Merwe het nie gehuiwer om sy visie vir Odendaalsrus uit te lê nie. “Ek en my hardwerkende span sal aanhou om te ver-seker dat die inwoners van Odendaalsrus en die boere-gemeenskap hier by ons veilig voel,” het hy gesê. Van der Merwe sê misdaadbekamping is ’n voorkeursaak en hy sal verseker dat spanwerk en spangees voorkeur by die polisie in Odendaalsrus kry. “Ek sal toesien dat die polisie toerekenbaar is, en ons sal kliënte, die inwoners van Odendaalsrus en die boere-gemeenskap bedien en beskerm,” het Van der Merwe bygevoeg. Hy meen ook dat vroue, kinders en wetsgehoorsame inwoners van Odendaalsrus en die omgewing veilig sal voel in die strate. “Ek waardeer die werk wat deur die vorige bevelvoerder, brig. Cezula, en haar span gedoen is. “Die inwoners van Odendaalsrus word genooi om misdaadvoorkoming met my te bespreek. Inwoners word aangemoedig om vergaderings by te woon. “Die polisie kan misdaad nie alleen bekamp nie, maar saam kan ons soveel meer vermag.”
NEWNEW-VI050418