Vistanewsvi 20180503

Page 1

PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM 0 5 7 Restaurant Accommodation 3 5 Spoil Mom This MOTHER'S DAY with a Full buffet

2 R99.50 Adult / R30.00 under 10 5 SUNDAY 13 MAY 2018 Under 3 - No charge 4 Book in advance 3 0 Every other day Special Menu include Pizza R50.00 per meal

0 8 4 5 0 3

7 6 4 8

NEWNEW-VI030518

0 057-357-1304

Donder ag 3 Mei 2018

www.vistanews.co.za

Gratis

Diie DA se vrouenetwerk, Dawn, het Divan Cross op 25 April buite die hof ondersteun ná ’n beweerde homofobiese voorval waarin hy beseer is. B By hulle (regs) is Igor Scheurkogel, voorsitter van die Mnr. Gay Wêreldraad. Inlas: Divan Cross (32). Foto: Verskaf

‘ ’’n S Stamp’ draai in hof Verslag wys klaer het drie maande nodig om van trauma te herstel Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@volksblad.com

“Ek is steeds stomgeslaan oor die feit dat ’n persoon uit die bloute ’n ander sonder rede met die vuis bydam, sonder enige verduideliking. Ek is steeds in skok,” sê ’n hoogs ontstelde Divan Cross (32), ’n sakeman van Welkom. Fanie Vermaak (21), ’n rugbyspeler van Welkom, het op Woensdag 25 April in die Welkomse landdroshof verskyn op ’n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy Cross in ’n openbare kuierplek in die stad aangerand het. Vermaak is nie gevra om te pleit nie en die verhoor is tot 31 Mei uitgestel. Cross en sy vriende het

Woensdag 11 April die weeklikse karaoke-aand by ’n kuierplek bygewoon. “ Ons was ongeveer 16 mense – almal lesbies, gay of transgender – wat by ’n lang tafel gekuier en die aand geniet het. Ons kuier altyd daar sonder enige onaangename voorvalle en ken die eienaar baie goed. Omstreeks 01:45 wou hulle die rekening betaal en my lewensmaat, Jaco Koekemoer, het sy beursie in die voertuig gaan haal,” vertel Cross. Terwyl hulle vir Koekemoer gewag het, wou Cross die platejoggie vra om nog een liedjie te speel. Dit is toe dat Vermaak, wat die pad glo versper het, Cross blykbaar bygedam het sonder om ’n woord te sê. Cross het hard

op die grond neergeslaan. Koekemoer het Cross huilend gevind terwyl hy sy kakebeen vasgehou en na Vermaak gewys het. Buite die kuierplek het Koekemoer vir Vermaak konfronteer en hulle is glo bykans weer aangerand. Hulle is terug die kuierplek in en die veiligheidshek is vir hul beskerming gesluit. Die volgende oggend het Cross besef hoe seer hy gekry het en dat sy hele lyf met kneusplekke oortrek was. Die voorval is op beeldmateriaal van die kringtelevisie in die kuierplek te sien. Cross het dit op Facebook, op soek na sy vermeende aanrander, geplaas. Vermaak het Cross deur Facebook gekontak en gesê dit was net

’n stamp. Vermaak het glo gesê sy prokureur sal met Cross in verbinding tree oor ’n saak van naamskending. Cross sê hy het Vermaak na sy (Cross) prokureur, Yolandi Hewetson, verwys. In ’n trauma-verslag wat deur ’n maatskaplike werker uitgereik is, sal dit Cross ongeveer drie maande neem voor hy weer normaal sal kan funksioneer en van die trauma herstel het. “Ons is nou te bang om iewers heen te gaan,” het Cross aan Vista gesê. Die DA se vrouenetwerk, Dawn, het Cross buite die hof ondersteun. Cross is ook deur gemeenskapslede ondersteun. Facebook-gebruikers het oor die voorval gegons.

NEWNEW-VI030518

Die voorval is op beeldmateriaal van die kringtelevisie in die klub te sien. Divan Cross het dit op Facebook geplaas om sodoende sy vermeende aanrander op te spoor. Foto: Verskaf

NEWNEW-VI030518


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Vistanewsvi 20180503 by VistaNews - Issuu