0 5 7 3 5
PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
0 8 4
5 0 Full book Our Buffet in Advance 2 Wednesday Dinner – Sunday Lunch 3 Restaurant
R65.00
Accommodation
R25.00 – No charge
5 Special Adults – U/3 U/10 4 3 Every other day Special Menu include Pizza R50.00 per meal 0 We thank you for all your support
7 6 4 8
NEWNEW-VI240518
0 057-357-1304
Donderdag 24 Mei 2018
www.vistanews.co.za
Gratis
Vlamme verswelg huis
Brandstigting ondersoek nadat enkelma, 3 kinders dakloos gelaat is Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@volksblad.com
’n Verwoestende brand het ’n enkelma en haar drie kinders van Jan Cellierspark in Welkom dakloos gelaat. Die brand het Sondag (20/05) omstreeks 00:45 ontstaan. “Volgens ’n ooggetuie het ’n voertuig voor die huis gestop en iemand het oor die heining gespring,” sê
kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder. “Kort daarna het die bure ’n ontploffing gehoor, en die huis het begin brand. Die owerhede is ontbied.” Francois Klaassen van die Matjhabeng-munisipaliteit se brandweer het bevestig dat die brandbestryders binne minute op die toneel was. Die huis was egter reeds deur die brand verwoes. Die gesin het ten tyde van
die voorval by familie in Wesselsbron gekuier, en almal is ongedeerd. Hulle het egter alles in die brand verloor. Nuus oor die voorval het Sondag vinnig op die sosiale media versprei, en die Goudveld-gemeenskap het ingespring om die familie met noodsaaklikhede by te staan. ’n Saak van brandstigting word deur die polisie ondersoek.
) Maandag (21/05) omstreeks 11:00 het ’n stoorkamer van die Sassa-kantoor in Stateway, Welkom, aan die brand geslaan. ’n Elektriese kortsluiting het vermoedelik die brand veroorsaak. Dié gebou, wat ook Standard Bank se Welkom-tak huisves, moes dadelik ontruim word. Die brand is aangemeld, maar die Welkom-brandweer
’n Enkelma en haar drie kinders se huis in Langenhovenstraat, Jan Cellierspark, is binne minute deur ’n brand verwoes.
was reeds by ’n brandende huis in Thabong, en die Virginia-brandweer was by die Tosa-kampus, waar ’n klaskamer aan die brand geslaan het. “Die nooddienste het hulle goed van hul taak gekwyt, en al drie voorvalle is spoedig onder beheer gebring,” sê Klaassen. Die owerhede maan die publiek om altyd veiligheidsmaatreëls toe te pas.
Foto: Verskaf
SEE PAGE 15 SEE PAGE 15 1&2
SEE PAGE 14
SEE PAGE 14
X1UKRHEE-VI240518
NEWNEW-VI240518