Vista NewsVI 20180830

Page 1

0 5 7 3 5

PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM

Restaurant

Accommodation

Our Full Buffet book in Advance Wednesday Dinner – Sunday Lunch

2 5 Special R79.00 Adults – R30.00 U/10 – No charge U/3 4 Every other day Special Menu include Pizza R59.00 per meal 3 PRICES EFFECTIVE FROM 1 JUNE 2018. 0 We thank you for all your support

0 8 4 5 0 3

7 6 4 8

NEWNEW-VI300818

0 057-357-1304

Donderdag 30 Augustus 2018

www.vistanews.co.za

Gratis

Goudveld rou oor dokter Boodskappe van medelye, herinneringe stroom in ná ongeluk Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@volksblad.com

Die gemeenskap van die Goudveld is geskok oor die dood van ’n geliefde dokter wat Donderdag (23/08) in ’n motorongeluk dood is. Dr. Paris Daniel (53), wat sedert 1995 as algemene praktisyn werksaam was, is Donderdag omstreeks 11:15 dood nadat sy Land Rover op die Welkom-Kroonstad-pad net voor Harcos Farms teen ’n groot boom gebots en aan die brand geslaan het. ’n Ruk nadat Daniel Donderdag by sy huis in Welkom gery het, het sy vrou, Joyce, die polisie gekontak om te help soek na haar man. “Paris sou Donderdag met slaapterapie begin het omdat hy die laaste ruk baie moeg en uitgeput was,” sê sy. “Ons vermoed die idee van slaapterapie was vir hom oorweldigend, en hy wou ’n ent gaan ry om sy kop skoon te kry sodat die idee kon posvat,” sê Joyce. Sy was egter bekommerd omdat sy hom nie in die hande kon kry nie. Joyce het toe ’n polisiesoektog in Welkom en ’n deel van Virginia van stapel laat stuur. Die polisie het Daniel se Land Rover later die oggend naby die bekende hoenderplaas, Harcos Farms, op die Welkom-Kroonstad-pad opgemerk en hom gevolg. Daniel se voertuig het skielik geswenk. Dit het glo voorgekom of hy beheer verloor het en die voertuig het teen ’n boom langs die pad gebots. Die voertuig het aan die brand geslaan.

Die Daniel-gesin met vakansie in Madrid in Julie vanjaar. Van links is, voor: Joyce en Nico; agter Paris, Veronica, Christiaan en John. Foto: Verskaf

Boodskappe van medelye en herinneringe aan Daniel stroom in hul honderde op sosiale media in. Steve Hofmeyr het getweet: “Rest in peace, Paris Daniel. Always a gentleman and a proud Grey gent. “Totsiens ou vriend @GreyKollege.” Hofmeyr en Daniel was

saam op skool in Bloemfontein. Paris Rorke Daniel is op 5 Januarie 1965 in Bloemfontein gebore. Hy het in Ficksburg grootgeword. Daniel het sy skoolloopbaan aan Grey-kollege in Bloemfontein voltooi waarna hy medies aan die Universiteit

sales@valos.co.za

van die Vrystaat studeer het. Sy praktyk by die Chameleon-apteek in Longweg in Welkom het hy in 1995 geopen en het steeds daar gepraktiseer. Daniel het nooit geskroom om te help waar hy kon nie. Hy het by verskillende hospitale in die Goudveld meer as sy deel gedoen.

Dit was sy roeping om ander te help. Hy was altyd plat op die aarde, vriendelik en het baie empatie met mense en sy pasiënte gehad, sê sy familie en naby vriende. Benewens die feit dat hy ’n goeie dokter en ’n narkotiseur was, was hy fanaties oor sport. Hy was ’n uitstekende gholfspeler en was gereeld by verskeie gholfdae betrokke. Daniel het ook geswem, tennis en muurbal gespeel, en het fietsgery. Jaarliks het hy ook aan ’n fietswedren ten bate van Bybelverspreiding deelgeneem. Die gesin se vakansies was altyd opwindend en het meestal uit adrenalien-belaaide aktiwiteite bestaan. “Paris het ons die vreemdste en mees opwindende aktiwiteite laat doen – van lugballon vlieg tot vierwielmotorfiets ry in die berge,” sê Joyce. Die hele gesin het in Julie in Madrid vakansie gehou en dit was soos gewoonlik vol opwinding. “Paris het in 53 jaar beleef wat die meeste mense in 150 jaar sou beleef. “Hy het inderdaad voluit geleef,” sê sy swaer van Bloemfontein, Jorrie Kruger. “My pa kon die heerlikste ontbyt maak en het die perfekte eiers gebak”, sê John, sy seun. Daniel se roudiens vind vandag (30/08) om 10:00 uit die NG kerk Erfdeel in Riebeeckstad, Welkom, plaas. Hy word deur sy vrou, Joyce, en seuns John, Nico, Christiaan en dogter, Veronica, oorleef.

We will beat any written quote.

23 August until 30 September 2018 TEL: 057 101 0271 / 057 355 3172 / 082 744 2974

ONLY AT 149/157 POWER ROAD Windscreens FREE FITMENT TYRES WHEEL ALIGNMENT

R95.00 R399 Mags Shocks Silencers Batteries WE Do:

Glass & Aluminium WE do residential and commercial Call outs on glass Call us today for your Quote!

Granite for Kitchens & Offices – Coming Soon NEWNEW-VI300818

X1UUUQE1-VI300818


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.