Vistavi 20180111

Page 1

0 5 7 3 5 2 5 4 3 0 0 057-357-1304

0 8 4 Restaurant Restaurant Accommodation Accommodation 5 0 3 Wednesday Dinner – Sunday Lunch 7 R65.00 Adults – R25.00 U/10 – No charge U/3 Every other day Special Menu include Pizza R50.00 per meal 6 4 8 PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM

Weekly Special Buffet book in Advance New high qualified and experienced chef joins us

Donderdag 11 Januarie 2018

NEWNEW-VI110118

www.vistanews.co.za

Gratis

Gille spook ná ramp Alet van der Walt

Weldoeners sê hulle kon nie slaap nie nadat hulle moes hoor hoe mense in die treinwaens doodbrand. “Ek het elke keer as dit stil word gedink, dankie Here, dis verby, maar dan begin iemand weer skreeu.” So vertel Dewald Malan oor die gebeure Donderdag (04/01). Malan en sy werkgewer, Willie du Preez, ’n boer en vervoerkontrakteur, het Donderdagoggend tee gedrink toe hulle hoor hoe die trein fluit. Enkele sekondes later het hulle ’n geweldige slag gehoor. “Ek het dadelik geweet die trein het iets getref,” sê Du Preez. “Ons het na die treinspoor gejaag.” Du Preez se plaasopstal is skaars 100 m van die treinspoor geleë. ’n Digte stofwolk het oor die hele toneel gehang en mense het mekaar verdruk en vertrap om by treinwaens uit te kom. Die lokomotief en voorste waens het ontspoor. “Ongeveer tien minute ná die botsing het die brand begin. Die eerste vlamme was reg agter die lokomotief en toe versprei dit na die passasierswaens wat ontspoor het,” sê Du Preez. Die honderde passasiers wat in die teerpad gestaan het, het blykbaar

Van die helde wat ná die treinongeluk buite Hennenman hulp verleen het, is van links JP van der Gryp, sy vrou, Leandri, Willie du Preez, sy vrou, Judy, hul dogter, Elana, hul kleinkind, Lé-may, Simon Konyana, Joseh Bulwane, David Mokhomo, Kleinbooi Bochedi, April Kalane, Jan Nykane en Dewald Malan; agter: Joseph Mpsane. Foto’s: Alet van der Walt

gedink die trein gaan ontplof en het weggehardloop om agter Du Preez se betonheining skuiling te soek. “As ons net vinniger was, kon ons die brand geblus het,” sê Du Preez. “In die voorste waens wat ontspoor het, was mense vasgekeer. Van die sitplekke was so erg gebuig dat mense nie kon uitkom nie,” sê Malan. Plaaswerkers van Du Preez het terug na die plaaswerf gehardloop en brandblussers en die plaas se brandbestryder na die toneel gebring. “Teen dié tyd was daar nog geen

ander mense op die toneel nie,” sê die twee mans. Theuns Otto, wat ook vir Du Preez werk, en nog mense het in die brandende treinwaens geklim om mense te probeer red. Hulle kon met ’n domkrag van die sitplekke uitmekaar dwing en iemand uithaal. ’n Bejaarde vrou was so erg vasgedruk dat hulle haar nie kon roer nie. Otto het die vrou in die oë gekyk, maar kon niks vir haar doen nie. “Sy het net na haar kinders gevra,” sê Malan.

Die hitte en rubberrook het vinnig versprei en was so erg dat die mans nie meer in die treinwaens kon ingaan om nog van die vasgekeerde mense te help nie. Mense se gille het uit die waens opgeklink terwyl die vlamme alles verswelg het, sê Malan en Du Preez. “Ek het by tye net my kop vasgehou so erg was dit,” sê Du Preez. “Van my werkers sê hulle kon nie Donderdagnag slaap nie.” Jan van der Merwe,’n sakeman van Hennenman, het twee passasiers opgelaai en na Kroonstad se provinsiale hospitaal geneem. Du Preez se vrou, Judy, sê verskeie vroue het angsbevange hul kinders deur die oop ruite na veiligheid gegooi. Van die babas was net enkele weke oud. Judy en haar dogter, Elana van Tonder, het die ma’s en babas versorg en doeke en bottels uitgedeel. Die roetbesmeerde babas is gebad en kos gegee, sê Elana. JP van der Gryp en nog plaaswerkers het toegesien dat almal drinkwater het. Jan Fourie, ’n boer, het met ’n waterkar kom help. Boervroue en inwoners van Hennenman het drinkwater aangery, terwyl die dorp se Pick n Pay en Spar kos geskenk het.

387 STATEWAY, DOORN, WELKOM

057 352 1159 082 632 1796 jetdebtcounsellors@gmail.com

HAND IN HAND WE CAN HELP YOU REACH YOUR FINANCIAL FREEDOM!!

DEBT STRESSED?? AFTER CHRISTMAS SPENDING BACK TO SCHOOL...

• CREDITORS HARASSING YOU WITH PHONE CALLS & LETTERS OF DEMAND? • STRUGGLING TO MAKE MONTHLY PAYMENTS? • SCARED OF LOSING YOUR HOUSE OR CAR?

WE CAN HELP!!

• REDUCING YOUR MONTHLY INSTALLMENTS & INTEREST RATES! • STOP LEGAL ACTION AGAINST YOU! • PROTECT YOUR ASSETS!

NO UPFRONT FEES!! FREE CONSULTATIONS!! ALL YOUR MONTHLY ACCOUNTS IN ONE LOWER INSTALLMENT!!!

NEWNEW-VI110118

NEWNEW-VI110118


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.