Vistavi 20180118

Page 1

PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM 0 5 7 Restaurant Restaurant Accommodation Accommodation 3 5 2 Wednesday Dinner – Sunday Lunch 5 R65.00 Adults – R25.00 U/10 – No charge U/3 4 EverySpecial other day Special Menu include Pizza R50.00 per meal 3 0 We thank you for all your support

Our Full Buffet book in Advance

0 8 4 5 0 3 7 6 4 8

NEWNEW-VI180118

0 057-357-1304

Donderdag 18 Januarie 2018

www.vistanews.co.za

Gratis

Leerlinge aan die Laerskool Voluit in Virginia is opgewonde oor hul nuwe skool en spoggerige skooluniforms. Inlas: Die Laerskool Voluit in Virginia se skoolwapen. Foto: Verskaf

Nuwe skool gaan voluit Dorp se enigste Afrikaanse laerskool spog met altesaam 650 leerlinge Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@volksblad.com

Virginia spog met ’n splinternuwe laerskool. Die Laerskool Voluit is die enigste Afrikaanse laerskool in die dorp en het Woensdag (17/01) die heel eerste keer sy deure oopgemaak. Die samesmelting van die Virginia-Volkskool en die

Laerskool Merriespruit is deur albei skole se beheerliggame begin. Die hoofrede vir die samesmelting is dat albei skole min leerlinge het. Die Federasie vir Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) en die departement van onderwys het al die opsies oorweeg en die leerlinge se belange op die hart gedra. Die besluit is deur almal

goedgekeur en ondersteun, en so het die nuwe Laerskool Voluit ontstaan. Die naam Voluit is saamgestel uit die eerste drie letters van Volkskool en die laaste drie letters van Merriespruit. Die nuwe skool moes uiteraard ook ’n nuwe skoollied, wapen en spoggerige nuwe uniforms kry. Die Laerskool Voluit word op

die perseel van die ou VirginiaVolkskool bedryf, terwyl die ou Laerskool Merriespruit nou deur die Virginia High School benut sal word. JC Brummer, wat voorheen die skoolhoof van Merriespruit was, is nou hoof van die Laerskool Voluit. Die personeellede van albei skole is behou. Die skoolhoof, personeel en

leerlinge is almal baie opgewonde oor die nuwe uitdagings. Die skool het tans 650 leerlinge, waarvan 120 gr. 1-leerlinge is. Bel die skool by 057- 2123205 om navrae te rig. ) Fritz Grobbelaar, wat 30 jaar lank aan die Virginia-Volkskool verbonde was, het in 2017 afgetree.

NITROGEN

NOW

AVAILABLE

R25 PER TYRE

NEWNEW-VI180118

NEWNEW-VI110118


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.