Vistavi 20180125

Page 1

PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM 0 5 7 Restaurant Restaurant Accommodation Accommodation 3 5 2 Wednesday Dinner – Sunday Lunch 5 R65.00 Adults – R25.00 U/10 – No charge U/3 4 EverySpecial other day Special Menu include Pizza R50.00 per meal 3 0 We thank you for all your support

Our Full Buffet book in Advance

0 8 4 5 0 3 7 6 4 8

NEWNEW-VI180118

0 057-357-1304

Donderdag 25 Januarie 2018

www.vistanews.co.za

Gratis

Vrou in huis geskiet

‘Goudbaas’ en vriend vermis Alet van der Walt

Welkom se onderwêreld van goudsmokkelary het sy soveelste slagoffer opgelewer toe die vrou van ’n vermeende goudbaas in die egpaar se huis in Seemeeupark “tereggestel” is. Twee mans het volgens ’n ingeligte op Vrydag 12 Januarie op die lyk van Maletsatsi Rebecca Motaung (49) afgekom nadat hulle onraad vermoed het. ’n Voorlopige ondersoek dui daarop sy het gekniel toe sy met ’n 9 mmpistool in die kop geskiet is. Motaung se man, TJ Ketela (ook bekend as Majozi), en ’n goeie vriend en oudpolisielid, George Nkhatho, word sedert die moord vermis. Die polisie ondersoek ’n klag van moord, ontvoering en beskadiging van eiendom. Ketela se BMW X6 word ook vermis. Die uitgebrande oorblyfsels van ’n BMW X6 is kort ná die moord naby ’n mynhostel buite Welkom gevind. Dit is nog nie bevestig of die motor wel Ketela s’n is nie. Die polisie se honde-eenheid kon geen menslike oorskot in die voertuig kry nie. Speurders is volgens die ingeligte nie seker hoe die moord en die twee verdwynings verband hou nie, maar in

die binnekringe van Welkom se smokkelnetwerk word beweer dat Ketela nie die berugte en gevreesde Maharasians na wens vergoed het nie. Hulle tree as beskermers van goudsmokkelaars op. Dié bendegroep, waarvan die meeste lede van Lesotho is, beveilig gebiede waar onwettig gemyn word en verseker dat smokkelbase en onwettige delwers ongehinderd met hul bedrywighede voortgaan. Hulle word deur die smokkelbase vir hul dienste betaal en daar word nou gesê die bendegroep was nie met Ketela se vergoeding tevrede nie. Ketela se voormalige sakevennoot, Nico Rasethuntsha, is op 14 Februarie 2017 by die Engen-vulstasie in Keeromstraat, Welkom, doodgeskiet. In September 2016 is Eric Vilikazi, ook ’n bekende en omstrede sakeman van Welkom, by sy huis doodgeskiet. Op 28 September 2017 is die streekhoofbestuurder van die Tshepong- en die Phakisa-myn, Simphiwe Kubheka (36), doodgeskiet. Hy het nie onwettige mynbedrywighede geduld nie. Meld inligting oor die vermiste mans of die moord aan by lt.kol. Mokhethi Khaphola of die Welkom-speurdiens by 057391-6238 of 082-684-4890.

Woede vlam nog op

Brande is Dinsdag (23/01) en Woensdag (24/01) in Bronville gestig. ’n Groep ontstoke werklose jeugdiges het protesteer omdat vier nie-Bronvillers aangestel is om in die Bronville-begraafplaas te werk. Dié jeugdiges meen die werkloosheidsyfer in Bronville is hoog en hulle moes voorkeur gekry het. Vicky Morris (stadsraadslid vir Bronville), het Dinsdag met die jeugdiges vergader. “Ons het weer Woensdagoggend ontmoet. Die burgemeester, Nkosinjani Speelman, en sy persoonlike assistent, Aphelele Mbizo, het die vergadering bygewoon. Mbizo het die jeugdiges toegespreek. Ons het tot ’n vergelyk gekom,” sê Morris. Ongeag die ooreenkoms het die onluste in Bronville voortgeduur. Foto: Verskaf

Two murdered at complex A double murder has taken place at the Reahloa Complex in Stateway, Welkom. On Monday (22/01) at about 06:05 the police in Welkom and emergency services were informed about two people who had been found shot in an open space next to the complex. On arrival, the two were certified dead by medical

emergency personnel. Both had several gunshot wounds in the chest and head. According to a police statement, the deceased were later identified as Machine Caswell Mahlomola, born on 23 July 1958, who was a Lesotho national, and Moeketsi Thinda, born on 13 July 1986, who was a South African.

NEWNEW-VI250118

No suspects have been arrested and a double murder case has been registered for further investigation. Anybody with information leading to the arrest of the murder suspects should call Det.WO Dylan Saayman of the Welkom Detective Services on 057-391-6265 or 084-6873014.

NEWNEW-VI110118


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.