PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM 0 5 7 Restaurant Restaurant Accommodation Accommodation 3 5 2 Wednesday Dinner – Sunday Lunch 5 R65.00 Adults – R25.00 U/10 – No charge U/3 4 EverySpecial other day Special Menu include Pizza R50.00 per meal 3 0 We thank you for all your support
Our Full Buffet book in Advance
0 8 4 5 0 3 7 6 4 8
NEWNEW-VI150218
0 057-357-1304
Donderdag 22 Februarie 2018
www.vistanews.co.za
Gratis
’n Ongeluk net ná die Sandrivierbrug op die R30 tussen Welkom en Virginia het Saterdag (17/02) omstreeks 23:00 vier mense se lewens geëis. Inlas: Keshia van Niekerk (17) en Stephan Broodryk (20), wat oorlede is. Foto: Madli Grobbelaar
Trane vloei ná 4 se dood Jong mense se lewe kortgeknip toe motor glo U-draai maak Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@volksblad.com
“Stephan was ’n lewenslustige, vrolike mens vol energie. My hart is uit my liggaam geruk”. Só sê Fanie Broodryk van Welkom ná sy seun Saterdag (17/02) in ’n grubotsing dood is. Skokgolwe is deur die Goudveld-gemeenskap gestuur en gesinne is in rou gedompel ná vier jong mense in dié ongeluk, waarin drie voertuie betrokke was, dood is. ’n VW Golf wat Saterdag omstreeks 23:00 onderweg na Virginia was, het ’n U-draai net ná die Sandrivierbrug op die R30 tussen Welkom en Virginia, voor ’n Land Rover en ’n Renault gemaak. Die bestuurder van die Land Rover het uitgeswaai om die Golf te vermy en teen die Renault gebots. Stephan Broodryk (20) wat
die Renault bestuur het, is kort ná die ongeluk op die toneel dood en Keshia van Niekerk (17), ’n leerling aan Welkom-Gimnasium, ’n passasier in die Renault, is na ’n hospitaal in Bloemfontein geneem waar sy breindood verklaar is. Die ander drie insittendes in die Renault was Brendon van Zyl (20), Janika van Zyl (18) en Anique Fourie (17). Die insittendes van die Renault het Brendon, wat in Virginia woon, se verjaarsdag gevier en was op pad na Welkom. Marissa Pawson, woordvoerder van die Mediclinic Welkom, sê Brendon en Janika se toestand is stabiel, maar hulle is steeds in die hoësorgeenheid. Anique is in die ongeluk beseer, maar was ongeveer ’n uur in die hospitaal voordat sy ontslaan is. Stephan het by Flamingo Drukkers in Welkom gewerk.
Fanie het aan Vista gesê Stephan het nog by hulle in die huis gewoon. “Sy passie was liggaamsbou en hy sou oor twee weke aan ’n kompetisie deelgeneem het,” het sy gebroke pa gesê. Stephan se ma, Sagmari Swiegelaar, is ’n paar jaar gelede in ’n motorongeluk in Welkom dood. Keshia is die dogter van Charmaine, ’n haarkapper van Welkom en haar pa is Bendaniël, ’n bekende in atletiekkringe. Haar suster, Tiniël, het Sondagoggend (18/02) uit Stellenbosch, waar sy studeer, na Bloemfontein gevlieg om van Keshia afskeid te neem. Die lewensondersteunende masjiene is hierna afgeskakel en Keshia se organe is geskenk. Vista verneem twee pasiënte het reeds organe van Keshia ontvang. “Ek en Keshia het ’n baie hegte verhouding gehad. My
dogter was ’n liefdevolle, vriendelike mens met baie deernis en ’n sagte hart. Sy wou graag onderwys studeer om kinders met spesiale behoeftes te help,” het haar pa gesê. “Keshia was ’n spontane, gelukkige mens met ’n warm hart, sy was my kreatiewe kind en was lief vir musiek,” het haar ma gesê. Tiniël was haar rolmodel en haar mening was vir Keshia altyd belangrik. Die twee lyk op ’n haar na mekaar en is gereeld gevra of hulle ’n tweeling is. Hulle was baie lief vir mekaar. Keshia se roudiens sal môre (23/02) om 15:00 vanuit die NG kerk Erfdeel in Riebeeckstad plaasvind. Sy word deur haar ma Charmaine, pa Bendaniël, sy vrou Judy, en suster Tiniël, oorleef. Stephan se roudiens sal voorlopig Dinsdag (27/02) om 11:00 vanuit die Lighuisgemeente in Flamingopark,
NEWNEW-VI220218
Welkom, plaasvind. Stephan word deur sy pa Fanie, stiefma Anita, suster Alicia, swaer WP, asook twee stiefsussies, Chanell en Monique, oorleef. Welkom-Gimnasium het Sondag ’n gebedsbyeenkoms vir die oorledenes en hul families gehou. Kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê die twee jong mense wat in die Land Rover gery het, is ook dood. Die bestuurder van die Land Rover staan slegs as SF Nyamani (27) bekend en die passasier se naam is nog nie bekend nie. Hulle is in die Bongani-streekshospitaal in Welkom opgeneem waar hulle gesterf het. Lefu Tau, die bestuurder van die Golf, is in die St. Helena-privaathospitaal in Welkom opgeneem. Khosana sê die pad was ure lank vir verkeer gesluit en die toneel was Sondag eers teen 03:00 opgeruim.
NEWNEW-VI150218