HOEKOM
is ons hier?
HOE wil
ons dit doen?
Kruispad is ‌ 'n eietydse tydskrif met Reformatoriese inhoud, gefokus op aktuele sake, gerig op jong, groeiende gelowiges om toerusting te gee vir die maak van ingeligte keuses wat lei tot geloofsgroei. Deur 'n interaktiewe medium daar te stel wat relevante temas bespreek en jong gelowiges motiveer om die pad van die kruis van Christus te stap en volwasse in die geloof te word, sodat God die eer sal kry en die Kerk opgebou sal word. Verklaring Menings uitgespreek in die artikels verteenwoordig nie noodwendig diÊ van die redaksie nie. Die redaksie behou hom die reg voor van plasing, redigering, verkorting, parafrasering en uitbreiding van bydraes.
TYDSKRIF INLIGTING
Uitgegee deur die GKSA Posadres: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Tel: 018 297 3986/7 Sel: 082 392 2093 E-pos: navrae@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Web: www.kruispad.net Drukkers: Zero Plus Tel: 012 333 6712 E-pos: info@zplus.co.za
Rekeningbesonderhede vir donasies Naam van rekening: GKSA Admin Buro t/a Kruispad Bank: ABSA Tak: 632005 Rekeningnommer: 670140040 Verwysing: 0562/KRUISPAD Ontwerp: Unspoken Studio Tel: 083 389 3290 E-pos: info@unspokenstudio.co.za Web: www.unspokenstudio.co.za
DIE REDAKSIESPAN Redakteur & Subredakteur Maureen van Helden maureen@kruispad.net
Aktueel Mpho Mososi aktueel@kruispad.net
Kreatief Gee-jaars kreatief@kruispad.net
Assistentredakteur Anneke van Helden anneke@kruispad.net
Advies & Hulp Johannes Schickerling advies@kruispad.net help@kruispad.net
Adviseur: Jeugdeputate Ds. Charl van Rooy charl@gkrandburg.org.za
Sending Kabelo Mohotsi Mpho Mosasi sending@kruispad.net
MEDEWERKERSPAN Ds. Maarten van Helden Ruurd van der Wal Dr. Phia van Helden Dr. Anneretha Grobler Anel Potgieter M!ST Werner Greef Ds. Hennie van Wyk Zelmarie Besselaar Johann Engelbrecht Zania Vermaak Abby Kitchener
Webmeester M!ST | Ministry support admin@ministrysupport.info Interaksie & GIGS Janien de Kock interaksie@kruispad.net Gee-jaar Suzanne Coetzer gee-jaar@kruispad.net Resensies Tania Kruger Janien de Kock resensies@kruispad.net
Leefstyl Juanita van der Merwe leefstyl@kruispad.net Rubrieke Edgar Trollip rubrieke@kruispad.net Totius-reeks Esmari Linde
TEKEN IN OP Kruispad
INHOUDSOPGAWE Red@Kruispad
4
Engele in die Bybel
6
Kontroversieel: Ken jy jou Bybel goed genoeg?
10
Uniek: Siedaar! Die sitplek in die kerk is te min!
12
Geopende Deure
14
Burning point: Youth & Commitment
20
Getuienis: Speserye en Riksjas
23
Leef in oorwinning (deel 3)
25
E100-uitdaging 2012 (deel 2)
29
Organiese Bybelstudie
32
Leefstyl: Die week wat jou lewe verander het
34
Lesersbydrae: 'n Ander tipe Jesus
39
RooiHout: Uitgeput
40
Koffie saam met ... die Gee-jaars
42
Kunstenaarsprofiel: Retief Burger
46
Kompetisie: Engele in die Bybel
48
Eerstejaarskampe 2012
50
G-kafee 2012
56
GIGS
58
Nuwe intekenaar Bestaande intekenaar (hernuwing) Geskenk vir iemand Besonderhede van intekenaar Naam en van_______________________ Gemeente_________________________ E-pos ___________________________ Posadres__________________________ __________________Poskode_________ Kontaknommer _____________________ Ouderdom_________________________ Besonderhede van ontvanger (indien ontvanger verskil van intekenaar) Naam en van_______________________ Posadres__________________________ __________________Poskode_________ Gemeente_________________________ E-pos ___________________________ Kontaknommer _____________________ Ouderdom_________________________ Intekenopsies Hernuwing Aanvra van spesifieke uitgawe @ R 25 Uitgawe no. _______ Intekening 4 uitgawes @ R 100 Aantal persone waarvoor ingeteken word
__________________________________ (Vir groepe van meer as 10 persone geld spesiale tariewe en moet 'n volledige adreslys aangeheg word. Stuur gerus 'n e-pos aan inteken@kruispad.net vir meer besonderhede of heg die adreslys aan die intekenvorm.)
Verdere besonderhede op volgende bladsy
Red@Kruispad TEKEN IN OP KRUISPAD (VERVOLG)
Hallo daar!
Ek hoop jy oorleef nog die wintermaande Wyse van betaling en dat jy êrens in 'n warm hoekie sit (of Tjek lê) terwyl jy jou nuwe Kruispad lees. Ek is verseker nie 'n wintersmens nie en wens Posorder baie keer dat ek soos 'n beer of skilpad maar eerder kan hiberneer of soos 'n Elektronies swaeltjie kan wegvlug na 'n warmer land toe! Kontant In hierdie uitgawe fokus ons op Engele. Hoeveel weet jy werklik van Datum van betaling hierdie dienaars van God? En nee, daar ______________________________ is nie 'n engeltjie op jou een skouer en 'n duiweltjie op jou ander skouer nie Ek het van Kruispad gehoor by en goeie mense word ook nie engele wanneer hulle doodgaan nie! Engele is Naam en van deur God geskape, hulle staan direk in ______________________________ sy diens en hulle loof en prys Hom elke oomblik! Kontaknommer Terwyl jy jou nuwe Kruispad lees, ______________________________ dink bietjie aan die groot voorreg wat jy (en ek) het om in 'n land te woon waar Stuur jou intekenvorm en bewys van ons nie vervolg word vir ons geloof nie. betaling na een van die volgende Daar is soveel van ons boeties en sussies adresse: in Christus wat wêreldwyd nie hierdie E-pos: inteken@kruispad.net selfde vryheid geniet nie. Die verhale wat Faks: 086 656 6745 Geopende Deure elke keer in Kruispad Slakpos: Posbus 20700, Noordbrug, plaas, is maar 'n druppel in die emmer. Ek 2522 doen vandag 'n beroep op jou om nie net vir God dankie te sê vir jou vryheid nie, Bankbesonderhede maar om daagliks vir elkeen te bid wat Naam: GKSA Admin Buro t/a nie so gelukkig is nie. Kruispad Hoe vorder jy met jou E100-uitdaging? Bank: ABSA Het jy darem al die Bybel op jou selfoon? Takkode: 632005 Gaan besoek nou dadelik m.youversion. Rekeningnommer: 670 140 040 com of m.bibles.co.za en laai die Bybel in Gebruik as verwysing 0562/004/ Afrikaans vir jou af. Waarvoor wag jy? (Naam en van) Ek hoop jy sal hierdie nuwe uitgawe geniet. Skryf gerus aan ons by red@ Nadat jou bewys vanbetaling ontkruispad.net as jy enige voorstelle het of vang is, sal jy die daaropvolgende graag 'n artikel vir die volgende uitgawe uitgawes ontvang. Terme en voorwil stuur. waardes geld. Stuur 'n e-pos aan kantoor@kruispad.net met enige Tot volgende keer, vrae. Maureen Soli Deo Gloria!
E
ngele (Hebreeus: malak, malagim; Grieks: angelos) kom meer as 300 keer in die Bybel voor. Ten spyte van hierdie gereelde voorkoms bly engele steeds net randfigure. In die Ou Testament en veral in die geskiedenis van die aartsvaders (behalwe by die bedrieër Jakob!) kom hulle teleurstellend min voor – waarskynlik omdat hulle nie so nodig is waar God naby is en mense naby God bly nie. Engele vergete? In die Bybelse openbaringsgeskiedenis kry ons baie te doen met die verskyning van engele. Nadat die volledige openbaring van God se Woord gekom het, het die verskyning van engele dramaties verminder en waarskynlik opgehou. Dit het daartoe gelei dat baie mense onbewus geraak het van engelewêreld en dat baie selfs die bestaan van engele en duiwels ontken. Die Sadduseërs is die eerste groep waarvan ons in die Bybel lees wat die bestaan van engele ontken het (Handelinge 23:8). Deur die eeue het
mense aan goeie en slegte engele geglo. In die 18e eeu tydens die filosofie van die Aufklärung het daar 'n sogenaamde "ontvolking van die hemel" plaasgevind en in die 19e eeu is die onderskeid tussen mense en engele ontken. Die meeste hoofstroomkerke het voortgegaan om aan die bestaan van engele te glo. Tog is dit opmerklik dat daar in die Protestantse geloof weinig van engele en hulle werk geleer word, so min dat dit voorkom asof ons nie eintlik bewus is van engele rondom ons nie. Daar word gewoonlik baie gemaak van die engelesang op Betlehem se velde tydens Kersfees en tydens Paasfees onthou ons engele by Jesus se oop graf. By die hemelvaart kom die boodskap van engele aan die apostels en Openbaring se visioene word alles in die geselskap van engele vertel. Maar ons begrip oor engele gaan nie verder nie. Dink jy byvoorbeeld aan engele as 'n lewensvoorbeeld wanneer jy die derde bede van die Onse Vader bid (laat u wil geskied soos in die hemel …)? Volgens die Heidelbergse Kategismus vraag 124 handel die derde bede juis oor engele as daaglikse voorbeeld van absolute gehoorsaamheid!
Maarten van Helden (GK Centurion)
6
Kruispad uitgawe 24 - 2012
Hierdie oordrewe beskeidenheid onder gereformeerdes het waarskynlik posgevat uit reaksie op die Rooms Katolieke kerk se beheptheid met engele en die beelde van engele in hul katedrale. Hulle het immers engele as tussengangers vir die gelowiges beskou en sommige het selfs geglo dat engele 'n soort tussenskakel is tussen God wat geestelik is en die mens wat stoflik is. Hierdie is 'n valse aanname, want ons lees juis in die Bybel van die Here God Hom persoonlik met die mens bemoei en vir die mens geestelike hoedanighede ingeskape het. Ons bely in die Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 12: "Hy het ook engele goed geskep om sy boodskappers te wees …" Tog is gelowiges verlei om engele aan te roep en aanbid. Die oorreaksie was dat hulle bestaan nie werklik ernstig opgeneem is nie. Kerkgeskiedenis Augustinus het engele direk aan God se verlossingsplan verbind. Teenoor die veelgodedom wat met engeleverering gepaard gegaan het, leer hy dat engele nie aanbid mag word nie. Hy lê klem op engele se funksie in diens van die Here. Teenoor Augustinus het PseudoDionisius engele in nege rangordes onderskei waarvan die eerste die naaste aan God was en die laaste die naaste aan die mens. Hy leer dat engele gunstig gestem word wanneer hulle vereer word en dan mense help. In die Middeleeue het teoloë soos Thomas van Aquinas klem gelê op die geestelike natuur van engele en het hy byvoorbeeld hulle rol vertolk in die lied Panis Angelicus waarin die nagmaalbrood aanbid word as die brood van engele!
Tydens die Reformasie is daar versigtiger oor engele gehandel. Hul bestaan is ten volle erken. In reaksie op Rome weerhou die reformatore hul egter van spekulasies oor die geesteswêreld. In die denkraamwerk van die Modernisme (18e – 20e eeu) word die idee van engele "bloot as 'n religieuse aangeleentheid" beskou wat niks met die werklikheid van die mens se lewe te make het nie. In die Postmodernisme word die openbaring oor engele aanvaar sonder om dit rasioneel te probeer verklaar of begrond. In die New-Age beweging is daar 'n skielike obsessie met engele veral in films en lektuur. Daar word beweer dat ons met hulle kontak kan maak en selfs dat mense na hulle dood engele word wat 'n invloed op aardse mense se lewens het. Vandag word engele in sekere kerklike kringe gesien as helpers wat aanbid kan word en is daar 'n vrees vir slegte engele en demone wat die mens se lewe kan beïnvloed Voorkoms in die Bybel Die woord engel en engele kom 302 keer in die Bybel voor. In die Ou Testament 121 keer en 180 keer in die Nuwe Testament, 51 keer in die evangelies, 22 keer in Handelinge, 16 keer in Paulus se briewe en op byna elke bladsy in Openbaring (meer as 70 keer)! Engele is hemelse wesens, lede van God se hofhouding wat Hom dien en prys (Job 1:6; Jesa ja 6:2). Behalwe hulle taak in die hemel, is engele ook werksaam op aarde. Hulle is getuies by die skepping (Job 38:7) en tree op as boodskappers van God. Hulle voer in opdrag van God allerlei take uit: Hulle bewaak die toegang tot die paradys (Genesis Kruispad uitgawe 24 - 2012
7
3:24), verskyn in 'n droom aan Jakob (Genesis 28:12), ondersteun generaal Josua (Josua 5:13), stuit die pesepidemie in Jerusalem (2 Samuel 24:16-17), bemoedig die profeet Daniël (Daniël 10:5-11), kondig die geboorte van Christus aan (Lukas 2:9-15), versterk Jesus voor sy kruislyding en dood (Lukas 22:43), bevry die apostel Petrus uit die tronk (Handelinge 12:7-9), bemoedig die apostel Paulus op die skip in die storm (Handelinge 27:23-24), lei die apostel Johannes in die sien van visioene en openbarings (Openbaring 22:6). Naas dit wat die Bybel aan ons openbaar, weet ons eintlik bitter min van engele. Ons moet dus nie in die strik trap om te veel oor engele te spekuleer nie en versigtig die geeste onderskei (1 Johannes 4:1). Dis nie waar dat goeie mense eendag engeltjies word en slegte mense duiweltjies nie. Elke mens het ook nie 'n engeltjie op die een skouer en 'n duiweltjie op die ander nie. Hierdie oppervlakkige idees moet gestuit word en ons moet ons eerder bepaal by dit wat ons leer uit die heilige Woord van God. Engeleleer en Demonologie Die Bybel bied nie aan ons 'n uitgewerkte leer oor engele nie en nog minder oor duiwels. Dit beteken nie dat daar enige twyfel oor hulle bestaan moet wees nie. Daar is genoegsame verwysings na die geesteswêreld dat ons 'n duidelike angelologie en demonologie kan bepaal. Sonder om 'n sieklike beheptheid met geeste te hê, moet ons hul bestaan en invloed in ons lewe erken. Te veel aandag aan die werke van demone en duiwels sal té veel eer aan die duiwel gee. Te min kennis van sy bose werke sal ons van ons
8
Kruispad uitgawe 24 - 2012
daaglikse paraatheid beroof. Te veel aandag aan die Bose sal die duiwel kans gee om vrees, en dus ongeloof, by die kinders van God te kweek. Met God almagtig het ons geen vrees vir die duiwel en sy bose planne nie. Die duiwel is reeds deur die Here Jesus oorwin en verslaan. Ontstaan In die skeppingsverhaal word niks van engele vermeld nie en dus kan die tyd en wyse van hulle ontstaan nie met sekerheid vasgestel word nie. Omdat die geesteswêreld ten nouste met die hemel in verband gebring kan word (Matteus 24:36; Markus 13:22; Matteus 28:2; Lukas 2:15), kan aanvaar word dat hulle saam met die 'hemel', voor die ontstaan van die aarde, geskep is (Job 38:7). Wese Engele is nie liggaamlik (Lukas 24:39) nie, maar hemelse, geestelike wesens (Hebreërs 1:14) wat oor 'n wil beskik (Johannes 8:44; Judas 6). Hulle besit kennis van God (Efesiërs 3:10; Jakobus 2:19; 1 Petrus 1:12; Psalm 103:20). Omdat engele blykbaar eenmalig kan of kon kies tussen goed of kwaad (so het die Satan en sy 'engele' die weg van opstand gekies (Judas 1:6)) moet hulle ook redelike en sedelike wesens wees. Hulle kan praat en sing (Lukas 2:13-14; 1 Korintiërs 13:1; Openbaring 5:11), is voorwerpe van God se verkiesing (1 Timoteus 5:21) en sal aan die oordeel van God onderworpe wees (1 Korintiërs 6:3; Openbaring 20:10). Engele is nie onpersoonlike wesens of blote kragte nie. Hulle tree persoonlik op en praat van hulself in die eerste persoon (ek) – vergelyk Lukas 1:19 en Openbaring 22:9. Ook die Satan, as gevalle engel, word
as 'n persoon aangespreek (Job 1:8, 2:2; Matteus 4:10). Hulle het emosies (Lukas 15:10 – blydskap) en kan die Here loof en prys (Psalm 103:20; Psalm 29:1; 148:2). Op die vraag of engele na die beeld van God geskape is, bely ons dat net die mens kroon van die skepping is. In die Skrif word net van die mens as beeld van God gepraat (Genesis 1:26-27). Verder staan engele in diens van God ter wille van die mens (Hebreërs 1:14). Die mens, wat volgens Genesis 1:26-27 na die beeld van God gemaak is (Psalm 8:6), word volgens Hebreërs 2:7 'n klein tydjie (na die sondeval tot by ons volkome herstel) minder gemaak as engele (let op die woordspeling). Deur die sonde het die mens dus sy ereplek verloor en selfs minder geword as engele! Na die volmaakte herstel sal die mens weer bo engele gestel word. Volgens 1 Korintiërs 6:3 sal ons ook uiteindelik oor engele oordeel. Die mens is dus in sy wese koninklik en sal tot daardie volle staat herstel word. Gevalle engele 'n Onderskeid moet tussen goeie en slegte engele gemaak word (Job 4:18). Hierdie onderskeid het nie van die begin af bestaan nie, want God het alles goed gemaak. Sommige engele het hulle egter teen die gesag van God verset en hulle afhanklikheid van die Here verloën (Judas 1:6). Daardeur het hulle hulself onherroeplik in die verderf gestort en is daar vir hulle geen redding moontlik nie. Hierdie gevalle engele word duiwels genoem en is bestem vir die poel van vuur. Hulle kan nie anders as om te sondig nie – dit is hulle wese en sal so bly. Juis hierin is dit duidelik dat en-
gele sedelike en redelike wesens is, omdat hulle kon kies om God te dien of nie. Die Satan het gekies om teen God in opstand te kom en daarom sal hy en sy volgelinge onder die oordeel van God kom (1 Korintiërs 6:3). Verhouding tussen God en engele In die Bybel leer ons God ken as enigste Skepper en Here. Hy is verhewe bo alles en almal wat Hy geskep het (Deuteronomium 6:4). Ook Christus is in sy heerlikheid vér bo engele verhewe (Hebreërs 1:4-14). Engele is hemelse wesens wat in diens van die enigste God staan. Hulle diens is tweeledig. In die hemel is engele dag en nag rondom sy troon as bewakers van sy heerlikheid en om Hom dag en nag te loof en te prys (Openbaring 5:11; Jesa ja 6:2). Op aarde is daar vir hulle 'n drievoudige taak: ● Begeleiding by die keerpunte in die heilsgeskiedenis: Jesus se geboorte, opstanding en hemelvaart. ● Stryd teen die bose magte (Daniël 10:13). ● Diens aan die gelowiges (Hebreërs 1:14) byvoorbeeld sterwensbegeleiding (Lukas 16:22), in die erediens (Hebreërs 12:22-24) en algemene begeleiding en bewaring van God se kinders (Psalm 91). Dit is duidelik dat die Bybel engele erken, maar hulle van God onderskei. Hulle is geskape wesens en God se dienaars en boodskappers. (Word vervolg) Lees in die volgende uitgawe meer oor die verskillende soorte engele, die duiwel en gevalle engele, asook die Engel van die Here. Kruispad uitgawe 24 - 2012
9
D
ie Rapportryerbeweging, 'n Nasionale Afrikaner kultuurorganisasie, het in 2011 'n opname in Afrikaanssprekende skole in al nege provinsies gemaak oor die kennisvlak van die skoolgaande jeug van die Bybel. Ons het aan 1 971 leerlinge in graad sewe en 2 311 leerlinge in graad elf 'n maklike onvoorbereide 20-punt vraestelletjie gegee wat die mees elementêre vrae in die Bybel bevat het. Die vraestel het skokkende resultate opgelewer. Daar is aangeneem dat die oorgrote meerderheid Christen Afrikaanssprekende kinders in die skool of in die Kerk of in die ouerhuis Bybelonderrig ontvang. Die graad sewes het 'n gemiddeld van 46% behaal en die graad elfs 'n gemiddeld van slegs 36%. Die Rapportryers bied al vir meer as dertig jaar 'n Nasionale Bybelvasvrakompetisie vir Laerskoolleerlinge aan. Die afgelope paar jaar het dit al hoe moeiliker geraak om skoolhoofde, onderwysers en dominees te oorreed om aan hierdie kompetisie deel te neem. Die verskoning is gewoonlik dat hulle te besig is. Dit het die Rapportryers laat besluit om self die Afrikaanssprekende leerlinge se Bybelkennis te toets. Die bevinding was dat skoolbybelonderrig en die onderrig by kerke die afgelope 20 jaar jammerlik gefaal het. Het ouers en opvoeders ons kinders en ons geloof gefaal? Die Rapportryers voel dat hulle onmiddellik 'n baie groot verskil kan maak in leerlinge se algemene kennis
KONTROVERSIEEL van die Bybel indien alle skole aan die Nasionale Bybelvasvra sal deelneem. Die studiemateriaal word afgebaken en word sorgvuldig deur 'n komitee uitgekies om die leerders die mees belangrike en gebalanseerde dele in die Bybel te laat leer. Die vraestelle word regoor die land op dieselfde tyd geskryf en die Rapportryerlede help met die administrasie daarvan. Daar is twee uitdunrondtes en die beste tien spanne spook dit dan uit in 'n finaal aan die einde van die jaar. Toets gerus jou kennis van die Bybel deur die paar vrae hier langsaan te beantwoord wat aan die graad elf leerlinge gegee is en beoordeel self of jy saamstem dat ons voor 'n baie groot uitdaging staan. Ons bely in die Heidelbergse Kategismus (Sondag 7, vraag 21) die volgende: "'n Ware geloof is nie alleen 'n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het vir waar aanvaar nie, maar ook 'n vaste vertroue wat die Heilige Gees deur die evangelie in my hart werk, naamlik dat God nie net aan ander nie, maar ook aan my uit loutere genade, slegs op grond van die verdienste van Christus, vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid geskenk het." Jakobus sê: "Die duiwels glo dat daar net een God is en hulle sidder van angs," (Jakobus 2:19). Hulle weet dus van God en hulle weet dat Hy hulle sonde sal
straf, maar hulle het geen verhouding met Hom nie. Hulle glo net aan God. Dit is nie vir die Here genoeg dat ons net van Hom weet nie. Hy wil dat ons Hom van harte ken en al ons vertroue in Hom stel. Daarom gaan geloof om 'n intieme verhouding met God. Jy
leer God ken uit sy heilige Woord. Deur sy Woord te lees en gereeld na die prediking daarvan te luister. So groei jy van weet van God, tot ware kennis van God en 'n ware verhouding met God!
As jy voel dat jy en jou maats die Rapportryerbeweging kan help met hulle Bybelvasvraprojek kan jy ons kontak by ruurd@ruurdvdwal.co.za. Gaan besoek gerus ons webbladsy by www.rapportryers.co.za.
Toets jou kennis
(Probeer om eers self die vrae te beantwoord voordat jy dit gaan google!) 1 2 3
4
5
6
7
Wat is die grootste en eerste gebod? Waarmee sal Johannes die Doper vervul wees? Na Jesus se doop het die Heilige Gees in die gestalte van watter voël op Jesus neergedaal? Op watter dag van die week is Jesus opgewek uit die dood? God het aan Abraham opdrag gegee om sy seun te offer. Wat was die seun se naam? Wat het soos tonge verdeel en op die mense gekom tydens die uitstorting van die Heilige Gees? In watter rivier is Jesus gedoop? 8 Afgesien van Spreek in tale, noem enige ander twee gawes
9
van die Heilige Gees. Afgesien van Liefde, noem enige ander twee vrug(te) van die Gees. 10 Wat was Paulus se naam voordat hy Jesus oppad na Damaskus ontmoet het? 11 Watter een is volgens Paulus die grootste? Omkring die korrekte antwoord: a. Geloof | b. Hoop | c. Liefde 12 Wat is die laaste boek in die Nuwe Testament? 13 Wie het Psalm 23 (Die Here is my Herder) geskryf? 14 Wat was die eerste wonder- werk wat Jesus gedoen het? 15 Watter werk het Josef (Jesus se pa) gedoen? 16 Noem enige twee van die 10 gebooie. 17 Volgens die Ons Vader-gebed, waarvan moet ons verlos word?
Ruurd van der Wal (Rapportryerbeweging)
Word daar genoeg aandag gegee aan Godsdiensonderrig in Kerke en skole? 10 Kruispad uitgawe 24 - 2012
Kruispad uitgawe 24 - 2012
11
UNIEK
Phia van Helden (GK Centurion)
A
s jy aan jou vriende dink, kan jy met sekerheid sê dat daar 'n paar is wat bietjie outyds is, 'n klompie wat goed by is, en dan is daar die liberales. Een ding is seker: elkeen volg sy eie kop oor ons land, die kulture, Afrikaans, godsdiens, die toekoms en die kerk. Hoe jy dink, so doen jy ook. Een saak waaroor almal saamstem, is dat só baie dinge teen 'n vreeslike spoed verander. Dit staan vas: al verskil ons hoe ook al, elkeen moet aanpas! So behoort die kerk as "hoof"rigtinggewer vandag ook by te bly. Die kerk behoort die plek te wees waar idees, rigting, moed, krag en lewenskrag gekry word om al die veranderinge te kan pak. Wanneer dit duidelik word dat die kerk nie bý is nie, word in die stilligheid gou besluit dat kerk nie die meer my cup of tea is nie; dat ek nie met agterblyers geassosieer wil word nie! Siedaar, 'n sitplek in die kerk is leeg. Bring nou die apartheidsverlede wat ons geërf het by, begin vrae vra … net om uit te vind dat die kerk, én jou ouers, skynbaar steeds nie antwoorde het nie. Bitter gou word die vertroue (in die kerk en jou ouers) afgebreek, en stil-stil word besluit om nie deel daarvan te wees nie. Sonder om twee maal te dink, word daar dan sommer enige ander
12
Kruispad uitgawe 24 - 2012
kerk gesoek; of nog makliker, kerktoe-ganery word net gelos, want sien, ons wil nie fake nie. Eerder die genuine ding doen soos surf, chat of tweet. Ten minste link dit jou nie met die verlede nie; jy kan darem hier jou sê sê, en boonop ervaar jy global identity. Vervreemding het klaar plaasgevind. Siedaar, 'n sitplek in die kerk is leeg. Bring nou die nuwe Suid-Afrika se korrupsie, misdaad, politiek, rassisme en regstellende aksie by en jou jong lyf staan pal in 'n skoktoestand. Vrees en onsekerheid bring jou waar duisendes voor jou al was, en sak en pak die land verlaat het. Ontnugtering, wantroue, miskenning, 'n gebrek aan identiteit en min tot niks selfvertroue floreer in jou deurmekaar kop. Jy vra jouself af of jy werklik deel voel van die land; of jy regtig die bad guy uit Europa is? Wat dan van 100 jaar gelede toe die Engelse als kom vat het? Uit verskillende kampe word daar met jou kop gesmokkel, daar word geskimp, insinuasies gemaak. Het ek ooit identiteit? Wat's dit? So swyg-swyg blom 'n florerende identiteitskrisis. Siedaar! Dis eintlik 'n … geloofskrisis! 'n Krisis wat skynbaar nie in die kerk bepraat of opgelos gaan word nie. Nog minder in die huis!
Beslis nie in die huis nie, want lewende godsdiensbeoefening in die ouerhuis is 'n raarder as rare verskynsel. Die arme ouers se geloof is in nét so 'n toestand – hul voel dat hul tradisionele geloof hul sedert die tagtigerjare van die vorige eeu al in die steek gelaat nie. Waar hoort hierdie eens gelowige spesie dan? In Suid-Afrika is daar skynbaar nie meer plek nie. Geen taak en 'n roeping soos wat almal altyd in die ou dae geglo het nie! Hoe kan die jongmens dan godsdienstig opgevoed word as die ouers se geloof, en dade uit geloof, afgewater het? Praat nie eers van huisgodsdiens, godsdienstige gesprekke, geloofsmoed, geloofsvertroue, geloofservarings en geloofsgetuienisse nie! As ons Sondae soos ongelowiges deurbring in doelloosheid … as Gód nie meer geken word nie … Godskennis en kennis van hoe God vandag besig is in ons land, is 'n vaagheid. Geen wonder daar is so min sprake van "Afrika eerste!" nie. Skynbaar weet niemand van die patroon wat deur die 350 jaar van bly in Suid-Afrika al uitgewys is nie? Dis 'n golfpatroon van byna uitgewis wees, wat dan omdraai en dan weer van ongelooflike herlewing. Dis 'n krag wat in ons ingebou is, maar omdat niemand dit weet nie, is sóveel in 'n identiteits- en geloofskrisis aan die ondergaan! Die vraag is nou net: wie moet ons vertel van die hoop wat die geskiedenis ons leer? Wie moet ons vertel van genuine verlossing in Christus? Wie moet ons vertel van ons werk hier in Afrika? Die leeglopende kerke is só besig om te probeer oorleef dat die eintlike werk
van gaan-soek-die-verlore-skaap nie eers by hulle opkom nie. Of miskien weet die kerk maar net eenvoudig nie dat die eintlike taak is om te gaan en die woord van genade te gaan verkondig nie. Daar word vergeet dat dit juis die kerk in sy swakheid is wat teen omstandighede in kan omdraai en dan met al hul krag, al hul verstand, hul hele hart en hele siel met sinlose tradisies breek, en in die naam van Jesus Christus begin waag. Miskien word vergeet dat juis jý as die kerk radikaal kan en moet omdraai. Gaan bedink die nuwe-wynnuwe-sak-beginsel (Matteus 9:17), en gaan doen dit! Kom bý, kom by Christus uit! Onthou dan dat dit Godmet-ons, Immanuel, die hoof van die kerk is wat tye gedurig laat verander. Kom by Hom uit, dat Hy deur jou, vandág drasties kan begin verander. Dis God se beskikking dat die kerke vir 'n ruk krimp, nie dat ons uit die kerk uit moet weghardloop of nie wil kinders hê nie. Nee, maar om uit-die-boks te begin dink, te begin verstaan watter groot werk hier onder jou neus is. En om dan Matteus 28:18-20 – werk vreesloos, anders en nuut – tydig en ontydig te gaan doen! Só kan dié wat vir 'n rukkie verdwaal het, maar ook dié wat nog nooit die pad van die lewe leer ken het nie, gebring word na die borrelbron van lewe, Christus. Dan staan ons in hierdie versplinterde 2012-lewe op as méér as oorwinnaars. Ons staan op en doen die omkeeraksie met die oog op die volgende geslag van wit, bruin en swart Suid-Afrikaners! En siedaar, die sitplekke in die kerk is gou hopeloos te min! Kruispad uitgawe 24 - 2012
13
M
ohammed is 'n Christenman vanaf Egipte wat drie jaar gelede sy lewe vir die Here gegee het. Hy was deel van 'n vooraanstaande familie en het gestudeer om homself as 'n Islamitiese regter te kwalifiseer. Deur 'n hele paar insidente het hy bewus begin word van die teenwoordigheid van God en bekeer tot Christenskap. Toe hy egter begin het om mense te vertel van sy besluit, het sy familie en medestudente hom verwerp. Sy familie het valse stories begin versprei – soos dat hy 'n geestesversteuring het. Die universiteit het hom uitgeskop en hy is opgesluit, uitgehonger en geslaan deur sy eie familie – net omdat hy besluit het om Jesus te volg. Toe sy familie hom uiteindelik 'vrygelaat' het, het die polisie hom gearresteer en vir nog twee weke lank gemartel! Mohammed en sy drie kinders het uit hul dorpie gevlug en saam 'n nuwe lewe begin. Met Geopende Deure se hulp het hy 'n lening bekom
om 'n motorfiets-taxi besigheid te kan begin. Mohammed ervaar die teenwoordigheid van God en sy engele op 'n daaglikse basis. Hy het twee van sy ervarings met ons gedeel: Mohammed was een aand besig om saam met van sy familielede op die hoofpad te ry toe hy skielik verblind is deur die ligte van 'n aankomende trok. Die trok het begin om hul motorfiets-taxi van die pad af te druk in die rigting van 'n sloot reg langs die pad. Twee van hul voertuig se wiele was alreeds in die lug en hul was seker dat hul in die sloot gaan neerstort. Terwyl al die passasiers in die voertuig geskree het, het Mohammed die naam van Jesus aangeroep. Skielik het hy gesien hoe 'n groot, wit engel hul voertuig oplig en dit weer versigtig op die pad neersit. Een van die vroue, wat oomblikke tevore nog beangs geskree het, was skielik doodstil. Mohammed het omgedraai en gesien dat sy bewus-
teloos was en dat haar man besig was om haar te probeer by bring. Toe sy haar bewussyn herwin, het sy oor en oor bly sê: "Het julle die wit ding gesien?" Al drie van hulle het probeer onthou wat presies sopas met hulle gebeur het en hul het tot die gevolgtrekking gekom dat hulle 'n ontmoeting met 'n engel van die Here gehad het wat hul lewens gered het. Dit was nie die eerste of die laaste keer wat Mohammed 'n ontmoeting met een van die Here se engele gehad het nie … Hy het een aand laat op 'n afgesonderde pad gery toe sy motorfiets-taxi skielik krag begin verloor het. Hy het stilgehou en moes die agterste sitplek losskroef sodat hy na die battery kon kyk, maar dit was stikdonker en hy het besef dat hy nie die stukkende kabel sou kon regmaak indien hy niks kan sien nie. Hy het tot God gebid en gesê: "Here, as ek hier gestrand bly staan, sal my lewe in gevaar wees. Maar ek sal nie bang wees solank ek weet dat ek in u
teenwoordigheid is nie. Maar wat van my drie kinders?" Skielik het daar 'n engel met vlerke na hom toe aangestap gekom en sy vlerke uitgesprei. Daar het 'n geheimsinnige lig op die taxi geskyn sodat Mohammed die kabel kon herstel. Die engel het langs hom bly staan totdat hy klaar was met die herstelwerk. Toe het die engel rustig weggestap en Mohammed agtergelaat met 'n hart wat oorgevloei het van dankbaarheid vir die Here se goedheid. God het wééreens aan Mohammed bewys dat Hy heeltyd rondom sy kinders is. Mohammed geniet dit om daagliks tyd saam met die Here te spandeer terwyl hy 14 ure lank met sy taxi rondry. En of hy nou alleen of in die geselskap van sy passasiers is, hou hy sy hart voor God in stil gebed en aanbidding met die wete dat die Here teenwoordig is in elke situasie en dat sy engele altyd rondom elkeen van sy kinders is.
Geopende Deure
14 Kruispad uitgawe 24 - 2012
Kruispad uitgawe 24 - 2012
15
"O
ns het gewéét dat God ons nooit sal vergeet nie!" "Ja, ons is Christene … en jy ook! Maar hoe is dit moontlik dat jy ons hier kan ontmoet? Die tronkpersoneel laat geen Christene toe om hierdie deel van die tronk te besoek nie. Die tronkpersoneel wil nie hê dat ons kontak maak met enige ander Christene nie, maar tog is jy nou hier … Is jy 'n engel van die Here?" Só begin die getuienis van twee jong Christenvroue uit Irak, Maryam en Marzieh, wat in April 2009 gearresteer is nadat Iranse owerhede Bybels in hul woonstelle gekonfiskeer en uitgevind het dat hul bekeer het tot Christenskap. Hul het 259 dae in een van Irak se mees berugte tronke deurgebring. Gedurende hul tyd in die tronk het díe twee vroue 'n wonderbaarlike ervaring met 'n engel van die Here gehad: "Ons het 'n tronksel gedeel met baie ander vroue, maar een dag het ons 'n nuwe vrou in ons afdeling opgemerk. Ons het haar nog nooit vantevore gesien nie en het 'n kort ontmoeting met haar gehad. Hierdie engel-vrou het net skielik opgedaag en net so skielik weer verdwyn. Ons glo dat dit 'n engel van die Here was wat ons kom bemoedig het – dit was wonderlik!"
Hierdie engel het aan Maryam en Marzieh gesê dat "die hele wêreld vir hulle bid". Die twee vroue het gewonder: "Is jy seker? Die regering het aan ons vertel dat almal van ons vergeet het en dat niemand eers aan ons dink nie." Die engel het geantwoord: "Dit is 'n leuen en daardie dokumente is vals. Daar is baie Christene regoor die wêreld wat oor julle praat, aan julle dink, én vir julle bid." Maryam en Marzieh het begin huil en gesê: "Ons het geweet dat God ons nooit sal vergeet nie. En nou het Hy selfs 'n engel na ons toe gestuur!" Maryam en Marzieh was bemoedig deur die onverwagte besoek vanaf 'n engel van die Here en dit het hulle versterk om te weet dat daar so baie mense regoor die wêreld was wat van hulle geweet het en vir hulle gebid het. Maryam en Marzieh het sedert hul vrylating uit Iran uit gevlug en is steeds besig om te herstel van hul tyd in die tronk. Hulle vra gelowiges om asseblief aan te hou bid vir al die Christene wat nog in die tronk is, ook in lande soos Pakistan en Afghanistan. Hulle getuig: "Moet nooit dink dat julle gebede nie belangrik is nie. God het ons vrees weggeneem en ons nuwe krag gegee!"
Geopende Deure Vir meer sulke inspirerende getuienisse besoek Geopende Deure se webblad by www.opendoors.org.za.
16 Kruispad uitgawe 24 - 2012
Kruispad uitgawe 24 - 2012
17
D
Om saam met Geopende Deure te staan of vir meer inligting, besoek ons webtuiste by www.opendoors.org.za of skakel ons hoofkantoor by 011 888 9341.
18 Kruispad uitgawe 24 - 2012
ie Geopende Deure 2012 Wêreldwaarnemingslys is onlangs vrygestel en NoordKorea is vir die tiende agtereenvolgende jaar bo-aan díe lys. Dit beteken dat Noord-Korea stééds die land is waar Christene die meeste vervolging ervaar. Moslembeheerde lande verteenwoordig nege van die top tien lande en 38 van die 50 lande op die jaarlikse ranglys. Afghanistan (2), Saoedi-Arabië (3), Somalië (4), Iran (5) en die Maledive Eilande (6) is almal lande waar inheemse Christene min tot geen vryheid het om die Here openlik te aanbid. Pakistan het vir die eerste keer die top 10 gehaal, ná 'n onstuimige jaar waarin die nasie se enigste en invloedrykste Christen kabinetsminister, Shahbaz Bhatti, vermoor is vir sy pogings om die lasterwet te verander. Die res van die top 10 bestaan uit Oesbekistan (7), Jemen (8) en Irak (9). Terwyl vervolging vererger het in Moslembeheerde nasies, verdien Noord-Korea definitief weer die top posisie op die lys. Die land is streng kommunisties en het 'n bisarre kwasigeloof gebou rondom die stigter van die land, Kim Il-Sung. Enigeen met 'n "ander god" word outomaties vervolg. Sowat 200 000 tot 400 000 Christene word genoodsaak om Jesus in die geheim te aanbid. 'n Geskatte 50 000 tot 70 000 Christene word in konsentrasiekampe aangehou. Daar is beduidende skuiwe op die Wêreldwaarnemingslys vanjaar, met lande soos Soedan, Nigerië en Egipte wat, as gevolg van 'n toename in Islamitiese ekstremisme, almal opgeskuif het op 2012 se ranglys.
China het steeds die grootste vervolgde kerk ter wêreld, met 80 miljoen Christene wat vervolging in die gesig staar. (Dit is meer Christene as wat daar inwoners in Suid-Afrika is!) Die land het egter van nommer 16 tot 21 gedaal, hoofsaaklik omdat die huiskerkpastors leer hoe om "kat en muis" te speel met die regering. Die goeie nuus agter die slegte nuus van toenemende vervolging, is dat die Kerk aanhou groei – baie keer juis as gevolg van die vervolging. 'n Irannese pastor stel dit so: "Ons sou nie gegroei het as ons nie nodig gehad het om 'n prys te betaal vir ons getuienis nie." Die Wêreldwaarnemingslys is gebaseer op 'n vraelys wat deur Geopende Deure saamgestel word om die graad van vervolging in meer as 60 lande te bepaal. Die vraelyste word deur Geopende Deure veldwerkers in die verskeie lande ingevul en dit word gekruiskontroleer deur onafhanklike deskundiges om by 'n kwantitatiewe telling vir elke land uit te kom. Lande word dan op die ranglys geplaas na aanleiding van die punte wat hul ontvang het. Sowat 100 miljoen Christene wêreldwyd staar ondervraging, arrestasie en selfs dood in die gesig vir hul geloof in Christus, met miljoene meer wat slagoffers van diskriminasie en isolasie is. Geopende Deure ondersteun en versterk gelowiges in die wêreld se mees geslote areas deur die verspreiding van Bybels en Christenliteratuur, leierskapopleiding en bystand, Christengemeenskapopleiding, gebed en fisieke bediening, en voorspraak namens vervolgde gelowiges.
Kruispad uitgawe 24 - 2012
19
BURNING POINT
Kab elo Moho tsi (Kruispad Edi torial team)
C
ommitment is putting oneself under a particular obligation, acting upon what you set forth to achieve in life. We can relate to commitment in different ways since we are committed to a lot of things. Some of them very important, some of them very destructive yet it is commitment whether positive or negative. You can relate to commitment in what you do, in your school, studies, and your job or in church. The success of what we do in life becomes clear and visible in commitment, our directions and choices are influenced by what we are committed to. We achieve the best in life through our level of commitment to them. Has anybody who was successful in life made it without commitment?
20 Kruispad uitgawe 24 - 2012
Commitment thus motivates you to persevere through the process of working towards your goal, and develops that strong desire for success. Most of us as young people have an idea of what we want to be and achieve in life, and we put ourselves under a certain form of obligation to say; "I will become what I set out to be and commit myself unto that goal". Therefore irrespective of the choice of career or interest, we need to show commitment, love and passion for what we do. Where does a Christian's commitment come from? From the Holy Spirit! There is no way that I can have passion to serve the Lord if not from the Holy Spirit. God makes me to love Him and to serve Him. The million dollar question we thus face is whether we do not have the Holy Spirit if we are not committed to serve the Lord. This should be a
question each and every youth may ask him/herself should he/she be unwilling or lazy to serve the Lord with commitment. How do we commit? We are sometimes committed to things because of the love we develop for it and our determination in achieving certain goals. At times we are committed because of what we are taught and what we observed as important as in life. This commitment is driven by the fact that we all want to be successful. We want to look proudly at ourselves and say I did it in life against all odds. We can commit ourselves by making a decision as to what is important and what we love that can be benefiting factors in our lives. What we value in life, what we want to become, how we want people to see us influences how
we commit ourselves to what we want. Is it natural for a person not to have any commitment? Or having nothing worth valuing? This is most unlikely because everybody is born with a desire to be something, which leads one to commit yourself to become that which you desire. In church you might ask how you can commit yourself to the youth or the church. How can I change my perception about my church and become more committed? These are questions that we often ask ourselves. Our commitment is led by our love and passion for Christ and his Church. If we lack the necessary desire for the Lord, our aim of being committed to the church is highly unlikely. What Christ has done for us on the cross, cleansing us from our sins and reconciling us with the Father, should lead us into
Kruispad uitgawe 24 - 2012
21
Getuienis
Speserye en riksjas Anneretha Grobler (Operasie Mobilisasie)
being committed unto Him and his church. We should be living a life of thanksgiving and appreciation as young people because of what our Lord has done for us. Our commitment to the church in particular should be visible and appear and be seen as a way of thanking God for what He has done. David says in Psalm 27:4: "One thing that I ask from the Lord, that I seek, is that I should dwell in the house of the Lord all the days of my life." From this portion of the Bible we get an example of someone who was committed unto the Lord. His aim and passion was to dwell in the house ofthe Lord all the days of his life. His commitment overwhelms him, draw-ing him near to his goal and keeping him focused on what he wants and deems important in life. Benefits of commitment Every committed person has something positive to say at the end. Commitment and dedication always pay off. We can look at the story of David, a young boy and a mere shepherd of his father's flock. Yet he was committed, loved and enjoyed what he was doing. His work was not a pain to him and thus helped him to compose a great number of songs which are recorded in the Bible. These psalms were an expression of joy. He was
22 Kruispad uitgawe 24 - 2012
committed and God saw that. David is even called a man after God's heart! David eventually became king of Israel. He was committed to a small flock and God saw a commitment that can even extend to being of great impact to His people. What was seen as small was eventually regarded as big. When we are committed in small things, God eventually lifts us to bigger things. If we fail in small things, how can we be entrusted with great things? Commitment has manifested itself in an extraordinary way, David was not from a royal family, nor did he expect at all to become king and yet God made him one. A committed sportsman, singer, teacher or pastor is always appreciated for what he does because of the commitment s/he shows. Our Lord was committed in exercising the will of God, to its fullest. When He responded to a question about him not eating He said: "My meal is to live out the will of my Father who sent me." It becomes clear that whatever successes we want to achieve in life, should be driven by commitment. Whatever I commit myself to, should be inspired by the Holy Spirit and driven by the desire to serve the Lord and not the self!
D
rie generasies vroue sit oorkant my op die vloer. Die kersie brand laag. Die middelste vrou – Suni – vertel hoe sy as kind saam met haar pa dadels gepluk het. Die lewe was moeilik. Sy woon in een van die armste buurte in Dhaka, maar die vertrekkie is netjies. Op Maandae kom daar
60 kinders tussen die ouderdomme van vier en sestien bymekaar vir Bybelklub. Dié paar dae in Bangladesj is die eerste deel van die twee weke wat ek in Indië, Bangladesj en Nepal spandeer het. Ons ry in 'n "babataxi", 'n driewielvoertuigie wat gasaangedrewe is, deur die strate
Kruispad uitgawe 24 - 2012
23
van Dhaka. Ek wil my oë toemaak, veral as 'n bus letterlik die verf van ons klein voertuig afskraap. Fietse, riksjas, busse en voetgangers probeer almal so vinnig moontlik by mekaar verbybeur. In die slum stap ons verby verkreukelde kaalbolyf-mannetjies sonder tande. Kinders speel in die vuil water, of word in die stegies gebad. Dis amper etenstyd, en 'n wilde mengsel van geure sweef deur die lug. Rook vanaf kookpotte hang ook in die atmosfeer. By markstalletjies word groente en vis verkoop, en donkeroog-vroue stap met swaaiende rokke voor ons uit. Wat 'n besige wêreld. Ek doen onderhoude en sien verskeie projekte in plattelandse gebiede. Hier word gefokus op die opheffing van vroue deur veral geletterdheid- en vaardigheidprojekte. Kultuur bly die grootste struikelblok. Bangladesj is crazy, bont,
beautiful. Speserye en riksjas, sirkusbusse (met geel, pienk en rooi patrone) met mense op die dak, bokke in die stegies, helder vrugte en jong mammas in shalwar kameez, die tradisionele drag … In Indië leer ons aartappel paratas ('n tipe gevulde pita) maak, hoor ek stories van wanhoop en hoop, en stap ons rond in 'n Mahara j se paleis. Ook in Katmandu, Nepal, word die roet en die donker vervleg met die lig en die mooi. Ek is terug in Suid-Afrika en dankbaar vir vars lug, dankbaar vir my gesin en my lewe en die hoop wat daar in Jesus is. Ook dankbaar vir die geleentheid om soveel wonderlike en dapper mense te kon ontmoet. Die stories wat ek opgeneem het, moet nou verwerk word in geskrewe formaat. Ons sal hiervan moontlik 'n hele paar kan gebruik vir die Freedom Climb boek waarmee ons besig is.
Foto's geneem deur Keely Passman Gaan kyk gerus op www.kruispad.net vir nog foto's.
24 Kruispad uitgawe 24 - 2012
3 Bou 'n gesonde verhouding met jouself
Anel Potgieter (GK Rooihuiskraal)
O
m in oorwinning te leef moet ons 'n sinvolle verhouding met onsself hê. Baie min mense verstaan dat ons nie net in verhouding met ander mense leef nie, maar ook 'n verhouding met onsself het. Jou verhouding met jouself bepaal in 'n baie groot mate jou verhouding met ander mense. Die Satan sal altyd probeer om ons verhouding met onsself te verongeluk – want so maak hy ons bitter
ongelukkige mense wat ander mense om ons ook ongelukkig maak. Hoe kan ons in hierdie geval oorwin, en die Satan nie sy sin gee nie? Deur positiewe verhoudings met onsself te bou. Jou verhouding met jouself werk eintlik maar net soos verhoudings met ander mense. Eers ontmoet jy iemand, dan is dit 'n kennis. Dan leer jy die persoon beter ken en kan jy hom later 'n vriend noem. Hoe beter jy die persoon leer ken, hoe beter begin jy hom/haar verstaan. Later leer jy selfs dat daar dinge van hierdie persoon is waarvan jy nie hou nie, en dan moet jy leer om dit te Kruispad uitgawe 24 - 2012
25
aanvaar, daarmee saam te leef, en die persoon ook vergewe wanneer hy/ sy iets doen wat jou seermaak. Hoe beter jy die persoon leer ken, hoe meer waardering kry jy vir die persoon. Nog later leer jy om vir die persoon lief te word. So is dit ook maar met onsself. Daarom het ons in die eerste artikel onsself beter leer ken – die goeie en die minder goeie oor onsself te wete gekom. In ons vorige artikel het ons gesels oor selfvergiffenis. Nou kan ons dit 'n stappie verder neem en selfs lief word vir onsself! Hoe doen ek dit? Praat mooi met jouself Die kwaliteit van 'n verhouding word deur die kwaliteit van kommunikasie bepaal. Wanneer twee mense mekaar nie kan verstaan nie, of misverstaan, onstaan daar gewoonlik konflik. Daar is 'n sêding wat lui: "As jy nie iets goeds oor iemand anders kan sê nie, bly dan liewer stil." Ons ken die waarheid hiervan. Daar is niks wat 'n verhouding so vinnig versuur as een persoon wat heeltyd die foute van 'n ander aan die groot klok hang nie. Niemand van ons hou daarvan om in 'n negatiewe persoon se geselskap te wees nie, daarom vermy ons sulke mense. In ons verhouding met onsself is daar ook kommunikasie. Ons praat met onsself! (Ja, dis nie net "mal" mense wat dit doen nie.) Ons "gesels" dwarsdeur die dag met onsself. Soms gee ons onsself 'n klop op die skouer, maar die meeste van die kommunikasie aan onsself is negatief.
26Kruispad uitgawe 24 - 2012
Ook hier is die duiwel listig: Deurdat hy die leuens in ons koppe (en harte) plant dat ons lelik is (asof God al ooit iets leliks gemaak het), dat ons nutteloos is (asof God enigiets sonder 'n doel gemaak het), waardeloos is (asof God ons nie lief het nie), dom is, gedoem is tot mislukking, nooit 'n sukses sal maak nie – die lysie is eindeloos – probeer hy keer dat ons ons volle potensiaal bereik en nuttige arbeiders in God se koninkryk word. En ons doen hom die guns om dit aan onsself te herhaal met negatiewe selfkommunikasie. Begin om positief met jouself te kommunikeer. Vertel vir jouself al die mooi dinge wat die Bybel vir jou oor jouself leer: Ek weet dat ek wonderkunstig gemaak is na God se beeld (Psalm 139:14; Genesis 1:26-27). Ek weet dat God my oneindig liefhet en as sy kind aangeneem het, daarom is ek nou koningskind. (Johannes 1:12). Ek is 'n medewerker van Christus (1 Korintiërs 3:9; 4:1) en 'n ambassadeur van God (2 Korintiërs 5:20). Wanneer jy wel foute maak, moenie jouself uitskel vir 'n "idioot" nie. Wees bereid om te erken dat jy fouteer het, maar onthou ook dat jy nie die "fout" is nie. Maak die Satan stil wanneer hy leuens in jou kop plant wat beweer dat jy nie 'n waardige persoon is nie en vervang dit met die pragtige beloftes in God se Woord dat jy vir Hom kosbaar is. Aanvaar jouself Elke mens het iets aan hom/haarself wat hy/sy sukkel om te aanvaar. Hoekom? Omdat dit dinge is waarvan ons nie hou nie. Dalk is dit jou gedrag, karaktertrekke, voorkoms, gewig, opvoeding, status, agtergrond of mislukkings en foute uit die verlede. Soms sukkel ons om onsself
te aanvaar omdat ons nie onvoorwaardelike aanvaarding as kind gesmaak het van ons ouers, maats of onderwysers nie. As dit die geval is, het dit tyd geword om jouself te aanvaar soos wat God jou in Jesus Christus aanvaar het – as 'n koningskind! Die meeste van die dinge aangaande onsself wat ons sukkel om te aanvaar is gewoonlik uiterlike dinge – en dit besit baie min ewigheidswaarde. Wanneer ons sukkel om onsself te aanvaar, verval ons maklik in negatiewe selfkommunikasie. Net soos wat jy gaan sukkel om vir iemand waarvan jy nie hou nie mooi dinge te sê, gaan jy ook negatiewe dinge oor jouself aan jouself kommunikeer as jy nie jouself kan aanvaar nie. Die hartseer is dat ons makliker lelike dinge teenoor ander mense terugbyt – maar vir onsself het ons geen genade nie. Om jouself volkome te aanvaar, beteken nie om passief maar te aanvaar dat jy 'n sondige mens vol foute is en dan maar boedel oor te gee nie. Natuurlik stry ons nog elke dag teen die verkeerde! Dis eerder om nugter te aanvaar wat onveranderlik deel is van jouself – en genadig te wees teenoor jouself. Die gevaar daarvan om jouself nie volkome te aanvaar nie, is dat jy jouself uiteindelik heeltemal verwerp. Die hartseer van selfverwerping sien ons elke dag in die samelewing om ons: Die anoreksiese meisie wat nooit kon vrede maak met haar voorkoms nie, die "los" meisie wat glo dat die enigste aanvaarding wat sy ooit sal kry tussen die lakens sal wees, die ou met die groot mond om die braaivleisvuur wat homself
agter 'n toe deur sny, jou slordige buurvrou wat lankal opgehou het om haarself te versorg … Ons ken hierdie mense … dalk is dit jy. Waardeer jouself Wanneer jy jouself aanvaar het, kan jy ook leer om jouself te waardeer. Ja, jy het waarde! Die persoon wat homself nie kan waardeer nie, ag homself waardeloos en voel nikswerd. So 'n persoon voel dat sy/haar lewe eintlik doelloos en niks werd is nie, veral wanneer hulle dit sou vergelyk met 'n ander persoon s'n. Hulle is baie keer visieloos en sonder ambisie – nie omdat hulle nie ook groot droom nie, maar omdat hulle die mislukking wat hulle glo hulle gaan maak, vrees. Leer dan om jouself te aanvaar soos Jesus sondaars aanvaar het, onvoorwaardelik. En kyk met nuwe oë na jouself – deur Jesus se oë. Dan sal jy jouself ook kan waardeer. Jy het vir God so baie waarde gehad dat Hy sy Seun vir jou laat sterf het. Om op grond van wat jy vir God werd is waarde aan jouself te heg, is die teenoorgestelde van hoogmoed. Dis om jouself waardig te ag en te koester omdat jy kosbaar is oor wie God jou gemaak het, en nie om te roem op jou eie kwaliteite nie. Selfagting impliseer dat jy positiewe gevoelens oor jouself koester, 'n gesonde selfbeeld het en positiewe dinge aan jouself kommunikeer. Dit beteken ook dat jy voel dat jy 'n bydrae het om in die
Kruispad uitgawe 24 - 2012
27
samelewing te lewer en dat jy graag jou gawes (want jy weet dat God jou geseën het daarmee) wil ontwikkel en wil gebruik. Pasop om nie in die slaggat te trap om ander dinge te gebruik om te probeer waardig voel nie – soos om erkenning te probeer kry vir materiële dinge soos prestasie, sukses, voorkoms, geld en status nie. Jy voel dalk vir 'n oomblik goed, maar die sensasie taan vinnig, en dan is die leë gevoel maar weer daar … en jy begin maar weer werk … jy behaal sukses en voel goed … die gevoel taan … jy voel leeg … jy begin maar weer werk … Die sirkel is eindeloos, en jy sal 'n baie ongelukkige mens wees. Begin vandag daaraan werk om jouself te aanvaar en lief te kry. Word lief vir jouself Jesus sê in Matteus 2:39 dat jy jouself moet liefhê. Dit word vir die eerste keer werklik moontlik as jy geleer het om: • elke leuen van Satan oor myself as 'n leuen te erken en te verwerp, en te vervang met positiewe beloftes uit die Skrif; • elke poging te laat vaar om myself "aanvaarbaar" te maak en myself vir ander aanbied as die persoon wat God my gemaak het; • elke vorm van selfverwerping voor God bely en agterlaat, en myself onvoorwaardelik aanvaar en waardeer.
Let op hoe die proses verloop het: Eers het jy jouself leer ken, daarna moes jy jouself vergewe – toe eers word selfaanvaarding en gesonde selfliefde moontlik. Nou kan ek myself in en deur Jesus Christus aanvaar en liefkry soos God dit bedoel het. Hierdie liefde vir myself word ook deel van my selfkommunikasie: Praat mooi met jouself, dan word dit makliker om jouself lief te kry, en word lief vir jouself, dan sal jy ook mooi dinge met jouself praat. Wanneer jy jouself werklik kan aanvaar, waardeer en liefhê, sal jy ook jou naaste met 'n oop en eerlike gemoed, gehoorsaam kan liefhê. Om 'n positiewe verhouding met jouself te bou, is nie maklik nie, dis 'n tydsame proses, en die teenkanting is baie. Hou moed en hou aan – die beloning is groot. Daar is niks so opwindend soos om te kan sê: "Jesus is lief vir my, en ek ook" nie. Daar is min dinge so bevredigend as om gelukkig met jouself en jou omstandighede te kan lewe. Dan leef jy werklik in oorwinning. Hou aan om in oorwinning te leef, tot volgende keer!
Aanvaar die uitdaging en lees saam met miljoene Christene wêreldwyd die Bybel deur met behulp van die E100 Bybelleesplan.
WAT IS E100?
Die E100 Bybelleesuitdaging bevat 100 deeglik uitgesoekte Skrifgedeeltes (50 uit die Ou Testament en 50 uit die Nuwe Testament) wat so saamgestel is dat dit deelnemers 'n goeie begrip gee van die hele Bybel vanaf Genesis tot Openbaring. Die "E" staan vir Essensieel en elkeen van hierdie 100 gedeeltes wissel tussen 'n paar verse tot 'n paar hoofstukke. As dit vir jou onmoontlik lyk om die Bybel van die begin tot die einde deur te lees, volg vanjaar die E100. Merk die gedeeltes af soos jy vorder. Jy kan enige tyd begin en dit hetsy gebruik vir persoonlike Bybelstudie óf saam met 'n Bybelstudiegroep. Ons begin in hierdie uitgawe met die eerste vyf-en-twintig gedeeltes en sal deur die loop van die jaar in elke uitgawe die volgende klompie gee. Kom ons skop af aan die begin van die Ou Testament.
HOE OM TE BEGIN?
1. Kies 'n Bybel wat jy maklik lees. 2. Kies 'n tyd en 'n plek om elke dag te lees. 3. Hou boek van jou vordering deur elke gedeelte af te merk. 4. Lees saam met 'n vriend of in 'n leesgroep. 5. Maak dit 'n gesinsprojek. Wil jy graag E100 gebruik vir jou kleingroep of Bybelstudiegroep? Geen probleem! Kyk op bladsy 32 vir 'n maklike gids om julle deur enige Skrifgedeelte te kry. Besoek gerus www.e100challenge.org.uk vir meer inligting oor die E100-uitdaging. Skandeer die skakel of besoek www.youversion.com of m.bybel.co.za om die Bybel op jou selfoon te lees.
28
Kruispad uitgawe 24 - 2012
Kruispad uitgawe 24 - 2012
29
30 Kruispad uitgawe 24 - 2012
Kruispad uitgawe 24 - 2012
31
ORGANIESE BYBELSTUDIE
M!ST | Ministry Support
Hier is 'n vinnige vyfstap metode om enige Bybelstudie aan die gang te sit en diep in die Bybel in te delf. Dis eenvoudig en lekker om toe te pas en kan maklik vir ander aangeleer word. Stap 1: Lees Bid: Een persoon doen 'n gebed dat die Heilige Gees die groep sal lei en die Bybel sal ontsluit. Lees: Die gedeelte word hardop gelees deur een persoon terwyl die ander volg in hulle Bybels. Of elkeen lees 'n aantal verse. Die fokus hier is: Wat staan werklik in die gedeelte? Stap 2: ! Ontdek ! Lees: Die gedeelte moet nou vir 'n tweede keer deurgelees word, maar elkeen lees dit self en stil. Soek uitroeptekens deur te vra: Watter vers, woorde of konsepte staan vir my uit of raak my hart? Skryf neer: Enige verse en gedagtes wat uitstaan, word neergeskryf. 'n Kort nota is goed. Deel die ontdekkings: Nadat die groep genoeg tyd gekry het om in stilte te dink en neer te skryf, word elkeen gevra om te deel soos hy wil. NB! Hierdie is nie oop vir bespreking nie en daar word net kennis geneem. Stap 3: ? Vraag ? Lees: Die gedeelte word nou vir 'n derde keer keer deurgelees terwyl daar gesoek word na vraagtekens. Vra die vraag: Watter vraag oor enigiets in die gedeelte sal ek graag vir die groep wil vra? Skryf neer: Iemand in die groep word gevra om die vers en die vraag neer te skryf.
32 Kruispad uitgawe 24 - 2012
Voorwaardes van 'n vraag: 'n Vraag mag nie 'n ja/nee antwoord hê nie. Begin die vraag met wie, wat, waar, wanneer, hoekom. Elkeen in die groep mag net EEN vraag vra. Deel die vraag: Gee genoeg tyd vir die groep om die vrae te oordink en neer te skryf. Hanteer die vrae volgens die verse se volgorde en kry die vrae bymekaar deur bv. eers al die vrae van vers 1 neer te skryf ensovoorts. Bespreek 'n paar van die vrae wat die groep graag wil bespreek of hanteer die vrae een vir een. Stap 4: Doen – Hande en voete Dink saam oor die moontlike toepassings wat uit die teks en gesprek na vore gekom het deur te vra: Wat is die moontlike toepassings wat uit die gedeelte na vore kom? Deel die moontlike toepassings met mekaar en skryf 'n lys van hierdie toepassings neer. Skryf hierdie toepassing neer. Gee tyd as iemand hulle toepassing wil deel met die res van die groep. Stap 5: Gebed Bid oor die waarhede wat in die bybelstudie geleer is. Gee elkeen die geleentheid om slegs een of twee sinne te bid oor dit wat hulle geleer het. Kruispad uitgawe 24 - 2012
33
LEEFSTYL SONDAG: Die intog in Jerusalem
M
Esmari Linde (Kruispad-redaksie)
et Paasfees dink ons elke jaar aan die naweek wat die wêreld in 'n ander koers ingestuur het. Dit was die naweek (al sou hulle destyds sekerlik nie daaraan gedink het as 'n "naweek" nie) van Jesus se kruisdood en opstanding. Enige belangrike naweek word voorafgegaan deur deeglike voorbereiding – dink maar aan 'n wegbreek-naweek of die naweek van 'n troue. Hoeveel meer fyn, Goddelike beplanning sou nie in die naweek van die dood en opstanding van God se eie Seun ingaan nie! Dit was immers die naweek waarin sy eeueoue beloftes vervul sou word – en Hy doen niks half nie … Hierdie voorbereidings het begin nog voordat die wêreld geskep is (Efesiërs 1:4), maar het al hoe meer sigbaar geraak hoe nader die tyd
34 Kruispad uitgawe 24 - 2012
gekom het. Daarom gee die Bybel vir ons besonder baie inligting oor die laaste week in Jesus se lewe voor sy dood en opstanding. Ons het maar min inligting oor Jesus se lewe tydens sy eerste dertig jaar op aarde en selfs oor die laaste drie jaar is nie naastenby alles aan ons vertel nie (vergelyk Johannes 19:30-31). Maar oor daardie een week gee die evangelies vir ons soveel inligting dat ons, in professor Tjaart van der Walt se woorde, omtrent uur vir uur in Jesus se voetspore kan loop! In sy boek oor die evangelies, Die Messias het gekom*, gee professor Van der Walt vir ons 'n dieper kyk op wat elke dag tydens daardie week gebeur het. Kom ons loop saam in die voetspore wat Jesus tydens daardie laaste week in Jerusalem gemaak het.
Op Jesus se laaste reis na Jerusalem (vir 'n deeglike beskrywing van hierdie reis, lees Lukas 9:51-19:10) loop Hy vasbeslote voor sy volgelinge uit, sodat hulle eintlik onrustig en bang raak (Markus 10:32). 'n Paar Fariseërs waarsku Hom selfs om nie na Jerusalem toe te gaan nie. Maar Hy huiwer nie om hierdie pad te loop nie, want in Jerusalem moet Hy sy werk klaarmaak (Lukas 13:31-33). Wanneer Hy die stad binnegaan, is daar alreeds 'n groot skare mense wat van oraloor gekom het om die Paasfees te vier. Hulle weet dat die Profeet van Nasaret oppad is en hulle wag Hom in. Jesus word as Koning verwelkom. Dit is asof hierdie Jode hulle opgewondenheid net nie meer kan inhou nie – hulle gooi klere en boomtakkies op die pad, hulle sing lofsange en hulle omring Hom soos wat Hy die stad in loop (Markus 11:111). Maar is daar dalk iets wat hierdie skare miskyk? Hulle juig, so reg uit Psalm 118, oor die Koning wat uiteindelik hier tussen hulle is. Uiteindelik – iemand wat die koninkryk van God gaan oprig en die Jode van oorheersing gaan verlos! Maar sien hulle die manier waarop Jesus na hulle toe kom? Net soos Sagaria lank terug voorspel het (Sagaria 9:9), het Hy 'n donkie gekies vir sy koninklike intog. In plaas daarvan om af te kyk na sy onderdane, soos wat 'n koning op 'n perd dit sou doen, is Hy, waar Hy op hierdie donkie sit, laer as die meeste mense om Hom. Jesus is Koning, maar terselfdertyd ook Kneg. Wanneer Hy 'n week
later sy werk aan die kruis voltooi, is die jubelende skare skoonveld. Daarom huil Hy wanneer Hy die stad voor Hom sien: Jerusalem weet steeds nie waar haar vrede en redding lê nie (Lukas 19:41-42). Hy loop tot by die tempel, kyk rond en gaan dan terug na Betanië toe, waar Hy by Lasarus, Martha en Maria bly.
MAANDAG: Die teken van die vyeboom en die reiniging van die tempel Darem 'n vreemde wonderteken wat Jesus op hierdie dag doen – die vervloeking van die vyeboom (Matteus 21:18-19). Dit is die enigste wonderwerk waardeur Hy nie beterskap en blydskap bring nie, maar veroordeling. Daar lê egter 'n kragtige boodskap agter die vervloeking van die vyeboom: Israel is die vyeboom wat net nie wil vrug dra nie, omdat die tyd daarvoor nooit "reg" is nie (vergelyk Lukas 13:6-9). Maar Israel se tyd hardloop nou uit … Jesus bekragtig hierdie boodskap wanneer Hy vandaar na die tempel toe gaan en dit reinig (Matteus 21:1217). Die tempel was die gerieflikste plek om die regte geldeenheid vir tempelbelasting te kry en sommer die offerdiere te koop. Gevolglik het die tempelplein soos 'n basaar begin lyk waar baie uitbuiting boonop plaasgevind het. Wanneer Jesus die handeldrywery met mag en mening stopsit, is daar natuurlik groot vyandigheid onder die leiers in die tempel. Maar daar is ook 'n groot positiewe uitwerking: blindes en kreupeles kom weer na die tempel Kruispad uitgawe 24 - 2012
35
toe om genees te word en selfs kinders prys Jesus (Matteus 21:1516)! Die tempel word weer gebruik waarvoor dit bedoel is. So bring Jesus mense by ware aanbidding en godsdiens. Die aand gaan Hy terug Betanië toe, wetende dat daar 'n moeilike dag vir Hom voorlê.
DINSDAG: Gespreksdag Die hele Dinsdag verloop soos 'n dialoog. Dit begin met 'n groep Joodse leiers wat na hom toe kom en vyandig vir hom vra: "Met watter gesag doen U hierdie dinge?" (Markus 11:27-33). Hiermee verwys hulle natuurlik na die gebeure wat die vorige dag in die tempel plaasgevind het. Dit is 'n strikvraag wat Jesus nie kan beantwoord sonder om in die moeilikheid te beland nie. Maar dit is juis die ding van Jesus: Hy beland in niks nie, ook nie in moeilikheid nie. Hy is die een wat aktief sy "moeilikheid", uiteindelik sy dood, tegemoet gaan – Hy verrig doelgerig die taak waarvoor Hy gestuur is. Nou speel Hy sy vyande se spel, en vra aan hulle waar hulle dink Johannes die Doper sy gesag vandaan gekry het. Die Joodse leiers kan ook nie antwoord sonder om hulself vas te praat nie. Skaakmat. Jesus gaan verder en vertel drie gelykenisse waarin die Jode hulle eie weerkaatsings kan sien (Matteus 21:28-22:14). Die gelykenis van die twee seuns, die gelykenis van die huurders en die gelykenis van die bruilofsmaal dra almal die beskuldiging: dit is júlle, die Jode,
36 Kruispad uitgawe 24 - 2012
wat veronderstel was om totale getrouheid teenoor God te bewys. Júlle was die mense wat na sy wingerd moes kyk, júlle was daardie eerste seun wat belowe het om sy pa te dien, júlle was die mense wat na die bruilof genooi is. Maar julle het julle rug op God gedraai! (Liewe Kruispad-lesers, die meeste van ons kom uit geslagte en geslagte van Christene netsoos die Joodse leiers uit geslagte en geslagte gelowiges gekom het. Ons is van kleins af gevoer met die Woord en ons het ook die opdrag om in God se koninkryk te werk. Ons het "ja" gesê vir die uitnodiging na die bruilof van die Lam. Kom ons neem Jesus se waarskuwing ook ter harte, en kom ons vergeet nie waaroor alles eintlik gaan nie.) Jesus se vyande neem die uitdaging aan. Drie moeilike vrae word uit verskillende oorde in sy rigting gestuur. Die Fariseërs en Herodiane, wat eintlik aartsvyande was, span nou saam om vir Jesus 'n lokval te stel: "Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal?" (Matteus 22:15-22). Die Sadduseërs kom met 'n bisarre verhaal van 'n vrou wat ses maal weduwee geword en dus sewe mans in haar leeftyd gehad het. "Wie se vrou sal sy in die hemel wees?" is die Sadduseërs se vraag, en hiermee wil hulle aantoon hoe belaglik dit is om aan die lewe na die dood te glo (Matteus 22:22-33). 'n Skrifgeleerde kom na Jesus toe met nog 'n sensitiewe vraag: "Wat is die heel grootste gebod?" (Matteus 22:34-40). Maar al drie keer haal Jesus die
wind uit sy vyande se seile uit. Nie net maak Hy met sy antwoorde dit vir hulle onmoontlik om Hom verder te probeer vastrek nie, maar ook nooi Hy sy hoorders om dieper as die oppervlak te kyk. Moenie net aan die keiser gee wat hom toekom nie, gee aan God wat Hóm toekom! Dink weer oor wat die Skrifte sê oor die ewige lewe. En sien raak dat die hele wet gebou is op die liefde. Noudat die geraas stil is, praat Jesus alleen. Hy daag die Fariseërs uit om in Hom te glo op grond van wat in die Skrifte staan (Matteus 22:41-46; Psalm 110). Hy gee 'n lang, openbare toespraak waarin Hy die sonde van die Skrifgeleerdes en Fariseërs oopvlek (Matteus 23). Al hierdie dinge moet 'n groot indruk op sy dissipels maak, want hulle vra later wanneer hulle alleen saam met Hom is: "Sê vir ons, wanneer sal hierdie dinge gebeur en wat sal die teken van u koms en van die einde van hierdie wêreld wees?" (Matteus 24:3). Jesus neem nou tyd om hierdie mense vir wie Hy so innig lief is voor te berei op dit wat wag. Hulle verstaan ook nog nie dat sy koninkryk anders is as dié van 'n aardse "koning op 'n perd" nie. Daar op die Olyfberg wys Jesus met 'n klomp beelde vir hulle dat hulle nie eers moet probeer om vas te stel wanneer die koninkryk kom nie. Wat hulle wel móét weet, is dit: hulle gaan nie gemaklik agteroor kan sit nie. Hulle moet gereed wees om alles te gee. Hulle gaan immers alles ontvang (Matteus 24-25)! Op hierdie Dinsdag het Jesus die Jode vir die laaste keer gewaarsku.
WOENSDAG: Gesalf en verraai Na 'n uitputtende dag van strydgesprekke, spandeer Jesus nou 'n dag in Betanië. 'n Vrou (volgens Johannes was dit Maria) kom na Hom toe en salf Hom met nardusolie, 'n duur Indiese parfuum (Matteus 26:6-13). Die salf wat sy oor Jesus se kop uitgegiet het, was altesaam meer as 300 silwermuntstukke werd – die inkomste wat 'n dagloner in 'n hele jaar sou maak! Wanneer Judas knorrig raak oor hierdie spandabelrigheid, lig Jesus die ware betekenis van die vrou se optrede uit: dit was 'n vooruitsalwing vir sy begrafnis. Skielik lyk die onkostes irrelevant. Jesus het Judas se gierige hart nou ontbloot. Judas reageer deur na Jesus se vyande te gaan en Hom vir dertig silwermuntstukke te verraai (Matteus 26:14-16). Vir die vrou was Hy al haar rykdom werd; vir Judas, dertig silwermuntstukke – die prys van 'n slaaf (sien Eksodus 21:32). Aan die een kant was hierdie Woensdag 'n "tussen-in" dag van rus. Aan die ander kant was dit die dag waarop sake hulle finale wending geneem het. Jesus bly doelgerig op sy pad na die kruis.
DONDERDAG: Die nag van die Paasmaaltyd Die laaste dag voor Jesus se kruisiging is 'n dag van innige saamwees met sy dissipels. Hy stuur twee van hulle om 'n kamer vir die Paasmaaltyd te gaan voorberei (baie voorbereiding was nodig vir hierdie geleentheid – lees maar Eksodus 12:14-21). Deur op 'n byna Kruispad uitgawe 24 - 2012
37
LESERSBYDRAE geheimsinnige manier aan te dui by wie se huis Hy die Paasmaaltyd wil vier, maak Jesus seker dat hulle vir oulaas rustig en veilig sal kan saamwees (Markus 14:13-15). Voordat Jesus die Paasfees vier, wys Hy wat ware liefdesdiens behels. Hy neem die posisie in van die laagste slaaf en was sy dissipels (ook Judas!) se voete (Johannes 13:1-17). Hierdeur stel Hy 'n voorbeeld, maar dra Hy ook 'n dieper boodskap oor. Hý is die Kneg wat gekom het om sondes af te was! Petrus verstaan dalk iets van hierdie boodskap wanneer Hy vir Jesus vra om sommer sy hande en sy kop ook te was. Maar iemand wat deur Jesus se bloed skoongewas is, hoef nie weer gewas te word nie. Al wat nodig is, is die daaglikse bekering – die was van die voete – wat Jesus deur sy Gees in ons sal bewerk. Die boodskap word hierna nog duideliker: Jesus stel die nagmaal in om vir altyd in die plek van die Paasmaaltyd te dien. Die Israeliete is destyds in Egipte deur die bloed van lammers van die dood gered. Maar Jesus is die eintlike Lam wat
die sondes van die wêreld wegneem (Johannes 1:29). Deur brood en wyn maak Hy dit vir sy dissipels (en vir ons ook) 'n tasbare werklikheid. Jesus en sy dissipels het nog lank aan die tafel gesit, sodat Hy hulle vir oulaas kon versterk, bemoedig en leer. Uiteindelik het Hy hulle in 'n hoëpriesterlike gebed aan die Vader opgedra (Johannes 13-17). Daarna is hulle na Getsemane toe, waar Hy alleen 'n ontsettende worsteling met sy Vader beleef het (Markus 14:32-42). Hier het Hy van voor af die pad van gehoorsaamheid gekies. Teen die tyd dat Judas die wagte daar aangebring het, was Hy kalm en het Hy Homself oorgegee. Dit was tyd. In daardie laaste week, die Sondag tot Donderdag voor die kruis- en opstandingsgebeure, was dit asof Jesus mense na sy kruis geroep het. Hierdie vyf dae, met die uitloop op die kruis en die leë graf, roep ons ook op. Laat ons Jesus Christus, ons Koning en ons vrywillige Kneg, aanbid. Laat ons elke dag van elke week wat Hy vir óns gee aan Hom wy.
* Professor Tjaart van der Walt se boek, Die Messias het gekom (in Engels beskikbaar as The Messiah has come) gee 'n wonderlike blik op wat die evangelies ons van Jesus Christus se lewe op aarde vertel. Die boek kan by die Administratiewe Buro van die GKSA bestel word. Kontak gerus die Kruispad-kantoor (kantoor@kruispad.net) vir hulle besonderhede.
38 Kruispad uitgawe 24 - 2012
E
k het vir Jesus ontmoet, dié Jesus wie meeste van ons probeer vermy. Hy was vuil met geskeurde klere, dronk, hoog en het gom gehad wat by sy neus uitloop. Ek het soos gewoonlik maar net vir Hom my fake simpatie gegee en maar net gedink dat ek niks vir Hom kan doen nie en niks het om vir Hom te gee nie. Ek het net gehoop en bid dat Hy nie na my toe kom en vir iets vra nie. Soos Hy aangestrompel gekom het, het ek besef dat Hy nie my geld of my klere of kos of iets soek nie, nee Hy wou my net kom vra of ek sy hand kan vashou ... Ek was geskok! Totaal en al geskok dat ek Hom nie herken het nie, dat ek Hom in die strate van Kenia moes ontmoet, in die harte van huislose straatkinders wat niks het om te gee behalwe liefde nie. My hart was in stukkies gebreek. Ek het vir Jesus verwerp en veroordeel. Ek wou niks met Hom te doen gehad het nie. Tog het Hy vir my perfekte liefde kom wys en vir my kom sterf al is ek 'n dronk straat junkie. Al wou ek Hom nie my vriend noem nie. Jesus se liefde het vir die eerste keer vir my sin gemaak, vir my real geword. Die woorde van Romeine 8 vers 38 en 39 het vir die eerste keer met my kom praat. "Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie." Jesus is onbeskryflik lief vir jou. Dit maak nie saak wat jy doen, waar jy vandaan kom of wat jy het of nie het nie, niks wat jy ooit doen, kan Hom meer of minder lief vir jou maak nie. My lewe het verander op daardie dag. Ek het vir Jesus ontmoet, die Jesus wat my laat ongemaklik voel van binne, die Jesus wat maak dat ek alles wat ek besit wil weggee vir mense wat dit meer nodig het as ek, eerder as om te kla oor wat ek nie het nie.
Werner Greef (Kruispadleser)
Kruispad uitgawe 24 - 2012
39
M
'n Rubriek deur Edgar Trollip
40 Kruispad uitgawe 24 - 2012
y lewenslange vriend, Gert, het onlangs oor 'n koppie koffie vir my iets vertel. As hy eers begin met die woorde "het jy geweet?" dan weet ek dat ek dit nie weet nie. Ek skud my kop en hy vertel my toe dié storie. In Wes-Afrika is armoede soos kanker en water soos diamante. Dis kurkdroog. Op sommige plekke is dit so droog dat die inwoners se gebrek aan genoegsame waterinname die vog in hul oë uitput en blindheid veroorsaak. Die inwoners se velle droog uit dat dit rubberagtig en bleek raak. In die meeste gevalle lei die watertekort tot siektes, gebrek aan kos en selfs die dood. Vat 'n oomblik en dink gou hieroor, dink jouself in hoe dit moet wees om te sterf van die dors. Kan jy? Ek kan nie. Ek is dors. Jy is dors (al weet jy dit nie). Die Here was dors … Jesus kom by 'n put in Samaria en vra 'n Samaritaanse vrou om Hom iets te drinke te gee vanuit 'n put. Kom ons sit dit gou in perspektief met die situasie op ons eie kontinent. Gert het 'n groot eetlus, maar sy bord staan nog net so soos die kelner dit daar neergesit het. Hy vertel toe hoe inwoners in 'n land soos Niger hul water bekom. Uit 'n put uit. Mans maak 'n houtwiggie om 'n tou deur te voer. Hierdie toue is tot 50 meter lank. Aan die een ent van die tou is 'n bak. Soms word die bak vervang met 'n stuk sponsagtige materiaal. Dit is in gevalle waar die watervlak van die put so laag is dat water deur die sponsagtige materiaal geabsorbeer moet word. Aan die ander ent van die tou is 'n stuk of drie donkies om die bak of
materiaal op te trek vanuit die put. Daarna geniet elkeen wat die taak verrig het 'n sluk of twee van die water. Die oorblywende water (as daar is) word dan aan behoeftiges en die vee gegee. Hoe dors moet jy wees? Kyk na jou hande wat die tydskrif vashou. Dit het vandag aan water of selfs vogroom geraak. Iets wat nie elke dag gebeur in lande soos Niger nie. So is Jesus besig om te rus by die put en Hy vra die Samaritaanse nooi om vir Hom water te kry. (O, ja alles gebeur in Johannes 4.) Nou, Jode en Samaritane was soos Bloubul- en WP-ondersteuners. Hulle het nie geassosieer met mekaar nie. Bo en behalwe dit het die Samaritaanse vrou nog nie die genade van die Vader besef nie (wel later in dieselfde hoofstuk). So, 'n mens kry die idee dat Jesus en die meisie nie om dieselfde kampvuur sit nie. Net soos 'n bobaasverkoopsman maak Jesus toe 'n aanbod. Wat van ek ruil jou hierdie aardse water vir hemelse water. Water wat tydelik dors les vir water wat vir ewig jou dors sal les. As jy dié water drink, sal jy nooit weer dors kry nie. Dalk sou jy sê "ek drink nie regtig water nie, ek verkies Coke". As iemand van Niger so 'n aanbod kry, weet ek wat hulle sal sê. Hulle verstaan dit beter as ek wat gerieflik my kraan oopdraai om te stort, om te drink, skottelgoed te was … Ek wens ek kon dit beter verstaan. Natuurlik het die Samaritaanse vrou "ja" gesê vir die lewende water – wie sou nie? Iemand wat nie regtig dors is nie. Die vraag is "hoe dors is jy?"
Kruispad uitgawe 24 - 2012
41
G
ee-jaar is nog in sy kinderskoene en word vanjaar vir die derde keer in Potchefstroom aangebied. Hierdie projek van Kruispad (onder leiding van die Jeugdeputate van die GKSA) het tot dusver baie seën beleef. Jaarliks skryf 'n aantal jongmense in wat teologiese opleiding ontvang, asook kort kursusse in jeugbediening, maatskaplike werk, leierskapontwikkeling, woordverwerking, fotografie, video, kommunikasie en webbladontwerp. Verder word daar deurlopende life coaching sessies aangebied waar daar na elke student as individu gekyk word en bepaal word in watter area van menswees hy/sy graag wil groei. Die Gee-jaar gaan egter nie net daaroor om te ontvang nie, maar veral oor gee en daar word gegee deur regdeur die jaar deel
Maureen van Helden (Kruispad-redaksie) en Suzanne Coetzer (Gee-jaar koördineerder)
te wees van projekte, kampe en uitreike. Vanjaar het sewe splinternuwe studente ingeskryf en hulle het die jaar afgeskop met 'n kenmekaar-staptoer in die pragtige Magoebaskloof. Verder was die Geejaars deel van Cansa Relay for Life in Potchefstroom en het hulle opgetree as groepleiers op die Seetoer saam met die gemeentes van Rustenburg, Fochville en Koster. Hulle beplan verder uitreike na Lesotho en Namibië, kampe in Oudtshoorn, Griekwaland-Wes en Bronkhorstspruit, asook Koningskinders en Geeprojekte soos Hartklop. Hulle beoog om die jaar op 'n hoogtepunt af te sluit met die Kruispad Israel-toer en Kruispad Riviertoer! Kruispad het gaan inloer by die nuwe Gee-jaars en vir hulle elkeen gevra om aan ons lesers so bietjie meer oor hulself te vertel.
Hallo almal! My naam is Carolien. Ek kom van die Kaap af. Ek is 19 jaar oud. Ek is 'n baie spontane persoon. My gunsteling kleur is pers. Ek hou baie van sing en my daaglikse doel is om nuwe mense te ontmoet. Ek is blykbaar die loudste een in die Gee-jaar huisie. Ek hou baie van perdry. Ek hou ook daarvan om mense te kielie en ek is mal oor diere. Ek is ongelooflik random en sal iets se wat niks met die gesprek te doen het nie. Ek raak ongelooflik hiperaktief as ek Coke gedrink het. Ek is 'n ekstrovert en dus hou ek baie van kuier. Ek is nooit alleen in die Gee-jaar huisie nie. Ek moet altyd by iemand wees. Ek haat dit om inkopies te doen. Ek haat dit ook om skottelgoed te was. As ek 'n plek sien met 'n pool-tafel, sal ek die hele tyd wat ek daar is net pool speel. Ek doen Geejaar omdat ek nie weet wat ek wil studeer nie en omdat ek 'n diensjaar vir Christus wil doen. Die jaar het skaars begin en daar het al klaar so baie goed gebeur en ek het al so baie nuwe vriende gemaak.
Bessie 42 Kruispad uitgawe 24 - 2012
Kruispad uitgawe 24 - 2012
43
Net so klein ietsie oor myself. My naam is Petrolize en my van is Lubbe. Almal noem my Lize. Dit is baie makliker as my gewone, baie lang naam. Ek is 19 jaar oud. My gunsteling kleur is blou. Ek is mal daaroor om te dans en wil graag eendag my eie dansskool begin. My gunsteling kos is pizza en pasta en ek is mal oor sjokolade en Coke. Ek is mal oor die natuur en hou daarvan om ander te help. Die rede hoekom ek hierdie jaar gekies het om die Kruispad Gee-jaar kursus te doen, is omdat ek 'n baie moeilike jaar verlede jaar ervaar het. Ek het Kruispad gekies om net te probeer vergeet van alles, normaal aan te gaan met my lewe, om myself weer op die regte pad te kry, en weer te help glo. Ons is nou maar eers 'n klein rukkie in die jaar in en ek voel klaar 'n verskil. Ek weet ek sal nie spyt wees oor hierdie jaar nie en dat daar nog baie voorlê om te doen. Ons is 'n klein groepie maar awesome verby groepie. Hallo alle lesers. Ek is Christiaan Visser en is 19 jaar oud. Ek is in Secunda gebore en het daar groot geword. Ek hou van diere en die bosveld met al sy geluide en reuke. Die Afrika sonsondergang is nog altyd vir mooi en 'n belewenis om te sien. My stokperdjies is om model vliegtuie te versamel asook enigiets met die weermag te doen. Ek speel net een sport en dit is ringtennis maar hou ook daarvan om vir die pret krieket en rugby te jol. Ek het besluit om die Gee-jaar te doen om myself te vind en om nader aan God te wees. Om God beter te leer ken en Hom 'n belangrike deel van my lewe te maak. Hallo, aan al die Kruispad-lesers. My naam is Johan van den Berg, ek is van die Noord-Kaap van 'n dorpie genaamd Kathu. Ja, dit klink snaaks, maar Kathu is 'n wonderlike dorpie daar in die Kalahari. Ek is 'n spontane mens, altyd vol lewe, maar ook een van die rustigste persone wat jy sal ontmoet as dit sin maak? Ek is mal oor die natuur en die werke van God. My droom is om 'n jeugsielkundige te word en altyd deel te bly van die jong generasie. Ek hou verder van sport, ek het hokkie op skool gespeel, maar speel enige sport vir die fun. My hobbies is kitaar speel, permanent sosiaal saam met pelle verkeer en op my bed lê en series kyk. LOL! Gee-jaar is die amazingste gebeurtenis wat nog ooit met my gebeur het. Dit is 'n gap jaar wat 'n gap in jou lewe sal vul, en ook 'n familie bond wat onbreekbaar is.
44 Kruispad uitgawe 24 - 2012
Haai julle almal! Ek is Benette Rautenbach en kom van 'n baie klein dorpie, genaamd Lindley, in die Oos-Vrystaat. Ek is 'n baie woelige mensie, kan nie stilsit nie en is altyd opsoek na iets om myself mee besig te hou. Ek is baie lief vir dans en enigiets wat met musiek te doen het! Ek hou van flieks, boeklees en is altyd in vir enige iets wat na fun lyk! Ek's 'n mense-mens, wil altyd tussen my vriende wees en sal enigiets vir hulle doen. Ek het besluit om Gee-jaar te doen omdat ek 'n brandende passie het om vir my Hemelse Vader te werk en 'n verskil in ons donker wêreld vir Hom te maak. Ek wil ietsie van myself vir Hom gee, omdat Hy so onsettend baie vir my kom doen het. Ek sien vreeslik uit na die jaar saam met my span en al die uitdagings wat op ons wag. Ek is Gerhard Degenaar, 'n 19-jarige student wat besluit het om by Gee-jaar aan te sluit. Ek is 'n persoon wat hou van avonture en fun stuff. Ek is 'n regter hemipleeg wat beteken ek is gestremd in my regterkant, maar natuurlik leer mens hoe om daarmee saam te leef. Ek doen glad nie sport nie, behalwe urban sport soos skating en paintball het ek vir so rukkie gedoen en dit was baie lekker. Ek het na Gee-jaar toe gekom omdat ek gehoor het dis baie avontuur. Al die Gee-jaar studente is so nice, hulle behandel mens so mooi en ek glo dit sal elke jaar so great gaan. Die meisie wat als hanteer van Gee-jaar, Suzie, is 'n baie oulike girl, behandel ons goed en is altyd daar om te help. Ek wil net afsluit en sê ons het een lekker jol. Wie is ek? Ek is Rhyno Postma van Bethal. Ek is 'n groot natuurliefhebber. Ek is veral mal oor perde en is lief daarvoor om oor perde te leer en om saam met vriende perd te ry. Ek is 'n rustige persoon wat nie baie praat nie. My gunsteling sport is rugby en perdry en enige ander lekker tipe sport wat daar is. Ek smaak dit om kos te maak veral in die Gee-jaar huis. Gee-jaar is vir my 'n goeie plek om te begin met 'n lewe na skool sodat 'n mens kan uitvind wat jy gaan doen of studeer volgende jaar. Ek geniet dit om met nuwe vriende te kuier. My gunsteling kleure is blou, pienk en pers. Ek skree vir die Blou Bulle en sal altyd 'n Bul bly want my bloed is blou. Kruispad uitgawe 24 - 2012
45
R
etief Burger het seker nie enige bekendstelling onder ons lesers nodig nie. Hierdie jongman is 'n aanbidder in sy hele lewe en sy musiek vind aanklank by mense regoor Suid-Afrika. Kruispad het by Retief gaan inloer om bietjie meer oor hom uit te vind en ook te hoor waarmee hy op die oomblik besig is.
Vertel ons so bietjie meer oor jouself
Ek is gebore in Windhoek, Namibië, en het die grootste deel van my kinderjare in Pretoria deurgebring. Ek was op Laerskool Anton van Wouw en het by Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria gematrikuleer. Ek is die jongste van vier kinders en die trotse oom van 7 kleinneefs en -niggies. Ons is 'n baie hegte familie en ek het wonderlike ouers wat my baie ondersteun.
Vertel ons meer oor jou jare na skool
Ek was na skool in 'n bediening genaamd C-kruis wat deur die uitvoerende kunste die evangelie oor die land heen versprei het. Ek is hierna Potchefstroom toe beroep as Musiekdirekteur van Duet-gemeente. Ek het besluit om teologie te studeer saam met my werk by die gemeente om so 'n goeie basis te kry vir prediking en bediening. Ek het my honneurs in Grieks gedoen en my liefde vir die Skrif het gegroei.
Waar kry jy inspirasie vir jou musiek?
Primêr uit die Woord uit. Ek wil nie graag net opinies in my liedjies weergee nie, maar eerder waarheid wat
op die Skrif gebaseer is. Tyd in my binnekamer saam met die Here en 'n paar dae in die natuur maak my kop ook oop vir nuwe musiek. Ander liedjieskrywers inspireer my ook.
Wat wil jy met jou musiek bereik?
Om mense die Vader te laat ontmoet. Sy eer is die belangrikste ding in my lewe. As hulle Jesus kan onthou lank na ek weg is, is ek die gelukkigste man op die aarde.
Met watter projekte is jy tans besig?
Ek speel tans die hoofrol in Dawid, die Musical in die Staatsteater. Dis baie opwindend en so 'n ryk storie waarmee ons almal kan identifiseer. Dan het ek en Louis Brittz, Helmut Meijer en Neil Büchner in Februarie 2012 drie dae Sutherland toe gegaan om inspirasie te kry vir 'n nuwe album, In verwondering. Ons het 'n hele kameraspan saamgeneem om die liedjieskryfproses op te neem. Die genade van God was so groot oor ons. Ons kon 12 liedjies in drie dae skryf en die meeste daarvan opneem. Die CD en dokumentêr op DVD het in Junie 2012 uitgekom. Verder is ek ook besig met voorbereidings vir Luidkeels dieper, die
vierde CD in die reeks. Ons kombineer dié lewendige opname met 'n aanbiddingsleierskonferensie wat ons in September in Pretoria hou.
Dawid, die Musical en Retief Burger, die akteur …
Sjoe, dit was een van my kinderjare drome wat waar geword het! Die regisseur het my einde verlede jaar gevra en ek het dadelik vrede daaroor gehad. Dawid se storie lê my vreeslik na aan die hart omdat ek in soveel opsigte met hom kan identifiseer. Die ervaring is fantasties. Ons werk baie hard, maar die eindproduk dink ek gaan enorm wees. Dis 'n ware oorspronklike musiekblyspel met splinternuwe musiek en hope aksie! Niemand moet dit mis nie.
Wat is jou grootste vrees?
Vrees wys eintlik waar ek God nie vertrou nie, so ek leef eerder aan die positiewe, geloofskant van die lewe. Om onvervuld te leef vir 'n tydelike doel is seker my grootste vrees!
Enige boodskap vir ons lesers?
Lewe vir meer as jou eie storie. Gee alles oor aan Hom wat die beste weet en so 'n groot doel met jou lewe het. Vertrou Hom volkome al maak alles nie altyd sin nie.
Wat kon jy by Dawid, die man na God se hart, leer? Sy storie gaan baie meer oor die hart van God as oor die man wat agter sy hart aan was. God se hart staan groot geskryf oor Dawid se verhaal. 'n Hart van genade en oorvloed, vergifnis en hoop. Dawid leer my om eerlik te wees voor God en altyd na Hom toe te hardloop en nie weg van Hom af nie …
Wie is jou rolmodel(le)? Die vervolgde kerk. Hulle motiewe is suiwer en hulle verhouding met Jesus lewendig.
so
Maureen van Helden (Kruispad-redaksie)
46 Kruispad uitgawe 24 - 2012
Kruispad uitgawe 24 - 2012
47
KOMPETISIE volk te verdelg is hier gestop.
○ Hy self doen hom voor as 'n
volk uitstuur en hulle verdryf. Dit skuif saam met die engel van God agter die volk in om hulle te beskerm. Elifas reken dat nie eens 'n engel hom kan help nie. Gabriël gaan staan aan hierdie kant van die wierookaltaar. God het kwaad geword toe hy gaan, en die engel van die Here het hom in die pad voorgestaan om hom te keer. Hy erken dat die engel van die Here sy dienaars gered het. Die vrou het met Dawid oor hierdie seun gepraat en gesê: "U is soos 'n engel van God wat na alles luister." Hy sê dat die engel vir hom gesê het om 'n profeet te laat oorbly, maar hy het gelieg. (Twee woorde sonder 'n spasie tussenin, dus een antwoord.)
○ Hy staan voor die engel van die
○ Die Here sal sy engel voor hierdie ○ HIERDIE uitgawe se kompetisie sluit aan by ons tema, Engele. Teksgedeeltes in die Bybel waarin engele 'n rol gespeel het, is gevat en 'n aantal leidrade is gegee om op die ou-end by spesifieke antwoorde uit te kom. Die 40 antwoorde is in die woordsoek versteek. Stuur jou naam, adres, ouderdom en die korrekte antwoorde voor 31 Maart 2013 per e-pos aan interaksie@kruispad.net of stuur dit per faks of slakpos aan die Kruispad-kantoor (ons faksnommer en adres is op bladsy 2). Die eerste korrekte inskrywing ontvang 'n geskenkpakkie van CUM-boeke af.
○ 'n Engel van die Here het hon-
○ ○ ○ ○
○ ○ ○ ○
48 Kruispad uitgawe 24 - 2012
○ ○ ○ ○ ○ ○ ○
○ ○ ○ ○
○ ○
○ ○
○
○ ○ ○ ○ ○
○ ○
Here en regs van hom het die Satan gestaan, besig om hom aan te kla. Lot het op bevel van die engel na hierdie dorpie gevlug. My God het sy engel gestuur om hulle bekke toe te sluit. Na die geweldige aardbewing het 'n engel van die Here daarop gaan sit. Net hierdie engel kan die wese bystaan wat teen die engele van Persië en Griekeland veg. "Ons het na die Here om hulp geroep en Hy het ons gebed verhoor, 'n engel gestuur en ons uit … te laat trek. " 'n Slavin wat die engel by 'n fontein ontmoet het. Sy gesig lyk soos dié van 'n engel. Voorbeeld: 'n Ander engel het dit toe op die goue altaar voor die troon geoffer. Antwoord: Gebede (Openbaring 8:3)
○
derd vyf en tagtig duisend man in hulle kamp doodgemaak. 'n Engel van die Here het vir hom gesê om na die pad wat van Jerusalem af Gasa toe loop te gaan. Abraham sê dat 'n engel vir hom gesê het dat die Here die land ook aan hulle beloof het. Die engel het hom aan sy sy gevat om hom wakker te maak. Die engel het hom geroep net voor hy sy seun kon doodmaak. Dié engel het Jakob uit elke moontlike gevaar gered – en sy wens was dat sy naam voortleef in hulle (2 antwoorde). Die engel het vir hom gesê om nie bang vir die koning te wees nie. 'n Engel het vir Paulus gesê om nie bang te wees omdat hy voor hierdie leier moet verskyn nie. Dié engel is soos hulle seep. Die engel maak dit oop en gee aan die apostels die opdrag om in die tempel die evangelie te
gaan verkondig. Die engel noem Maria só. Die engel roep: "Kap af die boom, kap af sy takke, stroop af sy blare en gooi weg sy … " Die engel sal jou nie vergewe as jy in … teen hom kom nie. Die engel sê vir Hagar God het hom hoor huil. Die engel sê vir die profeet dat die Here hulle gestuur het om die wêreld te deurkruis. Die engel van die Here aan hom verskyn in 'n vlam binne-in hierdie plant. Die engel van die Here het aan haar verskyn en vir haar gesê: "Jy is nou kinderloos, maar jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring." Die engel van die Here het hiervandaan na Bokim toe gegaan. Die engel van God het hom in 'n droom geroep. Die engel van hierdie ryk het Daniël een en twintig dae lank teruggehou. Die engel wat besig was om die
○
engel van die lig.
Hennie van Wyk (GK Christiana/Bloemhof) Kruispad uitgawe 24 - 2012
49
Zelmarie Besselaar
U
niversiteit gekies: check. Koshuis gekies: check. Eerstejaarskamp gekies: … Elke jaar word daar hope kampe vir eerstejaars gehou en dis soms baie moeilik om te besluit na watter een jy wil gaan. Ek was in daardie selfde bootjie gewees tot 'n vriendin my oortuig het om saam met haar op die Gereformeerde Kerk van Stellenbosch se eerstejaarskamp te gaan. Ek kan nou terugkyk en sê dit was een van die wonderlikste ervarings tot dusver in my lewe. Ons het baie fun gehad as groep en individueel baie gegroei, op persoonlike en geestelike vlak. Elke oggend is begin met 'n kort boodskap, ontbyt en dan individuele stiltetyd. Daarna het die dag se menigte aktiwiteite begin en aan die einde van
50 Kruispad uitgawe 24 - 2012
elke dag kon daar met reg gesê word dat ons moeg was! Dit was 'n onvergeetlike ervaring en dit was presies wat elkeen van ons nodig gehad het, veral met die oog op die onsekere tyd wat vir ons voorgelê het met MAD2 en die nuwe omgewing en vriende. Vir my persoonlik was dit een van die hoogtepunte van die jaar. Die ondersteuning van almal en die lesings se stunning inhoud het my geïnspireer vir wat kom. Ek sal elke voornemende Matie aanmoedig om na hierdie kamp toe te kom – dit sal jou verryk as mens, jou in jou geestelike lewe versterk, en voorberei vir wat op jou wag in die eerste paar weke van jou eerste jaar op universiteit. Elkeen sal wegstap en voel dat hulle iets van onskatbare waarde ontvang het.
Kruispad uitgawe 24 - 2012
51
Johann Engelbrecht
G
K Cachet se jaarlikse eerstejaarskamp is vanjaar van 9-13 Januarie aangebied op Nooitgedacht-kampterrein buite Potchefstroom. Die kamptema was When worlds collide en die hele gedagte was om vir die eerstejaars 'n idee te gee van wat om te verwag wanneer hulle geloof- en universiteitslewe in konflik met mekaar kom. Vir hierdie doeleinde is die Potch-kampus se plekname op die kampterrein aangebring. Ons kamp-predikante was dr. Frans Minnie en dominees Ronald Bain, Albert Coetzee en Brahm Robinson. Tussendeur al die lesings en lekker etes, het almal ook baie pret gehad. Daar
52 Kruispad uitgawe 24 - 2012
is boeresport gehou, 'n bietjie oefeninge gedoen (die seniors het reggestaan met waterballonne om te verseker dat die eerstejaars nie van hitte-uitputting verswelg nie) en gebraai saam met Cachet se gesinslidmate. Donderdagaand is die kamp afgesluit met 'n heerlike dinee, talentkompetisie en sokkie. Vrydag is daar met swaar gemoedere opgepak en gegroet voor O&B begin het. Die kamp was vir die eerstejaars en vir die seniors 'n leersame ervaring. Nuwe vriende is gemaak en almal het geloofsgroei beleef. Dankie aan ons Hemelse Vader wat alles moontlik gemaak het. Aan Hom kom al die lof toe!
Kruispad uitgawe 24 - 2012
53
Zania Vermaak
B R O O K LY N E E R S T E J A A R S K A M P 2 0 1 2
"O
ns Vader wat woon in die hemel …" het elke aand weerklink soos ongeveer 60 eerstejaars en groepleiers die dag afgesluit het en daarmee saam die kamptema kon oordink. Die Onse Vader-gebed was 'n gepaste tema waarmee die eerstejaars op die kamp by Kadesh Barnea in Hartebeespoortdam toegerus is vir 'n opwindende en uitdagende jaar wat vir hul voorlê. Elke dag is daar op een van die bede gefokus en organiese Bybelstudie in die kleingroepe gedoen. Tydens hierdie sessies is daar geleentheid aan elke groeplid gegee
54 Kruispad uitgawe 24 - 2012
om te sê wat in die betrokke skrifgedeelte vir hul uitstaan en daaroor 'n vraag te vra. Almal in die groep se vrae is dan besprekend geantwoord. Vrae het gehandel oor die verskil tussen vergewe en vergeet, wat ons daaglikse brood presies behels en wat dit beteken om oor te gee sodat die Here se wil en nie jou eie wil kan geskied nie. Aan die einde van so 'n sessie is daar intens gefokus op maniere om die bede hande en voete te gee, en dit toe te pas in ons alledaagse lewe. Die "ons" in die gebed is ook duidelik uitgeleef deur bid-buddies,
persoonlike gesprekke en lofprysing. Hierdeur is tot die besef gekom dat ons nie alleen deel is van God se prentjie nie, maar saam 'n deel daarvan vorm. Alhoewel daar geestelik op die "ons" gefokus is, het Doppersports, Amazing Race en Olimpiese Spele ook gestalte aan die term gegee. Ons het mekaar gestamp, gestoot, vuil besmeer, maar ook weer opgehelp, aangemoedig, skoongespuit en saam gelag. Weens die vol program was dit nodig om ook so nou en dan 'n blaaskans te neem om weer energie vir al die lekker aktiwiteite te kry. Tydens
sulke siëstas is volleyball gespeel, luilekker middagslapies geneem en informele gesprekke onder die bome gevoer. Die aande het ook vir groot vermaak gesorg. As dit nie was vir kenmekaarspeletjies soos Ninja en Ha-Ka-So nie, het die SOV-aand (Subtiele Onderlinge Verskille) gesorg vir hewige interaksie tussen die eerstejaars en groepleiers. Alle eer aan die Here vir die geleentheid om as 'n groep jongmense saam te kon groei en meer te kon leer oor 'ons' almal se Vader. Mag ons sy wil hierdie jaar uitleef.
Kruispad uitgawe 24 - 2012
55
My experience of the Gee-movement at KKNK
Abby Kitchener (USA)
T
he thousands of people walking around, the air of excitement about festivities, delighted screams coming from those on the rides, blaring music from live shows, shops overflowing with biltong, jams, t-shirts, and artwork – all sights and sounds that make up KKNK every year in Oudtshoorn. And yet in the midst of all this revelry and noise, God is working in powerful and mysterious ways, and in my case, He worked through prayer. Because of the intense heat during the day, some of us volunteering with Gkafee walked around giving cold water to those working or walking in the streets as they came and went from the art festival. It was here that I met Colleen, as she accepted the water and chatted with me. During the following days, she came to the
56 Kruispad uitgawe 24 - 2012
tent at different times to sit and talk about her day, showing me how she dyed her hair black or what she saw at the shops; other times, I caught up with her on the street since she lived close by. Colleen was a different sort of lady, in her upper 40's or early 50's with glazed eyes and jumping from topic to topic; one day she even carried a doll with her that looked like a real infant. Somehow, we took an interest in each other and our conversation flowed easily. One day after she had talked to me about her problems with her husband and daughter and those in the community, I asked if I could pray for her. She complied, and I prayed briefly for her, without eloquence or in a seemingly powerful way. When I finished the prayer, Colleen looked up at me with clear bright eyes and a big smile on her face. She said, "I felt your prayer. It sent shocks through my whole body. I could feel it all the way down." Then, she surprisingly went on speaking, almost
as if prophesying over me, telling me that I would go into Africa with nothing, no money, and yet people wouldn't want anything from me but would give me a place to stay. She said I would go with God's passion. She encouraged me that I was one of God's chosen people, chosen for this very moment – now. I sat in shock. Here I had prayed for her, feeling pretty "Christianly" about it, and then she in turn spoke compelling words over me, the missionary! I don't even know if Colleen is a born again believer and listens for God's voice. But how could she have known that I had specifically prayed for passion in my life while here in Africa? In that hot Gkafee tent, with the buzz all around us of people enjoying the KKNK, Colleen spoke words of life over me that day, telling me I am a chosen one of the Father. God is always speaking to us – sometimes in surprising ways and through very unlikely people. May we have our spiritual ears and hearts tuned into what our Father is saying. Kruispad uitgawe 24 - 2012
57
GIGS
GIGS