HO E KO M is ons hi er?
IN H O U D S O P GA W E
Kruispad is … 'n eietydse tydskrif met Reformatoriese inhoud, gefokus op aktuele sake, gerig op jong, groeiende gelowiges om toerusting te gee vir die maak van ingeligte keuses wat lei tot geloofsgroei.
H O E wil on s di t doen? Deur 'n interaktiewe medium daar te stel wat relevante temas bespreek en jong gelowiges motiveer om die pad van die kruis van Christus te stap en volwasse in die geloof te word, sodat God die eer sal kry en die Kerk opgebou sal word.
Verklaring Menings uitgespreek in die artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die redaksie behou hom die reg voor van plasing, redigering, verkorting, parafrasering en uitbreiding van die bydraes.
Red@Kruispad
5
Gee-jaar Omdat Abraham geglo het …
6
God beweeg ons uit die comfort zone
T Y D S K RI F INLIG T ING Posadres: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Tel: 018 293 2338 E-pos: navrae@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Web: www.kruispad.net
Omdat Isak geglo het … Kind van die gelag
Rekeningbesonderhede vir donasies: Naam van rekening: GKSA Admin Buro t/a Kruispad Bank: ABSA Tak: 632005 Rekeningnommer: 670140040 Verwysing: 0562/KRUISPAD
Uitgegee deur die GKSA
Ontwerp: Sunflood Studios Tel: 021 887 4477 E-pos: info@sunfloodstudios.co.za Web: www.sunfloodstudios.co.za Drukkers: Zero Plus Tel: 012 333 6712 E-pos: info@zplus.co.za
D I E R E D A K S I E S P AN Redakteur & Subredakteur
Maureen van Helden red@kruispad.net
Jeugkantoor en Administrasie Rineé Viljoen kantoor@kruispad.net
Gee-jaar
Brahm Robinson geejaar@kruispad.net
Interaksie & GIGS
Dirkie Steyn interaksie@kruispad.net
Resensies & Webblad Dirk Kruger media@kruispad.net web@kruispad.net
Boekresensies
Kreatief
Wanja Senekal resensies@kruispad.net
Chantelle Tredoux kreatief@kruispad.net
Grafies
Adviseur: Jeugdeputate
Sunflood Studios Dian, Mike, Karien, Zinelda, Franchette & Antoné grafies@kruispad.net
Ds. Charl van Rooy charl@gkrandburg.org.za
Aktueel
Ds. Charl van Rooy Ds. Werner van der Heever Ds. Braam Krüger Karel Steyn Tjaart van der Walt Ds. Victor d'Assonville Albert Coetsee Anneretha Combrink Adriaan van Wyk Willie Cloete Charl Ubbink Daniëlla du Plooy Ds. Ben Fourie
Santie Lourens aktueel@kruispad.net
Advies & Hulp
Johannes Schickerling advies@kruispad.net help@kruispad.net
Sending & Leefstyl Juanita Swanepoel sending@kruispad.net leefstyl@kruispad.net
M E D E W E R K E R S P AN
4
8
Omdat Jakob geglo het … Die Here se groot genade
10
Sendinghulp: Emerging Church
12
Geopende Deure
14
Getuienis: Die evangelie, die lig vir 'n depressiewe wêreld
15
Calvyn 500 jaar (deel 2)
16
Koffie saam met … Johannes Aucamp
18
Tydlyn
20
Kontroversieel: Seks – God se geskenk vir die huwelik
22
Hulp: Wat dink jy doen jy?
24
Vervolgverhaal: Bostik
26
BlouAnna: Kristalhelder
28
Kreatief: Psalm 118
29
Leefstyl: Skep uit die Skepping
30
Kompetisie: Sudoku
31
Resensies
32
Kunstenaarsprofiel: Zander van der Westhuizen van Vertikaal
34
Sêjousê: Hoe ver is te ver?
36
GIGS
37
Fotoblad
40
Red@Kruispad
T E K EN IN O P K RU I SP A D
Hallo almal, Nee kyk, met hierdie koue wat ons die laaste ruk gehad het, weet mens goed dat die winter hier is. Hopelik is ons oor die ergste koue en die goeie nuus is dat die lente en somer binnekort op pad is.
Nuwe intekenaar Bestaande intekenaar Geskenk vir iemand anders Besonderhede van intekenaar Naam en van ....................................................... ............................................................................. Gemeente ............................................................ E-pos ................................................................... Ouderdom ........................................................... Besonderhede van ontvanger (indien ontvanger verskil van intekenaar)
Naam en van ....................................................... ............................................................................. Posadres .............................................................. ............................................................................. ............................................... Poskode ............... Sel no ................................................................... Tel no (huis) ......................................................... Gemeente ............................................................ E-pos ...................................................................
Van hierdie uitgawe af gaan Kruispad ongelukkig net kwartaalliks verskyn. Maar ons belowe om steeds propvol lekkerleesartikels, en kraakvars nuus en gebeure te wees. As jy bekommerd is dat jy lanklaas iets van Kruispad gehoor het, kan jy altyd by ons inloer op ons webblad www.kruispad.net of by ons facebook-groep aansluit en daar jou stem dik maak. Ons het verlede keer – met die Noag-uitgawe – met 'n nuwe reeks begin. In hierdie reeks wil ons graag na figure uit die Bybelgeskiedenis kyk. Wie was hulle, wat het hulle gedoen en ook wanneer het hulle geleef? Om jou te help hiermee, word ons middelblad gebruik om 'n tydlyn saam te stel. Aan die einde van die reeks kan jy al die tydlyne aanmekaar las om so 'n idee te kry van hoe die Bybelgeskiedenis nou eintlik verloop het. As jy dalk een van die tydlyne mis, kan jy dit op ons webblad gaan aflaai en print, of dit selfs gebruik as 'n background vir jou rekenaar. Nou ja, Aartsvaders … Wat beteken dit nou eintlik? Die Aartsvaders was die eerste manne – Abraham, Isak en Jakob – uit wie se nageslag Jesus uiteindelik gebore is. In hierdie uitgawe gaan ons bietjie na dié drie manne kyk en na die spesiale verhouding wat hulle elkeen met God gehad het. Ek hoop dat jy die Aartsvaders-uitgawe sal geniet. Laat weet ons gerus indien jy enige vrae of kwessies het waaroor jy graag meer in Kruispad sal wil lees.
Inteken opsies: Hernuwing R80 – 4 uitgawes
R120 – 6 uitgawes
Aantal persone waarvoor ingeteken word:
Tot volgende keer, Maureen
(Vir groepe van meer as 10 persone geld spesiale tariewe en moet 'n volledige adreslys aangeheg word. Stuur gerus 'n e-pos na inteken@kruispad.net of heg dit aan die intekenvorm)
Soli Deo Gloria!
Metode van betaling: Tjek
Stuur jou intekenvorm en bewys van betaling na een van die volgende adresse:
Posorder
E-pos: inteken@kruispad.net
Elektronies Kontant Ander
Faks: 086 656 6745 Slakpos: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Bankbesonderhede: Naam: GKSA-Admin buro t/a Kruispad Bank: ABSA Takkode: 632005
Datum van betaling ..............................................
Rekeningnommer: 670 140 040
Ek het van Kruispad gehoor by:
Gebruik as verwysing: 0562/004/(Naam en van OF Naam van gemeente)
Naam en van ....................................................... Sel no ..................................................................
Nadat jou bewys van betaling ontvang is, sal jy die daarop volgende uitgawes ontvang. Terme en voorwaardes geld. Kyk op www.kruispad.net vir meer besonderhede.
Posgeld is nie reeds betaal nie. Plaas asseblief die inskrywingsvorm in 'n gefrankeerde koevert en stuur dit na die Kruispad-adres.
4
5
God beweeg ons uit die comfort zone
er (GK Rietvallei)
ev
Werner van der He
I
n die geskiedenis van Abraham, gaan dit oor die vraag: Wat is geloof? Nie een van ons kan met sekerheid sê wat vir ons in die oorblywende deel van die jaar 2009 wag nie. Die meeste van ons sal graag ons behoeftes na die Here wil bring en sy seën daarop vra. Ek sal graag suksesvol by die werk of skool wil wees hierdie jaar. Ek sal graag my finansiële situasie 'n bietjie wil verbeter. Ek sal graag … ek sal graag … ek sal graag. Baie gelowiges sien geloof so. Geloof is volgens baie van ons 'n vertroue op God dat Hy aan my behoeftes sal voldoen. Wanneer ons na die geskiedenis in Genesis 22 kyk, begin dit baie vreemd. Die Here sê dat Hy Abraham op die proef wou stel. Ons kan dit ook vertaal met: Hy wou Abraham toets. En nou weet die meeste van ons dat 'n toets in wese nie 'n lekker ding is nie. Eksamen is van nature vir ons negatief. Toetse bring jou uit jou comfort zone. Maar niks in hierdie lewe kom by die toets wat die Here vir Abraham beplan het nie. Die Here ruk Abraham met 'n opdrag wat vreemd, onbegryplik en verskriklik is. Ons hoor hoe die Here hard en duidelik vir hom sê: "Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer …" (Genesis 22:2). Daardie woorde moes Abraham baie diep in die hart geruk het. Ons kan nie eers begin dink aan al die vrae wat deur Abraham se gemoed moes gaan nie. Vrae wat enige swak mens sou vra: "Hoe kan die Here so iets van my verwag? Ek en Sara het dan in afhanklikheid hierdie kind van die Here ontvang. God het dan aan my 'n groot nageslag belowe. Hoe dan nou, as Isak nie meer daar is nie? Hoe kan God so verskriklike ding van my vra?" Maar tog weet ons Abraham was God se getroue dienaar. Dalk het hy vir homself gesê:
66
KRUISPAD | UITGAWE 14
"God belowe 'n groot nasie, maar met die opdrag van Isak se dood, loop die Here dalk nou met 'n ander draai om die belofte te vervul. Die Here sal nooit sy beloftes verbreek nie." Die Here het in Genesis 12 ook 'n baie groot opdrag aan Abraham gegee. Hy het hom beveel om weg te trek van sy woonplek af sonder om te weet waar hy sou uitkom. En Abraham kon getuig dat die Here nog altyd voorsien het, waarom sal Hy dan nie nou ook weer voorsien nie? Maar waarom so 'n radikale opdrag? Waarom offer? Dit is tog ondenkbaar in vandag se tyd. 'n Offer was in daardie tyd die simbool van die hoogste prys wat betaal kon word. Die Here se doel was in die eerste plek nie werklik die offer van Isak nie, maar die groot geestelike offer wat Abraham moes maak. Isak was Abraham se alles en met die opdrag van die Here het Hy eintlik vir Abraham gevra of hy bereid is om alles vir die Here op te offer. Iemand het die ander dag gesê, en dit kon net sowel Abraham se woorde gewees het: "Al verstaan ek nie, vra ek, smeek ek – weet ek – die Here sal voorsien." Maar met die geloof dat die Here sal voorsien, het die pynlike pad nog voorgelê. Die hout kap, die donkie opsaal, die drie dae se reis deur die woestynlandskap, elke tree moes vir Abraham 'n voltering gewees het. Maar tog, te midde van sy pyn, het die geloof hom nie begewe nie. Na die drie dae se stap, lees ons dat hy die slawe en die donkie agtergelaat het. Maar hoor wat sê hy vir die slawe: "Wag hier met die donkie. Ek en die seun gaan daar aanbid, dan kom ons terug na julle toe," (Genesis 22:5). Die skrywer van die boek Hebreërs het eeue later, gedring deur die Heilige Gees, verstaan wat hier gebeur het. In Hebreërs hoor ons dat die skrywer sê: "Hy was
daarvan oortuig dat God by magte is om uit die dood op te wek," (Hebreërs 11:19). Hiermee sê die Here tog vir ons deur sy Goddelike woord dat Abraham vasgehou het aan die almagtige God van hemel en aarde wat selfs mag oor die dood het. En daarom, terwyl Moria hier voor hom gelê het, kon Hy – soos Dawid jare later – sê: "Ek slaan my oë op na die berge. Waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die Here." En toe Isak vir Abraham vra waar die lam is wat hulle moet offer, sê Abraham: "Die Here sal voorsien." Ja, en die Here het voorsien. Abraham noem die plek waar hy vir Isak moes offer, die Here voorsien. Maar ons weet ook van 'n ander Persoon wat 'n ander berg in Jerusalem moes oploop. Hy het die aand voor Hy die berg moes oploop bloed gesweet. En die volgende dag toe Hy met soveel fisiese pyn die heuwel Golgota moes oploop, was die ergste pyn wat Hy moes ly die wete dat sy Vader nie gaan voorsien nie. Daar gaan nie 'n ram in 'n doringbos vassit nie. Die Here gaan nie "Stop! Stop alles wat gebeur!" uitroep nie. Maar Jesus Christus word die Een wat die berg alleen en eensaam oploop, sodat Hy die hoogste prys kon betaal. Die apostel Johannes wat langs die kruis gestaan het, sê 'n paar jaar later in sy sendbrief: "Hieraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê," (1 Johannes 3:16) Kan ons ons so groot opoffering indink? Dit wat God die Vader van Abraham gevra het om te doen, het Hy bewustelik self gedoen. Hy het sy enigste Seun al die pyn en lyding laat deurgaan, sodat mense soos ons nooit daardie lyding hoef deur te gaan nie. Nooit weer hoef ons teen 'n berg in hierdie lewe op te stap en te wonder of die Here gaan voorsien nie. En daarom, al weet ons nie wat wag die res van die jaar vir ons nie, weet ons die Here sal voorsien. Ons weet Hy bly in beheer.
Daarom is geloof nie primêr 'n vertroue in God dat Hy in ons behoeftes sal voorsien nie. Maar geloof is 'n vertroue in God dat, wat ook al gebeur, Hy in beheer bly en Hy my ondersteun. Hy is op pad met sy koninkryk en met ons as mense, selfs al kan ek nie verstaan hoe die pad altyd loop nie. Geloof is om te weet ek is 'n bousteen in sy koninkryk en Hy sal my vorm sodat ek deel van sy werk sal word, al vra dit opofferings en hartseer. Dit is nie altyd so maklik om dit te sê en daaraan vas te hou nie. Ons gaan almal hierdie jaar weer 'n paar lewenstoetse skryf, maar die vraag is of ons saam met Abraham sal kan sê: "Die Here voorsien." Ons kan as Christene verder kyk as Golgota en die leë graf raaksien. Christus het die volkome offer vir ons geword. Op die berg Golgota het Hy vir ons kom wys dat God voorsien. Ons moet bewus wees daarvan dat die Here ons in die jaar wat voorlê soms uit ons comfort zone gaan laat kom om te toets hoe dankbaar ons is.
KRUISPAD | UITGAWE 14
7
Charl van Rooy (GK Randburg)
D
ie hele geskiedenis van Isak word gekenmerk deur 'n gelag! Nie net kry hy uiteindelik die naam "Isak" (wat in Hebreeus "hy sal lag" beteken) nie, maar vanuit sy hele lewe, selfs voor sy geboorte al, het daar telkens 'n gelag opgeklink. Sy geskiedenis begin met die Here se belofte dat Hy vir Abram "'n groot nasie" sal maak (Genesis12:2). Ons God is 'n God wat 'n verhouding met mense wil hê – sodat sy seën (verlossende teenwoordigheid) op aarde sigbaar kan word. Baie jare verloop, maar niks gebeur nie. Abram en Sarai bly kinderloos. Abram is ontnugter en teleurgesteld. God het nie sy beloftes nagekom nie en nou bars dit (verwytend?) oor sy lippe: "U het nie vir my 'n nageslag gegee nie. 'n Slaaf uit my huis sal my erfgenaam wees," (Genesis15:3). Nogeens bevestig die Here sy belofte en brei dit selfs verder uit: Abraham se nageslag sal sy eie nasaat wees en sy nageslag so talryk soos die ontelbare sterre in die hemelruim (Genesis15:4-5). In Genesis16 hoor ons iets van 'n moedelose sug: "Sarai het nog nie vir haar man Abram 'n kind in die wêreld gebring nie." En dan maak sy 'n voorstel (wat Abram ewe gemaklik mee instem) – 'n noodoplossing, of is dit 'n ongeloofsoplossing? "Gaan slaap by my slavin. Miskien bring sy 'n kind in die wêreld wat my eie kan word." God praat egter weer met Abram: "Jy moet jou vrou nie meer Sarai noem nie. Haar naam is nou Sara. Ek sal haar seën en vir jou 'n seun uit haar gee." God se beloftes van seën is uitdruklik verbind aan iemand wat uit Sara (en Abraham) gebore sal word. Hierdie aankondiging is vir hom net te onmoontlik om waar te wees – Abraham lag! "Toe het Abraham op sy knieë geval en hy het gelag en gedink: kan daar vir 'n man van honderd jaar 'n kind gebore word, of kan Sara wat negentig is, 'n kind in die wêreld bring?" Dis 'n lag wat iewers tussen geloof en ongeloof lê – ook 'n uiting van die spanning en frustrasie en ongeduld waarmee hy al so lank saamgeleef het! En dan volg die klimaks van die reeks geboortebeloftes – toe drie besoekers (engele as boodskappers van die Here) weer aan Abraham verskyn (Genesis18). "Ek sal beslis
"Omdat Isak geglo het …" 88
KRUISPAD | UITGAWE 14
volgende jaar hierdie tyd na jou toe terugkom, en dan sal jou vrou Sara 'n seun hê." Sara het by die tentopening gestaan en afluister … en toe "by haarself gelag." Wéér 'n lag uit ongeloof! Die onmoontlikheid van 'n kind op hulle ouderdom maak die aankondiging lagwekkend … vir haar! Toe die Here haar konfronteer oor haar gelaggery, skrik sy en ontken dit verleë: "'Ek het nie gelag nie.' … Maar die Here het gesê: 'Nee, jy het gelag.'" Ja, dis die skeptiese lag van die ongeloof! Maar is enigiets te buitengewoon vir die Here? Sara se ongeloofslag van 'n jaar gelede word nou beskryf as 'n lag van vreugde! Isak word gebore, presies soos die Here beloof het! Die reaksie van Sara in Genesis 21:6: "God het gemaak dat mense vir my lag: elkeen wat van Isak hoor, sal vir my lag," kan ook vertaal word met "saam met my lag". Al die ander mense deel in hierdie vreugde en lag saam met haar, want dit wat menslik-onmoontlik was, het waar geword! Die naam Isak, die kind van die "gelag", sal die geslagte wat kom eerder herinner aan God se trou en betroubaarheid, as aan sy ouers se ongeloof! Dié lag van blydskap word egter spoedig verander in ontsettende hartseer! Kort hierna kom die Here met 'n skrikwekkende opdrag na Abraham toe: "Vat jou seun, jou enigste seun Isak wat jy liefhet … en offer jou seun as brandoffer daar op een van die berge wat Ek vir jou sal aanwys," (Genesis 22). Daar kan geen onduidelikheid of onsekerheid oor wees nie – dit is die "kind van die gelag", vir wie hulle so lank gewag het! 'n Mens kan jou Abraham se verbystering voorstel: "Maar, Here, hoe dan nou? Wat van u belofte?" Tog vertel die Bybel ons niks hiervan nie! Kort en sober word die gebeure geskets – vroeg opstaan, opsaal, hout kap … en gaan! Miskien kan ons vir ons iets van die gespanne stilte voorstel – woorde tussen pa en seun wat opdroog, die vraende uitdrukking op Isak se gesig: "Pa, hier is die vuur en die hout, maar waar is die offerlam?" En Abraham se ewe sobere antwoord: "My seun, God sal sy eie offerlam voorsien". Abraham se antwoord beteken nie dat hy ligtelik gehoop het dat God nie ernstig was met die opdrag nie. Nee, eintlik het hy op hierdie oomblik reeds vir Isak "geoffer" – in sy hart! Hoe kon hy dit doen? Abraham het onthou, Isak was die kind van die "gelag" – die lag van God se trou en betroubaarheid! Sy geloof was nou gefokus op die God wat lewe uit die dood kan wek – soos Hy Isak laat gebore word het uit Abraham se "gestorwe liggaam en die doodsheid van Sara moederskoot" (letterlike vertaling van Romeine 4:19)! Abraham se geloof het die "toets" deurstaan – Hy het gewys dat God alleen genoeg is vir sy geloof, en nie bloot dit wat God gee nie (Hebreërs11:17-19)! God het daardie dag 'n offerlam in Isak se plek voorsien! Daarna was Isak se lewe 'n toonbeeld van iemand wat in hierdie geloofsverhouding met God leef! Abraham het daarvoor gesorg. Hy het seker gemaak dat Isak met 'n vrou uit sy familie in die land Haran trou, en nie met 'n meisie van die heidense Kanaäniete nie (Genesis 24:3, 4). So 'n huwelik (met 'n ongelowige) kon veroorsaak dat Isak (en sy kinders) God dalk sou vergeet. En toe sy vrou, Rebekka, ook kinderloos bly (soos sy ma Sara), bid hy tot God … en die Here het sy gebed verhoor. Twee seuns is vir hulle gebore, Jakob en Esau. Isak het geglo in God se lewewekkende krag! Die Here het Isak se geskiedenis vir ons in die Bybel laat opteken, sodat jy ook kind van die "gelag" kan wees: Nie die "gelag" van 'n skeptiese beterweter nie. Nie 'n "lag" uit ongeloof nie! Maar 'n "gelag" van vreugde oor die betroubaarheid van die troue God, oor lewewekkende krag van God, wat nuwe lewe uit die doodsheid van jou lewensomstandighede kan wek, oor God Self wat die seën van sy verlossingsplan vir jou lewe waar sal maak – deur Jesus Christus!
KRUISPAD | UITGAWE 14
99
I
n Genesis 25 – 36 (behalwe hoofstuk 26) lees ons die geskiedenis van Jakob, die kleinkind van Abraham. Hy is die kind deur wie die geslagslyn van Abraham voortgesit word – en hy is dus die oor-oor-oor-oorgroot-oupa van Jesus (aan Jesus se menslike kant). Wanneer 'n mens hierdie geskiedenis lees, kry jy dadelik geweldige probleme! Jakob is 'n bedrieër, hy gaan so tekere dat daar mense is wat vra: "Hoort sulke verskriklike vehale regtig in die Bybel?" 'n Sekere geleerde het selfs gesê dat hy dink hierdie stories van Jakob is net in die Bybel opgeneem sodat die Joodse pa's en ma's dit vir hulle kinders kan vertel, en die kinders dan lekker kan lag vir oupa Jakob wat oom Esau so 'n lekker poets gebak het! Esau se nakomelinge is mos die Edomiete, wat so erg deur die Jode gehaat is. Al is daar 'n snaakse soort humor in hierdie vertellings oor Jakob, is die belangrike daarvan juis dit wat die Here van Homself bekendmaak in hierdie vertelling.
Jakob, die bedrieër
In die tyd van die Ou Testament het mense hulle kinders name gegee wat iets oor die ouers, die kinders of die omstandighede tydens die kind se geboorte gesê het. Jakob se naam hou verband met "hakskeen", omdat hy die tweede van 'n tweeling was. Hy het as't ware met hulle geboorte aan die hakskeen van sy boetie (Esau) vasgehou. Dit hou egter ook verband met 'n woord wat "bedrieër" kan beteken! Dit is juis hierdie kant van hom wat in sy latere lewe uitgekom het.
'n slinkse manier by Isak gekry het. Daardie nag raak hy, doodmoeg, aan die slaap, en droom. Baie keer gebeur dit dat mens droom van die dinge wat op jou gemoed lê – en 'n mens sou verwag dat Jakob moes droom van goed wat hom jaag, van die dood en al sulke dinge. Hy droom egter heeltemal iets anders! Hierdie droom is 'n droom wat deur God in sy gemoed gegee word, en nie uit sy eie gees opkom nie. Ons ken die droom – nie 'n leer nie, maar 'n groot stel trappe verbind die plek waar hy slaap en die hemel. Engele gaan op-en-af met die trappe. God is hier teenwoordig – nie omdat dit 'n "poort" na die hemel toe is nie, maar omdat Hy Homself hier bekend maak aan Jakob. Hy maak Homself toeganklik. Later is daar selfs 'n heiligdom (kerkie) daar opgerig. Dit is juis in hierdie kontak wat God met Jakob maak dat die belangrikste les oor die Here na ons toe kom: Dit is nie omdat Jakob so 'n wonderlike mens is dat die Here na hom toe kom nie. Jakob was nie eers vreeslik jammer oor sy oorhaastigheid en al die sondes wat hy in die proses gedoen het nie. Nee! Die Here kom na hom toe terwyl hy 'n vreeslike sondaar is. Hoekom? Omdat dit die Hére is wat ons kies, nie ons wat Hóm kies nie. So is dit ook met my en jou! Hy kies ons, en maak dat ons sy roepstem hoor. Soms deur gelowige ouers, soms deur vriende of ander familie, soms selfs deur 'n tydskrif soos hierdie. Gelukkig hoef ons nie eers heilige wesens te wees voor Hy ons roep en kies nie – nee, Hy vat ons net soos ons is!
Braam Krüger (GK Benoni) Die Here het reeds vir Rebekka (sy ma) gesê dat hy (Jakob) die hooferfgenaam van Isak sou wees. Hy (en sy ma) was egter nie tevrede nie! Hy het nie kans gesien om op die Here te wag nie. Hy wou eerder sake in sy eie hande neem. Die Here was te stadig vir sy smaak. Eers het hy Esau se honger misbruik om hom sy eersgeboortereg te laat verkoop vir 'n bord lensiesop! Daarna gaan hy tot vreeslike uiterstes (vel van bokkie om sy hande, ensovoorts) om sy ou, blinde pa te laat dink dat hy eintlik Esau is – en so seën Isak vir Jakob met die eersgeboorteseën! Daarna word hy self bedrieg deur Laban – wat hom met sy ander dogter laat trou, nie die een waarvoor hy sewe jaar lank gewerk het nie – en Jakob kry vir Laban (sy skoonpa) weer terug deur 'n truuk wat veroorsaak het dat hy meer skape gekry het as wat hy moes. Ja, Jakob is 'n regte bedrieër. 'n Paar keer moes hy vlug vir mense wat wou wraak neem op hom. Hy het in vrees vir sy tweelingboetie geleef. Een van die belangrikste lesse van die Jakobsgeskiedenis is dat 'n mens op die Here kan vertrou. As Hy beloftes maak, hou Hy dit. Om sake in jou eie hande te neem, is eintlik 'n teken van kleingeloof. Kom ons wees meer prakties. Ons almal wil graag gelukkig wees. Maar ons is dikwels ook nie bereid om te wag dat die Here die regte tye en mense en omstandighede op ons pad bring nie, en dan volg ons maar ons eie planne vir geluk – en doen so verkeerde dinge, kry die verkeerde ou/meisie, maak verkeerde planne, dobbel om gou ryk te word, ensovoorts.
Bet-El
Dit is juis hier waar ons hom in Genesis 28:10 – tydens een van sy vlugtogte – aantref! Hy vlug vir sy lewe! Sy boetie wil hom doodmaak omdat hy die eersgeboortereg op so
10
KRUISPAD | UITGAWE 14
Jou trappe
Nou kan jy vra: "Waar is die trappe na die hemel in my lewe?" In Hebreërs 1:1&2 sê die Bybel: "In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun." God is toeganklik deur Jesus. Die Heilige Gees werk in ons, juis om ons te laat verstaan dat Jesus ons "trap" na en vanaf God is. Dít is ook nie iets wat deur mense uitgedink is nie, maar deur God in ons bewerk is!
Jakob se uiteinde
Die spasie ontbreek om alles oor Jakob te vertel. Sy lewe na Bet-El was nog steeds nie een van baie wysheid en gehoorsaamheid nie. Jare later moes hy eers met 'n engel van die Here baklei by die Jabbokrivier. Dan word sy naam verander na Israel – die naam van God se spesiale volk, en wat iets beteken soos "God se stryder/soldaat". Ja, uit hierdie sondige man – die Bybel teken hom in al sy swakheid en sonde – kom die volk waaruit Jesus gebore is te voorskyn. In Hebreërs 11:20 staan daar "Omdat Isak geglo het, het hy Jakob en Esau geseën met die oog op die toekoms". Jakob het geweet dat die Here sy beloftes gestand doen – en daarom gee hy sy seën aan sy seuns – in die wete dat die Here met hulle sal uitvoer wat Hy beplan het. Wat jou geskiedenis ook al is/was, die Here wil ook van jou 'n stryder vir Hom maak. Gaan Hy met jou ook so moet sukkel soos met Jakob? Of gaan jy leer uit die foute van Jakob en die regte besluite neem?
KRUISPAD | UITGAWE 14
11
SENDINGHULP
e k r e k T O G I T O L Die WOTA oom-Noord)
Karel Steyn (GK Potchefstr
12
KRUISPAD | UITGAWE 14
KONSEP
H
et jy al ooit probeer uitfigure watter kleur 'n verkleurmannetjie op 'n Smarties boksie is? Dit is min of meer dieselfde gevoel wat 'n mens kry wanneer jy oor die Emerging Church begin lees. Daar is 'n paar verskillende name wat gebruik word en soms lyk dit vreeslik deurmekaar. Die rede hiervoor is dat die Emerging Church nie 'n denominasie of kerkverband is nie, maar 'n beweging! Daarom bly dit nie lank dieselfde nie, maar verander dit die hele tyd. So, om verwarring te voorkom, gaan ek gou eers die verskillende name verduidelik wat gebruik word. Die Emerging Church is 'n beweging van Christene wat op 'n kontekstueel-relevante manier God aanbid en dien. Die fokus van baie van hierdie gemeentes se bediening is sending en die uitleef van hulle geloof in die kultuur waarin hulle leef. Die Emerging Church het nie 'n gemeenskaplike kerkorde of -leer nie, maar vind hulle eenheid in die Hoofskap van Jesus oor die Kerk. Binne die Emerging Church kry ons die Emergent Village. Die Emergent Village is 'n groep leiers in die Emerging Church wat byeenkomste reël. Tydens hierdie byeenkomste word daar toerusting gegee en word daar oor onlangse veranderinge in die kerk en in die algemene Christelike leer gepraat. Die Emergent Village is egter nie die "sinode" van die Emerging Church nie en daarom neem hulle nie besluite op hierdie vergaderings nie. Besluite word deur die plaaslike kerke geneem en uitgevoer soos wat hulle voel die Heilige Gees hullle lei. Van die leiers van die Emergent Village het al shaky uitlatings oor sekere kernwaarhede van die Christelike geloof gemaak, soos die Godheid van Jesus en sy opstanding. Om egter die hele Emerging Church op grond van die uitsprake van 'n paar mense af te wys, is net so goed soos om die hele GKSA af te wys oor 'n onbybelse uitlating deur een of twee van die GKSA se predikante.
Wanneer daar na die Emerging Church gekyk word, kan ons ses algemene geloofspraktyke identifiseer wat in 'n mate in die gemeentes se sending weerspieël word: 1. Identifikasie met die lewe van Christus en 'n fokus op die koninkryk van God. Met hierdie geloofspraktyk word daar gesê dat die mens op aarde is ter wille van die koninkryk van God en nie net om kerk te wees nie. 2. Die eenheid tussen die fisiese en geestelike lewe word gevier deurdat die "sekulêre" ook as deel van die lewe van die gelowige gesien word. 3. Verhoudings ontvang baie klem in die Emerging Church. Lidmaatskap word nie gemeet aan jou naam op 'n lidmaatregister nie, maar deelneem aan die gemeente-aktiwiteite. Om hierdie rede speel kleingroepe en ook samekomste op ander tye van die week 'n belangrike rol. 4. Christene is vreemdelinge en bywoners in hierdie wêreld en daarom moet daar ook 'n openheid teenoor vreemdelinge wees. Matteus 25:31-46 speel 'n belangrike rol. Wat baie besonders is, is dat die Emerging Church nie 'n onderskeid tussen gelowiges en ongelowiges maak nie, maar van Christene en pre-Christene of nog-nie-Christene praat …
Die Missional Church is die volgende groep. Tog is hulle nie almal deel van die Emerging Church en sien hulle almal hulself ook nie as deel van die Emerging Church nie. Die Missional Church is kerke wat op sending gerig is en wat besef dat die verkondiging van die Evangelie en die uitbreiding van die koninkryk van God die doel van die kerk is. Om hierdie rede is die Missional Church nie 'n kerkverband nie, maar 'n beweging. Predikante soos Louis Giglio en Andey Stanley sien hulself as deel van die Missional Church. Maar siende dat hierdie 'n sendingartikel is, is die vraag seker of ons sending onder mense in die Emerging Church moet doen? My antwoord is nee, tensy die persoon in die Emerging Church waarmee jy te doen het die verlossing in Jesus Christus ontken. Om met iemand oor verskille in leerstellings en aanbiddingsmetodes te redeneer, is nie sending nie, maar 'n geloofsgesprek oor verskillende opvattings in dieselfde geloof. Dalk moet ons eerder gaan kyk na die metode van sending wat die Emerging Church gebruik en vra of ons nie dalk iets by hulle kan leer nie. Dit is egter nie so maklik nie, omdat daar nie 'n algemene manier van doen is nie. Wat ons wel kan sê, is dat die Emerging Church in hulle konteks relevant is. Dit is dalk die eerste ding wat ons by hulle kan leer, naamlik dat ons die persoon aan wie ons sending doen in sy kultuur moet bedien. Ons moet vir hom/haar wys hoekom die Christelike geloof in sy/haar kultuur relevant is en hoe om dit in sy/haar kultuur uit te leef. Paulus is vir ons 'n wonderlike voorbeeld hierin. Hy het nie die mense wat onder sy bediening tot bekering gekom het uit hulle kultuur gehaal nie, maar hy het vir hulle gewys hoe om hulle geloof in hulle konteks uit te leef, sodat hulle ook ongelowiges vir Christus kon wen! Hy het vir die Grieke 'n Griek en vir die Jode 'n Jood geword.
Stuur gerus 'n e-pos na sending@kruispad.net met enige vrae of opmerkings.
5. Om ander te dien, is deel van aanbidding en sending en daarom moet diensbaarheid sonder bymotiewe wees. Dit is ook deel daarvan om kontekstueel relevant in die gemeenskap te wees en om 'n positiewe verandering te maak in die gemeenskap wat dors na Christus se liefde. 6. Die kreatiwiteit van die mens is deel van die beeld van God omdat God self kreatief is (kyk byvoorbeeld na die Skepping), daarom word daar in die gemeente plek gemaak vir lidmate om hulle kreatiwiteit aan te wend as deel van die aanbidding en sending van die gemeente. Wanneer ons na die Emerging Church kyk, kan ons by hulle leer dat ons sending relevant moet wees aan die konteks waarin ons sending doen en dat ons versigtig moet wees om nie enigiets nuut net af te skiet nie, maar dat ons eerder moet vra wat ons daaruit kan leer. Mag ons elkeen besef hoe relevant die koninkryk van God en die evangelie vir ons elkeen in ons eie konteks en kultuur is! Gaan loer bietjie op die web: www.friendsofmissional.org en www.emergentvillage.com.
Die twee visse dui op die Christelike simbool vir gelowiges. Wanneer mens na die Emerging Church kyk, kry jy met die eerste oogopslag 'n idee van 'n 'bont' groep wat so dikwels in hulself verander dat hulle nie presies weet wat hulle identiteit is nie, maar as mens nader kyk, kan mens sien dat hulle ook hul identiteit in Christus vind en Hom net op 'n ander manier dien as die manier waaraan ons dalk gewoond is.
KRUISPAD | UITGAWE 14
13
D
aar is een Moslemstam in die suidelike Filippyne wat geweldige toewyding aan Islam openbaar. Wanneer Islam op enige wyse bedreig word, sal hulle vinnig van wapens gebruik maak om dit te verdedig. Diegene binne hierdie stam wat tot bekering gekom het, het dit teen 'n hoë prys gedoen. Selfs diegene wat Jesus met hulle deel, kom voor dieselfde risiko's te staan. Een gelowige paartjie met 'n Moslemagtergrond is van dié wat besluit het dat hierdie risiko's die moeite werd is. Nadat Darion & Niena 'n Bybelkursus in 2005 'n Bybelkursus voltooi het, het die Here hulle met die begeerte vervul om hulle eie mense in die suidelike Filippyne te bereik. Niena is 'n verpleegster in 'n gesondheidsentrum en in hierdie hoedanigheid kan sy op 'n daaglikse basis 'n paar mense ontmoet waarmee sy gesels oor Christus en sy Woord. Haar pasiënte is meestal arm. Aan dié wat nie die medisyne of haar dienste kan bekostig nie, bied sy dit verniet aan. Meer nog, sy deel haar geloof met hulle. Haar man, Darion, 'n vryskutelektrisiën, kom deel ook sy geloof met Niena se pasiënte en kollegas. Hulle eenvoudige en vriendelike evangelisasie het vrugte afgewerp. Van Niena se kollegas en pasiënte het ook tot bekering gekom. Darion & Niena het 'n Bybelstudiegroep begin wat bestaan het uit gelowiges met 'n Moselmagtergrond, asook gelowiges wat hulle simpatiek gesind is. Hulle het in die geheim op Saterdagmiddae in Niena se kantoor bymekaargekom. Almal het sterker in die geloof geword. Kort voor lank is 'n toegwyde Moslem egter as die sentrumhoof aangestel. Niena se byeenkomste is ontdek en verbied. Niena moes nou buitekant by 'n klein tafel en stoel haar pasiënte sien. Enige kollega wat daarvan verdink is dat hy/sy tot bekering gekom het, mag nie met Nina gekommunikeer het nie. Tog hou Niena en Darion nie op nie. Hulle besoek nou hul vriende by hulle huise. Dit het die gelowiges verskriklik bemoedig. Niena het onlangs haar ou kantoor teruggekry en alhoewel hulle nie meer as 'n groep daar mag vergader nie, kan sy weer voortgaan om vir haar pasiënte te bid. Hulle Bybelstudiegroep bestaan tans uit 19 gelowiges.
Vir verdere inligting rakende vervolgde Christene, besoek Geopende Deure se webwerf by www.opendoors.org.za of skakel hulle hoofkantoor by 011 888 9341.
14
KRUISPAD | UITGAWE 14
Tjaart van der Walt (GK Stellenbosch)
H
oekom is daar so baie depressiewe mense in die wêreld? 'n Mens kan argumenteer dat dit die politieke situasie in ons land is, dat jongmense voel hulle het geen toekoms in Suid-Afrika nie. Ons kan die wêreldresessie of morele verval blameer, maar uiteindelik is daar 'n meer fundamentele rede: Die mens is depressief omdat hy 'n slaaf van die sonde is. "Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van die vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet," (Genesis 3:6). Hierdie enkele versie het die ganse geskiedenis van die mensdom verander. Adam en Eva se sonde is nie bloot dat hulle die vrug geëet het nie, maar dat hulle God verontagsaam het. Inderwaarheid spoeg hulle in God se gesig deur Satan bo God te vertrou. Die gevolg van hierdie sonde is dat God presies doen wat Hy belowe het: Hy straf die mens met die dood. Hierdie straf ruk die mens vanuit 'n lewe van volmaakte liefde, vrede en geluk na 'n lewe van haat, pyn en swaarkry. Die storie sou hier geëindig het as God nie so passievol oor sy skepping was nie. Deur Christus se kruisiging oorwin God sy toom (sy kwaadwees oor sonde) deur sy liefde, en breek Hy die dood se mag oor my en jou. Hoe sou jou lewe verander het indien Christus nie vir jou sonde gesterf het nie? Toe die Britse ateïs, Bertrand Russell, gevra is waaraan hy kan vashou in die lewe, het gesê: "I have nothing to hang on to, save grim unyielding despair."
Johannes, wanneer hy die boek Openbaring skryf, is nog 'n dramatiese voorbeeld van iemand wat die verskriklike realiteit van 'n wêreld sonder Christus ervaar: "Toe het ek 'n sterk engel gesien wat met 'n harde stem uitroep: 'Wie is waardig om die boek oop te maak deur die seëls daarvan te breek?' Maar niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde was in staat om die boek oop te maak en daarin te kyk nie. Ek het baie gehuil omdat daar niemand gekry is wat waardig was om die boek oop te maak en daarin te kyk nie," (Openbaring 5:2-4). Indien die Darwiniste reg is dat die heelal blote toeval is, dat ons bestaan te danke is aan atome wat ewekansig rondbons, is depressie en fatalisme die enigste rasionele reaksie. Indien Christus se kruisiging en opstanding 'n mite is soos sekere gnostici aanvoer, moet ons almal huil, want dan is daar geen hoop op 'n nuwe lewe waar daar geen sonde en dood meer is nie. Maar nou: Christus het vir ons gesterf! Terwyl Johannes nog huil, word hy getroos met hierdie wonderlike boodskap: "Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak," (Openbaring 5:5). Daar is dus vir my en jou geen rede om depressief te wees nie, want die Leeu uit die stam van Juda het die dood oorwin. Is jy hartseer, moeg en teneergedruk? Droog jou trane af, en dink aan die kruisiging en opstanding van Jesus Christus. Moenie hierdie blye boodskap vir 'n oomblik vergeet nie!
GETUIENIS
KRUISPAD | UITGAWE 14
15
Die mens wik … Wat reeds gebeur het
C
ALVYN vlug as jong man halsoorkop vir sy lewe. Sy oortreding? Hy het help skryf aan die rektorsrede van sy vriend, Nicolas Cop, die jeugdige rektor van die universiteit in Parys (gehou op 1 November 1533). Weens die reformatoriese (Bybelse) inhoud van hierdie lesing, loop hy wat Calvyn is ook die gevaar om soos ander gevang en moontlik tereggestel te word. Terwyl hy op vlug is, gebruik hy 'n tyd lank verskillende skuilname, byvoorbeeld Charles d'Espeville, Passelius of Lucianus. Hierdie skuilname wat hy ook in briewe gebruik, is nie soseer altyd vir sy eie veiligheid nie, maar dikwels in skrywes aan vriende of geesgenote om hulle te beskerm. Dit was 'n gevaarlike tyd en om reformatories te dink, was genoeg rede vir die doodstraf!
Underground– 'n lewe ondergronds CALVYN besoek 'n tydjie later, onder groot gevaar, weer Frankryk stilletjies vir persoonlike sake. In Parys brand die brandstapels. Die rook van verbrande liggame hang in die lug. Gereformeerdes vind 'n vreeslike dood onder die vervolging van die Roomse Kerk wat weer opnuut ontbrand. Sedert die einde van 1534 woon hy dan in die stad Basel. Daar verdiep hy hom verder in die Skrif. En hy skryf aan 'n boek. Die boek was in 1535 klaar en het die volgende jaar verskyn. Dit was nie sy eerste boek nie, maar wel die eerste wat so skielik, van die een dag tot die volgende, hom bekend sou maak. 'n Boek wat nie net oornag 'n topverkoper word nie, maar later ook een van die belangrikste boeke van die wêreldgeskiedenis: die Institusie. Maar, om aan te sluit by die laaste vraag van laasmaal: Wat maak hierdie man, wat skaars 'n halwe eeu geleef het, só belangrik, dat daar vanjaar dwarsoor die wêreld, in Asië, in Noord- en Suid-Amerika, in Europa, Afrika en Australië, aan sy geboorte, op 10 Julie 1509 in die dorpie Noyon, Frankryk, gedink word? Om op hierdie vraag in te gaan, staan ons 'n bietjie stil op 'n paar stasies van sy lewensreis.
Die paparazzi slaan toe HY het wel nie van Hollywood af gekom nie, en hy was ook nie een of ander sportster nie, maar hier in die somer van 1536 (in Europa is dit somer wanneer ons in Suid-Afrika winter het) was die bekendheid van die jong skrywer Calvyn al van só 'n aard, dat hy dit nie kon regkry om incognito – anoniem, as onbekende – onopvallend sy reis na Straatsburg voort te sit nie. Van nature was Calvyn skaam. Hyself sou dit later skryf. Hy was, om dit konkreet uit te druk, geen Brad Pitt of Tom Hanks nie, ja ook geen Barack Obama of George W. Bush, wat nie sou omgee om in die openbaar gesien te word, of wat selfs geleenthede opsoek om voor die publiek op te tree nie. Van sy kant af wou die jong geleerde die kalklig, die skerp strale van die openbare lewe, liewers vermy. Sy lewe lank sou hy altyd weer self daarna verwys dat sy persoonlikheid eerder skugter is. As hy kon kies, sou hy nie ge-google wou word nie. Dit was nie sy aard om deur middel van een of ander blog of deur 'n webkamera of Facebook homself aan die wêreld bloot te stel nie. Opvallend min is dan ook die persoonlike gegewens wat ons van Calvyn het, in teenstelling met ander beroemde Reformatore soos Martin Luther (1483-1546), Ulrich Zwingli (1484-1531), Philipp Melanchthon (1497-1560), Martin Bucer (1491-1551), Heinrich Bullinger (1504-1575) of John Knox (1514-1572).
… maar God beskik MAAR op pad na Straatsburg, terwyl Calvyn nog gemoedelik in Genève in 'n herberg sy ete wil nuttig, storm 'n sterk vurige man met 'n wuiwende rooi baard skielik die herberg binne. Dit is Guillaume Farel, die predikant onder wie se leiding die stad kort vantevore tot die Reformasie oorgegaan het. "Monsieur Calvin!" Calvyn se moed sak in sy skoene. Sy hoop om nie herken te word nie, blyk verby te wees. Onmiddellik spreek Farel, met sy dinamiese, kragtige stem, Calvyn dringend verder aan. En hy kry die onverwagse, ja, bykans onmoontlike, reg. Met verwysing na sy roeping deur die Here dwing hy Calvyn as't ware om in Genève te bly, om te help met die verdere reformasie van die stad, om vir hulle die Skrif te kom uitlê …
Die Here roep Van Italië via Parys na Genève DIT is Julie, 1536. Kort vantevore was die jong Jean Calvin, weer onder die skuilnaam Charles d'Espeville, in Italië op besoek in Ferrara by Hertogin Renata (Reneé de France, 1510-1574), dogter van die vroeëre Franse koning, Lodewyk XII (1462-1515). Haar oorlede suster was met Frans I (koning van Frankryk vanaf 15151547) getroud. Sy was die reformatoriese saak goedgesind en Calvyn kon baie geesgenote daar sien. Op druk van Roomse kant moes hy en andere egter weer weg uit Ferrara. Intussen was hy nog vinnig weer in Frankryk. 'n Amnestietyd van ses maande om "ketters" (met ander woorde gereformeerdes) die kans te gee om terug te keer na die "Kerk" (= die Roomse Kerk) het 'n laaste persoonlike besoek aan vriende in Parys moontlik gemaak. Daarvandaan vertrek Calvyn saam met sy broer Antoine en sy suster Marie na Straatsburg – in daardie stadium 'n Duitse reformatoriese stad waar hy veilig sou wees. Sy ideaal is om hom in rus en stilte in sy studie- en skryfwerk te kan verdiep. Die Here beskik alles egter anders. Oorlog het tussen Keiser Karl V en Koning Frans I (Frankryk) uitgebreek. Calvyn-hulle se weg na Straatsburg is deur troepemagte versper. Hulle moet 'n ompad neem. Die ompad gaan via Genève …
'n Lewenslange bittersoet verbintenis begin ná hierdie – vir Calvyn – traumatiese gebeurtenis. Aan die een kant, die beroemde, selfstandige Switserse stadstaat met sy trotse eeue-oue geskiedenis – aan die ander kant die teruggetrokke, jong skrywer en vlugteling. Nie eers sy reis daarlangs was uit vrye wil nie. Oppervlakkig sou dalk beweer word dat Calvyn "toevallig" in Genève beland het. Die gelowige, wat glo dat die Here alles in die fynste besonderhede beskik (Efesiërs 1, Romeine 8:28, Heidelbergse Kategismus Sondag 9 & 10), weet beter: Die God wat hemel en aarde gemaak het, het Calvyn se pad nie net soontoe gelei nie, maar het dit ook só beskik dat hy juis dáár vir die grootste gedeelte van sy lewe as Woordbedienaar die evangelie sou verkondig – en dat daardie verkondiging en die effek daarvan spoedig oor alle grense heen, die hele wêreld oor, sou klink, ook nog 500 jaar later. Volgende keer: 'n Debatskompetisie maak Calvyn nog beroemder. En, Calvyn word weer verban – dié slag uit Genève. Maar hy leer ook ander vreugdes en smarte van die lewe ken. Die liefde van 'n huweliksmaat; die oop graf van 'n eie kindjie …
Victor E. d'Assonville (GK Marble Hall; Akademie für Reformatorische Theologie, Hannover; Instituut vir Klassieke en Reformatoriese Studies, Bloemfontein.)
16
KRUISPAD | UITGAWE 14
KRUISPAD | UITGAWE 14
17
van die kerkleiers nie Engels magtig is nie. Die mense in Afrika is storievertellers en leer sterk met beelde. Ons het dus baie gewerk met beelde en het daarvoor baie foto's geneem en ingewerk in die lesings. Die plaas waar die opleiding plaasgevind het, was in die "bos". Dis nog nie ten volle ontwikkel nie, want ontwikkeling kan net gebeur wanneer daar geld is. Ons het dus vir die twee weke in 'n baie mooi stukkie bos, sonder elektrisiteit (die kragopwekker is net tydens lesings en vir lig in die aande ingespan) en sonder lopende water, gewoon. Ons het vinnig geleer om elke oggend te skottelbad met drie liter water tussen die twee van ons en het selfs later nog genoeg water oorgehad om die nodigste klere ook te kon uitspoel! Die beskikbare water was 'n ent weg van die plaas af, langs die pad, en moes met kanne geskep word. Dit laat 'n mens sommer weer van vooraf dankbaar voel vir die klein en amper vanselfsprekende voorregte, soos skoon lopende water, wat ons almal het! Uganda was 'n ervaring wat baie verrykend was. Om saam met gelowiges van 'n ander land, taal en kultuur te kan wees, bid en sing laat 'n mens dink aan Openbaring 7: "… uit elke stam en taal en volk en nasie." Wat 'n voorreg om so in God se Koninkryk te mag dien!
Santie Lourens (Kruispad-redaksie)
J
ohannes is 'n boerseun met Engelse agtergrond. Hy het in Durbs grootgeword, op Potch geswot en by Eersterivier in die Kaap sy Noordwes-meisie ontmoet. Johannes is baie lief vir Afrika en die buitelewe en het 'n passie vir die uitbreiding van God se Koninkryk, daarom is dit nie 'n verrassing dat hy by die TOPIA-bediening betrokke is nie. Kruispad het by Johannes gaan aanklop om meer hieroor uit te vind.
Wat presies is TOPIA en ook jou betrokkenheid daarby?
TOPIA is 'n afkorting vir Toerusting van Predikante in Afrika. Die geweldige groot nood en tekort aan opgeleide kerkleiers het 'n klompie gemeentes en individue se harte aangeraak. Ons wou in Afrika 'n verskil maak en het in kinderlike afhanklikheid tot die gevolgtrekking gekom dat die opleiding van kerkleiers die effektiefste manier is om na buite uit te reik. Daar is drie doelwitte: opleiding van kerkleiers, ondersteuning en opleiding van die opleiers van kerkleiers, en om kerke te mobiliseer en aan te spoor om self by die opleiding van kerkleiers betrokke te raak.
Hoe het jy betrokke geraak by dit wat jy nou doen?
Die kort antwoord: God het 'n plan met elkeen van ons se lewens. Hy het my deur ervarings (slegtes en goeies) voorberei om my passie en my lewensdoel te ontdek. Toe Hy my roep, het ek geluister. Het ek vooraf geweet? Nee, nie in my wildste drome nie, dit is 'n reis saam met God.
Wat is die behoeftes vir hierdie tipe bediening en wat kan lesers doen om betrokke te raak of te help?
Ja, ek het gaan opleiding doen in 'n landelike gebied daar in Uganda. Die kerkleiers wat ek help oplei het, het vir twee weke saam met ons op 'n plaas kom woon vir die opleiding. Dit was wonderlik om die ywer te aanskou en te beleef, asook die wil en ywer om te leer. Omstreeks vyfuur in die oggende is almal al wakker en gereed om met gebed en stiltetyd die dag te begin. Teen elfuur die aand sit almal nog en deel hoe God in hul lewens werk. Ek het die opleiding vreeslik geniet en saam het ek en Lizanne, my vrou, hard gewerk om die skyfies vir die lesings in Luganda, die amptelike landstaal, te vertaal. Die opleiding word deur 'n tolk gedoen aangesien baie
Indien jy nog nie seker is oor wie jy is en waarheen jy op pad is nie, moenie moed opgee met jouself nie. Jou Hemelse Vader sal die werk wat Hy in jou begin het enduit voltooi (Filippense 1:6). Hy is lief vir jou. Hardloop altyd na Hom toe.
Voel jy dat die bediening suksesvol is?
Daar is nog soveel werk! Die oes is baie en gereed, en die arbeiders min. Maar ek is oortuig daarvan dat ek my roeping uitvoer en die Here is so goed. Hy seën absoluut die bediening. Die Here het sy werkers wat hy van oral roep om te help met die opleiding van kerkleiers.
Wat doen jy vir ontspanning?
Ek en my vrou doen sover moontlik alles saam. Ons hou van buite wees, kamp graag en kyk saam voëls. Dis 'n stokperdjie wat ons doelbewus gekies het pas na ons troue amper dertien jaar gelede, sodat ons 'n stokperdjie het wat ons saam kan beoefen. Vakansietye kan ek ook natuurlik dae omlees aan 'n goeie boek.
Wat is jou lewensfilosofie?
Hou dinge eenvoudig en lag gereeld en lekker.
Wat kry jou in die oggend uit die bed uit?
Die sonsopkoms, wanneer die sonstrale die rotsformasie buite ons kamervenster (die gordyne bly daarvoor oop!) vol oranje en rooi verf.
18 18
KRUISPAD | UITGAWE 14
Volg jou Here Jesus Christus na, leef soos Hy op aarde geleef het. Hy het van sy Hemelse Vader 'n lewensroeping ontvang en sy lewensroeping suksesvol voltooi. Begin, doen en voltooi jóú lewensroeping biddend onder leiding van die Heilige Gees soos wat jou Here gedoen het.
Wat is jou boodskap aan lesers van Kruispad en ander jong Chistene vandag?
Daar is 'n geweldige groot behoefte. Tot 90% van die predikers wat eerskomende Sondag in Afrika gaan preek, het geen opleiding nie. Jou liefde vir God, sy Woord en sy wêreld het jou toegerus om 'n verskil te maak. Baie van ons jongmense se verstaan van God en sy Woord is meer as dié van hierdie kerkleiers. Jy kan self help met opleiding of kan jou kerk inspireer om by opleiding van kerkleiers betrokke te raak. Reël 'n kreatiewe en lekker aksie om fondse in te samel en benut die fondse om die opleiding van kerkleiers te bevorder.
Julle was onlangs in Uganda – vertel bietjie meer daarvan?
Het jy enige raad vir jongmense van vandag wat 'n sukses van hulle lewens wil maak?
Fliek Kos Kar Afrika-land Boek Bybelvers Sê-ding Plek in Suid-Afrika Bordspeletjie Tydverdryf
Dead Poet's society Braaivleis Toyota Land Cruiser Die hele Afrika Mark of The lion-trilogy, Francine Rivers Esra 7:10 Sien jou in die boom … as die tak breek ónder die boom. (Vertaal: sien jou later) Kalahari Kollonisten van Katan Voëlkyk
Borsel of flos Noot vir Noot of 7e Laan Stort of Bad Beplan of Doen Groente of Vrugte Disney of Hollywood Liefde of Geld Bosveld of See DVD of Big Screen Maaggriep of Tandpyn
Borsel Noot vir Noot Stort Doen Vrugte Disney Liefde Bosveld Big Screen Maaggriep
KRUISPAD | UITGAWE 14
19 19
Hierdie is die tweede deel van Kruispad se Bybeltydlyn. Stuur gerus 'n e-pos na red@kruispad.net as jy die vorige een gemis het en wil hê dat ons dit vir jou moet aanstuur. - Red
GENESIS
Omdat die Bybel nie 'n spesifieke datum vir die Skepping gee nie (en ons boonop nie met sekerheid 'n jaartal aan enige gebeure voor ongeveer 2000 vC koppel nie) gebruik ons in hierdie tydlyn die aantal jare sedert Adam geskep is om ons jaartalle mee aan te dui.
Genesis 9:1 ''God het vir Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: 'Wees vrugbaar, word baie en bewoon die aarde.''' Genesis 9:18,19 '''Noag se seuns wat uit die ark gekom het, was Sem, Gam en Jafet … Dit was Noag se drie seuns en uit hulle is die hele aarde bevolk.''
NIMROD - Gen. 10:9-12 ''Hy was 'n dapper jagter, ook in die oë van die Here … Nimrod se koninkryk
het begin by Babel, Erek, Akkad en Kalne, almal in Sinar …''
KUS ''swart'' - Gen. 10:7,8 ''Die nageslag van Kus was Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka ... Uit Kus het Nimrod gekom, die eerste maghebber op aarde.'' KANAÄN - Gen. 10:15-18 ''Uit Kanaän het gekom Sidon … en verder Het, die Jebusiete, Amoriete, Girgasiete,
Hewiete, Erekiete, Siniete, Arwadters, Semariërs en die mense van Hamat.''
MISRAIM - Gen. 10:13,14 ''Uit Egipte weer het gekom die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftoagiefe, Patrosane,
Gebeure in Genesis
Daar word geen ouderdomme vir Gam en Jafet se nageslag gegee nie.
en die Kaslugiete uit wie die Filistyne kom, en die Kaftorane.''
PUT GAM ''warm'' - Gen. 10:6 ''Die nageslag van Gam: Kus, Egipte {Misraim}, Put en Kanaän.''
Skepping Sondeval Eerste moord Sondvloed Babel en die taalverwarring Abraham word geroep Eerste oorlog Sodom en Gomora Die Aartsvaders
jawan - Gen.10:4 ''Uit Griekeland het Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodanes voortgekom.'' gomer ''voleinding'' - Gen. 10:3 ''Die nageslag van Gomer was Askenas, Rifat en Togarma.'' JAFET ''uitbreiding'' - Gen. 10:2 ''Die nageslag van Jafet: Gomer, Magog, die Mediërs {Madai}, die Grieke {Jawan}, Tubal, Mesek
en Tiras.''
Hoofstuk 1-2 3 4 7 11 12 14 19 22-50
NOAG "bemoediger" (950 jaar) - Gen. 5:32 ''Toe Noag vyf honderd was, het hy die vader geword van Sem, Gam en Jafet.'' SEM ''naam, roem'' (600 jaar) - Gen. 10:21 ''Vir Sem is daar ook kinders gebore. Hy was die voorvader van die Hebreërs.''
Gen. 11:10 ''Toe Sem 100 was, het hy die vader geword van Arpaksad, twee jaar na die oorstroming.''
ARPAKSAD (438 jaar) - Gen. 11:12 ''Toe Arpaksad 35 was, het hy die vader geword van Selag.'' SELAG ''gooi, sending'' (433 jaar) - Gen. 11:14 ''Toe Selag 30 was, het hy die vader geword van Heber.'' HEBER ''gemeenskap'' (464 jaar) - Gen. 11:16 ''Toe Heber 34 was, het hy die vader geword van Peleg.'' PELEG ''verdeling'' (239 jaar) - Gen. 11:18 ''Toe Peleg 30 was, het hy vader geword van Reü.'' Abraham God beveel Abraham om
Isak
Jakob
Genesis REÜ ''vriend'' (239 jaar) - Gen. 11:20 ''Toe Reü 32 was, het hy vader geword van Serug.''
12:4
Kanaän toe te trek Ismael se geboorte Verbond met God Isak se geboorte
16:3 17 21:5
Trou met Rebekka Jakob en Esau se geboorte Seën Jakob i.p.v. Esau
25:20 25:26 27:29
Trou met Lea Trou met Ragel Kry 'n nuwe naam, Israel Trek Kanaän toe Josef se geboorte Trek Egipte toe Herontmoeting met Josef
29:21-30 30:1 32:25-31 31:17-21 30:25 45:6 46:29
SERUG ''wingerdstok'' (230 jaar) - Gen. 11:22 ''Toe Serug 30 was, het hy vader geword van Nahor." JAKOB/ISRAEL ''hakskeen/hy worstel met God'' (147 jaar) Gen. 49:3-28 ''Ruben, Simeon, Levi, Juda, Sebulon, Issaskar, Dan, Gad, Aser, Naftali, Josef, Benjamin … Dit is al twaalf die stamme van Israel.''
NAHOR ''snuiwend''
(148 jaar) - Gen. 11:24 "Toe Nahor 29 was, het hy vader geword van Tera.''
TERA ''steenbok, swerwer'' (205 jaar) - Gen. 11:26, 27, 31 ''Toe Tera 70 was, het hy vader geword van Abram, Nahor en Haran … Haran het die vader geword van Lot … Tera het sy seun Abram geneem en ook sy kleinseun Lot … en sy skoondogter Sarai … en saam met hulle uit Ur van die Galdeërs weggetrek om na Kanaän toe te gaan.''
Die Aartsvaders
ISAK ''hy sal lag'' (180 jaar) - Gen. 25:24, 26 ''Toe Rebekka haar kinders in die wêreld gebring het, was dit tweelingseuntjies {Esau & Jakob} … Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte.''
ABRAM/ABRAHAM ''vader van die menigte'' (175 jaar) - Gen. 21:5 ''Abraham was
honderd jaar oud toe sy seun Isak gebore is.''
(Jare wat verloop het sedert Adam geskep is - vergelyk met die geslagsregister in Genesis 5) 1056
1556
1656
1668
1693
1723
SONDVLOED
1757
1787
Genesis 7 & 8
1819
1849
1878
1996
1997
2006
2008
2026
2049
2083
2106
2108
2126
2156
2168
2183
2187
2288
KONTROVERSIEEL
D
ie vermaaklikheidswêreld is deesdae wonderlik. Daar verskyn so baie nuwe series en movies dat jy net nie kan voorbly om als te kyk nie. Die groot probleem is entlik dat die immorele standaarde van akteurs en regisseurs stilletjies in ons lewens insluip. In die komedie-afdeling het ons onlangs Big Bang Theory en How I Met Your Mother gekyk. Alhoewel ons moet erken dat dit vrek snaaks is, het ons egter besef dat die humor net draai om seks in verskillende situasies. Dieselfde geld ook vir die meeste dramas en aksies. Dink maar aan One Tree Hill, The OC en Grey's Anatomy. Laasgenoemde begin sommer met die intrapslag met twee mense wat mekaar nie ken nie, saamslaap, en dan later uitvind dat hulle saam moet werk. Ons bedoeling is nie om een series uit te sonder en te sê dat dit slegter as die ander is nie, maar ons sien net deur watter sondige vermaak ons beïnvloed word. Selfs die Afrikaanse sepie 7de laan is nie onskuldig nie – van die akteurs was al meer getroud of swanger as wat hulle koffie in Oppiekoffie gedrink het. Die hartseer feit is dat ons samelewing so deur die media (televisie, films, tydskrifte, koerante, ensovoorts) se voorstelling van seks beïnvloed word dat die daad as goedkoop, maklik, vinnig en oppervlakkig afgemaak word. Die invloed hiervan is ook duidelik sigbaar wanneer ons tussen jongmense rondbeweeg. Seks (buite die huwelik) is nie meer 'n sonde nie – dit is 'n keuse. Daar is party wat dit doen en ander wat dit nie doen nie. God sê egter duidelik in die Bybel dat seks bedoel is vir die huwelik. In die Nuwe Testament word seksuele onreinheid (enige geslagsgemeenskap buite die huwelik) baie skerp veroordeel. In 1 Korintiërs 6:9 (en ook op ander plekke in die Woord van God) staan dat geen persoon wat in onsedelikheid volhard deel sal kry aan die koninkryk van God nie. Behalwe dat seksuele onreinheid duidelik deur God verbied word, is daar boonop talle negatiewe aspekte wat gepaard gaan met buitehuwelikse seks: vrees vir swangerskap, 'n gevoel van onsekerheid, geen emosionele vervulling, 'n gevoel van minderwaardigheid, seksuele afsydigheid, en skuldgevoelens. Laasgenoemde word bevestig deur persone wat al in hierdie sonde geval het en erken dat hulle so skuldig en vuil gevoel het dat hulle vir dae lank niemand in die oë kon kyk nie.
Cachet) & Albert Coetsee (GK
22
KRUISPAD | UITGAWE 14
Daarteenoor is dit interessant dat die seksuele in 'n huwelik nie maar net 'n voorreg is nie, maar 'n verpligting (1 Korintiërs 7:3)! Die rede hiervoor is juis om seksuele onreinheid te voorkom. Die doel van die seksuele in die huwelik is enersyds om kinders te verkry, maar andersyds om mekaar te geniet as 'n gawe uit God se hand. Ons herhaal, die seksuele in die huwelik is deur God as 'n gawe gegee om te geniet! Dit is omdat die seksuele deur die man en vrou aangevoel en ervaar word as een van die maniere waarop hulle uiting kan gee aan hulle besondere liefde vir en trou aan mekaar. Slegs binne in die huwelik is daar wedersydse hulp en leiding tussen man en vrou, asook werklike fisiese en geestelike vervulling. As 'n man 'n meisie werklik liefhet (en vice versa), sal hy bereid wees om tot die huwelik te wag vir seks. Dink bietjie hieraan: as die meisie 'n man voor die tyd toelaat om seks met haar te hê, hoe kan sy ooit seker wees of hy haar werklik liefhet en of hy net agter haar liggaam aan is?
Maar hoekom wil mense altyd weet hoe ver hulle kan gaan voordat hulle oor die afgrond sal tuimel? Ander mense vra weer dadelik: hoe ver is te ver? Hiervoor is daar al baie oplossings gegee: alles is binne perke, behalwe die seksuele daad; alles wat die bikini toemaak is buite perke; alles wat julle nie voor julle ouers kan doen nie is buite perke; alles wat jy nie wil hê iemand anders met jou toekomstige huweliksmaat moet doen nie is buite perke. Maar hoekom wil mense altyd weet hoe ver hulle kan gaan voordat hulle oor die afgrond sal tuimel? As jy weet daar is 'n afgrond, moenie kyk hoe naby jy daaraan kan kom nie! Moenie jouself voor die versoeking stel nie. Moenie die duiwel 'n vatkans gee nie! God roep ons immers om heilig voor Hom te lewe. Maar vir diegene wat reeds buite die huwelik te ver gegaan het met die seksuele, is daar dié wonderlike troos: die Here beloof ook vergewing hiervoor. "As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid," (1 Johannes 1:9). Die Here maak dit duidelik: seks buite die huwelik is nie 'n grappie nie – anders as wat die vermaaklikheidswêreld dit uitbeeld. Die seksuele is nie bedoel om goedkoop te wees nie. Nee inteendeel, binne die huwelik is die seksuele 'n wonderlike geskenk van God af wat 'n man en vrou saam kan geniet.
uispad-redaksie)
Brahm Robinson (Kr
KRUISPAD | UITGAWE 14
23
HULP
Johannes Schickerling (Kliniese sielkundige, Kruispad-redaksie)
D
it is een van daai goed wat elkeen van ons het, party net erger as ander … Daar is dié wat beweer dat dit meer tussen intelligentes voorkom, maar wie weet? Dit, my vriend, is obsessies. Ook genoem nukke, grille, fiemies of malligheid. Daar is soveel verskillende obsessies: dié wat rondloop met sanitêre lappies en alles in hul pad skrop, skuur en skoonmaak. Dié wat heeldag na die spieël staar met botteltjies room voor hulle en 'n dokter met 'n lem in die hand nie te ver agter nie. Dié wat nie hulself vir 'n ete, 'n bad of 'n matriekafskeid kan wegskeur van Mxit nie. So sit duisende daagliks en stres/obsesseer of hul hare, lyf, eetgerei, status of geloofslewe perfek is. Ons hol histeries rond en dóén alles in ons mag om perfek te wees. Hoekom? Want dan sal mense my like, aanvaar, liefhê, dan sal ek tog in die hemel kom! Of ons dóén al die goed omdat ons bang is. Bang vir siekte, verwerping, dood, die hel … En voor jy weet, dóén jy soveel dat jy nie meer tyd het vir vriende, familie of die Here nie. "Sal later na jou luister, wil net gou hier skoon maak" "My Mxit afsit vir kerk?! Wat? Is jy mal?!!" Dit is wanneer ons obsessief raak. Net soos die meeste dinge – goed of sleg – begin dit by 'n gedagte. Triljoene gedagtes flits daagliks deur ons kop. Gelukkig "luister" ons net na sekeres en doen maar net 'n paar. Gewoonlik "luister" ons na gedagtes wat die lewe beter gaan maak. Voorbeeld: "Dit is beter om maer te wees." Wanneer 'n gedagte ontwikkel, en so "hard" in jou kop raak dat jy dit nie kan beheer nie en dit jou senuwees op hol jaag, dan weet ons dit word 'n obsessie. Nog 'n voorbeeld: "Ek is die vetste mens op aarde. Ek mag nooit weer eet nie!" As ons iets dóén om die senuwees te kalmeer en die gedagte stil te kry, noem ons dit die
kompulsie. Die gevolg – jy druk jou vinger in jou keel na elke ete. En daarvandaan kom die naam: Obsessiewe-Kompulsiewe versteuring/ Obsessive-Compulsive Disorder/OCD. Ons almal het al die flieks gesien: mense wat nie oor lyne kan loop nie, hulle hande rowe was, ensovoorts. Obsessies en kompulsies neem baie tyd, krag en moeite in beslag. Ons glo dat al die goed iets positief vir ons gaan doen. Ons beter, veiliger, heiliger, of gesonder mense sal maak. En omdat ons dit glo, doen ons dit meer-en-meer, weer-en-weer asof ons lewe daarvan afhang, asof dit ons in hemel gaan kry … In die meantime neem die "dóén" ons weg van mense, van realiteit, van die Here. Daar was 'n tyd toe die mens duisende dinge moes doen om okei vir God te wees. In die Ou Testament! "Hoekom verontagsaam u dissipels die oorgelewerde gebruike van die voorgeslagte? As hulle gaan eet, was hulle nie hulle hande nie," (Matteus 15:2). Het ons dalk teruggeval in die tyd van doen? Wil ons ook nou weer was, slag, wegbly, skrop, opoffer om in die hemel te kom?! Het Jesus nie juis gekom om die doen-goed te delete nie? As mens het Jesus nooit gestres oor hoe skoon, connected, mooi of gesond Hy is nie! "Dit is nie wat by die mond ingaan wat die mens onrein maak nie. Dit is wat by die mond uitkom, dit maak 'n mens onrein," (Matteus 15:11). Jesus het ons kom leer dat dit wat in ons hart is, ons maak soos Hy. In sy hart is liefde. So laat staan al die nukke, grille, fiemies en malligheid, gee jou oor aan hierdie liefde. Weg sal die idee van "perfek/bang" wees met die liefde in die rondte. Nou hoef jy nie te stres oor skoon, sexy of korrek nie, want liefde sit ons op autopilot wanneer dit by doen kom. Dit is tog die grootste gebod – Jy hoef net lief te hê: vir God, jouself en jou naaste. So vra vir jouself: Wat dink ek? Wat doen ek?
Simptome van Obsessiewe Kompulsiewe Versteuring verskil van persoon tot persoon. 'n Paar algemene obsessies: • • • • • •
Onrealistiese vrese dat kontak met ander mense, klere, skoene of skoolboeke hul kan kontamineer. Twyfel konstant in hulself, kyk of deure en vensters toe is, stoof en ligte af is, die kar gesluit is, ensovoorts. Is oormatig besorgd oor hoe hul huiswerk of take lyk. Oormatige kommer dat alles simmetries gerangskik moet word soos skoene, boeke, klere, portrette of kos. Vrese dat hul iemand per ongeluk seer sal maak. Glo dat iets sleg gaan gebeur as hul iets spesifiek doen of nie doen nie.
'n Paar algemene kompulsies: • • • • • •
Kompulsiewe was, bad of stort. Gedrag wat 'n sekere ritueel volg, die raak aan liggaamsdele of doen van bewegings in 'n spesifieke volgorde of in simmetrie. Spesifieke slaaprituele wat inmeng met normale slaap. Kompulsiewe herhaling van woorde, mantras of gebede sodat niks slegs gebeur nie. Wil heeltyd hê dat mense hul moet verseker dat hul niks verkeerd gedoen het nie. Vermy situasies waar hul dink "iets slegs" moontlik kan gebeur.
Indien jy worstel met enige probleem (of iemand ken wat met 'n probleem worstel), en nie die vrymoedigheid het om met iemand wat jy ken daaroor te praat nie, stuur net 'n e-pos aan help@kruispad.net. Alle korrespondensie sal natuurlik strng vertroulik hanteer word! Waaroor sal jy graag advies wil hê in Kruispad? Stuur vir ons jou voorstel na advies@kruispad.net.
24
KRUISPAD | UITGAWE 14
KRUISPAD | UITGAWE 14
25
'N
DEEL 8 Anneretha Combrink
Janien gaan sit 'n entjie weg op 'n omgekeerde drom. Sy kyk om haar rond. Dis maar 'n stowwerige speelgrond sonder veel gras en bome. Oral lê papiere, bottels en blikke vasgewaai teen die geboue en heinings. Die badkamers, weet Janien uit ondervinding, is in 'n nog slegter toestand. Janien kyk rond tot sy die vyf kinders in haar groepie raaksien. Een dogtertjie, Pumi, kyk op en glimlag skaam.
26
KRUISPAD | UITGAWE 14
Berg buns. Met 'n stroom tamatiesous en 'n … nee, daar is nie 'n metafoor vir viennas nie, besluit Janien. Sy staar na die hoop worsbroodjies op die blad in die kombuis. Hoeveel sou dit wees? Dit lyk soos ten minste 'n duisend … "Whaaa!" skree Sean skielik kliphard agter haar. Janien en Lorraine langs haar gil. Terselftertyd vlieg Janien om en swaai die broodmes wild deur die lug. "Hey," keer Sean laggend met sy hande voor sy gesig. "Sorrie! Jy's gevaarlik met daai ding!" Sy swaai die mes nog een keer voor sy neus. "Jy sal laat ons 'n hartaanval kry!" "Mooi so, my ou!" lag Schutte van die ander kant van die kombuisblad af. "Ons kort bietjie opwinding hier. Het jy ons kom help? En waar is die ander, so by the way?" "Hulle is op pad," sê Sean. "Hoeveel van die goed is hier nou al?" "Triljoene, my ou, triljoene. Kan jy nie sien ons lyk al soos hotdogs nie?" "Seker so tweehonderd," help Lorraine Schutte reg. "Maar julle beter kom help, anders gaan ons nooit twaalfuur reg wees om Mpanyani toe te gaan nie. Marike en nog 'n paar ander kom help ook, en na 'n rukkie is daar 'n hele produksielyn. Nadat hulle 'n ruk in stilte gewerk het, sê Marike hier langs Janien: "Ek kan nie glo dis al Julie nie! Die jaar vlieg … dit was nou die dag dat ons vir die eerste keer Mpanyani toe is en daai kleuterskool geverf het." "Jip," antwoord Janien. "En nou ken die mense ons al. Ek gaan die kleingroepe met die laerskool kids mis as ons gaan – maar dis darem nog nie nou al nie. Ek was die eerste week so bang om met my groepie te begin, maar mens raak lief vir hulle." Hier staan sy en smeer hotdogs saam met Marike en hulle kuier … en dis regtig lekker, dink Janien skielik. Dis goed om die verlede agter 'n mens te kan sit. "Waarvan praat julle?" tjip Schutte agter Marike in. Haar gesig raak skielik strak en sonder uitdrukking. Sy hou nogsteeds van hom, besef Janien. "Niks met jou uit te waai nie!" tart Janien. "Natuurlik het dit met my uit te waai," sê Schutte. "Ek moet seker maak dat julle nie nonsens praat nie!" "Whatever!" lag Janien. Marike lewer darem ook 'n bydrae. "Ons praat sommer oor hoe vinnig die jaar vlieg. Wat gaan jy volgende jaar doen, Schutte?" Schutte trek sy skouers op. "Wetie. Gee ook nie regtig om nie." Hy draai om en sê oor sy skouer: "Toe, ons is klaar. Ons moet ry …" Janien en Marike kyk vir mekaar toe hy wegstap. "Wat gaan met hom aan?" vra Janien. "Ag," trek Marike haar skouers op, "dalk weet hy regtig nie wat hy wil doen nie. Hy jol mos maar rond." "Ek dink hy is baie ernstiger as wat ons dink."
"Wie weet? En wie gee om wat in Schutte van Graan se kop aangaan? Ek weet sy pa wil hê hy moet 'n chemiese ingenieur of iets word. Maar soos ek sê, wie gee om?" Jy gee om, wil Janien sê, maar sy bly eerder stil. Schutte 'n chemiese ingenieur? Dit rym nie. Maar nou ja, elke ou moet maar sy eie battles fight. By die laerskool in Mpanyani kry Janien nie veel kans vir dink nie. Die oomblik toe die minibus stop, word hulle soos gewoonlik omsingel deur 'n skare kinders van verskillende ouderdomme. Hulle skree en lag en groet deurmekaar in Xhosa en Engels. Die orde is darem na 'n ruk herstel. Elke kind kry twee worsbroodjies wat hulle gretig eet. Vir baie van hulle is dit hulle enigste ete vandag. Janien gaan sit 'n entjie weg op 'n omgekeerde drom. Sy kyk om haar rond. Dis maar 'n stowwerige speelgrond sonder veel gras en bome. Oral lê papiere, bottels en blikke vasgewaai teen die geboue en heinings. Die badkamers, weet Janien uit ondervinding, is in 'n nog slegter toestand. Janien kyk rond tot sy die vyf kinders in haar groepie raaksien. Een dogtertjie, Pumi, kyk op en glimlag skaam. Janien kry 'n knop in haar keel. Hoe bly is hierdie dogtertjie nie oor twee worsbroodjies nie? En nog blyer oor die bietjie aandag wat sy wat Janien is, aan haar gee. Om van Jona en die vis te leer, laat haar oë blink en maak haar so opgewonde. Om te hoor dat sy die vis pragtig ingekleur het, maak dat sy sommer regopper huis toe loop. Wie is jy, Janien de Koningh? kom die donker stem onverwags. Wat laat jou dink jy kan hierdie kinders iets leer as jy nie weet hoe om te vergewe nie? As jy nie eens vir jou pa kan lief wees nie? Janien spring op van die drom af. Sy het nie nou krag hiervoor nie. Sy sal vanmiddag – láter – op die strand gaan stap en dan dink oor Louis en haar pa en alles waaraan sy die afgelope twee maande nie wou dink nie. Louis se e-pos wat sy nou nog nie beantwoord het nie. Want wat moet sy nou eintlik vir hom sê? Uit die bloute wens Janien dat Simon Bester hier was. Miskien kon sy met hom gepraat het oor die klip waar haar hart veronderstel is om te wees. Raak die klip kleiner as mens mense vergewe? Miskien. Maar sy sal anderdag daaraan dink. Nou gaan sy vir Pumi en die res van haar groepie van Jona en die vis leer. Janien glimlag vir Marike wat bekommerd in haar rigting kyk. Toe tel sy die inkleurprente op die stowwerige grond op en begin haar groepie bymekaarmaak. Maar sy kan nie van die gedagte ontslae raak nie: Dalk moet sy maar haar pa nooi om te kom kuier.
(word vervolg)
KRUISPAD | UITGAWE 14
27
KREATIEF
'n Rubriek deur Anneretha Combrink
E
K hou van die winter. Dis asof alles skerper en helderder raak – die donker silhoeëtte van bome teen die helderblou lug, die rokerige reuk van vure in die laatmiddag en kaggels in die aand. Winter is die tyd vir lemoene en lank lê en droom in die bad; die tyd wanneer jy jou wekker so lank as moontlik snooze en dan so gou as moontlik uit die bed spring om die verwarmer aan te sit. Wolpantoffels en warm pajamas; souskluitjies en sop en stoom teen die ruite … en so een keer in tien jaar sneeumanne bou! In die winter is die kontras tussen gemak en ongemak ook skerper. Ek lê lekker snoesig onder my donsduvet en lees … êrens onder 'n brug sit daar iemand sonder 'n huis. Ek en Griet en 'n paar pêlle kuier by 'n kaggelvuur (met of sonder rooiwyn) … êrens in die nag staan 'n paar kinders en vryf hulle hande om 'n konkavuur (met of sonder gom). Ek sukkel om op te staan uit my bed omdat dit net so wonderlik warm daar is … êrens sukkel iemand om op te kom, want die koue het in die nag deur die sinkmure van die shack gekruip en in haar bene kom lê. En as alles skerper en helderder raak in die winter, kom my hart gewoonlik ook mooi duidelik in fokus. Ek sien hoe my donsduvet en my lekker boek, my
vriendekring en my warm huis my heelal begin word het. My hart begin swaar klop as ek met 'n skok besef dat ek 'n winterhart het – toegeys deur gemak, deur die baie belangrike EK, deur die baie plakkerskampe waarby ek hierdie somer verbygery het en die baie bedelaars wie se pleitende hande en oë ek doelbewus elke dag miskyk. Deur die duisende mense wat ek nie sién nie. Omdat ek bloot wegkyk. Miskien het ek op 'n dag gedink: daar is soveel pyn in die wêreld dat daar tog nie 'n manier is dat ek 'n verskil kan maak nie. Miskien het ek net binnetoe begin leef, in plaas van Boontoe en buitentoe? Hierdie winter wil ek minder tyd onder my donsduvet spandeer. Ek wil met God se oë kyk en met sý hande aanraak. As ek nie kan gee nie, wil ek bid. Ek wil in elk geval meer bid – want ek dis eintlik al hoe ek 'n verskil aan die pyn in die wêreld kan maak. Omdat net Hý regtig 'n verskil kan maak. En net Hý klipharte kan breek sodat dit sag word, sý hart word … Hierdie winter wil ek baie lemoene eet; ek wil die vroegoggendlug so branderig koud in my longe intrek, en met oop oë en sagte hande elke dag lééf.
Chantelle Tredoux (Kruispad-redaksie)
Psalm 118:8
Wil jy graag 'n bydrae instuur vir die volgende Kruispad-uitgawe? Stuur dit vir ons na kreatief@kruispad.net. Dit kan enigiets wees – 'n gedig, artikel, foto, skildery, of wat dan ook al! Die redaksie wil graag jou gawes gebruik om God te eer! (Dus moet jou bydrae God-erend van aard wees.) Ons sien uit daarna om julle bydraes te ontvang!
28
KRUISPAD | UITGAWE 14
KRUISPAD | UITGAWE 14
29
LEEFSTYL
"So moes vervul word wat die Here deur 'n profeet gesê het: 'Ek sal gelykenisse gebruik as Ek praat; Ek sal bekend maak wat geheim gebly het van die skepping af,'" (Matteus 13:35). Adriaan van Wyk (Kruispad-medewerker)
oekom lees jy dié artikel? Hoekom probeer jongmense dwelms? Hoekom het die mens 'n behoefte om weg te kom van dit alles? Hoekom is daar 'n ding soos die internet? Hoekom is daar so baie tipes afgode? Ek dink almal soek na God of hulle dit nou weet of nie. Ek soek hom elke dag, jy ook. Maak nie saak waar jou geestelike lewe staan nie, want jy sien, ons moet Hom soek om te groei. Moenie my verkeerd verstaan nie. Jy het Hom in jou hart, maar ons moet Hom steeds soek in ons besige lewens, tussen ons vriende, in alles wat ons doen. Ek dink die antwoord lê en wag vir jou … Dit kyk vir jou met 'n skrefiesoog en wonder hoekom jy hom nog nie in 'n ander lig beskou het nie, al het jy hom menigmaal met jou oog gewaar. Sy naam is Genesis.
H
Genesis is nie net waar die Bybel begin nie, maar ook jou geloof. As jongmens is jy op die randjie van baie nuwe dinge. So begin by die begin. As jy op soek is na God, kyk na wat Hy gemaak het. As 'n mens na 'n skildenaar se werk kyk, kan mens baie sê van sy persoonlikheid. Michaelangelo (nee, nie die Ninja Turtle nie, die kunstenaar, argitek en ingenieur) was 'n intelligente man wat gehou het van fyn detail. As jy al die voorreg gehad het om na een van sy werke te kyk, sal jy weet wat ek bedoel. Google dit bietjie. So kan ons ook leer van God as ons gaan kyk na die wonders van sy skeppingswerk … sy masterpiece! Kom ons kyk so bietjie na 'n paar stukkies van God se masterpiece:
Willie Cloete (GK Potchefstroom-Noord)
I
n hierdie uitgawe het ons dit goedgedink om weer 'n Sudoku-uitdaging vir ons lesers op te stel. Om dit so bietjie makliker te maak, is daar 'n klompie leidrade vir dié van julle wat wil saamspeel, maar nooit weet waar om te begin met 'n Sudoku puzzle nie. Die wenner van hierdie kompetisie staan 'n kans om 'n baie nice geskenkpakkie, geborg deur FSH, te wen. Dit werk soos volg. Die vier vrae hieronder – A, B, C en D – het elkeen 'n paar moontlike antwoorde. Kies die regte antwoord en vul die syfer voor die antwoord in die blokkie met die ooreenstemmende letter in. Hiermee maak ons dit so effens makliker en skerp jy sommer jou Bybelkennis op! Stuur jou naam, adres, ouderdom en jou korrekte antwoorde voor 31 Desember 2009 per e-pos aan interaksie@kruispad.net, of stuur dit per faks of slakpos aan die Kruispad-kantoor (ons adres is op bladsy 2).
• Die warmste plek op aarde is But El Aziza in Libië waar temperature van 57,8 ºC al gemeet is. • Die koudste plek op aarde is Vostok in Antartika wat al 'n minimum van -89 ºC bereik het! • Het jy geweet dat klippe kan groei? Dis waar. Klippe genoem iron manganese crusts groei op berge onder die see (ja, daar is berge onder die see). Hulle groei omtrent 1 millimeter elke miljoen jaar. Jou vingernaels groei omtrent dieselfde lengte elke twee weke. • Die vinnigste windspoed wat al waargeneem is was 513 km/h in Oklahoma. • 97 Persent van die aarde se totale water is in die oseaan. Dus is net 3 persent soutloos. Van hierdie 3 persent is 70 persent daarvan gevries in Antartika en Groenland. Die res is in damme, mere, riviere, poeletjies en die atmosfeer. • Daar is ongeveer 4 000 soorte minerale op die aarde. Daarvan is omtrent 200 tans bruikbaar en verder word daar jaarliks minstens 50-100 nuwes ontdek. • Binne elke minuut slaan daar gemiddeld 100 weerligstrale op die aarde neer. Maar binne elke gegewe minuut slaan daar tot soveel as 6 000 flitse wat tussen die wolke spring. • Riviere het 'n lewensverwagting. Dit word gebore, raak groter, kleiner en kwyn weg wanneer die water makliker op ander plekke kan vloei.
'n Mens kan baie van die Here sê deur net na sy skepping te kyk. Hy is liefdevol, het 'n fyn oog vir detail in alles, ook in my en jou lewe. Hy is verskriklik magtig en sy krag is partykeer skrikwekkend. Hy hou van verskeidenheid. Dit kan gesien word in al die verkillende plekke en mense in die wêreld. Hy is avontuurlustig. Hy is 'n warrior asook 'n gentle giant. Dit is hoegenaamd nie al die karaktereienskappe van God nie, maar ek gaan nie alles weggee nie, want jy moet dit self gaan soek! As jy God beter wil leer ken, moet jy fikser raak. Ja fikser! Jy moet meer gaan stap met God. Jy moet tyd saam met Hom spandeer. Hoe meer tyd jy saam met Hom spandeer, hoe meer gaan jy verstaan wat in jou lewe aangaan. Jy gaan geestelik fiks word. Die duiwel is bang vir daardie soort spierontwikkeling. O, en die Geestelike Gym is nie noodwendig net die kerk as gebou nie, maar daar waar twee of meer in sy naam saam is, daar
30
KRUISPAD | UITGAWE 14
waar jy alleentyd saam met God deurbring terwyl niemand kyk nie, en daar waar jy sy opdragte uitvoer. Vertel vir God van jouself, jou begeertes, jou hartseer, jou goeie tye en maak Hom deel van jou. As jy Hom tweede sit, gaan jy tweede kom. As ek na God se skeppingswonder in die eerste hoofstuk van Genesis kyk, sien ek baie meer as net nog 'n storie. Ek sien 'n uitnodiging om na God se galery toe te gaan. Om nie net na sy kunswerke te kyk nie, maar dit te beleef en deel daarvan te word! Dit moet so deel van jou word dat jy dit in- en uitasem! Skep met groot lepels uit sy skepping en sien die verandering in jouself en in jou lewe.
Vraag A: Wie was Jakob en Lea se 3de seun? 2 – Dan 3 – Issaskar 6 – Levi
Vraag B: Wie word beskou as die Moslems se aartsvader? 2 – Ismael 5 – Isak 7 – Mohammed
Vraag C: Voltooi: Ragel was Jakob se … 1 – niggie 2 – kleinniggie 4 – vrou 5 – al die bogenoemdes
Vraag D: Wie was Josef se suster? 1 – Rebekka 5 – Priscilla 6 – Dina KRUISPAD | UITGAWE 14
31
mense deur Christus se Verlossing, en as nuwe mense moet ons die heeltyd daarna streef om soos Jesus te wees. "U kom maak alles nuut, U maak my hart u grondgebied". Dit maak nie saak wat ons al gedoen het nie, Christus het ons van ons sondes verlos en Hy maak ons nuut. Hier is ek lê die klem op ons gawes en talente. Hoe gering ons ook al onself en ons gawes ag, ons moet dit wat God aan ons toevertrou tot eer van sy Naam gebruik en sy koninkryk uitbou. Ons moet diensbaar wees en aanmeld daar waar God ons roep. Altyd hier by my wys dat niks tussen God en ons kan kom nie. "Al voel ek soms of ek verdwaal, U sal my elke keer kom haal". Ons het die versekering dat ons kinders van God is en dat die Heilige Gees by ons is. My hele menswees sluit aan by Hier is ek: "Here Jesus ek kom vra, kom leef en werk en bid in my". Ons moet onsself beskikbaar stel om in diens van die Here te staan, daar waar die Here ons plaas. Ons
– 6-
5
g 46
,9
5
00
0-
M Pr ann Fr ies e w a t at ISB nc er in N be e Pr ys: : 97 R m oe R1 8-1 ive rs 99 -7 di 7
00 7
rd s, 2
V Ca eel Br rli Me ok L e en ess r in Re g co
32
KRUISPAD | UITGAWE 14
van die album om God te dien met alles wat ons het. Carli Lessing se hart is reg ingestel en ek sien uit na die volgende album. Besoek gerus www.carlilessing.co.za vir meer inligting oor dié belowende kunstenaar. 7/10
KYK D IT
s
Hier is 'n kort bio vir dié van julle wat nie vir Carli Lessing ken nie. Carli is 'n worship-leier en liedjieskrywer met 'n passie daarvoor om aanbiddingsliedere te skryf. Sy was drie jaar lank lid van die PUK-Koor en het ook aan verskeie ATKV kompetisies deel-geneem. Vanaf 2002 tot 2006 het sy die worship by die Gereformeerde Kerk Linden gelei. Sy is tans betrokke by die Mosaïek gemeente in Fairlands, Johannesburg. Met dit uit die weg, kom ons kyk na haar nuwe album Veel Meer. Veel Meer is Carli Lessing se eerste album. Daar is 11 songs op die album wat deur haar geskryf is, en wat ook 'n verwerking van Oral is my God insluit. Veel Meer is 'n Christelike album wat deur oud en jonk vir aanbidding gebruik kan word. Volgens haar webblad is dit haar wens dat hierdie album mense sal help om die Here in korporatiewe en persoonlike aanbidding te ontmoet. Die album skop af met Alles Nuut. Ons is nuwe
LU
moet oral getuies wees en ook betrokke raak by ons gemeentes. Veel Meer is 'n lekker album om na te luister. Die musiek is nie oorverdowend nie en dit skep 'n rustige atmosfeer. Alhoewel dit soms voel of van die liedjies meer diepte kort, is die hoofboodskap
er
toe reeds 83 jaar oud. Kon hy Moses verstaan en vertrou? Hy het hom dan skaars geken. Hoe moeilik moes dit nie vir 'n man van 83 wees om sy "vreemdeling-broer" teen die volk te beskerm nie? (Die volk het hulle gereeld teen Moses verset). En mens kan jouself net indink dat hy ook by God gewonder het (en moontlik getwyfel het) hoe Hy hierdie twee ou manne kan gebruik om die volk uit die mag van die Egiptenare te verlos. Maar Aäron is diep gelowig en vertou dat die Here hom geroep het om Moses te ondersteun en sy segsman te wees. Hy begin goed met sy taak as medeleier en Moses se regterhand, maar struikel langs die pad, byvoorbeeld waar hy die Israeliete toelaat om 'n goue kalf te maak en te aanbid toe Moses die Here op die berg Sinaï gaan ontmoet het. Hieruit kan 'n mens aflei dat hy ten alle koste vrede probeer bewaar en die volk wou gee waarvoor hulle vra, 'n people pleaser. Die kontras tussen die goed bedoelde doelwitte van sy hart en die mislukkings van sy vlees maak dat ook ons met sy lewe kan assosieer. Hierdie is die eerste karakter in die reeks Manne wat bemoedig wat in die skadu van ander die ewigheid verander het. Dit bied 'n baie deernisvolle en interessante blik op wie Aäron kon gewees het, en word beslis aanbeveel vir enigiemand wat net 'n goeie storie wil lees, tot iemand wat hierdie karakter in diepte wil bestudeer. Gaan besoek gerus www.francinerivers.com vir interessante inligting oor die skrywer, Francine Rivers, se lewe en haar boeke.
09
ELKE persoon het seker al op een of ander stadium gewonder wat God se plan vir jou lewe is. Hoekom gebeur sekere dinge in die lewe met jou, goed en sleg? Mense sê dikwels dis die kaarte wat vir jou uitgedeel word, en dit impliseer jy moet die spel van die wêreld speel, waarmee ons as gelowiges natuurlik nie saamstem nie. God beskik dat sekere gebeure oor ons pad kom, en elkeen van hierdie gebeure het 'n doel, wat ons dikwels eers jare later besef (of miskien nie eers in ons leeftyd nie). Dit is hierdie doel waarmee Aäron worstel, en met hierdie worsteling kan ons ook in ons leeftyd assosieer. Wat weet ons van Aäron? Hy was Moses se broer en die eerste hoëpriester van Israel. Hy was ook die middelkind – tussen 'n ouer suster (Mirjam) wat braaf genoeg was om die Farao se dogter te nader om haar ma as vroedvrou aan te beveel, en 'n jonger broer wat van die begin af as spesiaal beskou is (Moses se ma Jogebed het van die begin af geweet Moses sal die volk se bevryder wees). 'n Mens dink nie altyd so daaraan nie, maar Aäron het Moses vir amper 80 jaar nie geken nie – Moses was die eerste 40 jaar van sy lewe deel van die Farao se huishouding, en die volgende 40 jaar het hy by die Midianiete in die woestyn gebly. Op 80-jarige ouderdom het God vir Moses geroep DIT om die volk Israel te R E verlos, en Aäron was IST
LE
G G hos i Re rlfr ts o Ne giss ien f 13 w Li eur ds TS ne C : M Pa ine ar st ma k W ,2 at 0
IT
D ES
Ghosts of Girlfriends Past vertel die storie van Connor Mead (Matthew McConaughey), 'n glansfotograaf wat hou van sy vryheid, om pret te hê en veral, om saam met elke meisie te slaap. Hy gaan na sy broer Paul (Breckin Meyer) se troue toe en in die proses, waar hy per ongeluk byna die huwelik opbreek, besoek drie spoke hom en vat hom deur 'n reistog van deur sy lewe. Die fliek skop af met Connor wat by sy studio aankom, foto's neem van modelle en dan saam met een van die meisies op die bank in sy kantoor opeindig. Terselfdertyd beëindig hy sy verhouding met drie ander vroue gelyk met 'n videooproep. Met hierdie inslag, word die inhoud van die fliek gestel. Van die begin tot die einde van die fliek probeer Connor om saam met elke meisie te slaap. Sy broer, Paul, is weer heeltemal die teenoorgestelde. Hy het die liefde van sy lewe ontmoet en wil graag met haar trou. 'n Mens kan
seker krediet gee vir die spoke wat Connor op 'n reis deur sy verlede, die hede en die toekoms vat, dat hulle hom probeer insig gee oor waarheen hy op pad is. Hy kom tot die besef dat sy lewe leeg is, en dat hy en sy eerste liefde eintlik by mekaar hoort (so voorspelbaar). Ghosts of Girlfriends Past word beskryf as 'n heartbreaking comedy, maar dit is eerder 'n naarmaak komedie. Daar is so baie seksuele verwysings, losbandigheid en sprake van casual seks, dat 'n mens wonder of hierdie mense, wat tog in die hede lewe, nie 'n probleem met Vigs en ander seksueel oordraagbare siektes het nie. Dit wat God bestem het om in die huwelik te gebeur, word maar beskou as 'n aktiwiteit saam met iemand wat jy vir die eerste keer ontmoet, soos om te gaan fliek of 30 seconds te speel. Alhoewel Connor aan die einde besef dat hy rustig moet raak en by een meisie bly, is daar geen berou nie en ook geen probleem met dit wat hy aangevang het nie. Daar word verder meer as tien maal in die film gelaster, en daar is talle voorbeelde van drankmisbruik. Ghosts of Girlfriends Past is definitief nie 'n fliek vir enige Christen om te geniet nie. Dit propageer casual seks, losbandigheid en egbreuk. Ek sê nie dat 'n mens net flieks met Christelike temas moet kyk en die res moet vermy nie, maar 'n mens moet die keuse maak of 'n fliek soos Ghosts of Girlfriends Past wel die moeite werd is om 'n uur en 'n half van jou lewe voor af te staan en of dit 'n positiewe bydrae in jou lewe sal maak.
KRUISPAD | UITGAWE 14
33
Dirk Kruger (Kruispad-redaksie)
B
y die onlangse MTN SAMA Toekennings het Vertikaal met 'n goue beeldjie in die hand vir die Beste Afrikaanse Gospel Album weggestap. Hulle album Stil is ook vanjaar met die ATKV se Liertoekenning bekroon. Ons het by Zander van der Westhuizen, tans 'n predikant by NG Lynnwood, gaan inloer om te hoor wat hy sê oor die SAMA en wat hy doen wanneer hy nie saam Vertikaal optree nie.
Vertikaal het onlangs die SAMA-toekenning vir Beste Afrikaanse Gospel Album van die jaar gekry. Het julle so iets verwag toe julle begin het met Vertikaal? Wat het deur jou gedagtes gegaan toe dit aangekondig is?
Ons het dit nie eers die aand van die toekennings verwag nie! Dit was 'n groot eer! Ons het die aand gegaan sonder om eers te oorweeg dat ons moet dink aan 'n speech! Ons het sulke sterk kompetisie gehad (onder andere die BALA BROERS, Louis Brittz en Cornel Driessen) dat ons regtig nie onsself ingestel het daarop nie. Toe die aankondiging gemaak is, die musiek speel en die goue beeldjie wag, het ons na mekaar toe gedraai en gevra: "Is dit werklik ons?". Op pad verhoog toe het ek net geloop en dink oor wat ek moet sê! Na die tyd het ons nog lank in die gange van Backstage Sun City gestaan en gewag dat dit moet insink! Dit was 'n wonderlike oomblik vir elkeen van ons. En net genade!
Jy is die enigste predikant waarvan ons weet wat 'n SAMA-toekenning het. Hoe voel jy daaroor?
Ek dink dit is belangrik om te weet dat ons 'n span is wat 'n SAMA gewen het. Ek sou nie deel gehad aan die titel as dit nie vir Jattie en Leon was nie. En ons weet al drie dat mense soos Gideon Botes, Louis Brittz en ook ander 'n groot rol in ons album gespeel het. So hierdie is regtig 'n toekenning vir die span! En dit voel great om deel te wees daarvan – predikant of nie!
Waar het jy groot geword, skool gegaan en studeer?
Ek het grootgeword in Heidelberg (Gauteng) en later verhuis na Amanzimtoti (Shark en Surfer omgewing!) waar ek matriek gekryf het. Daarna het ek dadelik kom teologie studeer aan TUKS en het uiteindelik laasjaar klaar gemaak (met een van daai ou studentenommers) met my PhD. Sedertdien is ek in Pretoria en woon in Lynnwood.
Jy is tans predikant by NG Lynnwood. Hoe handhaaf jy 'n balans tussen predikant wees en Vertikaal?
My gemeente is my werk en bediening in die eerste instansie en geniet voorkeur. Vertikaal gebeur oor my afnaweke of aftyd en soms neem ek maar verlof om dit te doen. Die ander manne in Vertikaal werk ook voltyds en moet maar op dieselfde basis by hul werksverantwoordelikhede verbykom. Dit maak dit nogals moeilik omrede baie gemeentes ons Sondagaande nooi om op te tree – en dit is net nie altyd moontlik vir my om dan te gaan nie. Musiekbediening is in elk geval deel van my gemeentekonteks en dit is wonderlik!
34
KRUISPAD | UITGAWE 14
Daar word soms gesê dat 'n predikant nie ook in 'n band kan speel nie, want sy roeping lê by woordbediening en dat iets soos 'n band 'n mens se fokus daarvan kan aftrek. Wat is jou opinie hiervoor?
Ek dink bediening in al sy fasette is roeping. Die sleutel is om jou roeping uit te leef – 'n deel daarvan vir my is woordbediening en musiekbediening. Ek is in 'n gemeente waar dit moontlik is. Enige predikant moet sy verskillende passies en verantwoordelikhede kan uitleef in balans met sy gemeente-verantwoordelikheid. Die sleutel bly integriteit! Gemeentes moet ook leer om predikante se gawes so ver moontlik in ag te neem en in die liggaam van die Here aan te wend. Dit hang alles af van hoe ons kerk en koninkryk verstaan!
Waar kry jy jou inspirasie vandaan wanneer jy musiek en lirieke skryf?
My reis met die Here en waar ek is, is die grootste inspirasie. Vir Vertikaal skryf ons drie baie saam en dit is ook deel van my inspirasie. Ons is beste vriende en almal op dieselfde bladsy oor die tipe lirieke wat Vertikaal graag skryf. Die styl van die musiek is ook baie spesifiek – so binne die verwysing skryf ons graag. Ekself skryf my eie musiek die beste alleen by 'n nice klavier, iewers as die oomblik reg is.
As jy nie preek of optree nie, waarmee hou jy jouself besig?
Te veel! Ek geniet muurbal en sulke dinge. Ek kuier graag saam met vriende en familie. Ek maak musiek. Ek spandeer tyd aan grafiese ontwerp en foto's – enigiets visueel is vir my lekker! En my gunsteling ding is reis. Ek hou van nuwe plekke ontdek – veral op in Afrika! Ek is ook besig met 'n klompie projekte op nasionale vlak wat my opgewonde maak!
Gunstelinge:
Pizza of Burgers – Pizza MP3-player of iPod – iPod (Wat 'n vraag!) Rob Bell of John MacArthur – Rob Bell Bosveld of See – Bosveld Somer of Winter – Somer Hond of Kat – Hond! Fliek of DVD – Fliek
Is daar 'n rolmodel in jou lewe?
Daar is verskeie. Die Here het regtig die afgelope jaar in my lewe die waarde van betekenisvolle een-toteen verhoudings kom oopbreek. Ek dink dit is nodig om mentors en meesters in jou lewe te hê. In my lewe is daar mense soos Malan Nel, Retief Burger, Julian Müller, Stephan Joubert, Elrico van Rooyen, kollegas, Jattie en Leon, my vrou en ander wie almal op 'n manier vir my 'n rolmodel is.
Speel jy ook orrel, of net klavier?
Ons gemeente het 'n briljante orrelis – so NEE! Hy laat my skaam kry as ek net probeer!
Vertel 'n bietjie meer oor die naam Vertikaal?
Vertikaal is 'n ingesteldheid. Alhoewel ons weet die Here is eintlik binne ons, het ons steeds die verwysing na Bo! So, Vertikaal gaan oor die idee dat ons die heeltyd leef met 'n ingesteldheid om te fokus op ons verhouding met die Here en ons aanbidding van Hom.
KRUISPAD | UITGAWE 14
35
K
ruispad wou hierdie keer by ons lesers hoor "Hoe ver dink jy is te ver?" Wat is geoorloof in 'n verhouding tussen 'n ou en 'n meisie wat nog nie getroud is nie? Ons het 'n paar van ons lesers met hierdie vraag genader en die volgende antwoorde gekry:
Te ver is te ver wanneer jy begin ongemaklik voel en die stemmetjie in jou kop (jou gewete!) vir jou sê dis nou 'n goeie tyd om te stop. Of wanneer jy voel dis te ver maar in jou gedagtes die skuldgevoelens wegredeneer sodat jy kan aangaan met die "lekker wat verkeerd voel". Dan is dit 'n goeie tyd om weg te stap en 'n koue glas water te gaan drink! Anoniem (21)
Ek dink hoe jy weet as jy te ver gaan, kom die gevoel in jou op dat jy wonder waar jou of jou ou/meisie se ouers nou is. Jy verstaan, sodra jy iets wil doen en dit nie kan doen voor jou of jou ou/meisie se ouers nie, dan weet jy … So as jy en jou ou/meisie nou alleen is, kan mens enigiets doen, jy moet net julle hande agter jou en haar rug vasmaak of afkap, dan is die gevaar weg. Anoniem (18)
Gereël deur die Jeugdeputate van Partsinode Pretoria. Kontakpersoon: Ds. Johan van Heyningen (jvh@gkbrooklyn.org.za). • Wwesskamp vir jong werkendes en senior studente: 7 – 10 Augustus. Kontakpersoon: Ds. Johan van Heyningen, GK Pretoria-Brooklyn.
• Klassis BolandkamP: 27 September – 2 Oktober by Bergkroon in die Wellington omgewing. Kontakpersone: Ds. Henning Venter, GK Bellville-Oos en Ds. Johan Fleischmann, GK Kaapstad. Gereël deur GK Cachet, Potchefstroom.
• Jeugleierskonferensie (vir die leiers van die jeug): 12 September, 08:30 – 15:00 by GK Wierdapark. Kontakpersoon: Gawie Jooste, GK Wapadrant. • Brugkamp vir graad 6-7: 1 – 4 Oktober by Eduland. Kontakpersoon: Ds. Attie Venter, GK Pretoria-Annlin. • Tienerbediening kamp vir graad 8-10 (TB kamp): 1 – 4 Oktober by Zarivongo. Kontakpersoon: Ds. Thys Erasmus, GK Pretoria-Wonderboom-Suid.
Ek reken die meeste mense sien dié as 'n moeilike vraag. Ek dink dit is redelik eenvoudig: te ver is onmiddellik wanneer jy begin twyfel of jy iets moet doen of los. Baie dinge mag aanleiding gee tot te ver in terme van jy en jou meisie wat te lekker vry en naderhand begin lei na ander dinge. Hou altyd die Here in gedagte en onthou dat seks deur die Here gegee is as 'n gawe vir die huwelik!
Gereël deur die Klassis Boland.
• Doppers @ C vir graad 12's: Laaste week van die laaste skoolkwartaal. Kontakpersoon: Ds. Thys Erasmus, GK Pretoria-Wonderboom-Suid.
• Septemberuitreike: Phuthaditjaba: 24 – 28 September Reagile: 24 September – 2 Oktober Venda: 24 September – 2 Oktober Kontakpersoon: Andie Odendaal 084 589 7730.
Indien daar binnekort 'n kamp of ander geleentheid in jou omgewing plaasvind en jy dit graag met die ander Kruispad-lesers wil deel, stuur gerus 'n e-pos aan interaksie@kruispad.net.
Stefan (19)
Dink dit is te ver as jy twyfel daaroor. God se grense is strenger as wat ons dink. Vir God is dit sonde as jy net daaraan dink. Laat jou lei deur die Woord! Ken JESUS. Anoniem (25)
Ek persoonlik dink dit is te ver in 'n verhouding wanneer die ou en meisie voorhuwelikse seks het. Ook as die ou van die meisie begin dwing om goed te doen en veral as hy haar dwing om goed met hom te doen. Petrus (15)
www.lignet.co.za Lignet is 'n lekker interaktiewe uithangplek as Facebook jou begin verveel, waar jy kan sit en klets met ander tieners in die kuierkamer en jou getuienisse deel, of net jokes kan maak vir die pret. Onder Pitkos is daar artikels wat deur tieners self geskryf is oor dinge wat hulle aan die hart raak soos oor vriende, familie en enigiets anders wat op die oomblik 'n issue is. So as jy raadop is, gaan loer bietjie daarna. As jy rêrig bored is en speletjies soos Sweet tooth, Sim Taxi en Mad cows vir jou lekker klink download dit gratis! Nog 'n lekker feature is die musiek waar jy na uittreksels van die musiek van onder andere Straatligkinders, Vertikaal, en nog baie ander kan luister … www.wins.co.za "Wie is nog stil?" – goeie vraag, want niemand is verseker hier stil nie! Weet jy nie waar om te hoor waar die volgende GIG van 'n gospel band is of net wat die nuutste gospel musiek op die mark is nie, maak bietjie hier 'n draai! Hierdie is 'n nice site waar jy kan uitvind wat die nuwe nuus in die gospel wêreld is – of dit nou 'n event is soos Houtkruis of selfs die launch van 'n nuwe groep of CD, hierdie is net die plek vir jou! www.christianmobile.co.za Kry die Bybel op jou foon! Of laai Christelike boeke af teen R40 per maand wat jy eerder op jou selfoon sal wil lees … Hier kan jy ook vir jou ringtones aflaai, natuurlik teen 'n prysie, van onder andere Chris Tomlin of Hillsong.
36
KRUISPAD | UITGAWE 14
KRUISPAD | UITGAWE 14
37
Dopper Jeugberaad
Charl Ubbink (Kruispad-leser)
''Ag Here my God,' het ek geantwoord, 'ek kan nie goed praat nie, ek is te jonk.' Toe sê die Here vir my: 'Jy moenie sê: Ek is te jonk, nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê,'" Jeremia 3:27. Op 21 Maart 2009 het 24 jongmense vanuit 7 Gemeentes in Pretoria bymekaargekom om gesprekke te voer rakende die Gereformeerde jeug. Die dag was onvergeetlik, en daartydens is nuwe vriendskappe gesmee, verhoudings tussen gemeentes se jeug gevorm en 'n netwerk het onder die jeugleiers ontstaan. Die idee van die beraad is om Jeugleiers vir die Gereformeerde Kerke toe te rus met die nodige kennis om die groot taak aan te pak. Hierdie Jeugleiers wat saam vergader het, sal op die ou end deel vorm van 'n groter groep, wat nie net die kennis in hul eie gemeentes gaan toepas en aksies daar reël nie, maar ook as 'n groep aksies tussen en saam met verskillende gemeentes en hulle jongmense sal reël. Op dié dag het Dominee Alwyn Tredoux ons kom toespreek. Hy werk self baie met die Gereformeerde Jeug. Hy het met ons kom praat oor waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is, hoe ons die jeug betrokke kan kry, en hoe 'n persoon met alles wat hy het, met al sy
talente en besittings, moet werk tot eer van die Here. Daarna het ons in twee groepe verdeel waar ons mekaar bietjie beter leer ken het. In dié groepe het ons gepraat oor hoekom die Gereformeerde Kerk uniek is, hoe ons as jongmense 'n verskil kan maak, en waarheen ons hiervandaan gaan. Al die jongmense wat by die dag betrokke was, was ongelooflik positief. Daar is groot dinge aan die gebeur onder die Gereformeerde Jeug. Ons beplan om ten minste een keer 'n maand 'n byeenkoms tussen die gemeentes te reël, en om ten minste een groot aksie of projek per kwartaal te hou. Ons hoop dat die beraad nog verder sal groei en dat meer gemeentes betrokke sal wil raak, sodat die jeug saam kan groei, aksies kan reël, projekte kan aanpak, en saam God se grootheid sal prys en sy naam sal uitdra aan die wêreld. Die Here het ons regtig geseën en Hy is besig om onder ons jongmense te werk. Soos dominee Tredoux gesê het: "Julle is nie net die kerk van more nie, maar julle is ook deel van VANDAG se kerk." Elke jeugleier wat op die beraad was, het besluit om VANDAG die geleentheid aan te gryp, en om vandag 'n verskil te maak in die kerk.
Wwesskamp in die (Drakens)berge! Die pad na die Bergrus-kampterrein in die Drakensberge is 'n lang een – veral as jy slegs vir drie dae daar gaan wees. Van Johannesburg af duur dit bykans vyf ure: Deur Harrismith, verby die Sterkfonteindam, afdraai by Winterton en dan in die bergboendoes in. Vir die meer as dertig "Werkende Wesens en Senior Studente" wat 2009 se Wwesskamp bygewoon het, was dit egter 'n roadtrip eerder as 'n lang pad; en die bestemming het die reis die moeite werd gemaak. Die aanbieders was Dominee Ben Fourie (GK Kameeldrift) en dominee Thomas Dreyer (GK Randburg). Dominee Andre de Jager (GK Vrede) was aan stuur van die administasie. Dié kamp is juis dominee Fourie se breinkind en hy behartig dit al 'n hele klomp jare met die doel om jongmense só in die natuur nader aan God te laat kom. Die kampterrein, in die skadu van Cathkin Peak, het 'n asemrowende uitsig en maak dit 'n wegbreek-naweek
38
KRUISPAD | UITGAWE 14
Ben Fourie (GK Kameeldrift) ie (GK Di. Ben Four Oos). (GK Bellville-
E van nege lidmate van die GKSA my week lange k het onlangs die voorreg gehad om as een
vakansie in Hong Kong deur te bring. Die doel van my reis daarheen was:
- Om die internasionale dag van gebed by te woon (Global Day of Prayer), - Om die internasionale call2all konferensie by te woon.
Die internasionale gebedsgeleentheid was 'n grootse ervaring! Meer as 40 000 mense (die meeste daarvan jongmense) het die stadion volgepak en daar het verskeie gebede en sang vir meer as drie ure lank gevolg. Die Global Day of Prayer het in 2000 in Kaapstad afgeskop en sal weer op Pinkstersondag 2010 in Kaapstad plaasvind. Ek hoop ek sien sommer al ons jongmense by die geleentheid waar die naam van ons Here geprys en aangeroep word! Die call2all konferensie is in die Asia World Expo gehou. Ons was meer as 3 000 afgevaardigdes uit
Kameeldrift)
ngma
en Reinder Ki
100 nasies en verteenwoordigend van 2 000 of meer sendingorganisasies. Dit was wonderlik om te sien hoe mense daar biddend bymekaar was en mekaar gedurig ondersteun het. Baie van die Chinese by die kongres kom uit situasies waar hulle vir hulle geloof vervolg word. Hier kon hulle egter bid en sing tot eer van die Here sonder om heeltyd te kyk wie loer hulle af of wil hulle vang. Daar was 'n wêreldkaart van 600 vierkante meter in die konferensiesaal en die kongregangers kon hulle skoene uittrek en daar op elke land gaan bid. Daar is tans 1,7 miljard mense in die wereld wat nog nie werklik die evangelie gehoor het nie. Hulle is in 220 bevolkingsgroepe. Die call2all konferensie word in 2011 in Kaapstad aangebied en daar is ruim geleentheid vir jongmense om daarby betrokke te raak en te help. Hou die berigte dop in Kruispad en die Kerkblad! Indien iemand meer wil weet of ons wil nooi om julle in te lig met 'n aanbieding, kontak my gerus by 082 745 4117 of ds@kameeldrift.co.za.
Daniëlla du Plooy (Kruispad-leser)
wat die kilo's en petrol werd is. Daar was selfs 'n groep dapperes wat die tog al die pad van Port Elizabeth af aangepak het! Soggens is Bybelstudie gehou, wat ingeskakel het by die tema "My Allerbeste vir die Allerhoogste". Dominee Fourie en dominee Dreyer wou egter ook seker maak dat elke kampganger die natuur kon waardeer, en daarom is die middae opgelaat vir dinge soos verken, visvang, perdry, rondry en stap. Die hoogtepunte was die skemerkelkie by die Cathedral Peak Gholfbaan se klubhuis, en Sondag se roofvoëldemonstrasie en piekniek. Almal se ware kleure het egter na vore gekom tydens Saterdagaand se karaoke – wie sou ooit kon raai dat beide die dominees 'n inner rock star het wat in hulle skuil? Dít alleen sal volgende jaar se Berge-roadtrip en kamp wéér die moeite werd maak!
KRUISPAD | UITGAWE 14
39
150-fees: Paasnaweek pret in Potchefstroom
40