Kruispad Uitgawe 20.indd 1
2010/12/15 10:01:19 AM
HO EKO M i s ons hi er? Kruispad is … 'n eietydse tydskrif met Reformatoriese inhoud, gefokus op aktuele sake, gerig op jong, groeiende gelowiges om toerusting te gee vir die maak van ingeligte keuses wat lei tot geloofsgroei.
HO E w il ons di t doen? Deur 'n interaktiewe medium daar te stel wat relevante temas bespreek en jong gelowiges motiveer om die pad van die kruis van Christus te stap en volwasse in die geloof te word, sodat God die eer sal kry en die Kerk opgebou sal word.
Ve r k l a r i ng Menings uitgespreek in die artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die redaksie behou hom die reg voor van plasing, redigering, verkorting, parafrasering en uitbreiding van die bydraes.
TYD S KRI F I NLI GT I NG Posadres: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Tel: 018 297 3986/7 Sel: 082 392 2093 E-pos: navrae@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Web: www.kruispad.net
Rekeningbesonderhede vir donasies: Naam van rekening: GKSA Admin Buro t/a Kruispad Bank: ABSA Tak: 632005 Rekeningnommer: 670140040 Verwysing: 0562/KRUISPAD
Ontwerp: Sunflood Studios Tel: 021 887 4477 E-pos: info@sunfloodstudios.co.za Web: www.sunfloodstudios.co.za Drukkers: Zero Plus Tel: 012 333 6712 E-pos: info@zplus.co.za
Uitgegee deur die GKSA
DIE REDAKSIESPAN Redakteur & Subredakteur Maureen van Helden red@kruispad.net
Assistentredakteur & Webmeester Lize Viljoen kantoor@kruispad.net
Gee-jaar
Suzanne Coetzer geejaar@kruispad.net
Interaksie & GIGS
Advies & Hulp
Johannes Schickerling advies@kruispad.net help@kruispad.net
Sending
Rineé Pretorius sending@kruispad.net
Leefstyl
Juanita van der Merwe leefstyl@kruispad.net
Dirkie Steyn Janien de Kock interaksie@kruispad.net
Rubrieke
Resensies
Kreatief
Dirk Kruger Rynhardt Pretorius Janien de Kock resensies@kruispad.net
Grafies
MEDEWERKERSPAN Paul Grobler Ds. Francois Kruger Banie van der Walt Prof. Amie van Wyk Helei Jooste Emmerentia van Jaarsveld Esmari Linde Reneé Pieterse Charlotte Krüger Wikus Janse van Vuuren Francois Pienaar Ds. Hennie van Wyk
Edgar Trollip rubrieke@kruispad.net
Chantelle Tredoux kreatief@kruispad.net
Adviseur: Jeugdeputate Ds. Charl van Rooy charl@gkrandburg.org.za
Sunflood Studios -Dian Wessels -Mike Cruywagen -Karien Bredenkamp grafies@kruispad.net
Aktueel
Santie Lourens aktueel@kruispad.net
Kruispad Uitgawe 20.indd 2
2010/12/15 10:01:26 AM
INHOUDSOPGAWE
endaksie or van ering
za a
Red@Kruispad
5
Gee-jaar 2012 Hoop vir die toekoms, hoop vir vandag Verandering in die kerk
4
6 8
Let op! God praat met jou!
10
Mediasensuur: Reg of verkeerd?
12
Geopende Deure
14
Underground
15
Sendinghulp: HindoeĂŻsme
16
Getuienis 1: Hoe oorleef 'n gesin depressie?
18
Kalender 2011
19
Getuienis 2: 'n Blinde stryd
23
Totius (1): Ontmoet Japie du Toit
24
Hulp: Alleen
26
Leserbydraes
28
Leefstyl: Saint Petrus op 'n stasie
30
Rooihout: Vetkryte in 'n ry
31
Kunstenaarsprofiel: Joe Niemand
32
Resensies
34
Kompetisie
36
Watdinkjyvan ‌ die jeug se toekoms in SA?
37
GIGS: Eerstejaarskampe 2011
38
Kruispad Uitgawe 20.indd 3
2010/12/15 10:01:31 AM
Red@Kruispad
Voorspoedige 2011!
TEKEN IN OP KRUISPAD
Nuwe intekenaar Bestaande intekenaar Geskenk vir iemand anders Besonderhede van intekenaar Naam en van ....................................................... ............................................................................. Gemeente ............................................................ E-pos ................................................................... Ouderdom ........................................................... Besonderhede van ontvanger (indien ontvanger verskil van intekenaar)
Naam en van ....................................................... ............................................................................. Posadres .............................................................. ............................................................................. ............................................... Poskode ............... Sel no ................................................................... Tel no (huis) ......................................................... Gemeente ............................................................ E-pos ................................................................... Intekenopsies: Hernuwing R80 – 4 uitgawes
R120 – 6 uitgawes
Ek hoop hierdie jaar het op 'n goeie noot vir jou begin! 'n Nuwe jaar beteken natuurlik nuwe ervaringe en dikwels verandering wat vir 'n mens voorlê. Jy gaan dalk nou hoërskool of universiteit toe of is klaar met hoërskool of universiteit en moet nou die "grootmenswêreld' betree. Wees verseker daarvan dat jy dit nie alleen hoef te doen nie! God is elke tree van die pad by jou. Hy hou jou vas en werk in jou en lei jou om die regte besluite te neem en die regte pad te stap. Iets wat vir my nog altyd uitgestaan het in ons geloof is die feit dat ons hoop het. Nie hoop in die sin van: "Ek hoop ek kry 'n iPad vir Kersfees" of "Ek hoop hierdie jaar sal ek gelukkiger wees as verlede jaar" nie. Nee! Dit is wense en versugtinge. Die hoop wat ons as Christene het, is die vaste wete dat ons aan God behoort en dat ons vandag reeds in Hom die ewige lewe leef. Dit is 'n hoop wat nooit beskaam nie en waaraan ek en jy kan vashou al lyk die wêreld om ons ook hoe donker en hopeloos. My wens vir jou in hierdie komende jaar is dat God hierdie hoop in jou lewe 'n werklikheid en 'n sekerheid sal maak. Hierdie uitgawe is die eerste in 'n kort reeks met die tema Geloof, Hoop, Liefde. Ek hoop dat jy hierdie reeks sal geniet en dat jy deur die artikels baie sal leer oor jouself en oor jou medegelowiges. Stuur gerus voorstelle vir nuwe temas na red@kruispad. net en, as jy lus is om self 'n artikel (of 'n gedig, foto, of enigiets kreatief) in te stuur, stuur dit gerus na kreatief@ kruispad.net. Tot volgende keer! Maureen Soli Deo Gloria!
Aantal persone waarvoor ingeteken word: (Vir groepe van meer as 10 persone geld spesiale tariewe en moet 'n volledige adreslys aangeheg word. Stuur gerus 'n e-pos na inteken@kruispad.net of heg dit aan die intekenvorm)
Stuur jou intekenvorm en bewys van betaling na een van die volgende adresse:
Metode van betaling: Tjek Posorder
E-pos: inteken@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Slakpos: Posbus 20700, Noordbrug, 2522
Elektronies Kontant Ander Datum van betaling .............................................. Ek het van Kruispad gehoor by: Naam en van ....................................................... Sel no ..................................................................
Bankbesonderhede: Naam: GKSA-Admin buro t/a Kruispad Bank: ABSA Takkode: 632005 Rekeningnommer: 670 140 040 Gebruik as verwysing: 0562/004/(Naam en van OF Naam van gemeente) Nadat jou bewys van betaling ontvang is, sal jy die daarop volgende uitgawes ontvang. Terme en voorwaardes geld. Kyk op www.kruispad.net vir meer besonderhede.
Posgeld is nie reeds betaal nie. Plaas asseblief die inskrywingsvorm in 'n gefrankeerde koevert en stuur dit na die Kruispad-adres.
4 Kruispad Uitgawe 20.indd 4
2010/12/15 10:01:36 AM
Kruispad Uitgawe 20.indd 5
2010/12/15 10:01:41 AM
Paul
W
at is hoop nou eintlik? Ek dink dadelik aan twee gedagtes. Eerstens 1 Korintiërs 13:13 wat sê dat geloof, hoop en liefde bymekaar pas. Tweedens aan die manier waarop ons die woord hoop vandag gebruik, asof dit niks met sekerheid te doen het nie: "Ek hoop sy SMS my" of "Ek hoop hy nooi my na die partytjie". Maar as ek oor hoop dink, moet daar mos 'n sekerheid wees. Romeine 8:25 sê as ons hoop op wat ons nie sien nie, dan wag ons met volharding. Ek kan dus net dink dat ons as volgers van Jesus juis hierdie sekerheid moet aangryp en dit moet leef. Maar hoe lyk dit? Het ons hoop? Hoe kan ons dit leef? En hoe is dit anders as wat die wêreld ons bied? Hierdie is vrae wat deur my kop maal terwyl ek kyk na sosiale opheffingsaksies wat elke tweede organisasie deesdae aanpak. Die een samel geld in vir iemand wat
66
'n operasie moet kry en die ander een help om parke skoon te hou. Dit wissel van skole, radiostasies, en besighede tot die stad se posduifvereniging. Ek het niks teen die organisasies nie (selfs nie die posduifvereniging nie), maar ek weet dat ons hoop meer moet inhou as om bloot goeie goed te doen vir die gemeenskap. Dit is amper soos 'n koppie koffie … Wat bedoel ek as ek hoop met 'n goeie koppie koffie vergelyk? Kom ons stel dit so: Wanneer ons hoop vir die gemeenskap en vir die mense om my gee, kan dit, soos koffie, in baie vorme kom. Kom ons kyk na 'n koppie kitskoffie: Dit kan op die oog af baie goed lyk en ruik, en die eerste sluk kan heerlik wees, maar as jy te veel inkry, sal jy dit aan jou liggaam voel. Jy kan oor 'n lank tyd te veel van hierdie kitskoffie drink en selfs verslaaf raak daaraan. Later kom jy nie meer agter dat dit sleg is vir jou liggaam nie. Net so kan
ons betrokke raak by aksies wat sogenaamde hoop aan mense gee, maar dit is net korttermyn hoop. Kitshoop. Dit gee hulle iets om na uit te sien, maar het 'n element van onsekerheid. Dit help mense in nood tydelik, maar gee geen beloftes van langtermyn hoop nie. Hoor my reg: Ek dink dit is goed om betrokke te raak by aksies wat 'n verskil maak in die omgewing, maar dit kan nie daar stop nie. As dit al was wat nodig was, sou die opskrif van hierdie stuk gewees het, hoop vir vandag, hoop vir die toekoms. Maar die sleutel is juis dat die hoop wat ons vir die toekoms het, maak dat ons nou hoop vir vandag kan gee. Wanneer ons vas oortuig is dat die Koninkryk van God 'n werklikheid is en dat dit die moeite werd is om aan hierdie koninkryk te glo, gee dit vir ons 'n vaste hoop, 'n sekerheid dat dinge wat nou verkeerd is reggemaak sal word deur die Koning van hierdie koninkryk, Jesus
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 6
2010/12/15 10:01:44 AM
Paul Grobler (G
K Brooklyn, Wat
u Youth Village )
Wanneer ons hoop soos 'n goeie koppie koffie is …
Christus. Wanneer ons leef na 'n vaste toekoms dan kan ons die hoop wat ons nou leef en uitdeel soveel beter verduidelik. Dit is soos 'n goeie koppie filterkoffie. Ek hoef skielik nie meer en meer kitskoffie te drink om daardie kick te kry nie, maar ek kan nou goeie kwaliteit koffie met mense deel. Ek kan 'n ewige hoop deel met mense wat heeltyd teleurgestel word deur 'n tydelike hoop. Soms is hierdie tydelike hoop selfs soos 'n mooi, maar leë, koffiebeker. Dit is nie die vorm van die koffiebeker wat saak maak nie, maar of jy oortuig is dat jy die regte hoop het! Miskien moet ons as jongmense weer gaan kyk hoe ons hoop lyk. Om eerlik te wees, ons stel nie meer ons hoop op leiers of organisasies nie. Ons wil nie meer leë beloftes hoor nie en wil eers iemand se dade sien voor ons sal glo wat hulle sê. Ons leef in 'n nuwe wêreld en hierdie wêreld lyk soms hopeloos. Maar ons wil hoop hê en ons wil
ook aan ander hoop gee. Ons wil ander laat glimlag en wil hoor: "Dinge gaan oukei wees." Dalk wil ons nie meer net kritiseer nie maar aan oplossings werk al is ons jonk. Ons glo die onmoontlike is moontlik, maar wil weet of dit die moeite werd gaan wees. Dit is hoe ons hoop wil leef. Ek wil jou uitdaag om anders te dink oor jou hoop. Ek wil jou uitdaag om na die dissipels se hoop te kyk en te sien hoe hulle die wêreld verander het deur hulle hoop in die toekoms vandag te leef. Hulle was so oortuig daarvan dat God steeds regeer dat hulle nie gewag het vir iets om te gebeur nie; hulle het dinge laat gebeur. Hulle het ander hoop gegee deur die Koninkryk van God sigbaar te maak in hulle elke dag. 'n Mens kan amper sê selfs in die manier wat hulle koffie gedrink het. Hulle het Matteus 25:31-46 geleef. Hulle het hoop gegee aan honger mense deur vir hulle kos te
gee, aan mense sonder water deur vir hulle water te gee, aan mense sonder klere deur vir hulle klere te gee, aan mense sonder huise deur gasvry te wees, aan mense in tronke deur hulle te besoek en siek mense deur hulle te versorg. Die kern van hulle hoop was nie 'n tydelike oplossing nie, maar eerder 'n ewige koninkryk wat hier en nou deurbreek. Genade wat geleef word. Mag jou lewe getuig van 'n hoop wat vas is in die toekoms en wat vandag geleef word. Mag Jesus jou hoop wees. Mag sy Koninkryk deur jou breek vir 'n wêreld wat dit nodig het. Mag jy geloof ontvang om dié koninkryk te sien. Mag jy hoop ontvang dat Hy steeds in beheer is en mag jy vandag iemand liefhê met God se liefde. As ons dit alles doen, leef ons vandag ons hoop op die toekoms voluit uit. So kan ander die vaste hoop in Jesus in ons lewens sien en dít sal vir hulle ware hoop gee.
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 7
7
2010/12/15 10:01:46 AM
"Dominee, jou gemeente is nie gesond nie!"
D
it was die woorde van 'n jarelange getroue lidmaat en goeie vriend van my. "Wat bedoel jy, Jasper?" "Nee, ek kry die indruk dat die lidmate nie meer met soveel moeite bedien word nie. Hulle is soort van aan hulleself oorgelaat. En die onderlinge verbondenheid is nie meer so sterk nie. Ek dink ons moet dalk iemand van buite kry om die gemeente weer behoorlik saam te snoer en op te bou. Of miskien moet julle kerkraad 'n opname maak van die behoeftes van die lidmate. Stel bietjie vas wat hulle verwagtinge is. Daar is lidmate wat ongelukkig is." Wat antwoord mens hierop? Jy vra eerstens vir jouself: Wanneer is 'n gemeente gesond? Is dit bloot wanneer al die lidmate gelukkig en tevrede is? As dit so is, het Jesus beslis nie geslaag nie, want die mense was so ongelukkig en kwaad vir Hom dat hulle Hom op die ou end vermoor het. Is 'n gemeente gesond wanneer elkeen voel: Daar word na my belange omgesien? Ek glo nie. Daarvoor moet mens by 'n klub aansluit. In 'n klub kom ledebelange eerste. Die Engelse praat van tribalism. Miskien is ons idee van 'n gesonde kerk nie heeltemal dieselfde as ons Koning se idee nie. Ek is seker jy sal hiermee saamstem: As ons enigsins hoop vir die kerk wil hê, moet ons in die rigting van 'n gesonde kerk beweeg volgens die Hoof daarvan se norm en nie volgens ons eie norm nie. 'n Kerk is dalk vir my goeie vriend Jasper gesond, maar nie vir Christus nie! Dan is Jasper gelukkig en tevrede – maar die Koning treur! Wat is die punt? Kom ons beweeg in die rigting van 'n Koningskerk, en nie van 'n lidmatekerk nie. Dan kan die jongmense hoop kry en vlam vat. Dis egter nie maklik nie. Probeer hierdie beweging aan die gang sit
88
en kyk wat gebeur. Laat ek jou waarsku: As jy nie bereid is om persoonlike risiko's te loop nie, gaan jy dit waarskynlik nie regkry nie. As jy nie bereid is om jou motiewe suiwer te kry nie, gaan jy eweneens misluk. Jy sien, 'n kerkgesentreerde bediening (teenoor 'n Jesus-gesentreerde bediening) het oor jare by mense die idee geskep dat "ons kerk" die belangrike is en dat "ons gebruike" die regte is. As jy eers in 'n groef is, kom jy moeilik daaruit. Die groef raak ook al dieper sodat jy naderhand nie meer oor die rand kan sien nie. So verloor jy perspektief. Inteling is die voorland. Kom ek vra jou: Wat bepaal (en beskryf) jou identiteit vir jou? Jou lidmaatskap aan die kerk? Dit klink baie mooi. Jesus sê egter: Dissipelskap beskryf jou identiteit. Om 'n stiptelike volgeling van kerklike stelsels te wees, gaan jou eendag bitterlik in die steek laat. Jy gaan eers hoop hê as jy 'n volgeling van die lewende Christus geword het! Dis die uitdaging: Vanaf lidmaatskap na dissipelskap! Ek wil julle uitdaag: Begin 'n golf van jongmense wat nie skaam is om hierdie skuif te maak nie. Maar onthou: Dit is 'n radikale skuif! Dit is soos om op 'n heel nuwe fondament te begin bou. Jy begin heel onder – op wortelvlak! Jy begin van vooraf! Jy kan nie 'n half geboude gebou nou met mooier stene en netjieser pleisterwerk regkry nie. Dit gaan nie oor 'n bietjie panelbeat en polish aan die buitekant nie. As Jesus die enigste fondament van jou lewe is, beteken dit prakties dat jou hele lewe volgens die patroon van Jesus se voorbeeld gevorm word. As Hy jou enigste Rabbi is, is jy bereid om in sy voetspore te stap en sy styl en karakter aan te neem. Dan begin mens sy beeld vertoon. Dan begin ander iets van Jesus in jou lewe raaksien!
Dis moeilik! Dit vra selfverloëning! Dit vra om 'n Jesus-lewe te begin leef! Dit vra onvoorwaardelike gehoorsaamheid en 'n bereidheid om jou kruis op te neem. Onthou: Jou kruis is nie maar jou ongewenste lewenslot nie; dis 'n instrument van die dood. Wees bereid om daardeur tereggestel te word. Ja, jy sal dinge moet prysgee, maar in ruil daarvoor kry jy 'n rykdom wat die miljoenêrs van hierdie wêreld op hulle neuse sal laat kyk. Jy kry Jesus self as jou Vriend. Jy kry Hom as jou Broer! Hoekom is dit moeilik? Want ons is maar mense en mense het die geneigdheid om veilig te voel in 'n konteks wat vir hulle bekend en geliefd is. Mense sal wel begin skuif, maar die oomblik as hulle dit nie meer lekker verstaan nie, val hulle terug na die default – die bekende en geliefde. Na jare gebeur dit dat hulle gekoester en veilig voel in 'n konteks wat nie meer bestaan nie. En dan is die gemeente vir hulle gesond! Vir Jesus is dit egter 'n tragiese voorbeeld van een groot mislukking – 'n selfgemaakte gemaksone. Jy gaan Jesus nie in jou gemaksone kry nie. Hy is daarbuite! Daar tussen mense wat swaarkry! Daar waar dit gevaarlik is! Daar gaan jy Hom kry en daar gaan jy saam met Hom groei en sterk word. 'n Skip is die veiligste in die hawe, maar dit is nie waarvoor skepe gemaak is nie. "Jasper, miskien is ons gemeente gesonder as wat jy dink!" Jy ken dalk die woorde uit die liedjie, When the music fades. Sing dit nou as 'n gebed: I'm coming back to the heart of worship And it's all about You, all about You – Jesus. I'm sorry Lord for the thing I've made it When it's all about You, all about You – Jesus.
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 8
2010/12/15 10:01:50 AM
Fran
-Noord)
iddelburg
r (GK M cois Kruge
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 9
9
2010/12/15 10:01:53 AM
"Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd," (Prediker 3:1).
H
erfs, winter, somer, lente, herfs, winter, somer, lente. Die son kom op, die son gaan onder, die maan kom op, die maan gaan onder. Elke gebeurtenis op sy tyd. Elke gebeurtenis op presies die regte tyd. So het God die aarde geskep. Elke ding, elke aspek perfek in balans en verhouding met alles anders. Niks is uit orde nie. Niks gebeur "sommer net" nie. Alles loop volgens 'n fyn, gebalanseerde plan. So het God die wêreld geskep. Dag vir dag. Deel vir deel. Die een deel voor die ander tot op die hoogtepunt van die mens – die kroon van die skepping. Ons leer ken God in die Skrif. Daar openbaar God Homself op so 'n mate as wat ons nodig het om Hom te ken. Ons leer ken ook vir God in die natuur. Ons leer Hom ken in hoe alles perfek saamwerk, hoe alles in 'n fyn balans
10 10
met mekaar staan. Ons leer Hom in die natuur ken in hoe ons as mense lewe vanuit die natuur. Ons kos, water, suurstof, hitte, alles kom uit die natuur wat God tot ons voordeel in stand hou. Maar die natuur is allereers daar om God se lof te besing! Die onverstaanbare werking van die natuur verkondig (nee skree!) God se almag aan almal uit. Dit is vir almal verstaanbaar. 'n Kiewiet maak sy nessie tussen klippe. Die eiertjies is klein, ligbruin, met spikkeltjies. Dit lê daar in die oopte sonder bedekking, maar kry is min! Dit is feitlik onmoontlik om so nessie op te spoor! As jy te naby kom, maak die kiewiet of sy vlerk seergekry het en loop stadig voor jou uit – natuurlik om jou weg te lei! Wanneer jy te naby aan die nes kom en nie vir die "af-vlerk-roetine" val nie, word 'n baie waaghalsige en geweldadige aanval op die gevaar geloots! Waar het die kiewiet dit geleer? Waar het hy hierdie planne gekry? In die Karoo kry mens 'n rooi wurmpie met swart strepe. Omtrent
so groot soos 'n vuurhoutjie. Met groot sorg en presisie bou die wurmpie vir homself 'n skuiling van klein klippies of stukkies gras vas aan homself! Hy bou 'n "dop" of "skulp" wat aan sy stertkant vas is en hy sleep dit saam oral waar hy gaan. Sodra gevaar dreig, trek hy sy kop terug in die gras- of kliphuisie in en is hy veilig en onsigbaar. Wie het dit vir hom gewys? So kan ons aangaan met voorbeelde vanuit die natuur wat God se almag besing. "Prys die Here! Prys die Here vanuit die hemele, prys Hom in die hoë hemel! Prys Hom, alle engele, prys Hom, alle hemelwesens! Prys Hom, son en maan, prys Hom, alle sterre! Prys Hom, hoogste hemele, en waters in die hoë hemelruim! Laat hulle die Naam van die Here prys, want Hy het beveel en hulle is geskep; Hy het hulle vir altyd hulle vaste plek gegee, vir hulle 'n orde neergelê waarbuite hulle nie kan beweeg nie," (Psalm 146:1-6). In dit alles sien ons tog nog 'n aspek van God. God is 'n God van orde. Niks gebeur sonder rede nie en alles volg volgens fyn beplanning op mekaar. 'n Saadjie val op die grond. Reën val op die saadjie en dit ontkiem. 'n Nuwe plantjie groei en
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 10
2010/12/15 10:01:58 AM
maak blare en 'n blom of saadstingel. Wanneer die groeiseisoen verby is, val die saadjies in die grond en wag daar vir volgende jaar. 'n Sekere paddatjie (ook in die Karoo!) woel homself in die modder van 'n kuil of dam in sodra die droë seisoen begin nader. Daar wag hy in doodse stilte tot die volgende reënseisoen. Sodra die reën val, kom al die paddatjies uit hulle modderhuisies en in een nag is daar so 'n koor van paddas dat dit oorverdowend is! Die paddatjies paar en eiertjies word in die waterplasse gelê. 'n Paar dae later broei piepklein paddavissies uit. Hulle vang larwes en ander
kossoorte en groei, verloor hulle stertjies en ontwikkel longe. Nou is hulle volgroeide paddatjies. Die reënseisoen kom tot 'n einde en nou grawe hulle 'n modderhuisie en wag daar tot die volgende seisoen. Dit gaan my verstand te bowe! God, wie se kinders ons is, is so groot! Buiten dat die werking van die mens se liggaam tot vandag medici verbaas, het Hy ook elke ander wese so wonderlik geskep dat 'n mens se mond oophang! Die hele natuur om ons roep dit uit. Dit staan op elke blaar en blom. Dit staan op elke diertjie en goggatjie wat grootword. Dit is orals om ons.
Neem 'n bietjie tyd en kyk daarna. Dit is nie eers nodig om ver te gaan nie! In jou tuin, in die stad, op pad … dit is orals. Kyk hoe wonderlik God alles gemaak het. En kyk hoe elke gebeurtenis ordelik op die volgende een volg. Niks, ook niks wat met jou gebeur, is "sommer net" nie! "God is tog nie 'n God van wanorde nie, maar van orde," (1 Korintiërs 14:33). Ons God ís orde.
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 11
11
2010/12/15 10:02:03 AM
KONTROVERSIEEL
D
ie publiek se verset teen die regering se beoogde mediatribunaal wat die vrye vloei van inligting gaan beheer, het nie uit die lug geval nie. Na al die sensuur wat tydens die vorige politieke bedeling plaasgevind het, kon die regering verwag dat 'n nuwe poging tot sensuur teenstand sou kry. Die publieke verset steun veral op twee punte. Die eerste is die reg van die samelewing op die vrye vloei van inligting om sodoende 'n openbare opinie te vorm, veral ook wanneer daar tydens verkiesings 'n politieke keuse gemaak moet word. 'n Goed ingeligte publiek vervul 'n waghondrol. In hierdie verband speel die pers en die media 'n baie belangrike rol. Die tweede is dat daar van enige regering deursigtigheid en openlikheid verwag word, 'n regering wat dus nie bang is wanneer sy doen en late aan die lig kom nie. Die beplande wetgewing skep die indruk dat die regering sekere dinge – soos korrupsie byvoorbeeld – wil wegsteek sodat die publiek nie daarvan mag uitvind nie. Die probleem word groter as die mediatribunaal deur die regering aangestel en beheer gaan word en nie deur 'n onafhanklike liggaam nie. Al hierdie dinge dui op die ondermyning van ons demokrasie. Vryheid is een van die pilare waarop 'n samelewing rus. In ons Grondwet neem dit 'n baie belangrike plek in. Daarin word 'n hele reeks vryhede genoem, soos onder andere godsdiensvryheid, politieke vryheid en persvryheid. Die reg 'om te weet', en dus ook die reg om te weet of 'n regering doeltreffend regeer, is een van die basiese regte wat in ons Grondwet genoem word. As daar onnodig hieraan getorring word, ondermyn dit die ideaal en werklikheid van ons demokrasie.
Amie van Wyk (Emeritus professor, Teologiese Skool)
12
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 12
2010/12/15 10:02:07 AM
Natuurlik is daar ook bepaalde grense aan vryheid, want absolute vryheid ontaard maklik in losbandigheid wat tot chaos lei. Ons Grondwet bevat daarom ook beperkende maatreëls, soos byvoorbeeld dat daar nie openlik propaganda vir oorlog gemaak mag word, dat dreigende geweld nie aangestig mag word, en dat haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gegrond is en wat aanhitsing van leed veroorsaak, nie verkondig mag word nie. Daar bestaan dus grenssituasies wat ons menslike vryheid beperk. Maar dit geld in uitsonderlike gevalle. Hierdie uitsonderlike gevalle mag egter nie nou op die gewone gang van sake toegepas word soos wat die beplande mediatribunaal klaarblyklik beoog nie. Skielik word alles as 'sensitiewe inligting' en 'nasionale belang' beskou, maar wie gaan die klassifikasie en beoordeling hiervan behartig? Die regering het die taak om ten alle tye deursigtig te regeer. Wanneer dít gebeur is 'n mediatribunaal onnodig. Net regerings wat hulle met korrupsie, boetiebegunstiging en swak dienstelewering besig hou, sal bang wees vir 'n vrye pers en 'n openbare opinie.
Die media het 'n groot verantwoordelikheid om die publiek op hoogte te hou van noodsaaklike inligting sodat hulle die regering voortdurend kan toets en verantwoordbaar kan hou vir verkiesingsbeloftes en die dag tot dag uitvoering van pligte. Dis egter belangrik dat die media in hulle beriggewing sover moontlik van hulle feite sal seker maak en nie bloot op sensasie sal fokus nie. Die samelewing het die reg op inligting sodat hulle die regering krities kan begelei, vrae kan vra wanneer dit nodig is en selfs, in uiterste gevalle, vreedsaam kan protesteer. In 'n Christelike benadering tot die lewe neem deursigtigheid 'n baie belangrike plek in. Christene word "mense van die lig" genoem en hulle weet dat "uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is," (Efesiërs 5:8-9 en 1 Tessalonisense 5:5). Christene probeer om onder alle omstandighede deursigtig te lewe en hulle moedig ander mense aan om dieselfde lewenspatroon te volg. As ons doen wat goed en reg en waar is, hoef ons mos nie bang te wees wanneer ons dade aan die lig kom en in die openbaar beoordeel word nie.
Mense wat kwaad doen en die lig haat, is bang wanneer hulle dade aan die kaak gestel word. "Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is," (Johannes 3:20-21). Christus word nie verniet "die Lig vir die wêreld" (Johannes 8:12) genoem nie en Christene word nie sonder rede opgeroep om 'n lig vir die wêreld te wees nie (Matteus 5:14). Dit is natuurlik waar dat dit wat die Here van alle Christene (en dus van sy kerk) verwag, Hy nie net so van elke regering (wat uit Christene en nieChristene bestaan) verwag nie. Kerk en staat is eie identiteite, elkeen met 'n eie opdrag en roeping. Maar die Here verwag nóú reeds van alle Christene om iets van die groot beginsels van sy koninkryk op aarde sigbaar te maak. Beginsels soos vryheid, geregtigheid, vrede en harmonie. Beginsels wat elke vorm van magsmisbruik, korrupsie, nepotisme, bedrog, wanbestuur, ondeursigtigheid en onverantwoordelikheid teenstaan. As ons vanuit hierdie perspektief die beoogde mediatribunaal benader, is dit 'n onding wat van harte verwerp moet word.
REG OF VERKEERD? KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 13
13
2010/12/15 10:02:10 AM
"Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg …"
Vir meer inligting rakende vervolgde Christene besoek die Geopende Deure webblad by www.opendoors.org.za (of skakel hulle tydens kantoorure by 011 888 5225) en wees 'n stem vir diegene wat ons geloof deel, maar nie ons vryheid nie.
14
I
s jy al ooit aanspreeklik gehou vir iets wat jy nie gedoen het nie? Wanneer dit gebeur, dink ons gewoonlik: "Die lewe is so onregverdig!" Vir ons lyk die lewe soms onregverdig in die sin van skoolwerk, swottings, en liefdesteleurstellings, maar Abul Hossen het onregverdigheid beleef weens sy liefde vir Jesus. Abul, 'n dagwerker, is in hegtenis geneem vir beweerde veediefstal in die dorpie Dubachari, sowat 300 km buite die hoofstad van Dhaka, in Bangladesj. Van die dorp se inwoners meen dat hy die slagoffer van invloedryke Moslems se vuilspel was. "Daar is nóg 'n Adul Hossen in die dorp, wat byna verseker die dief was, maar sy skoonpa is baie invloedryk," het Gonesh Roy gesê. "Om sy skoonseun se bas te red, het hy al die blaam op 'n ander Abul Hossen geplaas, die een wat 'n eerbare en opregte man is." Hossen, wat gedurende 2007 hom vanaf Islam tot die Christenskap bekeer het, was tot dusver baie aktief in die gemeenskap. "Die Moslems teister hom met hierdie
saak in 'n poging om sy bediening se geloofwaardigeheid af te takel en sodat dorpenaars hul Christelike geloof sal verloën. Indien hy skuldig bevind word aan veediefstal, sal hy tronk toe gaan. Hy sal 'n veroordeelde man wees en die plaaslike mense en gelowiges sal hom soos 'n veedief behandel. Die dorpenaars sal hoegenaamd nie na 'n veedief luister nie," meen Roy. Sanjoy Roy, 'n lekepastor van Christian Life Bangladesh, het vertel dat Hossen 'n diepgewortelde Christen is. Vandat hy tot bekering gekom het, het vele Moslems het hom al probeer teister. "Hulle hoop dat hy vernederd sal wees en ophou preek, dan sal dit vir hulle maklik wees om ander bekeerde Christene te laat terugkeer na Islam," het Sanjoy Roy gesê. "Hy is die slagoffer van vuilspel!" Ons vergeet soms dat daar mense is wat werklik onregverdig behandel word. Bid vandag dat God vir Abul sal versterk gedurende hierdie tyd van onregverdige vervolging.
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 14
2010/12/15 10:02:14 AM
Huiwering maak 'n mens dikwels braaf
D
aar kom tye in 'n jongmens se lewe wanneer jy maar bra skrikkerig is vir dit wat vir jou voorlê. In graad sewe is jy huiwerig oor die hoërskool. In matriek is jy huiwerig, tog selfvoldaan, oor die lewe buite skoolverband. Wanneer jy aan die einde van jou studies kom, huiwer jy heelwaarskynlik oor wat die toekoms in die "grootmenswêreld" vir jou gaan inhou. Geopende Deure het 'n Somervakansie Bybelskool (SKI) in drie gemeenskappe in die Filippyne aangebied. Sowat 129 Christenen Moslemkinders het aan hierdie langverwagte gebeurtenisse deelgeneem. Ongeag hul etniese agtergronde, het die kinders geleer wat dit beteken om hul familie, vriende en bure te dien en by te staan. Die impak wat SKI op die lewens van hierdie kinders gehad het, kan in 'n miljoen woorde omskryf word,
maar om dit uit die mond van 'n kind te hoor maak dit net soveel meer kosbaar: "Ek was aanvanklik huiwerig om SKI by te woon omdat ek geweet het dat daar kinders van verskillende kulture gaan wees. Ek het op die ou end gegaan en dit terdeë geniet. Die storie van die barmhartige Samaritaan het my geïnspireer om vreemdelinge in nood te help. Selfs al was die slagoffer 'n vreemdeling, het die barmhartige Samaritaan hom gehelp. Ek het myself afgevra of ek dieselfde sou kon doen. Ek was oortuig dat ek dit kon doen deur Jesus wat my die krag gee." Hierdie seuntjie was huiwerig aan die begin, maar God het sy hart braaf gemaak. Hy het nuwe vriende gemaak, gegroei in sy jong verhouding met Jesus en geleer hoe om ander te ondersteun en te versterk wanneer hulle dit nodig het.
Mag hierdie kind vir ons as Christene in die vry wêreld 'n voorbeeld wees om ons vervolgde broers en susters te ondersteun. Vir meer inligting oor Geopende Deure se jeugbediening (Underground) kontak ons tydens kantoorure 011 888 9241, besoek ons webblad by www.opendoors. org.za of stuur 'n e-pos aan undergroundsa@od.org.
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 15
15
2010/12/15 10:02:18 AM
T
he concept 'Hinduism' is one of those terms that we have all heard of, might associate with Eastern countries, but don't usually have a good idea as to what it actually is. Well, seeing as though this is also the case for us, Kruispad decided to do a bit of research to supply you and also ourselves, with some answers. It is important that we understand that Hinduism differs in many ways from other monotheistic religions (religions that only acknowledges one God). Hinduism's concept of God is complex and depends upon each particular philosophy and tradition. It is sometimes referred to as henotheistic (involving devotion to a single god while accepting the existence of others), but if we were to use any such terms, it would be an overgeneralization. It is the believe of most Hindus that the spirit or soul — the "true self" of every person, called the ãtman – Is eternal. Seeing as though it does not have a single founder, a specific theological system, a single concept of deity, a single holy book like the Bible, a single system of morality, a central religious authority like the Pope or earthly leader, it might be better to describe Hinduism as an all encompassing way of life, rather than a religion in the same sense as Christianity. Freedom of belief and practice are notable features of Hinduism. Most forms of Hinduism are henotheistic religions. They recognize a single deity, and view other gods and goddesses as manifestations or aspects of that supreme God. Henotheistic and polytheistic religions have traditionally been among the world's most religiously tolerant faiths. After Christianity and Islam, Hinduism is the world's third largest religion. They claim to have roughly 950 million followers.
16
Hindus believe in and accept certain basic human values, sometimes referred to as Yama. The generally accepted Yamas are:
• Satyam: The belief that you should speak the truth. • Ahimsa: The belief of non-violence. • Asteyam: The belief of not taking that which does not belong to you. • Daya: To have compassion and sympathy for all living creatures. • Kshanti: This is a fusion of the combined virtues of patience, forgiveness, tolerance and withstanding suffering. • Arjavam: To be free from hypocrisy, therefore this refers to simplicity, straightforwardness and absence of deceit. • Madhuryam: To have a pleasing, likeable and pleasant personality, and therefore not to be rude or impolite. • Dama: To have self-control, that is, to control your passions. • Dana: To give, to teach, to distribute, to share, to purify and to protect. • Akalkata: To be free of sin. Here sin has a different meaning from sin in Christianity. To Hindus it refers to not adopting a superior, virtuous, "holierthan-thou" mental attitude towards others.
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 16
2010/12/15 10:02:22 AM
SENDINGHULP Interesting facts about Hinduism are for example the belief in reincarnation (the principle of rebirth) and the law of karma (that one reaps as one sows). Also, you might have wondered what the coloured dot on the forehead of Hindus mean. Well, it is a sign of piety, and it reveals to other people that the wearer is a Hindu. It symbolizes the third eye – the one focused inwards towards God. Both men and women wear it, although the practice among men is gradually going out of style. In the past it was the tradition for many unmarried women to wear black marks, and for many married women to wear red marks. There is still so much to be learned and we would like to encourage you to do some reading of your own about Hinduism, seeing there is still so much to know about it. And by knowing more, we as Christians can better understand what others believe, where they come from and how to approach them. www.religioustolerance.org www.hinduism.co.za
RineĂŠ Pretorius (Kruispad Editorial Team)
Stuur gerus 'n e-pos na sending@kruispad.net met enige vrae of opmerkings / Please send any questions you have to sending@kruispad.net.
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 17
17
2010/12/15 10:02:27 AM
So
02
Wo
03
Do
Sa So Ma Di Wo Do Vr Sa So Ma Di Wo Do Vr Sa So Ma Di Wo Do Vr Sa So Ma Di Wo Do
04 01 02 03 04 05 06 07 08 09 10 11 12 13 14
JULIE
Vr
01
15
D
16 ie pa in ons huis is 'n paar jaar gelede met erge 17 depressie gediagnoseer. Ons gesin was almal heimlik verlig toe18sy gevoelens van angstigheid, magteloosheid, moedeloosheid en 19 terneergedruktheid 'n naam gekry het, 20want vir elke siektetoestand is daar mos medikasie wat werk! Of hoe? 21 In die jare wat gevolg het, sou ons 22 agterkom dat daar nie 'n wonderpil is wat depressie laat verdwyn nie. 23 is wel heelwat wat ons (en Daar ander om ons) kon doen om te 24 help: 25 26 27
01
05
02
06
03
07
04
08
SKOOLVAKANSIEDAG
09
NASIONALE VROUEDAG
10 11 12 13 14 15 16
Helei 17Jooste (GK Vaalpark)
18 19
• Bid gedurig vir 'n depressiewe 20 persoon, want hy of sy sukkel soms 21 om self te bid. • Fisieke oefening en gesonde 22 eetgewoontes is baie belangrik. Gaan stap in die natuur en 23 bewonder God se skepping. • Vertel24 gereeld vir 'n depressiewe persoon dat jy, en bowenal God, vir hom/haar lief is en doen klein 25 dingetjies om jou liefde te bewys. 26 baie indien die • Dit help werkgewer van die depressiewe 27 goeie inligting van persoon die toestand ontvang om ook 28 sodoende sake in die werksplek
29 30 31
SEPTEMBER
Di
GETUIENIS
AUGUSTUS
Ma
05 06 07 08 09 10 11 12 13 14 15 16
met die nodige 17 kennis en empatie te kan hanteer. 18 die depressiewe • Natuurlik moet persoon gereeld voorgeskrewe 19 Jy kan help deur medikasie drink. hom/haar daaraan te herinner. 20 • Wees voorbereid dat dit nie altyd net goed sal21 gaan nie. Wees geduldig in teëspoed en dankbaar in voorspoed. 22 'n Gesin kan depressie oorleef, veral 23 vriende vir die ander indien familie en gesinslede ook bid. Hou moed en 24tyeERFENISDAG weet in moeilike dat God ons in sy vaderhand toevou en vashou! 25
26 27 28
28
29
Vr
29
30
Sa
30
So
31
Ma
18 1818
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 18
2010/12/15 10:02:30 AM
KALENDER 2011 02
02
03
03
04
04
05
01
06
02
OKTOBER
03 04 05 06 07 08 09 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25
07 08 09 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30
26
DESEMBER
01
NOVEMBER
01
05 06 07 08 09 10 11 12 13 14 15 16
VERSOENINGSDAG
17 18 19 20 21 22 23 24 25
KERSDAG
26
WELWILLENDHEIDSDAG
27 28 29 30 31
27 28 29 30
HERVORMINGSDAG
31
Kruispad Uitgawe 20.indd 19
2010/12/15 10:02:31 AM
KALENDER 2011
Di Wo Do Vr
So Ma Di Wo Do Vr Sa So Ma Di Wo Do Vr Sa So Ma Di Wo Do Vr Sa So Ma Di Wo Do Vr Sa So Ma
01
NUWEJAARSDAG
JANUARIE
Sa
02 03 04 05 06 07 08 09 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25
01
01
02
02
03
03
04
04
05
05
06
06
07
07
08
08
09
09
10
10
11
11
12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28
MAART
Ma
FEBRUARIE
So
12 13 14 15 16 17 18 19 20 21
MENSEREGTEDAG
22 23 24 25 26 27 28 29
26
30
27
31
28 29 30 31
Kruispad Uitgawe 20.indd 20
2010/12/15 10:02:32 AM
01
WERKERSDAG
02
PUBLIEKE VAKANSIEDAG
03 01
05
02
01
06
03
02
07
04
03
08
05
04
09
06
05
10
07
06
11
08
07
12
09
08
13
10
09
14
11
10
15
11
16
13
12
17
14
13
18
15
14
19
15
20
16
21
17
22
18
23
20 21
22
GOEIE VRYDAG
23 24
PAASSONDAG
25
GESINSDAG
26
SKOOLVAKANSIEDAG
27
VRYHEIDSDAG
28
24 25 26 27 28 29 30 31
12
HEMELVAARTSDAG
PINKSTERSONDAG
JUNIE
19
MOEDERSDAG
MEI
APRIL
04
16
JEUGDAG
17
SKOOLVAKANSIEDAG
18 19
VADERSDAG
20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30
29 30
Kruispad Uitgawe 20.indd 21
2010/12/15 10:02:33 AM
So Ma
01
Di Wo
03
Do
So Ma Di Wo Do Vr Sa So Ma Di Wo Do Vr Sa So Ma Di Wo Do Vr Sa So Ma Di Wo Do
02 03 04 05 06 07 08 09 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27
01
05
AUGUSTUS
Sa
01
JULIE
Vr
04
06 07 08
SKOOLVAKANSIEDAG
09
NASIONALE VROUEDAG
10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31
SEPTEMBER
02
02 03 04 05 06 07 08 09 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28
28
29
Vr
29
30
Sa
30
So
ERFENISDAG
31
Ma
22 Kruispad Uitgawe 20.indd 22
2010/12/15 10:02:40 AM
01
OKTOBER
03 04 05 06 07 08 09 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30
01 02 03 04 05 06 07 08 09 10 11 12 13
Emmerentia van Jaarsveld (Kruispad-leser)
02
01 nie saak wat nie. Dis 'n veglus wat nie 02 padgee nie, 'n begeerte om hom nie verlore te sien gaan nie. 03Drie spanningsvolle weke gaan verby. Sebastiaan bel my om my 04 te deel hy kan nie sy Corsa mee se sleutels kry nie en hy weet nie 05 gaan hy maak nie, hoe hy by wat die werk gaan kom nie. Ek hoor 06 so duidelik hy is op Cloud 9, geen wonder hy kan niks kry nie. Ek loop 07 oor van spanning, bekommernis en selfs 08 'n tikkie vrees, maar ek praat hard met hom en vertel hom dat hy 09 vir ewig van die werklikheid kan nie ontsnap nie. 10"Waar is jou God?" het ek gevra. "Waar is die God waarvan jy met jou 11 mond getuig maar nie met jou lewe eer 12 nie!" Die Heilige Gees het die woorde uit my mond laat vloei, so presies, so dringend, tog so subtiel 13 en ek sluit ons gesprek af met: "Ek 14 vir jou bid en vas en jy gaan gaan jou lewe in Jesus se Naam ver15 ander!" Ek het by my belofte gehou. 16 Intussen hoor ek niks van Sebastiaan nie, maar ek 17 vertrou op God en ek besluit 18 om te wag totdat God dit op my hart plaas 19 om in te tree. 'n Week gaan verby en 20vas steeds. My foon ek gee sy bekende biep21 geluid vir 'n SMS en biep ek kyk niks verwagtend na 22 my inbox. Message received from 23 Sebastiaan. My hart mis 'n slag … Ek lees die woorde oor en oor 24 en oor: "Ek weet ek het God teleurgestel, ek weet nie hoe jy nog 25my kan bid nie, maar ek wil net vir sê ek het alles opgegee, die Crack, 26 sigarette en die drank. Dit sal nooit weer deel van my wees nie. Ek het 27 my pa vertel en hy gaan my help om 'n28sielkundige te sien om deur my verlies te werk. Saam met God sal ek weer 29 die man wees wat Hy wil hê ek moet wees." 30Ek glimlag en huil tegelykertyd. God is so getrou en Hy is 'n waarmaker van sy Woord. Al wat Hy van ons vra, is geloof. "Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie," (Hebreërs 11:1).
DESEMBER
D
ie Vrydagmiddag voel anders as enige ander. Ek vermoed al vir 'n paar weke dat hy (Sebastiaan*) doenig is met dinge wat hewige gevolge kan hê, maar dit gaan moeilik wees om iets te bewys. Al wat ek kan doen is bid en vra vir wysheid. Ek stap af badkamer toe en 'n koue rilling gly teen my ruggraat af. Die deur kraak toe ek dit oopstoot en 'n skerp reuk brand my neus. Dit is asof die waarheid my letterlik in die gesig slaan. Ek tel met 'n swaarmoedige gees die stukkies foelie op wat in die mandjie lê en vou dit oop … hy het dit gerook en heel waarskynlik 'n mengsel gemaak. My moed sak in my skoene toe ek besef dat my vriend wat die voetspore van Jesus gevolg het, die afdraai langs die pad gevat het, die afdraai wat sê: Escaping reality with a fix. Vir 'n oomblik dink ek dis nie so erg nie, ek gaan net met hom praat en dan sal hy die wit poeier los, maar terselfdertyd besef ek dat geen verslawing so maklik prys gegee word nie en ek weet dit gaan 'n blinde stryd wees, 'n stryd wat ek vir hom moet stry. Dit voel soos déjà vu terwyl ek in my geestesoog sy gesig voor my sien: die druppels sweet op sy voorkop, die aanhoudende gesnuif, sy energie wat nooit ophou nie, 'n laggie wat weergalm in jou ore, die geheime oproepe en dan verdwyn hy vinnig. Ek glimlag sinies as ek dink aan die naam crack, want dis presies wat dit doen, dit crack jou. Wat die situasie moeilik gemaak het, is dat die dealer geweet het waar Sebastiaan werk. Dit het my lewe ook in gevaar gestel omdat Sebastiaan by my werksaam was. Dwelmhandelaars gee nie om wie of wat jy is nie, as jy in die pad is, maak hulle jou stil, veral as daar 'n gevaar bestaan dat hulle ontmasker kan word. So begin my stryd. Ek probeer Sebastiaan bewus maak van die feit dat ek weet, ek skimp-skimp in daardie rigting, maar hy ontken dit ten sterkste. Hy is so oortuigend in sy ontkenningsveldtog dat ek self begin twyfel of wat ek sien real is. Ek besef die donkerte sal enigiets probeer om sy gevangenes in sy greep te behou, maar ek weier om op te gee. Ek gaan Sebastiaan met die wysheid en HERVORMINGSDAG krag wat God my gee lossny maak
KALENDER 2011
NOVEMBER
GETUIENIS
14 15 16
VERSOENINGSDAG
17 18 19 20 21 22 23 24 25
KERSDAG
26
WELWILLENDHEIDSDAG
27 28 29 30 31
* 'n Skuilnaam is gebruik om die persoon se identiteit te beskerm.
31 KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 23
23
2010/12/15 10:02:43 AM
Esmari Linde (Kruispad-medewerker)
A
s jy al God het ek lief of Sing vrolik gesing het, het jy met sy werk te doen gehad. As jy ooit die 1933-vertaling van die Ou Testament oopgeslaan het, het jy iets uit sy vertalerspen gelees. Dalk het jou Afrikaanse onderwyser vir jou die verhaal vertel van die digter wie se dogter deur weerlig doodgeslaan is. Hierdie man was Totius.
Goed, hy is nogal 'n belangrike figuur in ons kerkgeskiedenis, maar dalk voel dit vir jou asof hy, soos skemerkelkies op Mauritius se strande, 'n bietjie ver verwyderd is van jou en jou omstandighede. Totius is egter nader aan jou as wat jy dink. Moes jy al op reis saam met jou gesin slegte koffie afsluk? Het jou ouers jou verbied om jou taal te meng? Moes iemand jou skool toe sleep toe jy klein was? Ons briljante digter en teoloog sou jou pyn voel.
24
Ons gaan in die volgende vier uitgawes na Totius se lewe en werk kyk – wat hy gedoen het, hoekom hy dit gedoen het en veral hoe God sy lewe haarfyn beplan het sodat hy dit kón doen. In hierdie uitgawe skop ons af met 'n kykie op sy kinderjare. Totius (Jacob Daniël du Toit) is op 21 Februarie 1877 in die Paarl gebore. Die naam "Totius" is eers later, deur medestudente in Amsterdam, aan hom gegee. Vir die meeste mense wat hom geken het, was hy
maar net "Japie". Ons moet nou eers 'n paar dinge oor Totius se pa, S.J. du Toit, sê. Hy was die grootste Afrikaanse skrywer van sy eeu, 'n begaafde NGpredikant, 'n politikus en later 'n mynmagnaat (en jy dink jóú ouers sit druk op jou!). In 1875 was hy een van die stigters van die Genootskap vir Regte Afrikaners (die GRA), en ook die stigter (en redakteur) van Di Patriot, die heel eerste Afrikaanse koerant. Japie se ouerhuis in die Paarl was 'n
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 24
2010/12/15 10:02:45 AM
plek van groot bedrywigheid waar manne soos sy pa, Arnoldus Pannevis en C.P. Hoogenhout die stryd gevoer het vir "ons taal, ons nasie en ons land" (die leuse van die GRA). Dus, S.J. du Toit het baie gepraat, en daar is baie oor hóm gepraat … Terug by Japie: Na sy eerste vyf jaar in die mooie Paarl bevind dié seuntjie homself op sy eie "Groot Trek" na Pretoria toe, omdat president Paul Kruger sy pa benoem het as Superintendent van Onderwys van die ZAR (in vandag se taal die "Minister van Onderwys"). Van hierdie reis onthou Totius later die swart, bitter koffie wat hy moes drink toe hulle suiker opgeraak het. Kort na hulle aankoms in Pretoria sterf Japie se ma, Elizabeth, en S.J. du Toit en sy vier kinders (Japie, sy ouer broer Dawid en hul twee jonger sussies) word alleen agtergelaat. Toe hulle pa in 1883 op 'n lang, politiesverbonde reis na Europa gaan, gaan woon die twee seuns by hulle ouma in Kleinbosch, net buite die Paarl! Vir die sewejarige Japie was hierdie 'n wonderlike tyd. Elke oggend staan hy vieruur saam met sy ouma op en kyk hoe sy oggendgodsdiens hou. Hy en Dawid gaan skool by die Hugenote-Gedenkskool wat (kan jy glo!) vroeër onder leiding van hulle pa gestig is. Twee jaar later, in Julie 1885, vind ons die gesin weer bymekaar, terug in Pretoria. Intussen is hulle pa met 'n mejuffrou Anna Malan getroud. Sy en Japie raak gou baie geheg aan mekaar. Die gesin moet egter heelwat aanpassings maak – hulle gaan woon op die plaas Rietfontein (vandag 'n voorstad van Pretoria) en die kinders ontvang onderrig by 'n privaat onderwyseres, terwyl hulle pa al meer betrokke raak by die politiek. Teen 1888 raak dit nodig om die seuns weer skool toe te stuur. Soos 'n mens van die Superintendent van
Onderwys sal verwag, is net die beste skool goed genoeg, en S.J. du Toit kies die Duitse sendingskool, Morgensonne, naby Rustenburg. In hierdie pragtige omgewing ontvang Japie onderrig wat later vir hom baie sou beteken – hy leer onder andere Latyn en Duits (die voertaal by die skool), en kan as twaalfjarige reeds Luther se Klein Kategismus uit sy kop opsê. Hy word ook 'n pligsgetroue werker – die kinders het selfs op Saterdae klas gehad! Hier bly die seuns vir sowat twee jaar, en dan kom die nuus dat hulle pa as Superintendent bedank het. Daar het al meer spanning tussen hom en president Kruger ontstaan, en boonop was daar ontevredenheid onder die volksraad oor sy betrokkenheid by goudmynery. Dis te betwyfel of S.J. du Toit sélf spyt was oor hierdie betrokkenheid, want dit het hom ryk genoeg gemaak om sy gesin daarna op 'n jaarlange reis deur Europa te neem … Op die reis is die twee seuns deur die meeste Europese lande geneem. Hulle kon nie vir 'n beter toergids as hul pa vra nie. Anna het saamgereis, maar gou het daar slegte nuus gekom: haar enigste kind, Stefaan, vir wie hulle saam met die twee dogters by hulle ouma agtergelaat het, het aan kinkhoes gesterf. Die reis is egter voortgesit, en Japie se verstand is gevul met Duitse en Franse kultuur, Romeinse geskiedenis, kuns, en alles wat 'n begaafde dertienjarige kon inneem. Mevrou Du Toit het spoedig die blye nuus gekry dat sy weer 'n kind verwag. Teen die einde van die reis kry die gesin weereens ontstellende nuus: Die goudmaatskappy waarin S.J. du Toit alles belê het, het ineengestort. Skielik is die gesin op straat. Terug in die Paarl (want S.J. du Toit sou nooit weer na die Transvaal teruggaan nie) gaan woon die gesin van sewe in 'n agterkamertjie. S.J. du Toit gaan sit
darem nie op 'n hopie nie; hy begin om die Bybel in Afrikaans te vertaal! Dit begin mettertyd beter gaan, en hy verdien 'n klein salaris as redakteur van Di Patriot. Japie gaan weer terug na die Hugenote-Gedenkskool waar hy deur uitstekende onderwysers onderrig word. In 1893 moet hy as gevolg van 'n ernstige voetprobleem (waarvoor hy 'n operasie moes kry) by sy ouers in die Paarl gaan bly. Hy lê egter nie voor die TV rond nie (☺), maar lees die een boek na die ander en begin om op sy eie vir die matriekeksamen te studeer (destyds moes dit in Engels geskryf word). In Julie 1895 slaag hy dit beter as wat die meeste van ons, sonder voetprobleme, dit in Afrikaans kan doen … Wat 'n besonderse kinderlewe! Luister 'n mens mooi, besef jy dat niks in Totius se kinderjare toevallig met hom gebeur het nie. Die twee skole waarin hy was, was albei privaat Christelike instansies wat hom 'n goeie fondament vir sy latere studies gegee het. Sy pa se bedrywighede het ook in hóm 'n trots vir sy taal wakker gemaak. Ook die swaarkry, naamlik die dood in sy gesin en hulle latere armoede, het hom gevorm. Selfs sy voetprobleem het hom 'n voorsprong gegee, want so het hy die grootste teologiese en letterkundige werke leer ken. Miskien sou hierdie dinge nie so 'n groot invloed op iemand anders gehad het nie, maar Totius was van kleins af 'n sensitiewe mens wat diep oor sake gedink het.
Volgende keer: Japie word 'n geleerde man …
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 25
25
2010/12/15 10:02:48 AM
alleen "Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie," (Deuteronomium 31:8).
D
aar is tye in ons elkeen se lewe wat ons alleen, eensaam of sleg voel. Die Psalmdigter het self gesê: "Ek voel so verlate soos 'n pelikaan in 'n woestyn, soos 'n uil tussen murasies. As ek wakker word, voel ek soos 'n eensame voël op 'n huis se dak," (Psalm 102:7-8). Soos wat ons groot word en ontwikkel, word ons meer bewus van onsself en ander. Ons leer gou dat dit wat ander doen 'n invloed op ons het. Ouers wat gil, maats wat jok, onnies wat afkraak, en broers en susters wat afjak. Hierdie dinge laat ons vrae oor onsself vra: "Hoekom raas en baklei almal altyd met my? Wat doen ek verkeerd? Wat is fout met my?" Dié vrae laat 'n mens deurmekaar voel oor baie goed (die wêreld, ander mense), maar veral oor jouself. Daar is geen ander tyd in 'n mens se lewe wat jy jouself so peper met die vrae soos in jou tienerjare nie. Dit is 'n tyd wanneer ons gevoelens, gedagtes en gedrag deurmekaar en vol issues is. Dit is 'n tyd vol twyfel, wonder, weet, vrees, onsekerheid, sadness, happiness, stres, bekommernis, alles op een slag. Hoekom? Want dit is die tyd wanneer jy jou eie identiteit skep en dít is nie maklik nie. Om ons te help met die proses, span ons saam met ander wat dieselfde voel en word groepe gevorm: Emo's, Jocks, en Nerds, om maar 'n paar te noem. Daar is absoluut niks verkeerd daarmee as mense wat sekere ervarings deel 'n groep stig nie. Inteendeel, ons almal het 'n behoefte om deel te wees van 'n groep wat soos ons voel. Al hang hulle hare in hul oë, al hardloop hulle heeldag op die sportveld rond, al speel hulle heeldag computer games, die punt is om jouself te kan express en aanvaar te word vir wie jy is. So, is dit cool en oukei om saam met ander jouself te sny, om ander te boelie of om deurskynend wit te word omdat jy nooit die son sien nie en heeldag agter 'n rekenaarskerm sit? No ways! Hoe moet ek dan weet wat is ongesond, gevaarlik of not ayoba? 'n Klomp tieners het onlangs 'n Christenkamp bygewoon. Dit was 'n plek waar tieners hulself en hulle geloof kon express. 'n Groep het ontwikkel waar mense aanvaar gevoel het. Terug by die skool het die kinders ander ook na hulle groep toe genooi. Nie lank nie of byna die hele skool was deel van die beweging. Kinders wat nie deel van die groep wou
26
wees nie, is met Bybelverse gemaan om hulle lewens te verander. Later was daar dreigemente dat "daar nie plek in dié skool is vir hulle nie". Die kinders is geterg, geboelie en aangeval in die naam van Christenskap. Skokkend! Hoe kan iets wat so goed begin het, so skeef draai? Hoe weet ek of die groep waarin ek is gesond is? Veiligheid is die antwoord. 'n Groep is daar om aanvaarding en veiligheid te gee. Sodra mense seerkry, weet ons dat die groep ongesond geword het. Indien iemand rondgestamp word, geterg word, of emosionele of fisieke beserings kry, weet ons. Dit is oukei om met jou hare in jou oë, swart klere en make-up rond te loop, maar sodra jy jouself begin sny, moet jy weet daar is 'n probleem. NOT ayoba! Hoewel 'n groep aanvaarding en liefde gee, is dit nie alles nie. Dit is belangrik dat jy ook alleentyd het. Ons dink dit is sleg, verkeerd of abnormaal om af, alleen of eensaam te voel. Ons moet mos soos die mense op TV wees, altyd gelukkig en nooit alleen nie. Wrong! Dit is goed om alleen te wees. Indien ons altyd saam met ander is, sal ons nooit tyd kry vir onsself en ons eie gedagtes nie. Jy kan nie van jouself ontslae raak nie, so hoe sleg moet dit wees as jy jouself nie leer ken nie of niks van jouself hou nie?! Crazy! Dit is dus belangrik dat jy tyd alleen spandeer om jou behoeftes, jou idees, jou gevoelens, jou looks, jou krag en jou swakheid te leer ken, te leer verstaan en te leer waardeer. Dit is niemand anders se werk om jou goed te laat voel oor jouself nie! Dit is jóú werk! Jesus is 'n goeie voorbeeld vir ons. Hoewel Hy 'n groep gehad het wat mekaar aanvaar en lief gehad het (die dissipels), is ander nie uitgeskuif, geboelie of gespot nie. Toe die dissipels mense wou wegjaag, het Jesus vir hulle kos gegee. "Toe dit al aand begin word, het sy dissipels vir Hom kom sê: 'Dit is 'n afgeleë plek en dit het al laat geword. Stuur die mense terug dat hulle vir hulle kan gaan kos koop in die dorpe.' Maar Jesus sê vir hulle: 'Hulle hoef nie weg te gaan nie. Gee julle vir hulle iets om te eet,'" (Matteus 14:15 en 16). Jesus het ook gereeld tyd gemaak om alleen te wees. "Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na 'n eensame plek en daar gebid." (Markus 1:35) en "Hy het Hom toe van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi. Daar het Hy gekniel en gebid," (Lukas 22:41). Ons moet sy voorbeeld volg! Geniet dus jou maats en jou groep. Gesels oor dinge wat julle pla, wat julle gelukkig maak, wat julle kwaad, moedeloos en laf maak. Aanvaar mekaar
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 26
2010/12/15 10:02:53 AM
HULP Johannes Schickerling (Kliniese sielkundige, Kruispad-redaksie)
en share met mekaar. Gun ander die geleentheid om dieselfde ervaring te hê, maak nie saak hoe weird nie. Maar maak ook tyd vir jouself. Leer ken jou nukke en grille. Aanvaar jou looks, jou lag en jou lawwigheid. Maak seker dat dit wat jy en jou groep doen jou goed laat voel oor jouself en ander. Wat doen ek indien ek altyd alleen is? • Vind uit wat veroorsaak dat jy altyd alleen is: - Ek bly altyd net in die huis en gaan nooit êrens heen nie - Ek vertel myself dat ek lelik, dom en vervelig is, en dat niemand van my sal hou nie - Ek vertel myself dat niemand my verstaan of ooit sal verstaan nie - Ek word altyd bang en probeer nooit iets nuuts nie. Ek is bang vir nuwe ervaringe en nuwe mense
• • • • •
- Ek laat ander toe om baas oor my te speel, te sê wie ek is en wat ek mag doen - Ek vertel myself ek is 'n swartskaap en sal nooit inpas nie - Ek dink daar is iets fout met my Kyk na die goed wat jy wel kan verander Praat met net een persoon wat jy kan vertrou Vra vir hulp by verskillende persone Leer nuwe vaardighede (assertiwiteit, konflikoplossing, goeie kommunikasie) NB! Weet jy is nooit alleen nie: Jesus is altyd by jou! Jy hoef nooit te vra "My God, my God, waarom het U My verlaat?" (Matteus 27:46) nie, want Jesus het hierdie alleenheid reeds namens ons gedra en verseker dat nie ek of jy dit ooit hoef te beleef nie!
Indien jy worstel met enige probleem (of iemand ken wat met 'n probleem worstel), en nie die vrymoedigheid het om met iemand wat jy ken daaroor te praat nie, stuur net 'n e-pos aan help@kruispad.net. Alle korrespondensie sal natuurlik streng vertroulik hanteer word! Waaroor sal jy graag advies wil hê in Kruispad? Stuur vir ons jou voorstel na advies@kruispad.net.
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 27
27
2010/12/15 10:02:57 AM
A
L ooit gesien wat gebeur as 'n mens water op 'n suur gooi? Enige wetenskaplike sal vir jou kan sê: Dis 'n NO-zone! In hierdie verhaal is ek die water en Jess* die suur. Gooi ons saam en jy het 'n uiters plofbare situasie. In 'n normale geval sou twee sulke uiteenlopende mense uit mekaar se pad bly. Nie ons twee nie. Ons is skynbaar die beste vriende op aarde. Vier jaar terug was ons werklik die toonbeeld van vriendskap. Jess, Marie* en ek. Twee jaar later het dinge bietjie verander. Skielik was dit asof alles van my haar irriteer. Ons kon nie meer as twee woorde praat sonder dat sy my afjak of haar oë rol
din en ek gee om vir haar. Hierdie was dalk my groot fout. Die Woord sê vriende moet dinge uitpraat voor die damwal breek en groot skade aanrig (Spreuke 17:14). In die aande het ek God gevra om haar hart sag te maak, haar seer weg te vat en my verdraagsamer te maak. Ek het gepleit dat die Here my moet wys wat ek moes doen om ons vriendskap te herstel en dat die Here my die selfbeheersing moet gee om te doen wat Hy vra. Marie het my deur hierdie tyd gedra, al kon sy nie verstaan wat met een van ons aangaan nie. Hoekom is sy nasty en hoekom vat ek haar nie aan daaroor nie?
nie, gefluister. Ek was so verstom oor my reaksie. Ek vloek nooit nie! Nie eens in my gedagtes nie. Waarvandaan het hierdie woorde, teenoor my vriendin van alle mense, gekom? Ongelukkig het sy dit ook gehoor. Nodeloos om te sê, sy was briesend. Die damwal het gebreek. Ek het om verskoning gaan vra, maar sy het my presies vertel hoekom sy nie van my hou nie. Hoekom ek haar irriteer. My woorde was net die laaste strooi. Sy voel lankal so teenoor my. Haar woorde het seergemaak, maar ek het geweet ek verdien dit. Met twee woorde is twee jaar se selfbeheersing en verdraagsaamheid
'n Week terug was dit fotodag by die skool. Alles het goed begin tot Jess my voor die hele klas 'n snedige opmerking toegesnou het. Haar glimlag was egter so soet, niemand sou haar kon beskuldig dat sy onbeskof teenoor my was nie. Ek het geglimlag en uitgestap. Van binne het ek egter gekook. Later die dag is ek effens laat vir een van die foto's en na die meneer my klaar uitgeskel het, gaan staan ek in die ry voor Jess. "Hoekom is jy laat?" hap sy. "Jy is lank, Reneé, gaan staan daar voor." Ek het weggestap en teenoor myself die twee woorde, wat geen persoon ooit vir 'n ander hoef te sê
weggevee. Dit maak nie meer saak dat ek vir twee jaar nie oor haar geskinder het nie, nie haar beledig het nie, nie onbeskof of sarkasties teenoor haar was nie. Ek het dit gesê. Nie sy nie. Ek. Ek het die damwal laat breek. Die aand het ek by die Here gehuil en Hom gevra om my te vergewe en ek weet Hy het. Maar môre moet ek weer skool toe gaan, in Jess se oë kyk en ek sal skuldig voel omdat ek nie genoeg selfbeheersing gehad het nie. Ek weet dat dinge nooit weer dieselfde sal wees nie. Nie eens vir die skyn nie.
Reneé Pieterse (Kruispad-leser)
nie. En bewaar my siel as ek dit sou waag om 'n vraag te vra. Sy het my geantwoord asof dit die simpelste vraag op aarde was. Hoe kon ek nie die antwoord ken nie?! Die groot verskil tussen my en Jess is dat ek konflik vermy en sy stroomop daarin vasswem. Sy het baklei en ek het teruggetrek. Sy het my afgejak en ek het eerder my mond gehou as om iets te sê en haar moontlik verder die harnas in te jaag. Dit maak nie saak hoeveel keer sy my in die openbaar verneder het nie. Dit maak nie saak hoeveel sy my met haar woorde seergemaak het nie, ek het my mond gehou, want sy is my vrien-
* Skuilname is gebruik.
28 28
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 28
2010/12/15 10:03:00 AM
Laat my na liefde lang!
Vervuld
Jy het geweet van die begin ek wil jou hê. Ek wou my liefde langs jou hart neerlê.
Ingeseën tot God Almagtig, Christus Jesus en Heil'ge Gees. Jy – met Hom in jou – kragtig voor die versoeking van die vlees, sal onoorwinbaar vir ewig wees.
Wikus Janse van Vuuren (Kruispad-leser)
Jou lag, soos 'n simfonie orkes in volle gang Die klank van jou stem laat my na liefde lang So sag soos somerreën, die vorm van jou gesig Die liefde, stralend uit jou hart, soos 'n gedig. My gedagtes swerf om jou vorm Dit wat ek voel is als behalwe die norm Die gevoel wat van binne brand Ons liefde is soveel soos die see se sand Jy weet wat my hart raak Hand in hand sal ons dit maak Hier is dit nie net ek en jy Ons is drie wat saam sal stry
Charlotte Krüger (Kruispad-leser)
Satan slaan ons op ons knieë, maar juis dan gaan ons Verlosser te werk terwyl Hy ons twyfel wegvee en ons van nuuts af versterk. Onthou, gebed is heilig, want dan is die Vader by ons: In sy teenwoordigheid is jy veilig as haat en sonde om jou gons.
Soos wind wat tussen bome verdwaal Ek dink aan ons, vir die soveelste maal Ek weet nie wat ek sonder jou sou maak Laat ons op hierdie dag, in liefde, een raak My hart, geoffer, op 'n skinkbord geplaas God is die Een wat lewe in die liefde blaas
Wil jy graag 'n bydrae instuur vir die volgende Kruispad-uitgawe? Stuur dit vir ons na kreatief@kruispad.net. Dit kan enigiets wees – 'n gedig, artikel, foto, skildery, of wat dan ook al! Die redaksies wil graag jou gawes gebruik om God te eer! (Dus moet die bydrae God-erend van aard wees.) Ons sien uit daarna om julle bydraes te ontvang!
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 29
29 29
2010/12/15 10:03:03 AM
LEEFSTYL
E
k het onlangs die besonderse voorreg gehad om 'n paar dae in Rome deur te bring. Die Saint Petrus basilika in die Vatikaanstad was ongetwyfeld op my lysie van dinge om te sien, aangesien ek 'n groot aantrekking het tot plekke van aanbidding. Alhoewel my eerste poging tot toegang onsuksesvol was weens 'n kniebroek wat nie aan die vereiste lengte voldoen het nie, was ek die volgende dag slaggereed met die mees netjiese klere wat 'n ou op toer saamneem. (Wat frustrerend was, is dat die pous se gesante eers die klere inspekteer nadat 'n ou twee ure lank deur die tou van mense gebeur het.) Die Saint Petrus basilika is regtig iets besonders en ek het lank stilgestaan by die Piëta, 'n afbeelding van die afgesterwe Jesus wat in Maria se skoot lê. As 'n mens dit sien, verstaan jy waarom Michelangelo beskou word as die grootste kunstenaar van alle tye. Die deernis, hartseer en verslaentheid in Maria se hele uitdrukking ruk 'n mens en het aan my 'n gevoel van absolute heiligheid gegee. Die res van die basilika is vol meesterstukke wat 'n getuienis dra van God se heiligheid, heerlikheid en genade. Wat by my opgekom het, was dat hierdie mense hulle Christenskap so ernstig opneem het dat net die beste goed genoeg was. Die basilika self is gebou op die plek waar Petrus (volgens oorlewering)
gekruisig en begrawe is. Petrus se belydenis as die rots waarop Jesus se kerk gebou sal word, kom in 'n mens se gedagtes op. Alhoewel die ervaring inspirerend was, was daar tog iets wat my gepla het – ek het nie geweet wat nie. Ek het nie geweet of dit die samedromming was wat hierdie plek meer 'n toeristeaantreklikheid gemaak het nie, of dit dalk 'n jammerte by my was dat hierdie besonderse gebou selde nog vir aanbidding gebruik word nie. Toe ek van die stasie af terugloop na die gastehuis het dit my getref. Daar op 'n plein was 'n groepie Christene besig om die boemelaars kos te gee en te bedien. Alhoewel ek nie 'n woord van die Romein se Italiaans kon verstaan nie, was die liefde en empatie in sy stem en oë duidelik. Die boodskap – almal is welkom by Jesus ongeag hulle status, rykdom of selfs die lengte van hulle broek. Ek gaan myself nou nie voorhou as 'n teoloog nie, maar vir my is die sentrale waarheid dit: Dit is goed om 'n mooi en heilige Christen te wees. Ek dink God verwag dat ons net ons beste vir Hom sal gee, maar as dit nie 'n werklike verskil maak nie, is dit soos die Piëta pragtig om na te kyk, maar van geen praktiese waarde in 'n samelewing wat smag na liefde nie. Opregte, liefdevolle sorg en omgee vir mense in nood, bly die ware meesterstuk van Christus se liefde.
Francois Pienaar (MES)
30
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 30
2010/12/15 10:03:09 AM
Vetkryte in 'n ry 'n Rubriek deur Edgar Trollip
I
n my Power Ranger-dae het ek gehou van bokse (ek dink nie ek het ooit die woord dose op daardie stadium gebruik nie). Die fenomeen van bo-op klim, binne-in klim of bokshuise bou, was iets wat my verbeelding aangewakker het. My Biologie-onnie het my 'n deursnitskets gewys van die brein. Dit blyk dat die brein twee dele het, ek noem dit breinbokse. Jou linkerbrein is die ene wat werk met die analitiese denke, terwyl jou regterbrein fokus op kreatiwiteit. Ek verstaan, nie almal kan ewe kreatief wees nie, maar hoekom sit ek myself meestal in die linkerbreinboks? Kan ek nie in al twee bokse speel nie? Dalk is dit eerder een groot boks, waarvan ons net die helfte gebruik. Nee, die boks maak die kapasiteit daarvan beperk. Die uitdrukking "uit die boks uit dink" kom op in my gedagtes. Ons word op skool geleer dit is beter om analities te wees, dis meer aanvaarbaar om binne in die boks te wees en soms sal jy selfs
gestraf word wanneer jy uit die breinboks klouter. Iewers tussen kleuterskool en laerskool spoel hierdie kreatiwiteit by die drein af. In die kleuterskool kon jy buite jou ry staan, oor die lyne inkleur en op goeters klim. Op laerskool was jy diep in die moeilikheid as jy dit doen. Moenie 'n fout maak nie, skool is 'n wonderlike ding, maar dit inhibeer jou kreatiwiteit. Kyk net, vakke wat as die belangrikste beklemtoon word, is wiskunde, wetenskap en rekeningkunde. Die verskynsel is nie 'n onlangse een nie. Dit kom al van toentertyd af, vandat die reguitlyn ontwerp is. Ek val glad nie die vakke aan nie, maar eerder die prinsiep wat daarmee gepaardgaan. Ek het 'n groot leemte waar my kreatiwiteit moet wees. Die krater in my kreatiwiteit is glad nie skool se skuld nie, dit is my eie skuld. Skool het dalk 'n groot invloed gehad, maar ek het myself oorgegee om beïnvloed te word. Ongelukkig is skool nie opsy geplaas vir kreati-
witeitwerkskole nie (wel anders om), maar skool is die basis van die vormingsjare. Onder die goed afgeronde take (wat Mamma en Pappa gedoen het), skerp potlode en netjiesoorgetrekte boeke, lê 'n groen army mannetjie en 'n massiewe graad twee kunsboek. As ek stilword en terugdink, kan ek steeds die vele oorloë op die sitkamervloer onthou. Ek onthou ek het hierdie stillewe opsetlik geteken met funky blomme en blou-pers lug. Die juffrou was vies en ek moes dit oordoen. Ek verstaan nou sy wou hê ons moes almal in dieselfde rigting dink, maar ek wou nie en ek kon dit nie insien nie. Kreatiwiteit is kosbaar. Ek glo ek kan nog net so kreatief wees. God is die Skepper, sy heerlikheid en kreatiwiteit gaan my verstand te bowe. Kyk net na … wel, alles. Ons is in sy beeld geskape, so dit maak ons ook kreatief. Jy word kreatief gebore, jy kies of dit verlore gaan al dan nie.
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 31
31
2010/12/15 10:03:15 AM
Chantelle Tredoux (Kruispad-redaksie)
D
ie Liedjieskrywer en uitvoerende kunstenaar, Joe Niemand, se soloalbum, LOVE, het onlangs die lig gesien. LOVE is die lank verwagte opvolg op die Glory To The King projek wat by MMC '09 vrygestel is. Kruispad het by hom gaan inloer om meer uit te vind oor die kunstenaar en sy liefde vir ons Here. Vertel ons 'n bietjie meer van jouself My naam is Joe Niemand (nie 'n stage naam nie). My band se naam was Niemand en ek is nou solo. Ek is in voltydse musikant wat in Johannesburg bly en ek is ongetroud, maar enige CV's kan gestuur word na diemooisteprinsesindiewereldwatweetdatJesusruleenmetjoewiltrou.co.za. Waarvandaan kry jy jou inspirasie? Reguit en ongefiltreerd uit die Bron van alle kreatiwiteit, Jesus Christus. Wat is jou gunsteling liedjie en waarom? Happy Birthday. Dis altyd 'n lekker dag as mense dit vir my sing. Gunsteling plek waar jy al opgetree het, en hoekom? Ek het al in Amerika, AustraliĂŤ, Ierland, Engeland, NamibiĂŤ, Israel en Boksburg gesing. Ek dink my gunsteling optrede was vir vriende om 'n vuur.
32 32
"Die mense wat kies om Hom as hulle Koning te kroon, is die mense wat kan help om verandering te bring. Die res is alles side shows wat nie hou nie."
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 32
2010/12/15 10:03:21 AM
KUNSTENAARSPROFIEL
Wat dink jy is die grootste probleem onder die jeug vandag, en hoe behoort hierdie probleem aangespreek te word? Dis nie net die jeug wat issues het nie. Die hele wêreld is stukkend. Ons is stukkend, ons ouers is stukkend en Jesus is die enigste een wat iets kan doen daaraan. Die mense wat kies om Hom as hulle Koning te kroon, is die mense wat kan help om verandering te bring. Die res is alles side shows wat nie hou nie.
Ek hoor jy gee CD’s verniet weg! Het jy ryk geërf, of hoekom sou jy so iets aanvang? Ek het ongelooflik ryk geërf. My Pa besit alles in die heelal. Hy het my gevra om Hom blindelings te vertrou en ek het. Dit maak nie sin nie, maar God maak ook nie sin nie. Hy pas nie in ons boksies in nie. En ek glo Hy geniet dit om vir ons te wys wat Hy kan doen as ons net bereid is om te glo dat Hy kan doen net wat Hy wil.
Wat is die boodskap wat jy deur jou musiek wil uitdra? Dat God Koning is en ons liefhet. Dat Hy Jesus gestuur het om alles vir ons te dra. Dat Hy vir almal doodgegaan het, nie net vir Christene nie. Al wat ons nodig het om te doen om vir altyd saam met Hom te kan bly in sy amazing koninkryk, is om in Hom te glo. Dis so basic, maar die slimste mense gaan hel toe omdat hulle eerder self wil kies en dink dat hulle beter opsies het as God. Hy is so lief vir ons en wil vir altyd saam met ons deurbring, dit is hoekom Hy ons gemaak het. Maar Hy soek nie robotte nie, ons het elkeen 'n keuse waar ons wil wees. Ek wil huis toe gaan na Hom toe en ek wil hê almal moet saamkom.
Hoe lyk 'n tipiese dag in die lewe van Joe Niemand? Ek skryf in die oggend, spandeer tyd saam met my Vader en die res van die tyd doen ek wat ook al gedoen moet word om die planne wat Hy my gee, uit te voer. Ek het 'n amazing span mense wat my daarmee help en sonder hulle sal ek nie kan doen wat ek doen nie. Enige boodskappe of raad wat jy vandag vir jongmense kan gee? Spandeer elke dag tyd saam met jou Pa in die hemel, leer sy stem herken en as jy bly doen wat Hy vir jou sê om te doen, sal jy fine wees.
Joe in een (of amper een) woord … Fliek of DVD? Bar-one of Lunch Bar? Gunsteling Band? Mercedes of BMW? Gunsteling boek? Facebook of Twitter? Gunsteling Bybelkarakter? Jeans of Khaki broek? Gunsteling Rugbyspan? See of Bosveld?
Fliek Lunch Bar Goodyear ☺ Mercedes Die Bybel Facebook Jesus, en Dawid in 'n slegte 2de Lol, Jeans Bokke en Bulle Bosveld in die winter, see in die somer
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 33
33
2010/12/15 10:03:29 AM
Resensies: Janien de Kock | Rynhardt Pretorius | Dirk Kruger
lees dit?
To save a life Jim & Rachel Britt ISBN: 978-0-9823744-6-7 Outreach-publikasies 2009
ONS almal weet dat daar in skole, koshuise en vriendekringe die cool en die minder cool mense is. Dit is waar dat hierdie tipe onderskeid belaglik en oppervlakkig is. Maar dit bestaan en dit raak mense se lewens. In jou omgewing is daardie meisie wat eenkant sit en nooit 'n woord sê nie, die ou wat alles sal doen om "in" te wees selfs al slaan hy sy naam met 'n plank en die ou wat mense afstoot en bang maak met sy optrede terwyl dit lyk asof hy net nie omgee nie. Wie is daardie mense as hulle alleen is? Waaraan dink hulle en hoekom tree hulle op soos wat hulle optree? Die boek To save a life (gebaseer op die fliek met dieselfde naam) wonder ook oor hierdie dinge, maar op so 'n manier dat lyk soos 'n gewone tienerfliek wat deur Hollywood gemaak is. Die boek vertel die storie van Jake Taylor, 'n ou wat alles het: 'n basketbalbeurs, die perfekte meisie en die "regte" vriende. Almal is mal oor hom. Omdat Jake so graag populêr wil wees, skuif hy 'n vriend, Roger, wat in sy kinderdae baie vir hom beteken het, eenkant toe. Roger voel alleen en verontreg en in sy woede daag hy op 'n dag met 'n geweer by die skool op. Ten spyte van Jake se laaste pogings om hom te keer, pleeg Roger selfmoord. Hierdie gebeurtenis ontstel Jake en laat iets in hom verander. Hy is verward en kan nie ophou wonder of hy nie miskien vir Roger kon gered het nie. 'n Jeugprediker vertel vir Jake dat hy God nodig het. Jake word 'n Christen en begin hard na antwoorde soek. Hy besluit om hom te ontferm oor al die mense in sy skool wat hy dink soos Roger is. Hy reik uit na boekwurms, vaalsiele en eenkantmense. Maar Jake se vriende keur nie hierdie optrede goed nie. Hy oortree tog die "normale rangorde van die lewe." Alles wat vir hom belangrik is, word bedreig. Dinge begin buite beheer raak. Sy pa verneuk sy ma, sy meisie raak swanger en sy gewese vriende spot en verneder hom. Hierdie dinge dwing hom om die belangrike vraag te vra: Waaroor wil ek hê moet my lewe gaan? In die proses besef Jake wat dit presies beteken om 'n Christen te wees en hoe om 'n ander persoon se lewe te red. Die boek skram nie weg van dinge waarmee tieners gekonfronteer word nie. Dit spreek goed soos tienerseks, aborsie, dwelm- en alkoholmisbruik, asook selfmoord aan. Juis omdat dit hierdie goed so reguit aanspreek, is dit 'n goeie boek om te lees. Dit stel die skoolsituasie realisties voor en raak relevante kwessies aan. (Natuurlik in die Amerikaanse konteks.) Die enigste kritiek wat ek eintlik teen die boek kan gee, is dat dit in Amerika afspeel, maar dit maak dit nie minder relevant nie. Ons wil dalk glo dat hierdie tipe goed ons nie hier in Suid-Afrika bereik nie, maar ongelukkig word ons ook daarmee gekonfronteer. Die boek is roerend en inspirerend op 'n sagte en lewenswerklike manier. Dit laat 'n mens met nuwe oë na die mense om jou kyk. Dalk vra dit net 'n glimlag of 'n hallo van jou om iemand beter oor hom- of haarself te laat voel en te keer dat hy of sy iets drasties doen. Die boek se boodskap is dat ons minder moet oordeel en mense in hokkies moet sit, en eerder moet vra of hulle ons nie nodig het nie. To save a life kry iets reg wat min gebeur: dit stel geloof voor as iets wat jou nie net gesond en vry kan maak nie, maar wat ook nogal "in" is. Lees dit, dit sal jou raak!
34 34
Legendary Regisseur: Mel Damski Samuel Goldwyn Films & WWE Studios 2010 OB* 13 G *Ouer begeleiding
kyk dit?
luister dit?
Saam Met Engele Jean Marais Merchant Musiek 2010
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 34
2010/12/15 10:03:33 AM
le
Cal Chetley (Devon Graye) is 'n hoërskool outjie wat nie baie sportief is nie. Hy bly saam met sy ma (sy pa is dood in 'n motorongeluk) en hy hou die familiebesigheid aan die gang, die local visdam. Hy ervaar egter probleme met 'n paar boelies en hy mis sy vervreemde broer, Mike (John Cena), na wie hy nogal opgekyk het. Wanneer Cal besluit om te begin stoei, is sy ma nie te gelukkig nie, want sy voel dit neem 'n mens se lewe oor. Cal bly by sy besluit staan en met die hulp van Mike pak hy stoei aan en neem hy deel aan die kampioenskappe. Legendary is die eerste fliek wat deur WWE Studios uitgegee word. Hulle idee is om OB films te maak en ook ander kante van hulle supersterre te wys. Die kwaliteit van die fliek is goed en die akteurs vertolk hulle rolle baie goed. Devon Graye as 'n maer outjie wat wil gaan stoei en ook nog probeer om die verhouding tussen hom, sy ma en broer te herstel, dra die fliek baie goed. John Cena vertolk ook sy rol as die depressiewe broer goed. Die groot kontras tussen die tingerige Cal en die reus Mike, was nogal met tye baie snaaks. Danny Glover maak ook sy verskyning met 'n paar wyse woorde vir Cal.
Die storie is nie juis van die oorspronklikste nie, maar tog is die fliek uniek. Sake soos vergifnis en versoening word hanteer. 'n Mens sien Mike se skuldgevoel oor sy pa se dood duidelik in die manier wat sy lewe uitdraai. Hy gee hom oor aan alkohol en raak aggressief. Met Cal se ingryping begin hy egter besef dat hy op die verkeerde pad is. So begin Cal se verhouding met sy ouer broer stadig maar seker herstel. 'n Mens sien ook hoe belangrik familie is en dat 'n mens dinge moet uitsorteer voordat dit heeltemal skeefloop. Die inhoud van Legendary is matig. Dit het 'n ouderdomsbeperking van 13 vir geweld. Die geweld behels stoeigevegte en twee kroeggevegte waarin Mike betrokke is. Seksuele vergelykings kom ook voor, maar niks eksplisiet nie. Die taalgebruik is matig, maar ek het geen laster opgetel nie*. Dit was 'n aangename, genotvolle fliek om te kyk. Sake soos vergifnis en uithouvermoë is hanteer. Dit gaan nie hier pertinent daaroor om te wen nie, maar om iets te probeer en nie tou in te gooi nie. Dit is 'n "skoon" fliek met geen onverwagse of ongewenste taal en tonele nie. Kyk dit gerus. 7/10
* Alhoewel ek geen laster in Legendary opgemerk het nie, kan dit soms gebeur dat ek 'n woord of twee mis.
JEAN Marais is alles behalwe nuut op die Afrikaanse Lofen Aanbiddingsmark. By die mannekonferensie in 2009 het Jean saam met Louis Brittz die album Ons Koning kom! opgeneem. 'n Album wat 'n topverkoper geword het en die SAMA en TEMPO toekennings ontvang het. Wat wel splinternuut is, is Jean se debuutalbum, Saam Met Engele. Vir die eerste keer kan ons luister na sy eie songs, sekerlik van die beste na die Retief Burger se Luidkeels trio. Die album is gepak met dertien nuwe en opwindende songs uit Jean se pen. Daar is snitte waarmee jy net dadelik sal wil saamsing, soos Abba Vader. En is die doel van
lofmusiek nie juis dat ons saamsing tot eer van God nie? Ek dink inderdaad so! Dus sal ek sê dat hierdie album die doel bereik. Jean sê: "Hy is God! Elke noot, elke woord, en alle beplanning wat in hierdie produk ingegaan het, was vir een rede: Om te proklameer dat Hy die Naam bo elke naam is, die Skepper, die Here, en ook die een wat ons so ontsaglik liefhet dat Hy ons intiem wil ken en sy familie noem." Dus kan ons sê dat die album beslis die regte motivering daaragter het, goeie lirieke, catchy tunes en 'n awesome doel, om God te verheerlik. Ek het dit geniet om daarna dit te luister en beveel dit graag aan. 7/10
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 35
35
2010/12/15 10:03:36 AM
Hier is 'n dubbele uitdaging: 'n Blokkiesraaisel waarin die leidrade die antwoorde is, maar sonder om te sê waar dit inpas. Die eerste uitdaging is om AL die woorde op die regte plek in te pas. Die tweede deel van die uitdaging is: Al die woorde van 'n volledige hoofstuk in die Bybel is gebruik. Party woorde is natuurlik meer as een keer gebruik, maar net een keer gemeld in die blokkiesraaisel. O ja – kappies en aandagstrepies is weggelaat … Watter Skrifgedeelte is gebruik?
LEIDRADE: 1. U 2. BY EK EN HY IS JY MY OP SE SY 3. AAN DAG DAT DIE DIT EER GOD HET HOM MET NIE NOU SAL TOT UIT VAN VIR WAS
5. DINGE GEGEE GROOT JUBEL JULLE KWAAD ONDER VOLKE WATER 6. BEKEND GEDOEN ISRAEL REDDER WERELD
7. DAARDIE HEILIGE REDDING UITKOMS UITROEP VERTROU
Stuur jou naam, adres, ouderdom en korrekte antwoorde voor 30 September 2011 aan red@ kruispad.net, of stuur dit per faks of slakpos aan die Kruispad-kantoor (ons besonderhede is op bladsy 2). Die eerste twee korrekte inskrywings ontvang 'n CUM-geskenkpakkie.
8. BLYDSKAP FONTEINE INWONERS 9. VERKONDIG 10. BESKERMING
4. BANG DADE HELE HERE JUIG KRAG LOOF MAAK MAAR ROEP SING SION SKEP WANT
36 36
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 36
2010/12/15 10:03:39 AM
"WAT wil jy graag eendag word? Waar gaan bly? Wil jy dalk emigreer? Hoe voel jy oor die toekoms van Suid-Afrika?" Hierdie is die tipe vrae wat elke dag aan jongmense gevra word. Maar het ons die antwoorde? Weet ons regtig wat ons dink van jongmense se toekoms in Suid-Afrika? Daar is siniese volwassenes, maar ook net sulke siniese jongmense. Ander is weer positief en leef elke dag voluit. Kruispad het 'n paar jongmense gaan vra wat hulle dink van die toekoms vir jongmense in Suid-Afrika:
André (21): Ek weet nie meer of ek so graag in SuidAfrika wil bly nie. Dit klink nie vir my asof die toekoms goeie dinge voorspel nie. En buitendien kan ek baie meer geld in die buiteland maak. Janet (16): Ek weet dat die toekoms seker moeilik gaan wees, maar ek is lief vir my land en glo dat God ons vir 'n doel hier laat bly. Marike (18): Ek weet nog nie eers wat ek na matriek gaan doen nie. Ek lewe maar van dag tot dag. Estamarie (23): Die toekoms is onbekend en dit is hoekom almal so bang is daarvoor. Vertrou net op God en loop jou pad soos Hy dit vir jou wys. Die oomblik as jy jou oë van Christus afhaal, gaan jy sink soos Petrus toe hy op die water geloop het. Fanus (17): Ek gaan weg. Daar is nie 'n toekoms vir blanke mans in Suid-Afrika nie. Juanri (15): Ek weet net dat 'n mens hard moet werk
om die dinge te kry wat jy wil hê. En dit is wat ek gaan doen. Daar is baie mense in my skool wat negatief is en net vir aardse goed lewe, maar ek probeer om my oë op my doel te hou. En God sal my mos help. Sue (14): Ek weet nie, ek probeer om eerder nie te veel daaroor te dink nie en hoop maar dit gaan beter. Barend (21): Dit help nie om net heeltyd te kerm oor wat in die land aangaan nie. Ons as jongmense moet van ons rusbanke af opstaan en self iets begin doen. Hoe anders kan ons 'n verskil maak aan die toekoms? JP (16): My ouers is baie negatief oor die toekoms in Suid-Afrika. Ek kan verstaan dat hulle wil vashou aan hoe dinge in die verlede gewerk het, maar hulle maak my ook negatief. En ek wil nie negatief wees nie. Ons glo tog dat God 'n plan met ons het, nie waar nie? Sanmarie (15): Ek leef volgens die stelling: Let go and let God. As ons as jongmense dit net wil vang, gaan ons nie meer so leeg en rigtingloos voel nie.
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 37
37
2010/12/15 10:03:42 AM
38
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 38
2010/12/15 10:03:46 AM
KRUISPAD | UITGAWE 20
Kruispad Uitgawe 20.indd 39
39
2010/12/15 10:03:50 AM
40 Kruispad Uitgawe 20.indd 40
2010/12/15 10:03:54 AM