Kruispad #22

Page 1


H O E KO M is ons hi er? Kruispad is … 'n eietydse tydskrif met Reformatoriese inhoud, gefokus op aktuele sake, gerig op jong, groeiende gelowiges om toerusting te gee vir die maak van ingeligte keuses wat lei tot geloofsgroei.

H O E w il o ns di t doen? Deur 'n interaktiewe medium daar te stel wat relevante temas bespreek en jong gelowiges motiveer om die pad van die kruis van Christus te stap en volwasse in die geloof te word, sodat God die eer sal kry en die Kerk opgebou sal word.

INHOUDSOPGAWE Verk la r i ng Menings uitgespreek in die artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die redaksie behou hom die reg voor van plasing, redigering, verkorting, parafrasering en uitbreiding van die bydraes.

TYD SKRIF IN LI GT I NG Posadres: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Tel: 018 297 3986/7 Sel: 082 392 2093 E-pos: navrae@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Web: www.kruispad.net

Rekeningbesonderhede vir donasies: Naam van rekening: GKSA Admin Buro t/a Kruispad Bank: ABSA Tak: 632005 Rekeningnommer: 670140040 Verwysing: 0562/KRUISPAD

Uitgegee deur die GKSA

Ontwerp: Sunflood Studios Tel: 021 887 4477 E-pos: info@sunfloodstudios.co.za Web: www.sunfloodstudios.co.za

Maureen van Helden red@kruispad.net

Assistentredakteur & Webmeester Lize Viljoen kantoor@kruispad.net

Gee-jaar

Suzanne Coetzer geejaar@kruispad.net

Interaksie & GIGS

Janien de Kock interaksie@kruispad.net

Resensies

Tania Kruger Janien de Kock resensies@kruispad.net

Grafies

Sunflood Studios -Dian Wessels -Karien Bredenkamp grafies@kruispad.net

Aktueel

Santie Lourens Mpho Mosasi aktueel@kruispad.net

Advies & Hulp

Johannes Schickerling advies@kruispad.net help@kruispad.net

Sending

Nobington Murambadoro sending@kruispad.net

Leefstyl

Juanita van der Merwe leefstyl@kruispad.net

Rubrieke

Edgar Trollip rubrieke@kruispad.net

Totius-reeks Esmari Linde

Kreatief

Gee-jaars kreatief@kruispad.net

Adviseur: Jeugdeputate Ds. Charl van Rooy charl@gkrandburg.org.za

4

Gee-jaar 2012

5

Liefde is fantasties omdat die werk

6

Dis meer as net …

8

Leef in oorwinning 1: Leer ken jouself

10

Geopende Deure / Underground

12

Zimbabwe outreach 2011

14

Totius 3: Na die vreemde en terug

16

Koffie saam met … Janine van Niekerk

18

Tydlyn

20

Fokus: Is die eindtyd op ons?

22

MEDEWERKERSPAN

Hulp: Liefde is 'n verhouding

25

Ds. Johan Fleischmann Emmerentia van Jaarsveld Anel Potgieter Geopende Deure Alta Pretorius Moira Sinosich Liza du Plooy Da'Niel Smit Ds. Hennie van Wyk

Rooihout: Tussen brandpyle

26

Kreatief: God of Love

27

Leefstyl: Geestelike oorlogvoering

28

Kunstenaarsprofiel: Nagskof

30

African focus: Media and culture

32

Resensies

34

GIGS

36

Kompetisie

39

HarTklop 2011

40

Drukkers: Zero Plus Tel: 012 333 6712 E-pos: info@zplus.co.za

DIE REDAKSIESPAN Redakteur & Subredakteur

Red@Kruispad


Red@Kruispad Hi daar!

TEKEN IN OP KRUISPAD

Nuwe intekenaar Bestaande intekenaar Geskenk vir iemand anders Besonderhede van intekenaar Naam en van ....................................................... ............................................................................. Gemeente ............................................................ E-pos ................................................................... Ouderdom ........................................................... Besonderhede van ontvanger (indien ontvanger verskil van intekenaar)

Naam en van ....................................................... ............................................................................. Posadres .............................................................. ............................................................................. ............................................... Poskode ............... Sel no ................................................................... Tel no (huis) ......................................................... Gemeente ............................................................ E-pos ...................................................................

Het jy verlede maand die maansverduistering gesien? Wat het deur jou gedagtes gegaan toe die maan al hoe kleiner geword het en uiteindelik verdwyn het? Bewondering? Vrees? Vir eeue lank het mense geglo dat 'n maansverduistering 'n slegte teken is veral omdat die maan rooi lyk wanneer hy heeltemal in die skadu van die aarde is. Daar is geglo dat 'n maansverduistering geleentheid vir hekse of bose geeste gee om chaos te veroorsaak. In 413 v.C. het 'n maansverduistering veroorsaak dat die Ateners die tweede slag van Sirakuse verloor het en in Maart 1504 het Christopher Columbus 'n maansverduistering gebruik om die inwoners van Jamaika daarvan te oortuig dat hulle hom en sy manne moes help anders sou iets verskrikliks met hulle gebeur. Terwyl ek na die maan gekyk het wat "happie vir happie deur die aarde se skadu opgeëet is", toe bloedrooi geword het en uiteindelik weer "uitgespoeg" is, het ek gedink hoe groot God is. Hy het mag oor alles, selfs oor die son en die maan! Verder het ek gedink hoe wonderlik dit is om sy kind te wees en juis daarom vir niks bang hoef te wees nie. Ek kan saam met Paulus in Romeine 8:38 bely: "Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here." In hierdie uitgawe sluit ons af met ons mini-reeks Geloof, Hoop, Liefde en fokus ons so bietjie op hierdie liefde waarvan Paulus praat. Die opofferende liefde van Christus. Die liefde van God wat so groot is dat Hy sy Seun gestuur het om in my en jou plek pyn en lyding en die angste van die dood te ervaar. Ek hoop hierdie liefde is vir jou ook 'n werklikheid waaraan jy kan vashou selfs deur die slegste tye.

Intekenopsies: Hernuwing

Stuur gerus voorstelle vir nuwe temas na red@kruispad.net en, as jy lus is om self 'n artikel (of 'n gedig, foto, of enigiets kreatief) in te stuur, stuur dit gerus na kreatief@kruispad.net.

R80 – 4 uitgawes R120 – 6 uitgawes Aantal persone waarvoor ingeteken word:

Tot volgende keer! Maureen Soli Deo Gloria!

(Vir groepe van meer as 10 persone geld spesiale tariewe en moet 'n volledige adreslys aangeheg word. Stuur gerus 'n e-pos na inteken@kruispad.net of heg dit aan die intekenvorm)

Metode van betaling: Tjek Posorder Elektronies Kontant Ander Datum van betaling .............................................. Ek het van Kruispad gehoor by: Naam en van ....................................................... Sel no ..................................................................

Stuur jou intekenvorm en bewys van betaling na een van die volgende adresse: E-pos: inteken@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Slakpos: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Bankbesonderhede: Naam: GKSA-Admin buro t/a Kruispad Bank: ABSA Takkode: 632005 Rekeningnommer: 670 140 040 Gebruik as verwysing: 0562/004/(Naam en van OF Naam van gemeente) Nadat jou bewys van betaling ontvang is, sal jy die daarop volgende uitgawes ontvang. Terme en voorwaardes geld. Kyk op www.kruispad.net vir meer besonderhede.

Posgeld is nie reeds betaal nie. Plaas asseblief die inskrywingsvorm in 'n gefrankeerde koevert en stuur dit na die Kruispad-adres.

4


D

ink jou in:

Ek kom Sondag uitgevat by die kerk aan. 'n Werker in 'n blou oorpak wag my by die deur in, handdoek oor die skouer. Toe ek 'n tweede keer kyk, sien ek dis Dominee! Hy maak my sit, kniel voor my, trek my skoene uit en begin my voete was. Nogal 'n prentjie, nè?

Van my kant af: Ek is bietjie skaam om my voete met krom tone en al die alleenfokus van Dominee se aandag te laat wees. Hy gaan tussen my tone was! Petrus wou ook eenmaal nie toelaat dat Jesus sy voete was nie – gaan lees maar Johannes 13:6 – maar die punt is, Jesus was met liefde. Liefde is naby, baie naby. Liefde gee nie om vir die ander se vuil nie. Ook nie vir die ander se foute nie. Voor liefde hoef niks weggesteek te word nie. Liefde maak heel. Liefde aanvaar. Liefde verdra. Liefde tel op. Het jy al God se liefde vir jou in Jesus Christus ingenooi? "Here, hier is my voete, my grootste skaamwees. Oop voor U. Was my, asseblief. Tel my op. Maak my heel. Druk my teen u bors vas. Laat my veilig voel. Laat my liefgehê voel. Laat my belangrik voel. Al voel ek soos 'n flop. Al stink my lewe. Sê dit is alles oukei. Sê ek is oukei. Was tussen my tone. Asseblief." Dis nogal dapper om jouself oop te stel om liefgehê te word. Maar o, die lekkerkry daarvan om 'n Vriend te hê wat jou grootste skaam gesien het, gewas het, en jou nog steeds liefhet!

Van sy kant af: Maar dit kan ook nie vir Dominee maklik wees om my voete te was nie. Hy moet van die preekstoel afklim. Hy moet sy baadjie uittrek, das afhaal, voor my kniel, my liefhê, nie vir my

voete gril nie. Hy moenie omgee wat die ander mense dink nie, my aanvaar vir wie ek is, my foute heelmaak, toemaak, my vashou, my liefhê. Hy moet my bediende word. Dit is wat Jesus doen. Die Seun van God, die Koning van die heelal, was sy volgelinge se voete. Hy klim van sy troon af en word 'n bediende. Waarom? Omdat Hy hulle liefgehad het. Omdat Hy hulle tot die uiterste toe liefgehad het (Johannes 13:1). Dit is liefde. Om jouself minder te maak sodat die ander een meer kan word: • Jesus Christus, Seun van God, het sy goddelikheid soos 'n kleed uitgetrek, neergesit, • 'n mens geword, • slaweklere aangetrek, 'n bediende geword, • toegelaat om soos 'n skurk behandel te word, • doodgemartel te word aan 'n kruis. (Het jy al Filippense 2:5-11 raakgelees?) Dit alles het Jesus gegee omdat Hy ons liefhet. Dit het Hy gegee omdat Hy my wil bring van 'n stukkende mens tot iemand wat by God welkom is. Hy maak my soos 'n klein kindjie wat my vet armpies in die lug kan gooi, nader waggel en sê "Pappa!" Dís wat sy liefde bewerk.

Na ander se kant toe: Met skoon voete en 'n warm hart sit ek daardie Sondag in die ere-diens. Ek dink aan Pieter. En aan die bedelaar op die hoek. En ek wonder wie sal die moed hê om hulle voete te was … Sê nou, liewe boetie en sussie, jy het oopgemaak dat Hy tussen jou "vuil tone" was. En sê nou jy lag van plesier daaroor dat Hy jou steeds liefhet. En sê nou jy leer Hom ken as jou Vriend, jou Bruidegom. En sê nou jou liefde vir Hom is so vars en opwindend soos daardie eerste

liefde. O, huppel-energie; Red Bull se moses. Ek wed jou … • Jy wil lag en spring. "O, hoe kon ek ooit so depro-blou wees?" • Jy wil vertel. Facebook. Tweet. Mxit. WhatsApp. "Ek's liefgehê! Awesome!" Eintlik liewer vertel terwyl jy mense in die oë kan kyk. Hulle moet kan sien hoe jou oë blink. Dan sal hulle beter weet hoe dit voel. • Jy wil om jou kyk, die lewe raaksien. Ander raaksien. "Jy is vir my belangriker as mý stuff." • Jy wil Jesus se arms wees. Sy hande. Sy voete. Sy mond. Jy wil ander met sy liefde ontvries! Wat is lekkerder as dat hulle ook huppel-lag en blinkoog-kyk oor Jesus se liefde? • Jy wil Jesus se bruinbrood vir die bedelaar gee, ja. Maar jy wil iets daarmee saamgee, iets meer, iets wat vir jou 'n prys kos: "John, hier is vir jou 'n brood. En ek wil vir jou bid: 'Here Jesus, gee asseblief vir John werk. Help hom om nie 'n bedelaar te bly nie. En help my om hom so te help dat hy nie 'n bedelaar bly nie'". • Jy wil jou vriend, wie se ouers besig is om te skei, saamneem kerk toe. En vir Dominee vra om die dag asseblief spesiaal te preek oor hoe God se liefde vir ons werk, al is ons lewe hoe sat: "Ek bring vir Pieter saam, Dominee. Hy dink dit is sy fout dat sy ouers so baklei." En vir pa en ma vra om ander mense by die kerk te vra om Pieter spesiaal raak te sien: "Hallo Pieter! Wow, daai bal wat jy gister uit die losskrum gehaal het!" Jy sien, liefde is aksie! Liefde het 'n prys, is 'n daad en het 'n teiken. Liefde is konkreet. Liefde is prakties. Liefde is energiek. Liefde ontdooi. Liefde bring lewe. Liefde bring hoop.

Liefde werk Liefde werk omdat dit werk. Nadat Jesus sy dissipels se voete gewas het – en so vir hulle gewys het hoe om lief te hê – sê Hy vir hulle hoe maklik die lewe eintlik is: "Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is," (Johannes 13:34-35). Kom ons som agterstevoor op: • Pieter en die bedelaar en wie ook al raak aan ander mense met Jesus se soort liefde, • omdat jy vir hulle gewys het hoe Jesus se liefde lyk, • omdat jy Jesus jou voete laat was omdat Hy jou liefhet.

Lekker doen-dinge Hier is nog 'n paar lekker liefdedinge om te doen: • Lees Filippense 2. • Facebook, Tweet, vertel: "Ek is liefgehê!" • Neem die fliek Pay in forward uit en kyk dit weer. Al verstaan die mense wat die fliek gemaak het nie waar die eintlike Bron van liefde is nie, vertel dit iets van die krag van liefde wat uitgedeel word. • Kyk die youtube video An Unspoken Plea, hier is 'n kortpad http://tinyurl.com/unspokenplea. • Skryf vir my – ek wil hoor wat jy dink – johan@gkkaapstad. co.za.

Wees gewaarsku! Jesus se liefde is aansteeklik! Net-nou begin Pieter en die bedelaar ook liefde uitdeel! Dink net …

Johan Fleischmann (GK Kaapstad)

66

KRUISPAD | UITGAWE 22

KRUISPAD | UITGAWE 22

7


A

s ons aan die term liefde dink, dink ons aan harte, kaartjies, geskenkies en mooi woorde … Ja, die liefde is dit, maar dis ook soveel meer! Liefde is 'n Goddelike virtue, dit is absoluut en ewig. Liefde is die swaard waarmee ons kwaad bestry, dit blus vure en vernietig oorloë. Jy sien, ons kan geloof en hoop hê, maar as ons nie liefde het nie, is die ander twee soveel minder! Liefde is die fondament van geloof en hoop … God is liefde. Die Woord sê duidelik ons moet streef om meer en meer soos Jesus te wees. Dit beteken om actually Jesus se karakter en sy dade en woorde te bestudeer en wat gaan jy

vind? Jy gaan vind dat elke skindertong, elke haatspreker, elke sondaar, elke sieke, elke ongelowige Jesus se liefde ervaar het, óf deur sy woorde óf deur sy aanraking. Liefde en geloof loop hand aan hand. Dit is nutteloos as ons net liefde praat en nie doen nie! Liefde is 'n werkwoord! As Jesus ons eendag kom haal, gaan ons nie meer geloof nodig hê nie, want ons gaan Hom face to face sien. Ons sal ook nie meer hoop nodig hê nie, maar ons sal liefde nodig hê, want ons sal God, en ook mekaar, steeds liefhê en ons sal groei in daardie liefde! "Geliefdes ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en

elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde," (1 Johannes 4:7-8). Wat Paulus in 1 Korintiërs 13:13 vir ons wil sê, is dat liefde 'n karaktereienskap van God is. Paulus sê nie hier dat ons moet kies tussen geloof, hoop en liefde nie. Wat hy wel sê, is as liefde nie ons doel en motief in die lewe is nie enigiets wat ons doen of sê meaningless is! As jy nie liefde het nie, het jy niks. Liefde vul jou hart, jou oë en elke moontlike krakie in jou siel en ook in dié van ander! Dink daaroor … As ons begeer om lief te hê soos God liefhet, vul Hy ons harte. Uit

"En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!" (1 Korintiërs 13:13).

hierdie oorvloed wat ons van Hom af ontvang, gee ons weer vir ander en sodoende raak dit 'n safari van liefde! Dit klink alles great en maklik, maar om eerlik te wees is dit nie altyd so maklik om net almal lief te hê en alles in liefde te doen nie. Soms kry ons seer en wil ons moed verloor om goed te doen aan ander en dinge in 'n goeie gesindheid te endure. Gaan lees net so bietjie vroeër in 1 Korintiërs 13. Wat sê Paulus? "Die liefde … verdra alles!" Liefde glo aan iemand al glo ons nie meer nie, liefde reik uit na dié wat dit in ons oë nie verdien nie … In 'n sin is liefde amper iets onverstaanbaar. Hoe meer jy redeneer en teenoor

jouself wil regverdig hoekom jy nie meer moet liefhê nie, hoe meer is dit asof die liefde jou denke oorheers … Die liefde waarvan Paulus hier praat is agape liefde. Dit beteken selfopoffering. Om soos Jesus te wees, gaan opoffering kos tot op so 'n punt dat jy dalk nie meer kans sal sien daarvoor nie. Tog belowe ek jou een ding vandag hier waar jy sit of staan en die artikel lees: om lief te hê, is God se grootste gebod en jy sal 'n geseënde oes maai deur die liefde wat jy saai … Let His love consume you today and everyday …

Dis meer as net … Emmerentia van Jaarsveld (Kruispad-medewerker)

888

KRUISPAD | UITGAWE 22

KRUISPAD | UITGAWE 22

9


UNIEK

M

y identiteitsdokument bewys dat ek 'n slagoffer was van die ou-ou tradisie dat 'n meisiekind na haar ouma vernoem moet word. Vir my was hierdie name nog nooit enigiets anders as 'n sug werd nie – veral wanneer dit by die invul van vorms kom. Ek moet darem erken dat my uitgebreide name wel sorg vir 'n interessante handtekening, iets wat my "een naam" vriendinne my beny. My ouers het my Anel genoem, want ek is die dogter van Andries en Petronel. Oulik, nè? Met hierdie noemnaam het ek my lewe lank maklik geïdentifiseer, dalk juis omdat ek so 'n perfekte kombinasie van my twee ouers is – ek lyk soos my ma, en ek dink soos my pa. Hoe ouer ek egter geword het, hoe meer het ek met my doopname begin identifiseer omdat ek agterkom het dat Anel 'n meer komplekse mens is as wat my vierletter naam wil voorgee. Dit het my laat wonder: Wie is ek dan nou eintlik? Toe hierdie vraag die eerste keer na my toe geskiet is, het ek gedink die antwoord is maklik: Neem jou identiteitsboekie en jou CV en almal weet wie jy is. Maar dit is juis hierdie wêreldse mentaliteit wat soveel mense verward en uit voeling met hulleself laat. Ons lewe in 'n wêreld waar 'n persoon die slotsom van 'n nommer in 'n groen boekie en die prestasies (of gebrek daaraan) op sy/haar CV geword het. Tog, ons is soveel meer as dit. Ons is komplekse wesens. Wie en wat ons is, word deur soveel faktore bepaal dat dit amper onmoontlik is om hierdie vraag in 'n enkele artikel te beantwoord. Ek wil jou egter uitdaag om daaroor te begin nadink – wie is jy? Wat verteenwoordig jy? Maar voor jy wegtrek en 'n antwoord gee, moet jy weet waarom dit belangrik is om dit vraag te beantwoord? In ons reeks "Leef in oorwinning" is dit ons eerste stap op die pad na 'n vervulde lewe om uit te vind wie ons werklik is. Die sondeval het nie net skeiding tussen mens en God, en tussen mens en mens gebring nie, maar die mens is ook uit voeling met homself gelaat. Die mens staan in 'n lewende en dinamiese verhouding met homself, maar hierdie verhouding is versteur. En juis daarom is die vraag rondom jou identiteit so belangrik, sodat jy 'n beginpunt het in die proses om beheer te kry oor jou lewe, jou ontwrigte emosies, jou soeke na rede en betekenis, jou strewe na geestelike diepte, of wat jou ook al strem in die uitleef van jou drome. Sonder goeie selfkennis is jy soos 'n atleet wat aan 'n wedloop wil deelneem, sonder 'n wegspringplek – jy het geen vaste beginpunt nie, en daarom sal jy ook nooit weet as jy klaar is nie. Die gevolg van beperkte selfkennis is dikwels dat jy vir jouself onrealistiese ideale skep – jou ideale sluit nie aan by jou eienskappe nie. Die regte selfinsig kan jou help om die regte selfideale te koester; hoe jy wil hê dat jy fisiek, emosioneel en geestelik daar moet uitsien. Selfkennis is dus 'n voorwaarde vir 'n gesonde verhouding met jouself, met God, met jou naaste en met jou werk.

10 10

KRUISPAD | UITGAWE 22

Selfkennis gaan waarskynlik jou selfbeeld radikaal verander. Onthou dat jou selfbeeld maar slegs jou persepsie is van hoe ander jou sien – dis nie noodwendig die waarheid nie. Wanneer jy jouself vir die eerste keer werklik ontdek, verander jou selfbeeld tot 'n realistiese beeld van wie jy is en nie van wie jy glo jy moet wees nie. Waarna moet ek soek as ek myself wil ontdek? Jy kan net betroubare selfkennis kry as jy jouself in die Woord van God spieël. Dan leer jy jouself ken soos God jou ken, want dan weet jy wie jy is sonder Jesus Christus én wie jy is saam met Hom. In die Woord leer ons die mens ken as die kroon van die Skepping, maar dan as 'n kroon wat afgeval en stukkend gebreek het. Ons almal dra daarom 'n stukkie stukkend-wees in ons saam. Maar Jesus het alles kom heel maak. Ook vir my en jou. As ek myself so sien, weet ek dat my slegte eienskappe my nie in sak en as moet laat sit nie. As Christus reeds die oorwinning behaal het, kan ek deur Hom dit ook behaal. Elke slegte eienskap word nou eerder 'n uitdaging, 'n groeipunt in my persoonlikheid en nie meer 'n verleentheid nie. Om te groei is 'n proses is en dis nie maklik nie. Soms gaan dit met moeite en pyn gepaard. Om te groei kan egter wonderlik verrykend wees, veral as ek weet dat ek dit alles doen gekoester in die liefde van God. Om jouself te leer ken, is jou eie verantwoordelikheid. Daarsonder is geen werklike groei, geen lewe in oorwinning moontlik nie. As jy hulp nodig het, begin vandag nog daarvoor soek. Kry 'n boek of twee, of nog beter, begin die Bybel lees op soek na kennis oor jouself. Jy is dit aan jouself en aan die mense om jou verskuldig. Sterkte!

Anel Potgieter (GK Rooihuiskraal)

KRUISPAD | UITGAWE 22

11


"Die vrees, onsekerheid en woede in die harte en gedagtes van hierdie jong kinders is skokkend …"

Vir meer inligting oor vervolgde Christene wêreldwyd, besoek Geopende Deure se webblad by www.opendoors.org.za (of skakel hulle tydens kantoorure by 011 888 5225) en word 'n stem vir jou broers en susters sonder vryheid.

12 12

KRUISPAD | UITGAWE 22

D

ie lewe was die afgelope paar jaar nie maklik vir die agtjarige Eso Nayak en sy familie nie. Eso se pa is in 2004 op die jong ouderdom van 35 jaar oorlede en het sy vrou en drie jong kinders agtergelaat. Hulle hartseer is vererger nadat hul alles verloor het in gewelddadige oproere teen Christene en vir hul lewens moes vlug. Hulle is gedwing om alles agter te laat en skuiling te gaan soek buite hulle dorpie. Die enigste manier wat hulle huis toe kon gaan, sou wees as hulle na Islam sou terugkeer en hulle geloof in Christus en sy verlossingskrag verloën. Eso se ouer broer, Isaak (16), moes noodgedwonge as 'n arbeider begin werk om sy familie te onderhou. Sy ander boetie, Kishan, is 12 jaar oud en bly by 'n familielid in die Daringbadi-distrik. Eso het by sy ma agtergebly in hul tydelike skuiling en daar naby begin skoolgaan. Maar daar is by sy skool teen hom gediskrimineer omdat hy die Here dien. Elke moontlike geleentheid is gebruik om Eso te vervolg. Hy is onregverdig gestraf en swak behandel deur die onderwysers en die ander kinders het hom gereeld op pad skool toe geboelie. Eso het een middag na skool in trane by die huis gekom. Sy lyf was blou geslaan deur ouer Hindoe-skoliere terwyl die onderwysers bloot staan en toekyk het. Na aanleiding hiervan was dit te verstane dat Eso nie wou teruggaan skool toe nie. Die onderwysers het sy klagtes geïgnoreer. Dit het amper ses

maande gevat voordat Eso genoeg moed kon bymekaarskraap om terug skool toe te gaan. Gelukkig het daar teen daardie tyd 'n paar Christenonderwysers by die skool begin klasgee. Eso se ma en sy pastor het hom ook bly bemoedig. Sy ma sê: "Alhoewel ons verstotelinge in die gemeenskap is, is ons lede van die familie van die Lewendige God wat ons liefhet en vir ons omgee." Eso is net een van vele Christenkinders wat sulke behandeling in die gesig staar by skole, op speelterreine en in markplekke in die distrik van Kandhamal, Indië. Die vrees, onsekerheid en woede in die harte en gedagtes van hierdie jong kinders is skokkend en 'n mens sidder om te dink watter gevolge dit op hul lewens gaan hê. Dit is só belangrik om hierdie jong kinders met die Woord van God te voed en vir hulle 'n omgewing te skep waar hulle die liefde van Jesus met ander kan deel en dit is óns verantwoordelikheid om dit aan hulle te kommunikeer. Kom ons bid dat hierdie onskuldige, jong harte nie later 'n broeigrond vir woede en haat sal word nie, ten spyte van hoe ander teenoor hul optree. Dit mag dalk na 'n moeilike taak lyk, maar kom ons staan op die Here se Woord en bid die volgende belofte van die Here oor hierdie kinders se lewens: "Die Here sê, Ek sal oorlog maak teen die mense wat wil oorlog maak teen jou, en Ek sal jou kinders red," Jesaja 49:25.

Die volgende getuienis is aan Geopende Deure gestuur deur 'n meisie uit 'n baie geslote land. Ons bewonder haar vir die moed wat sy het om haar geloof so openlik te deel:

"E

k kan nie my naam met jou deel nie, maar ek bly in 'n land baie ver weg. Ek het in 'n Moslem-familie groot geword en begin bid toe ek 13-jaar oud was, maar toe het ek ophou bid … My pa het my geslaan om my te dwing om te bid, want dit is wat ons geloof ons ouers leer om te doen met kinders wat nie wil bid nie. Die mishandeling het nie gehelp nie – ek het nie omgegee dat gebed nie deel van my lewe was nie … "Dae en maande en jare het verbygegaan sonder dat ek gebid het. Ek wou met my hele hart bid om die god van Islam tevrede te stel, maar die baie, en partykeer sinnelose, rituele het my gekeer om dit te doen. Ek het heeltyd gewonder: Bid ek genoeg? Bid ek in die regte posisie? Daar was so baie vrae …

"Ek was seker dat ek mal sou word van al die verskillende bygelowe wat hand-aan-hand gegaan het met die gebede wat tot Allah gebid word en ek het baie depressief geword. "Toe het ek 'n rekenaar gekoop. Op 'n dag het ek op Youtube gesoek en op 'n program afgekom wat my geleer het dat Jesus die God van liefde en vrede is. Die enigste ware God het my swakheid raakgesien en my gebede beantwoord en my op sy pad gelei. Ek het sy stem herken. Ek het geweet dat Hy my roep en ek het op sy roepstem geantwoord! Ek dank die Here dat Hy my gered het!"

Vir meer inligting oor Geopende Deure se jeugbediening (Underground) kontak hulle tydens kantoorure by 011 888 9241, besoek die webblad by www.opendoors. org.za of stuur 'n e-pos aan undergroundsa@od.org.

KRUISPAD | UITGAWE 22

13


SENDINGHULP

Zimbabwe outreach

2011 I

n September 2010 a group of people went to GOKWE, Zimbabwe to give people the Good News of the Gospel. They showed the Jesus Film, preached the Good news and served in schools in the community. By the grace of God hundreds of people came to Christ and has been serving the Lord with great passion. Unfortunately there were not enough Bibles to give to all and only the headmasters and some leaders in the community could receive Bibles to share in group meetings with the rest of the community. The goal of this year's outreach will be to revisit this previously evangelized area where people pleaded to have some Bibles for their walk with Christ. We felt urged by the Holy Spirit to help this new believers in their walk with the Lord and fulfil our role in the great commission (Matthew 28:19-20) to not only evangelize but disciple and teach those who have come to Christ to live to glorify His name. We would like to take as many Bibles as possible to distribute and spent some time teaching and serving this community of new believers and show the Gospel film to those who have not seen it. The following proposal gives the motivation for this outreach to Zimbabwe and a basic idea of what is needed.

14 14

KRUISPAD | UITGAWE 22

Nobington Murambadoro* (Kruispad Editorial team)

ZIMBABWE OUTREACH PROJECT

Vision To bring the true Gospel of Jesus Christ to the people by means of door to door evangelism, showing the Jesus Film, preaching and teaching in schools and various communities. Targeted People Schools and Communities in the remote areas • where people are not willing to reach out to • where there are no churches • and where most people have never heard of the Gospel. Motivation Many preachers are concentrating on cities, towns and growth points where there are working class people to sustain their churches. In remote areas people are poor and nobody wants to preach to the poor. In our opinion we think it's not proper because these people also need Gospel and Matthew 28:16 where we are commanded to reach out to all the ends not to specific people. Activities • We start our day by individual quiet time praying and reading the Bible. • We come together as a group and do Bible study encouraging one another.

• We put prayer requests on the table and pray. • We get into groups and visit the communities and engage into door to door evangelism. • We invite them to come and watch the Jesus Film according to the Gospel of Luke (it is literally translated). • During the afternoon we visit the schools and teach and preach to the school kids. We also show some films for the kids and encourage them to bring parents and relatives at night for Jesus Film. We encourage schools to start Scripture Union. • At night we show the film for 2 hours. I have witnessed people who came to Jesus after only watching the film. • After the film we teach them, so that they would know that the person whom they see is not the real Jesus but only acted to show how it happened. • New converts who come to Christ are put into groups to receive further teachings on how to maintain their lives in Christ Jesus. • These new converts also receive Bibles and other reading materials. We encourage them to join other existing churches in that area. • They also receive 2nd hand clothes

and 2nd hand shoes, depending on how much we have. We also help them with some food if we have any. Future Plan • to visit the areas regularly and encourage the believers • and teach potential leaders so that they can become leaders of the church. Equipment Needed • Film Projector that can work even during the day, • A powerful electrical generator, • Powerful speakers that can reach very far, • Transport, preferably a 4x4, and a trailer because some roads are very bad,

• Amplifier, sound mixer, keyboard, screen, electrical cables, DVDplayer, table, lights, • and camping equipment: tent, chairs, gas stove, sleeping bag, air mattress, etc. Final Remark Matthew 28:16 "Go yeah therefore and preach the Gospel to all nations." Under this command all people, rich or poor, are worth to hear the Gospel of Jesus. Let us join hands and reach out to all the people regardless of their status. This project was initiated just recently and therefore we are totally dependent on God for guidance and financial support. Please pray for this project. If you can help with

English Bibles or if you would like to contribute financially please contact me on 072 420 0480.

* Nobington Murambadoro is a Zimbabwean Theology student at NWU PUK working with YWAM.

Stuur gerus 'n e-pos na sending@ kruispad.net met enige vrae of opmerkings / Please send an email to sending@kruispad.net with any questions or comments.

KRUISPAD | UITGAWE 22

15


Esmari Linde (Kruispad-redaksie)

T

ot dusver het ons Japie nog net in sy vaderland leer ken. Ja, daar was die rondtrekkery tussen die Kaap en Transvaal, die verskillende skole en 'n opwindende jaar in Europa saam met sy gesin. Daar was die studies in Burgersdorp tussen die doppers en die belewing van die Boereoorlog …

Ek het verlede keer geskryf hoe die gemeente in Pretoria besluit het om hom, ter wille van sy veiligheid, Nederland toe te stuur vir verdere studies. Waar ons hom nou aantref, is hy dus vir die eerste keer weg van sy land en sy mense. Op 5 Julie 1900, na sowat ses weke op 'n skip, staan sy voete uiteindelik op Nederlandse grond. Die 23-jarige Japie du Toit kies dadelik koers Amsterdam toe. Hier, by die Vrije Universiteit, is hy van plan om sy studies voort te sit. Hy klop aan die deur van meneer

16 16

KRUISPAD KRUISPAD | UITGAWE | UITGAWE 21 22

Wormser, 'n koerantuitgewer, en dié neem hom na dominee Gispen, 'n voormalige sinodevoorsitter. Dominee Gispen het egter 'n bietjie skokkende nuus vir Japie. Voordat hy met sy doktorale studies kan begin, verwag hulle van hom om byna al sy studies oor te doen! Japie is vasbeslote om erkenning vir sy Burgersdorpse studies te kry en uiteindelik bereik hy en die rektor, professor Woltjer, 'n middeweg. Die student hoef "net" die kandidaatseksamen (wat gewoonlik drie jaar se

voorbereiding kos) van die Vrije Universiteit af te lê. Japie gee maar toe. Hy is vasberade om by hierdie universiteit te studeer, want hier, net soos by die Teologiese skool in Burgersdorp, word die Bybel en die Gereformeerde belydenis as grondslag vir wetenskap geneem. Japie kan eers vier maande later, op 2 November, by die Universiteit inskryf, maar hy spring dadelik met geweldige inspanning aan die werk. Hy moet onder andere groot dele van die Hebreeuse Ou Testament en

die hele Griekse Nuwe Testament bestudeer, asook stapels etiek en dogmatiek. Laasgenoemde studeer hy onder doktor Abraham Kuyper, die beroemde teoloog wat 'n jaar later die eersteminister van Nederland sou word. Deur al die studies is daar swaarkry in Japie se hart. Kort-kort lees hy in die koerante van die Britte se verwoestende dade in sy vaderland en hy verlang na Marie. Tog vind hy baie simpatie in Nederland. Hy kry verblyf in 'n vierverdieping herehuis wat deur 'n ryk sakeman as 't Afrikaansch Tehuis beskikbaar gestel is en twee Burgersdorpse studentemaats, Koos Pretorius en Ferdinand Postma, sluit by hom aan! "'n Driedubbele tou breek nie maklik nie," sê die Prediker mos, en veral saam met Postma, wat sy kamermaat word, droom Japie drome oor die toekoms van Suid-Afrika en veral oor die toekoms van Christelike onderwys. Natuurlik wil Japie nie onnodig lank in Nederland bly nie – 'n kursus wat normaalweg drie jaar lank duur, draf hy in sewe maande kaf – en dit met lof! Uiteindelik kan hy met sy doktorale studies begin. Vir 'n doktorsgraad moet hy eers 'n gespesialiseerde studie van 'n paar vakke maak, onder andere Ou en Nuwe Testament, dogmageskiedenis en kerkreg. Hierdie studie voltooi hy binne 'n jaar. In dieselfde tyd kom die berig van die vrede van Vereeniging; die Boere het die stryd verloor. Japie is hartseer, maar dit beteken ook dat hy vry sal wees om na Suid-Afrika terug te keer. Hy begin om met alle erns, "dag en nag met 'n glas water langs hom", aan sy doktorale proefskrif te werk. Totius (soos wat sy Nederlandse studentemaats hom begin noem het) benut sy laaste jaar in Nederland ten volle. Hy gaan steek kers op by die beroemde professor Herman Bavinck, hy neem filosofieklasse by 'n Roomse professor en natuurlik werk hy hard aan sy proefskrif, 'n studie oor die Metodisme. 'n Mens sou dalk nie so dink as jy na ou foto's van hom kyk of die outydse taalgebruik in sy gedigte en preke sien nie, maar Totius was 'n

vernuwende denker wat niks sommerso aanvaar het nie. Veral in hierdie tyd vra hy vrae en soek hy antwoorde oor sake soos die doop, die kerk en die staat. Hy besef dat Suid-Afrika 'n eie teologie nodig het in stede daarvan om net die Nederlandse kerk na te aap. Op 23 April 1903 ontvang J.D. du Toit sy doktorsgraad met lof! Die res van ons sou die prestasie dalk anders wou vier, maar doktor Totius pak dieselfde aand nog sy tasse. Op 25 April gaan hy aan boord van die Burgemeister, en op 18 Mei, presies drie jaar nadat hy Suid-Afrika moes groet, is hy terug in die Kaap. Sy pa en Marie staan hom getrou en inwag! Die drie spandeer 'n paar pragtige dae in die Paarl – in groot armoede het S.J. du Toit hard gewerk en uiteindelik die familieplaas teruggekry – en dan neem Totius en Marie die trein Transvaal toe. Hy sien vir die eerste keer die ontstellende nalatenskap van die oorlog: grafte, puinhope, murasies … In Nylstroom word die twee verloofdes hartlik deur Marie se familie ontvang. Daar is geen kans vir rus nie – Totius preek week na week. Na drie jaar se strawwe studies is Totius erg uitgeput, maar die land is óók uitgeput en vol oorlogseer, en honger vir die Woord wat hierdie jongman met soveel begaafdheid verkondig. Tog word Totius vir langer as 'n maand nie beroep nie, want almal onthou sy pa se politieke standpunte. Uiteindelik nooi die vakante gemeente van Potchefstroom hom uit om daar te kom preek. Dit is nagmaal en die lidmate daag van oraloor op. Totius klim die Saterdagmiddag, seker met 'n kloppende hart, op die kansel vir die voorbereidingsdiens. Onder die kerkgangers sit manne wat saam met hom in die slag van Magersfontein was. Dié dag, en die Sondag daarna, word almal so aangeraak deur die jong doktor se prediking dat dit nie anders kan nie: hy moet hulle predikant word! Boonop kan Totius en Marie nou uiteindelik trou! Die troue (in Nylstroom) is 'n groot fees, en die wit-

tebrood is in Burgersdorp waar hulle met oudstudentemaats kuier. Op 26 September 1903 word J.D. du Toit bevestig as predikant van die Gereformeerde Kerk in Potchefstroom. Die pastorie is, soos soveel wonings na die oorlog, in 'n haglike toestand. Totius bedien die hele Wes-Transvaal en moet selfs reis na Louis Trichardt en Pietersburg, waar hy eenmaal 34 kinders op 'n slag doop! Ja, Totius is vir baie dinge bekend, maar sy sentrale lewenstaak was uiteindelik sy prediking. In sy preke het hy altyd net die Woord laat praat en het hy sy hoorders geboei sonder om hard te praat of "hogere woorde" te gebruik. Hy het ook gelééf wat hy gepreek het – hy was 'n vegter vir die Christelike onderwys, en het sy standpunte hieroor (en oor ander volksake) in talle tydskrifartikels en brosjures verdedig. Die feit dat die Teologiese Skool van die GKSA vandag in Potchefstroom staan, is ook aan Totius te danke. Toe die sinode van 1904 omtrent klaar besluit het dat die Teologiese Skool van Burgersdorp na Steynsrus verplaas moes word, het hy opgestaan en gepleit vir Potchefstroom. Toe hy boonop 'n groot som geld, wat hy vooraf vir dié doel ingesamel het, op die tafel sit, was almal oortuig! Die bekende professor Jan Lion Cachet, asook Totius se oudstudentemaat, Ferdinand Postma, het in Potchefstroom kom bly om die voortou te neem. Totius kon sy ervarings aan die Vrije Universiteit nou gebruik om kosbare raad te gee. Die Teologiese Skool in Potchefstroom het na die opening op 13 Februarie 1905 van krag tot krag gegaan. Totius het steeds sy predikantstaak met mening verrig. Dalk raai jy nou al dat dit nie lank sou wees voordat hy self as professor sou inspring nie. Dan is jy reg. Met die volgende uitgawe kyk ons na hierdie deel van Totius se loopbaan, asook na sy werk as digter … (Word vervolg)

KRUISPAD KRUISPAD | UITGAWE | UITGAWE 22 21

17


Koffie saam met … Janine van Niekerk Santie Lourens (Kruispad-redaksie)

J

anine van Niekerk is die eienaar van Vision Promotions, 'n maatskappy wat optredes vir gospelkunstenaars reël en publisiteitswerk doen vir Christelike projekte en musiekverwante produkte. Kruispad het by haar gaan inloer om uit te vind wie Janine nou eintlik is en wat alles agter die skerms gebeur.

Vertel die lesers so 'n bietjie van jou loopbaan Ek werk nou 15 jaar lank in die gospelmusiekindustrie. Ek was vir 12 jaar lank bemarkingsbestuurder vir Maranatha Platemaatskappy en het al 3 jaar lank my eie maatskappy met die naam Vision Promotions. Ons reël optredes vir 20 van die land se gospelkunstenaars, onder andere Retief Burger, Louis Brittz, Onbeskaamd, Riana Nel en Vertikaal. Ons gebruik TV, radio, tydskrifte, koerante, internet, my selfoon en elke moontlike kommunikasiemetode om dit reg te kry. Ek doen verder opleiding om kerke en Christene te leer om hulle invloed binne en buite die kerk vinnig te vergroot op sosiale platforms; ons noem dit Tegnorelevansie. Laastens gaan sien ek dikwels skole en kerkjeug met 'n liedjie met die naam Peacemakers (wat uit ons land se jeug gekom het en deur Riana Nel en Ren van Fourteen40 gesing word). Die lied is perfek om die boodskap uit te dra dat kinders en jongmense 'n baie spesifieke en belangrike plek in God se plan vir Suid-Afrika het en dat daar buite sy wil geen punt is vir 'n generasie wat oorgelewer is aan hopeloosheid nie. Die rede hoekom ek so aan musiek glo, is omdat ek vir 12 jaar lank (terwyl ek in die Christelike musiekindustrie gewerk het) uit die kerk uit was. Na 'n slap draai deur charismatiese Christenskap was ek totaal ontnugter oor God, sy Woord en al sy fake Christene. Maar musiek het die manier om met jou te praat,

18 18

KRUISPAD | UITGAWE 22

maak nie saak waar jy in die lewe is nie. En so deur die jare wat daar kunstenaars voor my kom sit het wat genuine was en God nie beskuldigend bevraagteken het nie, het ek na Hom begin verlang. As ek nou terugkyk na daardie jare, was dit vir my nie gemorsde jare nie. Ek besef nou dat ontnugtering in jou geloof jou stroop van alles wat nie waar is nie, van alle verwagtings van mense en strukture. God is jou enigste hoop en Hy is soveel meer as alles wat jy dink jy nodig het. Wie is Janine wanneer niemand kyk nie? Net so alles (of niks) en passievol as wanneer mense kyk. Wat wil jy nog alles in jou lewe bereik? Wat ook al God lus is om deur my te bereik! Wonder self wat dit is … Hy weet ek hol vooruit as ek enige idee het wat voorlê! Wat inspireer jou? 'n 100% oortuiging dat dit wat ek aanvang God se naam op daardie stadium die beste eer. Ek het op 'n keer vir die eerste keer geclick hoekom God se eer so belangrik is. Ek het vir God gesê dit klink vir my erg egosentries die hele eer-ding, eintlik niks anders as Satan nie wat ook alewig wil hê dat mense hom moet "eer". Maar Hy het dit so mooi vir my verduidelik dat ek net nooit weer hieroor hoef te wonder nie. Niemand anders as Hy kan enigsins eer hanteer nie. Alle eer is in elk geval syne. Dit inspireer my. Beskryf 'n dag in jou lewe? Milo maak vir die familie en almal tot by die skool boender. Sommige dae gaan dans ek eers hard voor die dag my tref. Terugsnel en inspring in die werk. Heeldag telefoon antwoord, ha-ha … verder lyk elke

dag heeltemal anders. Ek het TV-dae waarop ons onderhoude doen en links skiet of gebeurtenisse bywoon om dit vir Oopmond te dek. Ek is Vrydae 2 ure lank op radio (Centrestage gaan oor nuwe musiek). Die res van die tyd administreer ek optredes deur die kunstenaars of ek gaan sien media om 'n projek te bemark of iemand se storie gehoor te kry. En ek hou HOPE meetings in koffiewinkels. Vyfuur kry ek my kiddies, dan is dit ons gesinstyd tot agtuur wanneer hulle gaan slaap. Daarna begin my aande wanneer ek óf artikels óf resensies skryf, óf edit, óf bemark op die internet of wat ook al dringend nodig is. Waar sien jy jouself oor tien jaar? Ek weier om te droom of doelwitte te stel. As God sê links, dan gaan ek links, as Hy sê regs, dan duik ek met alles regs. Wanneer jy nie doenig is met 'n projek nie, wat doen jy vir ontspanning? Ek vrek oor enigiets wat jou maak hardloop of die adrenalien bietjie pomp. Selfs op vakansie kan ek nooit stilsit nie. As ek die dag tyd kry, geniet ek dit vreeslik baie om 'n storie te lees. Ek hou van stories met mooi eindes. O ja, en ek dans hard. 'n Mens noem dit Fit For Praise. Ons doen moderne dans/hip-hop/ballet-tipe choreografie op Christelike musiek. Jy aanbid terwyl jy sweet! Soms as ek nie meer kan bid, of aanbid (soos in sing) of enigiets met my mond kan doen nie, kan ek steeds met my hele hart voor die Here dans. Beskryf jouself in een woord? Intens Wat kry jou in die oggend uit die bed uit? Krisisse

Beskryf jou idee van perfekte geluk? Om 100% te weet wat God op hierdie oomblik gelukkig maak, en dit dan te doen ! As jy die geleentheid gehad het om een gebeurtenis in jou lewe te kon verander, wat sal dit wees? Ek wil nie eers aan daardie antwoord dink nie. God maak dat nie een stukkie sukkel of pyn of hartseer verniet was nie. Om iets weg te vat, sal my sekerlik armer maak … Wat is die grootse lewensles wat jy eendag vir jou kinders sal leer? Om te besef dat God soewerein is, nooit foute maak nie en nooit lieg nie. Dat hulle net op Hom moet fokus en om Hom gelukkig te maak; dan is hulle lewens, en geluk, en wat ook al nie meer hulle verantwoordelikheid nie. Ook dat Hy hulle perfek gemaak het. Wat is jou raad aan jong Christene wat 'n sukses van hulle lewens wil maak? Dieselfde as vir my kinders. Vergeet die tienpunt planne, en enige slim, menslike antwoorde. Jou ENIGSTE werk is om Hom beter te leer ken, want hoe meer jy Hom leer ken, hoe meer leer jy Hom vertrou en liefhê, en hoe groter insae het Hy in jou lewe. Hoe meer jy Hom vertrou, hoe meer kan jy oorgee, tot in die kleinste detail. 'n Boodskap van Janine aan elke meisie … Ek is getroud met presies die teenoorgestelde tipe mens as ek wat na 13 jaar se getroud wees steeds my hero is! Dit is só 'n voorreg vir 'n vrou om met 'n man getroud te wees wat haar vryheid gee om haar roeping uit te leef, nie te trots is om te help nie, sterk genoeg is om vir 'n vrou met 'n sterk persoonlikheid rigting te gee, 'n plat-op-die-aarde

man van God is, een wat in die lewe nooit na 'n ander vrou sal kyk nie en boonop 'n hunk ook is. Dit is 'n wonderwerk en ek wil vir elke liewe meisie sê dat sy nooit met minder as God se perfekte man vir haar tevrede moet wees nie. Jou huwelik is die een plek waar jy totaal veilig moet wees om jouself te wees; waar jy moet weet dat jy weet dat hierdie man mal is oor jou selfs sonder make-up en met jou stink asem eerste ding in die oggend. Want as jy dit daar kry sal jy met selfvertroue God se lewe kan lewe. Maak nie saak hoe ryk of "arm" julle is nie. En nog iets vrek belangrik: Jy sal dan kan glo as Christus sê Hy wil jou bruidegom wees, en jy sal verstaan as Hy sê dat Hy onvoorwaardelik lief is vir jou. Jy dien God en dit is sy vreugde om vir sy lieflingdogter die perfekte man te kry, oukei?

Wat is jou …

… beste tyd van die dag?

17h00-20h00

… gunsteling TV-program?

Enige soppy movie met 'n voorspelbare happy einde .

… mooiste Bybelvers?

Efesiërs 4:1-2 by verre op die oomblik.

… kledingstuk waarsonder jy nie kan klaarkom nie?

Jeans natuurlik!

… lekkerste karaoke-liedjie?

I-I-I-I … Will always love yooouuuuuuu!! (Whitney Houston, ha-ha!)

… mees gebruikte sê-ding?

whatEVER!

… geliefkoosde tydverdryf?

Skryf en kar-sing!

… gunsteling vakansieplek?

Sabie

… mees geykte verskoning?

Te besig …

KRUISPAD | UITGAWE 22

19



FOKUS

"Die laaste dag op aarde is 21 Desember 2012.

A

s jy hierdie boodskap sou kry uit verskeie onverwante oorde, hoe gaan jy reageer? Gaan jy dit aflag as maar net nóg 'n sensasionele gerug of doemprofesie wat massahisterie probeer aanhits of gaan jy met skreeuende remme in jou spore tot stilstand kom, jou prioriteitslys met 'n nuwe oog begluur en jou lewe naarstiglik begin herorganiseer? As jy soos die meeste van ons taamlik skepties is, sal jy maak asof dit jou nie juis traak nie, dog nietemin stilweg begin navorsing doen. Die vinnigste manier om pens en pootjies verstrik te raak, is om op Google in te tik: 2012 last day – en siedaar – binne 0.2 sekondes doem 'n 110 000 000 (honderd en tien miljoen!) verwysings voor jou op! As jy boonop 'n YouTube aanhanger is, tik 21-12-2012 in en jy is verseker van tallose slaaplose nagte se vergryping aan bykans 'n halfmiljoen visuele resultate – waarskynlik die meeste video's wat nog gemaak is oor iets wat nog nie gebeur het nie! Nou kan mens nie verhelp om te wonder nie: moet ek my hieraan steur? Miljoene mense is blykbaar lankal besig is om hul lewenstyl aan te pas ten einde voor te berei vir die sogenaamde einde van die wêreld, terwyl ek ewe niksvermoedend voortsleur met my daaglikse bestaan en stresvolle krisisse. Sênoumaarnet … Maar wag: kom ons kyk nugter na die feite. Vergeet nou maar van die Franse paartjie Philippe Meniére en Agnes Jardel wat hier in Sutherland kom probeer voorberei het vir die laaste dae. Vergeet ook van jou verligting toe jy na die fliek 2012 gaan kyk het en teen die einde gewaar dat ons eie Drakensberge die Apokaliptiese eindtyd kwansuis gaan oorleef! Kom ons kyk liewer noukeurig na die voorspellings en navorsing aangaande die doemdatum 21 Desember 2012 – die einde van volgende jaar! Kom ons hoor ook wat dink

2222

KRUISPAD | UITGAWE 22

ons eie wetenskaplikes, teoloë en gewone mense daarvan. Dan kan jy self besluit hoe jy dink dit gaan ons hier in Suid-Afrika raak. Vanwaar hierdie eindtydmanie? Doemprofete doen hul bes om ons bang te maak. Hulle maak seker ons weet dat die Maja-kalender op 21 Desember 2012 eindig. Tog vreemd dat die Maja-profete egter nie hul eie ondergang kon voorspel nie – reeds eeue gelede! Verder word ander kataklismiese voorspellings knaend onder ons neuse gevryf. Skielik is die nuwe modewoord Eskatologie– oftewel die Leer oor die Laaste dae. Bewaar jou siel as jy nog nie eens bewus is daarvan nie! 'n Mens sou graag hierdie lastigheid in die kiem wou smoor, maar dit raak al hoe moeiliker om te ignoreer. Boonop wemel dit van sogenaamde eindtydtekens rondom ons. Doen self 'n proefneming: kyk of jy dit dalkies kan regkry om één dag nuus te kyk of koe-rant te lees sonder om gekonfronteer te word deur een of meer van die volgende: • Oproer • Oorlog • Hongersnood • Aardbewing • Tsunami • Vloed • Vulkaan • Orkaan Sien jy wat ek bedoel? Elke woord laat iets voor jou geestesoog opdoem wat jy onlangs in die media gesien het: aardbewings in NieuSeeland, 'n tsunami in Japan, opstande in die Midde-Ooste, vloede in die Vrystaat, 'n asteroïede wat die aarde so paar weke gelede rakelings gemis het …. As jy nou rêrig kriewelrig wil voel, gaan lees Matteus 24:6-8 waar al hierdie dinge reeds twee millennia gelede voorspel is. Natuurlik help die astronome ook nie met hulle vooruitskouings nie. Op D-dag gaan die planete glo hulself op sulke unieke posisies

Alta Pretorius (Kruispad-leser)

bevind dat dit die aarde se magnetiese veld totaal deurmekaar gaan krap … en dan is die vet in die vuur! Die pole sal nie meer weet of hulle noord of suid is nie, oseane sal wonder of hulle moet eb of vloed, aardplate gaan mekaar rondskuif, berge sal vuur spoeg van opgekropte benoudheid en die hele aarde gaan sidder en beef! Die arme mensies sal paniekbevange rondhol met een oog op hul sak met noodvoorrade en die ander oog op die naderende planeet Nibiru wat ons glo gaan tref of rakelings verby gaan swiep. Selfs die son gaan vreemd optree en begin nou reeds met sy streke. Dis net die een sonstorm na die ander en NASA kan dit nie meer wegsteek nie, want die aarde word al hoe warmer en warmer. So, wat nou? Besluit jy dis nóú die tyd om maar te vergeet van jou dieet en oefenprogram en soveel smulkos te eet as wat jy wil? Eat, drink and be merry for tomorrow we die! Of gaan jy een van die volgende doen? • vinnig vrede maak met jou vyande – ingeval die oordeelsdag naby is; • tyd bestee saam met die mense vir wie jy omgee, maar afgeskeep het; • jou ontferm oor mense wat swaarkry en hulle probeer help; • vir oulaas 'n tas vol ou klere na die plakkerskamp neem; • geld uitdeel onder die armes. Hoewel dit wonderlik klink, mag dit dalk 'n onbesonne waagstuk wees, want soveel eindtydvoorspellings in die verlede het nie gerealiseer nie. Wil jy die kans waag om jou naam op 22 Desember 2012 met 'n plank te slaan? Miskien is dit 'n goeie idee om ander mense se opinies in te win. Hoewel Jan en Alleman saam sal oe en aa, is daar tog skeptici wat reken dis alles bog. Dalk het hulle 'n punt beet. Kom ons kyk.

Is daar enige aktuele sake waarmee jy worstel of graag meer oor sal wil lees? Laat weet ons gerus by red@kruispad.net. Ons sien uit daarna om van jou te hoor en saam met jou te leer!

Dr. Johan Brink, 'n kernfisikus wat jarelank aan die WNNR en UNISA verbonde was, sê reguit: "As natuurwetenskaplike is ek baie skepties en my voorspelling is: Dit gaan nie gebeur nie! Hoekom sê ek so? • "Dis onmoontlik om in die toekoms te kan sien. Selfs Nostradamus het niks pertinent voorspel wat waar geword het nie. Sy kwatryne in brabbeltaal het gelei tot foutiewe interpretasies, soos die voorspelde bloedbad in Europa in die 1980's, of dat SuidAfrika die veiligste plek op aarde is! • "Die eindtyd is al duisende kere voorspel. Agterna is daar altyd rasionalisasies waarom dit toe nie gebeur het nie. (Kyk maar na die onlangse voorspelling dat die wegraping op 21 Mei 2011 sou plaasvind.) Wat maak 21/12/2012 anders? • "Wat maak die kalender van die Majas kwansuis so spesiaal? Waarom is dit beter as enige ander kalender en kwansuis verband hou met die einde van die wêreld?" Dalk is die eindtyd wel op pad, reken dr. Francois Durand van die Universiteit van Johannesburg, maar dis deur ons eie toedoen en nie as gevolg van buitefaktore nie: • "Ons stuur af op 'n mensgemaakte ramp, want ons sal binne dertig jaar twee aardes nodig hê om aan al die behoeftes van die mensdom te voorsien. Na raming gaan daar dan 10 miljard mense op aarde wees. • "Daar sal geen vis meer wees nie. Ons verloor tans 150-200 spesies per dag. • "In die middel van die Stille Oseaan is 'n drywende eiland van 'n miljoen vierkante meter rommel wat daagliks gevoed word deur omliggende kontinente (Great Pacific Garbage Patch)."

Word vervolg op volgende bladsy …

KRUISPAD | UITGAWE 22

23


HULP

Vervolg vanaf bl. 18

D

Durand trek die strop nouer om Suid-Afrika want: • "Binne vyf jaar gaan 85% van Suid-Afrika se riviere onherstelbaar besoedel wees. • "Suurmynwater met metale soos uraan besoedel tans meedoënloos die grondwater van Noordwes en Gauteng. • "Suid-Afrika word binnegestroom deur miljoene mense van regoor Afrika vanweë die gebrek aan voedsel en water. Die gevolg? Ons bronne droog ook op." 'n Mens kry die indruk dat party mense eintlik verlig is dat dit lyk asof die eindtyd uiteindelik naby is, want dinge kan tog nie onbepaald so voortduur nie. Skrywers soos Jock Whitehouse en John van Auken beskou dit as 'n wonderlike geleentheid vir die oorlewendes van die Apokalips om saam 'n nuwe en beter realiteit te help skep. Hulle hoop op 'n goue era sonder versoekings en boosheid – 'n tyd van geestelike vrede. Hoewel die Bybel deurgaans die laaste dae profeteer, word geen besliste datum aangedui nie. Wanneer Jesus se dissipels aan Hom vra wanneer die eindtyd sal kom, is sy antwoord: "Niemand weet wanneer daardie dag en uur sal kom nie, nie die engele in die hemel of die Seun van die mens nie. Net die Vader weet dit," (Matteus 24:3). Dr. Clifford Heys, leraar van Onrusrivier, sê: "Oor die datum kan ek my nie uitspreek nie. Ek weet nie en Jesus weet ook nie. Ek steur my nie veel aan die doemprofete met hulle datums nie, maar wel aan die naderende dood. Die datum van my dood mag nog voor 21 Desember 2012 wees – en ek wil gereed wees."

24 24

KRUISPAD | UITGAWE 22

Tot watter slotsom kan mens kom? Is die eindtyd op ons? Ja of nee? Net mooi niemand op aarde weet nie! Almal bespiegel of gee 'n siniese snork van miskenning, maar jy moet uiteindelik self besluit of jy jou daaraan moet steur of nie. Gaan jy vir veiligheid noodvoorrade aanhou en jou lewe en verhoudings in orde kry, of gaan jy maar net voortploeter op jou welbekende paadjie? Jou berus daarby dat Gods water maar oor Gods akker moet loop? Gaan jy dalk soos die sabeltand-eekhoring Scrat in die Ice Age films verbete probeer om jou laaste akker te bewaar, al veroorsaak dit 'n katastrofiese kettingreaksie? Hoop jy om ook in die proses meegevoer te word na die goue poorte van die Akkerhemel? Dalk moet jy ophou stres oor al hierdie onsekerhede en dr. Heys se eenvoudige voorbeeld volg. Hy sê: "Ek dra in my baadjie se sak 'n akker waarvan ek voortdurend bewus is – 'n ikoon om my te herinner aan die dood. Maar nie die dood as 'die einde' nie – eerder 'n dag van 'n verrassende ontwaking." Hy vat dit saam in 'n neutedop: • "Net so min as wat ek bewus is van die oomblik wanneer ek aan die slaap raak, sal ek bewus wees van die oomblik van my dood. • "Net soos ek bewus word van my wakker word met nuwe krag en 'n nuwe dag, sal ek ontslaap en wakker word en bewus wees van 'n nuwe werklikheid. • "Die akker ontkiem en groei weer. So ook ek!" Lewe elke dag in gereedheid en sien eerder daarna uit om jou Vader te ontmoet!

aar sit gereeld ouers in my spreekkamer wat moedeloos vra wat hul met hul kind/ tiener moet doen. Gewoonlik lyk hulle gesigte nog moedeloser en selfs kwaad as ek sê dat hulle méér liefde moet gee. "Ons gee vir ons kinders alles!" sug hulle dan. Dít is juis die probleem! In ons besige lewens gebeur dit dikwels dat ons so konsentreer op wat ons moet dóén of gee dat ons vergeet om die mens agter die aksie raak te sien. In die klaskamer gaan dit oor huiswerk wat gedoen is of nie, op universiteit oor 'n eksamen wat geslaag is of nie, by die werk oor sukses wat behaal word of nie. Die wêreld neem net kennis van wat jy dóén of nie dóén nie. Met die ondergang van die groep en die klemverskuiwing na die individu het ons beweeg vanaf 'n samelewing wat omgee vir mekaar na een vol selfsug. Ouers laai kinders by talle professionele mense af wat die kind moet fix. Malls, sakke vol geld en TV-games word ingespan om materiële behoeftes te bevredig. So vergeet die mensdom hoe om met mekaar te praat, word ons vrese oor mekaar en wat ander van jou dink opgebou, en kruip ons agter rekenaarskerms weg, want ons is bang en weet nie meer wat nou nie. "Where is the love?" sing die Black Eyed Peas so gepas. Wat het geword van aandag gee, 'n rukkie stilsit en omgee? Sien ons nog die persoon raak of sien ons net die huiswerk, die stout-wees en die kwaai gesigte? Waar is die liefde en wat is die liefde dan nou eintlik wat ons moet uitdeel? Liefde is 'n verhouding. Sonder 'n verhouding kan liefde nie bestaan nie. Jy moet tog iemand leer ken voordat jy hom/haar kan liefhê! Nou praat ek nie van romantiese liefdesverhoudings nie. Ek praat net van gewone ouer-

kind, kollega en klasmaat verhoudings. "Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword," (1 Korintiërs 13:1). Die wêreld het nie meer tyd om te luister na mense wat sukkel, treur of verlang nie. Met ander woorde: die wêreld het nie meer tyd vir verhoudings nie. Dis net: "Kyk Noord en gaan maar voort!" In die sielkunde is daar 'n teorie wat sê dat alles in die lewe handel oor verhoudings. Vanaf die verhouding met jou "bersie" of teddie toe jy 'n baba was tot die verhouding met jou ouers, kêrel/meisie, vriende en klasmaats. Indien ons verhouding met die dinge in ons omgewing onstabiel, afbrekend, liefdeloos of foutief is, ontstaan daar probleme. Vra jouself die volgende vrae: Hoe lyk my verhoudings? Saam met wie of wat spandeer ek die meeste tyd? Wat is my verhouding met myself? Hoe lyk my verhouding met God? Die verhouding met God maak Christenskap die mees unieke geloof in die wêreld. Soveel ander gelowe moet soveel dóén vir hulle god en as hulle nie genoeg dóén nie word hulle gestraf. Die verhouding wat ons dus met God kan hê, is baie spesiaal, want soos ek vroeër gesê het, lei 'n verhouding na liefde. Dit is belangrik dat ons 'n verhouding met God bou sodat ons sy volle liefde kan ervaar. Hoe bou ons 'n verhouding? Ons spandeer tyd saam met 'n persoon sodat ons hom/haar kan leer ken, kan leer verstaan en kan leer vertrou. Ons moet ook leer om hom/haar te respekteer, om vir hom/haar jammer te kan sê, om goed met hom/ haar te deel en hoe om hom/haar te vergewe.

God is so wonderlik dat Hy iets gedóén het om sy liefde te bewys. Hy het sy Seun te laat sterf. Hy staan nie net gereed om hierdie verhouding met my en jou te bou nie, maar Hy het ook sy liefde met 'n groot gebaar bewys. "Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle," (Johannes 17:26). Maak vandag jou groot gebaar, begin aan jou verhoudings bou en steek 'n hand uit na jou gesin, jou vriende of kollegas. Vra vir hulle hoe dit gaan, gee vir hulle van jouself, probeer hulle verstaan en luister na hulle. Gee tyd aan jouself, jou ouers en vriende. Ervaar die liefde, aanvaarding en belangstelling van ander. Gaan uit en bou verhoudings! "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!" (1 Korintiërs 13:13).

Indien jy worstel met enige probleem (of iemand ken wat met 'n probleem worstel), en nie die vrymoedigheid het om met iemand wat jy ken daaroor te praat nie, stuur net 'n e-pos aan help@kruispad. net. Alle korrespondensie sal natuurlik streng vertroulik hanteer word! Waaroor sal jy graag advies wil hê in Kruispad? Stuur vir ons jou voorstel na advies@ kruispad.net.

Johannes Schickerling (Kliniese sielkundige, Kruispad-redaksie)

KRUISPAD | UITGAWE 22

25


KREATIEF

Wil jy graag 'n bydrae instuur vir die volgende Kruispad-uitgawe? Stuur dit vir ons na kreatief@ kruispad.net. Dit kan enigiets wees – 'n gedig, artikel, foto, skets, of wat dan ook al! Die redaksie wil graag jou gawes gebruik om God te eer! (Dus moet jou bydrae God-erend van aard wees.) Ons sien uit daarna om julle bydraes te ontvang!

E

lke dag bring sy eie battles. Soms wens ek dit was vandag nog so maklik om 'n swaard te vat en 'n vyand se kop af te kap. Ongelukkig is ons battles nie meer teen reuse met swaarde nie, maar teen akademie, werksituasies, verhoudings wat skeefloop, finansiële probleme en siektes. Daar is drie vyande wat ons al te goed ken. Die eerste is die wêreld. Hoe maklik verval ons in wêreldse gebruike of neem wêreldse denkwyses aan. Ons word vol propaganda gepomp sodat ons nie anders kan as om hopeloos te word nie. Petrus sê duidelik dat ons nie meer aan hierdie wêreld se beloftes behoort nie, maar aan dié van ons Vader (2 Petrus 1:4). Natuurlik speel die bose ook 'n rol. Dit is belangrik om te besef vanaf die dag wat ons gebore word, is daar oorlog teen ons verklaar. Die rede is natuurlik omdat ons die beelddraers van Christus, die Messias, is. Die bose wil dit teëstaan. Selfs die bose lyk maar pieperig in

vergelyking met die derde vyand. Ekself. Die meeste van die tyd is ek my grootste vyand. Dit klink sinies, maar dink daaroor. Hoeveel keer voel ek gemaklik met 'n skrifgedeelte, maar ander gedeeltes is vir my moeilik om te glo. Die rede hiervoor is dat ek nog te veel van myself laat lewe. Ek laat nie Christus toe om deur my te lewe nie. Dit is nog te veel van my en te min van Hom. Dit gaan nie oor wat my vermoë is nie, maar oor God se vermoë deur my. Tot watter mate is ek bereid dat God deur my werk? Dit is ekself wat my weerhou van 'n intiemer verhouding met die Vader. Nie die bose of die wêreld nie. Wat is my eerste reaksie as die oorlog om my uitbreek? Die meeste van ons besef nie eers ons is in 'n stryd gewikkel nie. Soms besef ons wel daar is 'n oorlog, maar ons sal dit eerder ignoreer en wag tot dit oor en verby is. Ek kan nie langer maak asof Jesus nie my generaal is nie. Jesus weet hoe om oorlog te maak. Wanneer

Hy terugkom, kom Hy as die Hoofgeneraal met 'n leër van engele, sy kleed met bloed deurdrenk, op 'n wit perd met 'n swaard (Openbaring 19). As ek sy beeld dra, is ek nie veronderstel om geestelik een met Hom te wees nie? Is ek nie veronderstel om hierdie swaard op te tel en te veg totdat bloed ook van my klere afdrup nie? Ek kyk terug na die battles waaroor my Koning al reeds vir my oorwinning gegee het. Soos die konings van ouds is my kasteel se mure bedek met die skilde van vyande wat reeds verslaan is. Hierdie vyande kom maak soms weer oorlog, maar dan kan ek net teen die muur kyk na die skilde van nasies wat in die stof gebyt het en weet dat ek reeds oorwinning oor hulle behaal het. So skep ek hoop vir die toekoms. Dit is nodig om terug te kyk om te weet vandag se battle is in die sakkie. "Die Here sal self oorlog maak en Hy sal vir julle veg … Julle moet stil wees," (Eksodus 14:14).

'n Rubriek deur Edgar Trollip (Kruispad-redaksie)

Gedig deur Suré Pyper (Gee-jaar)

26 26

KRUISPAD | UITGAWE 22

KRUISPAD | UITGAWE 22

27 27


LEEFSTYL

Moira Sinosich (Kruispad-leser)

G

eestelike oorlogvoering is nie 'n katjie wat jy sonder handskoene kan aanvat nie. Om oorlog te voer op enige terrein (fisiek of geestelik) kom teen 'n prys. En daar is feitlik altyd casualties of war. Jesus nooi ons uit om die koste te bereken voordat ons betrokke raak. (Lukas 14:28). Uit Daniël uit leer ons om 'n goed geoliede soldaat in die koninkryk te wees, het meer te doen met wat jou verwysingsraamwerk en attitude daaroor is (grense waaroor jy resolved is) as enigiets anders (Romeine 12:2). Trek jou Bybel nader en kyk wat die Here vir jou wys uit die volgende verse in Daniël: • Dissipline en guns (Daniël 1:8-9). Dissipline gaan nie oor werke nie – ons weet ons beste werke is soos vuil linne voor die Here (uit Jesaja) – maar gesonde, vaste gewoontes (roetine) help om 'n soldaat gefokus te hou. Alle soldate moet oefen om sterk te word – hulle moet hardloop, kopkrappers en fisieke uitdagingsbane voltooi totdat hulle tonge op die grond sleep. So moet ons gees ook voorberei word deur geestelike oefening (gebed, skriflesing, vas en ander geestelike dissiplines). Dit moet egter NOOIT gelees word as 'n skakel tussen werke en genade nie – jou oefening (ontwerp om jou sterk te maak) is geen vervanging vir Jesus se offer aan die kruis vir jou

28 28

KRUISPAD | UITGAWE 22

saligheid en die seën wat Jesus deur sy Gees (sy guns) oor ons uitgiet nie. • God se soewereiniteit. Die Here gaan nie sy glorie met jou deel nie (Daniël 2:11-12). Al is jy die koning van 'n land, moet jy die Here eer – nie andersom nie – dit is wat God deur die droom vir Nebukadnesar wou sê. Maar God in sy goedheid maak ons wel deel van sy grootste werke, soos Daniël wat die droom moes uitlê (Daniël 2:19-30). Ons is dienswerkers wat onder die mag van ons goeie Meester val. Dit is by verre beter om aan Jesus uitgelewer te wees as aan Satan wat daarop uit is om ons te verslind en vernietig. Ons dien 'n goeie Here wat sy Seun gestuur het om in ons plek te sterf. Ons moet op Hom vertrou en weet dat sy besluite die beste is. • Wees gereed om onregverdig te ly (Daniël 3:16-21). Op hierdie aarde sal jy nie pyn en lyding vryspring nie. Ons almal gaan deur swaar tye. In plaas daarvan om 'n lewe te spandeer om dit te probeer vermy, leer om die gevegte te kies en embrace hardships en teenkanting vir die regte redes. Moenie hoop verloor nie – wonderwerke gebeur steeds en die Here mag jou dalk vinnig verlos. We walk by faith and not by sight. Maar Jesus het in geen onduidelike taal laat blyk dat om-

dat Hy (as die Meester) vervolg is ons as volgelinge nie verbaas moet wees as ons ook vervolg word nie. • Nederigheid en 'n leerbare gees (Daniël 4:28 en 34). Trots kom tot 'n dawerende val soos die boom in Nebukadnesar se droom. Die Here sal ongenaakbaar die trots in jou lewe aanspreek en in liefde dit uitsny, want trots word deur Satan gebruik om jou dood te maak. Dis vir jou beswil dat die Here alle trots uit jou lewe verwyder. • Jou erfenis is nie 'n gegewe nie (Daniël 5:22-23). Net soos Belsasar nie kon reken op die feit dat sy pa 'n groot koning was nie, kan jy nie reken op die feit dat jou ouers Christene is nie. Jy moet verantwoordelikheid neem vir jou siel (en as jy eendag trou, jou gesin se siele). Aan die einde van die dag gaan jy deur die Vader tot verantwoording geroep word. Maar jy hoef NIE vorige geslagte se laste te dra nie. Die Woord is baie duidelik hieroor (Jeremia 31:29-30, Esegiël 18:2-21). • Die groter wet (higher law) (Daniël 6:12-13). Dit is soortgelyk aan die les van God se soewereiniteit. Daar is geen mensgemaakte wet wat die Here sal eer bo sy eie Woord nie. Daniël was bereid om mense se

wette te ignoreer en sy lewe af te lê tussen leeus. Sy prioriteite was reg in die oë van die Here. Die Here het sy lewe gered sodat 'n heidense koning kon sien dat Hy nie veel waarde heg aan menslike wette nie, maar dat die koning hom wel moet begin steur aan God se Woord. • Profesie kom altyd teen 'n prys (Daniël 7:15, 28; 8:27; 9:3; 10:2, en 8-9; en 12:3), maar Jesus het ons grootste geveg (teen die sonde en die dood) reeds oorwin. Gemak mag verlore gaan, jy sal moeg word en soms selfs siek. Maar die Here sal jou rus en vrede gee te midde van geestelike oorlogvoering. Jou grootste verantwoordelikheid is om sy Woord te versprei (Daniël 12:13). Mag die Here jou wysheid laat toeneem (Spreuke 1:2-7) en jou die krag gee om aan te hou om die goeie geveg te veg, binne en buite seisoen, maar altyd binne sy mandaat (Daniël 10:13). Die Here sal jou versorg en versterk! "Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie," (Jesaja 40:29-31).

KRUISPAD | UITGAWE 22

29 29


KUNSTENAARSPROFIEL

D

ie groep, Nagskof, maak al sedert 2008 saam musiek. Kruispad het by hulle gaan inloer om bietjie meer uit te vind oor die band en sy lede. Wie en wat is Nagskof? Nagskof is 'n groep mense, almal met 'n day job en 'n passie vir musiek. Die groep bestaan uit Andre, Izak, Cois en die roos tussen die dorings, Liezel. Is daar 'n verband tussen julle groep en die kuierplek "Nagskof" op die sepie Binnelanders? Ja, die ligte, die geraas en die naam. Nee, daar is geen verband tussen die orkes en die sepie nie. Izak het in die jare voor Binnelanders saam met 'n vriend 'n garage-ateljee begin genaamd Nagskof Studios. Watter tipe musiek maak julle? Omdat ons 'n passie vir musiek het, speel ons musiek uit alle eras en genres. Ons verwerk dit in ons eie tipiese pop/ rock musiekstyl. Ons skryf ook oorspronklike musiek en voer dit gereeld op tussen die covers wat ons speel. Wat beteken musiek vir jou persoonlik? Andre (A): Musiek is vir my 'n kreatiewe uitlaatklep, 'n manier om gevoelens uit te druk en stres te ontlaai. Liezel (L): Dis in my bloed. Dis my manier om uiting te gee aan my emosies en my persoonlikheid. Ek luister na enige tipe musiek, en elke genre raak my op 'n ander manier. Om musiek te maak, is 'n passie wat ek voluit probeer uitleef. Ek dank die Here elke dag dat hy

my geseën het met dié talent. Izak (I): Dit ontspan my siel. Cois (C): Musiek speel 'n groot rol in my lewe. Ek het as kind groot geword met Leon Schuster en Dawid Kramer en moes gereeld vir my ouers op Sondae Swem Jannie Swem sing. Musiek bepaal dikwels my mood en dis 'n voorreg om musiek te kan uitleef en daardeur dankie te sê vir die Here vir talent om dit te kan doen. Is dit net gospelmuisiek wat 'n boodskap oordra? Wat wil julle graag met julle musiek bereik? Alle musiek dra een of ander boodskap oor. Ons wil graag musiek maak waarmee mense kan assosieer, kan weet hulle is nie alleen nie en mense dieselfde emosies laat beleef as die "persoon in die liedjie". Ons het natuurlik ook 'n paar tong-in-die-kies songs – ons moet darem by die Suid Afrikaanse musiekmark aanpas, julle weet? Watter beeld probeer julle van Nagskof onder die publiek vestig? Nagskof is 'n klomp plat op die aarde mense. Ons is mens-mense, die werkersklas wat ons droom navolg – jy kan ook! Hoe moeilik is dit regtig om jouself te vestig in die musiekbedryf Al die kunstenaars wat raad gee hamer op dieselfde ou goedjies soos "dit kom met harde werk". Dis eers wanneer jy self in daardie bootjie is wat jy besef HOE hard hierdie werk is. Maar as jy

soos Nagskof dit doen vir die lekker (met die oog op dalk iets groter) maak dit nie regtig saak nie. Ons konsentreer sover op die roete meer as die bestemming, en ons geniet elke tree! Die kunstewêreld het nie altyd 'n goeie naam wat morele waardes betref nie. Hoe rof is dit daarbuite? Watter slaggate moet voornemende jong kunstenaars vermy? Jy moet vooraf besluit wat jy uit die musiek wil hê, vooraf besluit hoe jy gaan optree en watter beeld jy wil uitstraal en daarby hou. As jy dit doen, sal jy die versoekings kan weerstaan om jou te vergryp aan alkohol of dwelms, en oor te gee aan losbandigheid. Watter rol speel godsdiens in jou lewe? A: Ek het 'n ruk gelede begin lees aan Retief Burger se Oorgegee en baie van die dinge waaroor hy skryf, maak soveel sin vir my. God het ons almal eerste geroep en Hy wag vir ons om te antwoord. En hoe antwoord ons? Deur ons totaal en al aan Hom oor te gee! L: Dit speel nie 'n rol nie, dit IS my lewe. Die oomblik wat ek gaan ophou dankie sê vir alles en almal in my lewe, vir my talente en gawes, dan kan ek maar net sowel ophou lewe. 'n Mens bereik 'n punt waar jy besef hoe nietig jy is, en tog, as jy om jou kyk kan jy nie glo hoe die Here hierdie nietige wese SO kon bless nie! Daar het al te veel dinge in my lewe gebeur om nie te glo in God nie. I: Ek dink die vraag moet eerder wees: "Hoe 'n groot rol speel God in jou

lewe?" Godsdiens is vir my die sigbare handeling van jou verhouding met God, maar ongelukkig doen baie mense dit vir die verkeerde redes. God speel beslis 'n groot rol in my lewe en sal altyd. Ek het te veel om voor dankbaar te wees. Die tipiese Westerse "godsdiens" behels goeie dade aan die minderbevoorregtes; kos, klere, hulpmiddels. Die wêreld sal 'n beter plek wees as ons die vaardighede, beginsels en kennis oordra aan die behoeftiges van Afrika wat ons as kinders ontvang het by ons ouers. Ek dink die kerk konsentreer te veel op "ervaring van diens" en hoe groter hoe beter. Dis jammer mense is meer bereidwillig om skuilings op te rig as skole en klinieke in Afrika. C: Ek's 'n Christen, maar ons is almal maar net mense met foute. Angus Bachan het 'n groot invloed op my lewe gehad met MMC2009 en MMC2010. Ons band het nog nooit opgetree sonder om eers 'n gebed voor die tyd te doen nie.

'n Paar vinnige feite:

Gunsteling kos

Goorste gereg

Lekkerste vakansie

Big Mac en tjips met tamatiesous … oooh lekker!

Steak & kidney pie … jig!

Victoriabaai 2000 en Taste of Europe Tour 2005

Liezel

Enigiets met hoender

Seekos

Matriekvakansie

Izak

Pap en wors

Eiervrug kotelette

Namibië

Cois

Braaivleis en my ma se beskuit

Beet

Universiteitsloopbaan

André

Groepsdinamika Wie is altyd laat? Cois Wie is altyd vroeg? Izak Wie se mond is die grootste? Liezel s'n met oefeninge, maar Andre s'n op stage Wie is die grapjas? Almal het hulle oomblikke – verseker! Wie het 'n gewoonte wat jou irriteer? Ag, ons almal is lief vir mekaar net soos ons is. Wie kry telefoonnommers op servette gekrap tydens optredes? Cois

Anel Potgieter (GK Rooihuiskraal)

30 30

KRUISPAD | UITGAWE 22

KRUISPAD | UITGAWE 22

31 31


Media and Culture I

n various secular sources we get advice on how to take care of ourselves, how a relationship can be build and how to make money. We also find this in the soaps we watch and the radio programmes we listen to. This has much impact on our society and leads to people struggling very hard to be successful on their own. Because God is not even thought of in the process of battling for success, it has come to a point where everybody wants to own a whole lot of earthly treasures. We find this happening even in the church. I am not suggesting that success is wrong, but accumulating worldly materials without seeing God as the Provider is not to His glory. The other day a watched a variety programme on TV and the host said that Jesus is not in actual sense the only way to heaven, but it depends on how each one sees it. This is not the truth and it can never be. We read from the Scripture that He is the truth, the way and the life. I want to point out some outstanding factors in our society which people think are the sources of authority and thus worship as idols. There are so many things out there that are being worshipped. Mostly this begins with parents who don't attend church. Sometimes they do attend church but still cling to old rituals like animal sacrifices. Their principles weren't built on the authority of the Scripture and now that the gospel had been preached to them they find it hard to entrust their lives fully to the Lord. They instil it in their children that the ancestors should not be left out in whatever they do. When you take any young African who is looking for a job, they will tell you as soon as they find a job their first salary should be used for an ancestral ceremony which is called "the gift of the ancestors". On the other hand, when the Sunday comes they go to church. The devil is targeting the young generation and we are so vulnerable due to

32 32

KRUISPAD | UITGAWE 22

the lack of information and ignorance of the word of God. The other thing that is penetrating the society is the music we as youth listen to. For instance, when you really listen to the music of today and concentrate on the lyrics – Hip Hop, R&B, Rock – you will realise that it is mostly blasphemous. Of course there are nice songs when you listen to them but ask yourself the following questions: • Are they faith builders? • Do they exalt God? • Do they give the impression that everyone has freewill and can live however they want? There is a phrase which the antichrists uses; "do what thou wilt" meaning do your own will. This phrase appears in many of songs that sound so nice and good. I want to quote a song titled Empire state of mind: "Jesus can't save you, life starts when the church ends". If we claim to be Christians but listen to these songs and sing along, it means that we do not spend much of our time with the Word of God. This is one of many things that are fooling us into worshipping idols. It is done in such a way that no one even realise it. It is so disturbing because it happens right in front of our eyes in everyday life. It is done purposefully (ex. through song lyrics) and enters our thoughts so that we are led to meditate about it. Next I want to talk about how we read in secular sources how it is planned that the world will eventually be taken over by the antichrist. It is said that the devil uses media to have this plan accomplished. The Bible explicitly tells us that not even the Son, Jesus Christ, knows of the judgement day date. Thus it is so surprising to find out that the newspapers have begun to write about the date of the coming of Christ. I was reading a newspaper a while ago and it was written that Jesus is coming on the 20th of May

2011 and five months afterwards the world is coming to an end. Well it is July 2011 now and although Jesus is here among us, His second coming hasn't happened yet. Even if the world will come to an end in a few month's time, or even tomorrow, this should not be threatening or shaking us because the Book of Revelation told us in advance of the staged events which are going to take place just before the coming of the Christ. As Christians we should be ready every moment for Christ's second coming and we should find relieve as believers because we know that we have a place prepared for us in the everlasting life. Mpho Mosasi (Kruispad Editorial team)

Kruispad wil graag 'n nuwe Engelssprekende redaksielede verwelkom. Hulle gaan in die vervolg artikels skryf wat spesifiek fokus op probleme waarmee die swart Christenjeug in hulle gemeenskappe sukkel. Stuur gerus vir ons terugvoer hieroor en laat weet ons as julle vrae het wat hier beantwoord kan word. ~Red

KRUISPAD | UITGAWE 22

33


Resensies: Janien de Kock | Tania Kruger

lees dit?

Die stiltetydbybel vir jongmense

Die Berge sal uitroep

Johan van Schalkwyk Christelike Uitgewersmaatskappy ISBN:978-1-77000-944-8

Hannes van der Walt Merchant Music 2011

ALmal van ons sukkel op een of ander stadium om persoonlike Bybelstudie te doen. Soms is dit omdat jy te vaak of te lui is, maar ander kere is dit dalk omdat jy sukkel om te verstaan wat die Bybel presies sê. Soms voel dit asof 'n dagstukkieboek net te oppervlakkig is en jy nie genoeg by die Bybelteks uitkom nie. Ander kere voel jou brein te moeg of dom om te verstaan wat in die Bybel staan. Die Stiltetydbybel vir Jongmense kan jou hiermee help. Die Stiltetydbybel vir Jongmense bestaan uit die Nuwe Testament geneem uit die Nuwe Lewende Vertaling. Dit is opgedeel in die twaalf maande van die jaar met 'n Bybelgedeelte en dagstukkie vir elke dag van elke maand. Hierdie Bybel sal jou 'n jaar lank besig hou met die Bybel, sonder om jou tyd te mors met oppervlakkige stories of prekies. Jy lees die Woord net soos dit daar staan en kry daarby 'n stukkie wat dit verduidelik. Die dagstukkies is so geskryf dat dit die leser nie verveel of onderskat nie. Dit wil voorkom asof die skrywer hard probeer het om sy lesers te interesseer met sy skryfwerk, maar ook om hulle te help om die Bybel te verstaan. Die taalgebruik is maklik en modern sodat ek as jongmens maklik daarmee kon identifiseer. Hierdie is nie 'n tipiese Bybel wat soms onverstaanbaar en in moeilike taal geskryf is nie. Dit help jou om die Bybel en God beter te leer ken, om sy verlossingswerk te verstaan en dit wys jou hoe om jou lewe daarvolgens te verander. Dit is verder handig dat alles in een boek vervat is. Jy hoef dus nie drie verskillende kommentare op jou skoot te balanseer nie, net een boek gemaklik vashou wat alles bevat om 'n volledige persoonlike Bybelstudie te hou. Het jy ook al probeer om die Nuwe Testament van voor tot agter deur te lees? As jy vroeër daarmee gesukkel het, is Die Stiltetydbybel vir Jongmense ideaal. Die beste van alles is dat dit jou 'n hele jaar lank intensief met God, sy beloftes en sy liefde gaan besig hou. Wat kan beter wees?

34 34

KRUISPAD | UITGAWE 22

HierDIE CD is 'n versameling lofprysing- en aanbiddingsliedere en is opgeneem tydens 'n optrede van Hannes van der Walt. Die musiek-CD word vergesel van 'n DVD van dieselfde optrede. Ek moet eerlik wees, ek het gesukkel om die CD deur te luister. Dis nie dat dit onaardig is om na te luister nie, maar dit val baie ver buite my persoonlike smaak. Persoonlike smaak of nie, ek het die hele tyd bly wag vir 'n sterk "hoofsanger" om na vore te tree, maar dit bly na koorsang klink. Geen onderskeid word getref tussen die agtergrondsangers en die lead nie. Dit kan wees dat ek met verkeerde verwagtinge daarna begin luister het, of dat die opname self die probleem is. Hoe ook al, dit sou lekkerder gewees het as Hannes meer "uit die bondel uit" kon kom.

Die een song waar 'n mens wel meer van Hannes self hoor, is Die Berge sal Uitroep, en dit is ook my gunsteling op die CD. Ek vermoed dat fans wat die konsert bygewoon het, die CD veel meer sal geniet en ewe lekker sal saamsing. Op die ou einde is dit die uiteindelike doel van lof- en aanbiddingsmusiek: heerlike samesang. Lees 'n mens meer van Hannes van der Walt op die internet, dan vind jy uit dat hy 'n wonderlike stem het, baie modieus aantrek en dat hy 'n agtergrondsanger vir van ons voorste Afrikaanse kunstenaars is. Ek wil graag meer van dié "wonderlike stem" hoor, eerder as om dit te moet soek tussen sy eie agtergrondsangers se stemme. 7/10

luister dit?

luister dit?

Psalms ... en ander liedere Louis Brittz Merchant Music 2011

Psalms. 'n Herinnering aan oom Stoffel, die orrelis wat heeltemal in vervoering raak vanweë sy orrelspel en my kwakende jongmensstem wat naarstiglik probeer byhou of dan die noot net-net lank genoeg gerek kry, kom vlugtig by my op as ek dié woord hoor. Julle sal my dus verskoon as ek die CD met effense voorbehoud in my motorradiospeler gedruk het. Ek het gou besef die drukkende Jozi-verkeer is nie die ideale plek om die Psalms-CD uit te toets nie en het eerder die tweede CD, Ander Liedere, begin luister. Dit het beter gegaan. Maar op 'n stillerige dag by die werk het ek Psalms weer probeer. Louis Brittz se Psalms laat alle spookbeelde van swaar, dawerende psalmgesang verdwyn. Hy draf ligvoets deur van die gewildste psalms soos Psalm 1, 51 en 100 (deur hoeveel kragonderbrekings en katkisasie-openings het ons nie dié psalm gesing nie). Louis komponeer regstreeks uit die Bybel. Die lirieke binne die CD-omslag is die volledige 1983-teks van die Bybel (met die uitsondering van Psalm 100) en sy notas is daarby geskribbel. Luister gerus na die herverwerking van die immer gewilde Psalm 100. Dis heerlik!

Die tweede CD is 'n "versameling liedjies wat die seisoene waardeur Louis gereis het, weerspieël". Ek hou besonder baie van Lord of the Dance, wat spog met 'n amper Middeleeuse gevoel. Die sanger verwys na homself as "'n bietjie middeljarig" en ek moet sê ek mis van die woema waarmee ons hom in 1996 by die Verenigende Christen-Studenteverenigingjeugfees leer ken het so 'n bietjie, maar dis steeds 'n lekker ervaring om na Louis te luister. Laai sy musiek op jou iPod, druk die proppies in jou ore en die tyd vlieg verby. Dit gaan ook nie lank wees voor jy die stoeldans gaan doen nie. Praise and worship met so 'n bietjie lyfswaai is waarskynlik die beste beskrywing van dié musiek. Boonop vind ek die CD-omslag se ontwerp heerlik verfrissend. Dit kan miskien persoonlike smaak wees, maar die vars groen en die klein potplantjie wat 'n kaalvoet Louis vashou is net soos sy musiek: onpretensieus. 10/10

KRUISPAD | UITGAWE 22

35


Noordwes Cachet-gemeente

11 re 20 a n i sem E en Kamp

Uitreike:

Die GKSA Deputate vir Jeugsorg / Kruispad: Jeugbediening Reboot 2011 'n Werkswinkel waar ons jeugbediening vir die gemeente relevant maak

Al ooit gewonder waarheen ons jeug verdwyn? Of dalk agtergekom dat hoe ons dinge gedoen het net nie meer werk nie? Dalk het die gemeente besef dat jeugbediening weer aandag moet kry maar weet nie waar om te begin nie. Jeugbediening Reboot 2011 is 'n twee-dag werkswinkel waar ons nie eenvoudig net kyk wat ons nuut kan doen nie maar kyk waar ons weer moet reboot (reformeer). Hierdie werkswinkel se hoofdoel is nie om met die jeug in die gemeente te werk nie, maar eerder aan die bediening van ons jeug. Hierdie jeug sluit in Voorskool, Laerskool, Hoërskool en Naskool.

Vir wie is dit bedoel? Die werkswinkel is bedoel vir die persone in die gemeente wat 'n hart het vir die jeug en iets wil doen. Jeugmentors, Ouderlinge, diakens en predikante is meer as welkom.

Waar Die volgende plekke gaan as opleidingsentrums gebruik word. Indien daar meer versoeke is, sal nog geleenthede geskep word: • Pretoria (GK Brooklyn ) • Johannesburg (GK Randburg)

• Kaapstad (GK Bellville-Oos) • Natal (GK Empangeni) • Vaaldriehoek (GK Vanderbijlpark-Trinitas)

Wat is die koste? • R50 vir toerustingmateriaal. • Kostes van verblyf & etes sal later bekend gemaak word.

• Natal-uitreik: 5-9 Augustus • Septembervakansie uitreike na: Phuthaditjaba; MCDC en Venda • Koningskinderskamp: 2-9 Desember Tydens die Desember vakansie gaan ons ook Bybels uitdeel in Malawi. Ons het nog nie die datums ontvang nie.

Kontak gerus vir Paul Grobler (0839730443 of paul@watu.co.za) vir meer inligting.

• Skoolverlaterskamp: 11-15 Julie • Interdopperkamp: 23-25 September Kontak gerus vir di. Ronald Bain ronbain@lantic. net of Willem Vogel Willem.Vogel@nwu.ac.za vir meer inligting.

KRUISPAD | UITGAWE 22

• • • • •

Gauteng Brooklyn-gemeente Kampe: • Winterkamp: 29-31 Julie Kontak gerus vir ds. Griffel van Wyk (griffelvw@ gmail.com) vir meer inligting.

Linden-gemeente Kampe:

Datum: 2-7 Oktober 2011 Waar: TO Strand Oord naby Port Edward op die Natalse Suidkus. Vervoer: Busvervoer (met lugversorging!) Vertrektye: 2 Oktober om 05:00 vanaf NG Lynnwood en 06:00 vanaf Mosaïek. Aankomstye: 7 Oktober om 16:00 by Mosaïek en 17:00 by NG Lynnwood. Koste: R1300 per persoon Die koste van die kamp sluit in R600 (vervoer) en R700 (alle etes en verblyf in chalets). Die kamp word reeds deur die Y-Netwerk gemeentes gesubsidieer en elke gemeente het 'n borg-'n-kind projek. Gesels asseblief met jou gemeente-jeugleier indien jy van die borge benodig!

Hoe werk die verblyf en etes? Hierdie jaar bly 4 tot 5 persone in 'n ten volle toegeruste chalet met beddegoed. In elke chalet is 'n yskas en mikrogolf in die kombuis. Die chalets het hul eie badkamers. Elke groep maak self ontbyt in die chalet in die oggend terwyl middag en aandete onder by die saal bedien word.

• SA Winterskole: 12 Augustus Kontak gerus vir Deon Kitching (deonkit@mweb. co.za) vir meer inligting.

36 36

Die Y-Netwerk Seekamp gebeur hierdie jaar vir die vyfde keer. Die netwerk van gemeentes met 'n sterk fokus op jeugbediening werk al vir meer as 6 jaar saam. Gemeentes sluit in NG Lynnwood, NG Weltevreden, NG Skuilkrans, NG Tygerpoort, Mosaïek, NG Krugersdorp-Oos en die Gereformeerde Kerk Linden. Die doel van die kamp is om saam hande te vat en die Koninkryk van die Here te dien wyer as net ons eie gemeente kontekste.

Alles wat jy nodig het om te weet van hierdie jaar se seekamp!

Kampe:

Wat om te verwag: Drie van die volgende temas sal tydens die werkswinkel hanteer word 1. ReStart: Wat is die hart van jeugbediening? 2. ReWind: Jeugbediening oor 10 jaar 3. ReConnect: Verhoudings en Programme 4. ReLive: Die rol van gesinne in Jeugbediening 5. ReGroup: Geïntegreerde Bediening: Die verskillende groepe in die gemeente en hoe hulle mekaar bedien 6. ReSearch: Konteks en tendense

y-netwerk seekamp

Inskrywings word aanlyn gedoen by http://www. ngtyger.com/page/skryf-in

KRUISPAD | UITGAWE 22

37


KOMPETISIE

H

11 re 20 a n i sem E en p m Ka

Sending- en Evangelisasiekonferensie Liza du Plooy en Da'Niel Smit

DIE tweede sending- en evangelisasiekonferensie gereël deur studente van Cachet-gemeente vind vanjaar vanaf 26-28 Augustus plaas. Die doel van hierdie konferensie is om die Here se naam te verheerlik deur lidmate in die GKSA te versterk, te bemoedig en aan te spoor om by sending- en evangelisasie betrokke te raak, en hulle toe te rus om self projekte in hulle tuisgemeentes aan te pak. Alhoewel die belangrikste sending- en evangelisasieopleiding meestal op die sendingveld self plaasvind, speel die teoretiese kennis ook 'n noodsaaklike rol. Die doel van hierdie konferensie is dus om teoretiese en praktiese ervaring te gee, om die onderbou daarvoor te verskaf en om mense bewus te maak van die geleenthede waar hulle die kennis in die praktyk kan toepas. Alhoewel hierdie konferensie prakties van aard gaan wees, word daar beoog om later meer in-diepte opleiding te verskaf oor onderwerpe soos Moslemevangelisasie, sinkretisme en kerkplanting. Tydens die konferensie gaan bekwame sprekers praat oor 'n verskeidenheid onderwerpe wat met evangelisasie en sending verband hou. As jy dus nog altyd betrokke wou raak by sending of evangelisasie, maar nooit geweet het hoe nie, is hierdie jou kans! Die

Indien daar binnekort 'n kamp of ander geleentheid in jou omgewing plaasvind en jy dit graag met ander Kruispad-lesers wil deel, stuur gerus 'n e-pos aan interaksie@kruispad.net.

ierdie keer toets ons jou kreatiewe denke. Hieronder gee ons 'n reeks prentjies. Jy moet 'n paar woorde daaruit aflei wat saam 'n sin vorm. Hou die volgende in gedagte: Die gedeelte van die prentjie wat gebruik word, word deur 'n regmerkie aangedui. As die woord (of gedeelte daarvan) klink soos die woord wat gebruik moet word, maar nie dieselfde gespel word nie, sal jy 'n  sien. 'n Keuse word ook aangedui deur 'n regmerkie of 'n verkeerde merkie. 'n Klein woordjie (bv. se, die, deur, en) word aangedui met KW . Hier is 'n voorbeeld om jou so bietjie te help: konferensie is nie net op nuwelinge gemik nie. Ons wil ook mense wat reeds by projekte in hulle gemeentes besig is, nooi om daarvan te kom vertel sodat ander by hulle kan leer en betrokke kan raak. Daar sal stalletjies beskikbaar wees vir enigiemand wat belangstel om 'n projek te kom bekendstel. Die doel hiermee is om vir die konferensiegangers so veel blootstelling as moontlik te gee aan wat die Here reeds deur die GKSA doen. Elke konferensieganger sal ook 'n boekie ontvang waarin al die projekte wat reeds aan die gang is, verskyn. Die konferensie vind DV op Nooitgedachtkampterrein naby Potchefstroom plaas en die koste van die naweek beloop R250 per persoon. Ons wil dit egter baie sterk beklemtoon dat finansies geen rede is vir iemand om nie die kamp by te woon nie. Kontak ons asseblief as jy, of iemand waarvan jy weet, 'n borgskap benodig. Ons wil lidmate ook aanmoedig om iemand uit elke gemeente te stuur sodat dié persoon op sy/haar beurt terugvoer by sy/haar tuisgemeente kan gee. Ons beoog om 'n tolkstelsel in alle moontlike tale beskikbaar te hê en wil so enigiemand aanmoedig om die geleentheid by te woon.

Antwoord: Kajafas

Stuur jou antwoord voor 31 Desember 2011 aan red@ kruispad.net. Die eerste korrekte inskrywing wat ons ontvang, wen 'n splinternuwe Psalms … en ander liedere CD van Louis Brittz. Sterkte!

Hier is die uitdaging: Wenk: Wat geskryf is, is geskryf …

Kontakbesonderhede: Algemeen en finansieel: Jaco Lemmer by 21077894@nwu.ac.za of 083 610 2421 Boekies en stalletjies: Esmari Linde 083 446 5511.

ONS DOEL: • Om ons meer bewus te maak van God se heerlikheid, genade en die groot opdrag; • Om mense aan die bid te kry vir evangelisasie; • Om meer mense by sending en evangelisasie betrokke te kry, sodat meer mense God mag verheerlik; • Om 'n jaarlikse nasionale sending- en evangelisasiekonferensie in die GKSA te inisieer.

Hennie van Wyk (GK Christiana/Bloemhof)

38 38

KRUISPAD | UITGAWE 22

KRUISPAD | UITGAWE 22

39


40


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.