HO E KO M is ons hi er?
INHOUDSOPGAWE
Kruispad is … 'n eietydse tydskrif met Reformatoriese inhoud, gefokus op aktuele sake, gerig op jong, groeiende gelowiges om toerusting te gee vir die maak van ingeligte keuses wat lei tot geloofsgroei.
H O E wil on s di t doen? Deur 'n interaktiewe medium daar te stel wat relevante temas bespreek en jong gelowiges motiveer om die pad van die kruis van Christus te stap en volwasse in die geloof te word, sodat God die eer sal kry en die Kerk opgebou sal word.
Verk l a r i ng Menings uitgespreek in die artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die redaksie behou hom die reg voor van plasing, redigering, verkorting, parafrasering en uitbreiding van die bydraes.
Red@Kruispad
5
Gee-jaar 2011
TYD SKRIF IN LI GT I NG Posadres: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Tel: 018 297 3986/7 Sel: 082 392 2093 E-pos: navrae@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Web: www.kruispad.net
God se Koningskap duur voort
Rekeningbesonderhede vir donasies: Naam van rekening: GKSA Admin Buro t/a Kruispad Bank: ABSA Tak: 632005 Rekeningnommer: 670140040 Verwysing: 0562/KRUISPAD
Ontwerp: Sunflood Studios Tel: 021 887 4477 E-pos: info@sunfloodstudios.co.za Web: www.sunfloodstudios.co.za Drukkers: Zero Plus Tel: 012 333 6712 E-pos: info@zplus.co.za
Uitgegee deur die GKSA
DIE REDAKSIESPAN Redakteur & Subredakteur Maureen van Helden red@kruispad.net
Assistentredakteur Lize Viljoen kantoor@kruispad.net
Gee-jaar
Brahm Robinson geejaar@kruispad.net
Interaksie & GIGS
Dirkie Steyn interaksie@kruispad.net
Webblad
Dirk Kruger media@kruispad.net web@kruispad.net
Resensies
Dirk Kruger Rynhardt Pretorius Wanja Senekal resensies@kruispad.net
Grafies
Sunflood Studios: - Dian Wessels - Mike Cruywagen - Karien Bredenkamp grafies@kruispad.net
Aktueel
Santie Lourens aktueel@kruispad.net
Advies & Hulp
Johannes Schickerling advies@kruispad.net help@kruispad.net
Sending Juanita van der Merwe sending@kruispad.net
Leefstyl & Rubrieke Edgar Trollip leefstyl@kruispad.net
Kreatief
Chantelle Tredoux kreatief@kruispad.net
Adviseur: Jeugdeputate Ds. Charl van Rooy charl@gkrandburg.org.za
MEDEWERKERSPAN Ds. Thomas Dreyer Ds. Henning Venter Wouter Smit Sharun Tromp Dr. Victor d'Assonville Janien de Kock Yzelle Swart Adriaan van Wyk Adri Breed Leonor van der Schyff Anrie van der Linde Karlien van der Linde
Klein botteltjie … groot hervorming!
4
6 8
Kontroversieel: Kies jy LEWE?
10
Geopende Deure
12
Sendinghulp: Scientologie
16
Koffie saam met … Ockert Cilliers
18
Tydlyn
20
Calvyn 500 jaar (deel 6)
22
Hulp: Selfhelp. Waar trek ons die streep?
24
Getuienis: Boeta is gestrem
26
Getuienis: 'n Gelofte aan die Here
28
Leefstyl: Soettand
29
Kreatief: Wanneer 'n koning verlief raak
30
RooiHout: Jaco
31
Kunstenaarsprofiel: Wian Vos
32
Resensies
34
Kompetisie
36
Watdinkjyvan?
37
GIGS
38
Fotoblad
40
Red@Kruispad Hallo daar!
T E K EN IN O P K RU I SP A D
Nuwe intekenaar Bestaande intekenaar Geskenk vir iemand anders Besonderhede van intekenaar Naam en van ....................................................... ............................................................................. Gemeente ............................................................ E-pos ................................................................... Ouderdom ........................................................... Besonderhede van ontvanger (indien ontvanger verskil van intekenaar)
Naam en van ....................................................... ............................................................................. Posadres .............................................................. ............................................................................. ............................................... Poskode ............... Sel no ................................................................... Tel no (huis) ......................................................... Gemeente ............................................................ E-pos ...................................................................
Vir maandelank het Suid-Afrikaners en sokkergeesdriftiges uitgesien na dié groot gebeurtenis (party met tonne positiwiteit, ander met net soveel negatiwiteit). Besighede, dorpe, stede en selfs privaat huise is versier met vlae en sokkerballe. Nou wonder ek vandag of ons met soveel afwagting uitsien na die wederkoms van ons Here Jesus Christus. Sê nou net Hy kom volgende week, of môre, of vanaand? Is jou huis in orde? Is jou lewe in orde? Dra jy met trots die "spandrag" van 'n Christen; die wapenrusting wat aan ons elkeen in Efesiërs gegee is, of trek jy nog skelm die ou kleed van die sondige lewe aan? Ken jy die reëls van die spel? Lees jy, nee bestudeer jy elke dag God se Woord, of lê jou Bybel êrens op 'n rak besig om stof op te gaar? God het ons so lief gehad dat Hy sy enigste Seun aarde toe gestuur het om mens te word, om te ly, en om vir elkeen van ons te sterf. Maar dit het nie hier opgehou nie! Hy het die dood oorwin! Hy het opgestaan! Hy het opgevaar en sit aan die regterhand van sy Vader (ons Vader) waar Hy regeer as die Koning oor alles. Hoe cool is dit nie? Hy is Koning oor my lewe en oor jou lewe. Hy het ons elkeen lief en niks kan dit verander nie! Ons moet uitsien na sy wederkoms soos 'n klein kindjie uitsien na 'n verjaarsdag, en ons moet elke oomblik gereed wees vir hierdie blye oomblik! Ek hoop van harte dat jy hierdie uitgawe sal geniet en dat God deur sy Woord elke dag met jou sal praat. Tot volgende keer! Maureen Soli Deo Gloria!
Inteken opsies: Hernuwing R80 – 4 uitgawes
R120 – 6 uitgawes
Aantal persone waarvoor ingeteken word: (Vir groepe van meer as 10 persone geld spesiale tariewe en moet 'n volledige adreslys aangeheg word. Stuur gerus 'n e-pos na inteken@kruispad.net of heg dit aan die intekenvorm)
PS. Skryf gerus aan red@kruispad.net as jy enige voorstelle het vir artikels. As jy lus is om self 'n artikel (of 'n gedig, foto, of enigiets kreatief) in te stuur, stuur dit gerus na kreatief@ kruispad.net.
Stuur jou intekenvorm en bewys van betaling na een van die volgende adresse:
Metode van betaling: Tjek Posorder
Kan jy glo die jaar is al halfpad? Nie net is ons in die middel van 'n yskoue winter nie, maar ook in die middel van die langverwagte sokkerwêreldbeker in Suid-Afrika. Oral dra mense kleurvolle spanhemde en pryk daar vlae van die deelnemende lande op motors en langs die paaie.
E-pos: inteken@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Slakpos: Posbus 20700, Noordbrug, 2522
Elektronies Kontant Ander Datum van betaling .............................................. Ek het van Kruispad gehoor by: Naam en van ....................................................... Sel no ..................................................................
Bankbesonderhede: Naam: GKSA-Admin buro t/a Kruispad Bank: ABSA Takkode: 632005 Rekeningnommer: 670 140 040 Gebruik as verwysing: 0562/004/(Naam en van OF Naam van gemeente) Nadat jou bewys van betaling ontvang is, sal jy die daarop volgende uitgawes ontvang. Terme en voorwaardes geld. Kyk op www.kruispad.net vir meer besonderhede. Posgeld is nie reeds betaal nie. Plaas asseblief die inskrywingsvorm in 'n gefrankeerde koevert en stuur dit na die Kruispad-adres.
4
5
Hierna volg bloedige volksoorloë en die een slegte koning op die ander. Onder die tienstammeryk is dit veral erg. Die koningshuise word gekenmerk deur afgodediens en goddeloosheid, maar ook deur korrupsie, bedrog en moord. Hier volg die onderskeie konings van die Noordryk (ook genoem Israel en soms Efraim): • • • • • Thomas Dreyer (GK Randburg)
• • • •
Die huis van Jerobeam: Jerobeam, Nadab Die huis van Baesa: Baesa, Ela Simri Die huis van Omri: Omri, Agab, Ahasia, Joram Die huis van Jehu: Jehu, Joahas, Joas, Jerobeam II, Sagaria Sallum Die huis van Menahem: Menahem, Pekaja Peka Hosea
Alhoewel ons by die konings van die Suidryk (Juda en Benjamin) ook gereeld die refrein "hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here," hoor, is daar meer bestendigheid. Dit is egter nie toe te skryf aan die feit dat hierdie stamme beter mense was nie. Nee, hierdie ryk dra die Here se belofte aan Dawid dat daar altyd iemand uit sy nageslag op die troon sal wees! Hier volg die konings van die Suidryk: • Rehabeam • Abia • Asa
A
l bestaan die Bybel uit 66 boeke en uit die Ou en Nuwe Testament wat oor die verloop van baie jare (± 1600) geskryf is, vertel dit vir ons net een verhaal. Dis die verhaal van 'n Koning wat tot ondenkbare uiterstes gaan om sy Koninkryk terug te kry en sy onderdane se harte terug te wen. Die wonderlikste is dat ek en jy deel is van hierdie verhaal, want ons God en Koning is steeds daarmee besig. Hy is besig om sy Koninkryk terug te vat en ons harte terug te wen. Miskien wonder jy: Waarom vat Hy so lank? As Hy almagtig is, waarom vernietig Hy nie net die duiwel en sy magte nie? Die duiwel is vir God geen opposisie nie. As die duiwel al was wat tussen Hom en sy herstelde koninkryk gestaan het, was die oorlog inderdaad vinnig oor. Omdat Hy ons (wat van nature saam met sy vyand, die duiwel, veg) nie saam met die vyand wil vernietig nie en ons harte in die proses wil terugwen, gaan Hy op 'n unieke en totaal onverwagse manier te werk. Dis so wonderlik om vanuit die Nuwe Testament terug te kyk na die Ou Testament, want jy sien hierdie radikale plan van God ontvou. Nêrens sien ons dit duideliker as in die geskiedenis van die konings nie. Dis Israel wat die Here vir 'n koning vra (1 Samuel 6:8-9) en nie met suiwere bedoelings nie. Hulle wil soos die nasies rondom hulle wees, want dan sal dit met hulle goed gaan … of so glo hulle. Wat doen die Here? Hy gee hulle wat hulle vra. Hy laat hulle toe om hul eie planne te maak om hulself te verlos.
66
KRUISPAD | UITGAWE 18
Wat 'n teleurstelling moes dit nie gewees het nie, want die eerste koning wat aangestel word, maak op groot skaal droog. Hy stuur 'n nuwe koning, een met wie Hy 'n besondere verbintenis sluit. Dawid word koning en hy lewe naby die Here. In Dawid se tyd beleef die volk rus en vrede en finansiële voorspoed. Vir Israel moes dit gelyk het asof hulle plan werk! Niks kon nou fout gaan nie. Maar hulle sou gou uitvind dat Dawid net 'n mens is. Dawid laat baie van vandag se korrupte regeerders soos amateurs lyk. Hy lieg, bedrieg, slaap saam met 'n ander man se vrou en pleeg uiteindelik moord. Dawid kon nie 'n verlosser wees nie; hy het self 'n Verlosser nodig. Dawid se sonde begin 'n kettingreaksie in sy kinders se lewe. Salomo, Dawid se seun, word die volgende koning, 'n wyse en goeie koning, maar hy laat hom verlei. Sy besittings raak vir hom belangrik en sy baie vroue verlei hom tot afgodediens. (Lees gerus meer oor die eerste drie konings van Israel in Die Goue Eeu? Kruispad #17.) Die sonde van Dawid en Salomo kring verder uit met rampspoedige gevolge. As Rehabeam swaarder belastings op die volk afdwing om sy weelderige lewenstyl voort te sit, gee dit vir Jerobeam kans om die mense wat ongelukkig is bymekaar te kry. Skielik is die magtige koninkryk van Israel, wat onder Dawid verenig is, verdeel. Juda en Benjamin skaar hulself by Rehabeam en die ander tien stamme by Jerobeam (1 Konings 12:1-20).
Die wonderlikste is dat ek en jy deel is van hierdie verhaal, want ons God en Koning is steeds daarmee besig.
• Josafat • Joram • Ahasia (Joahas) en vir ses jaar na sy dood, sy ma, Atalia, dogter van Omri van Israel • Joas • Amasia • Ussia (Asarja) • Jotam • Agas • Hiskia • Manasse • Amon • Josia • Joahas • Jojakim • Jojagin • Sedekia Die groot hartseer is dat die hele volk (die Noorden die Suidryk) uiteindelik, nadat verskeie profete die konings en die volk gewaarsku het, in ballingskap weggevoer is. Die tien stamme van die Noordryk sou nooit weer terugkeer na die beloofde land nie. Juda en Benjamin keer later terug, maar sonder 'n koning. Het die volk se planne om hulle lewe beter te maak met behulp van 'n koning gewerk? Nee! Hulle planne het liederlik skeefgeloop. Hulle konings lei hulle weg van God, weg van die beloofde land, en weg van die tempel waar hulle met God kon praat en Hom kon ontmoet! Dis baie hartseer, maar dit is wat gebeur as ek en jy ons eie planne wil maak om ons lewe te laat uitwerk.
As ons probeer om onsself te verlos, maak ons altyd droog. Wat van die Here se belofte dat daar altyd 'n koning uit Dawid se nageslag op die troon sal wees? Dit lyk asof alles hier tot 'n einde loop! Nee! Dit is al hoop wat daar is. In die volheid van die tyd, toe God besluit het die tyd is reg, stuur Hy weer 'n Koning. Wat lees ons in Matteus 1:1? Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid. En wat preek Jesus? "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom." Draai weg van julle selfsugtige harte, van julle planne om julself te verlos, en draai terug na God toe! Julle kan, want Ek, die Koning, het gekom! Dit is God se meesterplan! Dit is hoe Hy die mag van die duiwel finaal gebreek en sy Koninkryk terugwen het! Deur die Koning Jesus Christus! Hy is God self wat kom en Hy gryp in op 'n manier wat geen aardse koning ooit kon doen nie. Hy het die groot vyand oorwin en sy mag gebreek toe Hy aan die kruis gesterf het en opgestaan het uit die dood. Hy oorwin die duiwel sonder om ons te vernietig. Inteendeel, Hy maak dit vir ons moontlik om weer in 'n verhouding met God te kan lewe. Elke keer as ek en jy kies om onsself te probeer red, om ons eie verlossingsplanne te maak en op mense (of wat ook al) te vertrou, kies ons teen God. Daarvoor verdien ons God se oordeel. Jesus kom dra dit egter in ons plek. As ek regtig verstaan dat Jesus, my Koning, in my plek aan daardie kruis gehang het, kan my hart nie anders as om Hom Koning van my lewe te maak nie. Dis hoe Hy jou en my hart terugwen. KRUISPAD | UITGAWE 18
7
Henning Venter (GK Bellville-Oos) en Wouter Smit (GK Cachet)
K
an jy nog onthou wat jy gedoen het toe jy agt was? Ek het meisies se vlegsels getrek, albasters gespeel en nog met 'n potlood leer skryf. Maar dink jou gou hierdie prentjie in: 'n werker kom by die huis aangehardloop met die nuus, "Hulle het nou net jou pa doodgemaak." Skielik is die hele stad deurmekaar, soldate deursoek huise en maak jou pa se vyande dood. Skielik is daar 'n groot klomp mense by die deur. Hulle het jou kom haal! Dit is seker nou jou beurt. Maar hulle vat jou na die paleis toe. Die profeet bid tot God en gooi olie oor jou kop uit. Dan buig almal diep en jy hoor dat jy nou die nuwe koning is …
88
KRUISPAD | UITGAWE 18
Dit het met Josia gebeur. 'n Seuntjie van agt. Ja goed, sekerlik was daar volwassenes wat namens hom groot besluite moes neem totdat hy dit self kon doen. Maar in 2 Konings 22 en 23, en 2 Kronieke 34 en 35, waar die verhaal van Josia opgeteken is, leer ons dat hy op die jong ouderdom van sestien al self begin het om die Here te soek. Wat mens nog meer verbaas, is dat hy dit nie by sy pa kon leer nie, dié was reeds dood en was in elk geval goddeloos, hy kon dit nie in 'n Bybel lees nie, dié het weggeraak in die tyd toe die mense ander gode begin dien het. Was Josia dan vanself so bright? O, nee, want die hoofkarakter van hierdie tyd was nie Josia nie, maar God! Die betekenis van Josia se naam het dit ook veronderstel – Die Here ondersteun. God het Josia na Hom toe getrek. Waarskynlik het die Heilige Gees ook gelowige mense rondom Josia gebruik om vir hom die regte pad te wys. Dit was die pad terug na die Here, die pad van hervorming. Wat was dan fout? Raai! Ja, Juda het, soos Israel, besluit om eerder voor klippe, stompe, goue mannetjies en voorwerpe te buig, as om die Here te aanbid. Maar die mense het hul konings gevolg. Konings wat selfs afgode in die tempel van die Here gebring het, en die heidense volke nagedoen het. Prostitute het die tempel op die gruwelikste maniere ontheilig. Maar die Here roep 'n jongman om sy hervorming te doen. Hy begin met die herbou van die tempel. En terwyl hulle daarmee besig is, ontdek hulle 'n gedeelte van die wet van Moses. As Josia hoor wat in hierdie boek staan, besef hy dat die volk baie ver van God afgedwaal het, en dat hulle die gevolge gaan dra. Maar die belangrikste is dat hy op die woorde van die Here reageer! Hy stuur manne om 'n profeet te vra om die Here omtrent hierdie boek te raadpleeg. Gulda, die profetes, bevestig Josia se vrees dat die Here die volk gaan straf. Sy voeg egter iets by: die Here het Josia se hart gesien. Hy het gesien dat Josia berou het oor sy volk se sonde. Die koning van Juda het gereageer op die woorde van die Koning van die hemel. God se hervorming het by Josia begin, hy was aan sy hart gegryp. Deur hom kom die hervorming ook by die volk uit. Josia, die jong koning van skaars 25, maak 'n belofte om die Here te dien, en die volk volg hom. As die afgode van die hart dan voor God bely is, moet die afgode van die land vernietig word. En Josia doen dit met mening. Net om seker te maak dat ons presies weet wie in beheer van die hervorming onder die volk was, vertel die Here lank voor Josia se geboorte, in 1 Konings 13:1-4, al van dié jongman. Selfs die detail daarvan is vooruit deur die man van God beskryf. En Josia oortref al die goeie konings voor hom se pogings tot hervorming. Ons hoor dat hy selfs van die beelde en afgode wat Salomo nog in die tempel gesit het, laat verwyder het. Soos die profesie voorspel het, vloei daar ook bloed, die bloed van die heidenpriesters. Nog bloed moes vloei, hierdie keer die bloed
van diere. Josia keer terug na Jerusalem en beveel dat die Pasga (Paasfees) gevier moet word. Julle onthou mos nog die bedoeling van die Paasfees? Ja, dit was ingestel sodat die volk nooit sou vergeet dat die Here die eersgebore kinders van die Israeliete in Egipte teen die doodsengel bewaar het, en hulle uit slawerny na vryheid gelei het nie. Daar word fees gevier, en die bloed van lammetjies herinner hulle daaraan dat hulle lewens eintlik aan God behoort. Ons kan sê dat Josia 'n man van God se Woord was. 2 Konings 23:25 gee eintlik 'n mooi opsomming van sy lewe: "Daar was nie voor hom nog so 'n koning soos hy wat hom tot die Here bekeer het met sy hele hart en siel en met al sy kragte in ooreenstemming met die hele wet van Moses nie, en na hom was daar ook nie so 'n koning nie." Wat? Beter as die bekende Dawid onder wie die twaalf stamme se grondgebied geweldig uitgebrei het? En wat van Salomo met sy wysheid en mooi tempel? Hulle was dan groot name! Klein maar getrain. Klein botteltjie, groot hervorming! Josia het nie 'n groot naam gehad nie, hy het nie geweldig uitgestaan in die geskiedenis vir die groot dinge wat hy gedoen het nie. Hy het net gedoen wat God gevra het. Hy het sy eie hart aan God gegee, en die hart en liefde van God vir die volk gewys. Tog sterf Josia baie tragies. Sonder om 'n held te word. En die Here het steeds vir Juda gestraf vir hulle sondes. Hoekom? Lees 2 Konings 23:30-32. Nie eens Josia se eie seun bly gehoorsaam nie. Nie lank hierna nie, word Juda weggevoer na Babel. Die einde van die koninkryk van die volk Israel, die volk van God. Of is dit? Baie jare later sou nog 'n profesie waar word. 'n Seuntjie word onder vreemde omstandighede in 'n stal gebore. Wyse manne van 'n vreemde land praat daarvan dat 'n nuwe koning gebore is. Tog moet Hy en sy ouers vlug. 'n Nuwe koning is nie welkom nie. Nadat hulle teruggekeer het, toe hulle 'n keer in Jerusalem was, raak Hy op die ouderdom van twaalf weg. Sy ouers kry Hom waar Hy in die tempel besig is om vrae te vra en te beantwoord. Sy verduideliking is bloot dat Hy met die dinge van sy Vader besig is. Soos hierdie man groot word en begin om tussen mense te beweeg, vertel Hy dat die Koninkryk van God gekom het. En op 'n wonderbaarlike manier vertel Hy die mense van hervorming. Hulle moet weer terugkeer na God, maar hierdie keer nie omdat die wet so sê nie. As hulle nie luister nie, vloei daar bloed. Sy bloed. Hy sterf om mense vry te maak van hulle slawerny van sonde! Maar Hy staan ook op en bevestig so dat Hy die Koning is, ja dat God die enigste ware Koning is. Die hervorming van koning Josia het al die tyd gewys na Jesus, die ewige Koning! Klein botteltjies … groot hervorming! Miskien kan die Here jou en my dan ook gebruik? Hierdie verhaal hou groot troos in vir elkeen wie se hart deur die Here geraak is.
KRUISPAD | UITGAWE 18
99
KONTROVERSIEEL
Sharun Tromp (Talètha Terrí Care Centre)
T
abitha staar na die sekondewyser van haar polshorlosie en sug. Sy luister na die gepraat tydens hul koshuisvergadering maar hoor eintlik niks. Sy wonder of dit waar kan wees dat hierdie meisies om haar werklik in krisisswangerskappe kan beland. Kom praat hierdie dame nie vanaand met die verkeerde meisies nie? Sy sit verveeld en luister na die statistieke … "Plus-minus 5 000 aborsies is in 2008 in die Noordwes provinsie alleen op meisies van 18 jaar en jonger gedoen (en dit is net die staatshospitale se statistiek). Van die meisies wat seksueel misbruik is, beland 80% in krisisswangerskappe …" Tabitha gooi haar hare agteroor en skud haar skouers ongeërg. Wat het dit met haar te doen? Sy is tog goed grootgemaak, 'n kerkmens en loop nog haar hele lewe lank 'n reguit pad. Sy hoor hoe die dame vertel dat die jongmense van vandag nie opgewasse is vir die grootmensdinge waarmee hulle hul besig hou nie omdat hulle nie die gevolge van sulke aksies kan hanteer nie. Sy skroom ook glad nie om sommer prontuit die gevolge uit te lig nie – swangerskap, aborsie, geslagsiektes, VIGS … die lys is skokkend lank. Blykbaar is dit 'n realiteit op kampus!
10
KRUISPAD | UITGAWE 18
"Gmf," proes sy. Sy onthou 'n meisie wat verlede jaar op haar gang was wat haar studies moes staak omdat sy swanger geraak het. Natuurlik! Daardie meisie het elke week 'n ander kêrel gehad, gedrink en byna nooit in die koshuis kom slaap nie. Tipies! Maar haar soort is min en word sommer gou uitgesorteer. Dis vir hulle wat hierdie dame vanaand kom waarsku! Tabitha, aan die ander kant, geniet haar studentelewe op 'n skaflike manier. Dis sorgvry en pretbelaai. Sy is nou wel 'n dominee se dogter, maar sy wéét hoe om die lewe te geniet! Wat is fout met 'n drankie of twee? Sy ken mos haar perke! Sy hoor die gerammel van statistiek in haar ore. Dit klink soos klippe in 'n blikbeker. Steurend, irriterend … en dis al. Dan dwaal haar gedagtes … Sy skryf more 'n toets en moet nog 'n uur of wat gaan leer. Haar gedagtes verskuif na die naweek – salig! Sy, Dirk en 'n paar pelle gaan bietjie weg. Dis mos nou die lewe – studentelewe. Geen reëls, geen roetine. Sy hoor in die agtergrond dat die dame uiteindelik besig is om klaar te maak met haar praatjie. "Jy hou jou toekoms in jou eie hande met die keuses wat jy maak. God het 'n plan en 'n droom vir jou lewe – maak seker jy weet wat dit is! Hy gee vir jou twee keuses: die keuse van lewe en van dood. Maar jy het steeds die reg om self te kies. Ons doen vanaand 'n beroep op jou om lewe te kies, want dan sal jy lewe ontvang in alles wat jy aanpak. Wanneer jy kies om verkeerde dinge te doen, maak seker jy is bereid en in staat om die gevolge daarvan te dra …" "Ja, ja Tannie," dink Tabitha. "Ek kies LEWE! Kan ek nou gaan swot?" Met 'n parmantige houding verlaat Tabitha die saal en hardloop die trap op na haar kamer. Hoe gouer die toets verby is, hoe gouer is dit naweek. Heerlik! Meer as ses weke is verby … Tabitha sien haar eie gesig wat magteloos en verslae uit die spieël na haar terugstaar. Dan smyt sy die wit swangerskaptoets teen die muur en draai om. Trane rol oor haar wange! Sy swaai weer om, buk af en tel die toetsie op net om seker te maak. "Positief!" skree die toets vir haar. "P-O-S-I-T-I-E-F!!!" Verward en bang wonder sy hoekom die morning after-pill nie gewerk het nie. Verdekselse goed! Sy is sommer kwaad. Kwaad vir daardie naweek, kwaad vir Dirk en kwaad vir die drankies wat sy gedrink het! Sy sal met Dirk praat. Hulle kan môre saam na die staatshospitaal gaan en hoor hoe hulle gou van die probleem ontslae kan raak. Aborsie is al opsie! Dit is 'n vinnige, eenvoudige oplossing en niemand hoef eers te weet nie. Vir die eerste keer in 'n paar dae pluk 'n bitter glimlag aan haar mondhoeke … Net sewe minute en als is verby. Nou lê sy hier terwyl die suster ongevoelig teen haar been
stamp. "Jy kan maar gaan, juffrou. Dis verby, jou probleem is … opgelos." Sy staan bewerig op en tel haar bondeltjie klere op. Niemand het haar hierop voorberei nie. Die pyn … dis so seer. Maar dis nie naastenby so erg soos haar siel nie. Dit voel of dit in flarde geskeur is. En Dirk het toe nooit eers weer kom kuier nie … Sy voel so verlate, so vol pyn. En die skuldgevoel bekruip haar soos 'n skaduwee. Sy is alleen! Sy het alleen hier ingestap, haar keuse gemaak … dit was toe nie vir LEWE nie. Die vorige keer toe iemand haar wou voorberei op hierdie keuses het sy vol bravade LEWE gekies, sommer maklik. Dis die DOOD wat vandag gewen het. Sy stap nou hier uit en die dood agtervolg haar, koggel haar, prys haar en fluister saggies in haar oor: "Nou is jy vry, niemand hoef te weet nie." Depressie, selfmoordgedagtes en wanhoop teister haar nou al maande lank. Tabitha sit voor haar rekenaar in haar kamer. Als is deurmekaar, net soos die stukke van haar hart. Sy sal moet vergewe, vergeet en aangaan. By God is daar mos altyd 'n tweede kans! Maar hoe kan sy Hom in die hande kry? Sy voel so ver van Hom af, sy het alle vrymoedigheid om na Hom toe te gaan, verloor. En sou Hy met sy groot liefde wou help om die stukke van haar hart weer reg te skuif en aanmekaar te plak? Sy weet Hy kan, maar sou Hy wou? Sy skud haar kop om die donker te probeer verdryf, gryp haar dagboek om te kyk hoeveel dae oor is voor die vakansie. Sy blaai wild daarin rond, asof sy so 'n einde wil maak aan die nare gevoel in haar. Die bladsy vou voor haar oop … daar waar 'n groen kaartjie lê. Sy huiwer, maar tel dit dan tog op en lees saggies die woorde wat daarop staan: "Talètha Terrí Care Centre – we impact the purpose and destiny of women in crisis." Sy onthou nou daardie aand, die aand toe die dame oor krisisswangerskappe kom gesels het. Sy het die meisies aangemoedig om te kom raad vra en gesels indien hulle in so situasie sou beland. Die aand toe sy gedink het dat dit tog nooit met haar sou gebeur nie … Sy tel haar selfoon op, tik die nommer in en wag … Tabitha staan voor die hoofgebou van die universiteit en onthou haar studentedae. Dit is twee jaar later. Soveel het intussen gebeur. Daardie dag toe sy die nommer van die krisissentrum gebel het, het sy weer LEWE gekies! Sy het lewe gekies en LEWE het haar gekies! Kontak Talètha Terrí Care Centre in Potchefstroom 079 705 1825 of ttlcarecenter@hotmail.com vir: • berading vir meisies in krisisswangerskappe, • post-aborsie berading, asook • berading vir meisies wat seksuele trauma ervaar het.
KRUISPAD | UITGAWE 18
11
“Kinders van my ouderdom droom slegs daaroor om ryk en suksesvol te wees. Ek stel nie juis belang in hierdie dinge nie. My grootste droom is om die Bybel te bestudeer en in my geloof te groei, asook om die paadjie wat God vir my uitgelê het te volg," het Hamza, 'n hoërskoolleerling, met ons gedeel.
H
amza het vier jaar gelede, toe sy vader deel was van 'n aktiewe huiskerkgroep, 'n gelowige geword. Hamza was 11 jaar oud toe hy by hierdie huiskerkgroep sy hart vir die Here gegee het. Hy hoop om goeie punte op skool te behaal sodat hy universiteit toe kan gaan om verder te studeer. Hamza is 'n flink leerder in die Bybelskool en het 'n talent om teksverse te memoriseer. Sy hart is in die bediening, maar ten spyte van al hierdie dinge staar hy al op 'n jong ouderdom moeilikhede in die gesig. Nie te lank gelede nie het Hamza se vader die familie verlaat en vir maande lank gevlug. Dit was 'n moeilike situasie. Gelukkig het hy eindelik weer teruggekeer. Ten spyte van die moeilike tyd wat Hamza in sy vader se afwesigheid moes deurmaak, het hy opleiding bygewoon wat deur Geopende Deure aangebied is. Hamza het sy moeder blameer vir alles wat in hul familie verkeerd loop, alhoewel dit nie die geval was nie. As gevolg van die probleme by die huis en sy bekering, is hy geïsoleerd van sosiale kontakte en goeie vriendskappe. Dit kan wees dat hy met skande gekonfronteer word, en die kans bestaan dat hul verlangse familie hul kwalik neem vir hul geloof in Jesus. Daar is selfs van sy neefs wat hom al hieroor gedreig het. Bid asseblief: • Dat Hamza bereid sal wees om sy ouers te vergewe en om sy seer en teleurstelling voor die Here te bring. • Vir God se duidelike leiding in sy lewe sodat hy die regte pad sal loop. • Vir die honger in Hamza se hart vir God, en dat Hy hom sal vervul.
Om verdere getuienisse en gebedspunte rakende jongmense in die vervolgde Kerk te lees, kontak Geopende Deure se Undergroundafdeling by: 011 888 5225, undergroundsa@od.org of Underground, Posbus 1771, Cresta, 2118; en teken in op die nuusbrief vir jongmense en studente.
12
KRUISPAD | UITGAWE 18
P
resident Kurmanbek Bakiyev het tydens die Tulprevolusie in 2005 aan bewind gekom. Die mense van Kirgistan het gehoop dat hy 'n einde aan korrupsie in die land sou maak en dat die ekonomie herstel sou word. Hy is in 2009 herverkies as president, alhoewel waarnemers die verkiesing as 'n teleurstelling beskryf het. Bakiyev se opposisie beweer dat hy 'n outoritêre houding aangeneem het en betrokke is by korrupsie, nepotisme en media-ingryping. Saamtrekke in die hoofstad van Bisjkek aan die begin van April het in 'n volskaalse oproer ontaard. Meer as 80 mense is in die gewelddadige voorval dood en honderde is beseer. Vele winkels, ondernemings, hotelle en markte is geplunder en afgebrand. Konflikte in verskeie dorpe het as gevolg van die onrus ontstaan en ontaard in gewelddadige gevegte. Mense wat gewoonlik as stil gekenmerk is, het in woede hulself uitgespreek oor hul frustrasies rakende die ekonomiese probleme, armoede en die gebrek aan nodige ingryping van die regering se kant af om die situasie te verbeter. Op Woensdag, 7 April, is 'n tussentydse regering onder leiding van Roza Otunbayeva aangestel. Bakiyev het eers in Jalalabad in die Suide van die land geskuil waar die meeste van sy ondersteuners woon. Die mees onlangse nuus
is dat hy 'n bedankingsbrief onderteken het en na die buurland, Kazakstan, gevlug het. Daar is egter baie gerugte oor die politieke situasie in die land en die mense is baie bekommerd oor wat die toekoms inhou. Inwoners is bevrees dat die land homself sal verdeel en dat 'n burgeroorlog tussen noord en suid mag uitbreek. Die situasie in Bisjkek het sedertdien kalmeer. Mense het teruggekeer na hul werkplekke en leerders na hul skole. Die land se ekonomie het gedurende die oproere 'n geweldige knou ervaar, en baie besigheidslui en winkeleienaars moet nou skadeberekening doen. Christene in Kirgistan vra dat ons sal bid vir: • Die herstel van verhoudings in die land, sowel as internasionale verhoudings. • Vrede in die land en dat daar geen burgeroorlog sal ontstaan nie. • Insig vir die voorlopige regering, en dat regverdigheid sal geskied. Vir verdere inligting rakende vervolgde Christene, besoek Geopende Deure se webwerf by www.opendoors.org.za of skakel hulle hoofkantoor by 011 888 5225.
KRUISPAD | UITGAWE 18
13
(Stap in hulle skoene) 1: Intense Vervolging 2-10: Verdrukking
N
oord-Korea is weer bo-aan die Wêreldwaarnemingslys vir 2010. In hierdie land word elke godsdienstige aktiwiteit beskou as 'n verset teen die NoordKoreaanse sosialistiese beginsels. Iran het Saoedi-Arabië vanjaar verbygesteek en beklee nou die tweede plek. Saoedi-Arabië bly onveranderd in die derde plek. Somalië het na die vierde plek opgeskuif aangesien die klein groepie Christene in dié land nou nóg minder godsdiensvryheid as vantevore het. Vervolging is intens en dwing Christene om hul geloof in die geheim te beoefen. Mauritanië, in die agste plek, is vanjaar 'n nuweling onder die top tien lande. Daar was geen verbetering in godsdiensvryheid in Laos nie, en hierdie land beklee tans die negende plek. Alhoewel Oezbekistan steeds in die tiende plek staan, is godsdiensvryheid oor die afgelope jaar baie ingekort. Die amptelike godsdiens in sewe van die top tien lande, naamlik Iran, Saoedi-Arabië, Somalië, die Maledive, Afganistan, Jemen en Mauritanië, is Islam. Die status van godsdiensvryheid vir Christene het versleg in Viëtnam, Azerbeidjan, Tadjikistan, Turkye, Tunisië en Kirgistan. Die tydperk waaroor hier verslag gedoen is, strek van 1 November 2008 tot en met 31 Oktober 2009.
Maak 'n stelling teen ongeregtigheid. Dra die groen skoenveters en wees 'n stem vir diegene wat ons geloof deel, maar nie ons vryheid nie. Miljoene Christene wêreldwyd word vir hulle geloof vervolg. Elke minuut van elke dag bestaan daar die moontlikheid dat ons broers en susters geslaan kan word, in die gevangenis gesit kan word of hulle lewens kan verloor net omdat hulle Jesus volg. Hoe moet dit wees om in hulle skoene te stap? Borg 'n Kinderbybel van R35 deur jou skoenveters te bestel en maak 'n verskil in die lewe van 'n kind in die MiddeOoste.
Underground is die jeugbediening van Geopende Deure. Ons fokus daarop om vir kinders op hulle vlak meer van vervolging te leer. Dit is nie net volwassenes wat vervolg word nie. Die twee projekte wat Underground behartig, is Leonardo en Walk in their shoes.
'n Teken van die Lam wat vir ons gesterf het
Leonardo beteken "Soos 'n Leeu" en verwys na die Leeu van Juda. Die Bybel sê dat Jesus die Lam van God is wat gestuur is om vir ons aan 'n kruis te sterf om al ons sondes weg te was. Hierdie spaarbussie in die vorm van 'n lam, herinner ons aan wat Jesus vir ons gedoen het. Gebruik jou vryheid en ondersteun ons broers en susters wat ook die reg het om hulle eie Bybel te besit. Koop jou Leonardo vir net R10 by jou naaste Geopende Deure streekskantoor en maak hom vol met munte om 'n Kinderbybel te borg.
14
KRUISPAD | UITGAWE 18
KRUISPAD | UITGAWE 18
15
SENDINGHULP
S
cientologie is een van daardie terme waarvan jy al gehoor het (miskien kom iemand bekend soos Tom Cruise, John Travolta of Kristi Alley in jou gedagtes op) maar jy weet wat nie eintlik wat dit behels nie. Scientologie is nie maklik om op te som nie, so hier is slegs 'n paar feite: Die woord Scientologie beteken die studie van die waarheid. Hierdie geloof is in 1953 deur L. Ron Hubbard in die VSA begin, maar het gou oor die hele wêreld versprei. Die groep beweer dat hulle tans tien miljoen lede en sesduisend kerke in 159 lande oor die wêreld het. In Suid-Afrika is daar gemeentes in Durban, Kaapstad, Johannesburg, Port-Elizabeth en Pretoria. Scientologie het sy wortels in 'n hele paar gelowe, naamlik Hindoeïsme, Boeddhisme, 'n paar Westerse filosofieë, en ook aspekte van die Christelike geloof. Dit behels die mens se strewe daarna om terug te keer tot 'n eens perfekte staat, deur 'n verskeidenheid deeglike en presiese prosesse wat ten doel het om die mens in kontak
te bring met sy oorspronklike, antieke gees. Hierdie prosesse is hoogs gekontroleerd, en by die gevorderde vlakke, hoogs geheimsinnig. Nou wonder jy seker steeds wat hulle dan nou eintlik glo?
Oor die mens: • Die mens is 'n onsterflike, spirituele wese, genaamd 'n Thethan. • Die mens se ervarings strek baie verder as slegs 'n enkele leeftyd. • Die mens se vermoëns is onbeperk, al word dit nie nou al besef en verstaan nie. • Die mens is vasgevang in materie, energie, spasie en tyd (MEST).
Oor sonde: • Scientoloë glo in die inherente goedheid van die mens en dat dit daarom onnodig vir die mens is om sy sondes te bely of te glo dat hy van nature sondig is.
Oor verlossing: • Hulle glo in reïnkarnasie en dat persoonlike verlossing in die mens se leeftyd, vryheid van die siklus van geboorte en dood is. • Die bron van alle fisieke en psigologiese siektes se oorsprong lê in psigiese letsels, engrams, wat gewortel is in vroeë, voorgeboortelike ervarings. Hierdie letsels bly in 'n persoon se onderbewussyn opgesluit. • Verlossing kom deur 'n proses genaamd auditing. Dit is baie soos berading, en is 'n proses waartydens engrams verwyder word. Dit is 'n baie lang proses. As alle engrams uiteindelik verwyder is, kan die Thetan weer materie, energie, spasie en tyd (MEST) beheer in plaas daarvan dat dit hom beheer. Totdat verlossing verkry is, ondergaan elke Thetan voortdurend reïnkarnasie.
Bron van teologie: • Daar bestaan nie vir hulle 'n boek soos die Bybel vir Christene nie, maar daar is 'n verskeidenheid boeke,
geskryf deur L. Ron Hubbard wat elke Scientoloog veronderstel is om te lees. Twee hiervan is: • Keeping Scientology Working, en • Dianetics: The Modern Science of Mental Health. Hierdie boeke bevat die basiese beginsels, fundamentele geloof en die praktyke van Scientologie. Jy kan seker sien dat, al het jy nou meer inligting oor Scientologie, dit steeds 'n misterieuse geloof is waarvan min verstaan word. As jy sou belangstel om meer hieroor te verstaan, besoek gerus • http://www.gotquestions.org/scientology-christiancult.html • http://www.scientology.org.za/scientology/index. html
WAT IS DIT? Rineé Pretorius (Kruispad-redaksie)
16
KRUISPAD | UITGAWE 18
KRUISPAD | UITGAWE 18
17
Santie Lourens (Kruispad-redaksie)
O
ckert Cilliers is 'n Suid-Afrikaanse hekkiesatleet en was in 2004 deel van die Suid-Afrikaanse span wat in Athene deelgeneem het aan die Olimpiese Spele. Kruispad het onlangs by hom gaan aanklop vir koffie en 'n paar vrae aan hom gevra.
Wie bewonder jy en waarom? My ouers. Dit maak nie saak wat oor hulle pad kom nie, hulle sal altyd bo uitkom! Opgee bestaan nie in hulle woordeboek nie, en hulle kan nooit genoeg liefde gee nie!
Wat doen jy vir ontspanning? Meestal braai ek en kuier saam met vriende.
Wie en wat is jy wanneer niemand kyk nie? Net 'n doodgewone alledaagse, plattelandse, Afrikaanse ou wat hou van braai, 'n biertjie drink en kuier saam met familie en vriende.
Wat inspireer jou? Mense wat bo hulle prestasievlak presteer – soms doen mense net iets wat jou laat sê: WOW!
Wat kry jou soggens uit die bed uit? Die feit dat elke dag sy eie uitdagings het, en om elkeen van daardie uitdagings te gaan aanpak!
Beskryf 'n dag in jou lewe? Deesdae is my dae baie voller as 'n paar jaar gelede. Ek staan half agt op, maak gereed vir werk, en is net na agt op kantoor. Dan het ek afsprake met makelaars waartydens ons produkte bespreek. Ek en my vrou probeer om middagetes saam te eet. Ek is gewoonlik so net na vieruur smiddae op die atletiekbaan, waar ek self oefen, maar ook die meeste middae betrokke is by die afrigting van skoliere en universiteitstudente. Na oefening gaan ek en my vrou, wat saam met my op die baan is om ook te oefen, huis toe en gaan berei saam aandete voor. In die week sal ons meestal net die res van die aand TV kyk en ontspan.
Beskryf jou idee van perfekte geluk? Om elke aand aan die slaap te kan raak langs die persoon wat jou beste vriend is, en vir wie jy die liefste is.
Waar sien jy jouself oor tien jaar? Ek weet dit is seker nie 'n patriotiese ding om te sê nie, maar ek hoop om oor tien jaar in Australië gevestig te wees. My broer het reeds geëmigreer en my ouers volg einde 2011. Dit maak egter nie saak waar ek is nie, ek hoop om suksesvol in my beroep te wees … en hopelik so een of twee jong Cilliers'tjies ook saam met ons in die huis te hê
As jy die geleentheid gehad het om een gebeurtenis in jou lewe te kon verander, wat sal dit wees? Om in 2004 na die Afrika-kampioenskappe in Brazzaville, Kongo, te gaan.
Vertel ons in 'n neutedop 'n bietjie van jou loopbaan? Ek was 'n gemiddelde presteerder tot laat in my hoërskoolloopbaan, waarna ek goed opgang gemaak het op die langer hekkies – 300m en 400m. Ek het, te danke aan 'n atletiekbeurs, na matriek aan die PU vir CHO studeer; daar het my loopbaan mooi spoed gevang. Ek het tydens my ses jaar op universiteit vele kere die SA studentetitel, SA o/23-titel en die SA seniortitel ingepalm. Hierdie jare het my groot hoogtepunte, die wêreldkampioenskappe in Parys en Helsinki ingesluit, asook my grootste gebeurtenis, die Olimpiese Spele in Athene in Griekeland. Ek is steeds aan die hardloop, net op 'n "kleiner skaal". Ek neem tans in my laaste seisoen vir my Turkse klub, Fenerbahce deel, wat net vier byeenkomste gaan insluit. Dit is die vierde jaar wat ek vir dié klub deelneem. Ek hoop om my loopbaan teen die einde van Augustus in Istanbul af te sluit met 'n oorwinning in my laaste hekkiewedloop, wat ook hopelik sal help om die klub na hulle oorwinning te stuur. Wat wil jy nog alles in jou lewe bereik? Ek werk tans by Discovery. Dit is 'n ongelooflike maatskappy wat vele geleenthede vir my inhou. Ek wil van my loopbaan hier ook 'n sukses maak!
18 18
KRUISPAD | UITGAWE 18
Beskryf jouself in een woord? Mal.
Beskryf een van die lekkerste oomblikke in jou lewe? In my persoonlike lewe: toe my vrou in die kapel ingestap het – sy het asemrowend, onbeskryflik mooi gelyk! Op die sportveld: toe ons die stadion binne gestap het tydens die openingseremonie van die Olimpiese Spele.
Wat is jou grootste vrees? Om onsuksesvol te wees …
Wat laat jou lag? Huil? Ek is 'n persoon wat maklik lag – dit kan vir enigiets wees – van 'n eenvoudige grappie tot iets wat iemand doen of hoe iemand optree. Ek hou nie daarvan om mense of diere te sien swaarkry of in pyn te verkeer nie. Wat is die grootse lewensles wat jy eendag vir jou kinders sal leer? Hoe harder jy werk, hoe meer sal jou beloning wees. As jy 'n superpower kon hê, wat sou dit wees en waarom? Superman se kragte – ek dink dit sal lekker wees om mense te kon help waar jy kan. Wat is jou raad aan jong Christene wat 'n sukses van hul lewens wil maak? Luister na die raad van mense wat kennis en ervaring het. Wees eerlik, werk hard en moet nooit ophou lag nie – niks is die moeite werd as dit nie lekker is nie!
tyd van die dag?
Laatmiddag as die son sak
program op TV?
Top Gear
Lees of Fliek
Fliek
skoengrootte?
No. 9
Appels of Pere
Appels
kledingstuk?
Denim
Stort of Bad
Stort
SMS of Bel
Bel
liedjie?
Round here van Counting Crows
Biltong of Droëwors
Biltong
sanger(es)/musiekgroep?
Counting Crows
Disney of Hollywood
Disney
sê-ding?
Dankie
Natal of Kaap
Natal
Blond of Brunette
Blond
tydverdryf?
Kuier
Somer of Winter
Somer
plek in die wêreld?
Langs my vrou
Begin of Eindig
Begin
verskoning?
"Ek is moeg …" KRUISPAD | UITGAWE 18
19
1 Konings 12 - 22 | 2 Konings | 2 Kronieke 10 - 36 | Daniël 1
Hierdie is die vyfde deel van Kruispad se Bybeltydlyn. Datums wat hierin gebruik is, is geneem uit The Timechart of Biblical History, 2002. Stuur gerus 'n e-pos na red@kruispad.net indien jy die vorige dele gemis het en wil hê dat ons dit vir jou aanstuur. - Red
JAARTAL: 975 v.C.
KONING van Juda & Benjamin (Suidryk) Rehabeam (17 jaar)
KONING van Israel (Noordryk)
PROFEET tydens hierdie tyd
975 v.C
Nadat Salomo Jerobeam (22 jaar)
Agija
970 v.C. Abia (3 jaar)
955 v.C.
Asa (41 jaar)
Nadab (2 jaar)
953 v.C.
Baesa (24 jaar)
930 v.C.
Ela (2 jaar)
929 v.C.
Simri (7 dae)
929 v.C.
Omri (12 jaar)
918 v.C.
Agab (22 jaar)
Josafat (25 jaar)
897 v.C.
Ahasia (2 jaar)
896 v.C.
Joram (12 jaar) Joram (8 jaar)
884 v.C.
Jehu (28 jaar)
882 v.C.
Ahasia (Joahas) (1 jaar)
882 v.C.
Atalia (6 jaar)
878 v.C.
Joas (40 jaar)
857 v.C.
Joahas (17 jaar)
841 v.C.
Joas (16 jaar)
839 v.C.
Amasia (29 jaar)
773 v.C.
Sagaria (6 maande)
773 v.C.
Sallum (1 maand)
Ussia (Asarja) (52 jaar)
773 v.C. 758 v.C.
Menahem (10 jaar) Jotam (16 jaar)
Baesa, uit die nageslag van Issaskar, het Nadab, seun van Jerobeam, vermoor en die troon oorgeneem. Jehu
Pekaja (2 jaar)
759 v.C.
Peka (20 jaar)
730 v.C.
Die volk kies Omri as koning en Simri pleeg selfmoord. Elia Elia
Slegte konings Goeie konings Konings wat deel is van Christus se geslagsregister (volgens Matteus 1)
Tydens Agab se regering trek die Arameërs op teen Israel onder leiding van Ben-Hadad.
Elia
Ahasia het kinderloos gesterf en is deur sy broer, Joram, opgevolg.
Elisa
Naäman, die Arameër, is waarskynlik in hierdie tydperk van melaatsheid genees.
Elisa
Joram het al sy broers vermoor nadat hy koning geword het.
Elisa
Jehu het die huis van Agas uitgeroei.
Elisa
Ahasia word deur Jehu vermoor. Sy ma, Atalia, dogter van Agas, neem die troon oor.
Elisa
Atalia was die dogter van Agas en die enigste koningin wat oor Juda regeer het.
Elisa & Jona
Joas was sewe jaar oud toe hy koning geword het. Al sy broers is deur sy ouma, Atalia, vermoor.
Elisa & Jona Elisa & Jona
Elisa belowe op sy sterfbed aan Joas drie oorwinnings oor Aram (2 Konings 13).
Amos
Die tienstammeryk beleef onder Jerobeam se regering groot voorspoed, maar raak ook al hoe meer afvallig van die Here.
Amos, Jesaja & Hosea
Ussia word met melaatsheid geslaan omdat hy self die reukoffer aan die Here wou bring (2 Konings 15).
Amos, Jesaja, Hosea & Joël
Met Sagaria se dood word die profesie aan Jehu vervul dat sy seuns tot in die vierde geslag oor Israel sal regeer.
Jesaja & Hosea Jesaja & Hosea
Rome word deur Remus en sy tweelingbroer Romulus gestig. Romulus was die eerste koning van Rome.
Hosea, Jesaja & Miga
Pekaja is deur sy adjudant, Peka, in Samaria vermoor.
Hosea, Jesaja & Miga
Peka beleër Jerusalem saam met Resin van Damaskus en probeer Agas dwing tot 'n anti-Assiriese bondgenootskap.
Hosea, Jesaja & Miga
Hosea, Jesaja & Miga
Hiskia (29 jaar)
Hosea, Jesaja, Miga & Nahum
698 v.C.
Manasse (55 jaar)
Jesaja
Agas was baie sleg en het selfs sy seuns geoffer. Hy het die hulp van Assirië ingeroep toe Peka en Resin Jerusalem beleër het. Tiglat-Pileser III (745-727 v.C.) val Israel binne tydens koning Peka se regering. Hy neem 'n groot deel van Israel in en voer die inwoners weg na Assirië. Hosea het teen Peka saamgesweer en hom vermoor. Salmanassar V (727-722 v.C.) het Samaria ingeneem en die tien stamme weggevoer. Samaria val onder Assirië nadat dit drie jaar lank beleër is. Koning Hosea van Israel word deur koning Salmanasser V van Assirië gevange geneem. Israel word in ballingskap na Assirië weggevoer. Sargon II (722-705 v.C.) het Salmanasser V opgevolg en die Assiriese ryk tot die magtigste ryk in die Nabye Ooste opgebou. Sanherib het Jerusalem tydens Hiskia se regering beleër, maar nie daarin geslaag om die stad in te neem nie. Sanherib (705-681 v.C.) het Sargon II opgevolg en Ninevé die hoofstad van Assirië gemaak. Assarhaddon (680-669 v.C.) het Sanherib opgevolg en betrekkinge met Babilon verbeter. Manasse word gevange geneem deur die Assiriese koning Assurbanipal en weggevoer na Babel.
642 v.C.
Assurbanipal (669-626 v.C.) het Assarhaddon opgevolg.
643 v.C.
Amon (2 jaar)
641 v.C.
Josia (31 jaar)
610 v.C.
610 v.C.
Agab was slegter as al sy voorgangers en onder hom het die volk begin om Baäl te dien.
"Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here," (2 Kronieke 20:32).
726 v.C.
610 v.C.
Elia, die Tisbiet, begin in hierdie tydperk optree as profeet in Israel.
Elia & Jehu
Hosea, Jesaja & Miga
Hosea (9 jaar)
721 v.C.
Jehu profeteer dat God die huis van Baesa sal uitroei. Ela se aanvoerder, Simri, het hom vermoor en die troon oorgeneem.
Hosea, Jesaja & Miga
761 v.C.
Agas (16 jaar)
TYDLYN ikone
Hosea, Jesaja & Miga
753 v.C.
742 v.C.
Agija profeteer dat God die huis van Jerobeam sal uitroei en die troon aan iemand anders sal gee.
Jona Jerobeam II (41 jaar)
825 v.C. 810 v.C.
gesterf het, vind daar rykskeuring plaas en word Israel verdeel in die Noordryk (Israel) en die Suidryk (Juda & Benjamin).
"Asa was sy lewe lank getrou aan die Here," (1 Konings 15:14).
954 v.C.
889 v.C.
WÊRELDGESKIEDENIS
Koning Sheshonk (Sisak) van Egipte val Palestina binne (1 Konings 14).
958 v.C.
914 v.C.
ISRAELITIESE- en
Joahas (3 maande)
Jojakim (11 jaar)
605 v.C.
Amon se seun, Josia, volg hom op toe laasgenoemde skaars agt jaar oud was. Sefanja & Jeremia
Josia het die Here begin soek toe hy nog jonk was en Jerusalem gereinig van afgodediens.
Jeremia
Josia word by Megiddo deur farao Neko van Egipte doodgemaak. Jeremia het 'n klaaglied vir hom gedig (2 Konings 23:28-30 en 2 Kronieke 35:20-27).
Jeremia
Jeremia & Habbakuk Jeremia & Habbakuk
599 v.C.
Jojagin (3 maande)
599 v.C.
Sedekia (11 jaar)
Joahas word deur die volk verkies as opvolger vir Josia, maar word deur farao Neko weggevoer na Egipte. Die opkoms van die ryk van die Mede begin onder koning Nabopolassar (626-605 v.C.). Farao Neko van Egipte stel Eljakim, broer van Joahas, as koning aan en verander sy naam na Jojakim. Assur-Uballit II (611-606 v.C.) was die laaste Assiriese koning en moes voor die nuwe Babiloniese koning Nabopolassar vlug. Nebukadnesar II (605-562 v.C.) bestyg die troon van Babilon.
Jeremia, Daniël & Esegiël
Jojagin is deur Nebukadnesar, die koning van die Mede, na Babilonië weggevoer. Hy voer byna al die mense weg en laat net die armes agter.
Jeremia, Daniël & Esegiël
Nebukadnesar kroon Mattanja, 'n oom van Jojagin, as koning en verander sy naam na Sedekia.
588 v.C.
Esegiël, Daniël & Obadja
Nebukadnesar beleër Jerusalem vanaf 588 v.C. Sedekia word weggevoer na Babilonië.
587 v.C.
Esegiël, Daniël & Obadja
Jerusalem word in 587 v.C. verwoes en Juda word weggevoer na Babilon.
Victor E. d'Assonville (GK Marble Hall; Akademie für Reformatorische Theologie, Hannover; Instituut vir Klassieke en Reformatoriese Studies, Bloemfontein)
Internasionale rolspeler Gedurende hierdie tyd het Calvyn van wyd en syd in verskillende lande erkenning vir sy leidende rol in die Reformasie begin geniet. Hy het as gerespekteerde segsman vir die Reformasie na 'n klompie Duitse stede gereis waar hy aan die belangrikste gesprekke en onderhandelings van daardie tyd sou deelneem. Met sy kennis van die Bybel, van die kerkvaders en die teologie, waaronder die kerkgeskiedenis, het 'n hoë premie op hom gerus om vir die saak van die Reformasie in te tree. "Godsdiensgesprekke" was destyds die belangrikste onderhandelingsgeleenthede waar verteenwoordigers en leiers van die Reformasie aan die een kant en die Roomse Kerk aan die ander kant probeer het om deur middel van diskussie die geweldige breuk wat in Europa ontstaan het (godsdienstig sowel as polities) te hanteer. Reeds in Februarie 1539 besoek die 29-jarige Calvyn die Konvent (vergadering) te Frankfurt am Main (beroemde groot Duitse stad) – daar het sy lewenslange vriendskap met Philipp Melanchthon, belangrikste medestryder van Luther uit Wittenberg, begin. In Junie 1540 was Calvyn amptelik saam met Martin Bucer by die Godsdiensgesprek van Hagenau teenwoordig, in Oktober van dieselfde jaar by Worms se Godsdiensgesprek as teoloog wat die Lutherse Hertog van Lüneburg moes verteenwoordig, en in die lente/vroegsomer van 1541 as verteenwoordiger van Straatsburg by Regensburg se Godsdiensgesprek.
Die gemeente van Christus leer sing
Op die intenasionale verhoë … en 'n gemeente leer sing
Sy toenemende rol as erkende internasionale leier van die Reformasie het Calvyn egter nie daarvan weerhou om dít te doen waarvoor 'n dominee beroep word nie – die verkondiging van die Woord deur die prediking (in die erediens), in die kategese en tydens huisbesoek. Juis om hierdie rede het hy die Godsdiensgesprek in Regensburg voor die einde verlaat om aandag aan sy gemeente in Straatsburg te kon gee. 'n Ander saak wat eintlik in Genève al vir hom lewensbelangrik was, was die sang van die gemeente. En hier in Straatsburg gebeur daar iets heel besonders. Calvyn word by die Duitssprekende gemeente, waar sy kollega Bucer onder andere herder en leraar is, ooggetuie van 'n verrassende feit: 'n Gemeente wat sing! Ja, die gemeente sing! Ná sowat 'n duisend jaar waartydens die volk van God nie meer gesing het nie, sing sy kinders in die erediens. En kán hulle sing! In plaas daarvan, soos in die eeue en eeue vantevore, dat die Psalms hoogstens deur priesters in die erediens in 'n onbekende brabbelLatyn gemompel is, word die Psalms weer gesing, deur die gemeente, die volk van God.
"Daar is geen (ander) boek …"
O
fskoon hy sy vaderland nooit weer sou sien nie, was die tyd wat Calvyn as banneling van Genève in Straatsburg deurgebring het (1538-1541) drie van die wonderlikste, vrugbaarste jare vir dié jong, skaars dertig-jarige, teoloog. Verskeie van sy belangrikste publikasies het hier die lig gesien, en as herder en leraar van die Franse vlugtelinggemeente kon hy die Bybelse beginsels vir die herderlike werk onder die lidmate, vir die erediens, vir die uitleg en prediking van die Woord in dade omsit. Dat hy tuis gevoel het, kom tot uitdrukking daarin dat hy 'n burger van Straatsburg geword het. (Dit sou nog sowat 20 jaar duur voordat hy eers in Genève burgerskap sou kry.)
22
KRUISPAD | UITGAWE 18
Nie net het die gemeentesang van die Duitse gemeente in Straatsburg Calvyn beïndruk nie, maar dit het hom opnuut oor die Bybelse beginsels vir gemeentesang laat nadink. Op grond van sy deeglike, diepgaande studie van die Skrif kom hy tot die oortuiging dat die Psalms 'n heel besondere plek inneem. In sy kommentaar oor die Psalms wat in 1557 verskyn, kom dit na vore: • Daar is geen (ander) boek … waar God en sy genadegawes mooier geloof en geprys word nie. • Daar is geen (ander) boek … waar ons beter oor God se vaderlike sorg en voorsienigheid geleer word nie.
•
Daar is geen (ander) boek … met soveel getuienis oor ons bevryding deur God nie. • Daar is geen (ander) boek … waarin ons beter onderrig word hoe om God te dien nie. • Daar is geen (ander) boek … waarin ons beter geleer word om swaarkry te hanteer (ons kruis te dra) nie. • Daar is geen (ander) boek … Dit is asof Calvyn nie einde kry nie. Die waarde en betekenis van die Psalms vir die gelowige kind van die Here kan eintlik nie voldoende in woorde uitgedruk word nie. Ná die eeue van stilswye moes die gemeente van Christus weer leer om die lied van Christus, sy Psalms, te sing. 'n Franse Psalmboek vir die Franse gemeente word 'n dringende noodsaaklikheid.
'n Eerste gereformeerde Psalmboek Dit het aansteeklik gewerk – die gemeentesang van die Duitse gemeente in Straatsburg. Die ou gewortelde oortuiging van die Vroeë Kerk dat daar geen beter kerklied is, as dít wat die Here sowat 2500 jaar vantevore al aan sy kerk gegee het nie, word opnuut versterk. Die kerk van Christus, ook in die Ou Testament, het immers gesing oor hulle Messias wat sou kom, nie net gedurende die gloriedae onder Dawid en Salomo nie, maar ook tydens uitsiglose tye soos die ballingskap in Babilonië, tye toe dit gelyk het of alles verby is, die tempel verwoes is … En direk in aansluiting hierby sou die jong NuweTestamentiese kerk voortgaan om die verbondsliedere van hul Messias te sing … totdat die Psalmsang – en die Here se Woord – vir byna duisend jare tydens die Middeleeue algaande sagter en stiller en onhoorbaar geword het. Dit loop in die kerkgeskiedenis altyd saam: waar die Woord nie meer gepreek word nie, word die Psalms nie meer gesing nie – en omgekeerd: waar die Psalms nie meer gesing word nie, word die Woord in die agtergrond gedring. Die jong dominee spring aan die werk en in dieselfde jaar wat hy sy dertigste verjaarsdag sou vier, verskyn dit: Die eerste gereformeerde Psalmboek. Klein, beskeie, slegs 18 Psalms, daarby die Lied van Simeon, die Tien Gebooie en die Twaalf Artikels. Ons kan ons dit nie voorstel nie. Daar was niks. Alles moes opnuut begin word. Ook die beryming van elke Psalm in die moedertaal vanuit die oorspronklike (Hebreeuse) teks. Calvyn kon die hulp van die beroemde Franse digter, Clément Marot, vir 'n hele paar van die Psalms kry, maar so vinnig gaan dit ook nie. Minstens 'n paar van die Psalms moes hy self ook doen. Die pad na die volledige Psalmboek met al 150 Psalms is ingeslaan – dié sou meer as 20 jaar later in Genève uiteindelik volledig wees. Maar 'n begin is gemaak. En, soos hulle Duitse broers en susters, kon die Franse vlugtelinge in die gemeente van Straatsburg nou die lied van Christus in hulle eie taal sing: Die kerk van Christus sing die lied van Christus. (Volgens die onlangs gepubliseerde internasionale Calvyn Handboek was dit vermoedelik juis die Psalmsang wat sterker as enige ander element bygedra het tot 'n algemene gevoel van "gereformeerd"-wees.)
Volgende keer Een brief van Calvyn maak 'n groter impak as enige blog of twitter tweet van ons tyd …
KRUISPAD | UITGAWE 18
23
HULP
J
dige
ielkun
Jo
erling
chick
es S hann
ese S (Klini
l),
e worst leem ie, b o r p n et 'n raat wat m aroor te p atuurlik n e k n en da e sal mand (of ie d wat jy k pondensi m e s le an korre prob t iem enige et om me .net. Alle t l na e m orste pad dh stel i o s r v i e o h u u r w g o edi @k n jy ons j Indie die vrymo aan help rd! ur vir u t S s e o i o ? w n e-p er en ispad hante net 'n in Kru ê h stuur vertroulik l i g vies w stren ag ad a r g sal jy ad.net. roor Waa @kruisp s advie
24
KRUISPAD | UITGAWE 18
)
aksie
d-red
ispa , Kru
ongmense van vandag het dit werklik nie maklik nie. Ek sien dit elke dag in my spreekkamer. Rondom ons verdwyn kinders, word aangerand, verkrag. Dwelms en messe dwaal deur skole en speelgronde opsoek na slagoffers. Selfone en TV games laat loop met seks en violence. Dit is nie net jongmense wat sukkel nie maar ook hul ouers, onderwysers en mentors wat dit moeilik vind om leiding en advies te gee in die vinnig veranderende tye. "Dit wil soms voorkom of alles in die wêreld omgekeerd is, asof alles wat sleg is so maklik bekombaar is," kla bekommerde ouers. In die poging om ons te red, raad te gee en moed vir ouers en kinders te wen, het "Selfhelp" ontstaan. Artikels, boeke en websites wat die wêreld vul met kennis en advies oor talle onderwerpe: Die Tiener monster: Depressie, ADHD – ly jou kind?, Die perfekte gesin. Ons almal het al die artikels gesien en talle gelees. Alhoewel ons dankbaar is vir al die kennis wat ons inwin, want kennis is mos mag, moet ons ook die effek van die selfhelp beweging ondersoek. Ons is nuuskierige wesens en wil weet wat het gebeur, wat gaan gebeur en hoeveel dit gaan kos. Daarom het die trend van "selfhelp" ontstaan om ons
bewus te maak van wat kan gebeur, en ook sodat ons kan weet wat om te doen. Die positiewe van selfhelp is dat dit mense 'n gevoel gee dat hulle nie alleen is nie, dit bring verligting en normaliteit. Selfhelp gee ook die geleentheid om iets te identifiseer wat voorkombaar is en help mense om voor te berei vir dit wat mag kom. Great! Soos met die meeste dinge in die lewe is daar twee kante hieraan. Al die nuwe artikels en kennis het ongelukkig 'n donker kant. Alhoewel dit nie die bedoeling van selfhelp is nie, is dit wel wat met ons samelewing gebeur het. Ons analiseer mekaar en probeer om elke tipe gedrag te ontleed en te verklaar. Alles wat ons doen of nie doen nie moet aan een of ander verskynsel, diagnose of disfunksie toegeskryf word. Dit veroorsaak dat die samelewing begin glo aan 'n ideale bestaan. 'n Wêreld is dus geskep waar niemand swaarkry en niemand fail nie. 'n Bestaan waar ons alles kan keer, waar ons alles kan beheer. As iets wel gebeur, moet ons vinnig net hierdie paar stappe neem om alles beter te maak. Dié wêreld word vreesgedrewe. Ons is bang om 'n fout te maak, om seer te kry, om gediagnoseer te word, om beheer
te verloor, ensovoorts. Dit is dus 'n wêreld wat ver van God af is, want God is liefde, nie vrees nie. Die perfekte lewe het verdwyn toe Eva die vrug gehap het. Van toe af het die mens 'n lewe gelei waar alles nie altyd perfek en reg is nie. God weet ons is nuuskierig, en hou daarvan om te leer en te ontwikkel. Hy weet kinders en ouers maak foute en leer daaruit. Hy weet ons skep probleme, vind oplossings, groei, en oortref verwagtinge. Maar Hy het ons lief en Hy aanvaar ons! Hoekom aanvaar ons nie onsself nie? Jesus kon maklik in 'n limo, op 'n rooi tapyt en met 'n koningskleed aan hier opgedaag het. Hy het juis nie, sodat Hy ons kon wys dat die lewe hier op aarde een is waar jy kan foute maak en leer, kwaad word en vergewe, afbreek en opbou, slegsê en jammer sê, hartseer raak en liefde gee. Sodat jy God in alles kan vertrou en kan weet as jy Hom in jou oog hou, gaan alles oukei wees. Hoe boring is dit nie om elke dag dieselfde ding te doen nie? Mag jy 'n lewe hê wat gevul is met onverwagse gebeure. 'n Lewe waar jy jou medemens, jouself en vir God kan leer ken as steunpilaar. Prys die Heer vir 'n rollercoaster ride!
'n Paar tips om jou te help: • Enjoy the ride! • • • • • • •
Leer uit jou foute eerder as om spyt wees oor hulle. Neem tyd om te besin of dit waarmee jy besig is die moeite werd is. Kry 'n rolmodel. Beloon jouself gereeld. Beloon dié wat vir jou omgee. Kry iemand wat jy kan vertrou en mee kan share. Deel jou geluk en swaarkry met God.
KRUISPAD | UITGAWE 18
25
A
s ek jou sou nooi om 'n naweek by my te kom kuier, sou ek jou eers van my gesin moes vertel. Daar is seker geen gesin in die wêreld wat normaal is nie, maar myne is ekstra spesiaal. Ek het 'n ma, 'n pa, twee ouer broers en een jonger broer. En dit is juis by die jonger een waar die spesiale aard van my gesin lê. Sy naam is Dirco en hy is amper 18 jaar oud, hy is langer en groter as ek en hy het die mooiste blou oë. En hy is gestrem. Hy het Angelmansindroom. Dit is 'n baie seldsame sindroom wat gekenmerk word deur 'n weglating op die vroulike deel van die 15de chromosoom. Elke sel in 'n mens se liggaam bestaan uit 46 chromosome wat elk 'n manlike en vroulike deel besit. Dit beteken dat daar 'n klein ietsie weg is op die helfte van een van die chromosoompies in elke sel van sy lyf. Dit klink na 'n klein veranderinkie, maar dit het 'n groot invloed op wie hy is. Hy is die vriendelikste mens wat ek ken, met 'n glimlag wat nooit sy gesig verlaat nie. Maar hy kan nie praat nie en hy kan glad nie vir homself sorg nie. My oudste broer was tien toe Dirco gebore is, my tweede broer agt en ek was vier. In die eerste vier jaar van Dirco se lewe het my ouers nie geweet wat met hom verkeerd is nie. Hy het net nie normaal ontwikkel nie. Hy het nie gekruip, geloop of gepraat toe hy veronderstel was om dit te doen nie en hy was net anders. Hy is eers op vier jaar gediagnoseer deur 'n kinderarts wat vir my ouers gesê het om Dirco in 'n inrigting te plaas en van hom te vergeet. Hierna het 'n stroom van terapeute gevolg. Arbeidsterapeute, spraakterapeute en nog baie ander, maar niks kon hom meer maak as wat hy is nie. Ek weet tot vandag toe nie hoe my ouers deur daardie jare gekom het nie. Die Here moes hulle baie styf vasgehou het al het hulle Hom ook hoe verwyt. My pa is 'n predikant en ek kan net dink hoe hy met die Here moes geworstel het. En daar was nog drie ander kinders wat aandag en sorg moes kry. Ek het onlangs eers regtig begin besef watter reuse indruk dit op my en my ander broers se lewens gemaak het. Nie een van ons sou vandag gewees het wie ons is as dit nie vir Dirco was nie. Ons het gou geleer dat ons simpel stryery nie belangrik is nie omdat Dirco se teenwoordigheid dit nietig
26
KRUISPAD | UITGAWE 18
Daar is seker geen gesin in die wêreld wat normaal is nie, maar myne is ekstra spesiaal.
Janien de Kock (Kruispad-medewerker)
gemaak het. My ouers het Dirco nooit aan ons opgedring of van ons verwag om vir hom op te maak nie, maar ons het onbewustelik besef dat enige ander probleme maar klein is in vergelyking daarmee. Hy was ons almal se verantwoordelikheid. Dit was vir ons normaal. Die feit dat daar nooit stilte in ons huis was nie en dat dit altyd deurmekaar was. Ons het nooit besef dat dit nie gewoon is om altyd voorsiening te moet maak vir iemand soos Dirco nie. Ons kon nie sommer in die kar klim en gaan fliek nie, want wat van Dirco? Hy kan mos nie saamgaan nie. En as ons see toe gaan, moes ons altyd seker maak dat ons naby die badkamer kampeer en dat die strand nie te ver is nie. Selfs as ons wou gaan stap, moes iemand altyd agterbly om na Dirco te kyk. En die rolstoel moes altyd oral saam, maak nie saak hoeveel plek dit opneem nie. Om 'n ou of meisie huis toe te bring, was altyd spanningsvol, want sal hierdie persoon wat vir my spesiaal is vir Dirco kan aanvaar? Dit was alles aanpassings wat ons moes maak om Dirco in ons lewens te akkommodeer. Maar dit is vir ons gewoon. Dit is ons situasie en die Here het dit so bestem. My pa het sy Meesters- en Doktorsgraad gedoen oor die pastorale berading van 'n gesin met 'n gestremde kind. Hierdie studie was natuurlik vir ons gesin terapeuties omdat dit ons gehelp het om die Here se doel met Dirco in ons lewens te verstaan. Dit het ook gehelp dat ander mense ons situasie beter verstaan. Tydens sy studie het hy besef dat die ouers van 'n gestremde kind deur dieselfde sewe stadiums van rou gaan waardeur die ouers gaan van 'n kind wat sterf. Die eerste is skok of ongeloof. Tydens hierdie fase is die ouers geskok daaroor dat hulle kind gestrem is en hulle kan dit nie glo nie. Dan volg ontkenning waartydens die ouers vir hulself sê dat daar tog geen manier is dat dit waar kan wees nie. Daarna wil die ouers onderhandel. Hierdie onderhandeling vind dan meestal tussen hulle en God plaas wanneer hulle probeer om hulself uit die situasie uit te kry. Skuld volg hierop omdat hulle dan skuldig voel oor hulle gevoelens en probeer dink wat dit was wat hulle
verkeerd gedoen het om 'n gestremde kind te verdien. Hierop volg woede en depressie. Hierdie twee loop hand aan hand omdat die ouers dan voel asof hulle in 'n donker gat sit waar die Here van hulle vergeet het en hulle straf. Die laaste stadium is aanvaarding en hoop. Hierdie is die belangrikste stadium, maar dit is ook die moeilikste om te bereik. Die enigste verskil tussen 'n gestremde kind en 'n kind wat oorlede is, is dat die gestremde kind altyd daar is. Jy kan die rou nooit ten volle verwerk nie, want jy sien elke dag die kind en wonder wie hy sou wees as hy normaal was. Ons as gesin het al hierdie stadiums deurleef. My ouers meer as ons kinders omdat ons dit alles nie kon begryp nie. My pa het ook in sy studie genoem dat 'n gesin met 'n gestremde kind 'n gestremde gesin word. Soos ek gesê het, het ons kinders nooit eers besef dat ons gesin nie soos ander is nie en dat daar dinge in ons huis gebeur wat nie in ander huise gebeur nie. Maar ons was definitief 'n gestremde gesin. Ons kinders was nie ongelukkig nie en het nooit afgeskeep gevoel nie, maar die gevolge was daar selfs al het ons dit nie toe besef nie. Dirco se teenwoordigheid raak ons selfs al bly ons nie meer in die huis nie. Die mense wat ek die meeste in hierdie situasie bewonder, is my ouers. My pa is 'n wonderlike man wat ongelooflik lief is vir Dirco en alles in sy vermoë sal doen om hom te beskerm. En my ma het altyd
'n glimlag op haar gesig: sy staan altyd op na 'n lang nag as Dirco siek was en sy het altyd hoop vir die toekoms. Die Here het Dirco vir 'n rede in ons lewens gebring en ons almal probeer elke dag om sy groter plan daarmee te verstaan. Dit raak soms moeilik en ons raak maar moeg en moedeloos, maar ons weet dat Hy daar is en dat Hy alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet. En as ons die dag nie kans sien vir Dirco en al sy dinge nie, kyk ons net in daardie pragtige twee blou oë en sien die liefde wat onvoorwaardelik daaruit straal, en ons weet dat elkeen op aarde 'n doel het.
KRUISPAD | UITGAWE 18
27
Yzelle Swart (Kruispad-leser)
M
y naam is Yzelle Swart, en my man, Jaco Swart, het die afgelope 15 maande omstreeks 6 100km kaalvoet om Suid-Afrika se landsgrense geloop – so na as wat hy toegelaat is – om die mense van ons land sy storie te vertel; van sy gelofte wat hy in doodsangs voor die Here afgelê het. Jaco was in Maart 2000 'n black water tubing gids toe hy en sy groep toeriste deur 'n vloedramp getref en oor 'n 6m krans in die Stormsrivier ravyn afgestuur is. Dertien van die toeriste is dood as gevolg van kop- en nekbeserings. Jaco, wat agter sy toeriste aan is, het in 'n maalkolk beland waar sy knie vergruis is en waar hy binne-in 'n tak wat in 'n skeur van 'n oorhangende krans was, vasgestoot is. Jaco het vir 27 uur vir lewe en dood aan die tak gehang voor reddingswerkers hom uiteindelik 'n dag en 'n half na die voorval opgespoor het. In hierdie 27 uur het Jaco 'n gelofte aan die Here afgelê, dat as die Here sy lewe spaar en hom red, en hy weer die gebruik van sy been kry, hy kaalvoet om die land sal stap om vir mense te vertel wat die Here vir hom gedoen het. Ses operasies en nege jaar later, het Jaco die gelofte aan die Here nagekom, toe hy op 15 Januarie 2009 met sy kaal voete en rugsak by die Kasteel in Kaapstad vertrek het op 'n staptog en reis saam met die Here. Nie een van
ons het geweet wat voorlê, of ons die regte ding aanpak, en of Jaco ooit weer sou terugkeer huis toe nie. Ons het albei aan die einde van 2008 ons werke bedank, Jaco om voorbereiding vir sy staptog te begin, en ek sodat ek verder kon gaan leer en boonop vry kon wees om Jaco te ondersteun. Die eerste les wat die Here ons in daardie laaste paar dae voor Jaco se staptog geleer het, was dat as ons hierdie tog aanpak om ons geloof in ons God te verkondig, ons net ons geloof gaan hê om op staat te maak. Geen maatskappye of besighede was bereid om vir Jaco as borg te staan nie – die meeste het ons duidelik laat verstaan dat hulle nie hul naam aan 'n Christelike projek wil koppel nie – en ons persoonlike fondse was die eerste maand nadat Jaco weggespring het, uitgeput. Boonop was ek vas oortuig daarvan dat ek Jaco se ondergang gaan beteken, want hoe nader Jaco aan ons Here beweeg het, hoe liewer het die duiwel vir my geword. Buiten ons finansiële krisis, het my pa akute Guillian-Barré sindroom opgedoen, en daar is kwaadaardige gewasse op my ma se baarmoeder gevind wat so gou as moontlik verwyder moes word. Boonop het Jaco net daarna bosluiskoors in die Wildekus opgedoen, en was hy so siek soos 'n hond. Ek het ons goed in Kaapstad gepak en Mpumalanga toe getrek om my ouers te versorg, en waar ons Jaco met 'n geleentheid kon kry sodat hy mediese behandeling kon ontvang en weer kragte kon opbou voordat hy sy tog hervat het. Dit was net die begin van 'n jaar van baie, baie be-
proewinge, maar dit is nie belangrik nie. Wat wel belangrik is, is dat die Here ons met ons geloof in Hom gelaat het, en dat Hy keer op keer aan ons, ons families en vriende bewys het dat Hy wel bestaan, dat Hy wel deel van hierdie staptog was, en dat Hy ons daardeur sou dra. Ons het geen borge gehad nie, maar elke maand as Jaco se aftrekorders moes afgaan, was daar geld in sy bankrekening. Wanneer daar nie was nie, het ek presies die bedrag wat ons nodig gehad het – tot op die sent – gekry om dit te betaal. Mense wat die Here op ons pad gestuur het, elke keer op die regte oomblik, het ons hande geneem en hierdie staptog saam met ons gestap. Jaco het op Maandag, 26 April by die Kasteel in Kaapstad gearriveer. Ek het weereens daardie week gesien hoe die Here voorsien het dat ek die nodige fondse gehad het om Kaap toe te kon gaan om my man vir die eerste keer na ons troue in Desember verlede jaar te gaan ontmoet. Ek was aanvanklik benoud omdat Jaco aan die einde van sy staptog te nader – 'n mens raak nogal gewoond aan die Here se wonderwerke as jy dit so gereeld gesien gebeur het – maar ek is nou meer as voorheen oortuig daarvan dat ons reis saam met God sopas maar begin het. Prys die Here!
S
oos alle kinders het ek 'n vreeslike soettand gehad toe ek so bietjie jonger was. Nie dat my soettand getrek is nie, maar ek dink ek beheer dit tans beter … As ons by my ouma gaan kuier het, het sy vir ons van daardie Quality Street sjokolade gegee, wat heeltemal teenstrydig was met my liewe moeder se opdragte aan Ouma. Jy sien, ek het so effe besig geraak as ek te veel suiker inkry … Ek kan nog onthou hoe ons ons hande so vol as moontlik gestop het tot daar nie meer plek was vir 'n toffie nie. Dit was amper 'n roetine op Vrydagaande. As Oupa sy nuus klaar gekyk het, stop ons die handjies en mondjies vol lekkernye. Een Vrydagaand toe ons almal knus voor die kaggel sit en hande volstop met die lekkergoed, ruk Ouma onverwags 'n nuwe toertjie uit. Sy het net nadat sy die Quality Street uitgehaal het onthou dat sy iets lekkerder vir ons gehad het … melktert en tuisgebakte koekies! Ek was so ses jaar oud en ek was altyd eerste om by die Quality Street uit te kom. Die niggies en nefies was tweede in die ry, maar toe Ouma die melktert neersit, was die ander kinders eerste daar en ek het my kans verbeur om voor in die tou te kom. Die volgende wat Ouma hoor, is 'n kind wat onbedaarlik begin huil uit die hoek van die kamer. Daar staan ek, met twee hande vol Quality Street en trane wat rol oor my wange. "Wat is fout my kind?" vra Ouma. "Ek kan nie melktert kry nie!" sê ek. "Maar my kind daar is genoeg vir almal om te eet, gaan kry vir jou" sê Ouma. "Ek kan nie," sê ek. "My hande is te vol!" Die laaste woorde van die sin het effe verdrink in 'n borrelende gehuil. Jy sien, ek kon nie die Quality Street laat gaan nie. My hart was in twee geskeur: die gewilde Qualtity Street of die onverbeterlike tuisgemaakte melktert en koekies van Ouma wat in my oë die beste ding op die aardbol was.
LEEFSTYL
Iemand het nou die dag vir my gesê hulle sien God se seën as 'n conveyor belt wat die seëninge na 'n mens aanbring. As jy nie gereed is vir daardie present op die conveyor belt nie, gaan jy dit misloop. Ek het al telkemale hard gebid en gewerk om sekere dinge in my lewe te bekom waarvan ek nog altyd gedroom het, maar die oomblik as God dit vir my gee, is dit asof ek dit nie wil los nie en só bang is ek verloor dit! Soms is ek so besig om vas te klou aan die blessings van gister dat ek nie plek in my hande het vir die blessings van môre nie. Dis ironies dat ek later ook nie meer tyd het om te droom oor nuwe dinge nie … 'n Mens mis nuwe geleenthede heeltemal en sien dit nie eens verbykom nie. God waarsku ons gewoonlik voor iets kom, ons luister net nie altyd nie: "Wat Ek vroeër aangekondig het, het plaasgevind. Ek kondig nuwe dinge aan. Voor dit begin gebeur, laat Ek julle al daarvan hoor," (Jesaja 42:9). Dink bietjie daaraan. As jou hande vol Quality Street is, mis jy die beter dinge wat God vir jou beplan. Ek sê nie mens moet alle seëninge wat van God af kom, weggooi nie, maar 'n mens moet op die regte tye plek maak vir nuwe blessings. Ons is so geneig om aan goed vas te hou en dinge te probeer hou soos dit is, dat ons hande te vol is as nuwe blessings in die vorm van geleenthede en nuwe uitdagings verskyn. Was die Here se belofte nie dat Hy elke dag nuwe manna sal stuur nie? Soms moet ons totsiens sê, soms moet ons laat gaan … Dit sluit geestelike sowel as aardse seëninge in, want alles wat ons kry, kom van God af. Sy seën bring Vrede in jou hart en skatte in die hemel: "Dit is die seën van die Here wat rykdom bring; jou geswoeg laat dit nie meer word nie," (Spreuke 10:22). God se Woord stel dit duidelik dat Hy ons soveel sal seën dat ons nie eens plek daarvoor sal hê nie: "Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie," (Maleagi 3:10). As daar nie meer plek is in 'n huis nie gooi mens die ou goed uit. Spring cleaning noem hulle dit. Is dit nie bietjie tyd vir jou om te spring clean nie? Gooi die Quality Street uit jou hande en maak reg vir die vars melktert en koekies wat God vir jou wil gee! Adriaan van Wyk (Kruispad-medewerker)
28
KRUISPAD | UITGAWE 18
KRUISPAD | UITGAWE 18
29
NUWE
RUBRIEK
Wil jy graag 'n bydrae instuur vir die volgende Kruispad-uitgawe? Stuur dit vir ons na kreatief@kruispad.net. Dit kan enigiets wees – 'n gedig, artikel, foto, skildery, of wat dan ook al! Die redaksie wil graag jou gawes gebruik om God te eer! (Dus moet jou bydrae God-erend van aard wees.) Ons sien uit daarna om julle bydraes te ontvang!
D
ie meisie hier voor my is nie ek nie, dink Ester toe sy na die weerkaatsing in die spieël voor haar kyk. Sy lig haar hand op en waai. Die meisie voor haar waai terug. Dit ís ek, besef sy. Vandag lyk sy vir haarself vreemd. Sy lyk vandag soos 'n koningin. Vir die eerste keer in hierdie klomp vinnigvlieënde maande, vóél sy soos 'n koningin. Sy voel nie meer soos Hadassa nie. Hadassa was 'n weeskind. Hadassa is vaal, en hoewel sy al gehoor het mense sê sy is mooi, het sy nooit gevoel dat enige iemand haar regtig raaksien nie. Deesdae draai mense se koppe as sy verby hulle loop. Sy hoor hoe mans na hulle asems snak, en 'n vertrek vol mense stadig begin stil word wanneer sy instap. Ester – die nuwe koningin in Vasti se plek. Ahasveros se vrou. Ester se maag maak onwillekeurig 'n draai as sy aan Ahasveros dink. Nog nooit het sy iemand ontmoet wat haar emosies so op hol jaag nie. Sy word skoon naar as sy aan hom dink. Maar dit is 'n goeie naar. 'n Naar van opgewondenheid, van angstigheid en uitsien. Sy verlang só verskriklik na hom. Sy het hom amper 'n maand laas gesien, en sy wens die ure om tot sy hom weer sien. Amper. Maar dan gryp 'n swaar beklemming haar hart vas en haar keel begin pyn. Trane kom lê vlak in haar asem, en sy knip haar oë vinnig. Sy mag nie nou haar grimering smeer nie! Dit het ure geneem om op te sit. Maar hoekom het hy haar so lanklaas laat kom na hom toe? Voel hy dan nie meer vir haar iets nie? Is hy spyt dat hy met haar getrou het? Gaan hy haar ook wegjaag soos hy vir Vasti weggejaag het? "Stop dit, Ester!" vermaan sy haarself. Daar kan baie redes wees! Sy dink terug aan wat Mordegai vir haar gesê het. En al haat sy dit dat hy altyd reg is, vind sy tog troos in wat hy die vorige dag vir haar gesê het. "Hou op om soos 'n kind te dink, Ester!" het Mordegai geraas toe sy by hom gehuil het. "Jy is nou nie meer 'n jong meisietjie wat so regeer moet word deur jou emosies nie. Jy is nou 'n getroude vrou, en boonop nog 'n koningin. Begin nou soos een optree! Gaan praat met jou man. Gaan red jou volk. Wie weet, dit is dalk juis met die oog op 'n tyd soos hierdie wat jy koningin geword het!"
Sy het egter moedeloos aanhou huil. Sy háát dit om verlief te wees. Dit laat haar inderdaad soos 'n tienerdogtertjie optree. Sy ken haarself nie so nie. Uiteindelik het Mordegai sy arms om haar gesit. "Waar is jou geloof dan nou, Hadassa? My kind, jy weet mos dat God jou sal oppas. Kyk waar het Hy jou dan nou neergesit. Hy sal jou mos nie alleen los hier in die middel van niks en nêrens tussen 'n klomp ongelowiges nie. Hy het jou met opset hier neergesit. Hy het selfs hulle koning op jou verlief gemaak. Natuurlik sal Hy aanhou om te sorg vir jou. En selfs al sou dinge tussen jou en Ahasveros nie uitwerk nie, dan is God nog stééds by jou!" Ester haal diep asem en kyk weer vir haarself in die spieël. Sy pluk saggies aan die sagte lap wat om haar gedraai is. Dan knipoog sy vir haarself. Wel, glimlag sy, ten minste weet sy nie van nog iemand wat só mooi was op die dag van hul teregstelling nie. Ester stap stadig deur die paleis se breë gange na die voorhof. Sy voel hoe al die soldate se oë op haar brand. Sy weet sy lyk asemrowend. Dan gaan staan sy waar sy weet sy gesien kan word vanuit die troonkamer. Sy en Ahasveros het vir die eerste keer gesoen daar in die troonkamer toe hy vir haar die paleis gaan wys het. Sy weet waar die troon is, en sy weet waarheen hy nou sal sit en kyk. Sy draai om en kyk stadig op. Ahasveros is besig om met iemand te praat, en hy swaai sy septer vurig rond. Hy lyk kwaad oor iets. Haar hart maak 'n bokspring en sy voel koorsig. "Is hy dalk vir my kwaad?" Maar dan kyk Ahasveros op en sien haar raak. Sy woorde vries in die lug, en sy hand word pap. Ester herken dadelik die uitdrukking in sy oë. Dit is dieselfde uitdrukking wat hy gehad het op die heel eerste dag wat hy haar gesien het. Alle vrees en benoudheid sypel uit haar liggaam en maak plek vir heerlike rustigheid. Sy kén daardie uitdrukking. Dit is die uitdrukking wat 'n man in sy oë het wanneer hy na 'n vrou kyk wat hy liefhet met 'n soort liefde wat net deur God in 'n mens se hart gesit kan word. Sy glimlag, en begin selfversekerd in die troonkamer instap, in Ahasveros se uitgestrekte arms in. Wie weet, dink sy, dit is miskien met die oog op 'n tyd soos hierdie dat die koning op my verlief geraak het.
A
lmal ken vir Jaco. 'n Man na God se hart. Die een persoon wat in jou lewe diep spore getrap het. Die persoon wat onvervangbaar is. Jaco is oorlede. Die begrafnisbroodjie maal moeilik in my mond en net soos nagmaalbrood, is dit 'n stryd om af te sluk. Die grond van die begrafplaas is nog vars aan my ongepolitoerde skoene. Sy gesig is 'n transparante beeld in elke gedagte. Die koffie wat 'n vreemdeling vir my geskink het, is lankal koud. Ek drink dit in elk geval – dit maak darem die broodjie makliker om af te sluk. Wanneer jy hierdie lees, haal jy asem. Eendag sal jy ophou asem haal – dit belowe ek jou. Die dood konfronteer ons met twee gedagtes. Die eerste is om met God verenig te word in 'n ewige lewe. Nadat Lasarus gesterf het, het Jesus gesê "Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook
gesterwe," (Johannes 11:25). Die tweede gedagte is dat daar nie 'n afdraaipad is nadat jou uurglas uitgeloop het nie. Die keuses wat jy op die aarde maak, bepaal hoe jy die ewigheid gaan deurbring. Jesus het verder gesê "Elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie," (Johannes 11:26) voordat hy Lasarus uit die dood opgewek het. Die punt is, moenie 'n enkele asemhaling mors nie. In die dood het ek die meeste geleer van die lewe. Dood voel altyd so ver, asof dit iets is wat met ander mense gebeur. Eers teen die einde van die diens en by die ter aarde bestelling word die dood real. Die hartseer tref jou soos 'n nartjie teen die neus! BOOM! We all fall down … Jesus het geween (Johannes 11:35). Vandag ween ek. Die leemte maak die seerste. Tog weet ek dit is tydelik. Ek vind ook vertroosting daarin dat ek
weet God is na aan 'n mens wat hartseer is (Psalm 34:18). Ek weet God is saam met my hartseer wanneer ek hartseer is en saam met my bly wanneer ek bly is. Vandag is my hart flenters soos fyn glasstukkies tussen die seesand. Dood bring die helderste herinneringe. Dood bring realiteit. Dood bring lewe, 'n nuwe lewe in God. Jaco is nou by God. You give and take away, en soos die worship song gaan, het God vir Jaco huis toe geneem, maar my die geleentheid gegee om oor Jaco te gesels. Jaco se dood het my opnuut laat besef wat hy my geleer het; om te lag vir jouself en jou foute, gedurig te bid en voluit te lewe vir die Here. Hy het ook broederlike liefde betoon soos ek dit nog nooit beleef het nie. Broer, ek gaan jou mis. Sien jou gou weer.
'n Rubriek deur Edgar Trollip
Adri Breed (GK Potchefstroom-Noord)
30
KRUISPAD | UITGAWE 18
KRUISPAD | UITGAWE 18
31
KUNSTENAARSPROFIEL
W
ian Vos is 'n Suid-Afrikaanse gospel sanger. Met die uitreiking van sy nuwe CD, Geseënde van God, wat hy in die Staatsteater opgeneem het, het ons by hom gaan inloer om uit te vind: Wie is Wian? Waar het jy grootgeword en skoolgegaan? Ek is in Hopetown in die Kaap gebore. Ek was in Sub A in Carnarvon, die res van my laerskooldae in Bloemfontein, en verder tot matriek op De Rust, naby Oudtshoorn. Na skool het ek BA Teologie gaan studeer aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat in Bloemfontein. Wou jy nog altyd 'n sanger word, of het dit eers later op jou pad gekom? Ek het glad nie gedink ek sal sing nie, veral nie na my stem gebreek het nie! Hoe ervaar jy die Christelike musiek scene? Opregte mense of eerder besigheid bly besigheid? Ek ervaar baie kante hiervan. Ek is egter besorg oor die 'kunstenaar' aspek. Solank ons Jesus se gesindheid het, is alles reg!
Waar kry jy inspirasie om jou songs te skryf? Uit my eie verhouding met die Koning, gebeure en lewens issues wat die Heilige Gees op my hart druk. Jy het 'n nuwe album uit? Vertel ons meer daarvan. Ja, die naam is Geseënde van God. Dit is 'n Afrikaanse lof- en aanbiddingsproduksie (CD en DVD) wat live in die Staatsteater, Pretoria, opgeneem is. Dit was een van my grootste en lekkerste projekte nog omdat dit so diep uit my hart kom en omdat dit God se wil en tyd daarvoor is.
Om 'n Christen te wees in hierdie wêreld is nie maklik nie. Jy is in die publieke oog. Hoe ervaar jy dit en het jy enige raad vir jong CHRISTENE? Mense kyk na jou lewe en ons moet onthou dat ons Christus se verteenwoordigers is. Ons kan nie 'n dag sonder Hom nie! Ons het ook godly mense nodig. Ons manne het ander manne van God nodig teenoor wie ons toerekenbaar is. Ons kan nie die pad alleen loop nie! Jy is 'n gesinsman. Enige raad vir die jongmense daarbuite oor verhoudings? Hoe spandeer julle tyd saam? Enige gunsteling aktiwiteite? Gesinswaardes het ongelukkig nie altyd vir my so swaar geweeg nie. Selfs in die bediening was my fokus nie altyd op Christus nie en dit het slegte gevolge gehad. Raad vir enige mens is om toe te laat dat God se Gees jou beheer en elke keuse saam met Hom te maak. Ek is in 'n mate bly dat ons tans geen TV het nie! Dit gee ons soveel meer tyd saam as gesin. Christelike musiek raak partykeer meer 'n show as dat dit oor God gaan. Hoe voel jy daaroor? Dit kan verseker gebeur en daarom het ons mentors en geestelike familie in ons lewens nodig wie ons nie met enigiets kan beïndruk nie! Ons moet 'n paar Geesvervulde mense die reg gee om in ons lewens in te spreek met God se wysheid en raad.
Luidkeels en Onbeskaamd het die worship scene vir jongmense soveel breër gemaak. Dink jy dit is 'n fase of is dit hier om te bly? Ek is baie opgewonde oor die mense aan hierdie projekte verbonde. Ons ken mekaar, maar baie meer, ek sien Jesus in hulle! Net wanneer Christus deur ons leef, sal iets blywend wees!
Enige projekte waarmee jy tans besig is? Ek stig tans takke van Manne van die Woord in die Suid-Kaap; ek is besig met 'n ontwikkelingsprojek saam met die musikante van 'n gemeente in Mosselbaai; en dan reël ons vrystellingsgeleenthede vir Geseënde van God. My DVD-projek Straight Forward, behoort êrens in hierdie jaar die lig te sien. Dit is DVD's met getuienisse en kort boodskappe van mense regoor die wêreld wat op besondere wyses deur God aangeraak is. As jy nie besig is met musiek nie, wat doen jy? Ek probeer om baie tyd saam met my vrou en kinders deur te bring, dan het ek weer begin tennis speel en berei ek voor op die simulator vir my eerste vlug met my seun se modelvliegtuigie! Enige gunsteling plek in die wêreld en hoekom? Dis Suide van die VSA. Ons het daar gebly en dit was net 'n besondere goeie tyd in my en Trudine se lewens. Dit het ons uitkyk op dinge ook grootliks beïnvloed en ons het wonderlike mense (familie in Christus) ontmoet. Enige rolmodelle in jou lewe? Jesus Christus en my vrou, Trudine. Is daar 'n gunsteling Bybelgedeelte of karakter in die Bybel? My gunsteling Bybelgedeelte is Jeremia 29:11 "Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!" My gunsteling karakter in die Bybel is Daniël.
Wian se Gunstelinge: Kleur: Groen Kos: Seekos Kuierplek: Saam met my gesin om die vuur! Bands: Toto Flieks: 'n Goeie ou Western waar hulle darem nie te veel skiet nie … Boeke: God se Woord, Pagan Christianity?, Max Lucado en John Bevere se boeke. Foon: So ou baksteen model Nokia Land: VSA Motor: Volkswagen CC! Maar die Camry doen dit nog vir my.
Daar is soveel Bybelvertalings daarbuite. Watter een sal jy aanbeveel as iemand jou raad vra? Die Afrikaanse Ou Vertaling en The Amplified Bible.
Dirk Kruger & Rynhardt Pretorius (Kruispad-redaksie)
Gaan kyk gerus op Wian Vos se webblad vir meer inligting oor hom en sy vrou Trudine: www.wian.co.za.
32
KRUISPAD | UITGAWE 18
KRUISPAD | UITGAWE 18
33
Resensies: Wanja Senekal | Rynhardt Pretorius | Dirk Kruger
lees dit?
Manne wat bemoedig – Profeet
kyk dit?
Francine Rivers ISBN 978-1-77000-466-5 Christelike Uitgewersmaatskappy 2008
Verbeel jou jy loop in die besige Menlyn-winkelsentrum op 'n Saterdag, en hoor van 'n afstand: "Bekeer jou SuidAfrika, anders daar gaan groot rampe oor jou gestuur word!". Nuuskierig stap jy nader; daar het al 'n groep mense begin vorm. Party staan en lag en fluister agter hulle hande, ander loop verby en skud hulle koppe. As jy nader kom, sien jy iemand wat lyk soos 'n arm skaapboer. Sy vel lyk al soos leer van jare in die son, hy lyk nie baie skoon nie en pas allermins by die glitter van sy onmiddellike omgewing. 'n Paar jongmense koggel hom openlik, maar hy bulder weer in 'n harde stem: "Bekeer jou Suid-Afrika, anders gaan daar groot rampe oor jou gestuur word!" Jy gaan dalk die man jammer kry, en dink hy is effens van lootjie getik. Hy hou aan: "Julle almal hier is gierig, gee bietjie van die geld vir die armes, in stede daarvan om dit op hierdie duur klere te spandeer. Vergeet julle dalk dat julle geld van die Here af kom?" Skielik voel jy skuldig, want jy loop met twee Woolworths-sakke propvol splinternuwe klere, en jy dink: het die man nie dalk 'n punt beet nie? Amos was 'n eenvoudige en nederige skaapwagter en tuinier, maar tog het die Here hom uitgekies om te gaan profeteer in Israel. Hy het eers visioene van die Here gekry, maar wou aan die begin niks daaromtrent doen nie, omdat hy nie 'n geleerde man was nie en geweet het dat die mense nie vir hom gaan luister nie. En hy was reg – die mense het hom totaal verwerp. Sy liefde vir God het hom egter gehelp in sy moeilike omstandighede, selfs as hy uitgekoggel en aangerand is. Oor die algemeen sê profete nooit wat die mense wil hoor nie, en nou kom sê hierdie arm skaapboer vir hulle dat hulle op die verkeerde pad is! Hulle het hom met 'n passie gehaat, en het hom sommer aangerand en soms vir dood gelos. 'n Ruk later het een van sy profesieë waar geword toe daar 'n groot aardbewing gekom en baie mense dood is, en vir 'n rukkie het die mense weer na God gedraai en was hulle selfs bang vir Amos. Tyd het verbygegaan, en toe dit weer goed gaan, het die mense gerieflikheidshalwe van God vergeet. Dit dui net op die mens se vermoë op God te verloën en op homself staat te maak in die goeie tye. Sal jy na Amos luister as hy vandag kom profeteer? Wat 'n wonderlike lyn word hier getrek na Christus. God gebruik lank voor Christus se koms 'n skaapwagter om vir Hom te profeteer. In soveel plekke in die Bybel word die mense as 'n trop skape voorgestel, wat op die ou end een Herder het, Jesus Christus. Hierdie is die vierde karakter in die reeks Manne wat bemoedig wat in die skadu van ander die ewigheid verander het. Dit bied 'n interessante blik op wie Amos kon gewees het, en word beslis aanbeveel vir enigiemand wat net 'n goeie storie wil lees, tot iemand wat hierdie karakter in diepte wil bestudeer.
34
KRUISPAD | UITGAWE 18
Clash of the Titans Regisseur: Louis Leterrier Legendary Pictures, 2010 13 G* * Geweld
luister dit?
1
Turn to God Merchant Music 2010
2
Geseënde van God: Lof in die Staatsteater Wian Vos Merchant Music 2010
CLASH of the Titans speel in antieke Griekeland af en die storie gaan oor Perseus (Sam Worthington), wie se pa 'n god is en sy ma 'n mens. Hy word by geboorte aangeneem deur 'n visserman en dié maak hom groot as sy eie seun. Die mense raak egter moeg daarvoor om onder die gode te buig en begin in opstand kom. Hulle bid nie meer nie en breek ook die standbeelde af. Op 'n keer dat Hades (Ralph Fiennes) wraak neem, word Perseus se familie doodgemaak en met niks om te verloor nie, gaan hy op 'n quest om Hades te stop, voordat laasgenoemde vir Zeus (Liam Neeson) kan oorwin en alle hel op die dorpie Argos kan loslaat. Clash of the Titans is 'n remake van die 1981 film met dieselfde naam. Dit is egter voor my en jou tyd, so of dit nou beter of slegter is, dit sal ek nou nie weet nie. Wat ek wel weet, is dat dit 'n aksiebelaaide film vol avontuur, monsters en fights is. Alhoewel dit nou nie sal opweeg teen Troy en 300 nie, staan dit tog uit en is dit lekker om vir 'n slag na die Griekse mitologie te kyk, en vir Pegasus, Medusa, die berg Olimpus, en vir Zeus en sy gode-pelle te sien. Sam Worthington (Avatar en Terminator: Salvation) se vertolking van Perseus is goed. Hy gee 'n goeie balans van emosies aan die karakter, maar dit lyk soms tog bietjie oppervlakkig. (Ek dink dit is omdat hy in te veel action movies speel. Hy moet
maar probeer om iewers 'n romantiese komedie in te werk.) Miskien is dit hoe hy die karakter wou speel, want hy het blykbaar insae gehad oor Perseus en hoe hy net wil staatmaak op sy menslikheid om die mensdom te red. Liam Neeson as Zeus en Ralph Fiennes as Hades is nogal 'n interessante kombinasie. Medusa was 'n teleurstelling. Alhoewel dit visueel stunning was met al die slangkoppe, sou dit baie beter gewees het as die hele karakter nie rekenaargebaseerd was nie. Die res van die visuele effekte was baie goed en Pegasus het realisties-verby gelyk. Die film het wel elemente wat 'n mens na die Christelike geloof kan deurtrek, soos Zeus wat die mensdom gemaak het om hulle (die gode) met gebede te eer, en dan Perseus, halfmens-halfgod (onthou Christus = 100% mens én 100% God!), wat as 'n tipe verlosser optree vir die mensdom, maar dit is waar dit stop. Die fliek probeer nie 'n nuwe (of ou) godsdiens wakkermaak nie, maar moet bloot gekyk word vir wat dit is, naamlik entertainment. Verbasend, in 'n fliek vol mites en afgode, is daar geen laster nie. Dit is nogal min dat 'n mens 'n fliek sonder enige laster kry. Clash of the Titans is 'n lekker avontuurfliek met 'n oormaat aksie, avontuur, monsters, en diep en grapperige karakters. Klink dit nou nie na 'n goeie Vrydagaand fliek nie? Of jy dit wil kyk of nie, dit is jou besluit. Ek het daarvan gehou. 7/10
1
2
TURN2GOD is 'n positiewe beweging wat daarna streef om mense te roep om na God te draai. Dit wil mense aanspoor om in 'n lewende verhouding met God te leef. Die beweging wil tweedens Bybelse riglyne uitwys waarvolgens gelowiges moet leef. Dit is ook binne die nuwe lewe in Christus en leiding van die Gees wat mense in 'n opregte verhouding met God kan leef, want sodoende sal elke mens, waar hy homself ook al bevind, staande kan bly. Nog 'n ding wat hierby aansluit, is om in liefde met jou medemens te leef en om ook in hierdie liefde uit te reik na ander. Die ambisie van die projek is dat die wêreld terug moet draai na God, dat ons gesante moet wees, en deur ons getuienis en dade mense moet lei na die lewende water. Die CD is 'n samestelling van die musiek van verskillende kunstenaars wat saamgevoeg is deur die Turn2God beweging om hierdie boodskap, keer terug na God, uit te dra. Kunstenaars sluit in: Retief Burger, Lionel Pietersen, Louis Brittz, KrissTel, Imagine, Cornel Driessen, Soekie Krog & die T2G kids, Neil Buchner, Wian Vos, Mabongi Mabaso, Jean Marais, Hannes van der Walt & Hanli Slabbert. Ek het dit geniet om na die album te luister en beveel dit graag aan vir die liefhebbers van Christelike musiek en ook vir elke gelowige. 8/10
GESEËNDE van God is 'n splinternuwe projek aangepak en gelei deur Wian Vos. Die projek getuig beslis van iemand wat 'n pad saam met die Here stap en iemand wat sy krag en hulp by die Here vind. Hierdie lofprysingsalbum is die manier wat hy die besonderse pad wat die Here met hom gestap het, en verseker steeds stap, met die wêreld deel. Lirieke wat getuig van volkome afhanklikheid en vertroue op die Here, soos: "Die Here is my Lig en my Redder", "God alleen is Koning" en lirieke wat van lof en dankbaarheid getuig soos: "Hier is ek om U te loof, Jesus", "Here van my lewe … my enigste Held". Die album bestaan uit rustige, akoesties gedrewe musiek. Alhoewel ek voel dat daar op musikale vlak sekere tekortkominge deurskyn, is dit steeds wonderlike aanbiddingsmusiek, dertien liedjies van rustige maar tog lewende en opwindende musiek tot eer van God. Vir die liefhebbers van lofprysingsmusiek en veral vir dié wat daarvan hou om uit volle bors saam te sing, sal ek die album graag aanbeveel. 5/10
KRUISPAD | UITGAWE 18
35
ISRAEL het om en by 975 v.C. 'n verdeelde rykdom geraak. Die noordelike deel was as Israel bekend en die suidelike deel as Juda. Saul, Dawid en Salomo het oor die hele Israel regeer voor die koninkryk verdeeld geraak het.
Ussia
2 Konings 24:17-20, 25; 2 Kronieke 36:11-13.
Jojakim
2 Konings 15:32-38, 2 Kronieke 27.
Atalia (Koningin)
2 Konings 26; 2 Kronieke 28.
Amon
2 Konings 18 – 20; 2 Kronieke 29 – 32.
REGS volg 'n lys name van konings wat in Juda regeer het. Organiseer die Konings van Juda (Kolom A) in chronologiese volgorde deur die tekste wat gegee is (Kolom B) by hulle te pas.
Josia
2 Konings 21:1-17; 2 Kronieke 33:1-20.
Josafat
2 Konings 21:18-26; 2 Kronieke 33:20-25.
Rehabeam
2 Konings 22 – 23; 2 Kronieke 34 – 35.
Byvoorbeeld: Rehabeam – 1 Konings 12 – 14; 2 Kronieke 10 – 12.
Sedekia
2 Konings 23:31-34; 2 Kronieke 36:1-4.
Jojagin
2 Konings 23:34-37, 24:1-5; 2 Kronieke 36:4-8.
Die eerste twee korrekte inskrywings ontvang elkeen 'n CUM geskenkpakkie. Stuur jou naam, adres, ouderdom, en korrekte antwoorde voor 31 Maart 2011 per e-pos aan interaksie@ kruispad.net, of stuur dit per faks of slakpos aan die Kruispadkantoor (ons besonderhede is op bladsy 2).
Jotam
1 Konings 12 – 14; 2 Kronieke 10 – 12.
Joas
1 Konings 15:1-8; 2 Kronieke 13.
Joahas
1 Konings 15:8-24; 2 Kronieke 14 – 16.
Hiskia
2 Kronieke 17 – 20.
Manasse
2 Konings 8:16-23.
Asa
2 Kronieke 22.
Agas
2 Kronieke 22:10-12
Amasia
2 Konings 11 – 12; 2 Kronieke 23 – 24.
Joram
2 Konings 14:1-20.
Abia
2 Konings 15:1-7; 2 Kronieke 26.
Ahasia
2 Konings 24:6-15.
DIE Afrikaanse rapper Jack Parow en die zef ravegroep Die Antwoord het onlangs opslae gemaak op die Afrikaanse musiek scene en selfs wêreldwyd. Kruispad het aan ons lesers gaan vra wat hulle dink van hierdie tipe musiek.
ekery ing op stage en sy vlo "Jack Parow se laster s nie sek en s en respek vir meisie is is verskriklik. Hy't ge ark nm ke tei sy ed daaroor. En fs 'n – hy sing baie af go sel k sie mu wie op , studente hoërskoolkinders en n nie Die op ouer mense. Ek ke as t he d loe groter inv e Antwoord nie." Philin
"Ek dink dat die SA ke rk meer gebed nodig as hulle twee, want het hulle is darem opreg oor hul onGoddelikheid. "On a lighter note, mo et dit nie luister nie, dis nie cooler as ekke nie … Ek dink dis onsm aaklike musiek en nie net is dit 'n klap in ons lan d se gesig nie, maar dit is 'n kla p in God se gesig en ons staan net terug en laat dit toe …" Bruwer
a
n
d Ju
gs
va
in
om
om
s Pa
36
KRUISPAD | UITGAWE 18
A
by
B:
n Ko
l ko
)
sie
re
k da
l ko
yn
e
rki
Di
Ste
isp
ru
(K
ad
"Jack Parow het definitief talent, maar tydens sy grootwordjare is daar 'n groot leuen (Jack Parow, jy is niemand) aan hom vertel en vandag probeer hy die leuen op die verkeerde manier verkeerd bewys …" Jaco
el die smaak min voor, sow m kô k ie ba m "Hy ko ntroversie wer ies. Hy weet ko dj en lie al sy ta n e va ns in lirieke die Afrikaa kry en hy doen te ag nd aa om no ade aan." Han beeld lekker sk
"Ek dink hulle is net ple in weg kômmin! Ek kan nie verstaan hoe record companies sulke goed kan publiseer nie! Ook nie hoe party ouers kan toe laat dat hul kinders na sulke gemors luister nie?! Dit laat my wonder wat van van dag se jeug en die wêrel d gaan word …" Monique
"In plein: hulle is regtig kômmin. Tieners moet nie na hierdie soort musiek luister nie. Dit verduister jou siel." Ruan
"Eerlikwaar dink ek dit is kômmin mus iek wat taal gebruik waarmee ek nie saamstem nie … ek hou nie van sulke musiek nie en dink nie ek sal ooit nie … dis my opinie." Co rnita
KRUISPAD | UITGAWE 18
37
So, hoe was die Wwesskamp in die berge 2010? Ek stel dit al vir drie jaar uit om op die kamp te gaan en is baie spyt oor dié waarop ek uitgemis het. Ek het baie geleer en is Geestelik ryker as voor die kamp. Ek het baie lekker saam almal gekuier en het sommer 'n klomp nuwe vriende op die kamp gemaak! Daar is genoeg tyd om baie nuwe dinge te leer en baie vrye tyd om die natuurskoon te bewonder en te waardeer. Ek sal beslis weer volgende jaar daar wees! Flip Fourie Jeugkamp 2010 Leonor van der Schyff, Anrie en Karien van der Linde DIE Jeugkamp 2010 het op 4 April om 06:00 die afgeskop vanaf die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord. Ongeveer 55 skoolkinders en 16 studente het die kamp meegemaak en die meeste is met 'n Big Skybus na die kampterrein vervoer. Die kamp is aangebied deur die Jeugdeputate van klassisse Burgersdorp, Karoo-Kei en Suid-Vrystaat van die Gereformeerde Kerke onder die toesig van die Gereformeerde Kerk Port Elizabeth. Die kamp was bedoel vir alle graad 8-12 leerders, asook naskoolse jeug wat as groepleiers opgetree het, en dit is gehou in Boknes op die Voortrekkerkampterrein. Dertien kinders van die President Kruger kinderhuis op Reddersburg het ook hierdie kamp bygewoon. Die tema van die kamp het gehandel oor verhoudings. Ons het meer geleer van ons verhouding met die Here, mekaar en die Skepping. Bybelstudie, gelei deur ds. Kobus Botha, temagesprekke gelei deur ds. Hendrik Stolz en Stiltetyd op die strand gelei deur ds. Theuns Potgieter het baie vir elkeen van ons beteken.
Elke groep het 'n teksvers uit die Bybel gekry om visueel uit te beeld. Verder het ons tyd op die strand spandeer, en onder andere die Volkswagen Fabriek in Uitenhage en die Addo Olifantpark besoek. Die kosspan het hulleself oortref met onder andere lekker braaivleis en potjiekos. Baie dankie aan die ooms uit die Karoo wat skapies geskenk het sodat ons lekker kon eet! Die kamp het op 'n hoë noot en tot groot vermaak van almal met 'n kampkonsert afgesluit. Dit was 'n awesome kamp waarin ons nuwe verhoudings kon bou en ou verhoudings weer kon versterk met mekaar en met ons Skepper. Ons kan nie wag vir die volgende kamp nie en hoop dat ons volgende keer met nog 'n groter groep sal gaan kamp.
Asemrowend verby! Dis al hoe mens 'n langnaweek tussen ou (en nuwe) vriende, lekker kos, kuier en die Drakensberge kan beskryf. Die kamptema en die Bybelstudies wat ons gedoen het deur die naweek was die kersie op die koek gewees. Elkeen van ons het waarlik ervaar hoe gelukkig ons is dat Jesus ons perfek maak voor God. Wwesskamp 2010 was definitief een van die hoogtepunte van die jaar! Philip Hattingh Wwesskamp was vir my 'n wonderlike geleentheid om bietjie weg te breek. Dit was amazing om God se pragtige skepping te beleef in die teenwoordigheid van 'n hele groep jongmens gelowiges. Die temas wat gegaan het oor die ware basics van Christenskap en Gereformeerd wees, was baie verrykend en ek het besef mens is nooit te oud om iets nuuts daaruit te leer nie. Die hoogtepunt was vir my dat die aande – sonder dat dit gereël is – afgesluit is met lofprysing vir ons Skepper. Willem van der Meer Ek en 'n vriendin het die advertensie vir die kamp in Kruispad gesien en op die ingewing van die oomblik besluit om te gaan. Die rit daarheen was baie langer as wat ons verwag het en ons het dadelik omgekap toe ons daar aangekom het. Groot was ons verrassing toe ons ontwaak in een van die mooiste plekke in Suid-Afrika. Teen die hang van 'n groen vallei in die Drakensberge. Die oggend het ons sommer vinnig nuwe vriende gemaak en een of twee oues herontdek. Die stiltetyd en toerustingsgeleenthede was baie interessant en ons het die vyf Sola's van die Reformasie weer in diepte bekyk. Die res van die naweek was net rustige pret met 'n roofvoël vertoning, piekniek en kuier om die vuur. Ons het lekker gedans (mag ek dit oorvertel?? hehe), sterre gekyk en strooi gepraat. Dit was all in all 'n baie vervullende en suksesvolle naweek en ek sal dit beslis volgende jaar weer doen as ek kan. Maryke van den Berg Dit was 'n VER pad, amper 800 kilo's maar definitief die moeite werd! Dit was regtig GREAT! Ek het dit baie geniet! Wat baie nice was, was die geestelike program en steeds het ons baie af tyd gehad om die natuur te bewonder en geniet. Dit was so 'n lekker gebalanseerde program met persoonlike stiltetyd, groepsbesprekings en fun! Die speletjiesaand was baie lekker (en natuurlik die handjietennis met al die sterk persoonlikhede en kompeterendheid wat sterk deurgekom het)! Die boodskap en sleutelgedagtes is met soveel
38
KRUISPAD | UITGAWE 18
passie oorgedra dat dit my regtig geboei het en dit was lekker om die passie vir God te sien heers! Dit was nie iets wat bespreek was nie, maar ek het na die tyd net weer tot die besef gekom: maak nie saak van watter denominasie jy kom nie, ons almal deel die fondament wat met 'n goue draad regdeur loop, en dit is God, en dat ons moet verdiep in 'n persoonlike verhouding met Hom! Ons het nuwe vriende gemaak met wie ons nou kontak het en dit was beslis 'n baie memorable ervaring en 'n super spesiale verjaarsdag! Baie dankie weer vir al die reëlings en die kos was AWESOME! Lené Rossouw Toe ek gehoor het van die kamp in die Drakensberge het ek gedink, YAY – lekker Drakensberge, maar hierdie was meer as net 'n lekker kamp. Ons het wonderlike mense ontmoet en nuwe vriendskappe gesluit. Die groep-bybelstudie sessies was challenging, maar interessant en dit het my weer op 'n dieper vlak oor dinge laat dink. Ek was veral mal oor die persoonlike stiltetyd elke oggend met die pragtige berg en natuurskoon om jou. Mens het net weer soveel nader aan jou Skepper gevoel en besef hoe wonderlik almagtig Hy is. Die saamsing in die aande met die kitare was ook heerlik om nie eens van die sokkie die Saterdagaand te praat nie. Die kosma het haar ook uitstekend van haar taak gekwyt – die kos was heerlik en baie beter as wat ek al op die meeste kampe gekry het. As ek enigsins kan, sal ek verseker weer die kamp bywoon. Dit was great ervaring! Annelize Jordaan Ek is nie iemand met baie woorde nie, maar die kamp was amazing en cater vir almal, die tema was vanpas en goed uiteengesit. Dis altyd lekker om 'n jong klomp Doppers te sien en te ontmoet – dis iets wat nie elke dag gebeur nie. 'n Mens kon deur die naweek God se teenwoordigheid aanvoel en net weer 'n bietjie mens raak weg van ons gejaagde lewens. Dis 'n kamp wat ek beslis weer mee sal maak en hopelik nog mense sal saamsleep. Johan Hand So, kom jy volgende jaar saam kamp (29 April – 2 Mei 2011)?
KRUISPAD | UITGAWE 18
39
40