Witzenberg Herald - Vol 23 Issue 12 - 3 April 2020

Page 1

Volume 23 no. 12

Friday, April 3, 2020

CORONAVIRU S LOCKDOWN

ONLINE

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 2 April

Die Witzenberg Herald sal vanaf 3 - 17 April slegs digitaal beskikbaar wees.

Vrydag 3 April

17° 34°

15° 32°

Saterdag 4 April

12° 31°

Fax: (023) 316-2023

Editor: 082-468-2649

PROFESSIONAL CCTV AND ALARM SYSTEMS IN WITZENBERG

9° 22°

Ceres Koekedouw dam

54.6%

Lesing: 2020/04/01

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar Telephone: (023) 316-2021

Sondag 5 April

nuus@witzenbergherald.com

087 095 361 7 WWW.JPTEK.CO.ZA INFO@JPTEK.CO.ZA www.witzenbergherald.com

Dit help niks as almal in dor p is! • Nuwe vervoermaatreëls aangekondig • S.A. infeksies nou 1380 - 5 sterftes

DIT help absoluut niks as almal in die dorp is! Die foto is Dinsdagoggend geneem en dit lyk bloot of daar normaal sake op die dorp gedoen word. Die dorp is die week ook meer bedrywig aangesien SASSA uitbetalings gedoen word tot Vrydag. Dit is egter slegs besighede wat noodsaaklikhede verkoop, apteke en supermarkte wat mag oop wees en landbouverwante ondernemings en plase wat sake mag doen. Die polisie het die week bevestig dat hulle in die komende dae strenger gaan optree teen mense in die dorp. Daar is reeds 19 mense aangekla wat die noodregulasies oortree het. Die Wes-Kaap totaal is tans meer as 600. Daar is vroeër in die week ook op tavernes en smokkelhuise toegeslaan wat die geen-alkohol verbod oortree. Shoprite Ceres se bestuurder, Lionel Warner (47), is Vrydag 27 Maart aangekla omrede hy en/of sy personeel nie genoegsame beheer toegepas het nie en nie gesorg het dat daar slegs 50 mense op ‘n keer in die winkel mag wees. Hy moet op 22 Junie in die Ceres landdroshof verskyn.

Sewe vasgetrek vir winkelroof DIE Wolseley SAPD het verlede week ‘n groot slag geslaan toe sewe verdagtes wat verbind word met ‘n besigheidsroof op die dorp, vasgetrek is. Informele winkels veral in die Pinevalley woonbuurt, was die afgelope weke die teikens van verskeie rooftogte waarin duisende rande beroof is. Verlede Woensdag 25 Maart het drie gewapende mans kort na 10:30 op ‘n winkel toegeslaan en R5 000 kontant asook sigarette, selfone ter waarde van meer as R12 000 geroof. Hulle het te voet gevlug. Op Donderdag 26 Maart het vyf mans weer ‘n winkel in die

woonbuurt beroof en twee skote is in die winkel afgevuur. Die mans het met R4 000 asook sigarette en drie selfone gevlug. Speurders het inligting opgevolg en ‘n beskrywing van hul motor gekry. Die motor is later op Engen De Doorns se sekuriteitskameras opgetel wat polisielede later na die Stofland informele woonbuurt daar naby gelei het. Lede van die honde-eenheid, De Doorns misdaadvoorkoming en Wolseley SAPD het sewe mans tussen 30 en 36 in hegtenis geneem. Die mans sal na die nasionale inperking, in die Wolseley landdroshof verskyn op aanklagte van besigheidsroof. Die polisie se ondersoek sal ook fokus daarop of dié roof met ander in die dorp, verbind kan word.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Witzenberg Herald - Vol 23 Issue 12 - 3 April 2020 by Witzenberg Herald - Issuu