CBI Jaarverslag 2020

Page 1

CBI HERSTRUKTUREER Ons beleef buitengewone omstandighede a.g.v. COVID 19. Groot aanpassings is op verskeie terreine gemaak. CBI Bestuur het ook weer nuut gedink om fokus op die regte plekke te plaas. Na vele gesprekke en baie onderhandelinge is CBI FUND NPC as Art. 18A maatskappy, met ‘n eie MOI (Memorandum of Incorporation) gestig. CBI (Operasioneel) en CBI (Fund NPC) is twee afsonderlike organisasies elk met eie Bestuur, maar is nog steeds interafhanklik van mekaar. Die onderstaande tabel is ter verduideliking:

CBI - OPERASIONEEL

Skep groeigeleenthede vir die Ekonomie van Ceres

ENTREPRENEURSPROJEKTE (Koördineerder: Hannes van Schalkwyk) Daar is vanaf 2016 tot 2020 vyf en twintig Entrepreneurs suksesvol in Witzenberg gevestig. Uitgawes aangegaan vir hulp aan Entrepreneurs oor hierdie 5 jaar periode beloop R457 692

CBI - FUND NPC ART. 18A

• Skoonvelde: Verwydering van indringerplante.

• Munisipaliteit: Aanspreek van aktuele sake, jaarlikse MOU gesprekke, hoofstraat, ingange en dienste.

• Food4Witzenberg: Voedselhulp vir werkloses.

(Koördineerder: Theo van Rooi) CBI in samewerking met Olam en 5 Donateurs omliggend van St. Marks Primêr Skool in Prince Alfred Hamlet begin Februarie 2021 met ‘n 3 jaar projek om hulp te verleen aan die skool met die doel om ‘n ekstra leerkrag aan te stel. Befondsing reeds ontvang beloop R43 120.

HERWINNINGSPROJEK

Maak Witzenberg ‘n meer volhoubare omgewing in samewerking met verskeie rolspelers en donateurs.

• Ledesake: Werwing van nuwe lede, deurlopende kommunikasie om relevate inligting deur te gee.

SKOOLPROJEKTE LEERKRAG 2021 - 2023

(Koördineerder: Anton Reinecke) Skenking van ‘n volledige stelsel, geborg deur CFP, maak dit moontlik om herwinningsprojekte by van ons skole in werking te stel. Die nodige opleiding word verskaf om dit met sukses en volhoubaar te bedryf. Renaldo Prins t/a RJC Conservation Services Pty Ltd

• Toerisme: Ontwikkeling in samewerking • Entrepreneursprojekte: Help beginnermet toerismekantoor. en klein besighede om ‘n volhoubare bestaan te maak. • Landbousake: Spreekbuis.

• Skoolprojekte: Ondersteuning met verskeie aksies.

• Diensorganisasies: Skole, polisie en ander.

St Marks Skool ontvang hulle stelsel

• Michellspasprojek: Skep volhoubare skoon omgewing.

CBI FUND NPC (ART. 18A MPY) DIREKSIE EN BESTUUR Heinie Joubert (Voorsitter), Anton Reinecke, Herman Fourie, Naas van der Merwe, Johannes Engelbrecht, Theo van Rooi, Hannes van Schalkwyk, Christelle Zulch.

CBI FUND NPC AKTIWITEITE SKOONVELDPROJEK

Ernstige aandag word ook nou daar aan indringerplante soos Sesbania en Selonsroos (Koördineerder: Anton Reinecke) gegee. Gereelde instandhouding en opvolg In 2020 is 269ha in Michellspas en agter aksies word met beskikbare fondse gedoen. Koekedouw dam gevee. Hierdie is meestal areas wat in 2019 deur Table Mountain • Die 2021 beplanning is om 900ha Fondse ‘n eerste skoonmaak gekry het en te vee en instand te hou. nou in stand gehou moet word. • Om ‘n inpak te maak is ongeveer R250 000 - R350 000 per jaar nodig. In Michellspas was digte infestasies wat ‘n swaar saadbed geskep het en wat intense • Oor die afgelope jaar is R174 100 gespandeer. aandag verg.

Pieter Swarts t/a War against Waste Pty Ltd

Een van 4 stasies wat by Mooi Uitsig Primêr en by Nduli Sekondêr geïnstalleer is.

MICHELLSPASPROJEK (Koördineerder: Jannie Conradie) CBI in samewerking met Provinsie, Munisipaliteit en betrokke kontrakteurs het dit sy taak gemaak om rommelstrooiing in die pas te bekamp. Hierdie is ‘n verdere uitrol van entrepreneurs verantwoordelikheid om Michellspas se piekniekplekke skoon en netjies te hou. Hierdie is ‘n ongelooflike bate en vertoonvenster vir Ceres en moet in ‘n goeie toestand gehou word.

Ceres Michellspas 1ste uitkykpunt

FOOD4WITZENBERG

VOEDSELNOODPROJEK MAART - JULIE 2020

SLOTWOORD

(Koördineerder: Christelle Zulch)

Kospakkies is verpak en in 6 streke van Witzenberg deur die Munisipaliteit met hulp van die Verkeersdepartement, CBI Bestuur en vele vrywilligers uitgedeel.

Die jare 2020 en 2021 sal verseker opgeteken word as waterskeidings jare, maar ook jare waarin ons opnuut waardering kry vir die alledaagse dinge. Ons as Witzenbergers en Ceresiete kan dankbaar wees om in ’n omgewing Naas van der Merwe te woon en werk CBI Voorsitter waarop ons kan trots wees. Groot dank moet gaan aan verskeie rolspelers soos die munisipaliteit, diensorganisasies, skole, kerke, besighede en elkeen wat sy/haar bydrae gemaak het tot ‘n beter omgewing. Ons sal weer die kans kry om mekaar ordentlik te groet, lekker saam te kuier, mooi plekke te besoek en veilig te voel, maar vir nou is dit tyd om vas te byt, doelgerig op te tree en slim te werk te gaan. “TOUGH TIMES CREATE STRONG MEN, STRONG MEN CREATE EASY TIMES” MAG GOD ONS SEËN IN WITZENBERG.

Visie: Om ‘n volhoubare nie-winsgewende struktuur in die hele Witzenberg omgewing te skep met die doel om voedselnood te verlig. Opsomming van projek is as volg: Sopkombuise • 6 Areas is reeds gevestig • KBV, P.A.Hamlet, Nduli, Ceres, Wolseley, Bella Vista en Tulbagh • Maaltye word 2 x per week voorsien • 2 320 Liter sop is versprei @ 3 porsies p/liter = 11 784 etes • Uitgawes vir 2020 (September tot Desember) = R78 958 • Begroting vir 2021 teen R25 000 p/m = R300 000 • Ons beplan om die fondse per area te bekom Baie dankie aan elke area koördineerder vir hulle samewerking en harde werk. Groot dank gaan ook aan alle donateurs vir vars groentes, donasies en beskikbaar stel van fasiliteite.

BAIE DANKIE

• 5200 Kruideniersware pakkies @ R125 ..............R 650 000 • 6820 Groente & vrugte pakkies @ R50 ............... R 341 000 • Vrugte Sap @ waarde van ................................... R 75 000 TOTAAL. .............................................................R 1 066 000 Fondse / produkte ontvang • Witzenberg Munisipaliteit .....................................R 200 000 • John Smit Foundation ..........................................R 287 000 • CBI Bydrae ..........................................................R 53 000 • Skenkings uit gemeenskap ................................. R 110 000 • Gratis vrugte en groente (by benadering) .............R 341 000 • Sap skenkings (by benadering) ............................ R 75 000 TOTAAL. .............................................................R 1 066 000

Al die CBI FUND NPC PROJEKTE word moontlik gemaak deur ruim skenkings van Donateurs en Beleggers. Of dit ‘n direkte bydrae vir spesifieke projek is, of indirek deur u lidmaatskap, sê ons: BAIE BAIE DANKIE!!!!! Ons verseker u hierdie fondse word goed aangewend en bring baie ekstra myle na Witzenberg. Enige bydraes om ons Fonds te versterk sal hoog op prys gestel word: Rekening naam: CBI Fund NPC, Bank: Nedbank, Ceres, Rekeningnr: 1194354025, Takkode: 198765


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.