Witzenberg Herald Vol.24 no.12 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 12

R7.50

Friday, April 2, 2021

Since 1997

49 Lyell Street 023 312 3578 • SERVICES TRADING HOURS Monday - Friday • PARTS 09:00 - 17:00 • ACCESSORIES Saturday • CLOTHING 08:00 - 13:00

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 1 April

Vrydag 2 April

13° 23°

11° 22°

Saterdag 3 April

Sondag 4 April

12° 27°

16° 27°

Ceres Koekedouw dam

72,4%

Lesing: 2021/03/31

Telephone: (023) 316-2021/3

Fax: 086-211-5774

Vrou (51) sterf tydens inbraak

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za



WH Her ald

49 Lyell Street 023 312 3578

Witzenberg

Volume 24 no. 12

R7.50

Friday, April 2, 2021

• SERVICES TRADING HOURS Monday - Friday • PARTS 09:00 - 17:00 • ACCESSORIES Saturday • CLOTHING 08:00 - 13:00

Since 1997

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 1 April

Vrydag 2 April

11° 22°

13° 23°

Saterdag 3 April

Sondag 4 April

12° 27°

16° 27°

Ceres Koekedouw dam

72,4%

Lesing: 2021/03/31

Telephone: (023) 316-2021/3

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Vrou sterf tydens inbraak PROVINSIALE speurders werk die afgelope paar dae nou saam met speurders op Wolseley. Hulle ondersoek sedert die naweek die moord op ‘n vrou wat in ’n oënskynlike huisrooftog in die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat vermoor is. Reneé Jain (51) van Kaapstad was Vrydagaand alleen by hul vakansiehuis tussen Wolseley en Bainskloof. Daar is 14 huise in die privaat natuurreservaat teen die berg wat nagenoeg 7 kilometer van die naaste teerpad af geleë is. Volgens die polisie se voorlopige ondersoek is Reneé Jain vermoedelik Vrydagaand na 23:00 dood nadat drie inbrekers haar in die huis oorval het. Die polisie was onbewus van die moord en is eers na ‘n huisbraaktoneel in dieselfde privaat natuurreservaat ontbied nadat ‘n Nederlandse egpaar oorval en beroof is. Hulle het die paniek-knoppie gedruk en die polisie geskakel. Die bestuurder/opsigter van die reservaat het egter bekommerd geraak en probeer om mev. Jain (bure van die Nederlanders) op haar selfoon in die hande te kry. Hy kon geen antwoord kry nie en is later saam met polisie na haar huis. Met die polisie se aankoms by die huis was die voordeur toe maar nie gesluit nie. Hulle het bloed op die vloer opgemerk nadat hulle die deur oopgemaak het. Bloedspatsels het hulle na Reneé se lewelose liggaam gelei wat met ‘n elektriese koord aan ‘n bed se voetstuk vasgemaak was. ‘n Nadoodse ondersoek word nou gedoen om die oorsaak van haar dood te bepaal. Diens om haar lewe te vier ‘n Gedenkdiens om haar lewe te vier is Woensdag 31 Maart om 11:00 in Kaapstad gehou.

2L Refreshh ass. cooldrink

Reneé was die dogter van Cathy Bruyns en wyle André (Bakkies) Rossouw. Hy was ’n redakteur van Sarie en ’n assistentredakteur van Huisgenoot. Sy word oorleef deur haar man, Raj, en haar ma Cathy. Tweede roof Die drie verdagtes is omstreeks 23:45 na ‘n nabygeleë huis van ‘n Nederlandse egpaar in hul sewentigs waar hulle ‘n houtbeeld deur die slaapkamervenster gegooi het. Gemaskerde Afrikaans-sprekende mans het die egpaar se slaapkamer binnegekom

en geld en goud geëis en gevra waar hulle kluis is. Hulle het die 75-jarige man gedwing om saam na die motorhuis te gaan met die 71jarige vrou wat in die slaapkamer agtergebly het. Hy moes die motorhuisdeur vir hulle oopmaak en sy Nissan X-trail se sleutels aan hulle oorhandig. Die verdagtes is weer terug na die slaapkamer waar hulle die egpaar se hande en voete vasgebind en lappe in hul monde gedruk het voordat hulle in die badkamer toegesluit

is. Hulle het later in die Nissan gevlug met tabletrekenaars, selfone en horlosies. ‘n Ruk daarna het die egpaar hulself losgewikkel en deur die badkamervenster ontsnap. Hulle het die paniekknoppie gedruk en die Wolseley polisie geskakel. Die voertuig is later verlate in Van der Stelstraat gevind. Die egpaar kuier gedurende die somermaande hier en sal later in April terugkeer na Nederland.

DIE twee huise (foto regs) waar die moord en die roof en diefstal op die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat plaasgevind het. Die agterste huis is waar Reneé Jain vermoor is en die voorste huis (wit huis) is waar die Nederlandse-egpaar woon.

8 99

VARS WESKUS SNOEK SNOEK SHORTAGE EXPECTED. LIMITED STOCK.

STOKVIS

☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstraat 91 Snowflake Cake Wheat 50 Flour 2,5kg

23

Fillets (p/kg) .................... R 89 99 Heel/ringe (p/kg) ............. R 75 99 5kg box ............................ R 430 00

2L d'lite Olie 99

39

GEELSTERT

Baby Soft Mini Toilet rolls 4's 99

17

Simba ass. 125g

13 99

Heel (p/kg) ...................... R 65 99 Stukkies (p/kg) ................ R 72 99 Fillets (p/kg) .................... R 85 99 Pryse geldig tot 18 April 2021

Pryse geldig tot 18 April 2021 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.


2

WITZENBERG HERALD

Inwoners, besighede moet by die reëls hou DIE Witzenberg munisipaliteit het die afgelope maande baie probleme ondervind met vullis en tuinvullis wat op die grond langs houers gegooi word asook besighede wat vullis op sypaadjies uitsit. Nog ‘n probleem is inwoners wat in Bella Vista die houers met vullis aan die brand steek. Volgens die tegniese-afdeling word erge probleme ondervind met vullis en tuinvullis wat op munisipale oop ruimtes en sypaadjies gestort word. Dit vertoon onooglik en kan ook gevaar inhou vir menslike gesondheid. “Dit is vir die munisipaliteit belangrik dat sy inwoners in ‘n skoon en gesonde omgewing woon. Die gemeenskap se hulp word gevra om dié probleme reg te stel. Die munisipaliteit doen ‘n beroep op al die inwoners van alle woongebiede binne die munisipaliteit om saam te werk en behulpsaam te wees om vullis op ‘n behoorlike manier te verwyder”. Al wat van inwoners verwag word is om alle vullis in swart sakke en tuinvullis in groen sakke te plaas en die sakke op die dag van verwydering, op die sypaadjie voor hul woning te plaas. Die groen of geel houers op sypaadjies moet slegs gebruik word vir die wegdoen van tuinvullis en boomtakke. Geen huishoudelike vullis of tuinvullis mag op openbare areas gestort word waar daar geen houers is nie. Vir navrae skakel Mario Februarie by (023) 316-8540. Vullissakke op sypaadjies Besighede wat Vrydagmiddae, Saterdae, Sondae en na-ure op weeksdae vullis op sypaadjies uitsit, is ook ‘n groot probleem vir die munisipaliteit. Leë bokse en vullissakke staan sypaadjies vol in Voortrekker-, Vos, Munnik- en Oranjestraat en belemmer voetgangers op sypaadjies. Dit is ‘n oortreding van die munisipale bywette no.18 van 2004. Geen besigheid gaan verder toegelaat word om vullis na 10:00 op sypaadjies te sit en geensins oor naweke nie.

Friday, April 2, 2021

Sentrum geopen

DIE Conrad Sidego sentrum is Maandag 29 Maart amptelik deur die Wes-Kaap minister van kultuursake en sport, Anroux Marais, op Tulbagh geopen. Hier is mev. Sidego saam met die Witzenberg burgemeester, rdl. Barnito Klaasen, afgeneem.

nuusbrokkies BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. CERES netbalklub wil graag hul 2021 seisoen afskop. Belangstellendes met navrae kan Beverley by 083-4021246 of Sandra by 071-884-0073 skakel.

2021 Easter Message

DIE Conrad Sidego sentrum is Maandag 29 Maart amptelik deur die Wes-Kaap minister van kultuursake en sport, Anroux Marais, op Tulbagh geopen. Die geleentheid in Kerkstraat is ondermeer deur mnr. Sidego se weduwee, Amy Sidego, die burgemeester, rdl. Klaasen, rdl. Elizabeth Sidego (sy jongste suster) en Nick van Huysteen (voorsitter van Oude Kerk Volksmuseum se trusteeraad) bygewoon. Nuwe sentrum Die sentrum is na Conrad Sidego, ‘n boorling van Tulbagh, vernoem om sy lewe en nalatenskap te vier. Hy het op Drostdy grootgeword en sy laerskooldae op Tulbagh voltooi en na skool ‘n onderwyser geword. Hy het oor die jare as personeellid van Naspers en Anglo American, as ambassadeur in Denemarke en burgemeester van Stellenbosch, ‘n groot rol gespeel. Conrad Sidego is in April 2020 oorlede. Hy het hom altyd beywer vir ontwikkelingsprojekte op Tulbagh. In 2019 was hy nou betrokke by dié projek en het hy gehelp om befondsing te kry vir die Oude Kerk Volksmuseum se aardbewing-herdenkingsboek. Die bestuur het onderneem om alle opbrengste uit die verkoop van die boek, vir ‘n ontwikkelingsprojek aan te wend. Die sentrum is gevestig by die Oude Kerk Volksmuseum waar skoolkinders toegang kan kry tot die internet, onderrig kan ontvang in rekenaargeletterdheid en rekenaartoerusting kan gebruik.

HET jy goeie storieboeke (Engels en Afrikaans) maar wonder wat om daarmee te maak? Die Togryers museum wil graag ‘n langtermyn boekuitruil-biblioteek begin en benodig skenkings van goeie kwaliteit boeke. Indien jy kan help skakel die museum by 076-689-2885 of (023) 312-2045. ‘n BANG tandartsbesoeker van Ceres wil graag vir dr. Gerrit van Niekerk erkenning gee vir die gerusstelende manier waarop hy hom onlangs behandel het. Baie dankie vir die goeie en professionele diens. KAREL Nel, ‘n afgetrede plaaswerker van die plaas Vredelust in die Koue Bokkeveld, het Saterdag 27 Maart sy debuut roman ‘Die vaal ver pad’, bekendgestel. Karel is ‘n boorling van die Koue Bokkeveld en het 50 jaar as plaaswerker gewerk. Na sy aftrede wou hy nie agteroor sit nie en het begin om sy jarelange droom uit te leef. Stories was nog altyd deel van sy lewe en om ‘n boek te skryf was sy droom. Die droom is onlangs bewaarheid met die hulp van PENdit en NS Skywershuis. Bets Koen en Nico Schamrel (skrywers in eie reg), het sy talent raakgesien en het geen gras onder hul voete laat groei om die eerste eksemplare van die boek die lig te laat sien nie. Volgens Bets kry hulle daagliks honderde aansoeke van voornemende skrywers. * Eksemplare van die boek is beskikbaar by Christa 073-570-3510. Hier is Bets Koen van PENdit en NS Skrywershuis saam met Karel afgeneem tydens die naweek se bekendstelling.

Speaker Theodore Godden, Executive Mayor Barnito Klaasen and Executive Deputy Mayor Karriem Adams Witzenberg Munisipaliteit wens sy inwoners ‘n geseënde Paasfees toe. Mag hierdie tyd ons band met ons Heilige Vader hernu en ons geloof in Sy wysheid en groot genade versterk. Witzenberg Municipality wishes our residents a blessed Easter. May this Holy season renew your bond with our Heavenly Father and strengthen your faith in His wisdom and mercy. Umasipala waseWitzenberg unqwenela abahlali iPasika enamathamsangqa. Yanga eli xesha lingcwele lingavuselela ubudlelwane bakho noBawo wethu wasezulwini kwaye lomeleze ukholo lwakho kubulumko nenceba yakhe.

VRIENDE van die Togryers museum het Saterdag 27 Maart ‘n uitstappie na Winterberg Inn (vroeër deel van Wolwekloof) onderneem. Jan Mostert, wat in 1765 die Mostershoekpas gebou het, was van die eerste Europese bewoners op die grond. Wolwekloof is die eerste keer formeel opgemeet in 1849. Die tweede opmeting was in 1871 waarop die naam Wolwekloof vir die eerste keer aangetoon is. Die volledige historiese agtergrond oor die omgewing en die Witbrug sal eersdaags geplaas word.


WITZENBERG HERALD

3

Friday, April 2, 2021

Niemand beseer nie DIT is net ‘n wonderwerk dat niemand in dié ongeluk ernstig beseer is nie. Die bestuurder van die vragmotor met aartappels agterop, het in ‘n draai in Gydopas beheer verloor en teen ‘n sperreling omgeslaan. Die ongeluk was teen druktyd nog nie by P.A. Hamlet polisie aangemeld nie en meer inligting was ook nie beskikbaar nie.

Man wat koperkabels steel in hospitaal TWEE mans wat kragkabels gesteel het, sal eersdaags aangekla word. Die polisie op Ceres ondersoek ‘n diefstalsaak op 17 Maart waar twee mans tydens beurtkrag besig was om koperkabels te steel. Die krag het na beurtkrag aangekom en een van die diewe het erge brandwonde opgedoen. Hy word tans in die Ceres provinsiale hospitaal behandel. Hy sal aangekla word sodra sy toestand verbeter. ‘n Tweede verdagte is ook gearresteer. Die voorval het omstreeks 18:45 by ‘n substasie naby Belmont Park op Ceres plaasgevind. Polisie ondersoek moord ‘n Man (29) is die naweek op Wolseley vermoor. Volgens die polisie het die voorval Sondag 28 Maart omstreeks 03:10 plaasgevind. ‘n Motoris het polisielede in Eeufeesstraat voorgekeer. Op die agterste sitplek het ‘n man met ‘n borswond gelê. Die slagoffer, Magasante Letswala (29), is egter dood kort nadat mediese personeel ontbied is.

THE Cape Winelands District Municipality’s (CWDM) Community Development and Planning Services annually identify elderly centers across the district and supply them with adult diapers. The CWDM partners with the Departments of Social Development and Health to help identify suitable centers. These include centers for the elderly, schools, ECD’s and other organisations who look after the severely disabled. In this financial year, 19 institutions received donations, which totaled 1 333 packs of adult diapers. The CWDM recognizes the value and knowledge that the elderly has to offer and respect the difficulties that those with disabilities experience. “We host this project to help ensure that they are taken care of with dignity”. FLTR: Myrtle Benjamin (Project Manager: CWDM), Andeline Coetzee (Vrolike Vinkies), Louis Martin (Huis Pieter Strauss), cllr. John Schuurman (Witzenberg Municipality), cllr. Palesa Romakhabi (CWDM), cllr. Dirk Swart (Deputy Mayor, CWDM) and Ria Prins (Huis Maudie Kriel).

Aanrandingsaak kom weer Meimaand voor ‘n BEJAARDE vrou is verlede Donderdag 25 Maart beseer nadat haar Opel motor teen ‘n International vragmotor in Michellspas gebots het. Sy is met ondermeer bors- en kopbeserings na Ceres Netcare hospitaal geneem. Die ongeluk was teen druktyd nog nie by Ceres polisie aangemeld nie en meer inligting was ook nie beskikbaar nie.

DIE aanrandingsaak teen ‘n inwoner van Wolseley kom weer Meimaand voor. Die saak teen Morné Nel (29) is na 6 Mei uitgestel vir pleit en verhoor. Sy borg van R1000 is verleng. Hy moet ook aan streng borgvoorwaardes voldoen. Nel is einde Augustus 2020 deur speurders van Tul-

bagh in hegtenis geneem weens die aanranding van Bradley (Brado) de Bruin (26). Voorval Nel se hofverskyning spruit uit ‘n aanrandingsvoorval wat op Saterdag 22 Augustus omstreeks 23:30 op die Kluitjieskraalpad plaasgevind het.


4

Goeie vordering word gemaak met versterking van gesondheidstelsel GOEIE vordering word gemaak om gesondheidswerkers wie van die grootste risiko het om ernstig siek te word of te sterf weens COVID-19, te ent teen die virus. Gesondheidswerkers van die Kaapse Wynland meld sedert 4 en 8 Maart vir die entstof aan by Worcester en Paarl hospitaal. Teen 24 Maart is 71% van die gesondheidswerkers in die Breedevallei, 74% van die van Drakenstein en 60% van die Langeberg-, Stellenbosch- en Witzenbergomgewing geïmmuniseer. Die uitrol van die entstowwe aan personeel val saam met die herdenking van die eerste Wes-Kaapse persone wie positief getoets het vir COVID-19 in Maart 2020. Hoewel Wolseley kliniek se sr. Petro Prins ook bly was daaroor dat sy die entstof kon neem, was sy baie angstig. As iemand met diabetes is sy bewus daarvan dat sy ernstig siek sou kon word indien sy COVID19 kry. “Ek is oor die algemeen baie bang vir naalde,” sê sy. Haar kollegas het haar siel uitgetrek toe dit haar beurt was. “Ek het heeltyd daaraan gedink dat ek lank gelede ‘n ernstige reaksie gehad het op ‘n griep entstof, maar weet jy, ek het geen newe-effekte gevoel nie. Ek weet nie eers ek is gespuit nie. Nie eers die plekkie op my arm is seer nie, terwyl ander kollegas sê hulle het bv. kopseer gehad,” sê sy van haar ervaring met die COVID-19-entstof. Prins sê as sy terugdink oor die jaar, is sy trots op hoe die kliniek bestuur is ten spyte van baie veranderinge en onsekerhede. Net twee gesondheidswerkers in die Kaapse Wynland het tans COVID-19. Die Departement bedank almal wat getrou maatreëls gehoorsaam sodat COVID-19 se derde vlaag verhoed kan word. Tweede en derde fase In fase 2 en 3 van die entstofprogram sal die breë gemeenskap die keuse hê om geënt te word teen COVID-19. Handri Liebenberg, een van die sleutelpersone wie die uitrol van die entstof aan gesondheidswerkers in hierdie omgewing koördineer, sê fase 1 is ‘n goeie geleentheid om te bepaal wat die effektiefste manier sal wees om die entstof aan die publiek beskikbaar te stel in die komende fases. “Die personeel is die hartklop van die gesondheidsdiens. Ons leer waardevolle lesse in hierdie fase oor hoe ons verskillende sagtewarestelsels moet versoen, saam met navorsers werk, administratiewe personeel inspan en kliniese personeel bemagtig. Dit is ’n intensiewe proses met baie wat gebeur agter die skerms, maar dit is nodig en belangrik, sodat ons slaggereed is vir die volgende fases".

Daar is die week net 11 aktiewe gevalle in die Witzenbergstreek. Teen Maandag 29 Maart was daar al 4988 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 4754 volkome herstel het. Uit die syfers het Ceres die meeste positiewe gevalle aangemeld (1003) gevolg deur Bella Vista met 864, P.A. Hamlet met 697, Wolseley met 571, Tulbagh met 515 en Nduli met 428. Twee honderd drie en twintig (223) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes sover was 45 gevolg deur Wolseley met 33, Bella Vista met 32, P.A. Hamlet met 27 en Tulbagh met 23. Geen sterftes is die afgelope week aangemeld nie. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 11 434 (tot 29 Maart) met 279 260 positiewe gevalle en 265 683 wat al herstel het. Daar is al 38 699 mense in die Wes-Kaap ingeënt teen CV-19. Dit verteenwoordig nagenoeg 7000 per week. Entstof-feite ‘n Entstof help jou immuunsisteem om ‘n infeksie te beveg indien jy geïnfekteer word. Wanneer jy geënt word teen COVID-19 sal jou risiko om ernstig siek te word of van COVID-19 te sterf, verlaag. Die entstof sal ook keer dat COVID-19 vinnig in gemeenskappe versprei.

NOTICE IN PURSUANCE OF ORDER OF COURT IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA WESTERN CAPE DIVISION, CAPE TOWN Case No.: 11141/2020 (High Court) In the matter between: MAWETHU HEADMAN MNGOMA First Applicant NOMSA MARRY KAKULI Second Applicant THANDI MASIKO Third Applicant IVIWE MDALA Fourth Applicant PALISA MNGOMA Fifth Applicant THABISO MNGOMA Sixth Applicant NTSWAKI MNGOMA Seventh Applicant LUNGA MNGOMA Eighth Applicant NOMAKHOSI DUNGALO Nineth Applicant and DIBUSENG SGWEBEDLANA First Respondent RHODE CUPIDO Second Respondent METTEUS NTSHANGA Third Respondent GRIFFMA NONGWE Fourth Respondent THE MINISTER OF THE DEPARTMENT OF HOME AFFAIRS Fifth Respondent THE DIRECTOR GENERAL OF THE DEPARTMENT HOME AFFAIRS Sixth Respondent IN PURSUANCE of an Order of the above mentioned Honoura-ble Cour t, the First Respondent, DIBUSENG SGWEBEDLANA and any other person/s who may have interest in the marriage allegedly entered into on 29 February 2020 between BULELANI REUBEN MNGOMA (deceased) and DIBUSENG SGWEBEDLANA, are called upon to inform the High Court situated at number 36 Keerom Street Cape Town, on or before 16 April 2021, why an order to declare this marriage invalid and expunged from record of Department of Home Affairs should not be made final.

MQELA ATTORNEYS

Attorneys for Applicants 6th Floor Waalburg Building 28 Wale Street, CAPE TOWN Tel: (021) 422-1315 E-mail: sjndwebi@gmail.com

HOEWEL Wolseley kliniek se sr. Petro Prins ook bly was daaroor dat sy die entstof kon neem, was sy baie angstig. As iemand met diabetes, is sy bewus daarvan dat sy ernstig siek sou kon word indien sy COVID-19 kry.

WITZENBERG HERALD

Friday, April 2, 2021

KLOKSGEWYS: Die moordtoneel, dr. Roelof Botha (59) en die moordwapen.

Saak eers later na hooggeregshof DIE Botha-moordsaak op Tulbagh sal eers later na die hooggeregshof oorgeplaas kan word nadat ‘n Afrikaanse tolk nie beskikbaar was nie. Vier moordverdagtes, Aiden Abels (27), Andrew Gouws (30), Justin Adonis (30) en Desiree Goeieman (18), het Dinsdag 30 Maart weer in die Tulbagh landdroshof verskyn weens die moord op dr. Roelof Botha. Omrede ‘n tolk nie beskikbaar was nie, is die saak na 8 April uitgestel wanneer dit dan waarskynlik na die Kaapstad hooggeregshof oorgeplaas sal word. Al vier die verdagtes bly in aanhouding. Agtergrond Dr. Roelof Botha (59) is op 1 Junie verlede jaar omstreeks 18:45 op die Schalkenbosch-grondpad vermoor. Botha is kort na hy klaar kleiduif geskiet het, oorval by sy Toyota Landcruiser voertuig en meer as agt keer met ‘n mes gesteek. Hy is langs sy voertuig dood. Die moordwapen is later op die toneel gevind. Die polisie het ook dr. Botha se gesteelde horlosie by een van die verdagtes gekry. Die haelgeweer is naby die moordtoneel in bosse versteek. Een van die verdagtes het blykbaar die polisie gaan wys waar die wapen versteek was.

VGK

CERES

Aansoeke word ingewag vir onderstaande tydelike betrekking (vaste termyn kontrak 1 jaar vanaf 1 Junie 2021 - 31 Mei 2022)

Finansiële beampte Vereistes: • Gr. 12 • Rekenaarvaardig (Word; Excel; Access; Powerpoint; Publisher) • Ondervinding t.o.v. die bestuur en boekstawing van finansies sal in u guns tel • Ingesluit ander administratiewe take. Aansoeke sluit: 12 April 2021 Diensaanvaarding: 1 Junie 2021 Stuur ‘n asb. volledige CV tesame met u aansoekbrief per: Pos: VGK Ceres, Posbus 200, Ceres, 6835 E-pos: vgkcereskas@telkomsa.net Of: Handig in by die kerkkantoor. Aansoekers moet bereid wees om ‘n onderhoud op eie koste by te woon. Indien u geen terugvoering ontvang voor of op 16 April 2021 nie, beskou asb. u aansoek as onsuksesvol.


WITZENBERG HERALD

5

Friday, April 2, 2021

Michellspas-moordsaak byna klaar MEER as ses jaar na ‘n opspraakwekkende moord in Michellspas, is die einde daarvan nou in sig. Twee vroue wat ‘n Moorreesburgse hondeteler in 2015 in Michellspas buite Ceres vermoor het, sal op 5 Mei in die Malmesbury streekhof hoor of hulle skuldig is aan dié moord op Johan Kieser. ‘n Derde verdagte in die moordsaak is vroeër in 2019 al oorlede. Die twee Kaapse vroue, Linda Siebrits van Parow en Charise Doubell van Brackenfell, en Hendrik Boonzaaier (oorlede), het Kieser, ‘n bekende hondeteler van Moorreesburg, in Januarie 2015 in Michellspas vermoor en lewend teen ‘n wal afgegooi. Vroeë getuienis Uit vroeë getuienis blyk dit dat Johan Kieser (65) op 4 Januarie 2015 met heroïen ingespuit en later lewend by ‘n uitkykpunt in Michellspas afgegooi is. Daar is ondermeer in ‘n borgaansoek getuig dat die lykskouingsverslag wys dat Johan Kieser nog geleef het toe hy in Michellspas afgegooi is, dat dit Charise Doubell (wat tans in aanhouding is in Pollsmoor gevangenis) was wat die polisie vertel het waar Kieser se lyk afgegooi is en dat die drie verdagtes na die moord in ‘n Kaapse hotel gebly en baie geld van hul slagoffer uitgegee het. Siebrits, wat uit is op borgtog van R5000,

Hofsaak uitgestel teen man wat 'n polisielid met graaf slaan

DIE saak teen ‘n vermeende inbreker wat begin Maart in sy been gewond is na hy ‘n polisielid met ‘n graaf geslaan het, is na Aprilmaand uitgestel. Die voorval het Dinsdag 9 Maart omstreeks 05:00 plaasgevind kort nadat ‘n winkel op die dorp van kontant, gesigsmaskers, geheuekaarte en geheuestokkies beroof is. Polisielede van Wolseley het ‘n huisbraakklag gaan ondersoek by die Colorful Zone winkel in Collardstraat. Die polisie het na CCTV beeldmateriaal gekyk en een van die verdagtes, Conan Crous (31) herken. Drie polisielede is na Crous se huis waar hulle hom met die gesteelde goedere betrap het. Crous het aggresief geraak toe polisielede hom wou arresteer en ‘n graaf gegryp en een van die polisielede teen sy kop geslaan. Die polisielid het op die grond geval en voordat Crous hom weer kon slaan, het die polisie hom in die linker bobeen gewond. Hy is na Ceres hospitaal geneem waarna hy onder polisiebewaking oorgeplaas is na die Worcester hospitaal (Eben Dönges). ‘n Tweede verdagte, Faizel Jackson (20), wat net op ‘n huisbraakklag tereg staan, is later ook aangekeer. Die twee mans moet weer op 20 April in die hof verskyn.

DNS bevestig DIE polisie op P.A. Hamlet het in 2020 ‘n geregtelike nadoodse ondersoek (GDO) geloods nadat ‘n mens se kopbeen op ‘n plaas gevind is. Volgens die polisie het ‘n plaasvoorman van Koelfontein die kopbeen voor sy woning se deur gekry. Die voorman het Vrydag 20 November 2020 omstreeks 07:22 sy huis verlaat toe hy die kopbeen opmerk. DNStoetse het nou teruggekom en bevestig dat dit die kopbeen is van Gcobani Qwesha (28). Qwesha het op Saterdag 3 Oktober verdwyn en het op Koelfontein gewerk.

het ondermeer ook in ’n verklaring aan die polisie gesê dat sy ’n sekswerker is en dat Johan Kieser ’n klant van haar was. Kieser se liggaam is drie dae later, op 7 Januarie 2015 by die Michellspas-uitkykpunt deur nooddienste werkers uitgehaal. Uitspraak Die twee vroue het verlede Woensdag weer verskyn en is daar ‘n uitspraak verwag. Streeklanddros Michelle Adams was egter nie beskikbaar nie waarna die saak tot Meimaand uitgestel is. Die vroue staan tereg op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, diefstal, besit van dwelms en regsverydeling.


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Stem, herstel, verkoop, koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Wessel de Beer 060-619-2758, 082-704-3276. w.t.o.

Dr Mama Moses Raai wie verjaar op 7 April? Sophia Ruiters

Herbal Healer Traditional & Spiritual

Here for all your problems. Big or Strong She will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

For free consultation call:

073-016-4088

Dr Johnson

Seënwense met die verjaarsdag. Hoop dit is baie spesiaal!

Van al die Snymans en Ben en Luna

Jan Jakobus Albertus Reitz

1953/04/27 - 2021/03/26 Privaat begrafnis: Don. 1 April 2021

Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson.

CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekkerstraat Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

• Slegs 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Kerk: VGK SA, Belhar Diegene wat diens bywoon moet alreeds 8:00 aanmeld. Diens begin om 9:00 Teraardebestelling: Durbanville begrafplaas

Ps.23 “Die Here is my Herder” Rus in Vrede

Wurnun (Wernie) Muller

082-399-4068 Services: sell, install & repair

✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service

1974/03/20 - 2020/04/03

AND FRAMES Aan ‘n baie spesiale man, Wurnun. 20 Maart was dit jou eerste verjaarsdag in die Hemel en 3 April is jy alreeds een jaar weg. “A light from our household is gone, a voice we loved is still. A place is vacant in our hearts, which never can be filled. We are still missing you.” Jy was my one and only. Van jou vrou, kinders en skoonfamilie

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Hy wil dit gee vir mense wat: • met ‘n besigheid wil begin • sterk medisyne nodig het om verskillende probleme op te los • ‘n verlore minnaar terug te kry • ‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop • medisyne vir mans om krag te gee • enige hofsake • ‘n ongeluksfonds betyds te kry Skakel of Whatsapp

074-466-5760 Anointed Prophet Joelmacy

is back, from the Mountain of Zion in Israel. Apostle has come back with Miracle Healing, Water and Stones from river Jordan. He is going to see one on one Pastors who want to have big churches, people who want to start a big business, those who are not enjoying marriage or relationship. I have been blessed with some medicine to stop people smoking and drinking. We gonna have prayer and medicine to stop your lover cheating on you, to stop divorce, get promotion at work, mens power medicine, win tenders and court cases, win LOTTO and get back lost lover.

Call 081-722-9133

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476 Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuigsitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 w.t.o

• • • • • • • • •

Mama Eve & Healer Allan

Money in account Lotto & Powerballs Money in house Remove blacklist Magic wallet, stick & ring Lucky oil Get spiritual loan today Unfinished work & pensioners are welcome Claim UIF & provident fund quick

PROF MUSA & MAMA ZAINA

100% finansiële sukses & verhoudingskenner • Finansiële groei • Verlore minnaar terug hou • Help Lotto • Casino nommers, asook huwelike • Help met geestelike probleme • Raak ontslae van bose geeste in woning • Help met kontant in rekening, asook met skuldprobleme deur amagwande • Help met padongeluksfonds uitbetaling • Towering vir jou beursie om te help met finansiële bystand • Help ook met alle hofsake en bevorderings in die werksplek

KANTOORSPASIE (±150m²) te h/v Vos- en Faurestraat. Onmiddellik beskikbaar Skakel Jaco-Marié (023) 312-1414

PLANT AND TOOL HIRE

Bel/Whatsapp

Maama Baraka Jou oplossing is hier Liefdes spel/palmlesing ....................... R20000 Geld in rekening in uur ....................... R15000 Skrap lenings .... R15000 Wen Lotto/Powerball ....................... R22000 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ......... R20000 Wen hof-/egskeidingsake ....................... R19990 Werkpromosie ... R20000 Skoonmaak en beskerming van huis ........... R20000 Geluksolie/towering ....................... R30000 Pensionarisse betaal as werk klaar is. Skakel of whatsapp

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

HOUSEKEEPER Tulbagh

• Experienced Malawian male • Real passion for running a home • Responsibilities includes: cleaning, ironing, cooking and general organisation of the house. • Trust and experience are very important

Send application to: info@tgj.co.za or

078-777-8802

call (023) 230-0680

TE HUUR

Stoorruimte CERES KOMMERSIËLE GEBIED Spasies vanaf 500m² 1 500m² beskikbaar. Skakel (023) 312-2261 of 082-5777-169

Jes. 53:5

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 3474092 Faks: (023) 342-8629 of www. trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.

“Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.”

Evangelis Jacobs

Ons wens u elkeen 'n baie Geseëde Paastyd met u geliefdes.

R8 300 p/maand

081-702-0032

All problems R250

065-631-1997

TE HUUR

Friday, April 2, 2021

Ons kantoor sal gesluit wees op Vrydag 2 April 2021 en op Maandag 5 April 2021.


WITZENBERG HERALD

7

Friday, April 2, 2021

Werker se eerlikheid word beloon EERLIKHEID word beloon! Verlede Vrydag 26 Maart was Maryke Botha van Rietdakkie padstal saam met haar man, Rian en hul dogter Carla, vir 5 ure tussen Binnelandse Sake en die Ceres verkeersdepartement. Carla moes vir haar hernuwing van haar paspoort gaan en het ook ‘n afspraak by die verkeersdepartement gehad om haar leerlinglisensie te skryf. “Na afloop van ‘n bedrywige dag het ons met verheugde harte by Ceres Binnelandse Sake uitgestap. Carla het haar leerlinglisensie geslaag en haar aansoek vir ‘n paspoort is ingedien”. In die Bothas se haas het Maryke haar skootrekenaarsak met kontant in, in die Ceres-kantoor vergeet. “Ons was ook besig met reëlings vir Rietdakkie padstal en plaaskombuis se eerste

HUIS PJ DU PLESSIS STRAUSS Huis PJ DU PLESSIS STRAUSS is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes- en Suid-Kaap] en VGKSA [Kaapland].

Stories van Hoop aand wat op 27 Maart plaasgevind het." " Met al die bedrywigheid het ek eers Saterdagoggend agtergekom my rekenaarsak is nêrens te vinde nie!” Maryke sê sy onthou toe waar sy die saak neergesit het - by Ceres Binnelandse Sake. “Ek het die hele naweek net gebid en gevra dat die storie op so ‘n noot sal eindig dat die Here al die eer sal kry". " Maandag 29 Maart om 07:00 was ek by die kantoor en is net na 7:30 toegelaat om in te gaan. My sak was die hele naweek veilig in ‘n kas in die kantoor weggebêre". Irene Wessels, die afgelope jaar ‘n skoonmaker by dié kantoor, was die engel wat die sak gevind en in veilige bewaring gehou het. " Ek eer Irene vir haar eerlikheid. God beloon die wat Sy voorskrifte nakom”.

Aansoeke van gemotiveerde en dinamiese persone met ‘n positiewe lewensingesteldheid teenoor ouer persone en hulpbehoewendes, word vir die volgende betrekking ingewag:

ASSISTENT KOK

‘n VERHEUGDE Maryke Botha saam met Irene Wessels van Binnelandse Sake op Ceres.

Vereistes: • Matriek / Gr. 12 • Relevante opleiding (ondervinding of opleiding in die veld van voedselvoorbereiding sal ’n sterk aanbeveling wees) • Voorliefde en respek vir bejaardes • Bereidheid om verdere opleiding te ondergaan • Bereidheid om in ander afdelings van die tehuis diens te lewer. Kritiese prestasie-areas: • Organisering van voedseldiens vir Badisa se programme • Voorbereiding en opdiening van voedsel • Deurlopende skoonmaak van kombuis, eetsaal, spens en yskaste • Betrokkenheid by funksies • Rekordhouding en administrasie • Noodbehandeling, infeksiebeheer en veiligheid • Instandhouding en besparing • Opleiding en selfontwikkeling Rig volledige CV en AANSOEKBRIEF voor of op 9 April 2021 aan: Die Bestuurder Huis PJ Du Plessis Strauss Lyellstraat 36, Ceres, 6835 huispieterstrauss@gmail.com Navrae: L. Marais (023) 312-2308 Sluitingsdatum: 9 April 2021

‘n PROJEK wat indringerbome langs die Breërivier verminder en uitdun is verlede Vrydag deur die Wes-Kaap minsiter van landbou, dr. Ivan Meyer, besoek. Die kontrakteur en nasionale Landcare wenner as beste kontrakteur in 2018, Linda Jansen, is tans naby Zonkwasdrif besig met die projek. Sy het vier spanne met 52 werkers wat die indringerplante en -bome verwyder. Die projek verskaf werk aan 240 huishoudings in die Tulbagh-omgewing.

Hospital visitation amended ALLOWING patients to be visited by their loved ones is an essential part of their recovery and wellness. It is also reassuring for young patients or the elderly to have an escort present when visiting the emergency room or outpatients department. “However, with the COVID-19 pandemic we must remain vigilant to avoid congestion and to maintain a safe physical distance between people by decreasing he number of people in our facilities”. New guidelines - Visitors and escorts are only allowed at health facilities under special circumstances. - All visitors and escorts must be screened at the entrance of the facility. Outpatients: - One escort is allowed for paediatric, disabled, vulnerable or enfeebled (weak) patients. No escorts allowed for other patients. Emergency Unit: - Paediatric patients - one escort allowed to accompany patient into emergency room. - Terminal patients - family members allowed to be present, but only one or two family members allowed to be present at a time. - Disabled/vulnerable patients - one escort may be allowed depending on situation. Will be assessed on case-to-case basis. - All other patients: One escort who will remain in waiting room if there is sufficient space. Inpatients (adults): - Limited to 30 minutes visitation per visitor. - Visiting time period of 60 minutes per day. Confirm with hospital what the ward’s visiting hours are before visiting. - Terminally ill patients allowed to be visited by loved ones. Restricted to 30 minutes per person per day - more people and longer time at discretion of ward manager. - Critically ill patients allowed one designated visitor once per day.

Inpatients (paediatric): - One parent/caregiver can be with the patient. - Parent/caregiver can alternate with other parent/caregiver, but only one allowed with patient at a time. - More family members allowed for terminal patients for 30 minutes - one person at a time. Neonatal patients: - Mother can remain with patient or regularly visit. - Birthing partner or one designated person can visit daily for 30 minutes. Longer visitation at discretion of ward manager. Maternity & labour: - COVID-19 positive patients in labour - no birthing partners allowed. - COVID-19 negative patients in labour - one birthing partner during active labour if sufficient space and privacy available. - C-section: Birthing partners not allowed in theatre, but can visit mother and baby for 30 minutes in postnatal ward. Post-natal ward: Birthing partner allowed to visit mother and new-born for 30 minutes per day during visiting period. COVID-19 and PUI patients: - No visitors allowed. - Exceptions will be made for terminally ill patients. - All other adult patients not allowed visitors. Parcels (toiletries, food, books) can be dropped off at hospital facility. Family will be updated on patient’s condition - please ensure they have the correct contact number on file. Please note: Guidelines will be assessed and implemented according to each facility’s current situation and capacity. Please call the relevant facility before visiting to ask about their visitation guidelines. All patients and visitors to maintain safety precautions: wear a mask over your mouth and nose, maintain a physical distance and ensure good ventilation.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

ROEP VIR SOPKOMBUIS EN VOEDSELNOOD VERLIGTING VOORSTELLE Witzenberg Munisipaliteit nooi geregistreerde NPO’s uit wat aktief betrokke is by sopkombuise of voedselnood verligting by gemeenskappe van die Witzenberg Munisipale area, om aansoek te doen vir skenking van voedselprodukte. Die aansoek moet uit die volgende dokumente bestaan: • Besigheidsplan van ondersteuning aan sopkombuis of voedselnood verligting. Die produkte benodig moet gestipuleer word, sowel as die kostes. • NPO registrasie dokumente Die aansoeke moet in ‘n koevert geplaas word wat duidelik aandui “Sopkombuis en Voedselnood verligting voorstel”. Alle aansoeke moet ingehandig word by Witzenberg Munisipale Hoofkantoor in Voortrekker Straat, Ceres by ontvangs. Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 April 2021 om 13:00 Vir enige navrae skakel Letha Wessels by: margaretha@witzenberg.gov.za of (023) 312-5063

CALL FOR SOUP KITCHEN AND FOOD EMERGENCY RELIEF EFFORTS Witzenberg Municipality hereby invites registered NPO’s who are currently involved with soup kitchens or food emergency relief efforts within the communities of Witzenberg to apply for food product donations. The proposal must comprise of the following documents: • A business plan in support of soup kitchens or food emergency relief efforts. It would need to stipulate the products needed as well as the costs involved. • NPO registration documents The application must be placed in an envelope labelled “Soup kitchen & Food emergency relief proposal”. All proposals must be submitted at the Witzenberg Municipal Head Office in Voortrekker Street, Ceres at reception. Closing date for applications is: 15 April 2021 at 13:00 For any queries or questions contact Letha Wessels at: margaretha@witzenberg.gov.za or (023) 312-5063


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

Friday, April 2, 2021

Witzenberg Herald

CHARLIE Hofmeyr se eerste krieketspan met die interskoletrofee. Saam met die spelers verskyn Max Michau (skoolhoof) en die twee afrigters, Jacques Steyn en Mike Barnard.

Charlies klop Robertson met 71 lopies CHARLIE Hofmeyr se eerste krieketspan het verlede Saterdag 27 Maart op hul tuisveld hul Interskole wedstryd teen Robertson met 71 lopies gewen. Charlies is eerste ingestuur om op ‘n onvoorspelbare kolfblad te gaan kolf. Die span is vroeg in die moeilikheid met hul telling op 35/4. Aaron Swartz skop egter vas met ‘n uitstekende kolfbeurt van 60 lopies van 117 balle. Dit stel Charlies instaat om 154 lopies in 50 boulbeurte aan te teken. Ruan Rossel, Michael Wheeler, Maissa Gningue en die drie Bakkes-broers lewer ook goeie bydraes. Robertson gaan kolf en word goedkoop uitgeboul vir slegs 83 lopies. Maissa Gningue met 3/20, Stefan Bakkes met 3/23 en Michael Wheeler met 2/10 rig die meeste skade aan met die bal.

WITZENBERG HERALD

Charlies wen die wedstryd met 71 lopies. In die o/15 A se wedstryd wen Robertson die loot en besluit Charlie Hofmeyr moet eerste gaan kolf. Charlies teken ‘n skaflike 215 lopies in 45 boulbeurte aan. Kolfuitblinkers was Philip du Plessis (71), Arno Heyns (25) en Ryan-Lee Hendricks met 24 lopies. Na middagete gaan Robertson in om te kolf. Hulle sukkel teen Charlies se boulwerk en teken slegs 83 lopies in 24.1 boulbeurte aan. Philip du Plessis (2/6) en David Scholtz (2 /23) blink uit met die bal. Heinrich du Toit, Kyle Koopman, Randall Swartz en Jaun Visser laat elkeen ook ‘n paaltjie kantel. Charlies wen die wedstryd met 132 lopies. Die skool en spelers bedank Trucape vir hul borgskap asook die afrigters en almal wat die dag moontlik gemaak het.

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

REVALDO Maurice (19), ‘n belowende jong rugbyspeler van Pine Valley, Wolseley, is in Januarie vanjaar opgeneem in die Griekwas se rugby-akademie in Kimberley. As onder-20 agterlynspeler, staan Revaldo op die drumpel van ‘n belowende sportloopbaan en ‘n moontlike senior kontrak vir 2022. Die Griekwa rugbyakademie ondervind weens CV-19 tans uitdagings met ‘n tekort aan borgskappe en finansiële ondersteuning vir hul groep jong rugbyspelers. * Revaldo se familie, vriende en die gemeenskap van Pine Valley, vra die Witzenberg gemeenskap om hom te help met ‘n donasie of skenking aan die akademie ten bate van Revaldo Maurice. ** Alle geldelike bydraes, donasies of skenkings kan gemaak word aan: UXI Sport Griquas Rugby Institute, FNB tjekrekening no: 62840052708 en verw: GRI011119RM (Revaldo Maurice). Vir verdere inligting oor die vordering van Revaldo Maurice, asook vir die aanstuur van bewys van enige skenkings of donasie, skakel gerus Lennox Plaatjies (fondsinsamelings-koördineerder) by 083-304-2824 of per epos na lennxpl@gmail.com ERIC Kotzé het onlangs op Oudtshoorn in die o/11 ouderdomsgroep deelgeneem aan die nasionale swemkampioenskappe. Hy het sewe medaljes ingepalm in die 9 items waaraan hy deelgeneem het. Hy het vyf goue medaljes verower asook een silwer en een brons. Hier is Eric saam met sy ma, Elizabeth, ‘n oudleerder van Laerskool Gericke en Charlie Hofmeyr en dogter van Dirk en Esmé Schreuder van Ceres.

CHRISTIAAN Orffer.

WERNER Pharo.

Carel Matthee wen gholfkompetisie

CAREL Matthee.

GHOLFSPELERS het Saterdag aan ‘n enkel stableford kompetisie op Ceres gholfbaan deelgeneem. Carel Matthee was in die eerste plek met 40 punte. Christiaan Orffer van Tulbagh was tweede met 39 punte gevolg deur Werner Pharo en Glennie Nasson met 37 punte elk. Simon Malaza was in die vyfde plek en Charl du Toit sr. was sesde, beide met 35 punte. Goeie tellings is deur Carel Matthee en Christiaan Orffer (72) aangeteken.




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.