3 minute read
WH H e r a l d
4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003
Advertisement
Die Witzenberg Herald se kantoor sal gesluit wees op Vrydag 7 April 2023 en Maandag10 April 2023 April 2023 Maandag10 2023 Ons wens al ons lesers ‘n geseënde Paasfees toe
(John 11:25) Rejoice in hope this Easter season!
Sending many blessings to you during this time of hope, joy, and renewal. Praying that you feel Christ's love throughout this Easter Day and beyond. May the miracle of Easter bring you peace and joy.
Editorial: nuus@witzenbergherald.com
• Onafhanklike finansiële advies
• Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien.
Martin Behm (023) 316-2959 082-734-4549mar tinb@27four.com
Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Stappers gered, vrou verloor baba
‘n TWEEDE stapgroep, wat waarskuwings om om te draai geïgnoreer het, moes einde verlede week deur WSAR vrywilligers gered word - skaars drie dae na die redding van ‘n ander stapgroep op die Witels staproete.
Die tweede stapgroep van 6 lede, wat ‘n ouerpaar en hul drie kinders insluit, is Donderdag 31 Maart omstreeks 10:00 op die Witels staproete in die Waaihoekberge bokant Michellspas deur ‘n AMS noodhelikopter en vrywilligers van Wildernis-soek-enredding (WSAR) opgepik nadat ‘n ander lid van die stapgroep reeds Woensdag ‘n ontsnappingsroete gebruik het om hulp te ontbied.
Die stapgroep is volgens inligting buitelanders van Plettenbergbaai en het verlede naweek begin stap.
Hulle is verlede Sondag deur ‘n polisiehelikopter gevra om terug te draai na die beginpunt maar het waarskuwings geïgnoreer en aangestap.
Die ma van die kinders was ses maande swanger en het moontlik weens skok en uitputting in kraam gegaan. Sy het die baba verloor. Die helikopter het later die stappers by Winterberg Mountain Inn afgelaai waarna die vrou na ‘n hospitaal gehaas is.
Ander reddingspoging
Die eerste stapgroep is Sondag 26 Maart gered nadat hulle deur swaar reën oorval en deur ‘n stygende rivier op die staproete in die Waaihoekberge vasgekeer was.
Twee Kaapse families was deel van dié stapgroep en het Saterdag 18 Maart die staproete na Michellspas aangepak. Hulle moes teen Donderdag 23 Maart die eindpunt in Michellspas bereik het maar swaar reën het riviere laat afkom en die stappers in die berg vasgekeer.
Wildernis-soek-en-redding (WSAR) is Saterdag 25 Maart ontbied en ‘n reddingspoging is geloods met 20-30 reddingswerkers van die Wildernis-soek-en-redding (WSAR), die SAPD se duik- en honde-eenheid en lede van EMS. Donkerte, die slegte weer en ‘n rivier invloed het egter verhoed dat die stapgroep bereik kon word.
Reddingswerkers het weer die Sondag bymekaar gekom en is die groep bygestaan met ‘n AMS noodhelikopter, ‘n polisiehelikopter en rubberbote.
‘n Klein groepie reddingswerkers is met die AMS noodhelikopter na die kloof geneem waar die agt stappers vasgekeer was. ‘n Paar reddingswerkers is met toue laat sak om die stappers te bereik. Die agt stappers is daarna opgehys en na ‘n landingsarea by die nabygeleë Winterberg Mountain Inn geneem.
Roete gesluit
Die staproete wat as uiters moeilik beskryf word, is gewoonlik van 1 April tot 1 November gesluit. Op die roete moet stappers riviere en bergstrome kruis en oorswem en teen berghange afklim. Stappers op die roete moet ook hul eie kosvoorraad en slaapgoed saamdra.
Die WSAR se noodnommer is (021) 9370300 en is 24-uur beskikbaar.
INWONERS van die Witzenbergstreek moet water bespaar. * Damfoto word net as illustrasie gebruik en is geneem deur Cordré Smith van Ceres.
Bespaar water!
INWONERS van die Witzenbergstreek moet dringend kennis neem dat waterbeperkings reeds op Tulbagh ingestel is en dat daar ‘n moontlikheid bestaan dat Ceres ook eersdaags met minder water sal moet klaarkom.
Indien die Koekedouwdam se watervlak tot 39% (7 maande se water) daal, dan sal die munisipaliteit genoodsaak wees om vlak 1 waterbeperkings in te stel.
Inwoners van Ceres, Nduli, Bella Vista en P.A. Hamlet word gevra om water spaarsamig te gebruik. Die Koekedouwdam se watervlak het verlede week na die goeie reën met 1.4% gestyg tot 40.4% maar weer Woensdag gedaal tot 39%.
‘n TWEEDE stapgroep, wat waarskuwings om om te draai geïgnoreer het, moes einde verlede week deur WSAR vrywilligers gered word - skaars drie dae na die redding van ‘n ander stapgroep op die Witels staproete.
FOTOS: WSAR - Tim Lundy, Shukri Petersen en Richard Mattheyse.
Indien geen reën uitsak nie, is die vooruitskatting dat dié dam teen einde Junie so laag as 13% sal daal.
Tulbagh se waterkrisis is ‘n bietjie erger en die verwagting is dat die dorp Dag Zero sal bereik op 1 Julie indien geen reën in die Tulbagh omgewing uitsak en inwoners voortgaan om water te mors nie. Vlak 4 beperking is reeds van 16 Februarie van krag.
Tulbaghdam se watervlak is tans op 23%.
Haweloses help skoonmaak
DIE groep haweloses het onlangs gehelp om die Ceres Omgeewinkel se terrein skoon te maak. Die haweloses kon na afloop van die skoonmaakpoging elkeen ‘n hemp, broek en kouse kies by die winkel. Die Omgeewinkel kry donasies wat klere insluit, en verkoop dit dan om fondse vir liefdadigheid in te samel. Die winkel is oorkant Ceres Cycles.