1 minute read

Moordverdagte vrygelaat op R500 borg

‘n VROU wat verdink word van moord, is verlede week op borg van R500 vrygelaat.

Elizabeth Sagarias (62) van Bella Vista het op 22 en 29 Maart in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord. Haar verskyning spruit uit ‘n voorval op Saterdag 18 Maart in Vygiesingel nadat die polisie die liggaam van die 25-jarige Denrico Jensel in die straat gevind het. Hy het ‘n oopwond in sy bors gehad en is op die toneel dood verklaar. Sagarias is kort na die voorval gearresteer en op 29 Maart op borg van R500 vrygelaat. Die saak is tot 5 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.

Advertisement

Hokkiefees op Ceres

CHARLIE Hofmeyr se 2023 Hokkiefees het oor vier dae van Vrydag 31 Maart tot Maandag 3 April plaasgevind. 23 Hokkiespanne het aan die toernooi deelgeneem. * Meer oor die toernooi in volgende week se uitgawe.

This article is from: