3 minute read

Dankie vir die Ceres gemeentes se omgee en liefde

Next Article
WH H e r a l d

WH H e r a l d

Ds. PJ Retief van Garies skryf:

EK wil begin deur te sê ons is trots om hier te wees, om nog hier te wees, deur die genade van Bo! Sonder Sy sorg en beskerming sou ons lankal nie meer kon nie.

Advertisement

As ons mense terugdink oor die afgelope 9 of wat jaar en ons kyk na die syfers alleen, dan moes min boerderye nog bestaan het want dit is doodeenvoudig nie winsgewend nie.

Soos een oom so gereeld sê “Ons het begin om ons weglê-planne te gebruik, daardie planne wat jy bêre vir die moeilikste van moeilike tye en daardie weglê-planne begin ook nou opraak.”

In baie opsigte het die droogte ons baie dieper geraak as Covid 19.

In die somer van 2021 het ons plek-plek in die Boesmanland reën gehad en die afwagting vir die winter van 2022 was baie groot.

As ons egter nou terugkyk, dan het ons vir die kalender jaar van 2022 minder as 100 mm reën gekry. So ons veld is uitgeëet, die bosse is dood en dit gaan jare neem vir die veld om regtig te herstel - ás dit herstel.

Dit mag nou klink of ek namens die ganse Namakwaland kla en dit is geensins die geval nie. Die afgelope jare het ons hoop - wat altyd reën was - in ander vorme gekom.

In ‘n boksie wat deur ‘n onbekende gestuur word en oopgemaak word met verwagting.

In ‘n sak voer wat iemand anoniem vir jou gekoop het.

In ‘n boodskap van iemand aan die ander kant van die land wat net vra hoe dit gaan en sê “Ons bid vir jou!” In ‘n nuwe plan wat God in ons binneste laat ontkiem. Party dae gaan dit met ons beter as ander. Party dae gaan dit ook slegter as ander. Maar of dit goed gaan en of dit minder goed gaan, die genade van Bo is elke dag net genoeg om ons deur die dag te dra. En dit is baie kosbaar!

Ons is bevoorreg om nog elke oggend die bed leeg te maak en die velskoene volstaan. Ons is bevoorreg om elke dag uit die hand van die Vader te leef. Ons is bevoorreg dat ons mense ken wat vir ons bid, aan ons dink en na ons uitreik. Ons is bevoorreg om hier in die baie spesiale plek wat ons die Namakwaland noem, te kan leef en boer.

Ons is gelukkig hier. Ons leef naby die aarde en naby aan ons God. En dit is ‘n voorreg wat geld nie kan koop nie!

Dankie vir die Ceres gemeentes se omgee en liefde. Dankie vir elke oproep of Whatsapp. Dankie vir elke gebed. Dankie vir wie julle elkeen is!

Mag die Here julle gemeentes seën, nie omdat julle al baie gegee het nie, maar omdat julle bitter spesiale mense is! Mag julle God raaksien in alles wat julle doen en as julle hierdie kant toe kom, kom kuier gerus vir ons.

Waste Removal Schedule For Easter Weekend 2023

Friday 7 April 2023 NO SERVICE / GOOD FRIDAY

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas.

Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Motoriste moet versigtig wees die Paastyd

DIE Witzenberg munisipaliteit en padveiligheid rolspelers in die Wes-Kaap gaan gedurende die Paastyd baie sigbaar wees. Motoriste word gevra om meer veiligheidsbewus te wees op die provinsie se paaie wat baie besig gaan wees dié langnaweek. Die April skoolvakansie veiligheidsplan is Maandag 3 April geloods deur die Wes-Kaap minister van mobiliteit, Ricardo Mackenzie. Dronkbestuur, hoë snelhede en moegheid lei tot 85% van alle ongelukke in die land. Motoriste word gevra om hul veiligheidsgordels te dra en nie op selfone moet praat nie. Voetgangers word ook gevra om versigtig te wees tydens die Paastyd. In 2021 is 235 sterftes gedurende die Paastyd aangemeld en 162 in 2022.

Foto ter illustrasie.

Raadslid geskors na tugverhoor

‘n GOOD-raadslid en onderburgemeester van Witzenberg munisipaliteit se tugverhoor is afgehandel en einde Maart is sy deur haar politieke party geskors in afwagting van die finale afhandeling van die tugverhoor en haar straf.

Rdl. Felicity Klazen (onderburgemeester van Witzenberg) en Shaun August (lid van Wes-Kaap wetgewer) is verlede jaar voor ‘n tugverhoor gedaag na beweringe van wangedrag tydens ‘n Maart 2022-stemwerwingsveldtog in Dennebos op Ceres.

GOOD het kort na die voorval gesê dat die party ‘n onafhanklike ondersoeker aangestel het om dié beweringe van wangedrag te ondersoek.

Brett Herron, GOOD sekretaris-generaal en woordvoerder, het op 31 Maart in ‘n verklaring gesê dat die party se nasionale bestuurskomitee het besluit om Felicity Klazen amptelik uit alle party-aktiwiteite te skors in afwagting van ‘n finale straf. Sy mag nie in kontak wees met enige Goodlid nie, mag nie party vergaderings bywoon of reël nie en mag ook nie enige kommentaar op enige sosiale media platvorm lewer nie. Sy mag wel nog voortgaan met haar pligte as raadslid en onderburgemeester.

In ‘n Rapport-artikel op 2 April het mnr. Green, wat rdl. Klazen in die tugverhoor verteenwoordig het, gesê die fotos wat in die tugverhoor gebruik is, is persoonlike fotos. Hy het ook gesê hulle gaan appèlleer teen die bevindings.

This article is from: