Witzenberg Herald Vol.24 no.13 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 13

R7.50

Friday, April 9, 2021

Since 1997

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 8 April

Vrydag 9 April

15° 29°

14° 29°

Saterdag 10 April

Sondag 11 April

13° 30°

15° 30°

Ceres Koekedouw dam

70,5%

(023) 312-1916 CERES For orders of R50 + more, within a 5km radius from Ceres

Lesing: 2021/04/07

Telephone: (023) 316-2021/3

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Verdagte word ondervra EEN verdagte is tans in aanhouding en word deur speurders van die Wes-Kaap se eenheid vir georganiseerde misdaad ondervra na ‘n moord op De Vierde Liefde privaat natuurreservaat buite Wolseley. Speurders ondersoek sedert 26 Maart die moord op Reneé Jain (51) wat in ’n oënskynlike huisrooftog vermoor is. Die ondersoek is tans in ‘n sensitiewe stadium. Al wat die polisie Dinsdag wou sê is dat talle leidrade opgevolg word en dat ‘n 39-jarige verdagte op Maandag 5 April gearresteer en vir ondervraging ingeneem is. Moord skok gemeenskap Reneé Jain van Kaapstad was die Vrydagaand alleen by hul vakansiehuis tussen Wolseley en Bainskloof. Sy is vermoedelik Vrydag 26 Maart na 23:00 dood nadat drie mans haar in die huis oorval het. Die polisie is egter eers na ‘n huisbraaktoneel in dieselfde privaat natuurreservaat ontbied nadat ‘n Nederlandse egpaar (Jain se bure) oorval en beroof is. Hulle het die paniek-knoppie gedruk en die polisie geskakel. Die bestuurder/opsigter van die reservaat het egter na dié inbraak bekommerd geraak en probeer om mev. Jain op haar selfoon in die hande te kry. Hy kon geen antwoord kry nie en is later saam met die polisie na haar huis. Met die polisie se aankoms by die huis was die voordeur toe maar nie gesluit nie. Hulle het bloed op die vloer opgemerk nadat hulle die voordeur oopgemaak het. Bloedspatsels het hulle na Reneé se lewelose liggaam gelei wat met ‘n elektriese koord aan ‘n bed se voetstuk vasgemaak was. Baie vrae Speurders moet nou probeer vasstel hoekom die veiligheidskameras by die woning nie gewerk het nie, hoe die drie aanvallers

by die privaat reservaat ingekom het aangesien daar ‘n heining om is met ‘n elektroniese toegangshek, dat daar skynbaar geen gedwonge toegang was nie, dat van die gesteelde items na bewering in die gesteelde voertuig gelos is en dat mev. Jain vermoor is terwyl haar bure net vasgebind is. Daar is 14 huise in die privaat natuurreservaat teen die berg wat nagenoeg 7 kilometer van die naaste teerpad af geleë is. Huisbraak Die polisie ondersoek ook ‘n huisbraaksaak en die diefstal van ‘n motorvoertuig in die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat buite Wolseley. Drie mans is omstreeks 23:45 na die huis van ‘n Nederlandse egpaar in hul sewentigs waar hulle ‘n houtbeeld deur die slaapkamervenster gegooi het. Die Afrikaans-sprekende mans het mas-

kers opgehad en het die egpaar se slaapkamer binnegekom en geld en goud geëis en gevra waar hulle kluis is. Hulle het die 75-jarige man gedwing om saam na die motorhuis te gaan en die motorhuisdeur vir hulle oopmaak. Hy moes ook sy Nissan X-trail se sleutels aan hulle oorhandig. Die mans is weer terug na die slaapkamer waar hulle die egpaar se hande en voete vasgebind en lappe in hul monde gedruk het voordat hulle in die badkamer toegesluit is. Hulle het in die Nissan gevlug met tabletrekenaars, selfone en horlosies. Die voertuig is later verlate in Van der Stelstraat op Tulbagh gevind.

DIE twee huise waar die moord en die roof en diefstal op die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat plaasgevind het. Die huis (links) is waar Reneé Jain vermoor is en die voorste huis (wit huis) is waar die Nederlandse-egpaar woon.

DIE polisie het saam met wetstoepassers en verkeersbeamptes verskeie padblokkades beman tydens Paasnaweek.

Padsterftes neem af oor Paasnaweek PADSTERFTES het oor Paasnaweek afgeneem met 105 sterftes wat in die land aangemeld is. In die Wes-Kaap is 25 mense dood in motorongelukke. Dit was egter betreklik stil in die Witzenbergstreek met net een ongeluk op Wolseley waarin een persoon lig beseer is. Wat kommerwekkend is, is die hoeveelheid dronkbestuursake wat op Ceres aangemeld is. Net oor Paasnaweek is 13 motorbestuurders vir dronkbestuur aangekla en twee bestuurders vroeër in die week. Wes-Kaap provinsie Volgens die Wes-Kaap regering is 25 mense in 23 ongelukke gedurende Paasnaweek op die provinsie se paaie dood teenoor die 38 van 2019. Agt bestuurders, twee motorfietsryers, twee passasiers en 13 voetgangers was onder die sterftes. Daar is 240 padblokkades, voertuiginspeksiepunte en spoedkontrole van 1-5 April gehou waar 19 707 voertuie gestop en deursoek is. Meer as 2015 spoedoortredings is begaan en 6145 boetes is vir ‘n verskeidenheid oortredings uitgereik ten bedrae van meer as R4 miljoen. ‘n Totaal van 49 klagtes onder die rampbestuurwet is aangemeld met meer as R170 000 se boetes wat uitgereik is.

ALLE TOYOTA VOERTUIG EIENAARS

URGENT RECALL CAMPAIGN

ALL RECALL REPAIRS WILL BE PERFORMED FREE OF CHARGE

2007 - 2009 Corolla en RunX (lugsakke en vensterskakelaar)

Yaris Sedan en Yaris Hatchback (lugsakke en vensterskakelaar)

2007 - 2016 Hilux en Fortuner (lugsakke en spiral cable)

From R2 799 p/m*

Indien u een van die bogenoemde voertuie het, skakel asb. ons diensafdeling om te hoor of u voertuig moet inkom om ‘n recall te doen

ON GUARANTEED FUTURE VALUE *T’s & C’s apply. On-the-road cost included

Ceres Toyota

CERES TOYOTA Voortrekkerstr. 112, CERES

Skakel Steyn, Arno, Giepie of Andre ☎ (023) 312-1057

Voortrekkerstr 112, CERES  (023) 312-1057


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.