WH Her ald Witzenberg
Volume 24 no. 14
R7.50
Friday, April 16, 2021
Since 1997
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 15 April
Vrydag 16 April
15° 29°
13° 30°
Saterdag 17 April
Vuurwapen bevoegdheid en Aansoeke
Sondag 18 April
16° 33°
CERES (023) 312-2144
19° 33°
VUURWAPEN BEVOEGDHEID Wet van Vuurwapenbeheer Gebruik van Handwapen Gebruik van Haelgeweer Gebruik van Geweer of Karabyn Gebruik van Selflaaigeweer of Karabyn
Ceres Koekedouw dam
69%
Skakel ons vir enige navrae. Koste met navrae beskikbaar.
Lesing: 2021/04/14
Telephone: (023) 316-2021/3
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
VUURWAPEN AANSOEKE Nuwe Vuurwapenlisensie Hernuwing van Vuurwapenlisensie
MOTIVERINGS
Neels: 082-335-8331 CJ: 082-837-4325
www.witzenbergherald.co.za
Moordsaak gaan voort in hooggeregshof DIE Botha-moordsaak op Tulbagh is verlede week na die Kaapstad hooggeregshof oorgeplaas. Wanneer die vier verdagtes op Vrydag 4 Junie vir die eerste keer in die Kaapstad hooggeregshof in ‘n voorverhoor verskyn, sal dit presies ‘n jaar na die moord wees. Vier verdagtes, Aiden Abels (27), Andrew Gouws (30), Justin Adonis (30) en Desiree Goeieman (18), word van die moord op dr. Roelof Botha (59) aangekla. Al vier die verdagtes bly in aanhouding. Dr. Botha is op 1 Junie 2020 omstreeks 18:45 op die Schalkenbosch-grondpad vermoor. Hy is kort nadat hy klaar kleiduif geskiet het, oorval by sy Toyota Landcruiser voertuig en meer as agt keer met ‘n mes gesteek. Hy is langs sy voertuig dood. Die moordwapen is later op die toneel gevind. Die polisie het ook dr. Botha se gesteelde horlosie by een van die verdagtes gekry. Die haelgeweer is naby die moordtoneel in bosse versteek. Een van die verdagtes het blykbaar die polisie gaan wys waar die wapen versteek was.
Verdagte vrygelaat DIE Wes-Kaap polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad het verlede week ‘n verdagte wat hulle ondervra het, vrygelaat omrede hulle hom nie met die Jain-moord kon verbind nie. Volgens ‘n provinsiale mediawoordvoerder van die SAPD word alle leidrade tans opgevolg en duur die ondersoek na die moord op 26 Maart op die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat buite Wolseley voort. Provinsiale speurders ondersoek die moord op Reneé Jain (51) wat in ’n oënskynlike huisrooftog vermoor is. ‘n 39-Jarige verdagte is verlede Maandag vir ondervraging ingeneem maar is later op 7 April weer vrygelaat. Reneé Jain van Kaapstad was die betrokke Vrydagaand alleen by hul vakansiehuis tussen Wolseley en Bainskloof. Sy is vermoedelik Vrydagaand na 23:00 dood nadat drie mans
haar in die huis oorval het. Met die polisie se aankoms by die huis was die voordeur toe maar nie gesluit nie. Hulle het bloed op die vloer opgemerk nadat hulle die deur oopgemaak het. Bloedspatsels het hulle na Reneé se lewelose liggaam gelei wat met ‘n elektriese koord aan ‘n bed se voetstuk vasgemaak was. Vrae nog onbeantwoord Speurders probeer vasstel hoekom die veiligheidskameras by die woning na bewering nie gewerk het nie, hoe die drie aanvallers by die privaat reservaat ingekom het aangesien daar ‘n heining om is met ‘n elektroniese toegangshek, dat daar skynbaar geen gedwonge toegang was nie, dat van die gesteelde items in die gesteelde voertuig gelos is en dat mev. Jain vermoor is terwyl haar bure net vasgebind is.
Reneé Jain van Kaapstad
LEDE van die Wes-Kaap polisie se misdaadintelligensie-eenheid sowel as van die landelike bende-eenheid, het Donderdag 5 November 2020 op dié huis in Wolseley toegeslaan.
Twee Nigeriërs in hof TWEE Nigeriese burgers, wat tydens ‘n polisieklopjag op Wolseley vasgetrek is weens die besit van duisende rande se dwelms en onwettige kontant, het weer in die landdroshof verskyn. Polisielede het tydens dié klopjag ‘n Nigeriese vrou, Swaider Falatsa (26), in November 2020 met dwelms en kontant, betrap. Haar vriend, Chibuso (Tony) Osondo (39) was die betrokke dag nie tuis nie en is na ‘n soektog eers op 20 Januarie 2021 vasgetrek. Beide verskyn in die Wolseley landdroshof op aanklagte van handel in dwelms. Die saak is na 6 Mei uitgestel vir verdere ondersoek. Osondo bly in aanhouding. Falatsa het blykbaar haar borg van R30 000 by die Worcester gevangenis betaal. Agtergrond Lede van die Wes-Kaap polisie misdaadintelligensie-eenheid sowel as van die landelike bende-eenheid, het Donderdag 5 November 2020 met die nodige lasbriewe by ‘n huis in Whitestraat, Wolseley opgedaag. Tydens die polisie se deursoeking van die huis en perseel, is daar beslag gelê op ‘n verskeidenheid dwelms en groot hoeveelhede kontant. Die polisie het op ondermeer 10 pakkies tik (nagenoeg 1.7 kg) met ‘n geraamde straatwaarde van meer as R200 000, beslag gelê. Hulle het ook twee sakke Mandrax tablette (nagenoeg 1000 tablette per sak), asook ‘n verdere drie sakkies met 100 mandrax tablette in, gekonfiskeer. Die straatwaarde word op byna R100 000 geraam. Die dwelms was versteek in ‘n versteekte kompartement onder ‘n koffietafel. Die polisie het ook op vier sakke met ‘n onbekende hoeveelheid plaaslike banknote en munte sowel as een sak met internasionale banknote daarin, beslag gelê.
2
WITZENBERG HERALD
Friday, April 16, 2021
Neem deel aan dié uitdaging
MAXINE Grootboom.
Wonderlike manier om 6-jariges Afrikaans te leer lees
APRIL tot Mei word inwoners uitgedaag om deel te neem aan die Ceres’ly Kind uitdaging. Sien jy kans? “ Om goedhartig te wees het nie net ‘n positiewe uitwerking op jou as persoon nie maar het ook ‘n positiewe impak op ander mense. Almal rondom ons kan doen met ‘n bietjie omgee. Kom ons gebruik April om goedhartigheid (kindness) te bewys teenoor andere. Met die uitdaging word jy gevra om goedhartigheid te bewys teenoor iemand anders op watter manier jy ook al goed vind. Neem dan ‘n selfie van jou en die persoon en deel dit op die Ceres’ly Positive groep op Facebook.
Die selfie kan selfs geplaas word deur die persoon aan wie kindness bewys is. Deel gerus met ons wat dit vir jou beteken het. Die uitdaging is om te kyk hoeveel selfies ons op die groep kan kry. Agtergrond ‘n Jaar gelede het die Togryers museum ‘n Facebook groep gestig met die naam Ceres’ly Positive. Die groep se lede staan tans op 2 800 waarvan die meeste van Ceres en omgewing is. “Die doel van die groep is om inwoners te inspireer tot positiwiteit teenoor mekaar en ons omgewing. Daar is al wonderlike plasings gedoen wat ons net laat besef dat ons in ‘n besondere omgewing werk en woon”.
MAXINE Grootboom van Bella Vista skryf: OP ‘n dag lees ek in die Witzenberg Herald van Truida Joubert se manier om graad 1 kindertjies te leer lees. Die Burger noem hulle blink ogies en ons moet hulle nie in die steek laat nie. Hierdie metode van met klanke leer lees klink vir my toe baie maklik en uiters logies. Daarna word alles goed verduidelik oor ‘n aantal weke in die Witzenberg Herald. Op daardie tydstip was ek reeds besig met proefonderwys vir graad eens. Ek besef dat 6jariges die voorgeskrewe metode van “kyk en sê” moeilik kan vind. Nadat ek hierdie dinge met my ma bespreek het, kom sy met ‘n uitnodiging vir my van Truida Joubert wie vas glo aan die klankmetode en baie kinders met groot sukses geleer lees het. My ma is toevallig ook die voltydse versorger van die 96-jarige Truida Joubert. Ons noem haar Missies omdat my ouma vir haar daardie naam gegee het. Sy het 52 jaar as huishulp by Missies gewoon. My jonger boeties noem haar antie Missies en sy geniet dit so baie. Sy het vir hulle ook met lees gehelp. Ek het ook haar boek baie interessant en leersaam gevind. In ‘n paar minute verduidelik sy vir my so baie dinge en ek kry soveel nuwe insigte. Alles is logies, slim en verstaanbaar. Sy skenk vir my haar notas en ek huppel huis toe vol entoesiasme oor al my nuwe kennis van onderwys. 6 klinkers 26 klanke. Dit is al. 20 medeklinkers, 10 dubbelklanke - dit is 2 klinkers langs mekaar. 4, 3 klanke - dit is 3 klinkers langs mekaar Dit is al. Daarna sal julle kan lees. Eers klanke dan woorde daarna sinne.
FRED Arendse (links), ‘n oudleerder van Hoërskool Waveren, gaan uit sy pad om leerders wat goed presteer, te ondersteun. Sy finansiële hulp is daarop gemik om die beste matrikulant en top presteerder in die eindeksamen by Waveren te help. Fred was destyds ondermeer voorsitter van die leerderraad en hoofseun van Hoërskool Waveren. Na matriek het hy betrokke geraak by mynwese en in 2005 sy eie maatskappy, die SSC-groep, begin. Fred het ‘n passie vir sy gemeenskap en is tans die voorsitter van die NPO: Peace and Prosperity Foundation en lid van die swart bemagtigingsforum. Hy het ‘n graad in menslike hulpbronne en besigheid by die Universiteit van Suid-Afrika en LDP by WITS verwerf. Hy het op 1 April 2021 se matrikulante uitgedaag om ‘n gemiddelde persentasie van 80 % in die eindeksamen te behaal, waarna hy dié leerder ‘n bedrag van R30 000 sal gee vir verdere studies. * Twee leerders het verlede Donderdag hul skenkings ontvang. VLNR: Fred Arendse, Laurenzio Cupido (het R30 000 ontvang. Hy studeer vir ‘n B.Ed.graad by UWK waar hy in tale en wiskunde gaan spesialiseer), Laurencia Cupido, Joan Beyers (wat namens Simone Beyers, 2018 se top kandidaat, die R35 000 ontvang het wat haar sal help met haar huidige verpleeg-kundige studies by UWK) en Andelene Michaels (skoolhoof). FOTOS: Peter Luitjies ‘n OUDLEERDER en 2020 se beste matriekleerder van Hoërskool Waveren op Tulbagh, Laurenzio Cupido, het 2021 matrikulante kom toespreek. Hy het vir graad 12 leerders meer vertel oor hoe moeilik matriek was weens COVID-19 en die talle uitdagings wat hulle moes oorkom. “Daar was sommige dae wat ek gevoel het om op te gee, maar my ouers het my die nodige motivering gegee om deur te druk. Soos oudpresident Nelson Mandela eendag gesê het: ‘n wenner is ‘n dromer wat nooit opgee nie. DIE Vriende van die Togryers museum het na ‘n jaar van inperking, weer die Tankwa Camino stappers op Ceres verwelkom. Alhoewel CV-19 protokol die museum se verwelkoming met koffie en worsbroodjies gekniehalter het, kon hulle darem ‘n koeldrank en heerlike Ceres appels aan die stappers gee.
ELECTORAL COMMISSION NOTICE OF APPLICATION FOR REGISTRATION OF A PARTY IN TERMS OF SECTION 16(1)(a) OF THE ELECTORAL COMMISSION ACT, 1996 (ACT No. 51 OF 1996)
Weens dinamiese groei in ons besigheid het die volgende pos ontstaan:
CCTV /ALARM / IT TEGNIKUS VIR INSTALLASIES 1. Notice is hereby given that the: WITZENBERG ONAFHANKLIKE BEWEGING (WOB) is applying for registration in terms of the Electoral Commision Act, 1996 (Act No. 51 of 1996). 2. Date on which the application will be or has been submitted to the Chief Electoral Officer 15/04/2021. 3. The abbreviation of the name of the party is: WOB 4. Anyone wishing to raise an objection against the intended registration must do so by written notice in which are set out the grounds for the objections and which must be delivered at the Office of the Chief Electoral Officer within fourteen days after the publication of this notice on 16 April 2021.
Vereistes: • Ondervinding in CCTV (IP en analoog), alarm en sekuriteit sisteme • Basiese IT kennis (Netwerke) • PSIRA geregistreer • Goeie kommunikasie- en administratiewe vaardighede • Geldige bestuurderslisensie • SAQCC sertifikasie sal gunstig wees Stuur asb. CV, afskrif van bestuurslisensie en kontakbare verwysings na: careers@jptek.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 April 2021 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u nie binne 2 weke na sluitingsdatum van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
DROOGTEHULP UITREIK vir die boere in
Nuwerus + Garies
Ons is op soek na vars produkte en kruideniersware, maar enige ander hulp is welkom.
17/18 April 2021 DuToit Conradie 071-675-0743 of Christine Conradie 082-336-9324
WITZENBERG HERALD
3
Friday, April 16, 2021
Departement gryp in na bejaarde ou pille kry Geringe COVID-19 styging - bly waaksaam DIE afgelope twee weke was daar slegs ‘n geringe toename in die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit in die aantal mense wie positief getoets het vir COVID-19. Tot en met verlede Donderdag (8 April) was daar ‘n geringe afname in die Witzenbergstreek. Terwyl minder Wes-Kapenaars tans positief toets, minder gehospitaliseer word en minder sterf weens die virus, vra die Wes-Kaap departement van gesondheid dat almal versigtig bly en volhou om voorkomingsgedrag, soos die dra van maskers en vermyding van groot byeenkomste, ens. Tans kan slegs gesondheidswerkers registreer om ingeënt te word. Na verwagting sal fase 2 van die uitrol van entstowwe in Mei begin en enstowwe sal by meer fasiliteite gebied word. Wes-Kaap gesondheidspanne in die Kaapse Wynland het sy beplanning vir fase 2 en 3 ingedien. “Ons weet baie mense is ywerig om die entstof te neem,” sê Surina Neethling, wie COVID-19 in die Kaapse Wynland moniteer en leiding gee met onder meer die benutting van infrastruktuur vir fase 2 en 3. “Terwyl die fynere besonderhede uitgewerk word, het ons elkeen se hulp nodig. Elkeen moet aanhou om homself te beskerm deur sy masker te dra, met ander te
sosialiseer in die buitelug en vir beperkte tye en om ‘n veilige afstand te hou van mekaar. As jy vir COVID-19 toetsing gaan, dui aan as jy woon in groepsopset soos ‘n koshuis. Besonderhede soos hierdie help ons om vinnig te identifiseer of jy dalk met baie mense in aanraking was.” Witzenbergstreek statistieke Daar was die week net 6 aktiewe gevalle in die Witzenbergstreek. Teen Dinsdag 13 April was daar 5011 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 4780 volkome herstel het. Uit die syfers het Ceres die meeste positiewe gevalle aangemeld (1005) gevolg deur Bella Vista met 866, P.A. Hamlet met 701, Wolseley met 576, Tulbagh met 518 en Nduli met 429. Twee honderd vyf en twintig (225) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Een persoon van Ceres is die afgelope week oorlede. Ceres se getal sterftes sover was 46 gevolg deur Wolseley met 34, Bella Vista met 32, P.A. Hamlet met 27 en Tulbagh met 23. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 11 509 (tot 12 April) met 281 535 positiewe gevalle en 267 838 wat al herstel het. Daar is al 53 001 mense in die Wes-Kaap ingeënt teen CV-19.
Moordondersoek duur voort DIE drie moorde waarmee ‘n reeksmoordenaar op Wolseley verbind word, word nog ondersoek. Siyamcela Sombambela (32), ‘n gewese plaaswerker, is op 24 Oktober 2020 gearresteer vir die moord op drie jong vroue. Die saak is na 18 Mei uitgestel vir verdere ondersoek. Al drie slagoffers is nou uitgeken. Die beendere van ‘n derde slagoffer wat gevind is, is deur middel van DNS-toetse vasgestel as die van Gisela Minnaar. Kort na die arrestasie van Sombambela is die liggaam van die 21jarige Bernadine Frans (Cloete) gevind. Haar liggaam is Saterdag 24 Oktober langs ‘n grondpad gekry nadat ooggetuies gesien het hoe Sombambela ‘n liggaam sleep. Die tweede slagoffer was Miché Pienaar (25) wat slegs aan haar vingerafdrukke uitgeken is. Haar beendere is Sondag 25 Oktober gevind nadat ‘n voetganger ‘n vlak graf in ‘n stuk veld opgemerk het.
We offer: · · · · · · · · ·
Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems
DIE Wes-Kaap departement van gesondheid het verlede week ‘n dringende ondersoek geloods nadat ‘n bejaarde inwoner en ‘n Parkinson-lyer van Wolseley, pille by die Wolseley kliniek ontvang het wat maande gelede al verval het. Shandre Pietersen het namens haar ma, Patricia, ‘n skriftelike klag onder die gesondheids departement se aandag gebring. Tydens hulle besoeke aan die kliniek op 16 en 19 Maart en 6 April is die familie nie baie goed behandel nie en van die medikasie was nie beskikbaar nie. Op 6 April is mev. Pietersen se Parkinsons medikasie klaar en haar dogter skakel die kliniek om reëlings te tref dat die pille afgehaal kan word. Die apteker was ongeskik oor die foon en ondermeer gesê die familie moet op 7 April by die kliniek aanmeld om die nuwe medikasie te kry. Op 7 April is hulle na die kliniek om die medikasie te kry. Terwyl Shandre en haar ma by die apteek wag sien sy dat haar ma se vorige Parkinsons voorskrifte (carbilev ® 25/100) verval het. Dit is ondermeer op 1 Februarie 2021 uitgereik maar het al in September 2020 verval, op 15 Februarie 2021 uitgereik maar het in Januarie 2020 al verval en op 7 April 2021 uitgereik en verval einde April 2021. Nadat dit onsuksesvol onder die kliniek se apteekpersoneel se aandag gebring is en omrede die familie bekommerd is dat daar moontlik newe effekte kon wees en dat die ou pille geensins vir mev. Pietersen help nie, is die klagte aan die departement van gesondheid gestuur. Hulle was ook bang om die Parkinsons medikasie verder vir mev. Pietersen te gee aangesien niemand weet wat die nagevolge op haar gesondheid kan wees nie. Die familie het nie ‘n mediesefonds nie maar wou ook nie weer na die kliniek teruggaan oor die swak dienslewering nie. Kommentaar “Die Wes-Kaap gesondheids departement vra om verskoning vir die Pietersens se ervaring en bedank hulle dat hulle na vore gekom het sodat dit aangespreek kan word”. Medikasie word volgens beleid gereeld nagegaan en ook indien voorraad wat sy vervaldatum bereik het, opgemerk word. Die departement stel ook professionele, vriendelike hulp, van ons personeel hoog op prys. “Nadat ons bewus gemaak is van die familie se ervaring, het die bestuur van Wolseley-kliniek dadelik ondersoek ingestel en met die Pietersens geskakel vir meer inligting. Reëlings is getref sodat die betrokke personeellid se vaardighede opgeskerp word en ‘n toesighouer fyn monitering doen.
Die proses waarop voorraadopnames gedoen word, is ook aangepas om gapings uit die weg te ruim en dissiplinêre stappe word geneem”. “Dit is vir ons belangrik dat veral ouer/verswakte persone se kliniek- of hospitaalbesoeke so aangenaam en doeltreffend as moontlik is. ‘n Bestuurslid het met die Pietersens geskakel om die sorg van mev. Pietersen te bespreek”. “Ons wil pasiënte aanmoedig om soos die Pietersen-familie, altyd medikasie na te gaan. Soms verander die maatskappye wat medikasie aan die departement verskaf, wat beteken dat medikasie waarmee jy bekend is, dalk ‘n ander kleur of ander voorkoms het. As jy enige vrae het oor medikasie wat jy ontvang het, praat met die apteekpersoneel of die fasiliteitbestuurder”. Hulp beskikbaar Inwoners kan ook gebruik maak van die tolvrye nommer 0860-142-142 of ‘n ‘Please Call Me’ stuur na 079-769-1207 of ‘n e-pos stuur na service@westerncape.gov.za.
SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.
SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES
066 205 3312
023 1000 515
info@jptek.co.za
Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies
4
WITZENBERG HERALD
Friday, April 16, 2021
Kinders moet bejaardes help beplan vir hul aftrede NAVORSING het bewys bejaardes en afgetredenes kan nog tot 35 jaar langer lewe na aftrede. “Gaan ons finansieel nog vir soveel jare kan oorleef op ons huidige pensioen? Gaan ons nog vir so lank gesond wees sonder ernstige siekte toestande? Wat gebeur as ek nie meer langer in my eie huis kan woon nie? Waarnatoe moet ek gaan? Vir die meeste mense bring ouderdom ‘n nuwe stel uitdagings en vrae. “Wanneer ons nader aan die verouderde fase beweeg wil mense nie graag oor hierdie fase dink of besluite neem nie. Ons wil dit diep in ons agterkop bêre”. Gesondheidsprobleme kan jou forseer om jou onafhanklike leefstyl op te gee. Kinders woon vêr afstande van jou af of oorsee en is dalk nie altyd in voeling met jou huidige behoefte nie. Wanneer daar skielike siekte toestande intree of ander probleme moet kinders gewoonlik die voortou neem en besluite maak. Om te verhuis is ‘n emosionele ondervinding, veral as jy lank in een huis gewoon het en om jou goedere tot die minimum moet verminder. Daar is dalk familie-aandenkings soos meubelstukke, stokperdjies en ander stukkies geskiedkundige goedere wat jy al lank bewaar
het en wat jy dalk nie kan saamneem nie. Wat nou? Het kinders plek vir hierdie goed of het hulle dieselfde belangstelling om hierdie stukkies geskiedenis ook te bewaar? Hierdie is maar net ‘n paar van die tipe probleme wat oor jou pad gaan kom. “Vir kinders van ouers wat na ‘n tehuis vir bejaardes moet verhuis, is die uitdagings baie meer intens. Ek weet van gevalle waar ouers tot met hulle dood kwaad was vir kinders wat hulle na ‘n tehuis vir bejaardes geneem het. Dit kort goeie beplanning, familie-gesprekke en baie geduld”. Wanneer is die tyd reg vir so ‘n besluit? “Vandag is die veiligheid die nommer een oorweging, want ons weet ons bejaardes is die teikengroep vir misdadigers. En volgende is siekte toestande soos Alzheimers, beroertes en ander siektetoestande wat ons beweging kan aantas”. “Val is ook een van die groot risikos. Tuisversorging is ‘n duur opsie en kan ‘n korttermyn oplossing wees, maar op die langer duur is ‘n fasiliteit ‘n beter opsie. Mediese onkoste is ‘n baie groot finansiële uitgawe aangesien ons langer leef. As ‘n mens vir 40 tot 50 jaar gewerk het en ‘n me-
diesefonds kon bekostig maar na aftrede dit nie meer kan bekostig nie, kan dit werklik vir ouers en kinders ‘n groot uitgawe raak. Ons lees gereeld van die mediese dienste vir bejaardes by staatshospitale en die swak behandeling en is dit verseker ‘n belangrike punt vir bespreking”. Kinders moet ten alle tye empatie en simpatie teenoor hulle ouers betoon wanneer besluite oor verhuising geneem word. Help jou ouers om te verstaan jy ondersteun hulle in die besluit. Bespreek vroegtydig hoe daar na hulle kosbare besittings omgesien sal word. Wees taktvol, moenie ongeduldig raak nie, veral wanneer daar besluite moet geneem word oor sekere besittings. “Ons almal is sentimenteel oor sekere goed wat dalk vir ander mense geen waarde het nie. Om ‘n leeftyd se goed te sorteer en af te skaal na ‘n bed, bedkassie, stoel en tafeltjie is nie ‘n maklike besluit nie”. Bespreek opsies vir verhuising. Is daar hospitale naby, is daar dokters beskikbaar, is dit veilig en is dit ‘n bekende omgewing vir hulle of dalk ‘n vreemde dorp of omgewing. Gaan besoek tehuise, ontmoet die personeel, as dit in ‘n vreemde omgewing
Hospital visitation amended ALLOWING patients to be visited by their loved ones is an essential part of their recovery and wellness. It is also reassuring for young patients or the elderly to have an escort present when visiting the emergency room or outpatients department. “However, with the COVID-19 pandemic we must remain vigilant to avoid congestion and to maintain a safe physical distance between people by decreasing he number of people in our facilities”. New guidelines - Visitors and escorts are only allowed at health facilities under special circumstances. - All visitors and escorts must be screened at the entrance of the facility. Outpatients: - One escort is allowed for paediatric, disa-
bled, vulnerable or enfeebled (weak) patients. Emergency Unit: - Paediatric patients - one escort allowed to accompany patient into emergency room. - Terminal patients - family members allowed to be present, but only one or two family members allowed to be present at a time. - Disabled/vulnerable patients - one escort may be allowed depending on situation. Will be assessed on case-to-case basis. - All other patients: One escort who will remain in waiting room if there is sufficient space. Inpatients (adults): - Limited to 30 minutes visitation per visitor. - Visiting time period of 60 minutes per day. Confirm with hospital what the ward’s visiting hours are before visiting. - Terminally ill patients allowed to be visited by loved ones. Restricted to 30 minutes per
person per day - more people and longer time at discretion of ward manager. - Critically ill patients allowed one designated visitor once per day. Inpatients (paediatric): - One parent/caregiver can be with the patient. - Parent/caregiver can alternate with other parent/caregiver, but only one allowed with patient at a time. - More family members allowed for terminal patients for 30 minutes - one person at a time. More people and longer time slots at discretion of ward manager. Neonatal patients: - Mother can remain with patient or regularly visit. - Birthing partner or one designated person can visit daily for 30 minutes. Longer visita-
is, vind uit watter geriewe is daar beskikbaar. As jou ouers na ‘n aftreeoord verhuis, vind uit of daar ‘n versorgingsafdeling is, as dit benodig word. Vergelyk pryse en vind uit watter tehuis bied vir jou beste diens. “Die meeste van ons gaan oud word. As ouer kan jy ook die proses vir jouself en vir jou kinders makliker maak. Kry sekere goed in plek soos ‘n testament, ‘n lewendige testament (living will), begrafnisreëlings en polisse, dokumentasie omtrent jou huis of besittings en bespreek hierdie tipe van goed met jou kinders. Ek sien en beleef dit gereeld, wanneer ‘n ouer oorlede is, is daar niks in plek nie en kinders moet inderhaas besluite neem”. “Niemand wil met onnodige spanning sit as ons oud word nie. Oorweeg sekere goed betyds soos het ek werklik nodig om in so ‘n groot huis te woon as die kinders almal uit die huis is. Moet ek dalk verhuis na ‘n kleiner huis of nader aan die familie vir beter familie ondersteuning? Soos ek genoem het, ons kan tot 35 jaar langer leef na aftrede, so vroegtydige beplanning is ‘n absolute noodsaaklikheid. (Artikel geskryf deur Karen Klopper) tion at discretion of ward manager. Maternity & labour: - COVID-19 positive patients in labour - no birthing partners allowed. - COVID-19 negative patients in labour - one birthing partner during active labour if sufficient space and privacy available. - C-section: Birthing partners not allowed in theatre, but can visit mother and baby for 30 minutes in postnatal ward. - Post-natal ward: Birthing partner allowed to visit mother and new-born for 30 minutes per day during visiting period. COVID-19 and PUI patients: - No visitors allowed. - Can drop off parcels (toiletries, food, books) exceptions will be made for terminally ill patients. - All other adult patients not allowed visitors. Parcels can be dropped off at hospital facility. Family will be updated on patient’s condition.
OPGELEIDE SEISOENALE WERKERS Januarie 2022 Vrugte en Groente (Vaste termyn) Wakkerstroom, 35km buite Ceres, benodig seisoenale werkers met die volgende vaardighede: TOESIGHOUERS / SPANLEIERS (6): Minstens graad 11 met minimum 5 jaar ondervinding van spesifieke posaanwending en toepaslike opleiding. TREKKERDRYWERS (4): Minstens graad 8 met minimum 3 jaar toepaslike ondervinding by vrugte of groente. SNOEIERS (42): Minstens graad 6 met minimum 5 jaar snoeiervaring en opleiding vir snoei van appels en pere. SORTEERDERS / PLUKKERS / GROENTEPAKKERS / UIEKNIPPERS (98): Slegs persone wat een of twee van bogenoemde take vir ten minste 2 seisoene suksesvol gedoen het, kan kwalifiseer. ALLE AANSOEKERS MOET: • Verkieslik 20 jaar of ouer wees (18 + 2 jaar werksondervinding) of soos aangedui, 18 jaar + jare ondervinding benodig • Vir die termyn van die kontrak op die plaas woon • Afrikaans of Engels vaardig wees • Beskik oor wettige SA ID dokument of toepaslike permit/paspoort • Gesond en fiks wees vir plaaswerk vereistes • Bewys kan lewer (skriftelik) van toepaslike werksondervinding • Produktiewe werkers wees wat die termyn kan voltooi • Sober gewoontes hê. VERGOEDING: Die werkgewer sal aan die Sektorale Vasstelling 13: Wet op Basiese Diensvoorwaardes (Wet 75 van 1997) voldoen. Skriftelike aansoeke, met kontaknommer en bewys van vorige werksondervinding kan gerig word aan: Die Eienaar, Wakkerstroom, Posbus 410 Ceres of per e-pos aan eppie@zulch.co.za Navrae: (023) 313-3226 Sluitingsdatum: 30 April 2021
Verdun Landgoed te Prince Alfred’s Hamlet, beskik oor hierdie nuwe uitdagende geleentheid vir ‘n selfgemotiveerde en praktiese persoon.
Instandhoudings- / Werkswinkelbestuurder Ceres Die posbekleër sal aan die direksie rapporteer en verantwoordelik wees vir vir die algemene instandhouding van die pakstore, koelkamers en infrastruktuur sowel as vir die bestuur en uitvoering van werkswinkeltake. Kernfunksies: • Bestuur van ambagspersoneel • Opstel en implementering van voorkomende instandhoudingsprogram • Opstel en bestuur van werkswinkel en onderhouds begroting • Aankope van onderdele, masjinerie en toerusting • Opleiding van operateurs. Kwalifikasie en ondervinding: • Graad 12 • Geldige bestuurslisensie • Toepaslike meganiese kwalifikasie • Kennis en ondervinding van die herstel en instandhouding van voertuie, trekkers en implemente • MS Office vaardig. Die ideale kandidaat beskik oor goeie interpersoonlike en organisatoriese vaardighede om die onderneming in spanverband te versterk as ondersteuningsdiens. Indien jy belangstel in die geleentheid, e-pos asb ‘n volledige CV aan admin@casupport.co.za of rig enige navrae aan Ilana by (021) 913-0828 Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons jou binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie skakel.
DIE gemeenskap se hulp word gevra om dié kabeldief vas te trek. Die persoon het verlede Vrydag 2 April omstreeks 04:03 talle kabels, telefoonlyne en selfs lugversorgerdrade agter die Luytgebou op Ceres afgeknip. Hy het duisende rande se skade aangerig teenoor ‘n klein bedraggie geld wat hy moontlik vir die kabels gaan kry. Indien jy kan help, skakel sers. Burrows by Ceres speurders (023) 316-8500. * Die inskrywing op Facebook is die afgelope week meer as 250 keer gedeel en meer as 46 500 mense het daarna gekyk.
WITZENBERG HERALD
5
Friday, April 16, 2021
CMF4K
Vat nou hande en help kinders van Steinthal
DIE Charl Munnik Foundation for Kids is ‘n inisiatief wat begin is kort nadat Charl Munnik van Worcester tragies gesterf het in ‘n besigheidsroof. Charl is op 29 Januarie vanjaar dood skaars 12 dae nadat hy COVID-19 oorwin het. Hy was twee weke in die hospitaal en was kort voor sy dood in sy woonstel bokant hul juwelierswinkel besig om van CV-19 te herstel toe hy later deur rowers doodgeskiet is. Agtergrond In Desember 2020 het hy Steinthal kinderhuis besoek. Nadat hy CV-19 oorwin het en skaars twee dae voor sy dood in Januarie, het hy met Steinthal kinderhuis in verbinding getree en gevra dat hulle ‘n wenslys moet opstel. Hy het dit nooit gesien nie nadat die wenslysie ‘n dag na sy dood eers bekend geword het. Begin met die Foundation vir Kids Na sy dood het sy suster, Suzanne Haylett van Worcester en jare gelede ‘n inwoner van Ceres, saam met Arrie Fourie en Cecile Strydom, begin met die Charl Munnik Foundation for Kids. Die stigting gaan kinderhuise in nood help. Die eerste kinderhuis wat nou gehelp gaan word is Steinthal Kinderhuis op Tulbagh. Een van die drie koshuisdakke by dié Kinderhuis het dringend opknapping en regmaak nodig asook algemene herstelwerk van meer as R600 000. Die dak lek water en plafonne is daarmee heen met al die water wat inloop. Dit hou ook ‘n gesondheidrisiko in vir die 150 koshuisleerlinge. Die Witzenberg gemeenskap, veral inwoners en besighede van Ceres en Tulbagh,
EEN van Steinthal se koshuisdakke moet herstel word, plafonne moet vervang word en binnemure sowel as buitemure moet geverf word. Kundige hulp is nodig om die voorbereiding te doen en te verf.
word gevra om die stigting en die projeke te ondersteun. Die CMF4K het reeds talle donansies van Worcester ondernemings ontvang wat aangewend word om die dak te begin herstel, plafonne wat vervang moet word en mure wat binne en buite geverf word. Hulle het egter kundige hulp nodig om voorbereiding te doen en te verf. Die materiaal hiervoor beloop nagenoeg R200 000. Motorfiets entoesiaste Charl was ook ‘n entoesiastiese motorfietsryer. Motorfietsgeesdriftiges en vriende van Charl beplan ‘n Pillowrun waar elke motorfiesryer ‘n kussing of beddegoed na Steinthal Kinderhuis bring. Die projek vind plaas op Saterdag 8 Mei en plaaslike inwoners kan ook hierby inskakel. Donansies Alle donasies sal waardeer word. Inwoners wat kan help met arbeid of ‘n verwer wat sy dienste beskikbaar kan stel, sal baie help om die projek vinnig te laat vorder. “Dit sal baie waardeer word as daar besighede of plase is wat aartappels, groente en vrugte kan skenk. Steinthal is in groot nood en enige hulp wat ons kan kry sal baie waardeer word. Ons vra die gemeenskap om hande saam met ons te vat om ‘n verskil te maak in kinders se lewens”. Die bankbesonderhede is: Charl Munnik Foundation for Kids, FNB, takkode 250-655, tjekrekening 628-9045-1950. Vir navrae skakel Suzanne Haylett by 072-345-3914 of stuur ‘n epos na info@charlmunnikfoundation.org of besoek die webtuiste by www.charlmunnik foundation.org
DIE Witzenberg Photographic Society (WPS) het drie lede van Charlie Hofmeyr se fotografieklub vir ‘n Duitse fotokompetisie ingeskryf. Liza du Toit het een aanvaarding ontvang, Jani van der Merwe (foto onder) het een aanvaarding ontvang en Bianca Nagel (foto bo) het vier aanvaardings ontvang. Alexa Bothe van Swartland Hoërskool en ‘n lid van WPS, het ook vier aanvaardings ontvang. * Dit is ‘n uitmuntende prestasie vir hulle as ‘n groep in hul eerste internasionale deelname. Bianca Nagel en Alexa Bothe het saam algeheel 20ste geëindig.
Charl Munnik Foundation for Kids, FNB, takkode 250-655, tjekrekening 628-9045-1950. Vir navrae skakel Suzanne Haylett by 072-345-3914 of stuur ‘n epos na info@charlmunnikfoundation.org of besoek die webtuiste by www.charlmunnikfoundation.org
Catchment Management Agency Opvanggebied Bestuursagentskap I-Arhente yoLawulo lomMandla nokungqongileyo 51 Baring Street, Worcester 6850 Private Bag X3055, Worcester 6850 The Breede-Gouritz Catchment Management Agency (BGCMA) is an established Public Entity of the Department of Water and Sanitation. The Breede-Gouritz CMA exists to manage water resources responsibly through the continuous engagement with all stakeholders and devolve decision making to the lowest level for the benefit of all water users in the Breede-Gouritz CMA, including the environment. The BGCMA invites applications from suitably qualified, experienced, and skilled applicants to the following vacant positions: • • • •
Jong fotograwe presteer
Compliance Officer X 2 Billing and Invoicing Clerk Revenue Help Desk Clerk Cleaner
To view the comprehensive advertisement, application requirements, procedures, and response details, please visit our website: www.breedegouritzcma.co.za A position may be withdrawn, re-advertised, or filled by way of lateral transfer should it be considered in the interest of service delivery. Closing date: 29 April 2021.
PP MONG TRUST Hierdie is ‘n Landboubesigheid waarvan die produksie-eenhede geleë is in die Vyeboom-area en waar vrugte, graan, vleis en groente geproduseer word.
PRODUKSIEBESTUURDER VILLIERSDORP (HOUMOED PLAAS) Hierdie is ‘n senior pos en rapporteur direk aan die Trustees. Die volgende posvereistes geld: • ‘n Toepaslike naskoolse kwalifikasie in vrugteverbouing. • Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels. • Toepaslike bestuursondervinding en deeglike kennis van die nuutste tegnologiese ontwikkelinge in vrugteverbouing. • Moet goeie menseverhoudinge kan bou en handhaaf om ‘n diverse werksmag effektief te bestuur en bemagtig. • Deeglike ondervinding van die administratiewe prosesse in die vrugtebedryf. • Rekenaargeletterdheid is ‘n vereiste. Kandidate wat in staat is om ‘n goeie opbrengs van hoë kwaliteit vrugte te verseker deur die bestuur en motivering van produksie hulpbronne en werksmag, is welkom om aansoek te doen. In ruil vir u kundigheid en ervaring bied ons ‘n markgerigte vergoedingspakket met aangename werksomstandighede. Rig asb. u aansoek per e-pos aan: van12@telkomsa.net Sluitingsdatum vir aansoeke: 25 April 2021 Indien u nie binne 3 weke vanaf die sluitingsdatum van ons verneem nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.
6
WITZENBERG HERALD
classifieds
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Crystal Dickson Heyns
Frank Esau 1955/10/26 - 2021/04/06 Privaat begrafnis: Sat. 17 April 2021
• Slegs 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Kerk: 09:00, PPK, Bella Vista Graf: Bella Vista
CERES NICO
1987/02/15 - 2021/04/05 Privaat begrafnis: Sat. 17 April 2021
• 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Huis: 10:00, Madeliefiestr. 27, Wolseley Graf: Wolseley
Begrafnisdienste
/ Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
Anneke Suzette Sym
Hendrik Cupido
1968/10/24 - 2021/04/07 Privaat begrafnis: Sat. 17 April 2021
• 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Roudiens: Don. 15/04/2021 om 19:00, Suncrest 3, Ceres Verdere inligting in verband met begrafnis, sal deur gegee word.
CERES NICO
1968/06/11 - 2021/04/04 Privaat begrafnis: Son. 18 April 2021
• 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Huis: 10:00, Tinktinkiestr. 1992, Fase 5, PA Hamlet Kerk: 11:00, Babbelbekkie Kleuterskool Saal, PA Hamlet Graf: Bella Vista
Begrafnisdienste
/ Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John
Anneke Suzette Sym 1968/10/24 - 2021/04/07
Dit het die Here behaag om van ons weg te neem my geliefde eggenote, Anneke, moeder en ouma, in die ouderdom van 51 jaar. “Vir haar was ontvang nie belangrik nie, maar gee was vir haar prioriteit. Dankie dat jy aan ons altyd die beste geoffer het. Ons weet dat jy vandag veilig in Jesus se arms is”. Van jou eggenoot, kinders, kleinkinders en die familie
Barend Jacobus Galant 1963/03/29 - 2021/04/10 Privaat begrafnis: Son. 18 April 2021
• Slegs 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Huis: 09:30, Kromfontein Kerk: 11:30, VGK, Op-die-Berg Graf: Op-die-Berg
CERES NICO
Begrafnisdienste
/ Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John
Bradly Hermanus Paulse
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
IN LOVING MEMORY OF THE LATE LYNDEL LORRAINE TITUS 14 April 1950 - 9 Junie 2020
Your 1st Birthday in Heaven God needed Angles to surround him with and he picked you as one. Though it hurts and we miss you, we know that you are with Him. Your laughter is no more but we carry your wisdom in our minds. Miss you always!! From Rosy and family
Happy Heavenly birthday
Derrick (Detta) Frantz 1944/04/12 - 2015/06/14
Vandag vier jy jou 6de verjaarsdag in die Hemel. Ons koester die vreugde van herinneringe, wat ons altyd in ons harte sal bewaar. Van jou vrou Sus, kinders en kleinkinders
Privaat begrafnis: Son. 18 April 2021
Huis: 09:00, Vygiesingel 1072, BV Kerk: 10:00, Heilige Evangelie van SA (Jaques Klaasen) Graf: Bella Vista
Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814
082-859-2300
PROF MUSA & MAMA ZAINA
CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
Voortrekkerstr., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
082-399-4068 Services: sell, install & repair
✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service
AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
1995/08/10 - 2021/04/10 • 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Skakel
Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuigsitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 w.t.o
STEFAN STEYN 083-227-6476
‘FOR ALL YOUR RESIDENTIAL & INDUSTRIAL NEEDS • Patios & driveway paving • Full brick paving • Half brick paving • Tiling • Swimming pool coping • Concrete work • Vibracrete installations • Retaining walls CONTACT US ON: 071-273-5573 Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
100% finansiële sukses & verhoudingskenner • Finansiële groei • Verlore minnaar terug hou • Help Lotto • Casino nommers, asook huwelike • Help met geestelike probleme • Raak ontslae van bose geeste in woning • Help met kontant in rekening asook skuldprobleme deur amagwande • Help met padongelukfonds uitbetaling • Towering vir jou beursie om te help met finansiële bystand • Help met hofsake en bevorderings in die werksplek Bel/Whatsapp
081-702-0032
Dr Johnson Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson Hy wil dit gee vir mense wat: • met ‘n besigheid wil begin • sterk medisyne nodig het om verskillende probleme op te los • ‘n verlore minnaar terug te kry • ‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop • medisyne vir mans om krag te gee • enige hofsake • ‘n ongeluksfonds betyds te kry
Anointed Prophet Joelmacy
is back, from the Mountain of Zion in Israel. Apostle has come back with Miracle Healing, Water and Stones from river Jordan. He is going to see one on one Pastors who want to have big churches, people who want to start a big business, those who are not enjoying marriage or relationship. I have been blessed with some medicine to stop people smoking and drinking. We gonna have prayer and medicine to stop your lover cheating on you, to stop divorce, get promotion at work, mens power medicine, win tenders and court cases, win LOTTO and get back lost lover.
Call 081-722-9133
Allan Financial luck, business boost. Pension and provident claims. Home and business cleansing. Chase away bad luck Personal and relationship problems.
065-631-1997
PLANT AND TOOL HIRE
Skakel of Whatsapp
074-466-5760
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Maama Baraka
Christiaan 079-177-2490
JOU OPLOSSING IS HIER Liefdes spel/palmlesing ......................... R20000 Geld in rekening in uur ......................... R15000 Skrap lenings ...... R15000 Wen Lotto/Powerball ......................... R22000 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ........... R20000 Wen hof-/egskeidingsake ......................... R19990 Werkpromosie ..... R20000 Skoonmaak en beskerming van huis ............. R20000 Geluksolie/towering ......................... R30000 Pensionarisse betaal as werk klaar is.
Friday, April 16, 2021
☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
Work opportunity for well groomed youth with a minimum work experience of 2 years, who love to work with people and can work well under pressure.
R5 000 Basic salary + R2 000 Commission Business type: Sales and Marketing If you have a driver’s licence and your own reliable vehicle, we also have Training Management positions. WhatsApp your CV (and 3 pictures of yourself) to: 063-025-2341 or email to Info@sessolcctv.co.za
Soek motors en bakkies om te koop. Aandag! Aandag! Dadelik kontant. Ons doen ook Bankaflosse. Skakel 079-3792898. c/s DB21 16/4
Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.
‘n INWONER van Tulbagh, Everyhelda Smit, het saam met Daniël en Mary Combo van Eersterivier, plaaslike kinders se harte verbly met paaseiers, kerrievis, suikerlekkers, ‘n waslap en seep. Smit bedank alle donateurs. Hier is Everhelda Smit saam Mary Combo, Petronella Booysen, Daniël Combo, Lee-Chandré Adams, Magdaleen Potgieter, Letitia Adams en die kinders afgeneem.
VUURWAPEN BEVOEGDHEID EN AANSOEKE VUURWAPEN BEVOEGDHEID Wet van Vuurwapenbeheer Gebruik van Handwapen Gebruik van Haelgeweer Gebruik van Geweer of Karabyn Gebruik van Selflaaigeweer of Karabyn
VUURWAPEN AANSOEKE Nuwe Vuurwapenlisensie Hernuwing van Vuurwapenlisensie
MOTIVERINGS
Skakel ons vir enige navrae. Koste met navrae beskikbaar. Neels: 082-335-8331 CJ: 082-837-4325
Skakel of whatsapp
078-777-8802
Dr Mama Mzeei Herbal Expert Traditional Healer
Here for all your personal problems. Big or Strong She will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres
Krieketklub bedank borg
073-016-4088
DIE Eagles Sosiale krieketklub wil Heinrich Sauls bedank vir die skenking van hulle nuwe uitrustings. Die borgskap word waardeer deur elke speler en bestuurslid en die span hoop om hom trots te maak as die seisoen weer begin.
Call Mama for appointment:
WITZENBERG HERALD
7
Friday, April 16, 2021
nuusbrokkies BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. CERES netbalklub wil graag hul 2021 seisoen afskop. Belangstellendes met navrae kan Beverley by 083-402-1246 of Sandra by 071-884-0073 skakel. HET jy goeie storieboeke (Engels en Afrikaans) maar wonder wat om daarmee te maak? Die Togryers museum wil graag ‘n langtermyn boekuitruil-biblioteek begin en benodig skenkings van goeie kwaliteit boeke. Indien jy kan help skakel die museum by 076-689-2885 of (023) 312-2045.
TWEE Ceres rolbalspelers, John Ackerman en Stoffel Lambrechts (naas regs en regs), was die afgelope naweek die naaswenners in die Wynland mans pare kompetisie wat in Worcester plaasgevind het. Die Robertson-span van Mark Beviss-Challinor en Callie van der Merwe was die wenners.
VROUE rolbalspelers van Ceres het in die Wynland vroue pare uitgeblink. AGTER: Cobie Coetzee en Engela Lambrechts was die naaswenners en Charmaine Mostert en Marietjie van den Bergh was die algehele wenners. Charmaine en Marietjie het deurgedring na die Boland vroue pare finaal wat op 24 April in Worcester gespeel word. VOOR: Die Wellington spelers Charmaine Theron en Margie Jardine, was derde. * Marietjie van den Bergh was die naaswenner van die Boland Ope enkelspel op 21 Maart en Engela Lambrechts was tweede in haar afdeling. Stoffel Lambrechts het gekwalifiseer vir die Boland Ope mansenkels en derde in sy afdeling gekom.
Rolbalspelers vaar goed in toernooie ENGELA en Stoffel Lambrechts van Ceres rolbalklub het onderskeidelik die Wynland Veterane enkels vir vroue en mans gewen en deurgedring na die Boland finaal.
Laastedrif Agri (Edms.) Bpk., is ‘n gevestigde, kommersiële landbou onderneming, wat spesialiseer in die verbouing van vars groente en vrugte. Laastedrif bedien ‘n reeks plaaslike supermarkte asook buitelandse markte. Die maatskappy, beskik tans oor die volgende vakante betrekkings:
SENIOR PRODUKSIE BESTUURDER: VRUGTE (CERES) EN SENIOR PRODUKSIE BESTUURDER: GROENTE (SANDVELD) Die geskikte kandidate sal direk aan die Bestuurder van die toepaslike Besigheidseenheid rapporteer. Voorvereiste: Toepaslike landbou kwalifikasie met minstens 5 jaar praktiese ondervinding in die verbouing van Vrugte of Groente. Oorweging sal ook geskenk word aan applikante (junior bestuurders) wat oor die nodige groei potensiaal beskik. Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir: Onafhanklike bestuur van besigheids-eenheid, produktiwiteits-bestuur, deeglike rekordhouding en verslaggewing, bestuur van beste boerdery praktyke. Goeie rekenaar- en excel vaardighede sal voordelig wees. Kandidate moet ‘n goeie werkende kennis en ondervinding hê van: Koste- en begrotings- en kwaliteits bestuur, Produksie-beplanning bv. grondvoorbereiding, aanplantings, besproeiing. Vermoë om te beplan, prioritiseer en take doeltreffend in tyd af te handel, logiese fout-opsporing, goeie arbeidsverhoudinge, gewilligheid om na-ure te werk indien benodig en ‘n positiewe ingesteldheid teenoor wêreldklas standaarde. Vergoeding: Laastedrif bied ‘n markverwante vergoedingspakket, met pensioen voordele. Indiensname: Onderhandelbaar Sluitingsdatum: 30 April 2021 Stuur asb. u aansoek aan: Die Bestuurder, Menslike Hulpbronne, Laastedrif Agri (Edms) Bpk per e-pos na hrm@cillie.co.za. Alle aansoeke moet insluit: Bewys van kwalifikasie, rybewys, u huidige kennisgewingsperiode, asook 3 kontakbare verwysings. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang het nie, moet u asb aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Laastedrif Agri (Edms.) Bpk. ondersteun die reëls en voorskrifte van Gelyke Indiensname.
Vir meer inligting rakende die besigheid en betrekkinge, besoek gerus ons Facebook blad, asook webtuiste by www.laastedrif.co.za
DIE Vriende van die Museum se volgende uitstappie wat beplan word is op Saterdag 17 April na Koelfontein, buite P.A. Hamlet. Belangstellendes kom 09:00 by die afdraaipunt van die Christie Prins staproete op pad na Gydopas toe, bymekaar. Vir navrae skakel die Togryers museum by (023) 312-2045 om plek te bespreek. HET jy dalk ‘n boekrak wat net rondstaan? Die Togryers museum benodig ‘n boekrak vir hul Boekuitruil Biblioteek wat eersdaags in aanvang neem. Indien jy kan help, skakel ons by (023) 312-2045.
8
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, April 16, 2021
Witzenberg Herald
COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot
Boetie vaar goed in Munga Grit REVALDO Maurice (19), ‘n belowende jong rugbyspeler van Pine Valley, Wolseley, is in Januarie vanjaar opgeneem in die Griekwas se rugby-akademie in Kimberley. As onder-20 agterlynspeler, staan Revaldo op die drumpel van ‘n belowende sportloopbaan en ‘n moontlike senior kontrak vir 2022. Die Griekwa rugby-akademie ondervind weens CV-19 tans uitdagings met ‘n tekort aan borgskappe en finansiële ondersteuning vir hul groep jong rugbyspelers. * Revaldo se familie, vriende en die gemeenskap van Pine Valley, vra die Witzenberg gemeenskap om hom te help met ‘n donasie of skenking aan die akademie ten bate van Revaldo Maurice. ** Alle geldelike bydraes, donasies of skenkings kan gemaak word aan: UXI Sport Griquas Rugby Institute, FNB tjekrekening no: 62840052708 en verw: GRI011119RM (Revaldo Maurice). Vir verdere inligting oor die vordering van Revaldo Maurice, asook vir die aanstuur van bewys van enige skenkings of donasie, skakel gerus Lennox Plaatjies (fondsinsamelings-koördineerder) by 083-304-2824 of per epos na lennxpl@gmail.com
Deur Pierre de Jager BOETIE Hugo van Ceres het vanjaar uitstekend gevaar tydens die Munga Grit wat die naweek buite Ceres plaasgevind het. Boetie se deursettingsvermoë en ervaring oor die ultra afstande het hom in staat gestel om ook dié moordende wedren in die 19de plek te voltooi. Die Munga Grit (560km) bergfietswedren is die helfte van die afstand van die Munga (1120km), maar die hoeveelheid vertikale klim van meer as 6000 meter is baie na aan dieselfde. Deelnemers het slegs 50 ure gehad om hierdie uitdagende roete te voltooi. Die wedren is nie jou gemiddelde Sondagoggend pretrit nie. Diegene wat beide die Munga en Munga Grit al voltooi het, sal getuig dat die helfte van die afstand definitief eintlik moeiliker is. Van die meer as 80 deelnemers wat weggespring het, kon slegs 29 die moordende roete voltooi. Dit is sekerlik die kleinste persentasie voltooiers in enige fietswedren, naamlik 36%. Die roete Die roete het gestrek vanaf Eselfontein buite Ceres oor Ou Swaarmoedpas na Sutherland en dan op pad na Middelpos via Gannagapas af in die Tankwa Karoo Nasionale Park. Hier het deelnemers tientalle kilometres oor sinkplaatpad gery en warm toestande beleef. Terug op die Calvinia-/Cerespad het hulle by Tankwa
padstal aangedoen voor die moordende 9 km klim oor Skitterykloof en Katbakkiespas na Môrester Landgoed en Kaleo. Vandaar was dit nog so 4 ure se trap oor Droëhoek gruispad, oor DeLaRey na Klondyke en dan terug na Esels, soos die fietsryers dit gedoop het. “Ek het die kameramanne en videospan rondgery en self ‘n paar mooi fotos geneem, maar wat my die meeste opgeval het was die lyftaal van die deelnemers. Mens kon sien hoe hulle swaarkry, maar kon ook die gedissiplineerdheid en deursettingsvermoë opmerk. Hulle het swaargekry, maar dis waaroor die Munga wedrenne gaan. Hier maak net die taaiste van die taaies klaar. Dit is vasbyt en op party plekke, deurbyt”. Uitslae Hanno Smit, ‘n bekende hier tussen die boere op Ceres, wat van die Paarl afkomstig is, het vierde klaargemaak en die derde plek in die mansafdeling ingeneem. Hanno het nou in al sy ultra wedrenne onder die top 10 geëindig en in die laaste twee Munga wedrenne in die top 5 klaargemaak. Brian Brummer het vanjaar se wedren gewen in 1 dag, 5 uur en 37 minute gevolg deur Chris van Zyl en Hanno Smit. Die vroue-afdeling is gewen deur Hanlie Booysen in 1 dag, 13 uur en 17 minute gevolg deur Elmien Stander en Aryna Edwards. Die afdeling vir ontwikkelende deelnemers is gewen deur Sithembiso Masango (Dragon) in 1 dag, 9 uur en 3 minute.
FOTO LINKS: Hanno Smit en Boetie Hugo van Ceres by die wegspringpunt.
DROOGTEHULP UITREIK vir die boere in
Nuwerus + Garies
Ons is op soek na vars produkte en kruideniersware, maar enige ander hulp is welkom.
17/18 April 2021 DuToit Conradie 071-675-0743 of Christine Conradie 082-336-9324
GHOLFSPELERS het Saterdag aan ‘n enkel syfer plus kompetisie op Ceres gholfbaan deelgeneem. Bevan Davids (links) was die wenner met +4. Clem de Bruin (regs) was in die tweede plek gevolg deur Simon Molaza, beide met ‘n telling van +3. Hendry Titus was vierde met +2. * Goeie tellings is deur Clem de Bruin (67) en Cornell Muller (70) aangeteken.