Witzenberg Herald Vol. 24 no.15 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 15

R7.50

Friday, April 23, 2021

Since 1997

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 22 April

Vrydag 23 April

15° 28°

14° 26°

Saterdag 24 April

Michael Smit 082-265-6828 cooltech@lando.co.za

REFRIGERATION • AIR CONDITIONING

Artisan bakery sourdough breads

Sondag 25 April

12° 25°

COOL TECH COOLTECH

060-911-9535 (OORKANT WITZENBERG MUNISIPALITEIT)

11° 26°

Ceres Koekedouw dam

67,6%

Lesing: 2021/04/21

Telephone: (023) 316-2021/3

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

‘n FRATSONGELUK in Michellspas het Saterdagoggend die lewe van ‘n P.A. Hamlet inwoner geëis. Carolus Adonis (32), ‘n werknemer van Elandsrivier boerdery, was Saterdagoggend omstreeks 07:30 na Gouda onderweg toe hy by die treinspoor in Michellspas beheer oor sy Chevrolet Spark verloor en oor die afgrond gery het. Die motor het tussen die twee sperrelings aan weerskante van die treinspoor gegly en oor die afgrond gestort. FOTO: Trevor Felix

Fratsongeluk in Michellspas

‘n FRATSONGELUK in Michellspas het Saterdagoggend die lewe van ‘n P.A. Hamlet inwoner geëis. Carolus Adonis (32), ‘n werknemer van Elandsrivier boerdery, was Saterdagoggend omstreeks 07:30 na Gouda onderweg toe hy by die treinspoor in Michellspas beheer oor sy Chevrolet Spark verloor en oor die afgrond gery het. ‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat Adonis se voertuig vermoedelik op vrugtemoes wat minute tevore van ‘n vragmotor afgeval het, gegly het. Dit is later deur ‘n groep geskokte stap-

pers van Ceres bevestig wat Saterdagoggend naby dié ongelukstoneel gestap het. Adonis het uitgeval en op die toneel gesterf. Die voertuig het meer as 70 meter teen die berghang af tot stilstand gekom en Adonis het etlike meters van die wrak gelê. Polisie en nooddienstepersoneel was gou op die toneel maar kon niks vir Adonis doen nie. Dit is nie die eerste keer dat vrugte-moes van vragmotors afval nie en plaaslike owerhede sal dringend moet ondersoek instel hoe dit so gereeld in die bergpas gebeur. Elandsrivier boerdery het op hul Facebook-

CAROLUS Adonis (32).

blad hul medelye uitgespreek. “Dit is met ongelooflike hartseer en skok dat ons afskeid neem van Carolus Adonis wat ‘n onmisbare rol in soveel van die bestuur en inwoners van Elandsrivier se lewens gespeel het. Ons gaan jou só mis. Dankie vir jou bydrae tot die sukses van die boerdery, vir die mooi manier hoe jy altyd met elkeen van ons gewerk het. Ons innige meegevoel aan Natasha en die familie”. Begrafnis Die begrafnis vind plaas Sondag 25 April om 10:00 vanuit die Bella Vista AGS Kerk.

DIE wrak van die Chevrolet Spark.

ONTH’S APRIL M

☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstr. 91

VARS WESKUS SNOEK Pryse en produkte geldig terwyl voorraad hou Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.


2

WITZENBERG HERALD

Raak nou betrokke by Togryers museum se deelnemingsproses DIE Ceres gemeenskap word uitgenooi om deel te wees van ‘n publieke deelnemingsproses rondom die oprigting van ‘n Covid-19-gedenkteken. Die voortslepende pandemie het almal se lewe op een of ander wyse geraak en sal altyd onthou word in die wêreld se geskiedenis. Die Togryers museum wil graag ‘n Covid19-gedenkteken op Ceres laat oprig, maar wil graag insette van die gemeenskap daarvoor bekom. “Dalk het jy ‘n spesifieke gedagte rondom die saak. Indien wel, bied hierdie proses vir jou die geleentheid om dit met ons te deel. Deur ‘n kort vraelys aanlyn of op hardekopie te voltooi sal jy deel raak van ‘n groter proses en verwelkom ons elke inwoner se bydrae”. Vorms is verkrygbaar by die Togryers museum of indien jy dit direk op Google vorms wil invul kan lesers sosiale media dophou vir die skakel. Die skakel is beskikbaar op die Togryers museum se FB-blad asook die Covid-19 Diaries, A Witzenberg Perspective se FB-blad. Insette kan tot 31 Mei 2021 ingedien word.

Friday, April 23, 2021

Groep help gesin met donasies DIE Wolseley Stance motorgroep tesame met die fotograaf, Luigi Heuning, het Saterdag 17 April die Mahala-gesin met kontant donasies, 'n kosmandjie en kledingstukke verras. Die Mahala-gesin woon op Kluitjieskraal buite Wolseley en het twee weke gelede al hul besittings in ‘n brand verloor.

PERSONEEL van Ceres Sekondêr het die afgelope week hul steun aan die #notobullying veldtog verleen. Onderwyspersoneel is gekant teen alle vorme van boelie-taktiek. * Die optrede is ook opgedra aan Lufuno Mavhungu, ‘n Limpopo-leerder wie selfmoord gepleeg het nadat sy deur ‘n ander leerder geboelie is. UITSTEKENDE LOOPBAANGELEENTHEID IN CERES

BEDRADING EN AUTOMATISERING VAN PAKHUISE EN PAKMASJIENE

KREDITEUREKLERK BAMCO is ’n sagtevrugte verkoelings- en verpakkingsfirma wat in 2009 ontstaan het as ’n vennootskap tussen drie goed gevestigde landbouondernemings: Bronaar Plase, Donkerbos Landgoed en Môrester Landgoed - elkeen afsonderlike progressiewe besighede wat spesialiseer in die verbouing van vrugte en groente in die Koue Bokkeveld, Ceres. Die posbekleër sal aan die Finansiële bestuurder rapporteer. Hierdie is 'n voldag pos. Produktiewe halfdag aansoeke sal ook oorweeg word.

Vereistes vir die pos: • ‘n Finansiële kwalifikasie sal voordelig wees • ±2 Jaar ervaring as krediteureklerk of soortgelyke posisie • Ervaring met Evolution/Pastel Partner tot voordeel. Excel vaardigheid is noodsaaklik. • Uitstekende rekenaar- en kommunikasievaardighede • Moet pro-aktief en onafhanklik kan werk • Vermoë om goed onder druk te presteer • Akkuraatheid is belangrik.

083-259-0074 / jannelson@breede.co.ca / adminnpe@breede.co.za

Ons benodig ‘n professionele persoon vir die volgende betrekking:

Sleutelprestasie-areas: • Volle krediteure funksie • Daagliks bestuurs informasie byhou • Rekonsiliasies opstel • Algemene administratiewe take. Die pos bied geleentheid vir groei. Om aansoek te doen rig asb. ’n CV, wat drie kontakbare verwysings insluit, in vertroulikheid per e-pos na: mannekrag@bamco.co.za. Slegs kortlyskandidate sal weer gekontak word. Bamco volg ’n beleid van Gelyke geleenthede

PRODUKSIE VOORMAN / VOORVROU TE JAGERSKRAAL Die pos is tans vir ‘n Produksie voorman / Voorvrou oor ‘n aantal spanne op Jagerskraal beskikbaar. Doel van die pos: • Verantwoordelik vir die uitvoering van effektiewe en doeltreffende vrugteproduksie funksies • Die produktiewe aanwending van toerusting, masjinerie, en werknemers wat aan jou toevertrou word. Minimum kwalifikasies en ondervinding: • Graad 10 • Vorige ondervinding van vrugteproduksie (snoei, pluk, ens.) • Moet kan lees en skryf Take en verantwoordelikhede: • Moet probleme in spanne kan oplos • Goed met die mense kan praat en die werk wat gedoen moet word aan span verduidelik • Moet seker wees dat die regte mense in ‘n span is en die personeel goed kan bestuur • Die persoon moet alle produksie- en oudit rekords op datum hou • Goeie kommunikasie • Moet gefokus wees en sober gewoontes hê • Betroubaar met geen kriminele rekord. Sluitingsdatum vir aansoeke: 28/04/2021 Aansoeke kan gestuur word na: hr@goosenboerdery.co.za Indien u geen terugvoer 14 dae na die sluitingsdatum ontvang het nie, kan u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was. DP & JC Goosen Boerdery (Edms ) Bpk het ‘n gelyke en billike indiensnemingsbeleid wat daarna streef om ‘n diverse werksmag in die breë verteenwoordiging van ons werknemers te bevorder

AMBAGSMAN (ELEKTRIES)

Die posbekleer sal die volgende verantwoordelikhede en take aanvaar: • Identifisering van probleme in aanlegte • Roetine ambagstake verrig • Algemene elektriese regulasies en beveiliging • Ontwikkeling en bedrading van panele • Ondervinding in PLC programering Delta en Shneider ‘n vereiste • Breekstoppe op masjiene hanteer • Kennis dra van veilige werkspraktyke • Ongereelde na-ure werk verrig. Geskikte kandidate moet oor die volgende vaardighede beskik: • Beskik oor elektriese insig en aanleg • Handvaardig wees • Eie inisiatief aan die dag lê • Werksgeoriënteerd wees • Onafhanklik kan funksioneer • Elektriese ondervinding is ‘n vereiste. Toepaslike gekwalifiseerde kandidate moet aan die volgende vereistes voldoen: • Bereidwillgheid om vir ‘n proeftydperk van 3 maande te werk • Bereidwillig wees om opleiding te ondergaan • Absolute betroubaarheid • Sober gewoontes • Goeie gesondheid • Moet onder druk kan werk. Stuur u aansoek, met ‘n afskrif van u ID aan: NPE Automation, Retiefstraat 22, Ceres, 6835 Of per e-pos: adminnpe@breede.co.za Sluitingsdatum: 30 April 2021 Indien u nie binne 2 weke na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat die aansoek onsuksesvol was.

Weens dinamiese groei in ons besigheid het die volgende pos ontstaan:

Weens dinamiese groei in ons besigheid het die volgende pos ontstaan:

CCTV /ALARM / IT TEGNIKUS VIR INSTALLASIES

ADMINISTRATIEWE BEAMPTE

Vereistes: • Ondervinding in CCTV (IP en analoog), alarm en sekuriteit sisteme • Basiese IT kennis (Netwerke) • PSIRA geregistreer • Goeie kommunikasie- en administratiewe vaardighede • Geldige bestuurderslisensie • SAQCC sertifikasie sal gunstig wees Stuur asb. CV, afskrif van bestuurslisensie en kontakbare verwysings na: careers@jptek.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 April 2021 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Vereistes: • Deeglike kennis van Xero Accounting • Goeie telefoon etiket en menseverhoudinge • Doelgerig, taakgerig, hardwerkend en goed georganiseerd • Ten minste 2 verwysings van vorige werk • Sober gewoontes. Stuur asb. volledige CV tesame met duidelike kopie van ID na: careers@jptek.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 April 2021 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Indien u nie binne 2 weke na sluitingsdatum van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Indien u nie binne 2 weke na sluitingsdatum van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Die reg word voorbehou om nie die pos te vul nie.


WITZENBERG HERALD

3

Friday, April 23, 2021

Oudhuishulp weer in Mei in hof ‘n VOORMALIGE huishulp wat van die moord op ‘n oudinwoner van Ceres aangekla is, moet weer Meimaand in die Worcester streekhof verskyn. Die 38-jarige oudhuishulp, Nella Booysen, moet weer op 6 Mei vir pleit en verhoor in die Worcester streekhof verskyn. Sy staan tereg weens die moord op Jaco Snyman (43). Hy is op Saterdag 22 Junie 2019 op ‘n plaas in die Breërivier-omgewing vermoor. Volgens die polisie was Booysen ‘n huishulp van die plaaseienaar van De Bos. Sy het die betrokke aand omstreeks 22:30 na die plaaswoning teruggekeer.

TANNIE Sofia Jantjies.

Bella Vista se oudste inwoner word 98 DEUR Jacob Rooi IN die Jantjies-woning in Bella Vista word daar vandag (Donderdag 22 April) in Impalaweg 242 ‘n besondere mylpaal gevier wanneer die oudste inwoner van die buurt 98 jaar oud word. Tannie Sofia Jantjies trek haar nog self aan, was haarself en kam elke dag haar hare, sê Sonia, een van haar dogters. “Sy loop nog, hoewel moeisaam. Net haar oë en ore gee bietjie probleme.” Sonia sê haar ma is ‘n biddende vrou en noem nog al haar kinders se name in haar gebede. Sy sing ook haar geliefde koortjie: “Met hierdie liefde wat ek hier het gaan ek hemel toe.” Sy wikkel ook die lyf, veral op die maat van Koekieloekie. Tannie Sofia het baie van haar kleinkinders help grootmaak. Sy het hulle skool en Sondagskool toe geneem. “Wat vir ons so trots maak, is dat hulle self nie kon lees of skryf nie maar hulle het ons van God se Woord geleer,” sê Sylvia, haar oudste kleinkind. Tannie Sofia is op 22 April 1923 in Carnavon gebore en op 25 Maart 1953 met Saul Jantjies getroud. Hy het 20 jaar gelede gesterf. Die egpaar was destyds die eerste intrekkers van die destydse Geelbosrug, soos Bella Vista toe bekend was. En wat sê die 98-jarige self? “My ma en pa is al weg en al my susters. Smaak vir my ek moet ook huis toe gaan,” het sy Maandagaand in haar woning, waar sy al 52 jaar bly vertel.

Flip Viljoen (eienaar) en sy plaasvoorman en werktuigkundige van 13 jaar, Jaco Snyman, was besig om te gesels op Viljoen se stoep toe Booysen by die woning aangekom het. Daar was blykbaar ‘n woordewisseling tussen Jaco en Nella. Eers het Viljoen haar gevra om na haar buitekamer te gaan voordat Jaco haar ook gevra het om te loop. Sy is na die kombuis waar sy ‘n mes gegryp en Jaco drie keer met ‘n mes in die skouer, bors en kop gesteek het. Booysen is dieselfde aand deur polisielede in hegtenis geneem en Maandag 24 Junie 2019 vir die eerste keer in die Worcester landdroshof verskyn weens dié moord.

JACO Snyman (43).

Polisie trek twee mans vas na roof by winkel

DIE Family Supermarket in Voortrekkerstraat, Wolseley.

WOLSELEY SAPD het die naweek twee van die vyf mans wat ‘n winkel op die dorp beroof het, gevang. Vyf mans waarvan een gewapen was, het Sondag 18 April omstreeks 14:00 die Family Supermarket in Voortrekkerstraat beroof. Die mans het eers koeldrank gekoop en dit buite gaan drink voordat hulle weer teruggekeer en die kassier van nagenoeg R7000 beroof het. Die verdagtes het ook die kassier na ‘n stoorkamer gevat, hom aangerand en meer geld geëis. Hulle het daarna te voet gevlug. Die Wolseley SAPD is ontbied waar hulle vinnig ‘n verdagte in Madanistraat aangekeer het. ‘n Tweede verdagte is later in ‘n veld tussen Pinevalley en die hotel by die stasie opgemerk. Hy het ‘n vuurwapen op die polisie gerig waarna ‘n waarskuwingskoot deur die polisie afgevuur is. Die man het weghardloop maar is gou gevang. Een vuurwapen, ‘n Arminius .38 rewolver asook vyf patrone is gekonfiskeer. In hof Die mans het Dinsdag 20 April vlugtig in die Wolseley landdroshof verskyn op klagtes van besigheidsroof en die besit van ‘n vuurwapen.

‘n INWONER van Bella Vista is verlede week in ‘n bakleiery dood nadat hy met ‘n mes in die nek gesteek is. Die 25-jarige Bradly Hermanus Paulse (foto) is Saterdagaand 10 April omstreeks 20:15 dood na ‘n stryery en bakleiery in Japonikastraat. Dit is nie bekend waaroor hy en die beskuldigde, Elrich Julies (23), baklei het nie. Julies het op 12 en 13 April in die Ceres landdroshof verskyn en is later op R500 borg vrygelaat. Julies moet weer op 14 Junie in die Ceres landdroshof verskyn.


4

WITZENBERG HERALD

Friday, April 23, 2021

FAK bring hulde aan oudverkenner

DIE FAK, onder leiding van Elizma Smith, koördineerder van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Kultuurnetwerke in die Wes-Kaap, het verlede Woensdagaand in samewerking met die Ceres Togryers museum hulde aan kommandant Jan Theron by die ou begraafplaas op Ceres gebring. Inwoners van Ceres, lede van die Ceres Voortrekkerkommando, die ATKV, die kurator van die Togryers museum en vriende van die museum het by die graf byeengekom om saam ’n krans te lê by Jan Theron se graf op Ceres.

DIE FAK, onder leiding van Elizma Smith, koördineerder van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerke in die Wes-Kaap, het verlede Woensdagaand in samewerking met die Ceres Togryers museum hulde aan kommandant Jan Theron by die ou begraafplaas op Ceres gebring. Jan Lombard Theron is op 17 Oktober 1870 op Tulbagh gebore. Soos sy neef, Danie Theron, het hy sy volk op die oorlogsfront gedien tydens die Anglo-Boereoorlog as lid van die Theron Verkennerkorps (TVK). Aanvanklik is hy ‘n luitenant onder kommandant Danie Theron, maar na Danie se dood, word Jan verkies tot kommandant. Jan Theron het sy TVK-kommando deur die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Vrystaat tot in die Kaapkolonie gelei in talle aanvalle en skermutselings. Op 12 September 1901 is hy die aanvoerder van ’n skermutseling met die District Mounted Troops en Riversdale Town Guards by Soebatsvlakte, tussen Riversdal en Stilbaai. Die boere het stelling ingeneem in die kop-

pies om hierdie vlakte vanwaar hulle op die Britse soldate gevuur het. Slegs twee boere is gewond. Die Britse magte ly egter aansienlike verliese. Volgens vertellings is daar so veel as 120 ongevalle of sterftes aan die Britse kant. Hierdie geveg word bekend as die mees suidelike geveg van die AngloBoereoorlog. Jan Theron sterf op 14 April 1902 op Zoutputs in die distrik Calvinia aan ingewandskoors. Hy is aanvanklik begrawe by Tontelboskolk, maar is later herbegrawe by sy ouers op Ceres. Die FAK het verlede week op die dag van sy dood saam met inwoners van Ceres, lede van die Ceres Voortrekkerkommando, die ATKV, die kurator van die Togryers museum en vriende van die museum by die graf byeengekom om saam ’n krans te lê by Jan Theron se graf op Ceres. Ilana Jansen, een van dié Voortrekkers, het saam met Elizma Smith, koördineerder van FAK-Kultuurnetwerke in die Wes-Kaap die krans gelê.

nuusbrokkies

Charl Munnik Foundation for Kids, FNB, takkode 250-655, tjekrekening 628-9045-1950. Vir navrae skakel Suzanne Haylett by 072-345-3914 of stuur ‘n epos na info@charlmunnikfoundation.org of besoek die webtuiste by www.charlmunnikfoundation.org

DIE Ceres SAPD het die naweek op ‘n groot hoeveelheid dwelms en ‘n vuurwapen beslag gelê. SAPD-lede van A-skof onder leiding van kapt. Tromp het inligting opgevolg en ‘n 21-jarige verdagte in Nduli gearresteer. Die polisie het die informele huis deursoek en beslag gelê op 132 tik strooitjies, mandrax tablette, dagga en ‘n vuurwapen. Die verdagte sal eersdaags in die landdroshof op Ceres verskyn.

IS jy die Witzenbergstreek se volgende Landbouwerker van die Jaar? Alle landbouwerkers mag aan die kompetisie deelneem en is ‘n persoon wat deel vorm van en ’n bydrae tot die boerdery lewer. Inskrywings sluit op 11 Mei en die streeksfunksie vind plaas op 29 Julie op Elim. Inskrywingsfooi beloop R50. Vir navrae skakel Edna Nigrini by (023) 317-0983 of stuur ‘n epos na edna @kbos. co.za. Byron Jacobs of Meghan Cupido kan ook geskakel word by (021) 808-5421 of (021) 808-7601 of stuur ‘n epos na byronj@ elsenburg.com of meghanc@elsenburg. com. BELLA Vista Crusaders Kersfeeskoor hou ‘n baie belangrike vergadering op Sondag 25 April by Bella Vista primêre skool om 17:00. Alle ouers van kinders verbonde aan die koor moet teenwoordig wees. Streng CV19 protokol sal gevolg word soos sosiale afstand en die dra van maskers. Vir verdere inligting skakel Julius by 083-726-5866.


WITZENBERG HERALD

Friday, April 23, 2021

5


6

WITZENBERG HERALD

classifieds

nuusbrokkies Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Raai wie verjaar?

Ruan Titus 24 April 2021

Appolis (Bombastic) Baartman

Skakel

082-859-2300

Gold Medal Carpet Care

22 April 1966

Vir ‘n gratis kwotasie, skakel:

Mari Blom 084-212-3020

Happy first Heavenly Birthday. We miss you and we will always love you. Psalm 23

Katrina Baartman, Porchia and Emile, Lesley-Ann, Jaydine and Lucian.

Op jou 8ste verjaarsdag, mag jy altyd bewus wees van God se liefde en seën op jou lewe. Ons is baie lief vir jou en mag jy ‘n baie spesial dag het, soos die mensie wat jy is. Van mammie Maurensia en res van die Julies gesin

Prisilla Sara Julies 1946/02/06 - 2021/04/13 Roudiens: Don. 22/04/21, om 19:00, VGK Bella Vista • 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Privaat Verassing Sat. 24 April 2021 Huis: 09:00, Skotlandstr. 586, BV Kerk: 10:00, VGK Ceres Bus is beskikbaar vanaf huis na kerk.

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

Prisilla Sara Julies 1946/02/06 - 2021/04/13 Dit het ons Alwyse Hemelse Vader behaag om van ons weg te neem, ons geliefde eggenoot, moeder, ouma en vriendin. Ons sal haar baie mis en sou haar graag nog veel langer by ons wou hou, maar die Here het anders gewil en ons berus in Sy liefdevolle besluit. Van Julius, Maurensia, Chrizelle, Lucille en kleinkinders

Florina Elizabeth Daniels 1962/02/02 - 2021/04/17 Privaat begrafnis: Sat. 24 April 2021

• Slegs 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Huis: 09:00, Plaas Sandrivier Kerk: 10:00, Môrester Saal Graf: Plaas Môrester

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

Voortrekkerstr., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

SKOONMAAK VAN: • Alle matte • Gestoffeerde meubels • Matrasse • Voertuigsitplekke Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Dr Johnson Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson Hy wil dit gee vir mense wat: • met ‘n besigheid wil begin • sterk medisyne nodig het om verskillende probleme op te los • ‘n verlore minnaar terug te kry • ‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop • medisyne vir mans om krag te gee • enige hofsake • ‘n ongeluksfonds betyds te kry

Skakel of Whatsapp

074-466-5760

Dr Mama Mzeei Traditional Healer

Services: sell, install & repair

✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service

AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476

Anointed Prophet Joelmacy

is back, from the Mountain of Zion in Israel. Apostle has come back with Miracle Healing, Water and Stones from river Jordan. He is going to see one on one Pastors who want to have big churches, people who want to start a big business, those who are not enjoying marriage or relationship. I have been blessed with some medicine to stop people smoking and drinking. We gonna have prayer and medicine to stop your lover cheating on you, to stop divorce, get promotion at work, mens power medicine, win tenders and court cases, win LOTTO and get back lost lover.

Call 081-722-9133

Here for all your personal problems. Big or Strong She will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres Call Mama for appointment:

073-016-4088 PROF. MORRIS

Prof. Morris is hier met besonderse magte. Hy is bekend vir afstandbeheer van verlore geliefdes en die voorspelling van Lotto- & Powerball nommers, werksbevorderings, huisreiniging, vinnige verkoop van eiendom soos huise, plase en motors, vinnige egskeidings en Sandawana-olie vir geluk. Pensioenarisse gratis.

BEL CERES

073-050-5218

Carolus Adonis Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.

1988/08/01 - 2021/04/17 Privaat begrafnis: Son. 25 April 2021

• 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Huis: 8:30,Hector Petersenstr. 95, PA Hamlet Kerk: 10:00, AGS Bella Vista Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

ON Monday 12 April a housebreaking and theft was reported at Worcester Senior Secondary school where 32 x HP laptops to the value of R41 6000 was stolen. Suspects are unknown. If the public has any information about the stolen property please contact Worcester detectives at (023) 348-6100 or 082-522-1266 (housebreaking unit) or 112 or contact the investigating officer sgt. Wehr. BELLA Vista Crusaders Kersfeeskoor bied ‘n steakbraai aan op 8 Mei. Koskaartjies beloop R70 en is vanaf 13:00 beskikbaar. Kaartjies kan by bestuurslede gekoop word. Vir verdere inligting skakel Julius by 083-726-5866.

SPERTYD VERVROEG

PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Herbal Expert

082-399-4068

Friday, April 23, 2021

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Spertyd vir die plasing van advertensies op Vrydag 30 April vervroeg na Maandag 26 April om 10:00 a.g.v. die openbare vakansiedag op Dinsdag 27 April

Laastedrif Agri (Edms.) Bpk., is ‘n gevestigde, kommersiële landbou onderneming, wat spesialiseer in die verbouing van vars groente en vrugte. Laastedrif bedien ‘n reeks plaaslike supermarkte asook buitelandse markte. Work opportunity for well groomed youth with a minimum work experience of 2 years, who love to work with people and can work well under pressure.

R5 000 Basic salary + R2 000 Commission Business type: Sales and Marketing If you have a driver’s licence and your own reliable vehicle, we also have Training Management positions. WhatsApp your CV (and 3 pictures of yourself) to: 063-025-2341 or email to Info@sessolcctv.co.za

West Motor Ingenieurswerke Enjinherbouers beskik oor ‘n vakature vir ‘n

SEMI-SKILLED PERSOON IN DIE MOTORBEDRYF

Moet akkuraat wees, hardwerkend en moet onder druk kan funksioneer.

Stuur u CV aan:

marlenewest01@hotmail.com

Navrae aan Marlene: 072-527-6953

Soek motors en bakkies om te koop. Aandag! Aandag! Dadelik kontant. Ons doen ook Bankaflosse. Skakel 079-3792898. c/s DB32 23/4

Die maatskappy, beskik tans oor die volgende vakante betrekkings:

SENIOR PRODUKSIE BESTUURDER: VRUGTE (CERES) EN SENIOR PRODUKSIE BESTUURDER: GROENTE (SANDVELD) Die geskikte kandidate sal direk aan die Bestuurder van die toepaslike Besigheidseenheid rapporteer. Voorvereiste: Toepaslike landbou kwalifikasie met minstens 5 jaar praktiese ondervinding in die verbouing van Vrugte of Groente. Oorweging sal ook geskenk word aan applikante (junior bestuurders) wat oor die nodige groei potensiaal beskik. Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir: Onafhanklike bestuur van besigheids-eenheid, produktiwiteits-bestuur, deeglike rekordhouding en verslaggewing, bestuur van beste boerdery praktyke. Goeie rekenaar- en excel vaardighede sal voordelig wees. Kandidate moet ‘n goeie werkende kennis en ondervinding hê van: Koste- en begrotings- en kwaliteits bestuur, Produksie-beplanning bv. grondvoorbereiding, aanplantings, besproeiing. Vermoë om te beplan, prioritiseer en take doeltreffend in tyd af te handel, logiese fout-opsporing, goeie arbeidsverhoudinge, gewilligheid om na-ure te werk indien benodig en ‘n positiewe ingesteldheid teenoor wêreldklas standaarde. Vergoeding: Laastedrif bied ‘n markverwante vergoedingspakket, met pensioen voordele. Indiensname: Onderhandelbaar Sluitingsdatum: 30 April 2021 Stuur asb. u aansoek aan: Die Bestuurder, Menslike Hulpbronne, Laastedrif Agri (Edms) Bpk per e-pos na hrm@cillie.co.za. Alle aansoeke moet insluit: Bewys van kwalifikasie, rybewys, u huidige kennisgewingsperiode, asook 3 kontakbare verwysings. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang het nie, moet u asb aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Laastedrif Agri (Edms.) Bpk. ondersteun die reëls en voorskrifte van Gelyke Indiensname.

Vir meer inligting rakende die besigheid en betrekkinge, besoek gerus ons Facebook blad, asook webtuiste by www.laastedrif.co.za


WITZENBERG HERALD

Friday, April 23, 2021

7


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

Friday, April 23, 2021

Witzenberg Herald

Sametelling-kompetisie lewer goeie tellings op GHOLFSPELERS het Saterdag aan ‘n vierbal sametelling kompetisie op Ceres gholfbaan deelgeneem. Die span van Jodey Kayer, Glenny Nasson, Simon Molaza en Peter Versfeld het die dag met 135 punte gewen. Die span van Willie van Heerden, Mossie Botha, Anton Niewoudt en Trevor Abrahams was in die tweede plek met 134 punte. Hannes Laubscher, Carel Cronjé, A. van der Westhuizen en P. Smith was derde, ook

WITZENBERG HERALD

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

Plaaslike muurbalspelers vaar goed by toernooi

met 134 punte. Lottie Fourie, Naas van der Merwe, Wilhelm Muller en Christo Strydom met 131 punte. Michiel Heroldt, Charl du Toit sr., Martin van Jaarsveld en Attie Heyns was in die vyfde plek met 131 punte. Goeie tellings is deur Vince Hewitt (70) en Rodney Engelbrecht (72) aangeteken. Spelers kan nou al inskryf vir Saterdag 24 April se beterbal kompetisie by (023) 3123068.

TWEE muurbalspelers van Charlie Hofmeyr, JW Bester en Ronelle Roux, het die naweek aan die S.A. Skole Geslote muurbaltoernooi deelgeneem. JW eindig algeheel 27ste en eerste van die Boland o/19 seuns. Ronelle eindig algeheel in die 18de plek in die o/19 afdeling.

GHOLFDAG wenners. VLNR: Die span van Jodey Kayer, Glenny Nasson, Simon Molaza en Peter Versfeld het die dag met 135 punte gewen.

Skolerugby begin weer SKOLERUGBY word weer vanaf Vrydag 23 April hervat na ‘n afwesigheid van meer as 400 dae. Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) se protokol rakende die hervatting van skolerugby het ‘n plan uiteengesit waarvolgens spelers minstens ses weke aan nie-kontakoefeninge moes deelneem. Op 1 April is die groenlig gegee vir skolespanne om na drie weke se kontakoefeninge

met wedstryde op 23 April te kan begin. Skolerugbyspelers vanoor die land asook afrigters, onderwysers en ouers het die hervatting verwelkom na meer as ‘n jaar waar geen rugbywedstryd kon plaasvind nie. Die hervatting word net toegelaat as daar geen toeskouers toegelaat word nie. Skolesport is belangrik vir ‘n kind se opvoeding en ontwikkeling. Dit was sedert Maart 2020 op ys geplaas.

CERES Breweries het op 27 Maart 2021 het baie gesellige Vuilhond-rolbaldag by Ceres rolbalklub aangebied. 48 Spelers - ‘n mengsel van jeug, klublede en sosiale spelers - het aan die rolbaldag deelgeneem. Na afloop van die dag se spel, is ‘n heerlike braai gehou. Die klub bedank Abri Nel van Ceres Breweries en Vuilhond wat die dag moontlik gemaak het.

Alle Landbouwerkers mag deelneem. ‘n Landbouwerker is enige persoon wat deel vorm van en ’n bydrae tot die boerdery lewer.

• Algemene Inskrywing sluit: werker 11 Mei 2021 • Trekkerdrywer Koste: R50 • Administratiewe Streekspersoneel funksie • Tegniese Operateur vind plaas op: • Besproeiing29 Julie 2021 spesialis te Elim

• Sosiale ontwikkeling • Landbouverwerking • Voorman/vrou • Junior Bestuur • Middelbestuur

KONTAKPERSONE: Streek Koördineerder: Edna Nigrini Tel: (023) 317-0983 / E-pos: edna@kbos.co.za WKDL beamptes: Byron Jacobs / Meghan Cupido Tel: (021) 808-5421 / (021) 808-7601 of E-pos: byronj@elsenburg.com / meghanc@elsenburg.com

LENICE Louw, ‘n kranige atleet van Wolseley Sekondêr, het vanaf 7-10 April aan die TWIZZA ASA nasionale atletiekkampioenskappe op Dal Josafat in die Paarl deelgeneem. Sy het ‘n silwer medalje in die meisies o/18 driesprong behaal.

CLAYTON Longman, ‘n leerder van HTS Drostdy Worcester en oudleerder van Witzenberg primêr op Wolseley, het aan die ASA nasionale atletiekkampioenskappe in die Paarl deelgeneem. Hy en sy aflosspan is die nuwe seuns o/18 4x100 meter afloskampioene.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.