2 minute read

WH H e r a l d

4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig

Advertisement

Talle ongelukke aangemeld

Man op plaas vermoor

DIE Ceres polisie ondersoek ‘n moordklag nadat ‘n man op ‘n plaas buite die dorp gesterf het.

Volgens die polisie het die voorval Sondag 23 April tussen 19:50 en 20:30 op die plaas Laastedrif plaasgevind.

Twee werkers was in ‘n argument betrokke waarna die een, Banele Dineka ‘n mes gegryp en die 23-jarige oorledene, Thulani Shasha, met ‘n mes gesteek het. Shasha is op die toneel dood.

Dineka is gearessteer en het die week vlugtig weens moord in die Ceres landdroshof verskyn.

Voetganger sterf ‘n Plaaswerker van die Koue Bokkeveld is die naweek dood nadat ‘n voertuig oor hom gery het.

Volgens die polisie het die voorval op Saterdag 22 April omstreeks 09:10 op die R305 naby die plaas Kleinfontein plaasgevind.

Die oorledene, Tembela Matysini (25) van die plaas Kleinfontein, het in die pad gelê. ‘n Wit Mazda voertuig wat onderweg was in die rigting van Op-die-Berg het in reënweer hom nie gesien nie en oor hom gery. Matysini is op die toneel dood.

Die polisie ondersoek ‘n strafbare manslagsaak.

SAAM met eerste goeie winterreën in die Witzenbergstreek is daar ook die afgelope week talle ongelukke aangemeld. Sover vasgestel word is insittendes net lig beseer en niemand het in dié ongelukke gesterf nie. Provinsiale verkeersdienste het van 11-16 April, meer as 240 padblokkades gehou waartydens meer as 33 800 voertuie deursoek is. Meer as 9 800 boetes is uitgereik en 41 persone is weens dronkbestuur inhegtenis geneem. Daar is 21 ongelukke aangemeld waarin 26 persone gesterf het. Hiervan was vier bestuurders, twee fietsryers, drie motorfietsryers, nege passasiers en agt voetgangers, waarvan een naby Bronaar raakgery is. * Die bestuurder van dié vragmotor het Donderdag 20 April beheer verloor en bo-op die sperreling in Michellspas tot stilstand gekom. Die ongeluk het omstreeks 11:15 in die berugte treinspoordraai plaasgevind.

Die hulp van ‘n vragmotor met ‘n hyskraan op, is ingeroep om die gestrande vragmotor van die sperreling te lug. Niemand is in die voorval beseer nie.

LEDE van Ceres EMS is verlede Woensdag 19 April ontbied nadat ‘n munisipale werker ‘n epilepsie-aanval gekry het terwyl hy saam met ander werkers besig was om ‘n boom af te saag. Die voorval het omstreeks 12:30 op die hoek van Owen- en Staffstraat plaasgevind. Die werker is na Ceres hospitaal geneem vir behandeling en kort daarna weer ontslaan.

vertoon met trots hul nuutste projek - gebreide kombersies. Die kombersies sal versprei word aan bejaardes om dié winter oor hul knieë en bene te gooi. Die groep vertrek Maandag 8 Mei na die Augrabiese watervalle vir ‘n uitstappie.

DIE ATKV in samewerking met die Vriende van die Togryers museum, het verlede week ‘n heerlike musiekaand saam met Michael Canfield aangebied. Canfield is ‘n Amerikaanse musikant wat deesdae op Tulbagh woon. VOOR: Michael Canfield en Ann Koopman (ATKV). AGTER: Archie van Biljon (ATKV) en Marthinus de Villiers (Vriende van die Togryers Museum).

JADRICK Pedro was verlede week die gas van Ceres Leeskring. Na sy debuutbundel Ongetiteld, het Jadrick geen bekendstelling nodig nie. Hy skryf kaalvuis oor die vreugdes en skandes van ons mense en gaan nog groot hoogtes bereik. Jadrick het onlangs sy tweede digbundel, On-getiteld 2 uitgereik. Hier is hy saam met die Ceres Leeskringlede.

Steward Gouws oudleerling van Skurweberg Sekondêre

Skool, het op 19 April 2023 sy graad in BEd IPT aan die universiteit van CPUT in Bachelor of Education in Intermediate Phase Teaching ontvang.

Baie geluk!

Van jou trotse ouers Piet en Adele Gouws van Môrester Landgoed

This article is from: