3 minute read
UITREIK NA NAMAKWALAND
6 Mei 20236 Mei 2023 6 Mei 20236 Mei 2023 6 2023
CERES VLV het onlangs lede meer touwysgemaak oor die kuns van koekversiering en feite oor porseleinpoppe gedeel. Daar was ook ‘n uitstalling van poppe, ou speelgoed en koeke wat versier is. Wilna van Wyk het ‘n demonstrasie gelewer en later die versierde miniatuur-koeke, aan die verjaardaglede gegee. Hannelie van Schalkwyk het ‘n paar feite oor porseleinpoppe met die vroue gedeel. Hier oorhandig Joy van Biljon (links) ‘n paar truitjies wat sy gebrei het aan Hannelie van Schalkwyk. Die truitjies sal later aan pasgebore babas in Ceres hospitaal geskenk word.
Advertisement
‘n LID van Ceres stoeiklub en ‘n oudleerder van HTS Drostdy, Franscoies du Toit, is opgeneem in die S.A. senior stoeispan. Die Afrika Kontinentale stoeikampioenskappe (amateur stoeitoernooi) word van 15-21 Mei in Tunisia aangebied. * Kostes beloop nagenoeg R40 000 per stoeier om te gaan toer. Susan du Toit vra die gemeenskap se hulp om Franscoies se droom om Suid Afrika op senior vlak te verteenwoordig, te bewaarheid. Enige navrae kan aan haar gerig word by (021) 949-4620. Donasies en skenkings kan in die rekening van South African Wrestling Federation, Standard Bank Rivonia, takkode 001255, rek nr: 023-031662 inbetaal word. Die verwysing is F. Du Toit en ‘n bewys van betaling moet asseblief aan die spanbestuurder gestuur word by dewet. lizzy@gmail.com en aan winelandswrestling@gmail.com
DP & JC GOOSEN BOERDERY (EDMS) BPK
Is ‘n gevestigde Boerdery-onderneming in die Prince Alfred Hamlet omgewing nagenoeg 10km alkant van Ceres. Die onderneming spits hom toe op die verbouing van kwaliteit Steen- en Kernvrugte en Butternut vir uitvoer en plaaslike mark. Die volgende loopbaangeleentheid is tans beskikbaar op die een plaas, JAGERSKRAAL te Prince Alfred Hamlet.
VRUGTE PAKSTOOR BESTUURDER
Ons beplan om uit Ceres uit te reik na die boere in NUWERUS + GARIES waar dit nog bitter droog is Ons benodig asb.: Vars produkte, kruideniersware, boeke, tydskrifte, klere of meld jouself asb. aan.
KontakpersoneKontakpersone KontakpersoneKontakpersone Kontakpersone: Annes Geldenhuys082-653-2172
DuToit Conradie071-675-0743
Diane Steenkamp084-247-2513
Christine Conradie082-336-9324
Die persoon sal verantwoordelik wees om die vrugte pakstoor op die perseel in Prince Alfred Hamlet te bestuur. Hy sal deel vorm van ‘n bestuurspan wat direk aan die Direksie rapporteer. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees om die normale bestuurspraktyke van beplanning, organisering, leiding en beheer uit te voer. Markverwante, onderhandelbare vergoedingspakket word aangebied.
Vereistes: • Toepaslike tersiêre kwalifikasie sal u aansoek versterk • Minimum 5 jaar ondervinding in die verpakking van Steen- en Kernvrugte • Minimum van 3 jaar ondervinding in die bestuur van ‘n vrugte verpakking onafhanklik of in span-verband • Rekenaarvaardig wees • Goeie begrip van plaaslike en uitvoer kwaliteit standaarde • Algemene sakevernuf.
Vaardighede: • Skakeling en kommunikasie • Hoë kapasiteit om die handelsmerk te verteenwoordig • Vermoë om veelvuldige take te balanseer • Wees natuurlik kalm en gefokus • Wees veelsydig indien deelname aan ander soorte aktiwiteite vereis word • Bestuur van ‘n geïntegreerde span.
Stuur asb aansoek na: hr@goosenboerdery.co.za
Indien u nie binne 2 weke van aansoek gekontak is nie, was u aansoek onsuksesvol.
DP & JC Goosen Boerdery (Edms ) Bpk het ‘n gelyke en billike indiensnemingsbeleid wat daarna streef om ‘n diverse werksmag in die breë verteenwoordiging van ons werknemers te bevorder.
Skool en familie neem afskeid
DIE Tulbagh gemeenskap en leerders en onderwysers van Charlie Hofmeyr hoërskool op Ceres het Dinsdag 25 April afskeid geneem van Pieter-Jan Groenenberg, ‘n graad 10 leerder. Pieter-Jan is Dinsdag 18 Julie aan natuurlike oorsake in die Ceres hospitaal oorlede. * Die skool het saam met sy ouers, Johan en Elrina, asook ‘n ouer broer, Gerrit, van hom afskeid geneem in die Tulbagh NG gemeente. Klasmaats het ook ‘n erewag vir hom gevorm voor die kerk. INLAS: Pieter-Jan Groenenberg (15).
Reën baie welkom
MEER as 40 mm reën is van Vrydag 21 April tot Maandag 24 April op Ceres gemeet.
Die reën kom kort op die hakke van vlak 1 waterbeperkings wat noodgedwonge deur die Witzenberg munisipaliteit vir watergebruikers vanuit Koekedouwdam ingestel is nadat die damvlak onder 40% gedaal het.
Die dam was Dinsdag net 34.6% vol teenoor die 68.5% in die ooreenstemmende week in 2022.
Tulbaghdam is nou skaars 19% vol. Sedert Februarie 2023 was vlak 4 waterbeperkings op Tulbagh van krag maar steeds is daar te veel water verbruik. Sedert Vrydag 21 April word waterbeurtkrag toegepas van 09:00 tot 16:00. Teen die tempo sal die dam voor 1 Julie leeg wees indien daar nie voldoende reën uitsak nie.
Reënval
In die Warm Bokkeveld is 42.8 mm gemeet, in die Koue Bokkeveld (Sterkwater omgewing) is 27.9 mm gemeet, Bo-Swaarmoed 15 mm en by Romansrivier buite Wolseley 33.6 mm.
*Reënvalsyfers word goedgunstiglik deur Hortec Ceres en iLeaf verskaf.