WH Her ald Witzenberg
Volume 25 no. 15
R8
Ceres
• Seed loafs • Ciabatta • Baguette • Sourdough • Rye • Pizza Bases • Panini • Speciality brode en vele meer ☎ 060-911-9535, Voortrekkerstraat, Ceres (Oorkant Witzenberg Munisipaliteit)
Friday, April 22, 2022
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 21 April
Vrydag 22 April
11° 31°
6° 21°
Saterdag 23 April
Sondag 24 April
4° 22°
4° 19°
Ceres Koekedouw dam
68,5%
3
Lesing: 2022/04/20
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Verdagte gewaarsku
Sakeman (51) herstel goed na mesaanval
Meer as 2 540 trauma-gevalle in die Wes-Kaap aangemeld TRAUMA-GEVALLE het dié langnaweek erg toegeneem in die Wes-Kaap. Van Vrydag 15 April tot Maandag 18 April is 2 547 trauma-gevalle in die Wes-Kaap by 33 gesondheidsfasiliteite aangemeld. Messteke en aanrandings het die meeste bygedra tot die syfer. EMS-personeel moes ook twee groot ongelukke bywoon waarin meer as 10 mense hul lewens verloor het. In die Witzenbergstreek is net een ongeluk (foto onder) aangemeld waarin een persoon in ‘n Toyota motor op 17 April naby Bella Vista, tussen Ceres en P.A. Hamlet, beseer is. * Daar is ook 57 mense in die provinsie vir skietwonde behandel, 671 was slagoffers van messteke, 550 aanrandings en 143 motorongelukke. Meer as 115 was by voetganger verwante insidente betrokke, 44 het hulself beseer, 78 het brandwonde opgedoen, 12 seksuele klagtes is aangemeld en 25 sake is aangemeld van kindermishandeling. * 'n Vragmotor (foto bo) het op 9 April omgeslaan in die berugte draai by die Michellspas-treinspooroorgang.
DIE mede-eienaar van Winterberg Mountain Inn en Oestafel Bistro tussen Ceres en Wolseley, herstel goed in die Worcester Mediclinic nadat hy meer as ‘n week gelede by die onderneming met ‘n mes aangeval is. Reint Grobler (51) is Maandag 11 April in die vroeë oggendure ernstig beseer toe hy meer as 10 keer met ‘n Okapi-mes in sy rug, bors, maag, bene en hand gesteek is. Grobler was na die aanval in die Worcester Mediclinic intensiewe sorgeenheid maar is sedertdien na ‘n sjirurgiese-saal oorgeplaas waar sy toestand tans stabiel is. Hy het egter nog baie pyn. Reaksie Volgens Karien Grobler is hulle dankbaar die aanvaller is gou gevang. Tot almal se skok is die verdagte wat onwettig in die land is, die 18-jarige Lovemore Doriyo, egter verlede Dinsdagoggend net op waarskuwing vrygelaat nadat landdros Naik die saak vir verdere ondersoek uitgestel het. Doriyo moet weer op 15 Mei in die landdroshof verskyn. Agtergrond Grobler het blykbaar net voor middernag gehoor iemand skakel ‘n voertuig aan in hul parkeerarea. Hy is na buite waar hy Doriyo, die seun van een van sy werknemers, agter die stuurwiel van ‘n Chev Utility bakkie aangetref het. Volgens Karien, het Reint die verdagte daarna gevra om uit die bakkie te klim. Hy het egter vir Reint met die Okapi-mes aangeval en meer as 10 keer gesteek voordat hy gevlug het. Plaaswaglede het gou ‘n soektog van stapel gestuur en Doriyo op die buurplaas Whitebridge aangetref waar hy by een van die plaaswerkerhuisies in iemand se bakkie lê en slaap het. Hy is na die Wolseley polisiestasie geneem waar hy aangekla is van poging tot moord en diefstal.
REINT Grobler, mede-eienaar van Winterberg Mountain Inn en Oestafel Bistro tussen Ceres en Wolseley, is Maandag 11 April in die vroeë oggendure ernstig beseer toe hy meer as 10 keer met ‘n mes in sy rug, bors, maag, bene en hand gesteek is.
Come visit the new Agrimark for a variety of affordable products Variety of hunting equipment available
1. Key cutting done here 2. Freestanding fireplaces, built-in braais ect. 3. New Veldskoen range Ceres Agrimark 29 Retief Street, Ceres (023) 312-1094
Business hours: Monday - Friday 07:30 - 17:00 Saturday 08:00 - 13:00
2
WITZENBERG HERALD
Friday, April 22, 2022
WEEKLIKS kom karatestudente van renshi Andries Douglas op ‘n Saterdag bymekaar vir ‘n intensiewe oefensessie en ekstra oefening. Die studente neem deel aan ‘n dissiplineprogram wat goeie resultate oplewer. Belangstellendes kan meer uitvind van die program deur 083-376-8989 te skakel of ‘n epos stuur na renshi@adkarate.co.za
KARATESTUDENTE van Ceres Remhoogteplaas het onlangs hulle vlak 1 selfverdedigingseksamen geslaag. Die studente is tans ook besig om te oefen vir die nasionale kiyobukanspan wat in die Julie wintervakansie gaan deelneem. Belangstellendes kan meer uitvind van die program deur 083-376-8989 te skakel of ‘n epos stuur na renshi@adkarate.co.za
CERES rolbalspelers het onlangs aan die West Coast Bowls Classic op Yzerfontein deelgeneem en goed presteer. Die span van Charmaine Mostert (Ceres), Lorna Viljoen (Worcester), Hanlie Bohlmann (Ceres) en Elizma van Rhyn (Tulbagh) was die wenners van die rolbaltoernooi.
SENSHI Dojo gelei deur sensei Wayne Vermeulen, skop die nuwe skoolkwartaal op ‘n hoë noot af met die aanbied van hulle eerste tradisionele Okinawan wapengradering. VOOR: Mia, Aiden en Retief. AGTER: LJ, Wayne Vermeulen en Morgan.
LAERSKOOL F.D. Conradie is trots op hul vier leerders wat na die Jeugskou opgeneem is in die WP-span. Hierdie leerders het van 31 Maart tot 1 April aan die WP-kampioenskappe op Clanwilliam deelgeneem. Hulle gaan van 1 tot 4 Oktober die WP-span by die S.A. kampioenskappe op Lichtenburg in die Noordwes provinsie verteenwoordig. VLNR: Chadwick Vergotine, Githe van Dyk, Cecilia Conradie en Marlé Erasmus.
21 April 2022 - 18:30 vir 19:00 Kaartjies: R180 p/p Sluit ligte ete in Bring eie wyn - glase sal voorsien word Kaartjies beskikbaar by Kerkkantoor (023) 313-3694 of skakel Alma Goosen 083-443-0881
DIE polisie op P.A. Hamlet is steeds opsoek na ‘n Ethiopiër van geboorte, Desta Nure Gutu. Hy word vir ondermeer klagtes van aanranding, diefstal en die gebruik van ‘n motorvoertuig sonder die eienaar se toestemming, gesoek. Hy was woonagtig op P.A. Hamlet en is die laaste keer in Nduli gesien. Enige persoon met inligting, kan s/ sers. Appollis skakel by P.A. Hamlet speurders by (023) 313-3133 of 079-8939861.
WITZENBERG HERALD
3
Friday, April 22, 2022
Polisielede se saak na Bellville streekhof oorgeplaas DRIE Wolseley SAPD-lede en twee inwoners het Dinsdag in die Bellville streekhof verskyn op klagtes van korrupsie en regsverydeling. Die vyf moet weer op 31 Mei tereg staan op die klagtes teen hulle. Hul hofverskyning spruit uit ‘n ondersoek van die Wes-Kaap SAPD anti-korrupsie-eenheid rakende ‘n voorval op 21 April 2021 in die Wolseley-omgewing. Dié drie polisielede is op 7 Januarie by die polisiestasie inhegtenis geneem kort nadat hulle aan diens gekom het en die twee inwoners is by hul onderskeie huise gearresteer. Die polisielede, sers. Mxolisi Sigila (42), kst. Johannes Fransman (40) en kst.(v) Melzandré Pieters (33), is saam met ‘n oudpolisieman Daniël Davids (43) en ‘n buurtwaglid, Anita Fransman (41), gearresteer. Sy is die suster van kst. Fransman. Volgens die ondersoekspan het die verdagtes na bewering dwelms (mandrax en
tik) in Masiphelelostraat gekonfiskeer maar nooit ‘n kriminele klag by die polisiestasie geregistreer nie. Die dwelms is later verkoop en die opbrengs daarvan is tussen die verdagtes verdeel. Die vyf se borgtog van R2000 elk is verleng. NVG-beslissing Die saak teen die ander twee polisiemanne wat in hegtenis geneem is in ‘n onverwante saak, is na 10 Mei uitgestel in afwagting van ‘n Nasionale Vervolgingsgesag-beslissing. Twee polisie konstabels van Worcester wat op Wolseley gestasioneer was, is op 4 Januarie gearresteer na ‘n voorval op 3 Desember verlede jaar. Kst. Byrone Williams (26) en kst. Ricardo Conradie (39) word van korrupsie aangekla nadat hulle na bewering ‘n man met tik in sy besit betrap het en daarna geld van hom geëis het om hom nie aan te kla nie. Beide se borg van R2000 is verleng. Nie een van die vyf polisielede is al deur die Wes-Kaap SAPD bestuur geskors nie.
VLNR: Kst. Ricardo Conradie (39) en kst.(v) Melzandré Pieters (33), sers. Mxolisi Sigila (42) en kst. Johannes Fransman (40).
BUURTWAGLID Anita Fransman (41), die oudpolisieman, Daniël Davids (43) en kst. Byrone Williams (26).
Drie verkragters se saak na Paarl streekhof DRIE mans van Tulbagh wat aangekla word van die verkragting van ‘n 12-jarige meisie, se saak is na die Paarl streekhof oorgeplaas. Na meer as ‘n jaar en sewe maande kon die WesKaap polisie nog nie die DNS-uitslag vir die hof stuur nie. Die drie verdagtes wat ook nog nie gepleit het nie en tussen 30 en 33 jaar oud is, is einde September 2020 deur die Tulbagh polisie gearresteer. Die drie mans sal op 22 April in die Paarl streekhof verskyn. Hulle bly in aanhouding.
DIE Air Mercy Services (AMS) helikopter was Dinsdag 19 April by die Ceres provinsiale hospitaal. Die ambulanshelikopter het laat middag ‘n pasiënt in 'n kritieke toestand na Tygerberg hospitaal oorgeplaas.
CBI en plaaslike sakelui bedank die Witzenberg munisipaliteit vir die skoonmaak en verf van asblikke in Voortrekkerstraat. Indien die gemeenskap of wetstoepassers sien wie die gemors opplak, moet hulle dit onmiddellik by die munisipaliteit aanmeld. Inwoners moet ook net vir ‘n verwysingsnommer vra.
We offer: · · · · · · · · ·
Agtergrond Die voorval het Vrydag 25 September 2020 na 20:00 op die plaas Remhoogte plaasgevind. Die 12-jarige slagoffer en ‘n 14-jarige maatjie het na die buurplaas gestap om aartappelskyfies te gaan koop. Hulle is deur drie verdagtes agtervolg en later die bosse ingesleep. Die 14-jarige kon daarin slaag om weg te hardloop en hulp te ontbied. Die verdagtes is Saterdag 26 September 2020 op Bergplaas in hegtenis geneem waar hulle gewoon het.
Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems
SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.
SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES
066 205 3312
023 1000 515
info@jptek.co.za
Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies
4
WITZENBERG HERALD
Friday, April 22, 2022
Kuberafknouery onder tieners neem toe DAAR is al dikwels gesê dat die COVID-19pandemie niemand onaangeraak gelaat het nie. In werklikheid het dit nie net groot verliese veroorsaak nie, maar ook verdere druk op elkeen se daaglikse lewe geplaas. Hierdie ‘nuwe normaal’ is moeilik vir volwassenes, maar vir die ingewikkelde wêreld van ’n tiener het hierdie nuwe manier van hoe om saam met ’n pandemie te lewe, ’n ondraaglike bykomende las geword. Een van die newe-effekte van die pandemie is die kommerwekkende toename in gevalle van kuberafknouery onder tieners uit alle agtergronde in die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit. Met die koms van digitale platforms en die gevolglike beskikbaarheid en die gemak van gebruik daarvan, het kuberafknouery vir baie mense ’n nare werklikheid geword, en dit kom veral voor in die ouderdomsgroep 11 tot 18 jaar. Kuberafknouery verwys na die doelbewuste gebruik van die internet, e-pos, teksboodskappe, kitsboodskappe, sosiale mediawebwerwe, aanlyn-forums, kletskamers en ander digitale middele om vals, neerhalende of kwaadwillige inligting oor ’n ander persoon te versprei - met die uitsluitlike doel om daardie persoon te teister, te dreig of te verneder. Weens die beskerming van anonimiteit wat digitale platforms aan oortreders verleen, het hierdie vorm van afknouery die afgelope paar jaar aansienlik toegeneem. In wese is dit ernstiger as tradisionele of fisiese afknouery, want dit kan enige tyd op enige toestel plaasvind en kan met ’n eindelose gehoor gedeel word. Al wat ’n kuberafknouer nodig het om ’n slagoffer 24 uur per dag te laat ly, is ’n selfoon en data, en wat meer is, hierdie boelie kan kies om sy of haar identiteit bekend te maak of nie! Dit beteken dat die slagoffer nooit vrede of ’n veilige ruimte kan vind nie.
Statistieke 3,2 miljoen leerders in Suid-Afrika word jaarliks afgeknou. In Februarie 2021 het ’n opname bevind dat 51,5% van Suid-Afrikaanse leerders een of ander vorm van kuberafknouery ervaar het. Kuberafknouery kan veroorsaak dat slagoffers aan angs en depressie ly, wat in uiterste gevalle tot selfmoord kan lei. “Ons het almal in die onlangse media berigte gesien oor tieners wat hul eie lewens geneem het en die hartseer werklikheid is dat tienerselfmoord ook aan die toeneem is”. As ouers en volwassenes is dit elkeen se verantwoordelikheid om soveel as moontlik te doen om seker te maak dat kinders veilig is. “Dit is belangrik dat ons met ons kinders praat oor kuberafknouery en dat ons aanhou met hierdie gesprekke. Praat met julle kinders en hulle vriende oor hoe om aanlyn veilig te bly, praat met hulle oor die gevare van sosiale media en praat met hulle oor deernis teenoor ander tieners. Herinner hulle daaraan dat daar ’n persoon aan die ander kant van ’n digitale platform is”. Raad en hulp Jy kan jou kind teen kuberafknouery beskerm deur sy of haar aanlyn en digitale aktiwiteit te monitor. Jy kan dit doen deur eenvoudige stappe te volg, soos om die wagwoorde op sy of haar toestelle te ken en deur rekenaaren aanlyn tyd tot ’n familie-area in die huis te beperk. Daar is ook verskillende filters en toepassings wat jy kan aflaai om op toestelle te installeer, soos sagteware vir ouerleiding wat jou in staat stel om ongewenste inhoud te blokkeer. Sê vir jou kinders dat jy bewus is van kuberafknouery en dat hulle met jou moet praat as hulle geteiken word; laat hulle voel dat dit veilig is om dit vir jou te sê. Maar ons is nie alleen nie. Daar is organi-
Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, Africa’s largest producer and marketer of apple and pear concentrate, as well as a variety of fruit purees, has the following internal opportunity available at its factory in Ceres.
PRODUCTION MANAGER (PUREE) The successful candidate will report directly to the Manager: Operations and the responsibilities of the position include the following key performance areas: • Managing of effective and efficient production processes relating to infrastructure, equipment and human resources • Processing of an aseptic product according to client specifications • Planning and coordinating operational activities • Managing compliance to Safety, Quality and Housekeeping • Budgetary processes, effective cost management and financial projections • Handling and managing specific projects The ideal candidate should have the following attributes/ skills/qualifications: • An appropriate tertiary qualification in Engineering, Production Management or Food Science would be an advantage • A proven record of success achieved within a production environment as a Leader • Excellent communication and interpersonal skills • A hands-on and technical approach to managing production and handling equipment • Experience in the fruit/fruit processing industry • Knowledge of quality systems, e.g. HACCP, ISO or FSSC The Company offers a market related compensation package. Please send your CV to: The Manager: People and Performance Systems Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd E-mail: mclark@cfp.co.za Closing date: 30 April 2022
sasies wat daartoe verbind is om kuberafknouery te help stop - hierdie mense is bekwaam en opgelei om diegene in nood te help. Die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM), die Wes-Kaapse regering en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het materiaal oor kuberafknouery ontwerp om almal te help om hierdie ingewikkelde sosiale probleem te verstaan. Die materiaal sluit in afbeeldings om op digitale platforms te deel en plakkate in drukbare formaat vir kennisgewingborde, klaskamers en kantore - dis alles beskikbaar om van die KWDM-webwerf af te laai. Die KWDM doen ’n beroep op almal om op te tree en betrokke te raak om hierdie vernietigende tendens te staak. Laai die afbeeldings af en deel dit op jou WhatsApp-status. Onderwysers kan dit op klasgroepe deel en skole, biblioteke en ander plekke waar jongmense bymekaarkom, kan ’n paar plakkate druk om bewustheid te skep en slagoffers te laat weet dat hulle nie alleen is nie. “Ons tieners moet egter ook hulle deel doen - dit is nie ’n stryd wat ouers en onderwysers op hulle eie behoort te voer nie. Dit is belangrik vir tieners om bewus te wees van die gevare van digitale platforms en om hierdie platforms versigtig te gebruik”. Hier is ’n paar wenke om te verhoed dat niemand geteiken word nie: ● Moet nooit persoonlike inligting aanlyn deel nie - die ontvanger is moontlik nie wie hy of sy voorgee nie. ● Moenie fotos van jou of van iemand anders neem wat seksueel van aard kan wees nie. En bowenal, moenie hierdie fotos deel nie. Die algemene reël is - as jy nie die foto vir jou ouers kan wys nie, moet jy dit nie op jou sosiale media plaas of dit via WhatsApp stuur nie. Daar is ’n groot risiko dat dit uitgelek kan word.
● Dit is ook belangrik om (verskillende) wagwoorde op al jou toestelle en platforms te hê en dit met niemand anders as jou ouers te deel nie. Praat met mekaar oor die belangrikheid van respek vir mekaar se privaatheid, selfs al het julle wagwoorde. ● Dit is ook uiters belangrik om te onthou dat as iets op ’n digitale platform gedeel is, dit vir altyd daar bly - dit gaan nooit weg nie. ● As jy weet dat iemand op die internet afge knou word, moenie met die oortreder kontak maak nie. Rapporteer dit! ● Moenie ’n boelie se foto of opmerkings ‘like’, kommentaar daarop lewer of dit deel nie. Dit dra net by tot die skade wat berokken word. ● En, as jy afgeknou word, praat daaroor! Daar is tekens waarvoor ’n mens moet uitkyk as iemand op die internet afgeknou word, soos ’n verandering in gedrag, buie, slaappatroon en eetlus. Hierdie individue onttrek hulle aan familie en vriende en hou op om deel te neem aan aktiwiteite waaroor hulle voorheen mal was. Hulle toon tekens van angs en depressie en kom veral angstig of ontsteld voor tydens of na die gebruik van die internet of hul toestelle. As kuberafknouery plaasvind, moet hierdie stappe gevolg word: ● Moenie reageer nie, veral nie as emosies hoog loop nie ● Moenie aan woede-oorloë deelneem nie ● Neem ’n skermkiekie (screen shot) van die inhoud ● Verwyder jou of jou kind uit die groep of toepassing waar die kuberafknouery plaasvind ● Blokkeer die persoon of groep mense wat afknouers is ● Rapporteer dit aan die owerhede ● Rapporteer dit aan die skoolhoof as leerders betrokke is, selfs al is dit na skoolure Besoek die webwerf www.cwdm.co.za vir meer inligting oor kuberafknouery
Man geskiet ‘n MAN (29) van Wolseley is in die hospitaal nadat hy die naweek in die kop geskiet is. Volgens die polisie se voorlopige ondersoek het die voorval Saterdag 16 April omstreeks 01:30 in die Pine Valley woonbuurt naby Hopestraat plaasgevind toe Thabo Rampeo deur ‘n onbekende persoon in die kop geskiet is. Die polisie en EMS noodpersoneel was gou op die toneel voordat Rampeo na die hospitaal geneem is. Die vermoede bestaan dat die voorval verband kan hou met ‘n meisie. Die aanvaller se identiteit is nog onbekend en die polisie ondersoek ‘n klag van poging tot moord.
Bykans 800 meisies van die Witzenbergstreek teen servikale kanker beskerm HOOP op ‘n beter toekoms is die motivering wat sr. Cirene Williams aanvuur om gesondheidsdienste aan soveel as moontlik kinders te bring. Onder haar leiding kon Wes-Kaap gesondheid in die Witzenbergstreek bykans 800 meisies gratis inent teen die virus wat lei tot servikale kanker. Dié diens word twee keer ‘n jaar gratis na skole gebring. Die Witzenberg-span kon hierdie rondte 88% van meisies wie kwalifiseer vir inenting, bereik. “Dit verg baie intensiewe voorbereidings,” verduidelik sr. Williams. Met behulp van personeel by die skool is registers reeds voltooi waarin daar aangedui word wie se ouers toestemming gegee het vir die toediening van die entstof teen die Menslike Papiloom Virus (MPV). Sy het dan geskakel met ouers wie nié toestemming gegee het nie, om seker te maak dat hulle verstaan dat die entstof lewens red. Servikale kanker is een van die kankers wat die meeste lewens eis onder vroue tussen 35 en 44 jaar. “Ek wil graag sien dat daar ‘n drastiese afname is in die hoeveelheid vroue wie sterf weens servikale kanker. Dit is absoluut al die voorbereidings werd,” sê sy. Iemand na aan haar het servikale kanker asook borskanker en sy sê die impak van die siekte en die behandeling op die vrou se seun, is hartverskeurend. Sy is reeds sedert 2014 betrokke by die MPV-program en sien uit daarna om in die jare wat kom, te kan sien wat die impak van die program is. Maar vir nou is dit genoeg vir haar om te weet dat hul span hul doelwit vir hierdie rondte bereik het. In die Kaapse Wynland is ‘n totaal van 6 568 MPV-inentings gedoen. Die Witzenberg het uitgeblink met die inenting van 88% van immunisering van meisies wie kwalifiseer en wie se ouers toestemming gegee het, gevolg deur Drakenstein (75%), Stellenbosch (73%), en Breedevallei en Langeberg (69%). Wes-Kaap gesondheid bedank skole as vennote in die proses, ouers wie toestemming gegee het dat hul graad 5-dogters wie 9 jaar en ouer is, die inenting kan kry, en personeel soos sr. Williams wat die diens moontlik maak.
HOOP op ‘n beter toekoms is die motivering wat sr. Cirene Williams aanvuur om gesondheidsdienste aan soveel as moontlik kinders te bring.
WITZENBERG HERALD
5
Friday, April 22, 2022
COVID-19
Net drie mense sterf in 48 uur in Suid-Afrika LAERSKOOL Waveren op Tulbagh het onlangs ‘n Rockstar-dag aangebied waartydens leerders kon aantrek volgens hul rolmodelle. Party leerders was Alicia Keys, Britney Spears of selfs Jennifer Lopez. Hier staan van die leerders saam met Andelene Michaels (skoolhoof). FOTO: Peter Luitjies
NET drie mense is die laaste 48 uur in Suid-Afrika dood aan COVID-19. Dit is die nuutste statistieke wat deur die Nasionale Instituut vir Oordraasgbare Siektes bevestig is. Die land se sterftesyfer het tot 100 181 gestyg. Wêreldwyd is 502.2 miljoen gevalle in 210 lande aangemeld en 6.592 miljoen het gesterf. Plaaslike CV-19 statistieke Sedert die begin van die pandemie is 9284 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 8857 herstel het. Die afgelope week was daar net 6 aktiewe gevalle aangemeld. Statistieke wys dat Ceres steeds die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 2184 gevolg deur Bella Vista met 1382, Wolseley met 1202, P.A. Hamlet met 1254, Tulbagh met 1133, Nduli met 614 en Koue Bokkeveld plase met 741. Vier honderd een en twintig (421) mense het die afgelope twee jaar sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes staan tans op 85 gevolg deur Wolseley met 68, Bella Vista met 63, Tulbagh met 52, P.A. Hamlet met 52, Nduli met 34 en Koue Bokkeveld plase met 30. Een sterfte was by die Dwarsrivier korrektiewe sentrum buite Wolseley. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 21 910 (18 April). Daar is al 674 474 positiewe gevalle aangemeld en 648 397 het al herstel. Inentings Meer as 34,36 miljoen landsburgers is al teen CV-19 ingeënt en meer as 3.627 miljoen mense het al herstel van die virus. Die dodetal is tans 100181. Die land se herstelkoers is tans 96.9%. Ander statistieke sluit in: die positiwiteitskoers het gestyg na 9.58%. Plaaslike inwoners kan steeds hul inenting/versterkingsdosis by een van die volgende fasiliteite kry: Ceres provinsiale hospitaal: Maandae tot Vrydae. P.A. Hamlet kliniek: Maandae, Op-die-Berg kliniek: Dinsdae, Tulbagh kliniek: Woensdae, Bella Vista kliniek en Nduli Polo Cross-saal: Donderdae en Wolseley kliniek: Vrydae. Inwoners kan ook Clicks se tak op Ceres besoek.
DIE P.A. Hamlet gemeenskap polisiëringsforum (GPF) se werksaamhede wat die afgelope twee jaar weens COVID-19 ingeperk was, het nou hul eerste projek in samewerking met die plaaslike St. Marks primêr aangepak. Die projek is op 14 April by die skool geloods. Verskeie rolspelers was deel van die program met adv. Cindy Abdol, ‘n ervare streekhof staatsaanklaer van Worcester, wat die gasspreker was. Die doel van die program was nie net om weer bewusmaking van alle rolspelers en hul rol in die gemeenskap aan die skoolkinders oor te dra nie, maar ook om te praat oor algemene dissipline en om leiers in skole te identifiseer. Die geleentheid is ook deur die GPF voorsitter, Koos Bantam, Jacoba Sass (projekkoördineerder), Patrick Xhiphu, Kolie van Rooi (skoolhoof van St. Marks primêr), Trevor Felix (EMS Ceres), Ibrahim Daniëls (verkeersafdeling), Bernice Skippers en lt.kol. Albert Ballack van P.A. Hamlet SAPD bygewoon.
Hierdie pos het ontstaan by De Keur Bessies, Produksie-afdeling, De Hoop, Wolseley
LOGISTIEKE KLERK Hierdie is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan suksesvolle aflegging van proeftydperk. Doel van pos: Verantwoordelik vir alle logistieke beheer rondom koelkamer, asook kontrole oor personeel van die koelkamer Verantwoordelikhede: • Verantwoordelik vir innames en uitlaaie van bessies • Produktiwiteit en akkuraatheid van werknemers • Algemene administrasie • Voorbereiding van produksie oudits en handhawing van standaarde • Kontrole oor kwaliteit van bessies verpak. Vaardighede: • Akkuraatheid • Doelgerig - moet sperdatums haal en bereid wees om ekstra ure te werk • Moet goed onder druk funksioneer • Ondervinding in industrie standaarde • Administratiewe vaardighede (Engels en Afrikaans) • Kommunikasievaardighede (Engels en Afrikaans) • Probleemoplossing • Moet inisiatief neem • Rekenaarvaardig. Ondervinding: • 2 Jaar ondervinding sal voordelig wees. Opleiding: • Graad 12 • Ondervinding van Eurepgap • Food Health Safety .• Goeie kennis van Excel en Office. Vergoeding: Markverwante vergoeding sal aan hierdie pos gekoppel word sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioenskema is ‘n voorvereiste aan die aanstelling. Sluitingsdatum vir aansoeke: 6 Mei 2022 Aanstellingsdatum: So spoedig moontlik.
DIE bestuurder van ‘n Oos-Kaapse afleweringsvragmotor het Vrydag 1 April beheer daaroor verloor en deur die muur van die plaas Groenrivier, tussen Rawsonville en Wolseley, geploeg. Beseerdes is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal geneem. FOTO: FB/Globalforce
Stuur asb. u CV, met vermelding van u huidige vergoedingspakket, afskrif van u ID en 3 verwysings aan: Johan du Plessis by e-pos recruitment@dekeur.co.za De Keur Landgoed is ‘n gelyke geleentheid werkgewer
6
WITZENBERG HERALD
classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Johannes Frans (Hansie)
1947/11/25 - 2016/04/21
Pappa Hansie, jy is 6 jaar van ons weg, dit voel nog soos gister. Verlange is nog groot. Ons sal altyd die mooi herinneringe en mooi oomblikke onthou. Met liefde van jou vrou, kinders, klein- en agterkleinkinders.
Garene (Warries) Mollet
1991/06/27 - 2021/04/23 “Garene, dis alweer een jaar seder t jy ‘n Engel geraak het. Die vermisting is baie groot, maar soos met al ons ontslape geliefdes, bly jul nagedagtenis lewend in ons harte.” Van Daddy, Mammie Geraldine, Oom Mike en Aunty Des, Matthew en Jasmine
Annelize (Geduld) Mabasa (Lizie)
PLANT AND TOOL HIRE
Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
Friday, April 22, 2022
Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
082-859-2300 Catharina (Poppie) Oncker
1945/10/12 - 2022/04/12
Roudiens: Do. 21/04/2022 om 19:00, Christian Mission Kerk, Tulpstraat (by sap huise)
Privaat begrafnis: Sat. 23 April 2022
Huis: 09:00,Dahliastr.1090, BV Kerk: 10:00, Bella Vista Gemeenskapsaal Graf: Bella Vista
1978/01/27 - 2017/04/25
“Sus, vyf jaar gelede het jy skielik heengegaan en soms is dit steeds so onwerklik. Ons het darem al geleer om met ons lewens voor t te gaan, maar die verlange is baie groot. Jou klokhelder stem is stil, maar ons hoor dit weerklink wanneer ons van jou praat! Rus sag tot ons weer ontmoet.” Van jou broers, susters, swaers en skoonsusters, asook jou dogters en kleinseun.
CERES NICO BEGRAFNISDIENSTE
“By die stort van elke traan sal ons by u staan”
☎ (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John
Ellen (Ella) Stoffels 1966/04/09 - 2017/04/03
ceresbegrafnisdienste@gmail.com
Jakobus Waterboer 1956/12/18 - 2022/04/12 Privaat begrafnis: Sat. 23 April 2022 Huis: 09:00, Erika Plaas, PA Hamlet Kerk: 10:00, VGK Bella Vista Graf: Bella Vista
Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814
SYMPHONIA for South Africa (SSA) and Partners for Possibility (PfP) were delighted to welcome and introduced the Xhuma Project by the University of St Gallen, Switzerland to the Witzenberg Valley.
CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
Catherine (Stoffels) Hendricks 1968/04/11 - 2017/04/03
AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS Dit is alreeds vyf jaar wat julle saam met die Engele in die Hemel is. Die vermisting en verlange is nog baie groot. Maar dit wat God gedoen het is welgedaan. Vir altyd sal ons lief wees vir julle. Van Rina, Janray, Bettie, Godfrey, Beaton, Fiela, Marie en gesin
Jan Stoffels
1937/09/20 - 2017/05/23
Pa is vyf jaar van ons weg. Pa is omring met Engele en geliefdes. Ons sal altyd en vir ewig lief wees vir Pa. Van Rina, Janray, Bettie, Godfrey, Beaton, Fiela, Marie en gesin
University of Gallen in Switzerland partner with Ceres Secondary School SYMPHONIA for South Africa (SSA) and Partners for Possibility (PfP) were delighted to welcome and introduced the Xhuma Project by the University of St Gallen, Switzerland to the Witzenberg Valley. Symphonia for South Africa (SSA) and Partners for Possibility hosted, the first team in Johannesburg in 2016, arranging a series of Financial Literacy Workshops for Learners at no cost to the schools. Since then they were hosted in Cape Town, schools in 2017, 2018, 2019 and 2020. In 2021 they could not come to SA because of COVID 19 restrictions. “This year we were happy that the Covid19 registrations were relaxed to allow a delegation of students from the University of Gallen in Switzerland to come to South Africa and we decided to roll out the program in the Witzenberg Valley, and identified Ceres Secondary School as the hosting school”. Some 80+ learners attended the workshops over the three days. The visiting students are from different European countries such as France, Germany, Italy, Austria and Portugal also took the opportunity to explore the Witzen-
berg Valley during their recent stay in Ceres and enjoyed a variety of engagements in and around the Valley. They enjoyed the learning and experience by visiting Bella Frutta where they were hosted by Hendrik Claasen and Ceres Fruit Processors where Heinie Joubert showed them around the factory. “As we teach our learners the importance of hard work and to balance it with some fun, they also did not missed the opportunity to have a few fun rides at Ceres Zipslide Adventures”. The week were concluded with a traditional South African dinner and the students were hosted by Maddy Ross and her husband Ron who went on to promote our beautiful country South Africa and Ceres. Jessica Batts (Learning Process Facilitator) for Partners for Possibility Project in the Witzenberg Valley said that the School Leadership, learners and local businesses responded well to the students, and welcomed them with open arms, and proudly showed off the talents and gifts within the Witzenberg Valley.
SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN 083-227-6476 Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en “automation”. Skakel Derick 082-8044550. rek S15 w.t.o. Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Meer as 60 jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
DIE jaarlikse Personal Trust All Cape rolbaltoernooi het verlede week rondom Kaapstad plaasgevind. Spelers van oor die land het aan die gewilde toernooi deelgeneem. Die Robertson/Ceres span van Mark Beviss-Chalinor, Johan du Plessis, Werner van Deventer en Stoffel Lambrechts (Ceres) het met die trofee weggestap.
WITZENBERG HERALD
7
Friday, April 22, 2022
Stoepsitters gholfdag 'n groot sukses
DIE wenners van die 2022 Stoepsittersgholfdag was Johan Smit en Miggie Matthee.
MARQUIN van Wyk, ‘n leerder van Mooi Uitsig primêr en belowende rugbyspeler, is opgeneem in die Hamlet-sone vir o/13 rugbyspelers.
NA byna twee jaar van wisselende het vanjaar aan die dag deelgeneem vlakke van COVID-19 inperkings- wat deur Johan Smit en Miggie maatreëls, kon die Ceres Stoep- Matthee gewen is. sitters weer hul gholfdag op Bedankings Vrydag 11 Maart aanbied. Die Stoepsitters wil graag hul borge Die Stoepsitters is dankbaar om bedank wat op baie kort kennisgeweer hul gemeenskaps-aktiwiteite wing hul harte en hul beursies oopte hervat. gemaak het vir hierdie verdienstelike ‘n Rekordgetal van 72 gholfspelers saak.
Emile Marais het ook bietjie geskiedenis gemaak toe hy ‘n kolhou (hole-in-one) asook drie voëltjies op die oorblywende drie syfer-3 putjies aangeteken het. Sover vasgestel kon word is dit ‘n baie skaars gebeurtenis en ook ‘n eerste op Ceres. Om sy gelukkige dag verder te kroon, het hy ook die Stoepsitters se gelukkige trekking van R1 000 gewen!
Met ‘n rekord-fondsinsamelingspoging kan die Stoepsitters nou donasies skenk aan Huis Maudie Kriel, Huis Pieter Strauss, Huis Mostertshoek (Wolseley) en Huis Disa (Tulbagh)
Baie dankie aan ons borge! Tulbagh DB Slootgrawerdiens BK
REID'S PAINT & HARDWARE
(023) 316-1345 LOXTONIA ups the tempo with Cider Experience in the Ceres Valley. Round up the crew and make your way to the Ceres Valley on Saturday, 23 April for the ultimate foot tapping Cider Experience at Loxtonia apple farm. Whether you prefer your Loxtonia cider by the ice bucket or on-tap, you can try them all while getting into the groove with popular Boland balladeer and cover artist, Juan Casey. Making sure you don’t go hungry while rocking the beat, Big Bite Roadhouse will be dishing up juicy pulled pork burgers, yummy vetkoek and pasta from their food truck. The all-day Loxtonia Cider Experience runs from 10:00 till 16:00 on Saturday, 23 April. Tickets at R80 per person are available on Quicket.
nuusbrokkies WAS jy een van die eerste matrikulante van Bella Vista Hoërskool in 1997? Vanjaar beplan die skool ‘n 25 jaar reünie en wil hulle graag dit ‘n spesiale geleentheid maak. Tree op Facebook via Messenger in verbinding met Ajay January, Lesley Koopman of Helga Swartz. Verdere inligting sal in komende weke via die sosiale mediaplatvorm deurgegee word. CERES Netbalklub het weer met oefeninge op Dinsdae en Donderdae begin. Begintyd is vanaf 17:00 - 17:30 op Gericke netbalbane. Nuwe lede is welkom om by die klub aan te sluit. Skakel Marelize by 073318-7638 of Beverley by 083-402-1246 vir verdere navrae. BESOEK Loxtonia op 23 April. Kaartjies kos R80.
☎ (023) 312-3618
CERES
Worcester
Ceres Alarms and Guarding (023) 316-1117
Cer es ☎ (023) 316-2226 Ceres
BOKKEVELD GAS Johann Alberts 082-324-2060
(023) 313-3534
8
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voor trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, April 22, 2022
Witzenberg Herald
Leerders presteer op sportveld LEERDERS van Charlie Hofmeyr hoërskool het die afgelope tyd goed presteer op die sportveld. Rugby- en netbalspanne het einde Maart na Mosselbaai getoer en ‘n groot hokkietoernooi is op Ceres aangebied. Tydens die Maart skoolvakansie het Charlies se o/19A, o/19 B en o/16 A rugbyspanne aan die negende Arthur Johnson sportweek in Mosselbaai deelgeneem en al nege hul wedstryde gewen. Die o/18 A en B netbalspanne het aan die AJ Sportweek deelgeneem. Charlies se o/18 A-span eindig tweede en die o/18 B-span veertiende uit die 20 deelnemende spanne. Fairmont hokkietoernooi Die eerste seunshokkiespan het tydens die Maart skoolvakansie deelgeneem aan die Fairmont hokkietoernooi. Die seuns eindig eerste in afdeling A en speel teen Paarl Gimnasium in die semi-finaal. Hulle verloor die wedstryd en eindig algeheel 4de by die toernooi.
Andries vaar goed in ultra-marathon ANDRIES Swarts van Ceres het die naweek sy 27ste Twee Oseane ultra-marathon oor 56km voltooi in 5:36.
Aldean wen kompetisie SATERDAG 16 April is ‘n houespel kompetisie op Ceres aangebied waaraan ‘n paar spelers deelgeneem het. Aldean Swart (foto regs) was die wenner met 72 houe. Bevan Davids was in die tweede plek met 72 houe gevolg deur JC Hagen en B. Zimri, beide met 73 houe. Volgende kompetisies Spelers kan weer op 23 April inskryf vir die Windhoek-pare kompetisie (beterbal stableford) en op 30 April vir ‘n enkel syfer plus kompetisie. Spelers kan die klub skakel by (023) 3123068 of op die Clubmaster app bespreek.
DIE twee eerste hokkiespanne van Charlie Hofmeyr het vanjaar goed presteer.
Charlies hokkietoernooi Charlies het van 26 tot 29 Maart hul jaarlikse hokkiefees op Ceres aangebied. Nadat die COVID 19-pandemie die afgelope twee jaar se toernooie in die wiele gery het, was dit vanjaar ekstra spesiaal om dit weer te kon beleef. Elke span het ses wedstryde gespeel en ook die geleentheid gehad om afrigtingsessies by te woon wat aangebied is deur die Elsie Coetzer hokkieskool. Charlies se o/18A meisiespan het met hulle spel beïndruk deur al 6 hul wedstryde te wen, sonder om ‘n enkele doel af te staan.
Wedstryde begin die naweek NA ‘n afwesigheid van meer as twee jaar, gaan Boland klubligawedstryde op Saterdag 23 April in alle erns begin. Die Boland Rugbyunie is vroeër vanjaar genoop om die begin van die klubrugbyseisoen tot einde April uit te stel. Provinsiale unies moes eers verseker dat klubrugbyspelers aan voorskrifte, soos uiteengesit in die Staatskoerant, voldoen. Alle rugbyklubs, spelers en ondersteuners is ook gevra om ingeënt te word om te help dat klubrugby hervat kan word. Ligabepalings Die eerste rondte wedstryde vir Bella Vista is soos
volg: 30 April - Newtons vs Bella Vista, 7 Mei - Bella Vista vs Ceres, 14 Mei - Delicious vs Bella Vista, 21 Mei - Bella Vista vs Wolseley, 28 Mei - Hillcrest vs Bella Vista, 11 Junie - Bella Vista vs Roses United, 18 Junie - Hamlet vs Bella Vista, 25 Junie - Bella Vista vs Temperance, 2 Julie - Evergreens vs Bella Vista en 9 Julie - Bella Vista vs Tulbagh. Die eerste rondte wedstryde vir Ceres RVK is soos volg: 30 April - Ceres vs Hillcrest, 7 Mei - Bella Vista vs Ceres, 14 Mei - Ceres vs Roses, 21 Mei Hamlet vs Ceres, 28 Mei - Ceres vs Temperence, 4 Junie - Evergreen vs Ceres, 11 Junie - Ceres vs Tulbagh, 18 Junie - Newton vs Ceres, 2 Julie - Ceres vs Delicious, 9 Julie - Wolseley vs Ceres.