WH Her ald Witzenberg
Volume 24 no. 16
R7.50
Friday, April 30, 2021
Gold Medal Carpet Care
Vir gratis kwotasie, skakel:
Mari Blom 084-212-3020
Since 1997
SKOONMAAK VAN: • Alle matte • Gestoffeerde meubels • Matrasse • Voertuigsitplekke Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings.
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 29 April
Vrydag 30 April
7° 19°
8° 19°
Saterdag 1 Mei
Sondag 2 Mei
7° 23°
11° 28°
Ceres Koekedouw dam
66%
Best prices & quality service guaranteed Contact Gerrie 076-146-5612
Lesing: 2021/04/28
Telephone: (023) 316-2021/3
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Tref-en-trap
Ondersoek nog nie afgehandel nie MEER as ‘n jaar nadat ‘n jong vrou op Ceres doodgery is, is die polisie-ondersoek nog nie afgehandel nie. Jan Justin du Toit (27), ‘n motorbestuurder van Ceres, het na bewering die jong vrou van Tulbagh in Februarie 2020 in Voortrekkerstraat, Ceres doodgery. Hy het in die hof verskyn op aanklagte van manslag asook dronkbestuur. Die dronkbestuurklag hou verband met ‘n voorval op 8 Mei 2018.
Du Toit is tans uit op waarskuwing en moet weer op 22 Junie in die hof verskyn. Agtergrond Cemielia Ross (31) van Tulbagh, is op 2 Februarie 2020 in die vroeë oggendure oorkant die Shell motorhawe in Voortrekkerstraat, Ceres doodgery. Sy was saam met ‘n vriendin en ‘n man onderweg na Tulbagh toe hulle gou by Engen op Ceres gestop het. Sy het oor Voortrekkerstraat na Shell gestap toe sy deur ‘n voertuig getref is. Die tref-en-trap het omstreeks 01:45 tydens beurtkrag plaasgevind. Die bestuurder en sy passasier het van die toneel weggejaag. Du Toit (foto links) het homself later aan die polisie oorgegee. Hy het na bewering die betrokke aand die voertuig sonder die eienaar se toestemming gebruik. Verdere klagtes soos die gebruik van voertuig sonder eienaar se toestemming en versuim om te stop by 'n ongelukstoneel om besering of skade vas te stel, kan later nog bygevoeg word.
Voetganger sterf tragies ‘n VOETGANGER is opslag dood nadat sy verlede week voor ‘n aankomende voertuig ingeloop het. Volgens die polisie is ‘n kontrakplaaswerker, Sonatajana Molefe (33), opslag dood nadat sy deur ‘n Ford bussie getref is. Die tragiese voorval het verlede Donderdag 22 April omstreeks 06:25 naby Kleinbegin en Sterkwater boerdery in die Agter-Witzenbergvallei plaasgevind. ‘n Vragmotor wat vrugte in die vallei moes kom oplaai, het langs die pad by werkershuise gestop waarna van die kontrakwerkers om die vragmotor moes stap. Molefe het blykbaar net oorgestap waarna sy deur die bussie getref is. Die P.A. Hamlet polisie en CMS personeel was op die toneel maar kon niks vir slagoffer doen nie.
ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 29 APRIL 2021 - 2 MAY 2021 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL.
12
SUGGESTION
35
Panini’s Bulk Lean Beef Mince
Bulk Cheddar or Gouda Cheese
p/kg
94
12000
15
00
7999 COMBO
4 FOR
99 p/kg
Ceres Spar Boerewors
499
79
3 FOR
20
00
89
p/kg
00
p/meal
385g Clover Full Cream Sweetened Condensed Milk
Nola Mayonnaise 750g Assorted PER MULTI BUY
6
2399
PER MULTI BUY Spar 2-ply Toilet Tissue 18’s
79
99 each
46 00 40 00
each
each
7kg Aartappels Pork Bulk packs Chocolate Moist 2kg Uie 99 Caramel Cupcake 99 p/kg Sweetcorn 4's p/kg 1kg Patat 750g Wortels Clover 250g Mushrooms Marinated Pork Spareribs Classic Long Life Avo’s 99 Custard
59
Brutal Fruit Ruby Apple 500ml Cans
2099 each
3kg Omo Auto Washing Powder
Spar Long Life Cream 300ml
2099 each
6
75 99 69 99
Nescafé Ricoffy 750g (Excluding Decaf)
3
72 69
2 FOR
15000 750ml
Braaibroodjie 2 Pork Rashers, 99 Mielie salad each + Hamburger bun
SERVING
750ml Captain Morgan Spiced Gold Rum
13999
316-2226 CERES SUPERSPAR Ma - So 07:00 - 19:00 TOPS Ma - Vr 09:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00
NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK.
5
35 00 30 00
Rhodes Squish 100% Fruit Puree Assorted PER MULTI BUY
2
WITZENBERG HERALD
Friday, April 30, 2021
Ons Museum - Ons Toekoms, Help red die gebou DIE Togryers museum begin op Maandag 3 Mei met ‘n fondsinsamlingsveldtog.
Die doel van die veldtog is om fondse in te samel vir die herstel van die museum se gebou. “COVID-19 het ‘n baie groot impak op ons finansiele situasie en is ons operasionele subsidie vanaf die departement kwaai gesny. Die gebou het verskeie groot herstelwerk nodig wat ‘n impak op die versameling het indien ons nie dringend daaraan aandag skenk nie” sê Bertdene Laubscher. “Die mikpunt van die fondsinsameling is R60 000 en die museum kon kleiner werk self behartig. Daar is egter verskeie lekplekke in die gebou en die heraflei van reënwater in die vierkant is iets wat net deur ‘n boukontrakteur herstel kan word”. Die Togryers museum neem die vrymoedigheid om die Witzenberg gemeenskap te nader vir ‘n donasie om met die herstelprojek te help. “Maatskappye en besighede kan per EFT ‘n donasie maak en individue kan via die platvorm Payfast ‘n direkte betaling maak. Die skakel na Payfast sal op die Togryers museum se webtuiste beskikbaar wees www.ceresmuseum.co.za. Alternatiewelik kan ‘n inbetaling gedoen word by Togryers museum, ABSA Bank, rek no. 0350140522,
tjekrekening met verwysing: Donasie vir gebou”. “Ons besef dat hierdie uitdagende tye is vir almal, maar glo dat ons op ons gemeenskap kan staatmaak vir hulp. Die museum voeg waarde toe tot die gemeenskap, nie net deur ons versameling en geskiedenis nie, maar ook op sosiale vlak met projekte en opvoedkundige programme. Ons vertrou dat hierdie dringende en belangrike saak ook swaar op elkeen se hart sal druk”.
NA 33 jaar neem Charlie Hofmeyr hoërskool afskeid van Mike Geldenhuys. “Ons glo dat jy die nuwe begin baie sal geniet”.
Charlies neem afskeid van drie onnies CHARLIE Hofmeyr hoërskool neem ook afskeid Günther von Bentheim (sportorganiseerder). * Madeleine Conradie, verlaat ook die skool nadat sy die afgelope kwartaal uitgehelp het in die Engelse departement.
‘n LEERDER van Charlie Hofmeyr, Jani van der Merwe, het ‘n eerste plek behaal in ‘n nasionale fotografiekompetisie. Jani het die PSSA brons medalje verower in die kategorie skoliere- digitale kamera met dié foto. * Ander skoliere wat ook presteer het is; Lua Brand, Liza Du Toit en Daniél Conradie. Met die sewe fotos van hulle wat aanvaar is, het hulle Charlie Hofmeyr se posisie tot die eerste plek in die Westelike Provinsie opgeskuif en tot tweede nasionaal laat verbeter.
Weens dinamiese groei in ons besigheid het die volgende pos ontstaan:
Weens dinamiese groei in ons besigheid het die volgende pos ontstaan:
CCTV /ALARM / IT TEGNIKUS VIR INSTALLASIES
ADMINISTRATIEWE BEAMPTE
Vereistes: • Ondervinding in CCTV (IP en analoog), alarm en sekuriteit sisteme • Basiese IT kennis (Netwerke) • PSIRA geregistreer • Goeie kommunikasie- en administratiewe vaardighede • Geldige bestuurderslisensie • SAQCC ser tifikasie sal gunstig wees. Stuur asb. CV, afskrif van bestuurslisensie en kontakbare verwysings na: careers@jptek.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 April 2021 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u nie binne 2 weke na sluitingsdatum van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
Vereistes: • Deeglike kennis van Xero Accounting • Goeie telefoon etiket en menseverhoudinge • Doelgerig, taakgerig, hardwerkend en goed georganiseerd • Ten minste 2 verwysings van vorige werk • Sober gewoontes. Stuur asb. volledige CV tesame met duidelike kopie van ID na: careers@jptek.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 April 2021 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u nie binne 2 weke na sluitingsdatum van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Die reg word voorbehou om nie die pos te vul nie.
WITZENBERG HERALD
3
Friday, April 30, 2021
Saak vir verhoor uitgestel ‘n MAN wat meer as ‘n jaar gelede in die Ceres Karoo met 26 skaars slange betrap is, se verhoor gaan middel Junie begin. Hendrik Rudolph van Eeden (50) is op 12 Maart 2020 met 23 Bali luislange gevang. Hy het die slange sonder toestemming of ‘n wettige permit van die Noord-Kaap na die Wes-Kaap gebring. Daar was ook ‘n Colombiaanse Boa, ‘n bruin huisslang en ‘n Olyfslang in sy besit gekry. Hy was ten tye van die oortreding woonagtig op die plaas Avontuur
ALEXANDER Gibson (31)
in die Ceres Karoo. Van Eeden het Augustus 2020 vir die eerste keer in Ceres landdroshof verskyn op klagtes van die onwettige besit van beskermde wilde diere asook dat hy geen wettige permit of toestemming gehad het nie. Die saak is na 21 Junie 2021 uitgestel vir verhoor. Die SAPD se veediefstal- en bedreigde spesie eenheid in Worcester ondersoek die saak.
FLORIS Steenkamp (38).
Twee boere in Agri Wes-Kaap Santam Landbou Jongboer van die Jaar kompetisie DIE Witzenbergstreek spog vanjaar met twee deelnemers in die Agri Wes-Kaap Landbou Jongboer van die Jaar kompetisie. Vyf finaliste is gekies. Alexander Gibson (31) van Doornkraal Agri in die Agterwitzenbergvallei, boer die afgelope 10 jaar met 300 hektaar appels en 110 hektaar pere en sê hy sal graag vertakkings wil byvoeg om sy risiko te versprei. Die plaas verkoel, verpak en bemark al die vrugte self en volgens Alexander is dit ‘n groot voordeel omdat die produk in hulle hande bly. Hy probeer ook altyd op hoogte van die nuutste en beste praktyke in die bedryf bly en wil graag ‘n groener benadering begin volg, soos om sonstelsels aan te bring en meer aandag aan herwinning te gee. Volgens Alexander is netheid en dissipline sy vernaamste kenmerke. “Netheid kweek dissipline en sodra daar dissipline in die werksplek is, is alles net soveel makliker. Ek hou daarvan om alles reg te doen. Ek glo ook hoe meer verantwoordelikheid ‘n persoon het en aanvaar, hoe trotser is hulle op wat hulle doen,” sê hy. Alexander is ‘n lid van die Witzenberg Vallei Landbouvereniging waar hy op die dagbestuur dien en in beheer van die landelike veiligheidsportefeulje is. Sy medeprodusente sê Alexander pas voortdurend by veranderlikes aan en dat hy hom toespits op die implementering van nuwe tegnologie. Volgens hulle het hy besondere leierseienskappe waarmee hy die gemeenskap dien. Die streek se tweede deelnemer is Floris Steenkamp (38). Floris boer al vir 19 jaar op Kromfontein in die Koue Bokkeveld en is die afgelope sewe
jaar die produksiebestuurder op Kromfontein waar appels en pere verbou word. Hy het in 2006 ook sy eie grond by Sutherland gekoop waar hy met basterooie boer. “Daar is twee goed wat ek verstaan, dit is ‘n vrugteboom en ‘n skaap. Altwee praat met my en ek verstaan hulle,” sê dié bestuurslid van Bewaringslandbou Wes-Kaap. Sy visie vir die toekom is juis om bewaringslandbou as deel van ‘n holistiese, volhoubare en winsgewende boerdery-opset tot voordeel van hul werkers, die natuur en sy gesin te bedryf. “Alle take wat ek aanpak, probeer ek op die regte tyd, met die regte hulpbron op die regte manier te doen,” sê Floris, wat ook lid van die Koue Bokkeveld Veiligheidsgroep is. Volgens sy medeboere is hy ‘n kenner op sy vakgebied wie se goeie oordeelsvermoë en regte besluite in sy resultate gesien word. “Ek is ‘n boer gebore en nie gemaak nie. Ek wou vandat ek kan onthou net boer. Daar is niks besonders aan my nie, net genade van bo,” sê Floris. Wenner later aangewys Die wenner word op Woensdagaand 19 Mei tydens ‘n geleentheid in die Paarl aangekondig en lede van die publiek sal dit aanlyn kan volg. PF Theron, voorsitter van die Agri WesKaap Jongboerkomitee, sê hulle is opgewonde om vanjaar weer ‘n jongboer-kompetisie aan te bied nadat dit verlede jaar op nasionale vlak as gevolg van Covid-19 afgestel is. Die provinsiale wenner sal later vanjaar meeding om die nasionale titel van die Agri S.A. Toyota S.A. Jongboer van die Jaar.
DIE polisie het begin 2020 op 23 Bali luislange, ‘n Colombiaanse Boa, ‘n bruin huisslang en ‘n Olyf-slang, beslag gelê.
Moordsaak teen twee verdagtes uitgestel DIE twee mans wat verdink word van die moord van ‘n Wolseley inwoner, moet Meimaand weer in die hof verskyn. Volgens die polisie het die moord Sondag 21 Maart omstreeks 02:00 plaasgevind. Henzil Fredericks (41) is in ‘n erg beseerde toestand na die polisiestasie op die dorp geneem nadat hy vermoedelik deur twee mans, Ashley Joostenberg (35) en Ricardo Muller
(23), met ‘n mes gesteek is. Voor hy dood is het Fredericks vir ‘n familielid gesê wie hom met mes gesteek het. Die polisie het Joostenberg en Muller kort hierna gearresteer. Die mans het weer verlede Vrydag in die Wolseley landdroshof verskyn waarna die saak vir verdere ondersoek na 25 Mei uitgestel is.
4
WITZENBERG HERALD
Friday, April 30, 2021
Lede van Witzenberg Photographic Society presteer tydens klubkompetisie DIE Witzenberg Photographic Society (WPS) het onlangs hul Aprilmaand kompetisiewenners aangewys. Hier is twee van die wenfotos: Resting Rhino (natuur wenner - Louise de Lange) en beste skolier en beste selfoonfoto - Alexa Bothe. * Ander afdeling wenners sluit in algehele wenner - Louise de Lange, junior wenner - Denise de Kock, natuur (selfoon) Daniël Conradie, tema wenner - Chloe Sarikaki, tema wenner (selfoon) - Jacoline Visser en selfoon ope kleur - Alexa Bothe.
nuusbrokkies
CMF4K
Vat nou hande en help kinders van Steinthal DIE Charl Munnik Foundation for Kids is ‘n inisiatief wat begin is kort nadat Charl Munnik van Worcester tragies gesterf het in ‘n besigheidsroof. Charl is op 29 Januarie vanjaar dood skaars 12 dae nadat hy COVID-19 oorwin het. Hy was twee weke in die hospitaal en was kort voor sy dood in sy woonstel bokant hul juwelierswinkel besig om van CV-19 te herstel toe hy later deur rowers doodgeskiet is. Agtergrond In Desember 2020 het hy Steinthal kinderhuis besoek. Nadat hy CV-19 oorwin het en skaars twee dae voor sy dood in Januarie, het hy met Steinthal kinderhuis in verbinding getree en gevra dat hulle ‘n wenslys moet opstel. Hy het dit nooit gesien nie nadat die wenslysie ‘n dag na sy dood eers bekend geword het. Begin met die Foundation vir Kids Na sy dood het sy suster, Suzanne Haylett van Worcester en jare gelede ‘n inwoner van Ceres, saam met Arrie Fourie en Cecile Strydom, begin met die Charl Munnik Foundation for Kids. Die stigting gaan kinderhuise in nood help. Die eerste kinderhuis wat nou gehelp gaan word is Steinthal Kinderhuis op Tulbagh. Een van die drie koshuisdakke by dié Kinderhuis het dringend opknapping en regmaak nodig asook algemene herstelwerk van meer as R600 000. Die dak lek water en plafonne is daarmee heen met al die water wat inloop. Dit hou ook ‘n gesondheidrisiko in vir die 150 koshuisleerlinge. Die Witzenberg gemeenskap, veral inwoners en besighede van Ceres en Tulbagh,
word gevra om die stigting en die projeke te ondersteun. Die CMF4K het reeds talle donansies van Worcester ondernemings ontvang wat aangewend word om die dak te begin herstel, plafonne wat vervang moet word en mure wat binne en buite geverf word. Hulle het egter kundige hulp nodig om voorbereiding te doen en te verf. Die materiaal hiervoor beloop nagenoeg R200 000. Motorfiets entoesiaste Charl was ook ‘n entoesiastiese motorfietsryer. Motorfietsgeesdriftiges en vriende van Charl beplan ‘n Pillowrun waar elke motorfiesryer ‘n kussing of beddegoed na Steinthal Kinderhuis bring. Die projek vind plaas op Saterdag 8 Mei en plaaslike inwoners kan ook hierby inskakel. Donansies Alle donasies sal waardeer word. Inwoners wat kan help met arbeid of ‘n verwer wat sy dienste beskikbaar kan stel, sal baie help om die projek vinnig te laat vorder. “Dit sal baie waardeer word as daar besighede of plase is wat aartappels, groente en vrugte kan skenk. Steinthal is in groot nood en enige hulp wat ons kan kry sal baie waardeer word. Ons vra die gemeenskap om hande saam met ons te vat om ‘n verskil te maak in kinders se lewens”. Die bankbesonderhede is: Charl Munnik Foundation for Kids, FNB, takkode 250-655, tjekrekening 628-9045-1950. Vir navrae skakel Suzanne Haylett by 072-345-3914 of stuur ‘n epos na info@charlmunnikfoundation.org of besoek die webtuiste by www.charlmunnik foundation.org
Charl Munnik Foundation for Kids, FNB, takkode 250-655, tjekrekening 6289045-1950. Vir navrae skakel Suzanne Haylett by 072-345-3914 of stuur ‘n epos na info@charlmunnikfoundation.org of besoek die webtuiste by www.charlmunnikfoundation.org
BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. CERES netbalklub wil graag hul 2021 seisoen goed afskop en vra dat belangstellendes moet kom aansluit by die klub. Spelers met navrae kan Beverley by 083-402-1246 of Sandra by 071-884-0073 skakel. HET jy goeie storieboeke (Engels en Afrikaans) maar wonder wat om daarmee te maak? Die Togryers museum wil graag ‘n langtermyn boekuitruil-biblioteek begin en benodig skenkings van goeie kwaliteit boeke. Indien jy kan help skakel die museum by 076689-2885 of (023) 312-2045. HET jy dalk ‘n boekrak wat net rondstaan? Die Togryers museum benodig ‘n boekrak vir hul Boekuitruil Biblioteek wat eersdaags ‘n aanvang neem. Indien jy kan help, skakel ons by (023) 312-2045. IS jy die Witzenbergstreek se volgende Landbouwerker van die Jaar? Alle landbouwerkers mag aan die kompetisie deelneem en is ‘n persoon wat deel vorm van en ’n bydrae tot die boerdery lewer. Inskrywings sluit op 11 Mei en die streeksfunksie vind plaas op 29 Julie op Elim. Inskrywingsfooi is R50. Vir navrae skakel Edna Nigrini by (023) 3170983 of stuur ‘n epos na edna @kbos.co.za. Byron Jacobs of Meghan Cupido kan ook geskakel word by (021) 808-5421 of (021) 8087601 of stuur ‘n epos na byronj@elsenburg. com of meghanc@elsenburg.com. ON Monday 12 April a housebreaking and theft was reported at Worcester Senior Secondary school where 32 x HP laptops to the value of R416000 was stolen. Suspects are unknown. If the public has any information about the stolen property please contact Worcester detectives at (023) 348-6100 or 082522-1266 (housebreaking unit) or 112 or contact the investigating officer sgt. Wehr. BELLA Vista Crusaders Kersfeeskoor bied ‘n steakbraai aan op 8 Mei. Koskaartjies beloop R70 en is vanaf 13:00 beskikbaar. Kaartjies kan by bestuurslede gekoop word. Vir verdere inligting skakel Julius by 083-7265866. GHOLFSPELERS moet kennis neem dat die gholfbaan op Vrydag 7 Mei gesluit sal wees vir die Boys High gholfdag. Vir enige navrae kan die klub geskakel word by (023) 312-3068.
WITZENBERG HERALD
5
Friday, April 30, 2021
Fase 2 van entstofplan op dreef 115 Gesondheidswerkers van Wes-Kaap gesondheid in die Kaapse Wynlandstreek is al opgelei om COVID-19-entstowwe toe te dien aan lede van die publiek. Die beplanning is om begin Mei oor te beweeg na Fase 2. Mense wie ouer as 60 jaar is, kan nou reeds registreer by https://vaccine.enroll. health.gov.za/#/. “Terwyl jy registreer, moet jy jou selfoonnommer, adres en munisipale-omgewing aandui. Maak dubbel seker dat jy hierdie besonderhede akkuraat invoer. Sodra jy geregistreer het, sal jy ‘n SMS ontvang om aan te dui dat jou registrasie suksesvol was. Jy sal nader aan die tyd ‘n SMS ontvang wat bevestig waar en wanneer jy toegang tot die entstof sal hê. Op die dag wat jy jou entstof ontvang, moet jy jou identisteitsdokument, paspoort of dokument oor jou vlugtelingstatus saam neem na die fasiliteit waar jy geënt word”. “Indien jy aan ‘n mediesefonds behoort, bring jou mediesefondskaart saam. Geen betaling vir die entstof is nodig by die geleentheid wanneer jy geënt word nie. Mense wie nie aan mediesefondse behoort nie, se entings word gesubsidieer”. Die departement werk saam met ander rolspelers om geleenthede te skep waar mense wie nie toegang tot die internet of ‘n selfoon het nie, kan registreer. Intussen kan mense wie 60 jaar en ouer is, ‘n vertroueling soos ‘n volwasse kind, vra om hulle te help registreer op hul selfoonnommer. Al Wes-Kaap gesondheid se fasiliteite in die Kaapse Wynlandstreek word erken as plekke waar die entstof toegedien kan word. Moontlikhede vir bykomende fasiliteite word ook ondersoek.
Sowat 87 800 mense in dié omgewing is 60 jaar en ouer. Voltooiing van Fase 1 Die COVID-19-entstof sal keer dat jy ernstig siek word of sterf weens COVID-19. In Fase 1 van die uitrol van die entstof is die fokus op gesondheidswerkers om hulle te beskerm deur die entstof en op hierdie manier seker te maak dat gesondheidsdienste kan voortgaan. “Ek werk elke dag met baie mense en omdat ek ‘n gesondheidswerker is, móét ek gesond wees, sodat ek na ander kan omsien,” sê Sara Kuvido. Kuvido is ‘n gemeenskapsgesondheidswerker op Tandfontein in die Witzenbergstreek. Die tweede dag nadat sy geënt is teen COVID-19, het sy lyfseer gehad maar dit het die volgende dag opgeklaar. “Plaaswerkers kry te doen met baie mense - ook mense van ander provinsies, so ons moet mekaar beskerm deur die entstof te neem.” Op dieselfde dag as Kuvido, het mede-gemeenskapsgesondheidswerker Sara Jiemies ook die entstof ontvang. Sy was bly dat sy die entstof kon neem, omdat sy diabetes en hoë bloeddruk het. Mense met toestande soos hierdie, kan sieker as ander word as hulle COVID-19 kry. “Ek het glad nie sleg gevoel na die tyd nie. Nou sê die mense as ék dit kon doen, kan hulle ook. Die mense wil graag al die entstof hê,” sê sy. Gesondheidswerkers wie nog nie geregistreer het om die entstof te kry nie, word aangemoedig om dit so gou as moontlik te doen. Ceres hospitaabesoektye Ceres provinsiale hospitaal bied daagliks besoektye tussen 15:00 tot 15:45 aan pa-
siënte wie in die algemene saal of in die kraamsaal is. Een besoeker word toegelaat per pasiënt. Besoekers moet om 14:45 aanmeld by die hospitaal sodat hulle deur die COVID-19-siftingsproses kan gaan. Onthou dat COVID-19-protokol steeds geld. Besoekers word nie in die noodeenheid of die COVID-19-saal toegelaat nie. Statistieke Die afgelope maand bly CV-19 syfers konstant met ‘n geringe toename in die aantal mense in die Witzenbergstreek wie positief toets. Daar was die week weer net 15 aktiewe gevalle in die Witzenbergstreek. Teen Dinsdag 27 April was daar 5030 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan
4788 volkome herstel het. Uit die syfers het Ceres die meeste positiewe gevalle aangemeld (1019) gevolg deur Bella Vista met 865, P.A. Hamlet met 703, Wolseley met 577, Tulbagh met 521 en Nduli met 429. Twee honderd sewe en twintig (227) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Geen persoon is die afgelope week in die streek oorlede weens CV-19. Ceres se getal sterftes sover was 46 gevolg deur Wolseley en Bella Vista met 34, P.A. Hamlet met 27 en Tulbagh met 23. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 11 601 (tot 26 April) met 283 398 positiewe gevalle en 269 661 wat al herstel het. Daar is al 53 507 mense in die Wes-Kaap ingeënt teen CV-19.
DIE gemeenskapsgesondheidswerkers, wat werk op plase van die Dutoit Agri-groep, afgeneem kort nadat hulle hul entstowwe teen COVID-19 ontvang het.
PUBLIC PARTICIPATION PROCESS/PUBLIEKE DEELNAME PROSES Proposed Expansion of the Opdragdam on Portion 3 of Farm 405, Ceres Ref.: 16/3/3/6/7/1/B5/2/1044/21 Notice is hereby given of a public participation process in terms of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998), the Environmental Impact Assessment Regulations, 2014, as amended April 2018
English: The project entails the expansion of a storage dam on Portion 3 of Farm 405 from 339 000m³ to 691 000m³. The dam footprint will be expanded from 14.1ha to 15.8ha and existing pipelines will be used to fill the dam with the farm’s existing water rights. This advertisement serves as notification of the proposed development and for I&AP’s to register should they wish to receive more information. The 30 day Public Participation Process will run from 30 April 2021 to 31 May 2021. This advertisement also serves as notification of the availability of the draft Basic Assessment Report (dBAR). More information of the development will be available from the EAP as per the details provided below and the dBAR may be accessed at www.groenbergenviro.co.za The following National Environmental Management Act (NEMA) listed activities are applicable under NEMA 2014 Regulations: GN R 327: Activity 50; GN No. R. 325: Activity 12; GN R324: Activity None. This initiated a Basic Assessment process. Afrikaans: Die projek behels die uitbreiding van ‘n opgaardam op Gedeelte 3 van Plaas 405 vanaf ‘n volume van 339 000m³ tot 691 000m³. Die damvoetspoor sal van 14,1ha tot 15,8ha uitgebrei word en bestaande pypleidings sal gebruik word om die dam met die bestaande waterregte van die plaas te vul. Hierdie advertensie dien as kennisgewing van die voorgestelde ontwikkeling en vir I&AP’s om te registreer indien hulle meer inligting wil ontvang. Die proses vir openbare deelname van 30 dae duur van 30 April 2021 tot 31 Mei 2021. Hierdie advertensie dien ook as kennisgewing van die beskikbaarheid van die konsep Basiese Assesseringsverslag (dBAR). Meer inligting oor die ontwikkeling is beskikbaar by OBP volgens die besonderhede hieronder en die dBAR kan verkry word by www.groenbergenviro.co.za Die volgende Nasionale Wet op die Omgewingsbestuur (NEMA) is onder die NEMA 2014-regulasies van toepassing: GN R 327: Aktiwiteit 50; GN No. R. 325: Aktiwiteit 12; GN R324: Aktiwiteit Geen. Dit het ‘n basiese assesseringsproses begin. Date of this notice: 30 April 2021
SATERDAG 27 Maart het Ceres Breweries, in samewerking met Darling Brew, ‘n Vuilhond rolbaldag by Ceres rolbalklub aangebied. Oud en jonk, klublede en sosiale spelers het aan die dag, gevul met pret en plesier, deelgeneem. Op die foto verskyn die wenners van die dag. AGTER: Marieta van Schalkwyk, Elsabé de Bruin en Desire van Rensburg, saam met Abri Nel (Ceres Breweries). VOOR: Elize Ackermann en Marietjie van den Bergh saam met Nadine Graaff (Ceres Breweries). *Die klub waardeer die borgskap.
Details of EAP/OBP: Therina Oberholzer GroenbergEnviro (Pty) Ltd P.O. Box 1058, Wellington, 7654 Cell: 072-089-5750 Fax: 086-476-713 E-mail: therina@groenbergenviro.co.za Website: www.groenbergenviro.co.za
To ensure that you are identified as an interested and/or affected party (I&AP’S) please submit your name, contact information and interest in the matter as well as any comment to the EAP before 17:00 on 31 May 2021 / Om te verseker dat u geïdentifiseer word as ‘n belanghebbende en geaffekteerde party, stuur asb. u naam, kontak besonderhede, gekose metode van korrespondensie en belangstelling in die saak, sowel as kommentaar aan die OBP, voor 17:00 op 31 Mei 2021.
6
WITZENBERG HERALD
classifieds R750
VIR DIE, OF SOORTGELYKE ANTIEKE
BOTTEL Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Jaydene van Wyk
Shannon Morris 06/11/1995 - 28/04/2011
2005/05/11 - 2021/04/27 Roudiens: Don. 29/04/21,om 19:00, Erikastr. 295, BV • 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
082 551 0060
Privaat Begrafnis: Sat. 1 Mei 2021 Huis: 08:30,Erikastr. 295, BV Kerk: 10:00, Christian Mission, Tulpstraat, Bella Vista Graf: Bella Vista
Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814
David Augustyn van Huffel 1935/11/25 - 2021/04/22 Privaat Verassing: Sat. 1 Mei 2021 Kerk 11:30, VGK Ceres
• Slegs 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
Mary McClune
“Dis reeds 10 jaar gelede, maar dit voel steeds asof ons nou net daardie tragiese nuus ontvang het. Hoewel jy nie meer fisies met ons is nie, sal jy altyd voortleef in ons harte” Mammie, Oom Griffen, Tanna en KMike
Annelize (Geduld) Mabasa (Lizie)
27/01/1978 - 25/04/2017
Die seer van jou heengaan sal altyd met ons wees aangesien Aprilmaand opnuut meer hartseer in ons har te kom grawe het. Jou helder stem is stil, maar jou nalentenskap weergalm in ons huise
Van al jou familie
Benjamin Harold (Bennie) Petersen 1948/07/21 - 2019/04/30
1939/12/15 - 2021/04/23 Privaat begrafnis: Sat. 1 Mei 2021
• Slegs 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Kerk: 10:00, Ou Apostoliese Kerk, Wolseley Graf: Wolseley
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
Marie Nel
Dit is reeds 2 jaar wat jy van ons af weg is, en steeds verlang ons so baie. Ons dink met liefde aan al die mooi herinneringe wat jy nagelaat het. Ons gun jou die rus by Onse Hemelse Vader, maar weet dat jy altyd in ons harte en gedagtes sal bly. Van jou vrou, kinders en kleinkinders
1935/05/18 - 2021/04/22 Privaat begrafnis: Sat. 01 Mei 2021
• Slegs 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Kerk: 10:00, Algemene Pinkster, Bella Vista Graf: Bella Vista
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
is back, from the Mountain of Zion in Israel. Apostle has come back with Miracle Healing, Water and Stones from river Jordan. He is going to see one on one Pastors who want to have big churches, people who want to start a big business, those who are not enjoying marriage or relationship. I have been blessed with some medicine to stop people smoking and drinking. We gonna have prayer and medicine to stop your lover cheating on you, to stop divorce, get promotion at work, mens power medicine, win tenders and court cases, win LOTTO and get back lost lover.
Call 081-722-9133
Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.
PLANT AND TOOL HIRE
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
PROF. MORRIS
David Augustyn van Huffel 1935/11/25 - 2021/04/22 Met wonderlike herinneringe, neem ons afskeid van David Augustyn van Huffel, 85 jaar oud, geliefde broer, man, pa, oupa en oupagrootjie. David het sag heen gegaan in Ceres, sy kinderdorp op Donderdag, 22Ste April 2021 in die teenwoordigheid van sy gesin. ‘n Privaat gedenkdiens en verassing sal vir familielede gehou word. David sal deur almal gemis word.
Anointed Prophet Joelmacy
Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
082-859-2300
Prof. Morris is hier met besonderse magte. Hy is bekend vir afstandbeheer van verlore geliefdes en die voorspelling van Lotto- & Powerball nommers, werksbevorderings, huisreiniging, vinnige verkoop van eiendom soos huise, plase en motors, vinnige egskeidings en Sandawana-olie vir geluk. Pensioenarisse gratis.
BEL CERES
073-050-5218 Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
Dr Johnson Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson Hy wil dit gee vir mense wat: • met ‘n besigheid wil begin • sterk medisyne nodig het om verskillende probleme op te los • ‘n verlore minnaar terug te kry • ‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop • medisyne vir mans om krag te gee • enige hofsake • ‘n ongeluksfonds betyds te kry
Skakel of Whatsapp
074-466-5760 Dr Mama Mzeei Herbal Expert Traditional Healer
Here for all your personal problems. Big or Strong She will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres Call Mama for appointment:
073-016-4088
West Motor Ingenieurswerke Enjinherbouers beskik oor ‘n vakature vir ‘n
SEMI-SKILLED PERSOON IN DIE MOTORBEDRYF Moet akkuraat wees, hardwerkend en moet onder druk kan funksioneer.
Stuur u CV aan:
marlenewest01@hotmail.com
Navrae aan Marlene:
072-527-6953
KINDEROPPASSER/ HUISHULP CERES
Graag ontvang ons aansoeke vir ‘n voltydse pos. Vereistes: •Betroubare, ervare kinderoppasser met voltydse ondervinding •Daaglikse huishoubestuur en skoonmaak •Sober gewoontes
Verwysings noodsaaklik Sluitingsdatum vir aansoeke: 7 Mei 2021 Aansoeke & navrae: rouxjoubert@ gmail.com of 083-462-6287
Soek motors en bakkies om te koop. Aandag! Aandag! Dadelik kontant. Ons doen ook Bankaflosse. Skakel 079-3792898 vir navrea. c/s DB43 30/4
Vaccination registration opens REGISTRATION for phase 2 of the COVID-19 vaccine roll-out opened last Friday on the Electronic Vaccination Data System (EVDS). People older than 60 years will be vaccinated first and are asked to register as soon as possible. Receiving the COVID-19 vaccination will help to protect you from severe COVID-19 symptoms. “You have to be registered to be vaccinated. You will need your identification document, passport or asylum seeker/refugee number to register and will have to bring it with you to the vaccination site. If you belong to a medical aid, please bring your card with you to the vaccination site”. Go to the EVDS portal to register: https://vaccine.enroll.health.gov.za/ #/ and follow the steps on the portal and complete your details. You will receive a SMS to confirm your registration When it is your turn to be vaccinated, you will receive a SMS informing you when and where you will be vaccinated. It is important to use your correct address and cellphone number so that you can be referred to your closest vaccination site and receive your vaccination information. Provision will be made for people in old age homes and people who do not own devices to register.
Raak nou betrokke by Togryers museum se deelnemingsproses DIE Ceres gemeenskap word uitgenooi om deel te wees van ‘n publieke deelnemingsproses rondom die oprigting van ‘n Covid-19gedenkteken. Die voortslepende pandemie het almal se lewe op een of ander wyse geraak en sal altyd onthou word in die wêreld se geskiedenis. Die Togryers museum wil graag ‘n Covid-19-gedenkteken op Ce-res laat oprig, maar wil graag insette van die gemeenskap daarvoor bekom. “Dalk het jy ‘n spesifieke gedagte rondom die saak. Indien wel, bied hierdie proses vir jou die geleentheid om dit met ons te deel. Deur ‘n kort vraelys aanlyn of op hardekopie te voltooi sal jy deel raak van ‘n groter proses en verwelkom ons elke inwoner se bydrae”. Die skakel is beskikbaar op die Togryers museum se FB-blad asook die Co-vid-19 Diaries, A Witzenberg Perspective se FB-blad. Insette kan tot 31 Mei 2021 ingedien word.
Friday, April 30, 2021
WITZENBERG HERALD
7
Friday, April 30, 2021
Alzheimers - ‘n siekte wat almal vrees
DIE Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Kultuurnetwerke in die WesKaap, het onlangs in samewerking met die Ceres Togryers museum hulde aan kommandant Jan Theron by die ou begraafplaas op Ceres gebring. ’n Span Voortrekker Verkenners van Ceres het voor die funksie ingespring om die terrein om Theron se graf skoon te maak.
ALZHEIMERS is ‘n siekte wat in die meeste gevalle in ouer persone voorkom. Met die veroudering van die bevolking gaan Alzheimers meer dikwels voorkom en in die toekoms gaan dit groot sosiale probleme in ons gemeenskap meebring. In ons land is daar ‘n paar privaat klinieke wat spesialiseer in die versorging van Alzheimers maar dit is baie duur en slegs ‘n klein persentasie van die bevolking kan dit bekostig. Gewone tehuise vir bejaardes kan nie almal persone met Alzheimers akkommodeer nie, want gewoonlik is daar nie plek nie of daar is nie ‘n spesiale Alzheimersafdeling nie. By gewone ouetehuise word pasiënte tussen die ander inwoners geplaas en daar is dikwels ‘n tekort aan opgeleide spesialis-personeel wat dienste kan lewer. Alzheimer is deel van die demensiegroep siektes. Gewoonlik ontwikkel hierdie siekte oor ‘n lang tydperk en daar is tekens waarvoor ‘n mens kan oplet. Een van die mees algemeenste tekens is vergeetagtigheid. Gewoonlik word die korttermyn-geheue aangetas. Die persoon sal begin met die vergeet van klein goedjies soos byvoorbeeld waar is die motor se sleutels of waar het ek parkeer of om die regte woorde te vind as hy/ sy praat. Namate die siekte ontwikkel sal mense begin om groter dinge te vergeet soos waar is die badkamer in my huis, kinders se name ens. Dikwels bring hierdie vergeetagtigheid groot fustrasies en mense kan ongeduldig raak. Party mense kan ook ‘n persoonlikheidsverandering ondergaan. Niemand weet eintlik watter deeltjies van jou brein word beskadig nie. En soos ons almal weet, elke deeltjie van jou brein het ‘n funksie en as hierdie siekte ‘n deeltjie beskadig wat ‘n spesifieke funksie bevorder, sal daar ‘n verandering in die persoon se persoonlikheid plaasvind. Wanneer ‘n ouer persoon so ‘n skielike verandering ondergaan, van een dag tot ‘n volgende dag, soos geheueverlies, deurmekaar praat ens. is dit belangrik om ‘n urieneweginfeksietoets te laat doen. In baie gevalle is die simptome van ‘n
urieneweginfeksie amper dieselfde as iemand wat demensie het. Ek beveel altyd ‘n ondersoek aan by die Geheue-kliniek in Belville (The memory clinic) vir die persone wat dit kan bekostig. Daar word die persone deeglik ondersoek en die gepaste toetse word gedoen om die graad van die siekte te bepaal. Medikasie word ook diensooreenkomstig aangepas soos die siekte vorder. Een van die grootste gevare vir persone met demensie is die verkeerde toediening van hul medikasie, hul vergeet dikwels om dit te drink of oordoseer. Toestand waar persone met Alzheimers te veel medikasie ontvang en soos “zombies” lyk en praat moet verhoed word. Daar is ‘n paar veranderinge wat in ‘n woonhuis gedoen kan word om dit meer veilig vir ‘n Alzheimerlyer te maak. Een van die belangrikste is in die stort. Baie Alzheimerlyers raak bang en vreesbevange as water oor hulle kop spuit. Verander die stort krane na ‘n tipe kraan wat uit die muur spuit en nie van bo af nie of kry ‘n handstort. Dan gaan die stortproses alreeds heelwat gladder verloop. Plaas ‘n matjie in die bad om die diepte van die bad te breek.Indien die toilet en muur een kleur is, soos bv. alles is wit, merk die toilet met ‘n ander kleur maskeerband om die eenvormigheid te breek. Sit sommer twee toestelle in die stort waaraan hulle kan vashou en stel die warmwatersilinder na laer grade om verbranding te verhoed. ● Merk alles in die huis. Merk met groot letters die ketel, yskas, badkamer, toilet ens. Onthou mense met Alzheimers kan lees. ● Sorg dat iemand daar is om hul medikasie te gee. ● Verminder die risiko vir val in hulle huise, soos die verskuiwing van meubels ens. ● Doen vroegtydig aansoek by ‘n aftreeoord of tehuis vir toelating. Alzheimers kan by enige persoon diagnoseer word. Daar is vandag goeie medikasie wat gebruik kan word om die simptome van die siekte te vertraag, maar dan moet daar vroegtydig opgetree word. (Artikel geskryf deur Karen Klopper en is die derde een in die reeks)
8
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, April 30, 2021
Witzenberg Herald
COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot
Dawid gaan aan 'n nasionale toernooi deelneem DAWID Scholtz, leerder van Charlie Hofmeyr en belowende tennisspeler, is na die nasionale o/14 TSA-toernooi in Bloemfontein genooi. Die toernooi vind plaas vanaf 29 April - 3 Mei en 60 onder 14 seuns is na die toernooi genooi. Dawid is ook onlangs vir die Cape Cavaliers hoërskolespan gekies wat van 6-9 Augustus aan die TSA S.A.skoletennisweek vir o/15 spelers gaan deelneem. Dawid is tans 15de op die TSA o/14 seuns ranglys uit 1150 spelers.
CORNEL Muller en Vince Hewitt (inlas) het die dag met 44 punte gewen.
Cornel en Vince wen gholfdag GHOLFSPELERS het Saterdag aan ‘n beterbal stableford kompetisie op Ceres gholfbaan deelgeneem.
DIE jaarlikse Fred Demone beker, geborg deur Personal Trust, het op Saterdag 24 April by Ceres rolbalklub plaasgevind. Hier is die dag se wenners Loren Godet, Elsabé de Bruin, Stoffel Lambrechts en Johan Botha afgeneem saam met Greg Nasson van Personal Trust. *Die klub waardeer die borgskap. REVALDO Maurice (19), ‘n belowende jong rugbyspeler van Pine Valley, Wolseley, is in Januarie vanjaar opgeneem in die Griekwas se rugby-akademie in Kimberley. As onder-20 agterlynspeler, staan Revaldo op die drumpel van ‘n belowende sportloopbaan en ‘n moontlike senior kontrak vir 2022. Die Griekwa rugby-akademie ondervind weens CV-19 tans uitdagings met ‘n tekort aan borgskappe en finansiële ondersteuning vir hul groep jong rugbyspelers. * Revaldo se familie, vriende en die gemeenskap van Pine Valley, vra die Witzenberg gemeenskap om hom te help met ‘n donasie of skenking aan die akademie ten bate van Revaldo Maurice. ** Alle geldelike bydraes, donasies of skenkings kan gemaak word aan: UXI Sport Griquas Rugby Institute, FNB tjekrekening no: 62840052708 en verw: GRI011119RM (Revaldo Maurice). Vir verdere inligting oor die vordering van Revaldo Maurice, asook vir die aanstuur van bewys van enige skenkings of donasie, skakel gerus Lennox Plaatjies (fondsinsamelings-koördineerder) by 083-304-2824 of per epos na lennxpl@gmail.com
‘n Stormsterk wind het sake vir die spelers wat in die middag afgeslaan het, moeilik gemaak. Cornel Muller en Vince Hewitt het die dag met ‘n skitterende 44 punte gewen. Naas van der Merwe en Glenny Nasson was tweede met 42 punte gevolg deur Christiaan Orffer en L. Esterhuizen. Willie van Heerden en Anton Nieuwoudt was vierde met 40 punte. Goeie tellings is aangeteken deur Cornel Muller (68) en Vince Hewitt (70). Ander uitslae en kompetisies Die Nelson ligaspan het op Bergrivier gespeel en met 3/2 teen Langebaan verloor. Saterdag 1 Mei vind die maandelikse houespel kompetisie plaas en op 8 Mei vind die tweede Windhoekpare kompetisie plaas. Spelers moet kennis neem dat die gholfbaan op Vrydag 7 Mei gesluit sal wees vir die Boys High gholfdag. Vir enige navrae kan die klub geskakel word by (023) 312-3068.
We offer: · · · · · · · · ·
Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems
SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.
SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES
066 205 3312
023 1000 515
info@jptek.co.za
Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies