Witzenberg Herald Vol.25 no. 16 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 25 no. 16

R8

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 28 April

Vrydag 29 April

7° 20°

12° 31°

Saterdag 30 April

Sondag 1 Mei

9° 29°

12° 30°

Ceres Koekedouw dam

68%

Gold Medal Carpet Care SKOONMAAK VAN: • Alle matte • Gestoffeerde meubels • Matrasse • Voertuigsitplekke Mari Blom • Was ruite van huise en geboue (slegs buite) 084-212-3020

Friday, April 29, 2022

Dief (30) gevang wat by kerk op Ceres inbreek CERES SAPD het verlede week ‘n dief wat by die Anglikaanse kerk op die dorp ingebreek het, gou vasgetrek. Volgens die polisie is daar die nag van 14 April by die St. Andrews Anglikaanse gemeente in Voortrekkerstraat ingebreek. ‘n Dief het rekenaartoerusting gesteel.

Lees berig op bladsy 3.

Lesing: 2022/04/06

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

DA klop ANC net-net in wyk 2 DIE DA in die Witzenbergstreek het die ANC net-net uitgestof in verlede Woensdag se tussenverkiesing in wyk 2 (Wolseley). Die DA het die wyk met 85 stemme gewen nadat die vorige raadslid, Neels Lottering (66) van die DA in Februarie skielik oorlede is. Volgens die OVK se webtuiste het Patric Daniëls 756 stemme (32.66%) gekry en Brian Albertus van die ANC 671 stemme (28.98%). Dit is 61,6% van die totale stemme wat uitgebring is in die wyk. Die kleiner partye het saam 888 stemme op hulle verenig vir ‘n stemtotaal van 2315. Dit is byna 50% van die 4662 kiesers wat in wyk 2 geregistreer is. ICOSA was in die derde plek met 314 stemme gevolg deur die PA met 311 stemme, GOOD met 226 stemme, WA met 27 stemme en die EFF met 10 stemme. Kommentaar “Kiesers het hul vertroue in die DA geplaas om Patric Daniels met ‘n meerderheid te verkies tot raadslid vir wyk 2. Dit is ‘n herbevestiging van Witzenberg-kiesers se vertroue in die DA as politieke party, maar ook in die kaliber kandidaat wat voorgehou was” sê Wendy Kaizer-Philander politieke hoof van die Witzenbergstreek.

Oudste veld spog met nuwe ligte DIE Witzenberg munisipaliteit en die Boland rugbyunie het Saterdag 23 April saam met talle rolspelers, die nuwe spreiligte by die Lyellstraat sportgronde aangeskakel. AGTER: Raadslede Sophia de Bruin, Jacob Zalie, Gwen Franse, Lea Hardnek, Nonzame Phatsoane, Jannie Cloete, Corrie Wessels (munisipale amptenaar), Isak Swartz, David Nasson (munisipale bestuurder) en rdl. Hennie Smit (burgemeester). VOOR: Johnnery Mouton (speaker) en rdl. Andile Gili met die rugbybal. FOTO: Trevor Felix

ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 28 APRIL - 1 MAY 2022 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. Speciality meats Sandwich Ham

SERVING SUGGESTION

25

p/meal

Spar 5kg IQF Chicken COMPETITION ENDS 5 JUNE 2022

CERES SUPERSPAR (023) 316-2226

6

p/kg

16999

Pork Loin chops bulk T-Bone or Club Steak bulk

Ceres Spar Boerewors

8999

COMBO

4500

2399 each

3999 each

Avo 1kg bag

129

each

1kg Stork Country 700ml All Gold spread Tomato Sauce

38

99

each 4 x Thai savoury wheels 1 x Cheese stick & Spar UHT Milk 6x1L, Full 1 x Veggie buns 6’s Cream, Fat Free or Low Fat

24

99 each

750ml

99

p/kg

6999 p/kg

9999 p/kg

6999

6-pack

KWV 3 Year Old Brandy 750ml + Coca Cola 1L

each

PER MULTIBUY

2 FOR

5000

p/kg

8999

15999

each

99 1299 25

each

Beef Oxtail

French loaf short

99

Banana loose

SUPERSPAR TOPS: BUSINESS HOURS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Mon - Sun 07:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00

p/kg

Ouma Rusks 450g/500g/550g

00

Spar Woof dog food 8kg bag

Spar 2.5kg Cake Flour

7399

750ml Sunlight Dishwashing liquid PER MUL TIBUY MULTIBUY

24000

Hake Fillet and chips

Castle Lite NRB 24 x 340ml PER CASE

NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK.


2

WITZENBERG HERALD

Friday, April 29, 2022

Gemeente baie dankbaar DIE VGK in S.A. gemeente Ceres, ons leraar ds. Fred Booysen en die kerkraad, sê baie dankie: DANKIE aan al ons lidmate, plaaslike sakeondernemings, plaaseienaars, die boerdery gemeenskappe in Ceres asook aan die Witzenberg Herald vir alle bydraes, skenkings en donasies wat ons so ruim ontvang het vir die Dankfeesbasaar wat op Saterdag 16 April by die Welsynsentrum in Lyellstraat, aangebied is. Ons is opreg dankbaar teenoor ons Hemelse Vader vir barmhartige vriende. Elkeen se meelewing en deelname in die uitbouing van die Koningkryk van God word raakgesien en waardeer. “Wees verseker van die Ceres gemeente se voortdurende voorbidding vir al u werksaamhede in u onderskeie huishoudings, plaaslike sakeondernemings, plaaseienaars en boerdery gemeenskappe”. UITSTEKENDE LOOPBAANGELEENTHEID IN CERES

BEDRADING EN AUTOMATISERING VAN PAKHUISE EN PAKMASJIENE

083-259-0074 / jannelson@breede.co.za / adminnpe@breede.co.za

Ons benodig ‘n professionele persoon vir die volgende betrekking:

DIE bekende teaterpersoonlikheid en aktrise, Sandra Prinsloo, het verlede Donderdagaand haar eenstuk: Oskar en die Pienk Tannie in die P.A. Hamlet kerksaal opgevoer. Hier is sy afgeneem saam met gemeentelede wat gehelp het om die vertoning te reël en te sorg vir wegneemetes na die tyd.

AMBAGSMAN (ELEKTRIES)

Administratiewe beampte Koue Bokkeveld Ceres Fonteintjie Boerdery beskik tans oor ‘n loopbaangeleentheid vir ‘n administratiewe beampte in die Koue Bokkeveld. Die pos behels die bestuur en uitvoer van verskeie administratiewe funksies in ‘n gemengde boerdery besigheid Sleutelfunksies van die pos sluit in: • Rekonsiliasie van bemarkte produkte • Koördinering en kontrolering van produksie verwante rekordhoudingstelsels • Kontrolering en bestuur van die besigheid se loonstelsel • Koördinering en implementering van produksie- en etiese oudits (GGAP, SIZA, ens.) • Koördinering van die besigheid se menslike hulpbronfunksies Vereistes: • Rekenaarvaardig met sagteware soos MS Office, MB 4000, TMS, VIP of soortgelyke programme • Ondervinding in die menslike hulpbron veld sal in die aansoeker se guns tel • Die kandidaat moet selfstandig kan funksioneer binne die werksomgewing en moet ingestel wees op detail en akkuraatheid • Die kandidaat moet oor goeie mense vaardighede beskik Aansoeke en CV’s sal vertroulik ontvang word deur: Gerrit van der Merwe by admin@fonteintjie.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 6 Mei 2022 Diensaanvaarding: Verkieslik Junie/Julie 2022 Telefoniese navrae word ontvang by: 079-728-2442 Indien u nie binne 6 weke na sluitingsdatum van ons gehoor het nie, was u aansoek onsuksesvol. Ons hou egter u inligting op rekord vir toekomstige verwysing.

JACKSON Arendse (links), oudleerder van Hoërskool Waveren en inwoner van Steinthal kinderhuis, het onlangs besluit om ‘n boek te skryf oor sy kinderjare in die kinderhuis. In die boek onthul hy meer oor die plek waarvoor hy en baie ander weeskinders so lief was en ook al die trauma wat hy moes deurmaak. Hy het ‘n eksemplaar van die boek: Steinthal - The untold stories of the childrens home we love, aan Andelene Michaels (skoolhoof van Laerskool Waveren) kom oorhandig. FOTO: Peter Luitjies

BETREKKINGS

Die posbekleër sal die volgende verantwoordelikhede en take aanvaar: • Identifisering van probleme in aanlegte • Roetine ambagstake verrig • Algemene elektriese regulasies en beveiliging • Ontwikkeling en bedrading van panele • Ondervinding in PLC programmering Delta en Schneider ‘n vereiste • Breekstoppe op masjiene hanteer • Kennis dra van veilige werkspraktyke • Ongereelde na-ure werk verrig. Geskikte kandidate moet oor die volgende vaardighede beskik: • Beskik oor elektriese insig en aanleg • Handvaardig wees • Eie inisiatief aan die dag lê • Werksgeoriënteerd wees • Onafhanklik kan funksioneer • Elektriese ondervinding is ‘n vereiste. Toepaslike gekwalifiseerde kandidate moet aan die volgende vereistes voldoen: • Bereidwilligheid om vir ‘n proeftydperk van 3 maande te werk • Bereidwillig wees om opleiding te ondergaan • Absolute betroubaarheid • Sober gewoontes • Goeie gesondheid • Moet onder druk kan werk. Stuur u aansoek, met ‘n afskrif van u ID aan: NPE Automation, Retiefstraat 22, Ceres, 6835 Of per e-pos: adminnpe@breede.co.za Sluitingsdatum: 30 Mei 2022 Indien u nie binne 2 weke na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat die aansoek onsuksesvol was.

Gemeenskap groet geliefde inwoner na kanker haar lewe eis Donkerbos Landgoed beskik tans oor die volgende vakature:

WERKTUIGKUNDIGE

Die geskikte kandidaat sal: • Ervaring hê in herstel van trekkers, landbou implemente en vragmotors • Prestasie gedrewe wees • Beskik oor goeie menseverhoudings • Sober gewoontes hê • Vermoë om onafhanklik te werk Stuur CV na: elmarie@donkerbos.co.za Vir enige navrae skakel: Martin van Niekerk 083-652-1572 Sluitingsdatum vir aansoeke: 13 Mei 2022

Notice in terms of Section 41(4) of the National Water Act (No. 36 of 1998) Application for a Water Use License in terms of Section 21 (a) of the National Water Act (Act 36 of 1998): Abstraction of groundwater from the borehole “Sterkgat” on the farm De Hoek (445/0) for use on the farm Parys (RE/291). Applicant: Howbill Farming (Pty) Ltd Proposed location: De Hoek (445/0) and Parys (RE/291) Major Region CERES Activities requiring authorisation: Abstraction of groundwater from the Borehole “Sterkgat” on the Farm De Hoek (445/0) for use in industrial and agricultural processes as well as for human consumption. Invitation to Interested and Affected Parties: Umvoto South Africa (Pty) Ltd. are sub-consultants for the water use license application. Stakeholders who wish to comment, or have any queries regarding the application, should register as an IAP and submit their queries and comments on or before 3 July 2022. Kindly forward your request to: amanzi@umvoto.com Attention: Jakobus Prinsloo Umvoto South Africa (Pty) Ltd P.O. Box 61, Muizenberg 7950 (021) 790-6700

CHRISTINE Hunter (74) van Tulbagh is onlangs aan kanker oorlede. Christine was ‘n uiters begaafde musikant en baie geliefd op Tulbagh. Sy het saam met haar man, Mike, die gasteplaas en kerkie op Hunter’s Retreat bedryf. ‘n Gedenkdiens is op 27 April vanuit die Katolieke Kerk op Ceres gehou.


WITZENBERG HERALD

3

Friday, April 29, 2022

Vrou se verhoor nou in Augustusmaand ‘n VROU van Ceres wat vir dronkbestuur en korrupsie aangekla is, se verhoor gaan in Augustusmaand in die Ceres streekhof voortgesit word. Lulama Ngwane (41), ‘n oudwerknemer van die Witzenberg munisipaliteit en tans EFF-raadslid van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, het Donderdag 14 April weer in die Ceres streekhof verskyn op aanklagte van bestuur onder die invloed van alkohol en korrupsie. Volgens die eerste klagte teen haar het sy haar Nissan Qashqai onder die invloed van 0.2 gram per 100ml bestuur in Gydopas. Dit is vier keer oor die wettige toegelate limiet

Die korrupsie-klag hou verband met die beweerde omkopery van ‘n polisieman om haar nie te arresteer vir dronkbestuur nie. Ngwane pleit onskuldig op beide aanklagte teen haar. Sy beweer in ‘n beëdigde verklaring dat sy nie die Nissan Qashqai bestuur het nie maar ‘n ene Tsepang. Nadat die voertuig gestop is in Gydopas, het Tsepang weggehardloop. Die saak is na 22 en 23 Augustus uitgestel vir verhoor. Lulama Ngwane is Saterdag 15 Februarie 2020 omstreeks 22:00 in Gydopas deur die polisie voorgekeer. Sy was volgens die polisie alleen in haar swart Nissan Qashqai en het die voertuig na bewering roekeloos bestuur.

Dief loop sy rieme styf DIE Ceres SAPD het verlede week ‘n dief wat by die Anglikaanse kerk ingebreek het, gou vasgetrek. Volgens die polisie is daar die nag van 14 April by die St. Andrews Anglikaanse gemeente in Voortrekkerstraat ingebreek. ‘n Dief het rekenaartoerusting gesteel. Inligting is opgevolg waarna plaaslike polisielede op 20 April die kerk se Phillips rekenaar en skerm teruggevind het. Hulle het ook die 30-jarige Bronwyn Patience, ook bekend as Saron, gearresteer vir die inbraak. Patience het Vrydag 22 April vlugtig in die landdroshof verskyn voordat die saak na 3 Mei uitgestel is. Ander misdaadvoorvalle Talle klagtes is ook die afgelope tyd by die Ceres polisie aangemeld waar diewe ‘n skootrekenaar, oorfone, klere en ‘n selfoon gesteel het asook koperkabels by die rioolplaas en skade van meer as R200 000 by ‘n substasie aangerig het. Die Ceres Misdaadvoorkomingseenheid het ‘n groot hoeveelheid mandrax tablette gekonfiskeer. Die polisie het ‘n lasbrief bekom en Vrydag 22 April op ‘n perseel in Lyellstraat toegeslaan. Een persoon is gearresteer en daar is beslag gelê op 687 mandrax tablette met ‘n beraamde straatwaarde van meer as R 27 000.

Bakkie beland op rugbyveld TALLE klagtes is ook die afgelope tyd by die Ceres polisie aangemeld waar diewe ‘n skootrekenaar, oorfone, klere en ‘n selfoon gesteel het asook koperkabels by die rioolplaas en skade van meer as R250 000 by ‘n substasie aangerig het. Hier is kst. Vincent Thomas saam sers. Moos en kst. Links afgeneem.

MIN inligting is beskikbaar oor dié ongeluk tussen Ceres en Wolseley. Die bestuurder het Woensdagoggend net na 10:00 beheer oor die Toyota bakkie verloor en op die rugbyveld van Brenn-OKem tot stilstand gekom. Die bakkie was in Wolseley se rigting onderweg. Die Wolseley SAPD was gou op die toneel.

Aldrick van Schalkwyk, oudleerling van Hoërskool Charlie Hofmeyr het sy Baccaleurs in die Handelwetenskappe BCom Finansiële Rekeningkunde graad aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang.

Baie geluk!

Polisie lê beslag op 687 mandrax pille CERES Misdaadvoorkomingseenheid het Vrydag 22 April op ‘n perseel in Lyellstraat toegeslaan en mandrax pille gekonfiskeer. Een persoon is gearresteer en daar is beslag gelê op 687 mandrax tablette met ‘n beraamde straatwaarde van meer as R 27 000.

Van jou trotse ouers Agus en Jacqueline van Schalkwyk


4

WITZENBERG HERALD

Friday, April 29, 2022

Wes-Kaapse Bloeddiens het dringend bloed nodig DIE Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) vra inwoners om bloedskenkers te word. Daar is tans ‘n ernstige tekort aan O+ en Obloedgroepe. Die vloede in KZN het ook bygedra dat daar nou bloed benodig word. Bloedskenking neem ongeveer 30 minute van jou tyd elke 56 dae. Jy moet ouer as 16 en

jonger as 75 jaar oud wees, 50kg of meer weeg, gesond wees op die dag van skenking en ‘n veilige seksuele leefstyl handhaaf. Bloedskenking sal jou geen fisiese skade berokken nie, aangesien slegs 475 ml bloed geneem word wat binne 24-uur vervang word. Eet ‘n maaltyd tussen drie en vier ure voor jy

kom bloed skenk en vermeerder jou vloeistofinname voor, gedurende en ná skenking. Neem dit asseblief ook rustig met oefening na jou bloedskenking. Vir meer inligting, SMS “Bloed” na 33507. Skenkers kan ook ‘n WhatsApp stuur na 060-549-7244 of 0800-119-031 of (021) 507-6300 skakel.

PUBLIEKE DEELNAME BY HERSIENING VAN RAAD SE ONTWIKKELINGSPLAN EN BEGROTING 2022/2023 Kennis geskied hiermee dat ingevolge die Raad se Strategiese Proses Plan, daar nou met ‘n rondte publieke deelname vergaderings begin sal word om die 2022/2023 Konsep GOP en Begroting voor te hou. Openbare vergaderings sal in die verskeie dorpe vanaf 3 Mei tot 12 Mei 2022 plaasvind. Lede van die publiek word hiermee hartlik uitgenooi en sterk aangemoedig om met die Raad en Amptenare te vergader sodat daar saam oor ons toekoms besin kan word. Die vergaderings vind soos volg plaas: DAG

DATUM

TYD

DORP/SEKTOR

WYKE

PLEK

Dinsdag

03 Mei

15:00

Ceres

3&5

Ceres Stadsaal

Woensdag

04 Mei

15:00

Bella Vista

4&6

Bella Vista Gemeenskapsaal

Donderdag

05 Mei

15:00

Tulbagh

7 & 11

Witzenville Gemeenskapsaal

Maandag

09 Mei

15:00

P.A. Hamlet

4 & 10

Kliprug Gemeenskapsaal

Dinsdag

10 Mei

18:00

Nduli

1 & 12

Nduli Gemeenskapsaal

Woensdag

11 Mei

18:00

Op-die-Berg

8&9

Nyukintaba Gemeenskapsaal

Donderdag

12 Mei

18:00

Wolseley

2&7

Montana Gemeenskapsaal

PUBLIC PARTICIPATION IN REVIEW OF COUNCIL’S DEVELOPMENT PLAN AND BUDGET 2022/2023 Notice is hereby given that in terms of Council’s Strategic Process Plan, there will now be embarked upon a round of public participation meetings in order to present the 2022/2023 Draft IDP and Budget.

SOFIA Jantjies het verlede Vrydag 22 April, haar 99ste verjaarsdag gevier. Tannie Sofia is op 22 April 1923 op Carnarvon gebore en latere jare met Saul Jantjies in 1953 getroud. Hy is reeds 21 jaar oorlede. Die egpaar was een van die eerste intrekkers van Geelbosrug/Bella-Vista. Volgens die kinders gebruik tannie Sofia geen medikasie en kam sy elke oggend self haar hare. Haar klere moet ook elke oggend uitgesit word wat syself aantrek. Tannie Sofia loop bietjie moeilik en sukkel met haar oë en ore. Sy is ‘n biddende vrou en haar geliefde koortjie is: Met hierdie liefde wat ek hier het, gaan ek Hemel toe”. *Tannie Sofia het 9 kinders waarvan twee reeds oorlede is, 24 kleinkinders, 28 agterkleinkinders en 3 agteragter kleinkinders.

Public meetings will be hosted in the different towns from 03 May to 12 May 2022. Members of the public are cordially invited and strongly encouraged to meet with Council and Officials in order to plan collectively for our future. The meetings will take place as follows: DAY

DATE

TIME

TOWN/SECTOR

WARDS

VENUE

Tuesday

03 May

15:00

Ceres

3&5

Ceres Town Hall

Wednesday

04 May

15:00

Bella Vista

4&6

Bella Vista Community Hall

Thursday

05 May

15:00

Tulbagh

7 & 11

Witzenville Community Hall

Monday

09 May

15:00

P A Hamlet

4 &10

Kliprug Community Hall

Tuesday

10 May

18:00

Nduli

1 & 12

Nduli Community Hall

Wednesday

11 May

18:00

Op-die-Berg

8&9

Nyukintaba Community Hall

Thursday

12 May

18:00

Wolseley

2&7

Montana Community Hall

DAVID NASSON MUNICIPAL MANAGER MUNISIPALE BESTUURDER VERWYSINGSNOMMER: 02/02/1 REFERENCE NUMBER: 02/02/1

‘n BEKENDE inwoner van P.A. Hamlet, Louis Leipoldt (64), is onlangs beseer in ‘n fratsongeluk toe iemand met sy fiets in hom vasgery het. Louis was ten tye van die voorval op sy spesiale geboude fiets. Louis is in ‘n bedenklike toestand in die Tygerberg hospitaal opgeneem maar later na Ceres provinsiale hospitaal oorgeplaas.


WITZENBERG HERALD

5

Friday, April 29, 2022

CV-19 gevalle begin weer styg in die land DERTIG mense is die laaste 48 uur in SuidAfrika dood aan COVID-19. Dit is die nuutste statistieke wat deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes bevestig is. Die land se sterftesyfer het tot 100 333 gestyg. Die Wes-Kaap departement van gesondheid het die week gesê entstowwe vir voorkombare siektes red steeds lewens. Wêreld inentingsweek vind van 24-30 April plaas. Belangrike inentings teen voorkombare siektes sluit in: HPV inenting, verkoue, COVID19 en inentings teen kindersiektes. Plaaslike CV-19 statistieke Sedert die begin van die pandemie is 9284 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 8857 herstel het. Statistieke wys dat Ceres steeds die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 2184 gevolg deur Bella Vista met 1382, Wolseley met 1202, P.A. Hamlet met 1254, Tulbagh met 1133, Nduli met 614 en Koue Bokkeveld plase met 741. Vier honderd een en twintig (421) mense het die afgelope twee jaar sedert 1 Maart 2020 gesterf.

nuusbrokkies

Koue Bokkeveld Opleidingsentrum (Edms) Bpk IS jy die Witzenbergstreek se volgende Landbou-werker van die Jaar? Alle landbouwerkers mag aan dié kompetisie deelneem en is ‘n persoon wat deel vorm van en ’n bydrae lewer tot die boerdery. Inskrywings sluit op 10 Mei 2022 en die streeksfunksie vind plaas op 28 Julie 20 22. Inskrywingsfooi beloop R70. Vir navrae skakel Edna Nigrini (023) 317-0983 of edna@kbos.co.za of Meghan Cupido (021) 808-5421 / (021) 808-7601 of meghan.cupido@westerncape.gov.za WAS jy een van die eerste matrikulante van Bella Vista Hoërskool in 1997? Vanjaar beplan die skool ‘n 25 jaar reünie en wil hulle graag dit ‘n spesiale geleentheid maak. Tree op Facebook via Messenger in verbinding met Ajay January, Lesley Koopman of Helga Swartz. Verdere inligting sal in komende weke via die sosiale mediaplatvorm deurgegee word. CERES netbalklub het weer met oefeninge op Dinsdae en Donderdae begin. Begintyd is vanaf 17:00 - 17:30 op Gericke netbalbane. Nuwe lede is welkom om by die klub aan te sluit. Skakel Marelize by 073-3187638 of Beverley by 083-4021246 vir verdere navrae.

Ceres se getal sterftes staan tans op 85 gevolg deur Wolseley met 68, Bella Vista met 63, Tulbagh met 52, P.A. Hamlet met 52, Nduli met 34 en Koue Bokkeveld plase met 30. Een sterfte is by die Dwarsrivier korrektiewe sentrum buite Wolseley aangemeld. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 21 939 (25 April). Daar is al 678 553 positiewe gevalle aangemeld en 651 417 het al herstel. Inentings Meer as 34,66 miljoen landsburgers is al teen CV-19 ingeënt en meer as 3.63 miljoen mense het al herstel van die virus. Die land se herstelkoers is tans 96.9%. Ander statistieke sluit in: die positiwiteitskoers in die land het die afgelope week skerp gestyg van 9.58% na 19.26%. Plaaslike inwoners kan steeds hul inenting/versterkingsdosis by een van die volgende fasiliteite kry: Ceres provinsiale hospitaal: Maandae tot Vrydae. P.A. Hamlet kliniek: Maandae, Op-die-Berg kliniek: Dinsdae, Tulbagh kliniek: Woensdae, Bella Vista kliniek en Nduli Polo Cross-saal: Donderdae en Wolseley kliniek: Vrydae. Inwoners kan ook Clicks se tak op Ceres besoek.

CERES Voortrekkers wil Gericke Laerskool, Sjoerd Selders (skoolhoof) en personeel bedank vir die geleentheid om die leerders en hul ouers verlede Dinsdagaand tydens ‘n ouerinligtingsaand toe te spreek. PD Oordleier, Pierre Voigt van Wamakersvallei Kommando het die ouers toegespreek en meer vertel van die Voortrekkers. Spanbyeenkomste is elke Dinsdagaand vanaf 17:30- 18:30 by die Voortrekkersaal in Hugostraat, Ceres. VLNR: Wéan van Rensburg (staatmaker), LJ Du Plessis (Ceres Kommandoleier), Sjoerd Selders (skoolhoof), Belinda van Rensburg (offisier) en Sanet du Plessis (AKL Admin).


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Katrina (Ousa) Pieterse

Benjamin Harold (Bennie) Petersen

1948/07/21 - 2019/04/30

Dit is reeds 3 jaar wat jy van ons af weg is, en steeds verlang ons so baie. Ons dink met liefde aan al die mooi herinneringe wat jy nagelaat het. Ons gun jou die rus by Onse Hemelse Vader, maar weet dat jy altyd in ons harte en gedagtes sal bly. Van jou vrou, kinders en kleinkinders

FOR SALE Boerboel puppies

1931/12/31 - 2022/04/20

Ons is ons Hemelse Vader innig dankbaar vir die jare wat Katrina aan ons gegun was. Dit was mooi jare, daarom sal ons haar teenwoordigheid mis, maar haar nagedagtenis sal bly voor tleef en sal vir altyd dierbaar en kosbaar bly. Van Mariaan, Kelly-Ann en Monique

Baggio Boerboele SABBS 0697360 SIRE SIRE: Elevation DJ (89.1%) DAM DAM: Delma Fiela (80.2%)

Male (x2) & female (x2) 10 Weeks old • • • •

Contact: Johan Bezuidenhout 083-564-8115

Katrina (Ousa) Pieterse

1931/12/31 - 2022/04/20

Roudiens: Do. 28/04/2022 om 19:00, Barlinkastraat 3, Ceres Privaat begrafnis: Sat. 30 April 2022 Huis: 09:00, Barlinkastraat 3, Ceres Kerk: 10:00, VGK Ceres Graf: Bella Vista

Shannon Morris 1995/11/06 - 2011/04/28

Katrina (Ousa) Pieterse

1931/12/31 - 2022/04/20

Dit het die Here behaag om van ons weg te neem ons moeder en ouma Katrina in die ouderdom van 90 jaar. Die Here is naby dié wat gebroke is van hart en Hy verlos dié wat verslae is van gees. Van jou kinders, kleinkinders en agterkleinkinders

SABBS Registered Microchipped Dewormed 1st vaccination

“Hierdie jaar gedenk ons jou 11de jaar weg van ons, maar jy is steeds ‘n groot middelpunt van ons gesprekke, wanneer ons bymekaarkom. Ons sal en kan jou nie vergeet nie.”

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o. Hand. 12:7 “Meteens staan daar ‘n engel van die Here en skyn daar ‘n lig in die sel. Die engel vat toe aan Petrus se sy om hom wakker te maak en sê vir hom: “Staan gou op.” Onmiddellik het die boeie van sy hande afgeval”

Van Mammie, oom Griffen, keMike en Tanna

Evangelis Jacobs

HOE KOM EK IN DIE HEMEL?

Ons leef net vir ‘n paar jaar hier op aarde en nadat jy sterf gaan jy ‘n ewigheid OF in die Hemel, OF in die Hel deur. God het sy Seun Jesus Christus gestuur om vir ons sondes te betaal sodat on nie Hel toe moet gaan nie. Volg die volgende stappe om gered te word: Stap 1: GLO dat Jesus vir ons sondes gestef het en dat Hy die Seun van God is. Stap 2: BID die volgende: “Here Jesus, ek bely my sondes en vra U vergifnis. Ek glo dat U vir my sondes gesterf het. Ek is bereid om te verander en van sonde af te draai, ek vra dat U my help om van sonde af weg te draai omdat ek dit nie op my eie kan doen nie. Kom asseblief in my hart as my Heer en Verlosser. Ek gee U volle beheer oor my lewe, help my om elke dag in U voetspore te stap deur die krag van die Heilige Gees. Dankie dat U my gered het en my gebed verhoor het, Amen.” Stap 3: Die volgende is baie belangrik, BID EN LEES DIE BYBEL DAAGLIKS. Begin in die Nuwe Testament. Jy lees dit om Jesus te leer ken, die evangelie te ontvang en om te weet hoe om soos Jesus te lewe. Deur: Dienaar van Jesus

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel

082-859-2300

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Meer as 60 jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.

PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

IN the spirit of this year’s theme, Unity and Support, Reach For A Dream would like to encourage every single South African, any age and in any industry, from schools and corporates to individuals to stand together and show their support on Slipper Day, Friday, 6 May 2022. Slipper Day supporter stickers will be available to purchase for R20 in-store at all retail partners: Wimpy, Dis-Chem Pharmacies, Pick n Pay, TOYZONE and Baby City, or online. Each sticker purchased goes towards the Reach For A Dream Foundation, helping children harness the power of their dreams to fight life-threatening illnesses and making their dreams come true. Last year, through your support, Reach For A Dream raised over R6 million and all funds were used to fulfil the dreams of little dreamers. * Don’t forget to wear your slippers and stickers on Friday, 6 May and walk into any Wimpy store countrywide to claim your FREE Wimpy Coffee.

PROFESSIONAL CCTV AND ALARM SYSTEMS IN WITZENBERG

087 095 361 7 WWW.JPTEK.CO.ZA INFO@JPTEK.CO.ZA

Friday, April 29, 2022


WITZENBERG HERALD

7

Friday, April 29, 2022

DIE amptelike opening van die verbeterde Lyellstraat sportterrein is waargeneem deur die Wes-Kaap minister van kulturele sake en sport, Anroux Marais. FOTOS: Trevor Felix

Oudste sportveld DELICIOUS en Wolseley het in die hoofwedstryd mekaar onder die nuwe spreiligte gepak. Delicious het die wedstryd gewen.

NA afloop van die wedstryd tussen die OP Olifante en die Boland Kavaliers, is die amptelike aanskakeling van die spreiligte waargeneem deur die Witzenberg burgemeester, rdl. Hennie Smit.

Lyellstraat sportgronde spog met nuwe baadjie DIE Witzenberg munisipaliteit en die Boland rugbyunie het Saterdag 23 April saam met talle rolspelers, die nuwe verbeterde Lyellstraat sportgronde ingebruik geneem en die nuwe spreiligte aangeskakel. Die Lyellstraat sportgronde is Ceres se oudste sportgronde. Die eerste fase is nou afgehandel met die rugbyveld wat omgedraai is en ‘n nuwe gras atletiekbaan wat aangelê is. Die opgradering is deel van die Witzenberg munisipaliteit se sport meestersplan. Die tweede fase, wat die opgradering van kleedkamers en die bou van ‘n paviljoen behels, sal aangepak word sodra befondsing hiervoor verkry word. Die verwelkoming is deur Bennie van Rooi, president van BRU gedoen voordat wedstryde begin het. St. Marks primêr het eerste teen Boy Muller primêr gespeel. Hierna was dit die hoërskoolspanne se beurt toe Ceres Sekondêr en Bella Vista Hoërskool sake uitgespook het. Die klipharde wedstryd het die heeltyd wipplank gery. Die eindtelling was 15-15. In ander wedstryde het Bella Vista vir Tulbagh maklik

met 55-17 geklop. Zimbabwe Goshawks het Kenia Simbas net-net met 22-21 geklop. Zimabwe was rustyd nog 10-17 agter. Die amptelike opening van die verbeterde Lyellstraat sportterrein is waargeneem deur die Wes-Kaap minister van kulturele sake en sport, Anroux Marais voordat Boland Kavaliers en die OP Olifante mekaar die stryd aangesê het. Die Boland Kavaliers was nie op hul beste nie en het ‘n afdag beleef. Die OP Olifante het uitstekend gespeel en taktiese skoppe het hulle gehelp om in Boland se halfgebied te boer. OP Olifante het die wedstryd 31-13 gewen nadat hulle rustyd agter geloop het. Na afloop van die wedstryd is die amptelike aanskakeling van die spreiligte waargeneem deur die burgemeester, rdl. Hennie Smit. Delicious en Wolseley het in die hoofwedstryd mekaar onder die nuwe spreiligte gepak. Die twee spanne het mekaar behoorlik laat les opsê in die wipplankstryd. Delicious het hul kanse beter benut en Wolseley netnet met 14-12 geklop.

Posbus 44 Ceres 6835 Voortrekkerstraat 50 CERES, 6835 ☎ (023) 316-1854 www.witzenberg.gov.za


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voor trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, April 29, 2022

Witzenberg Herald

Nasson en Abrahams wen Windhoek-pare kompetisie

BELLA Vista het lekker hardlooprugby opgedis en Tulbagh maklik met 55-17 geklop. Hier druk Bella Vista een van hulle talle drieë. * Berig en fotos op bladsy 7.

SATERDAG 23 April is die Windhoek-pare kompetisie op Ceres aangebied waaraan 35 spelers deelgeneem het. Glennville Nasson en Wincen Abrahams was die wenners met 45 punte. Charles Basson en Willie Baron was in die tweede plek met 44 punte gevolg deur Bevan Davids en Werner Pharo met 43 punte. Goeie nettotellings is aangeteken deur Gerjo van der Merwe (68) en Neil Janse van Rensburg met (69). Volgende kompetisies Spelers kan op 30 April inskryf vir ‘n enkel syfer plus kompetisie. Die baan is vanaf 7-12 Mei gesluit vir die IPT toernooi. Spelers kan die klub skakel by (023) 312-3068 of op die Clubmaster app bespreek.

FOTO: Trevor Felix

DIE netbalspelers van Laerskool F.D. Conradie is in die Witzenberg netbalspan opgeneem. Die groep leerders gaan Donderdag 28 April in Stellenbosch aan die Wynland netbalproewe deelneem. AGTER: Ann-Rose Kleinhans, Tanya Conradie, Elizabeth Goosen, Gracie Adams, Jayvian Kruger en Mia de Bod. VOOR: Kheise-Cole Snyders, Romy Jakobs, Jamey-Ruth Swartz, Schirley Pass en Kirsten Goosen.

WINCEN Abrahams en Glennville Nasson was die wenners met 45 punte.

TWEE leerders van Mooi Uitsig primêr, Kelly Ann Evans en Jay-Lee du Toit, het deurgedring na die finale laerskool netbalproewe wat op 28 April in Stellenbosch sal plaasvind.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.