Witzenberg Herald Vol.23 no.30 (Online Weergawe)

Page 1

WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 30

R7.00

1L OF FUEL = 15C INSTANT CASH REWARDS

Friday, August 7, 2020

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 6 Augustus

1° 11°

Vrydag 7 Augustus

2° 15°

Saterdag 8 Augustus

Sondag 9 Augustus

7° 20°

9° 12°

MONDAY FRIDAY

Ceres Koekedouw dam

76,4%

08:30 - 17:00

SATURDAY

08:00 - 13:00 Lesing: 2020/08/05

Telephone: (023) 316-2021/3

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

49 Lyell Street, Ceres ☎ (023) 312-3578 www.witzenbergherald.co.za

Pad gesluit na vragmotor teen boom bots MAANDAGOGGEND net na 06:10 was daar ‘n botsing tussen twee vragmotors op die R46 buite Wolseley by die Avontuur plaas. Dié vragmotor van J.L. Walters vervoer was blykbaar op pad na Laastedrif om produkte te gaan oplaai toe dit teen ‘n boom tot stilstand gekom het. Die ander vragmotor was ‘n wit International. Die bestuurder van dié rooi vragmotor is na Ceres hospitaal geneem vir behandeling. Dit is nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie. Die insleepdienste van Worcester het later die dag die wrak kom verwyder. Die hoofpad verby die twee Wolseley-ingange was tussen 11:00 en 14:00 gesluit sodat die wrak verwyder kon word. FOTO: Phillip de Lange

Vier polisielede vasgetrek, twee geskors VIER plaaslike polisielede is sedert die begin van die nasionale inperking weens oortredings van die Wet op Rampbestuur (wet 57 van 2002) aangekla. Twee is ook intussen geskors. Al vier die polisielede het na bewering onwettig drank vervoer en/of gekoop. In die jongste voorval is ‘n wenk deur Ceres SAPD opgevolg dat lede met ‘n polisievoertuig drank vervoer. Twee polisielede, die bevelvoerder van P.A.

Hamlet polisiestasie, lt.kol Truter (54) en ‘n passasier en klerk by die polisiestasie, Meek Muller (41), is voorgekeer en gearresteer nadat drank in hulle polisievoertuig gevind is. 18 Ciders is in die polisiemotor gevind. Die twee lede was verlede Vrydag omstreeks 13:00 aan diens. Beide is beboet en skriftelik met ‘n J534 gewaarsku om op ‘n latere datum in die hof te verskyn. Beide sal ook aan ‘n tug-proses onderwerp word.

(Die Wes-Kaap Valke het in geen stadium dié P.A. Hamlet polisiestasie besoek of is by geen ondersoek daar betrokke. Die gesteelde polisie skootrekenaar (sien elders in die uitgawe) hou geensins verband met dié saak). Twee geskors Nog twee polisiemanne, konstabel Jenovan Adams (39) en sers. Elwin Abrahams (44) is einde Junie geskors. Adams is op 23 Junie geskors terwyl Abrahams vroeër op 22 Junie geskors is.

Die twee polisielede is vroeër beboet nadat hulle tydens vlak 5 inperkings, na bewering onwettig drank vervoer, na bewering drank gekoop het en hul huise sou verlaat het met die aandklokreël in plek. Adams is op 1 Mei omstreeks 18:20 in Lyellstraat opgemerk waar hy na bewering drank vervoer het vir ‘n smokkelhuiseienaar. Abrahams is op 8 Mei omstreeks 23:20 in Bella Vista afgetrek met drank in sy motor. Daar was blykbaar ook ‘n laerskool onderwyser saam met hom in die voertuig.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Witzenberg Herald Vol.23 no.30 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu