Witzenberg Herald Vol.24 no.30 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald

TRADING HOURS: Monday - Friday 09:00 - 17:00 Saturday 08:00 - 13:00 Tel: (023) 312-3578

Witzenberg

Volume 24 no. 30

R7.50

Friday, August 6, 2021

Since 1997

WINTER SPECIALS

MINI SERVICE R150

TUBES & TYRES 10%

WASH & LUBE R80

ALL PARTS 15%

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 5 Augustus

Vrydag 6 Augustus

1° 19°

1° 19°

Saterdag 7 Augustus

Sondag 8 Augustus

3° 23°

0° 16°

Ceres Koekedouw dam

85,6%

Competition valid untill end of August 2021

Lesing: 2021/08/04

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Een dood, een gewond in skietery NOG twee skietvoorvalle wat verband hou met die voortslepende taxigeweld in die Witzenbergstreek, is die naweek by Ceres SAPD aangemeld. In een voorval is ‘n taxibestuurder doodgeskiet en in die ander geval, is een persoon in sy been gewond. Die naweek se skietery kom skaars twee maande nadat vyf taxibestuurders koelbloedig by Nduli doodgeskiet is. ‘n 16-Jarige seun wat ‘n passasier in ‘n taxi was, is ‘n maand gelede in Nduli doodgeskiet nadat aanvallers hom verkeerdelik vir die taxibestuurder aangesien het. Naweek se skietery Saterdag 31 Julie omstreeks 20:20 is Mzozuko Mpbambo (40) in Phumlastraat doodgeskiet. Volgens die polisie is hy deur ‘n onbekende man wat ‘n gesigmasker gedra het, geskiet. Mpbambo is op die toneel dood. Minder as 24 uur later is Neo Mothe (32) in sy been gewond. Mothe is met privaat vervoer vir behandeling na Ceres hospitaal geneem. Die polisie is later na die Ceres provinsiale hospitaal ontbied toe ‘n groep taxibestuurders by die hospitaal saamgedrom het. Die skietvoorvalle word deur plaaslike speurders sowel as speurders van die Wes-Kaap taxi-taakspan ondersoek. Sterftes bly styg Na die naweek se skietvoorvalle is daar die afgelope jaar (sedert middel Julie 2020), 15 taxi-eienaars of taxi-bestuurders in die Witzenbergstreek doodgeskiet asook een passasier. Drie persone het aanvalle oorleef. Een van die oorlewendes is ‘n 4-jarige kind wat nog in die hospitaal is. Mense met enige inligting oor die skietery, kan die polisie se stop misdaad hulplyn skakel by 08600-10111. Sluit roete Die Wes-Kaap minister van vervoer, Daylin Mitchell, het twee weke gelede die Paarl/Bellville roete vir twee maande gesluit . ‘n Provinsiale blitsoptrede is Woensdag in die Witzenbergstreek geloods saam met die SAPD, verkeerspersoneel met lugondersteuning van die weermag. Dit hou verband met optredes teen onwettige taxi-operateurs.

Nat en gladde paaie eis sy tol DIE Ceres polisie ondersoek ‘n klag van roekelose en nalatige bestuur nadat twee voertuie verlede Vrydag 30 Julie by die treinspoor in Michellspas gebots het. Volgens beskikbare inligting was die bestuurder van die Ford, Johan Bothma (50) op pad in Ceres se rigting toe ‘n silwer KIA na bewering gegly het en die bestuurder, Jo-Ann Albertus, beheer daaroor verloor het en teen die Ford gebots het. Een passasier in die Ford is beseer en na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer. 'n VRAGMOTORBESTUURDER van Klapmuts, het verlede week beheer oor sy Volvo vragmotor verloor nadat een vraghouer in die draai bokant Ceres gholfbaan losgekom en afgeval het. Die ongeluk het Donderdag 29 Julie omstreeks 12:25 plaasgevind en verkeer na en van Ceres is ure lank ontwrig. Niemand is in die ongeluk beseer nie. * Nadat die Volvo vragmotor, wat blykbaar vrugtekonsentraat vervoer het, deur ‘n insleepvoertuig verwyder is, het daar na bewering van die konsentraat op die Michellspas padoppervlakte uitgeloop. Die pad is later die aand vir verkeer gesluit terwyl die provinsiale administrasie die pad skoongemaak het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Witzenberg Herald Vol.24 no.30 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu