WH Her ald
TRADING HOURS: Monday - Friday 09:00 - 17:00 Saturday 08:00 - 13:00 Tel: (023) 312-3578
Witzenberg
Volume 25 no. 30
R8
Friday, August 5, 2022
SHAKE OFF THE LAST WINTER CHILLS AND GET YOUR BIKE READY FOR FUN RIDES!
MINI SERVICE R200 WASH & LUBE R80 Open during loadshedding!
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 4 Augustus
Vrydag 5 Augustus
2° 18°
2° 16°
Saterdag 6 Augustus
Sondag 7 Augustus
4° 21°
4° 20°
Ceres Koekedouw dam
59%
Voortrekkerstr. 17 Ceres 078-766-6268
Burger bagel + Chips @ R67
Lesing: 2022/08/03
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
WA: 066-316-3003
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Moorde ruk handuit INWONERS van Wolseley en veral die misdaadgeteisterde woonbuurt Pine Valley, was Maandag steeds in skok na die naweek se vlaag moorde op die dorp. Hier patroleer van Pine Valley se buurtwagte die strate.
INWONERS van Wolseley en veral die misdaadgeteisterde woonbuurt Pine Valley, was Maandag steeds in skok na die naweek se vlaag moorde op die dorp. Ses mense is in die aanvalle dood. Die polisie kon nie bevestig wat die rede is vir die vlaag moorde maar ondersoek die voorvalle onverpoos sedert die naweek. Niemand is nog vir dié moorde in hegtenis geneem nie nadat verdagtes gevlug het. Inwoners is ook versigtig om die blaam vir die aanvalle voor enigiemand se deur te lê en wil nie daaroor praat nie. Intussen was daar ook ‘n vergadering tussen rolspelers en die Pine Valley buurtwag. Moorde Wolseley SAPD is Saterdagoggend omstreeks 08:45 na die eerste moordtoneel ontbied waar ‘n 28-jarige Sotho-man in die informele woonbuurt met ‘n skerp voorwerp
doodgesteek is. Skaars drie ure later, omstreeks 11:50, is die polisie weer uitgeroep na die Pine Valley woonbuurt waar ‘n tweede Sotho-man ‘n ent van die eerste toneel by die ou sokkerveld, vermoor is. Hy is doodgeskiet. Sondag 31 Julie is nog drie Sotho-mans in Pine Valley doodgeskiet. Die eerste voorval het net na 08:00 plaasgevind in Hopestraat waar ‘n 27-jarige man in die informele-gedeelte doodgesteek is. Die tweede voorval was omstreeks 20:20 naby ‘n kafee waar ‘n 45-jarige Sotho-man ses keer geskiet is. Omstreeks 21:00 is ‘n der-de persoon met ‘n skerp voorwerp gesteek en geskiet. ‘n Sesde slagoffer se liggaam is Maandagoggend in die woonbuurt deur inwoners gekry. Die man is in een van die aanvalle raakgeskiet
en het vermoedelik weggehardloop waar hy later tussen die huisies gesterf het. Die DA in die Wes-Kaap het in ‘n verklaring gesê dat die gewelddadige misdaad, dwelm- en alkoholmisbruik ‘n al hoe groter probleem word in Pinevalley. Dit lyk ook of die plaaslike polisie, wat met ‘n mannekragprobleem worstel, die stryd teen misdaad verloor.
Misdaad, dwelm- en alkoholmisbruik raak ‘n al hoe groter probleem in Pine Valley
Adriaan vaar goed by Statebondspele ADRIAAN Wildschutt, bekende langasem en oud-Ceresiet, was Dinsdag in aksie in die 10 000 meter finaal by die Statebondspele. Hy was vyfde in ‘n tyd van 27:41.04. Jacob Kiplimo van Uganda het die wedloop gewen na ‘n titaniese stryd met Daniël Ebenyo van Kenia in 27:09.19. *Adriaan neem deel aan landlope oor 8 en 10 km asook 5 000 en 10 000 meter binnenshuise baanitems in Amerika waar hy studeer. Adriaan was onlangs ongelukkig om nie in die S.A. span opgeneem te word vir die Olimpiese Spele nie.
WITZENBERG Prestige Landboutoekennings se 2022 wenner is Shiree Paulse van Welgemeen boerdery. VLNR: Melvin Genuka en Franco Williams (departement van landbou), Carmen Roberts (Koue Bokkeveld Opleidingsentrum), Shiree Paulse (Welgemeen Boerdery) en Chris Schutte (Shoprite).
Get a free quote today
087 094 8092 www.rubberroofs.co.za