DIE polisie se hommeltuig-eenheid het Dinsdag drie hommeltuie gebruik in hul soektog na die vermiste Geraldo van Wyk.
Meer as twee weke nadat Geraldo op ‘n plaas in ‘n vinnig vloeiende rivier geval het, soek die polisie steeds onverpoos na dié 10-jarige kind.
Die polisie se duikeenheid en lede van misdaadvoorkoming het verlede week die soektog te voet en op ‘n rubberboot voortgesit. Die soektog is verder rivier-af verskuif waar die Titusrivier agter die Eiland in die Dwarsrivier vloei.
Meegesleur
Volgens inligting het Geraldo op Sondag 14 Julie saam met ‘n groepie vriende in die reën langs die rivier gaan speel. Hulle het oor ‘n bruggie probeer stap waarna Geraldo blykbaar gegly en in die vinnig vloeiende rivier geval en stroomaf meegesleur is.
Die soektog langs die sterk vloeiende rivier is belemmer deur baie boomtakke, riete en sand. Teen Dinsdag 30 Julie was daar nog geen teken van Geraldo, wat vermoedelik verdrink het nie.
Diewe breek
PERSONEEL van Ceres KFC was Woensdag geskok om te sien dat diewe by hulle perseel ingebreek het.
Vlug met geld
Twee verdagtes het in die vroeëoggendure by die KFC-winkel in Voortrekkerstraat ingebreek en nagenoeg R3 000 kontant gesteel. Die onbekende verdagtes het later gevlug.
Personeel het Woensdag kort na 07:00 met hul aankoms by die perseel, bewus geword dat daar ingebreek is.
Die Ceres polisie volg leidrade op en bestudeer CCTV beeldmateriaal van KFC en omliggende ondernemings.
Meisie in hof op moordklag
DIE moordsaak teen ‘n vrou wat haar vriend in Juniemaand vermoor het, is verlede week weer uitgestel.
Shane Scholtz (22) van die Rooikampwoonbuurt op Ceres, is dood nadat hy na bewering deur sy meisie met ‘n mes in die nek gesteek is.
Die voorval het Saterdag 1 Junie omstreeks 23:55 plaasgevind tydens ‘n beweerde stryery tussen Scholtz en Ashleigh Fortuin (25). Na die voorval is Scholtz na Ceres hospitaal gehaas waar hy ure later oorlede is.
Fortuin het verlede Woensdag 24 Julie in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.
Die saak is na 2 September uitgestel. Haar borgtog van R500 is verleng.
Vrydagaand 2 Augustus om 21:20
DIE KFC winkel in Voortrekkerstraat, Ceres.
Ouerskap: My peuter en pornografie
Deur Annisa
‘n VERHOUDING van vertroue tussen ouer en kind is die fondasie vir paraatheid teen pornografie.
Hierdie verhouding kan nie die vae veratwoordelikheid van ander word nie. ‘n Verhouding waar ons daagliks intensioneel betrokke is by ons kind se realiteit en uitdagings, vra van ons persoonlike tyd. Die kind word dus met begrip begelei vanuit sy unieke situasie na gesonde keuses.
Na die beste van ons vermoë probeer ons vanuit die kind se verwysingsraamwerk sy belewenisse bes moontlik te verstaan. Laasgenoemde is die wegspringblok vir vertroue en goeie kommunikasie.
Ons as ouers moet poog om in die verskillende stadiums van die kind se ontwikkelling, sy unieke gevoelens en denke te verstaan. Dit is egter ‘n proses wat moet groei vanaf peuter tot jong volwassene.
Wanneer my peuter met slegte materiaal gekonfronteer word en dit nie verstaan nie, moet hy aangemoedig word om met vrymoedigheid sy ouer of betroubare volwassene te nader. Die reaksie op hierdie uitreik na die ouer, moet met kalmte, begrip en liefde ontvang word. Indien die situasie ontstellend is vir die ouer, kan daar eerder aan die kind gevra word vir meer tyd om by die regte antwoord uit te kom, want ‘n onvriendelike of onverstaanbare reaksie kan ‘n skending van vertroue veroorsaak.
Leer die peuter om sy oë te sluit vir die verkeerde, ‘n ouer te vertel en die situasie te beskryf. ‘n Euwel wat benoem en bespreek word kan nie in die duister, oningeligte realiteit voortleef nie. Oefen saam met jou kind om regte keuses te maak deur ander aktiwiteite te kies, wat ‘n plaasvervanger kan wees vir die verkeerde slegte invloed van pornografie en/of onvanpaste sosiale invloede.
Bemoedig en versterk intensioneel die goeie keuses van jou kind. Leer reeds die peuter dat sy eie goeie keuses, goeie gevolge sal hê. Ek kan my brein beveel om die baas te wees van my denke, gevoelens en dade!
Love Justice International en Love Justice South Africa
VANJAAR se tema is: Skakel geen kind uit in die stryd teen mensehandel.
Love Justice bestry mensehandel deur innoverende strategieë by die bestuur van intersepsies. Ingryping by mensehandel terwyl dit plaasvind in die praktyk vind wel plaas, maar die organisasie poog ook om voorkomend op te tree deur samewerking van plaaslike gemeenskapsleiers.
Deur verskeie metodes het Love Justice reeds meer as 60 000 mense gered van mensehandel. In sommige lande is tot 90% van die gevalle kinders wat onderskep en gered word. Groot sukses word ook behaal deur die gebruik van AI, soos ook onlangs deur die Suid Afrikaanse-span bewys is. Die afgelope maand is ‘n rekordgetal van 2301 mense deur die organisasie gered!
Die koste verbonde aan ‘n enkele intersepsie is ongeveer R3 700. Vir meer inligting en ondersteuning: Anneke Barnard 078-0848732.
30 Julie is Wêreld-dag teen mense handel
Donkerbos Landgoed bied ‘n geleentheid vir ‘n gesonde, energieke persoon, tussen 35 en 45 jaar, om deel te word van hierdie dinamiese besigheid.
BESPROEIINGS VOORMAN
Die vereistes vir die posbekleër is as volg: • Installering en instandhouding van hooflyne en boord besproeiingstelsels • Beskik oor kennis van besproeiingsrekenaars, ontvangers, ens. • Moet in staat wees om besproeiingskaarte te kan lees en verstaan • Voorraadbeheer en berging van toerusting • Toesighouding en goeie interaksies met ondergeskiktes • Monitering van grondvog in wortelzone, met behulp van tensiometers, grondbore ens. • Die opstel van weeklikse skeduleringsprogramme in samewerking met bestuur • Ten minste 3 jaar ondervinding in soortgelyke posisie • Moet bereid wees om na-ure en naweke diens te verrig • Moet beskik oor ‘n kode 8 bestuurderslisensie (PDP nie ‘n vereiste nie, kan na aanstelling bekom word).
Kwalifikasie: • Ten minste graad 10 • Enige besproeiingsen toesighoudings kursusse sal in die kandidaat se guns tel • Die persoon moet betroubaar wees met sober gewoontes. ‘n Mededingende pakket word aangebied vir die mees geskikte kandidaat.
Michael Willemse ontvang alle aansoeke vertroulik by vrugte@donkerbos.co.za tot 16 Augustus 2024
Vir enige navrae skakel: 072-111-5166
‘n TULBAGH speurder, s/a.o. Marlon Cupido (regs), het Maandag 22 Julie ‘n toekenning ontvang vir goeie speur- en ondersoekwerk wat gelei het tot die skuldigbevinding en vonnisoplegging van twee moordbeskuldigdes van Tulbagh, Aiden Abels (31) en Andrew Gouws (34). Hulle is van die moord op dr. Roelof Botha in 2020 aangekla en in die Kaapstad Hooggeregshof gevonnis. Beide is 25 jaar gevangenisstraf opgelê vir die moord asook 12 jaar gevangenisstraf vir roof met verswarende omstandighede asook 8 jaar gevangenisstraf vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Die vonnisse word samelopend uitgedien en beide sal 25 jaar effektief agter tralies moet bly. ‘n Derde beskuldigde, Justin Adonis (34), is skuldig bevind aan diefstal. Hy is tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis.
* Die toekennings is in die Paarl oorhandig aan polisielede van die Kaapse Wynlandstreek. Die geleentheid is ondermeer deur Stellenbosch se stasiebevelvoerder, brig. Sandile Sonjani bygewoon en brig. Neville Malila (waarnemende bevelvoerder van die streek), het die toekennings oorhandig. By s/a.o. Cupido staan Tulbagh se speurhoof, kapt. Kamfer.
nuusbrokkies
CBI gala-aand vind plaas op 28 Augustus. Rusty Labuschagne, bekende Zimbabwiese sakeman, gaan sakelui toespreek - oor sy wedervaringe nadat hy valslik deur ‘n wildstroper beskuldig is dat hy ‘n ander stroper verdrink het en die polisie en hof se growwe nalatige optredes. Hy bring ‘n boodskap van hoop. Skakel epos na danell@dekeur.co.za indien jy ‘n tafel wil bespreek of enkelkaartjie @ R550 wil koop. Daar is beperkte aantal plekke beskikbaar.
DIE 1994 matrieks van Ceres Sekondêr beplan om ‘n reünie te hou in Septembermaand. Skakel Udine by 074-738-5668 of Olive by 078-614-4459
INWONERS word gevra om te help om ‘n selfoon op te spoor wat op Vrydag 5 Julie tussen 19:00 en 20:00 voor die Harmoniegebou op Ceres uitgeval het. Polisielede was besig met ‘n padblokkade toe die selfoon in ‘n blou omhulsel, uitgeval het. Indien iemand iets weet van die foon, kan hulle vir a.o. Van der Westhuizen skakel by 082-3028682
DIE Togryers museum se koffievles - en sopprojek, benodig nog leë koffiebottels en sop produkte soos sopmengsel, gesplitte ertjies, rys, stampmielies, lensies en pakkies sop.
DIE Togryers museum op Ceres bied tans ‘n insiggewende reisende uitstalling: Verskuif grense van die Wetenskap - aan wat besigtig kan word tot en met 29 Augustus
PRIMARY school learners from the Witzenberg area recently enjoyed an educational programme celebrating Global Wind Day. Held at Morrisdale Primary school and Mooi Uitsig Primary school, this event aimed to increase awareness about the significance of wind energy and its vital role in combating climate change. Funded as part of the Perdekraal East Wind Farm’s education programme, this initiative specifically targeted Grade 3 learners, encouraging them to explore the potential of wind energy through creative expression. As part of the festivities, the learners engaged in an exciting art project where they crafted and decorated pinwheels, symbolising the power and beauty of wind. The annual event is celebrated across the world and is dedicated to learning more about wind energy, its power, and the possibilities it holds to change the world.
Finansiële
Klerk Ceres
Boland Rental bied ‘n totale konsep verhuring, verkope, herstel en instandhoudingsdiens aan ‘n wye reeks kliënte in die Wes-Kaap.
Ons Hoofkantoor is op soek na ‘n Junior Finansiële Klerk wat onafhanklik kan werk en graag na ‘n meer senior rol wil ontwikkel.
Vereistes:
•Moet die volle rekeningkundige funksie kan doen tot en met finale proefbalans.
•Sperdatum gedrewe en detail georiënteerd.
•Moet onafhanklik sowel as in ‘n span kan werk.
•Goeie kommunikasievaardighede
•Matriek met graad of besig met studies.
Sluitingsdatum: 29 Augustus ‘24
Stuur asb. jou CV na: hr@boland rental.co.za
Markverwante salaris en voordele
•Skoon kriminele rekord
•Bestuurderslisensie
WOLSELEY spog die afgelope 18 maande met ‘n nuwe ouetehuis - Huis Weich. Bluebird Synergy het saam met die Louw/ Nel/Hoffman families ingespring en besluit om die ou skoolkoshuis te omskep tot voordeel van bejaardes.
Die koshuis het lank leeggestaan voordat oudleerders van Wolseley Laerskool, Deborah Nel en haar seuns, saam met vennote besluit het om dit in ‘n huis vir bejaardes te omskep. Deborah was ook ‘n oudinwoner van dié skoolkoshuis.
Die groep se hoofdoel is om iets in die gemeenskap terug te ploeg en sodoende bejaarde mense te help.
Die gebou en terrein is verbeter en aan die begin van 2023 het die eerste inwoners hul nuwe tuiste - Huis Weich - betrek.
Die eerste twee jaar is die fokus grootliks op inwoners gerig wat nog selfversorgend is of met minimale hulp, versorgend kan wees. Later wil hulle ‘n volwaardige siekeboeg open en ook inwoners met erge dementia en alzheimers ontvang.
Navrae
Besoek gerus Huis Weich se Facebookblad of skakel 066-050-2464 of Deborah by 084-359-4842 of sr. Debbie Hoffman 066050-2464 indien iemand ‘n bydrae wil lewer. Hulle e-pos adres is admin@huisweich. co.za Wolseley
Saak teen twee polisiemanne na streekhof
TWEE polisiemanne verbonde aan Wolseley SAPD, wat ses weke gelede op die dorp weens dwelmverwante misdrywe gearresteer is, se saak is na die streekhof oorgeplaas.
Die twee lede, sers. Petshwa en konstabel Lintnaar, is Saterdag 15 Junie deur die Wes-Kaap SAPD se anti-korrupsie-eenheid gearresteer kort nadat hulle aan diens gekom het. Hulle het Dinsdag 18 Junie vlugtig in die landdroshof verskyn waarna die saak tot 22 Julie uitgestel is. Die twee polisielede is op borg van R2 000 elk vrygelaat.
Hulle het ook die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) genader oor hul arrestasie en die klagtes teen hulle. Dit is van die hand gewys waarna die saak na die streekhof oorgeplaas is.
Hulle moet weer op 14 Augustus in die hof verskyn.
Klagtes
Petshwa en Lintnaar word aangekla van diefstal, korrupsie en regsverydeling. Die twee lede het na bewering mandrax tablette by ‘n man afgevat en dit later weer aan ‘n dwelmsmous verkoop.
Die twee lede se arrestasie volg op die arrestasies in Januarie 2022 van vyf polisielede van Wolseley, ‘n gewese polisieman van die dorp en ‘n reservis by Wolseley SAPD. Twee van die polisielede is al afgedank. Almal verskyn in die Bellville handelsmisdaadhof op klagtes wat wissel van diefstal, korrupsie en regsverydeling.
Nog drie polisielede van Wolseley is in 2023 aangekla maar die sake teen hulle is tydelik deur die staat teruggetrek. Die polisielede wat nog werk, se dissiplinêre sake is ook nog nie afgehandel nie.
Een van dié drie het ‘n magdom klagtes teen hom.
Thembile Khaleni is 2024 se Landbouwerker van die Jaar
DIE 2024 wenner van die Witzenberg se Prestige Landbouwerker van die Jaar kompetisie is op 25 Julie aangewys. Thembile Khaleni van Dutoit Agri: Paardekloof, is aangewys as Witzenberg se Landbouwerker van die Jaar vir 2024. Thembile gaan saam met die ander kategoriewenners, die Witzenbergstreek verteenwoordig by die provinsiale onderhoude later vanjaar. VLNR: Carel Cronjé (Paardekloof bestuurder), Jacqueline Pandaram (departement van landbou), Thembile Khaleni (wenner), Carmen Roberts (uitvoerende hoof van Koue Bokkeveld Opleidingsentrum) en Chris Schutte (Shoprite).
KENNISGEWING
KONSEP 2025/2026 GOP en BEGROTING PROSES PLAN
Kennis geskied hiermee dat die volgende konsep dokument ter insae lê vir publieke kommentaar en insette.
•Konsep 2025/2026 GOP en Begroting Proses Plan
Die dokumentasie lê ter insae by alle Munisipale Kantore, Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za
Notice is hereby given that the following draft document is available for public inspection and inputs.
•Draft 2025/2026 IDP and Budget Process Plan
The documents are available for inspection at all Municipal Offices and Public Libraries and on our website: www.witzenberg.gov.za.
Pas gesluit
MICHELLSPAS is Maandagaand weens veiligheidsredes gesluit nadat ‘n vragmotor wat met ‘n vrag uitvoer-vrugtesap op pad was na die Kaapstad hawe. Die vragmotor het in die berugte treinspoor-draai omgeslaan. Die ongeluk het tussen 22:30 en 23:00 plaasgevind. Daar is vir ‘n herwinningsmaatskappy gewag om die vraghouer met sap met spesiale toerusting op te lig. Daarna is die die vragmotor verwyder. Michellspas is Dinsdagoggend omstreeks 06:30 weer vir verkeer oopgestel.
Barnard weer Oktobermaand in hof
‘n OUD Ceres-inwoner wat vroeër vanjaar weer met die gereg gebots het - die keer in George - moet Oktobermaand weer in die George streekhof verskyn.
Riaan Barnard (43) het op 16 Julie in die George landdroshof verskyn weens die aanranding van sy pa, Phillipus Barnard (80).
Die voorval het tussen 4 en 5 Maart vanjaar plaasgevind tydens ‘n onderonsie.
Barnard het na bewering die stoel onder sy pa uitgeskop, hom met sy skouer gestamp en hom gedreig. Hy is op 5 Maart in hegtenis geneem en in Mei op borgtog van R1 000 vrygelaat.
‘n Tweede voorval wat in Januarie 2024 plaasgevind het, word ook deur die George polisie ondersoek.
Meer inligting daaroor sal op ‘n latere sta-
dium bekend gemaak word.
Vorige vonnis
In Maart 2023 is ‘n opgeskorte vonnis vir gesinsgeweldoortredings en die minagting van beskermingsbevele aan Barnard opgelê.
Landdros Z.B. Sogwagwa het in Maart 2023 vir Barnard op drie klagtes van die oortredings van regulasie 103 van wet 60 van 2000 (minagting van beskermingsbevele en gesinsgeweldoortredings), skuldig bevind.
Barnard is 3 jaar gevangenisstraf opgelê wat in geheel vir drie jaar opgeskort is. Hy is na dié vonnis vrygelaat.
Barnard bots sedert Julie 2022 met die gereg en was sedertdien in en uit hofsale.
Hy was ook gedurende die tyd vir sewe maande in aanhouding, twee keer op borgtog vrygelaat en twee keer gearresteer.
DIE bestuurder van dié Chevrolet Spark het Maandag 29 Julie beheer daaroor verloor en die voertuig gerol. Die ongeluk het omstreeks 09:00 plaasgevind naby die treinspoorkruising buite Wolseley. Daar was vier mans in die motor wat in Ceres se rigting onderweg was. Almal het ligte tot matige besering opgedoen. Geen verdere inligting was teen druktyd beskikbaar nie.
Dutoit streef na volhoubaarheid vir sy mense en gemeenskap
Deur Hennie du Toit – Hoof Uitvoerende Beampte Dutoit Groep
Vir Dutoit is ons mense en breë gemeenskappe, ons belangrikste hulpbronne. Ons verbintenis tot volhoubaarheid verseker ‘n vooruitstrewende toekoms vir almal. Ons het dekades gelede besef dat die vestiging en instandhouding van ‘n volhoubare besigheid belangrik is om vir ons mense en ons omgewing te sorg.
Die hele waardeketting, insluitend vennootskappe soos die Crispy Groep is belangrik. Eenen-twintig jaar gelede het ons ‘n groot aantal van ons arbeidsmag deur hierdie inisiatief bemagtig en ‘n sterk landbouspeler geskep. Produksiebestuurder Vivian Jakobs, wat verlede jaar die Wes-Kaap Plaaswerker van die Jaar-kompetisie gewen het, is ’n bewys van die sukses.
As ‘n familie-onderneming met 130 jaar se ryk geskiedenis, maak ons gebruik van diep gesinswaardes, soliede organisasie strukture en kennis. Ons poog om die gesondheid, welstand en werksbevrediging van ons werkers te prioritiseer. Een aspek hiervan is die langdienstoekennings. Volhoubaarheid beteken ook om ‘n langtermynsiening in te neem, in plaas van net korttermynwinste. Ons is die bewaarders van ons grond en beskerm dit vir toekomstige geslagte. Die benutting van nuwe tegnologie en volhoubare boerderypraktyke is van kritieke belang vir ons plase se toekoms. ‘n Bewys van hierdie filosofie is ‘n klein peerboord op Kromfontein wat in 1937 aangeplant is en elke jaar steeds vrugte dra. Ons kon nie voortgaan om kommersieel suksesvol te wees as ons nie op ‘n volhoubare wyse na die grond en bome omsien nie. Waar ons foute gemaak het op hierdie reis, het ons daaruit geleer en probeer daagliks steeds ons boerderypraktyke verbeter en ontwikkel.
Ek is opgewonde om ons dinamiese span te lei en om besluitnemingsprosesse te help vorm sodat die besigheid meer rats en aanpasbaar kan word in ‘n era wat deurentyd verander. Ek is verder opgewonde oor die strukturele veranderinge wat in werking getree het, met die hoofdoel om die doeltreffendheid en integrasie van die algehele besigheid te verhoog. Ons sien uit na die res van die winter en hoop dat dit vir ons genoeg reën- en koue-eenhede sal bring om die beste uit ons produkte vir die 2024/25 oes te haal midde ‘n relatief stabiele uitvoermark en om voort te gaan om die beste gehalte en waarde vir geld produkte vir al ons globale kliënte te lewer.
Hou die komende maande dop terwyl ons voorberei om nog sukses-stories met lesers en inwoners te deel oor die mense op ons plase, diegene wat ons passie deel en wat geleenthede aangegryp en kampioene binne ons besigheid geword het.
GROEP VIER 130 JAAR IN SUID-AFRIKA
“As ‘n toonaangewende landbou-onderneming erken ons dat ons werknemers die kern van ons besigheid vorm en dat dit ons sosiale verantwoordelikheid is om die mense in die breë gemeenskap waarin ons funksioneer, te bemagtig en te ondersteun,” sê Willem Coetzee, Besturende Direkteur by Dutoit.
“Ons bring hulde aan elke persoon wat oor meer as ‘n eeu ‘n rol in ons sukses gespeel het. Dankie aan ons werknemers wat ons produkte koester en met sorg hanteer om te verseker dat die beste gehalte produk, ons kliënte elke dag bereik”.
GESONDHEIDSKLINIEKE OP PLASE HELP DUTOIT WERKERS OM GESOND TE BLY
By Dutoit is werknemers se welstand ons top prioriteit en daarom het ons klinieke op al ons plase en in pakhuise gevestig. Suster Sophia Kotzé, Suster Brümilda Klein en Suster AnneMarie Rust saam met ons gesondheidswerkers in die Koue Bokkeveld, lewer weekliks noodsaaklike gesondheidsorgdienste aan 200 - 300 werkers. Brümilda is sedert 2019 by ons werksaam, en heg baie waarde aan die dinamiese ondersteuning vir werkersgesondheid. Sophia, wat in 2020 by ons aangesluit het, leef haar passie vir primêre gesondheidsorg uit en beklemtoon die maatskappy se verbintenis tot opleiding, innovasie en die verskaffing van mediese fasiliteite aan werknemers. Gesondheidsorgwerkers, June Jantjies en Anna Kontsiwe, speel deurslaggewende rolle by die klinieke. June, ‘n toegewyde gesondheidsorgwerker die afgelope 15 jaar en Anna, wat die kommunikasiegapings met Xhosa-sprekende werkers oorbrug, is ‘n voorbeeld van ons verbintenis tot omvattende gesondheidsorg. Annah Khontsiwe, wat by Dutoit as ‘n algemene werker begin het, het vinnig Engels en Afrikaans leer praat. Dit is egter haar moedertaal, Xhosa wat haar gehelp het om ‘n verskil te maak met ander Xhosa-werkers op die Dutoit-plase. Hier het werkers regtig geleer om haar te vertrou en hul gesondheidskwessies met haar te deel sonder enige kommunikasie-uitdagings.
Met 19 klinieke in die Wes- en Oos-Kaap, het werkers maklike toegang tot primêre gesondheidsorg, chroniese medikasie en gereelde besoeke van dokters en fisioterapeute. Ons memorandum van ooreenkoms met die Wes-Kaapse departement van gesondheid, verseker toegang tot chroniese medikasie en ontplooiing van die griep-entstof. Dutoit fokus op holistiese gesondheid, insluitend geestelike welstand en die verskaf van servikale kanker ondersoeke asook TB en MIV inligting. Vanjaar was daar ook ‘n toegewyde fokus op geestesgesondheid en hoe om plaasgemeenskappe te help om meer oor geestelike welstand te leer. Die algehele holistiese gesondheid van elke werker is ‘n top prioriteit. Ons is trots om ons werkers se gesondheid te ondersteun en dankbaar vir die gemeenskap se samewerking. Saam verseker ons ‘n gesonde en vooruitstrewende arbeidsmag!
Gesondheidsorg-erfenis by Dutoit
Die verskaffing van kwaliteit gesondheidsorg aan werkers van Dutoit is nie iets wat eers onlangs begin het nie. Carolina (Carol) van der Merwe du Toit staan vandag bekend as die Moeder Theresa van kliniekdienste. Sy het in die 1950’s met GC du Toit III getrou toe Kromfontein en Lindeshof nog een plaas was. Dit was hier waar sy, ‘n gekwalifiseerde verpleegster met ‘n kraamkwalifikasie, baie van die werkers versorg en gehelp het om baie babas te vang! Tuberkulose was destyds ’n ernstige siekte en Carol se pogings het gehelp om dit onder beheer te bring. Dutoit het voortgegaan om hierdie gesondheidsorg-erfenis uit te bou op elke plaas met ‘n geregistreerde kliniek en ‘n gekwalifiseerde suster en gesondheidsorgwerkers, toe te rus.
PIETER DU TOIT - ONTVANG OSH REINECKE
FRONTRUNNER-TOEKENNING VIR 2024
Pieter du Toit, het onlangs die gesogte OSH Reinecke Voorloper-toekenning vir 2024 ontvang. Die toekenning word deur Hortgro, die bedryfsvereniging wat Suid-Afrika se Sagtevrugteprodusente verteenwoordig, toegeken. Pieter is die derde Du Toit-familielid wat die toekenning ontvang, ‘n toekenning wat bedryfsleiers binne die Sagtevrugtebedryf vereer wat oor ‘n lang tydperk ‘n leiersrol gespeel het. “Pieter word allerweë as ‘n visioenêre en strategiese denker beskou. Iemand wat groot besighede suksesvol en winsgewend kan ontwikkel. Een van sy sterkste eienskappe is om sy finansiële kennis binne ’n besigheidsomgewing toe te pas,” sê Anton Rabe, Hortgro se uitvoerende direkteur. “Met die jarelange gesogte toekennings poog Hortgro om erkenning te gee aan landbouleiers vir hul uitnemendheid en onbaatsugtige diens aan die kern- en steenvrugbedrywe. Die ontvangers van vanjaar se toekennings dra by tot ’n reeds indrukwekkende lys van individue wat hul merk oor die jare in landbou gemaak het.”
Pieter het in sy loopbaan ‘n belangrike rol gespeel as direkteur van verskeie landbou-entiteite, sowel as binne die sagtevrugtebedryfsorganisasie, waar hy reeds die afgelope dekade ‘n raadslid is van die Suid-Afrikaanse Appel- en Peerprodusentevereniging (SAAPPA). Hy het eers as ondervoorsitter gedien en tussen 1994 en 1996 as voorsitter. Hy het ook op verskeie direksies gedien, insluitend Unifruco, Capespan en op ‘n groot handelsbank se advieskomitee.
Enkele mylpale wat onder Pieter se leierskap behaal is, sluit in die groei van Dutoit Groep as ‘n maatskappy wat na 42 lande bemark, die omskakeling in bemarking van ‘n eenkanaalstelsel na ‘n gedereguleerde bedryf, die vestiging van verskeie verkoelingsaanlegte by Dutoit en by ander maatskappye waar hy as ‘n direkteur gedien het en die gepaardgaande modernisering van verpakkingsaanlegte.
DUTOIT IS VERBIND TOT BEMAGTIGING EN OPHEFFING VAN SY MENSE
Dutoit se inisiatiewe in die gemeenskap fokus op jeugopvoeding, gesondheidsorg, maatskaplike ontwikkeling en sport. Van die instandhouding van Laerskole op ons landgoedere tot die aanbied van studielenings vir tersiêre onderwys, ondersteuning van kore en met die bevordering van sport, poog ons om ‘n positiewe impak te lewer. Willem Coetzee, besturende direkteur, Dutoit Groep, beklemtoon die bevordering van ‘n positiewe werksomgewing waar werknemers voel hulle word waardeer. “Ons werknemers woon en werk in die gemeenskap en ons probeer hard om geluk en produktiwiteit te bevorder,” sê Coetzee.
Jacques Matthee (Menslike Hulpbronbestuurder) sê: “Met tot 9 000 seisoenwerkers, poog ons om gemeenskappe positief te beïnvloed, verantwoordelike burgers te wees en uiteindelik te help om ons land ‘n beter plek te maak.”
“Ons jeug is ons leiers van môre en deur middel van kleuterskole en opvoedkundigesentrums kan ons die nodige onderrig en ondersteuning aan ons kinders bied” sê Willem Coetzee. “Ons werkers moet nie bekommerd wees oor hul kinders nie en weet dat hulle veilig is, hul huiswerk is gedoen en dat hulle vaardighede aanleer om hul selfvertroue uit te bou en te ontwikkel.” Ons help ook met beursaansoeke deur Agri SETA en ander programme. Ons verbintenis lewer ook leierskapontwikkeling aan werknemers en jeug deur inisiatiewe soos Year Beyond.
Ons ondersteun die Koue Bokkeveld-opleidingsentrum wat opleiding verskaf en programme soos jeugleierskapsinisiatiewe en gemeenskapsondersteuningsgroepe, bedryf.
Dutoit bedryf sewe kleuterskole in die Wes-Kaap en een in die Oos-Kaap. Hierdie kleuterskole, ondersteun deur plaaslike vroeë kinderontwikkelingsforums, fokus op opvoedkundige en fisiese ontwikkeling deur aktiwiteite soos speelgimnasiums, sportdae en feestelike vieringe, aan te bied.
Dutoit ondersteun plaaslike skole met skenkings en borgskappe van projekte wat oor sport, akademie en kultuur strek, insluitend inisiatiewe soos Eisteddfods.
Ons onderwysers en koördineerders het ook toegang tot deurlopende opleiding en ontwikkeling. Een voorbeeld is die onlangse digitale onderrigprogram wat in Worcester aangebied en geborg is deur Waitrose.Verder dien verskeie Dutoit-werknemers op skoolbeheerliggame van elke groot skool in die streek waar hulle werksaam is - ‘n manier om tyd en ervaring te bied en om hierdie skole te help uitblink. Ons nasorgprogramme help ouer kinders met huiswerk en verskaf maaltye en prettige leeraktiwiteite. Gemeenskapsbetrokkenheid is ‘n belangrike hoeksteen om fondsinsamelingsgeleenthede soos konserte en burgerverkope aan te bied.
Buite die skoolomgewing moedig Dutoit plaaswerkers aan om aan sport deel te neem - die meeste plase spog met sokker-, rugby- en netbalfasiliteite. Na versoeke van werkers om ‘n toernooi aan te bied, het Dutoit onlangs hul eie sesnasies-toernooi in die Wes-Kaap aangebied waar rugby- en netbalspanne van die verskillende plase teen mekaar meegeding het. Die kompetisie by Dutoit is nie beperk tot sport nie, kulturele aktiwiteite is ook hoog op die maatskappy se agenda. Die Dutoit-gemeenskap spog met ‘n paar fenomenale kore, met spanne wat gereeld op streek- en nasionaal-vlak meeding.
By Dutoit is oes-volhoubaarheid nie ’n nuwe neiging nie, maar iets wat al dekades lank ’n top prioriteit by die maatskappy is. “Ons glo dat ons bewaarders van die grond is en dat die hulpbronne wat ons gebruik nie ons s'n is nie. Ons moet dit oppas en op ‘n verantwoordelike manier boer om seker te maak dat die grond vir baie geslagte beskikbaar sal wees,” sê Willem Coetzee, besturende direkteur. Dutoit het die maatskappy geherstruktureer om sy verbintenis tot volhoubaarheid verder te versterk met die vestiging van ‘n innovasiespilpunt. Hier word grondgesondheidsprogramme, watergebruik en volhoubare boerdery vooropgestel. Dutoit maak optimaal gebruik van water oor seisoene en klimaatsiklusse, met verskeie inisiatiewe en tegnologie wat aangewend word om te verseker dat geen oorbesproeiing plaasvind nie. Hulle implementeer ook waterretensiestrategieë, wat jaar na jaar volhoubare watergebruik moet verseker. Gereelde konsultasies met kundiges verseker dat landbou chemikalieë optimaal gebruik word, met perke wat verlaag word tot net wat absoluut noodsaaklik is. Dutoit gebruik ook satelliettegnologie en digitale gereedskap wat die meting van koolstofinhoud in die grond moontlik maak en presies aandui watter dele van vrugteboorde bykomende ondersteuning benodig.
“Ons is vasbeslote om jaarliks ons koolstofvoetspoor op ons plase en in pakhuise te verminder. Alhoewel dit nie ‘n wetlike vereiste is nie, is dit ons missie om by te dra tot ‘n skoner planeet,” sê Willem. Dutoit sien hul volhoubaarheidsdoelwit strek tot die ondersteuning en versorging van Ceres, met Dutoit wat betrokke is by die Ceres Besigheidsinisiatief (CBI), ‘n poging om die Ceres besigheidsgemeenskap, sy ekonomie te stimuleer en om die dorp meer produktief en aantreklik te maak.
Die CBI werk nou saam met Witzenberg munisipaliteit om oplossings te vind en infrastruktuuruitdagings, kragonstabiliteit, die voorsiening van behuising en gemeenskapsveiligheid te verbeter.
DUTOIT BELÊ IN SONENERGIE
Soos talle Suid-Afrikaanse besighede in die land, hou onstabiele kragtoevoer ’n wesenlike risiko in vir hul bedrywighede. Dutoit het vyf jaar gelede begin met die installering van sonkrag om dié impak op hul bedrywighede te versag en te verminder.
Dutoit se sonkragreis het vyf jaar gelede begin met ‘n totaal van 4698 kWp krag wat reeds deur Dutoit en Koukamma Fruit Packers opgewek word. Dutoit het ook planne om sonkragopwekking in beide die Oos- en Wes-Kaap uit te brei met drie projekte van 1395 kWp wat reeds goedgekeur is en tans in die konstruksiefase is.
Ander vennootmaatskappye binne die Dutoit Groep wat ook die sonkragreis aangepak het, sluit in Ceres Koelkamers, Cape Fruit Coolers en Ceres Fruit Processors - almal speel ‘n belangrike rol in die omgewing se waardeketting. Met energie wat ‘n groot dryfkrag van die ekonomie is en ‘n pertinente rol in die operasionele aktiwiteite van Dutoit Groep speel, sal die voordele van sonkrag nie net binne Dutoit gesien word nie, maar ook in die breër gemeenskap.
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
DIE vier akteurs van Ceres het Saterdag 27 Julie aan die DCAS-dramafees op De Doorns deelgeneem. Die groep het ‘n verhoogdrama opgevoer wat deur die film en teater produksiemaatskappy, 3HR9S Entertainment geproduseer is. VLNR: Shane-Kevin van Wyk, Dixon Daniels, Wayne Pienaar en Ashwill Erasmus.* Die dramagroep bedank vir Perdekraal Windplaas vir hulle bydrae en ook vir die mentorskap van die Jacomus Foundation onderleiding van die bekende akteur, Dann-Jaques Mouton.
Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere enskoene asook wintersklere vir mans en vroue
Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte is ook beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Ons doen ook verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal beskikbaar, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o
Dit is dieselfde skoolsaal, maar dis 40 jaar later. Ja, dis die 1980-matriekgroep se reünie soos beleef deur Petrus Boshoff, die verteller. Die voormalige matrieks word gekonfronteer met die spoke van die verlede en ‘n tragedie wat hulle 40 jaar gelede saam beleef het. Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere kragte saamgesnoer in die skep van eenmanstukke: Dana met die pen en Frank op die verhoog. Met Reünie is die sterk regisseurshand van De Klerk Oelofse bygevoeg. Verwag dieselfde fyn spot, deernis en ‘n tikkie nostalgie.
5 September 2024 l 18:30 vir 19:00 P.A. Hamlet NG Kerksaal Ligte ete ingesluit Bring eie drankies en glase
+ Jou naam
+ Die item wat jy wil verkoop
R eëls: • Slegs items onder R1 000 • Slegs EEN item per Whatsapp
• Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar
Bondels koerante te koop vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies
Besoekers trotseer koue vir vinnige sneeu-besoek
INWONERS en besoekers het Sondag die koue weer aangedurf met ‘n vinnige besoek aan Matroosberg reservaat. Vanaf begin Julie het van die swaarste sneeuneerslae die afgelope 20 jaar, in die Witzenbergstreek geval.
Deurdringende reën het talle kere bygedra dat die sneeu vinnig smelt of dat toegangspaaie onbegaanbaar is vir gewone voertuie.
Dit het Saterdag weer heeldag gereën. Damme is propvol en met die maand se baie reën is die grond deurnat. ‘n Paar damme in die Witzenberg-omgewing het as gevolg van die baie reën plek-plek meegegee. Niemand is beseer nie. Matroosberg reservaat was Maandag ‘n tyd lank afgesny van die buitewêreld toe toegangspaaie verspoel het. Talle gaste kon nie huiswaarts keer of hul bestemming bereik totdat die water genoegsaam gesak het nie.
Reënval
By ILeaf en Hortec se weerstasies is daar van 1-29 Julie, byna 434 mm in die Warm Bokkeveld (Ceres dorp ingesluit) gemeet. By Lakenvlei (Bo-Swaarmoed) is 366.9 mm gemeet, 351.7 mm by Sterkwater en 380.9 mm by Romansrivier. Ceres gholfbaan en inwoners naaste aan die berg, meet dikwels baie meer as ander dele in die streek. Ceres gholfbaan het vanaf 129 Julie, 794 mm reën ontvang.
Sportbyeenkomste
Die Witzenberg munisipaliteit het vroeër die maand alle sportbyeenkomste vir twee naweke gekanselleer na swaar reën en sneeu. Die afgelope naweek is rugbywedstryde hervat maar swaar reën en nat velde het Saterdag spel bemoeilik. Geen oefeninge mag tot 5 Augustus op munisipale sportvelde plaasvind nie. Damvlak bly konstant
Die Koekedouwdam op Ceres en Tulbagh se dorpsdam is 100% vol en die nuwe Waverenskroondam buite Tulbagh, staan op 43.75%.
BRONAAR-familie is trots op hul werknemers wat aan die Witzenberg se Prestige Landbouwerker van die Jaar kompetisie deelgeneem het. Wenners is op 25 Julie aangewys. VLNR: David Mohai (tweede plek as besproeiings-spesialis), Elrize Jantjies (derde plek in die administrasie-afdeling), Lawrence Jantjies (derde plek in die middel-bestuur afdeling), Ayabonga Thyomfa (tweede plek in junior bestuur), Jurine Joseph (tweede plek: sosiale ontwikkeling), Asiphe Liza (wenner voorvrou-afdeling) en Bongisipho Nakani (derde plek as algemene werker). AFWESIG: Jason Baird (derde plek in die afdeling van trekkerbestuurders). * Bronaar het die beste presterende plaas-afdeling gewen. Bronaar het dié toekenning nou vir die vierde keer gewen in die afgelope 8 jaar. Bronaar se tafel het ook die prys gewen vir die beste tafel.
DIE Togryers museum op Ceres bied tans ‘n insiggewende reisende uitstalling: Verskuif grense van die Wetenskap - die eerste hartoorplanting en daarna, aan wat besigtig kan word tot en met 29 Augustus. Die eerste mens-tot-mens hartoorplanting is suksesvol uitgevoer op 3 Desember 1967 deur dr. Christiaan Barnard en sy mediese span. * Het jy geweet dat dr. Barnard na sy aanvanklike kwalifikasie en hospitaaljaar by die Groote Schuur Hospitaal hom op Ceres by die praktyk van Drs. O’ Malony en Pikkie Joubert aangesluit het? Gedurende 1951 verlaat hy Ceres en keer hy terug na Kaapstad vir verdere studies.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Olimpiese Spele 2024
Adriaan leef sy droom
Witzenberg Herald
Sport
BELLA Vista Hoërskool asook almal in Ceres se oë sal Vrydagaand op hul kampioen-atleet en deelnemer aan vanjaar se Olimpiese Spele, Adriaan Wildschutt (26), gerig wees.
Adriaan sal vir die 10 000 meter wedloop aantree op Vrydagaand 2 Augustus om 21:20. Hy sal saam met wêreldklas-sterre aan die wedloop deelneem.
In ‘n onlangse onderhoud met Netwerk24 het Adriaan gesê hy is nou vinnig genoeg om met groot kanonne te kan saampraat. Dit is sy tweede Olimpiese Spele. Adriaan het in Montpellier waar die SA atletiekspan voorberei en bly, gesê die 10 000 meter is sy beste item. Hy sê verder dit het goed gegaan met sy voorbereiding vir die Spele en sy liggaam voel goed. Hy gaan Vrydagaand probeer om so vinnig moontlik deel van die voorste
bondel te wees en enduit by hulle te bly. “Ek gaan beslis my beste gee.”
Rekords bly in slag
Adriaan het vroeër vanjaar twee van sy SA-rekords in Oslo en Stockholm tydens die Diamantliga kampioenskappe, verbeter. Eers het hy ‘n nuwe SA-rekord in die 5 000 meter opgestel en toe ‘n paar dae later het hy sy eie 3 000 meter rekord met 2.48 sekondes verbeter na 7:36:77. Adriaan was ook die eerste Suid-Afrikaanse atleet wat deur die grens van 27 minute in die 10 000 meter gebars het met ‘n tyd van 26:55:54.
Bella Vista Hoërskool, ouers, leerders en die Ceres gemeenskap wens Adriaan sterkte toe met die wedloop. “ Dit is ‘n merkwaardige prestasie en ons is almal trots op jou”.
Team Koopman se duif vaar die beste in moeilike wedvlug
SATERDAG se wedvlug vanaf Leeu Gamka moes weens stormweer na Sondag verskuif word. Wedvlugduiwe het Sondag gesukkel en ‘n baie moeilike vlug beleef. Team Koopman van CHPS het die Ceres Federasie se jaaroud wedvlug gewen terwyl Meyer en Van Wyk van CPS, die Ope Federasie wedvlug gewen het. Die naweek word die eerste langpad-wedvlug vanaf Hopetown gevlieg.
CHPS
Jaaroud
1. Team Koopman - 1003.473mpm
2. Team Koopman - 952.411mpm
3. Hendriks familie - 532.446mpm
Ope
1. Cyril en Ann Davids - 942.759mpm
2. Team Koopman - 882.941mpm
3. Team Koopman - 852.416mpm
4. Cyril en Ann Davids - 838.548mpm
5. Team Koopman - 823.754mpm
Ceres Pigeon Society (CPS)
Jaaroud
1. JRK Lofts - 992.418mpm 2. Camerin Mars - 962.484mpm 3. Van Rooy Loft - 864.713mpm 4. Van Rooy Loft - 851.672mpm 5. JRK Lofts - 828.179mpm Ope 1. Meyer en Van Wyk - 947.179mpm
2. Meyer en Van Wyk - 938.587mpm
3. Meyer en Van Wyk - 938.473mpm
4. Van Rooy Loft -896. 891mpm
5. Camerin Mars - 875.412mpm
Wedstryde in gietende reën beslis
NA ‘n afwesigheid van twee naweke, is rugbywedstryde Saterdag in die Witzenbergstreek hervat.
Gietende reën en sopnat velde het wedstryde erg bemoeilik. Tellings was laag en net deursettingsvermoë en sportmangees, het klubspelers op die veld gehou. Voor Saterdag se wedstryde het byna 400 mm uitgesak. Saterdag het nog 40 mm geval.
Die naweek het Delicious en Bella Vista teen mekaar gespeel en met 5-5 elk gelykop gespeel. Die wedstryd tussen Ceres en Wellington het nie plaasgevind nie. Ceres het 5 punte ontvang. Die twee wedstryde wat nie die maand kon plaasvind nie, sal op 31 Augustus en 7 en 14 September ingepas word.
Uitslae van die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie:
Roses United klop Hamlet met 16-13, Young Blues klop Wolseley 8-6, Newtons is te sterk vir Evergreens en wen die wedstryd 297 en Hillcrest mors met Temperance en wen 53-0.
* Geen oefeninge mag tot 5 Augustus op munisipale sportvelde plaasvind nie.
GEO-WAYNE Ambraal, ‘n rugbyspeler van Laerskool F.D. Conradie, is opgeneem in die Witzenberg o/12 rugbyspan. Die span gaan 910 Augustus aan die Bolandproewe op Bredasdorp deelneem.