Witzenberg Herald Vol.27 no.31(Online Weergawe)

Page 1


Adriaan maak Ceres trots

buite Ceres - 3

Ongeluk buite Ceres - 3

NA verlede Vrydagaand se 10 000 meter wedloop by die Parys Olimpiese Spele is dit nou amptelik. Adriaan Wildschutt is die tiende beste mansatleet oor 10 000 meter in die wêreld en die nuwe S.A.rekordhouer in die item.

Alle oë was verlede Vrydagaand op Adriaan gerig wat aangetree het vir die finaal van die 10 000 meter by die Olimpiese Spele.

Hy het ‘n uitstekende wedloop gehardloop en met minder as ‘n 1000 meter oor was hy nog in die voorste bondel atlete. Hy het in die tiende plek klaargemaak in 26:50:64, skaars 7 sekondes na die wenner Joshua Cheptegei van Uganda. Dit is ‘n nuwe S.A. rekord en verbeter sy eie rekord met 5 sekondes. Adriaan het die vorige rekord in Maart by ‘n byeenkoms in Amerika opgestel.

Sump plug washer

BERIHU Aregawi van Etihopië, wat tweede in die 10 000 meter wedloop geëindig het, hou vir Adriaan soos ‘n valk dop tydens die wedloop.

Cheptegei het ‘n nuwe Olimpiese rekord opgestel met sy wentyd van 26:43:14.

Berihu Aregawi van Etihopië was tweede met Grant Fisher van Amerika in die derde plek. Die eerste 13 atlete het almal vinniger as 27 minute gehardloop.

Rekords bly in slag

Adriaan het vroeër vanjaar twee van sy SArekords in Oslo en Stockholm tydens die Diamantliga kampioenskappe, verbeter.

Eers het hy ‘n nuwe SA-rekord in die 5 000 meter opgestel en toe ‘n paar dae later het hy sy eie 3 000 meter rekord met 2.48 sekondes verbeter na 7:36:77. Adriaan was ook die eerste Suid-Afrikaanse atleet wat deur die grens van 27 minute in die 10 000 meter gebars het met ‘n tyd van 26:55:54.

Dankie

Adriaan het op Facebook gesê hy het almal se boodskappe van ondersteuning gesien en waardeer dit baie.

Soektog lewer niks op nie

BYNA ‘n maand nadat ‘n kind in ‘n sterk vloeiende rivier geval en vermoedelik verdrink het, is daar nog geen teken van hom nie.

Die polisie se duikeenheid, lede van misdaadvoorkoming en die gemeenskap soek sedert 14 Julie onverpoos na die vermiste Geraldo van Wyk (10). Hommeltuie en rubberbote is ook ingespan maar het niks opgelewer nie. Die soektog is later rivier-af van Dankbaar verskuif tot waar die Titusrivier agter die Eiland in die Dwarsrivier vloei. Volgens inligting het Geraldo op Sondag 14 Julie saam met ‘n groepie vriende in die reën langs die rivier gaan speel. Hulle het blykbaar oor ‘n bruggie probeer stap waarna Geraldo gegly en in die rivier geval en stroomaf meegesleur is.Die polisie het Woensdag 7 Augustus bevestig dat die kind nog nie gevind is nie.

Twee vas na afpersing

TWEE verdagtes wat Spaza winkels in Nduli afpers, is die naweek vasgetrek.

Die twee mans se arrestasie volg kort op die hakke van drie mans wat twee maande gelede deur Ceres speurders vasgetrek was en wat ook verdink word van afpersing.

Die polisie het ook ‘n ongelisensieerde vuurwapen asook ander gesteelde eiendom teruggevind.

Die twee verdagtes het die naweek eers ‘n Spaza-winkel beroof en toe ‘n dreigbrief gelos waarin hulle beskermingsgeld eis.

Die ondersoek is deur die Wes-Kaap taakspan oorgeneem om verder te ondersoek.

Later verskyn

Die drie mans, Mbulelo Hlalukana van Mfuleni, Sindile Olifant en Mayosi Bam van Nduli verskyn weer op 14 Augustus in die hof.

Ongeluk

‘n SOPKOMBUIS is gedurende Juliemaand by die Naledi Pandor kliniek in Nduli gehou. Die sopkombuis word op Maandae, Woensdae en Vrydae gehou solank as wat fondse beskikbaar is vir bestandele. Tydens Mandeladag is iets te ete aan pasiënte gegee wat kroniese medikasie benodig by die klinieke. Hier is raadslid Andile Gili saam met ‘n groep helpers besig by die sopkombuis. * Die organiseerders bedank Tru-Cape vir die appels wat hulle geskenk het. Indien daar nog besighede of organisasies is wat by die inisiatief betrokke wil raak, kan hulle vir Andile skakel by 073-6258-563 of ‘n e-pos stuur na agili@witzenberg.gov.za

Ons Ruimte - Witzenberg

deur Annisa

OUER-KIND VERHOUDING

KOMMUNIKASIE-KNIPPERS by ouers:

• Gebrek aan tyd • Woede • Stilstuipe • Geskok

• Verdedigend • Afbrekende liggaamshouding

• Oormatige emosionele reaksie • Aannames • Verbreek die vertrouensverhouding • Valsheid

“Om met jou kind te konnekteer, moet jy bereid wees om uit jou gemaksone in die kind se skoene te gaan staan.”

Flippie Brown

BUILD IT het onlangs ‘n kompetisie aangebied waarin kliënte boumateriaal kon wen. Die gelukkige wenner van R20 000 se boumateriaal is Lulama Mqukumba van Nduli, Ceres. Hier ontvang sy haar prys van Michael Krone, eienaar van Ceres Build It.

THE Western Cape Blood Service (WCBS) concludes its winter campaign in August, celebrating the remarkable commitment of blood donors who have played a crucial role in saving lives throughout the colder winter months. As we enter into August, they shine the light on the profound impact of every blood donor, em-

phasising that each individual, regardless of their donation milestone is a mighty hero, helping to sustain the blood supply all year. Many people can do great things but the mightiest ones are those giving of themselves, this is why the August theme: Be a Mighty Hero - Donate Blood.

Patmos sprei hul vlerke

PATMOS het onlangs ‘n uitnodiging van dominee Francios Naudé van Calvinia ontvang na ‘n radio-onderhoud op RSG.

Op Donderdag 1 Augustus het die bestuurspan van Patmos Witzenberg na Calvinia vertrek, waar hulle ‘n baie insiggewende gesprek met boere, gemeenskapsleiers en rolspelers gevoer het. Skolebediening by bewaarskole asook jeugbediening, waar Patmos reeds lank by betrokke is, is bespreek asook sendingwerk in die Tankwa Karoo.

‘n Volhoubare sendingstruktuur asook ander modelle is ook aangeraak en hoe Patmos Arbeidsbediening op plase, by fabrieke, pakstore en wynkelders ook effektief kan wees.

Patmos bedien tans tussen 55 000 en 60 000 siele wat werksaam is in die landboubedryf en bedien 147 plase en 30 skole. Hierdie uitreikaksie was ook ‘n geleentheid waar bestuurslede ‘n dinkskrum oor moontlike praktiese projekte kon hou in ander dorpe. Besoeke word ook aan Britstown en Graaff Reinet beplan, na versoeke van kerkleiers.

Navrae

Enige navrae kan aan Patmos se bestuur gerig word by 072-2453889 of stuur ‘n e-pos na admin@dkboer.co.za

Donkerbos Landgoed bied ‘n geleentheid vir ‘n gesonde, energieke persoon, met goeie ondervinding in soortgelyke posisie, om as TLB (digger loader) / Excavator (graafmasjien) operateur deel te word van die dinamiese besigheid.

TLB (digger loader) / Excavator (graafmasjien) operateur

Die vereistes vir die posbekleër is soos volg : • Beskik oor vaardighede om toerusting te gebruik, TLB (digger loader) of Excavator • Ondervinding om produktief, sekuur en korrek met toerusting te kan werk • Sal in besit wees van toepaslike kwalifikasie • Moet in staat wees om te koördineer en saam te werk met ander werkers en toesighouers, duidelike kommunikasievaardighede is van kardinale belang • Moet bereid wees om na-ure en naweke diens te verrig • Volledige daaglikse onderhoud kontrolelys moet getrou nagekom word • Moet kan lees en skryf vir verdere opleiding asook kontrolelyste in te vul • Veilige werkspraktyke • Die persoon moet betroubaar wees met sober gewoontes. Stuur asb. CV’s na Hano by: hano.dreyer@gmail.com

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Augustus 2024 Vir enige navrae skakel Hano Dreyer by: 082-870-9911

Ondersteun sporttalent

MARTIN van Wyk, voorsitter van Witzenberg Sportforum, skryf:

IN die Witzenbergstreek het ons die laaste tyd verskeie sportprestasies opgelewer deur talentvolle sportlui - gemeet slegs op nasionale en internasionale vlakke. Ons streek is geseën met begaafde sporttalent wat, soos op talle vlakke al bewys is, met die bestes van die wêreld kan meeding. Die talent op provinsiale en internasionale vlak in rugby met individuele briljantheid van ‘n Bentley Geldenhuys, Cameron Hufke of ‘n jong belowende Luan Giliomee en Keanne Galant, of die Blitsbok, Jaden Baron, is daar min te onderskei. Daar is nog baie in hierdie kategorie, maar my skryfspasie gaan te kort skiet om almal te noem.

In atletiek kan ons trots en met breë bors verwys na Divan Manuel, nasionale deelnemer in verspring en die langasem Adriaan Wilschutt, olimpiese atleet, wie skitterende vertonings by wêreldkampioenskappe lewer en tans die 10de vinnigste man in die 10 000 meter in die wêreld is.

Baie van die plaaslike sportmanne en sportvroue moet egter sonder finansiële ondersteuning van plaaslike besighede en/of plaaslike regerings klaarkom en swaar steun op familie en vriende.

Met die skrywe, beywer ek nie daarvoor dat besighede en plaaslike owerhede enige afdwingbare verantwoordelikheid moet hê teenoor sportlui nie, maar met die huidige ekonomiese klimaat ingedagte, word daar ‘n beroep gedoen om plaaslike sporttalent te ondersteun met maatskaplike opheffingsprogramme en toekomstige maatskappybegrotings.

Die redes word gereeld gebruik om geen bydraes te verdedig: atlete/sportlui bly nie meer in die Witzenbergstreek nie of hulle is tans by vorige model C en ander groter skole ingeskryf en hét toegang tot hulpbronne.

Tog as atlete soos die Wilschutt-broers en ander sportlui op internasionale en nasionale vlak presteer, is dit ‘n gulde geleentheid wat deur besighede, maatskappye en plaaslike sowel as provinsiale regering verspeel word om hul betrokkenheid te wys.

Dit is dalk nou tyd om meer te doen vir die plaaslike sportgemeenskap en dat ons as ouers, familie, vriende, kennisse en inwoners van die streek self woeker om die kinders te ondersteun.

Join our expanding team PARTS SALESMAN

Knowledge of Petrol and Diesel engines are highly recommended for this position.

(Cars / Bakkies / Trucks)

APPLY TODAY

Only CV’s e-mailed will be considered welcome@bolandisuzuceres.co.za

WETSTOEPASSERS van Witzenberg munisipaliteit is twee weke gelede saam met ‘n paar Ceres polisielede as voorsorgmaatreël ontplooi by Vredebes nadat gerugte die rondte gedoen het dat daar ‘n onwettige behuisingsvergadering sou plaasvind.

JUAN Marais, belowende diskusgooier en oudleerder van Charlie Hofmeyr, is een van 44 Suid-Afrikaanse atlete wat van 27-31 Augustus in Lima, Peru aan die o/20 Wêreldatletiekkampioenskappe gaan deelneem. Hy vertrek op 13 Augustus na Amerika waar hy ‘n Universiteits sport- en studiebeurs ontvang het.

Vragmotor stop in vrugteboord

‘n VRAGMOTOR het Maandag in die vroeë oggendure naby die Errie Möller primêre skool, in ‘n vrugteboord tot stilstand gekom nadat dit ‘n Toyota Corolla getref het. Ismail Towing het Maandag die vragmotor uit die boord gesleep vir herstelwerk. Die Toyota het skade langs die kant opgedoen. Dit is nie bekend of enigiemand beseer is nie.

FOTO: Ismail Towing

Matroosberg-brandstigter se saak na die streekhof oorgeplaas

DIE vermeende Matroosberg-brandstigter moet later die maand in die Ceres streekhof verskyn.

Ashlin Brandon Paulse (25) staan tereg op klagtes wat verband hou met ‘n brand meer as 14 maande gelede waarin die bekende Matroosberg skihut in puin gelê en drie voertuie vernietig is.

Die saak is na 26 Augustus uitgestel.

Vasgetrek Paulse is meer as ‘n jaar gelede, op Maandag 3 Julie 2023, deur Wes-Kaap speurders gearresteer.

Hy word aangekla van vier klagtes van brandstigting, huisbraak met die opset om te steel en diefstal.

Sewe Kaapse vriende het die naweek van 26-28 Mei 2023 by Matroosberg se skihut oornag en die volgende oggend gaan stap.

Met hulle terugkoms omstreeks 18:00 het hulle die uitgebrande hut en drie voertuie aangetref.

Die brand het ‘n Renault Clio, Nissan Navara bakkie en ‘n Jeep Commander heeltemal verwoes asook persoonlike besittings in die skihut.

Insittendes gooi papiere in pas

DIE bestuurder of ‘n insittende van dié Toyota Fortuner, het Dinsdag 30 Julie omstreeks 17:00 hul Kentucky papiere by die venster uitgegooi. Die voorval het plaasgevind terwyl voertuie by die Stop-en-Ry punt in Michellspas gewag het. * Die Witzenberg munisipale wetstoepassers moet sulke oortreders vasvat en beboet.

LAERSKOOL Waveren het Vrydag 26 Julie en Saterdag 27 Julie, ‘n geslaagde graad 7 kamp by Boontjiesrivier buite Wolseley aangebied. Geduld Veldsman van Wellington was die fasiliteerder. Hy is ook ‘n skrywer en motiveringspreker en stigter van “Rising Eagle”. Fred Arendse (oudleerder) was die hoofborg en het leerders toegespreek oor die belangrikheid van goeie keuses. * Dankie aan Andelene Michaels (oudskoolhoof) wat hard agter die skerms gewerk het om borge te bekom.

CHARLIE Hofmeyr se skaakspelers het die afgelope week teen Ceres Sekondêr gespeel. Charlies het ‘n oorwinning van 17-3 behaal. Die wedstryde was goeie voorbereiding vir volgende week se interskole kragmeting teen Hoërskool Robertson.

Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 14(5) van die Wet op Plaaslike Regering Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van 2003 en Artikel 5 van die Munisipale Bate Oordrag Regulasies, so gepubliseer onder GNR.878 in GG31346 gedateer 22 Augustus 2008, van die Raad se voornemens om ‘n gedeelte van Erf 2622, Ceres, ongeveer 5,1ha aan Bella Frutta Pakhuis (Edms) Bpk teen ‘n billike markprys te verkoop, vir doeleindes van uitbreiding van die bestaande fasiliteite. Indien daar enige besware teen sodanige verkoping is, moet u skriftelike besware voor of op 30 Augustus 2024 by die kantore van die Munisipale Bestuurder indien vir aandag Me. L. Nieuwenhuis by Voortrekkerstraat 50, Ceres of e-pos na lizamari@witzenberg.gov.za

Notice is hereby given in terms of Section 14(5) of the Local Government Municipal Finance Management Act 56 of 2003 and Section 5 of the Municipal Asset Transfer Regulations as published under GNR.878 in GG 31346 dated 22 August 2008, of Council’s intention to sell a portion of Erf 2622, Ceres, approximately 5.1ha, at a fair market related price to Bella Frutta Packhouse (Pty) Ltd , for the purpose of extending the existing facility.

If there is any objection to the proposed sale, such objection should be forwarded to the office of the Municipal Manager for the attention of Mrs. L. Nieuwenhuis at 50 Voortrekker Street, Ceres or e-mail liza-mari@witzenberg.gov.za on or before the 30 August 2024

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE

WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS

Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or at 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.

Eiendom / Property

Erf 5720, Nduli

Ligging / Location

40 Chris Hani Avenue

Aansoeker / Applicant

Mirriam Mphumanto (073-9063366)

Aard / Nature APPLICATION FOR REZONING FROM SINGLE RESIDENTIAL

ZONE I TO BUSINESS ZONE I AND CONSENT USE TO ALLOW A PLACE OF ENTERTAINMENT.

AANSOEK OM HERSONERING VAN ENKELWONING I NA SAKESONE I EN VERGUNNINGSGEBRUIK OM ‘N PLEK VAN VERMAAKILIKHEID TOE TE LAAT.

Drie spelers gaan proewe toe

DRIE rugbyspelers van Mooi Uitsig primêr, Navito April, Jayren Swartz en Leacaldo Jors, is ingesluit in die Witzenberg o/12 rugbyspan. Die spelers gaan deelneem aan die Boland rugbyproewe wat op 9 en 10 Augustus op Bredasdorp sal plaasvind.

Witzenberg Junior Council elected

NEWLY elected representatives of different local schools now on the Junior Town Council of Witzenberg. The Junior Town Council (JTC) consists of four representatives of the six high schools in the Witzenberg Municipality. Only Ceres Secondary, Bella Vista High School and Iingcinga Zethu Secondary School could attended the event. The JTC elective workshop took place on 27 July at Bella Vista Secondary School under the watchful eye of the IEC that was represented by Michael Hendrickse, Chris Balie, Gert Roscher and Stephanie Steinberg. The JTC is an initiative by the local Educatio Forum NPC.

EXCITING CAREER OPPORTUNITY CERES, WESTERN CAPE

Ceres Fruit Growers, one of the leading fruit packing and marketing companies in SA, has the above position available for an energetic and professional individual to join their Production department at their Ceres (Western Cape) premises.

JUNIOR PRODUCTION MANAGER

The successful candidate will repor t to the Production Manager and be responsible for: • Optimum utilization of labour, products and packaging material • Management of the receipt, sorting and grading of fruit to ensure customer satisfaction • Daily operational planning • Administration, which includes reports, production- and personnel information • Maintenance of quality and safety standards • Maintaining discipline • Management of packing line to ensure maximising value for our producers • Efficient management of labour is crucial in this role.

Minimum R equirements: • Approximately 3 years’ relevant practical experience in a similar work environment • The ability to communicate and lead effectively at all levels • Basic technical/mechanical background • Fully bilingual (Afrikaans and English) • Excellent computer literacy (MS Office) • Valid driver’s license. Advantageous : Tertiary qualification in Industrial / Mechanical Engineering / Production Management or practical knowledge/experience specifically within the fruit industry.

Verwysing / Reference

15/4/1/1/ 235 Sluitingsdatum / Closure date

30 Dae vanaf dag van plasing in die koerant

30 Days from date of publication in newspaper

Prospective/graduate students in the above fields of study are also encouraged to apply.

In line with CFG’s EE policy and requirements, preference will be given to suitably qualified persons from designated groups.

For more information and to apply, visit www.m3online.co.za

Closing date: 23 August 2024 at 09:00

IF YOU HAVEN’T HEARD FROM US WHITHIN THREE WEEKS, YOU CAN ASSUME THAT YOUR APPLICATION WAS UNSUCCESSFUL.

Hofmeyr se senior toneelgroep het Donderdag 1 Augustus aan die jaarlikse Logan

op Fraserburg deelgeneem met ‘n nuwe produksie getiteld: Bloednyl. Die groep sal weer tydens die jaarlikse Charlie Toneelfees in Oktobermaand, op die verhoog wees.

Speurwerk lei tot inbreker se arrestasie in Nduli

GOEIE speurwerk deur Ceres speurders, het onlangs daartoe gelei dat ‘n inbreker gearresteer en gesteelde eiendom teruggevind is.

Ceres speurders het inligting opgevolg na ‘n huisbraak en diefstalsaak aangemeld is. Gesteelde goedere is later in Nduli gekry en Sizwe Gqalaqha is gearresteer. Hy het reeds in die Ceres landdroshof verskyn op klagtes van gewapende roof, aanranding, besit van gesteelde eiendom en huisbraak.

Die saak is tot Donderdag 8 Augustus uitgestel vir ‘n borgaansoek.

HARMONY TRUST

ENVIROAFRICA CC THE PROPOSED DEVELOPMENT OF THE TOEKA INSTREAM DAM, PIPELINE AND ASSOCIATED AGRICULTURAL AREA ON THE REMAINDER OF FARM HOUDENBEK NO. 415 (MORESTER LANDGOED), CERES, WESTERN CAPE Notice is hereby given of the intention to submit a NEMA Application, and the public participation process in terms of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998), as amended (NEMA), Environmental Impact Assessment (EIA) Regulations, 2014 (as amended); for the application for Environmental Authorisation (EA) to undertake the following: Application for EA to undertake the following activities in terms of NEMA EIA Regulations 2014: GN R983, 2014 (as amended) - Listing Notice 1: Activity No. 12, 19, 27 GN R984, 2014 (as amended) - Listing Notice 2: Activity No. 2, 16 GN R985, 2014 (as amended) - Listing Notice 3: Activity No. 12, 14 *Please note that the listed activities above may change during the course of the application. Registered I&APs will be notified of any changes. EnviroAfrica cc has been appointed by Harmony Trust, to undertake the Environmental Impact Assessment for the proposed development. A notice of intent to develop will be submitted to the Department of Environmental Affairs & Development Planning (DEA&DP).

Project Description & Location: The proposed development includes the construction of the Toeka Dam with a storage capacity of 2 000 000m³ and a dam wall height of approximately 14m. It will mainly be supplied with water, being pumped via the proposed ±1 200m pipeline, from the existing Houdenbek-Bo Dam situated in the Houdenbek River, and additionally with water from runoff emanating within the catchment area. The proposed dam will be constructed to store and supply water for irrigation purposes associated with the proposed approximately 80ha agricultural expansion area. The proposed dam footprint/flooded area will cover approximately 40ha of agricultural land on the lower slopes of the Houdenbek Mountains. Approximate site centre point co-ordinates S32°59’35.40"; E19°26’21.20".

Public Participation: Interested and Affected Parties (I&APs) are hereby notified of the application and invited to register (in writing) and/or provide initial comments and identify any issues, concerns or opportunities relating to this project to the contact details provided below, on or before 13 September 2024. In order to register or submit a comment, I&APs should refer to the project name, and provide their name, address & contact details (indicating your preferred method of notification) and an indication of any direct business, financial, personal, or other interest which they have in the application. You are also requested to pass this information to any person you feel should be notified.

Please note: that only Registered I&APs will be notified of the availability of reports and other written submissions made (or to be made) to the Department by the applicant, and be entitled to comment on these reports and submissions; will be notified of the outcome of the application, the reasons for the decision, and that an appeal may be lodged against a decision; and will be notified of the applicant’s intention to appeal the decision, and where and for what period the appeal submission will be available for inspection.

Consultant: EnviroAfrica CC, P.O. Box 5367, Helderberg, 7135, Fax: 086-512-0154 / Tel: (021) 851 1616 / E-mail: lian@enviroafrica.co.za & info@enviroafrica.co.za

Wolseley spog met nuwe ouetehuis

WOLSELEY spog die afgelope 18 maande met ‘n nuwe ouetehuisHuis Weich. Bluebird Synergy het saam met die Louw/Nel/Hoffman familie ingespring en besluit om die ou skoolkoshuis te omskep tot voordeel van bejaardes.

Die koshuis het lank leeggestaan voordat oudleerders van Wolseley Laerskool, Deborah Nel en haar seuns, saam met vennote besluit het om dit in ‘n huis vir bejaardes te omskep. Deborah was ook ‘n oudinwoner van dié skoolkoshuis.

Beide se hoofdoel was om iets in die gemeenskap terug te ploeg en sodoende bejaarde mense te help.

Die gebou en terrein is verbeter en aan die begin van 2023 het die eerste inwoners hul nuwe tuiste - Huis Weich - betrek.

Die eerste twee jaar is die fokus grootliks op inwoners gerig wat nog selfversorgend is of met minimale hulp, versorgend kan wees. Later wil hulle ‘n volwaardige siekeboeg open en ook inwoners met erge dementia en alzheimers ontvang.

Navrae Besoek gerus Huis Weich se Facebookblad of skakel 066-0502464 of Deborah by 084-359-4842 of sr. Debbie Hoffman 066-0502464 indien iemand ‘n bydrae wil lewer. Hulle e-pos adres is admin@ huisweich.co.za

Ceres groet ‘n groot gees

OOM Tom Prins (86), bekende en geliefde inwoner en boer van Ceres, is op 18 Julie oorlede.

Oom Tom is op Ceres gebore en het op die plaas Loxtonia groot geword. Hy het tot en met sy aftrede op Langhoogte geboer.

Oom Tom het op die plaas Kweperfontein skoolgegaan tot standerd 5 waar hy ook sommer die bestuurder van die perdekar was wat as skoolbus ingespan is. Hy was in standerd 6 by Laerskool Gerike maar het die skool vroeg verlaat om op 14-jarige ouderdom te gaan boer toe sy pa vir ‘n lang tyd weens ‘n heup-operasie nie kon boer nie.

Oom Tom was baie lief vir sport en het al op 15 jarige ouderdom vir Ceres se dorpsrugbyspanne begin speel. Onder dwang van sy vrou, Ina Prins, het hy op 40-jarige ouderdom noodgedwonge sy rugbystewels opgehang.

Oom Tom was ‘n gemaklike mens wat met almal oor die weggekom het. Hy het ‘n groot invloed op baie mense se

lewens gehad. Hy was lief vir die lewe en het dit voluit geleef. Daar is oor die jare menige stories en staaltjies oor hom vertel. Sy gesin, familie en vriendskappe was vir hom baie belangrik en het hy dit gekoester.

Hy was ‘n geliefde inwoner, ‘n nederige, lojale en hardwerkende man wat ander sou help indien dit binne sy vermoë was. Ons is dankbaar vir die gemeenskap wat betrokke was in sy lewe en vir Huis Maudie Kriel waar hy sy laaste jare deurgebring het. Hy was tot en met sy dood ‘n inwoner van Huis Maudie Kriel op Ceres.

Roudiens

Ceres gemeenskap het op Vrydag 26 Julie ‘n man wat diep spore in mense se lewens en Ceres se gemeenskap getrap het, tydens ‘n roudiens gegroet. Die diens het vanuit die Ceres Moedergemeente plaasgevind.

Hy sal gemis word deur sy kinders Johan (Tommie), Riana en Truter, sy kleinkinders en vriende. “Ons gun hom die rus”.

HARMONY TRUST ENVIROAFRICA CC THE PROPOSED DEVELOPMENT OF THE HARMONY INSTREAM DAM AND ASSOCIATED AGRICULTURAL AREA ON THE REMAINDER OF FARM

HOUDENBEK NO. 415 (MORESTER LANDGOED), CERES, WESTERN CAPE

Notice is hereby given of the intention to submit a NEMA Application, and the public participation process in terms of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998), as amended (NEMA), Environmental Impact Assessment (EIA) Regulations, 2014 (as amended); for the application for Environmental Authorisation (EA) to undertake the following:

Application for EA to undertake the following activities in terms of NEMA EIA Regulations 2014: GN R983, 2014 (as amended) - Listing Notice 1: Activity No. 12, 19, 27

GN R984, 2014 (as amended) - Listing Notice 2: Activity No. 16

GN R985, 2014 (as amended) - Listing Notice 3: Activity No. 12, 14

*Please note that the listed activities above may change during the course of the application. Registered I&APs will be notified of any changes.

EnviroAfrica cc has been appointed by Harmony Trust, to undertake the Environmental Impact Assessment for the proposed development. A notice of intent to develop will be submitted to the Department of Environmental Affairs & Development Planning (DEA&DP).

Project Description & Location: The proposed development includes the construction of the Harmony Dam with a storage capacity of 250 000m³ and a dam wall height of approximately 13m. It will be mainly supplied with water from runoff emanating within the catchment area. The proposed dam will be constructed to store and supply water for irrigation purposes associated with the proposed approximately 30ha agricultural expansion area. Water will be conveyed via a proposed pipeline from the proposed dam to an existing pipeline. Irrigation pipelines thresholds will not trigger Listed Activities in terms of NEMA and will be located on ploughed land and road reserves. The proposed dam footprint/flooded area will cover approximately 6ha of land on the lower slopes of the Houdenbek Mountains. Approximate site centre point co-ordinates S32°59’47.00"; 19°27’50.00"E.

Public Participation: Interested and Affected Parties (I&APs) are hereby notified of the application and invited to register (in writing) and/or provide initial comments and identify any issues, concerns or opportunities relating to this project to the contact details provided below, on or before 13 September 2024. In order to register or submit a comment, I&APs should refer to the project name, and provide their name, address & contact details (indicating your preferred method of notification) and an indication of any direct business, financial, personal, or other interest which they have in the application. You are also requested to pass this information to any person you feel should be notified.

Please note: that only Registered I&APs will be notified of the availability of reports and other written submissions made (or to be made) to the Department by the applicant, and be entitled to comment on these reports and submissions; will be notified of the outcome of the application, the reasons for the decision, and that an appeal may be lodged against a decision; and will be notified of the applicant’s intention to appeal the decision, and where and for what period the appeal submission will be available for inspection.

Consultant: EnviroAfrica CC, P.O. Box 5367, Helderberg, 7135, Fax: 086-512-0154 / Tel: (021) 851 1616 / E-mail: lian@enviroafrica.co.za & info@enviroafrica.co.za

OOM Tom Prins (86).
CHARLIE
Toneelfees

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Select LAUNDRY

Whatsapp of skakel 082-821-3610

Joubertstr. 16, Ceres

Ma - Vry: 08:00 - 17:00

Vakansiedae: Gesluit

Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*

*Terme en voorwaardes geld

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o. 1950/08/16 - 2024/07/29

André du PAndré du PPreezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

Vir inligting skakel Kerkkantoor (023) 313-3694 Alma 083-443-0881

Whatsapp die woord

+ Jou naam

+ Die item wat jy wil verkoop

R eëls: • Slegs items onder R1 000

• Slegs EEN item per Whatsapp

DIE Togryers museum op Ceres bied tans ‘n insiggewende reisende uitstalling: Verskuif grense van die Wetenskap - die eerste hartoorplanting en daarna, aan wat besigtig kan word tot en met 29 Augustus. Temas wat deel uitmaak van die uitstalling is (a) die eerste suksesvolle mens-tot-mens hartoorplanting, (b) mediese praktyk tydens apartheid, (c) ventrikulêre hulptoestelle en kunsmatige harte, (d) navorsing en vordering en (e) orgaanskenking en gesondheid van jou hart. *Die eerste mens-tot-mens hartoorplanting is suksesvol uitgevoer op 3 Desember 1967 deur dr. Christiaan Barnard en sy mediese span. Het jy geweet dat dr. Barnard na sy aanvanklike kwalifikasie en hospitaaljaar by die Groote Schuur Hospitaal hom op Ceres by die praktyk van Drs. O’ Malony en Pikkie Joubert aangesluit het? Gedurende 1951 verlaat hy Ceres en keer hy terug na Kaapstad vir verdere studies.

Bondels koerante te koop vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies

• Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

316-2021 na 066-316-3003

per bondel

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere enskoene asook wintersklere vir mans en vroue

: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30

nuusbrokkies

DIE algemene jaarvergadering van die Ceres Haven vind plaas op Dinsdag 13 Augustus om 18:00 by die Ceres Haven in Owenstraat. Enige persoon is welkom om die vergadering by te woon. Vir enige navrae skakel Charmaine by (023) 312-1578 of stuur ‘n epos na charmain@haven.org.za of ceres@ haven.org.za

WIE het ons boek geleen? Die boek geskryf deur André de Ruyter en handel oor Eskom, is deur ‘n onbekende persoon by Lood Prins geleen. Kan die persoon asseblief die boek terugbesorg aan die eienaar, Bertie Snyman.

MET die skrywe wil Simoné van Ceres die Witzenberg munisipaliteit bedank vir hul uitsondelike goeie diens rakende ‘n riool-klagte. Binne minute is die probleem opgelos. Dankie ook aan raadslid Tiaan Fredericks vir die ekstra myl wat jy stap om ons inwoners van hulp te wees.

CBI gala-aand vind plaas op 28 Augustus. Rusty Labuschagne, bekende Zimbabwiese sakeman, gaan sakelui toespreek oor sy wedervaringe nadat hy valslik deur ‘n wildstroper beskuldig is dat hy ‘n ander stroper verdrink het en die polisie en hof se growwe nalatige optredes. Hy bring ‘n boodskap van hoop. Stuur ‘n e-pos na danell@dekeur.co.za indien jy ‘n tafel wil bespreek of enkelkaartjie@ R550 wil koop. Daar is beperkte aantal plekke beskikbaar.

DIE 1994 matrieks van Ceres Sekondêr beplan om ‘n reünie te hou in Septembermaand. Skakel Udine by 074-738-5668 of Olive by 078-614-4459

INWONERS word weer gevra om te help om ‘n selfoon op te spoor wat op Vrydag 5 Julie tussen 19:00 en 20:00 voor die Harmonie-gebou op Ceres uitgeval het. Polisielede was besig met ‘n padblokkade toe die selfoon in ‘n blou omhulsel, uitgeval het. Twee persone, vermoedelik bergslapers, het dit opgetel. Indien iemand iets weet van die foon, kan hulle vir a.o. Van der Westhuizen skakel by 082-302-8682

Laurie en Corné wen gholfkompetisies

NA gure weer die afgelope drie weke verhoed het dat geen spel op Ceres gholfbaan moontlik was nie, is daar die naweek ‘n klubkompetisie aangebied.

Die individuele stableford kompetisie is deur Laurie Prins met 40 punte gewen.

Bennie van Rensburg was in die tweede plek met 38 punte gevolg deur Henk Rossouw met 37 punte en Rossouw van Zyl met 36 punte in die vierde plek.

Sundowner kompetisie

Ceres gholfklub het Vrydag 2 Augustus ‘n Sundowner 9 putjie-kompetisie aangebied.

Ceres Superspar borg vanjaar die pryse.

CERES gholfklub het Vrydag 2 Augustus ‘n Sundowner 9 putjie-kompetisie aangebied. Ceres Superspar borg vanjaar die pryse. Die kompetisie is deur Corné Mostert met 21 punte gewen. * Lombard Grobler (afwesig) was tweede met 20 punte.

Die kompetisie is deur Corné Mostert met 21 punte gewen. Lombard Grobler was in die tweede plek met 20 punte.

Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford.

Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 putjies.

Spelers moet die klub skakel by (023) 3123068 vir besprekings.

Augustusmaand se klubkompetisies: Op Saterdag 10 Augustus kan spelers inskryf vir ‘n enkel stableford kompetisie, op 17 Augus-

tus vir ‘n enkel syfer plus kompetisie, op 24 Augustus vir ‘n enkel stableford kompetisie en op Saterdag 31 Augustus enkel progressiewe stableford kompetisie.

Min tyd vir inskrywings

Die jaarlikse Enkelspel- en Pare-putjiespel kampioenskappe vind ook binnekort plaas.

Die inskrywingsfooi beloop R250 per speler. Indien lede vir beide enkels en dubbels inskryf, beloop die fooi R440 per speler.

Die klub doen ‘n dringende beroep op spelers om in te skryf. Inskrywings kan by die gholfklub se kroeg gedoen word of via 084587-6332, 076-233-1981 of (023) 312-3068

7 September ‘24 om 09:00

Kerrie & Rys / Basaarpoeding

Burger & Chips / Vleis

Groente & Vrugte

Teetuin / Pannekoek

Vars brood & beskuit

Speelgoed & Lekkernye

Kaartfasiliteit beskikbaar

Moet dit nie misloop nie!

vanaf 09:00

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

Plaaslike rugbyspanne sukkel

RUGBYWEDSTRYDE is verlede Saterdag in die Witzenbergstreek hervat.

Plaaslike spanne het gesukkel en net Hamlet en Delicious het oorwinnings behaal. Speelvelde was steeds nat na Juliemaand se baie reën.

Hamlet het Young Blues met 38-24 geklop en Delicious het Wellington naelskraap met 46-42 geklop.

Ceres verloor

Ceres rugbyklub het Saterdag hul vierde nederlaag van die seisoen gelei toe hulle teen Newtons van Wellington vasgeval het.

Die wedstryd was deurentyd op ‘n mespunt gebalanseer en kon enige kant toe gaan. Die wedstryd was gekenmerk deur harde, inklim-spel en met tye blatante vuilspel.

Dit is egter kommerwekkend dat die skeidsregter geen kaarte aan oortreders gegee het nie.

Ceres se voorspelers het baie goed gespeel en Newtons moes diep delf om ‘n oorwinning te behaal. Agterlangs het Jowayne Zimri en William van Wyk goeie spel gelewer. Vir Ceres het Derrick Fredericks, Bradley Sass en Kayde Laban drieë gedruk. William van Wyk slaag met vier doelskoppe en een stafdoel.

Ceres speel Saterdag 10 Augustus weg teen Hillcrest.

Uitslae van die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie: Roses United klop Bella Vista 32-29, Hillcrest klop Wolseley 31-25 en Newtons klop Ceres 36-31.

Uitslae van die Witzenberg Streekuitdaagkompetisie: Tulbagh is te sterk vir Paardekloof en wen 34-0, Vastrap verras en klop Môrester 24-22, Lindeshof klop Young Westlyans 31-26, Lovedale klop Red Roses 52-21 en La Plaisant is veels te sterk vir Op-die-Berg en wen 28-0.

met 48-24 geklop.

FOTO: Monya du Plessis

Fritz wen sy eerste Federasie-wedvlug

WEDVLUGDUIWE is Saterdag op Hopetown gelos.

Team Koopman ARL van CHPS is goed op dreef en wen die Ceresvallei Federasie Ope 1 wedvlug en Petrus Fritz van CPS, wen die Ope 2 wedvlug. Dit is slegs Fritz se tweede jaar in duiwesport en sy eerste oorwinning. Die langnaweek word die derby-wedvlug vanaf Hanover gevlieg. Die wedvlug is altyd een van die hoogtepunte van die duiweseisoen.

Team Koopman ARL -

mpm

Een oorwinning weg van ‘n besonderse seisoen

CHARLIE Hofmeyr se eerste rugbyspan het Saterdag hul onoorwonne-status behou en Montagu maklik met 48-24 geklop. Dit was die span se laaste tuiswedstryd met net die jaarlikse interskolestryd (weg) teen Robertson op 17 Augustus wat nog voorlê. Ofskoon Charlies in ‘n stadium met 10-12 agtergeloop het, het die span Saterdag koelkop gebly om die wedstryd te wen. Philip du Plessis, (binnesenter en lid van die Boland Cravenweekspan), het uitgeblink en 18 punte aangeteken. Hy het ‘n drie gedruk, vyf doelskoppe en ‘n strafskop oorgeskop. Kyle Cardoso (haker) het twee drieë gedruk.

Luan Gilliomee het sy skool rugbyloopbaan afgesluit nadat hy as plaasvervanger opgedraf het. Hy mis die interskole teen Robertson aangesien hy hom by die Suid-Afrikaanse o/18 A groep moet aansluit vir hul internasionale wedstryde.

CHARLIE Hofmeyr se eerste rugbyspan het Saterdag 3 Augustus hul onoorwonne-status behou en Montagu maklik

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.