Witzenberg Herald Vol.25 no. 31 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 25 no. 31

R8

Friday, August 12, 2022

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 11 Augustus

Vrydag 12 Augustus

4° 17°

3° 11°

Saterdag 13 Augustus

Sondag 14 Augustus

-1° 11°

5990

-2° 11°

Ceres Koekedouw dam

58,2%

Open during

(023) 316-2463 For T&C’s visit www.steers.co.za

Lesing: 2022/08/10

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

WA: 066-316-3003

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Vrou sterf buite ouetehuis

Druk hom daar! DRUK hom daar!....Bella Vista rugbyklub het Saterdag hul vyfde derby-oorwinning in ‘n ry behaal toe hulle Delicious oortuigend met 48-15 geklop het.Goeie hantering en Bella Vista agterspelers wat die speelveld goed gebruik het, het die groot skare op hul voete gehad. * Meer oor die wedstryd op bladsy 8. FOTO: Trevor Felix

Guaranteed Future Value

Urban Cruiser fromR3 699 pm* Model shown only for illustrative purposes. *T’s & C’s Apply

(023) 312-1057 Steyn, Arno, Giepie of Andre Voortrekkerstraat 112, CERES

DIE Ceres polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek begin nadat ‘n ouetehuisinwoner die naweek gesterf het. Die polisie-ondersoek kom nadat ‘n bejaarde inwoner van Huis Maudie Kriel in ‘n rolstoel, Saterdagaand buite onder ‘n afdak waar sy altyd rook, ingestoot is. Dit is tussen die hoofgebou by die kombuis en die woonstelle. Die inwoner is na bewering buite vergeet en eers Sondagoggend daar aangetref. Huis Maudie Kriel en die ACVV het ook onmiddellik ‘n interne ondersoek na die voorval geloods. Die polisie is Sondag omstreeks 07:54 uit na die toneel. ‘n Nadoodse-ondersoek moet deur die polisie gedoen word en die uitslag daarvan sal later bekend gemaak word. Verklaring uitgereik Die ACVV se hoofbestuur en die beheerraad van Huis Maudie Kriel betoon hulle innige meegevoel met die familie van die bejaarde vrou wat op Sondag 7 Augustus gesterf het. Die omstandighede rondom die tragiese voorval word nou deur die ACVV, die tehuis en die departement van maatskaplike ontwikkeling ondersoek. Almal gee hulle volle samewerking met die ondersoek. HMK het tans 89 inwoners en 60 personeellede en vorm ‘n integrale deel van die gemeenskap. Die ACVV versoek dat dorpsinwoners, die tehuis se inwoners en personeel en die oorledene se familie, onder dié moeilike omstandighede sal ondersteun en hangende die ondersoek die oorledene en haar familie se privaatheid sal respekteer. ACVV se hoofbestuur sal ook ‘n verklaring uitreik sodra die ondersoek afgehandel is.


2

WITZENBERG HERALD

Friday, August 12, 2022

Regte mans vrees God en beskerm hul families

Vroue in gemeente word in stadsaal bederf

Deur Zinzonovic Links MANSMENSE julle vroue-slaners...

DIE St. Andrews Anglikaanse gemeente op Ceres het hul vroue lidmate bederf met ‘n vrouedag geselligheid in die Ceres stadsaal. Dit is die eerste keer dat die kerk so ‘n funksie vir die vroue aanbied. VLNR: Katy Kamfer, Minnie Kamfer, Sabina Cupido, Julien van Rooyen, Florina Kamfer en Rienna Williams.

Diegene wat hulle hieraan skuldig maak, moet ‘n bietjie aangespreek word - julle wat so vroumense en kinders in die stilte agter toe deure mishandel, afpers en seermaak. Ek sê dit vir julle, van een man tot ‘n ander man, julle is lafaards want om ‘n man te wees beteken om vir jou familie te werk, voorsien en om hulle te beskerm. Sonder enige flou verskoning. As jou pa jou ma geslaan het, stop dit by jou, dis glad nie oorerflik nie - dis ook nie in jou bloed nie. Jy kan met jou eie oë sien dis verkeerd. Die dwelm- en alkoholmisbruikverskoning, raak ook nou al oud en afgeleef. As jy nie ‘n man kan wees in jou eie huis nie, los die mense want jou vrou KAN ma en pa staan vir die kinders - jy is nie onvervangbaar as jy ‘n stuk gemors is nie. Niemand sal jou mis nie! En as jy jou vriende wil entertain, raai ek jou aan om te gaan kyk hoe lekker dinge by hulle huise gaan terwyl jy chaos in jou eie huis veroorsaak om ‘n punt te bewys. Dit is ‘n baie groot voorreg om ‘n man te wees, want jy kry die reg om vir ander te sorg, te beskerm, om trots te wees op jou kinders maar dan moet jy die naam MAN werd wees, want regte manne is regverdig en hulle is nederig. Regte manne vrees God en het hulle familie lief en beskerm hulle teen seerkry - hulle is nie die oorsaak dat hulle kinders selfmoord pleeg nie, of die rede dat hulle vrouens aan depressie lei nie. Regte mans is genesers.

KENNISGEWING / NOTICE

KONSEP 2023/2024 GOP en BEGROTING PROSES PLAN Kennis geskied hiermee dat die volgende konsep dokument aan die Raad voorgelê was op 10 Augustus 2022 en nou ter insae lê vir publieke kommentaar en insette. • Konsep 2023/2024 GOP en Begroting Proses Plan Die dokumentasie lê ter insae by alle Munisipale Kantore, Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER Voortrekkerstraat 50, Ceres, 6835

DRAFT 2023/2024 IDP and BUDGET PROCESS PLAN Notice is hereby given that the following draft document was tabled to Council on 10 August 2022 and are available for public inspection and inputs. • Draft 2023/2024 IDP and Budget Process Plan The documents are available for inspection at all Municipal Offices and Public Libraries and on our website: www.witzenberg.gov.za D. NASSON MUNICIPAL MANAGER 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835

Shoe of Hope programme HAPPINESS is a new pair of comfortable school shoes. The Shoe of Hope programme started in 2020 and has sponsored over 140 pairs of shoes to the learners of Morrisdale Primary. The shoes were handed over to learners during a ceremony on August 4. Seen here are Mr. Johan Jacobs (Principal), Mrs. N. Khalif (SGB Chairperson, McQuin (Guest artist), Pastor J. Morkel (Guest Speaker), Mrs. T. Manefeldt-Kirkwood (Teacher) and Mr. A. April (Teacher).

TWEE rugbyspelers van Laerskool F.D. Conradie, Weshrin Geldenhuys (onder) en Wilmar Kruger (bo), is in die o/12 Witzenberg rugbyspan opgeneem. Hulle gaan op 19 en 20 Augustus aan die Boland rugbyproewe op Wellington deelneem.

SATERDAG 3 September 2022 om 09:00 te Huis Maudie Kriel Van Riebeeckstr. 25, Ceres, 6835 Kom geniet heerlike


WITZENBERG HERALD

Friday, August 12, 2022

3

Digitale-skuif word ondersoek ELKE besigheid moet altyd vernuwe en nuwe idees en tendense in hul bedryf, ondersoek en op die proef stel. Elke besigheid is egter verskillend - party is meer gerig op die digitale mark as ander. Die platteland se voorkeure en behoeftes is ook heeltemal verskillend van dié van stadsgebiede. Ook die koerantbedryf gaan deur fases een hiervan is die verskuiwing na digitale platforms wat sosiale media, interaktiewe webtuistes en apps (toeps) insluit. In die Witzenberg Herald se geval wil die koerant vasstel wat lesers se voorkeure is tussen die papierformaat, ten volle digitaal of ‘n kombinasie van papier en digitaal. Vrae wat beantwoord moet word sluit in: ● Is die platteland al gereed om gedeeltelik na digitale platvorms oor te skakel? ● Sal inwoners die koerant op ‘n tablet, skootrekenaar of slimfoon wil lees? ● Hoeveel mense in die huisgesin lees tans die gedrukte koerant-weergawe? ● Indien jy inteken vir digitale weergawe, sal jy dit ook aan iemand wil aanstuur om te lees? Marktendense Marktendense in Afrika wys tans dat 70% die papier weergawe verkies en 30% die digitale weergawe. In die Witzenbergstreek lyk dit tans of meer as 55% die gedrukte weergawe verkies teenoor ongeveer 45% wat digitaal verkies. Meer lesers (veral die jonger geslag) verkies om deesdae selektief sekere berigte digitaal/ aanlyn te lees. Die Interaktiewe Advertensieburo het die afgelope maand syfers rakende digitale advertensies bekendgemaak. Ten spyte van die CV-19 pandemie het die digitale reklamebedryf die afgelope jaar met 31% gegroei. Dit is 21% meer as in 2020. Digitale betaalde advertensies op die internet maak tans 32.3% uit van die totale advertensiespandering in Suid-Afrika. Die meeste advertensies gaan oor finansies, kos en alkohol.

Nuwe webtuiste Daar word tans aan ‘n interaktiewe webtuiste gewerk sowel as ‘n toepaslike app wat spesifiek vir lesers van die Witzenberg Herald ontwerp word. “Die digitale platvorms sal ook beskikbaar wees vir adverteerders om op te adverteer en diegene wat in die e-hoofkoerant adverteer kan ekstra blootstelling kry deur hul advertensie/s in die e-hoofkoerant aan hul webtuistes te laat koppel met ‘n QR-kode. Die app/toep sal jou dan direk neem na byvoorbeeld die adverteerder se webtuiste. Die platvorm maak dit ook moontlik om ‘n video insetsel van ‘n besigheid of ‘n nuusberig te plaas”. Niks is verniet nie Niks in besigheid en van waarde, is egter verniet nie. Daar sal steeds enkele mense wees wat kla oor die verkoopprys van koerante of tydskrifte en wat dit net wil lees indien dit verniet is - hetsy op winkelrakke of in digitale vorm. Koerante en tydskrifte in Suid-Afrika sal in die toekoms moontlik net gedeeltelik in papierformaat verskyn. Moeilike ekonomiese toestande vir besighede en maatskappye wat hul advertensies die laaste paar jaar drasties moes verminder asook hoër petrolpryse, die voortslepende oorlog in Oekraïne en lesers wat meer en meer digitale publikasies verkies, dra by tot die tendens. Die meerderheid lesers verkies steeds betaalde gehalte-inhoud (hetsy digitaal of gedruk) bo gratis en by tye vals of niksseggende nuus. Kostes Die digitale weergawe se beraamde koste gaan ongeveer R40 per maand beloop of R480 per jaar vir 50 uitgawes. ‘n Skakel (link) word aan die digitale-intekenaar gestuur en hy/sy kan dit op enige digitale platvorm lees of uitdruk. Sodra die webtuiste voltooi is, kan lesers maklik en vinnig aanlyn vir die koerant betaal.

JOHAN Jacobs is vanaf Januarie vanjaar die nuwe hoof van Morrisdale primêr. Hy begin in 1988 as jong onderwyser by Hoërskool Waveren. In 1991 begin hy by Morrisdale as opvoeder werk tot met sy aanstelling as skoolhoof.

We offer: · · · · · · · · ·

Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems

Biblioteek open binnekort weer sy deure vir publiek DIE John Steyn biblioteek op Ceres gaan moontlik vroeg in September sy deure vir die Witzenberg gemeenskap oopmaak. Die biblioteek was vir meer as 3 jaar gesluit nadat die hoofgebou se dak op 30 Januarie 2019 skielik ineengestort het. Die Noord-Westelike muur het voor dié voorval krake begin toon en Dinsdag 22 Januarie 2019 onverwags geswig en deels omgeval. ‘n Week later het die res van die dak inmekaar geval. Die gebou is toe onvei-

lig verklaar. Die John Steyn biblioteek sal vroeg in September oopmaak nadat daar die afgelope paar jaar vertragings was weens koste verbonde aan die herstel van die gebou en die vervanging van meubels. Raadslede sal ook in die toekoms daar vergader in ‘n gedeelte wat as 'n raadsaal omskep is. Die ou biblioteekgebou is in November 1991 amptelik ingewy.

GROOT skade is in 2019 aan die John Steyn biblioteek op Ceres aangerig toe ‘n muur en ‘n groot gedeelte van die hoofgebou se dak, skielik inmekaar geval het. FOTO: Pieter du Toit

SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.

SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES

066 205 3312

023 1000 515

info@jptek.co.za

Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies


4

WITZENBERG HERALD

DIE Seeff kombers-projek (Blanket Drive) in die Witzenbergstreek duur nog voort waar inwoners steeds help om komberse te skenk. Seeff het onlangs 10 komberse aan die ACVV op Ceres oorhandig. VLNR: Marianna Groenewald en Livvy Kotzé van Ceres Seeff, Vera Alberts (ACVV voorsitster) en Ansonet Seekoei (maatskaplike werker). * Daar is nou ook afsetpunte by Anuk, Madalenas House of Scissors, Ligstraaltjies, Tremor en Ceres Pick n Pay beskikbaar waar inwoners ook komberse kan skenk.

Friday, August 12, 2022

MOOI Uitsig primêr het Vrydag 5 Augustus ‘n Funckydag aangebied. Leerders kon enigiets aantrek. Hier is ‘n paar graad 6 leerders met hul Funcky-klere.

Bestuurder: Menslike Hulpbronne ‘n Geleentheid bestaan by ZZ2, Loch Lynne, geleë in die Ceres-omgewing vir ‘n Bestuurder: Menslike Hulpbronne. Die posbekleër sal ‘n omvattende menslike hulpbron ondersteunings diens aan die organisasie lewer binne die raamwerk van ZZ2 se waardestelsel en etiese kodes.

ZZ2 bied ‘n onderhandelbare, markverwante vergoedingspakket aan. Stuur asb u CV per e-pos aan: talent@zz2.co.za Dui asb in die onderwerplyn die pos waarvoor u aansoek doen aan. Rig navrae aan: Johan du Plessis 083-676-0390

SLUITINGSDATUM: 26 Augustus 2022

Minimum vereistes:

Primêre pligte en verantwoordelikhede:

• ‘n Toepaslike graad/ naskoolse kwalifikasie met ongeveer 5 jaar ondervinding in die Menslike Hulpbronne funksie. • Uitgebreide praktiese blootstelling en kennis van die Menslike Hulpbronne domein. • Begrip en kennis van menslike hulpbronstelsels asook van akkreditasie-vereistes. • Daar sal van die posbekleër verwag word om ook op operasionele vlak met algemene administrasie- en lonefunksies betrokke te raak. • Die gebruik van VIP Sage of enige ander lonestelsel sal as aanbeveling dien. • Kennis van toepaslike personeelbeleide, prosedures en arbeidswetgewing. • Kandidate met sterk rekeningkundige vermoë en syfervaardigheid sal voorkeur geniet. • Rekenaarvaardigheid in Microsoft Office, Word, Excel en Google G-Suite is noodsaaklik.

• Die uitleef en ondersteuning van die ZZ2 waardestelsel deur die skep van ‘n positiewe klimaat tydens taakuitvoering. • Professionele ondersteuning aan Funksionele Bestuur met menslike hulpbronen admininstratiewe aangeleenthede. • Verseker die konsekwente toepassing van personeelbeleide en diensvoorwaardes. • Kontrolering, opvolg en verwerking van lone, personeel-rekords en statistieke. • Fokus op die hantering van indiensneming, dissiplinêre prosesse en personeel administrasie. • Beplanning, voorbereiding en uitvoering van akkreditasies soos SIZA, BRC, GLOBAL GAP en ander stelsels. • Hantering van Departement Arbeid inspeksies en navrae, asook die hantering van verskeie Staatsentiteite.

INDEPENDENT, fresh thinking matters for School Principals and Business Leaders now more than ever. The following Principals and Business Leaders from the Koue and Warm Bokkeveld attended the “Time to Think” workshop hosted and facilitated by Citizen Leader Lab, as part of the 12-month Partners for Possibility Program. The training focus to equip the School Principals and Business Leaders to foster listening and independent thinking in one another. It is a workshop that offer the Principals the opportunity to practice these new skills with their respective Business Leaders and to apply it in their schools and business environment.

DIT IS ‘N EENVOUDIGE FEIT VAN DIE LEWE, ONS GAAR ONNODIGE GOED OP!

Is jy besig om af te skaal? Trek julle? Wat ook al die rede is, jy het ‘goed’ wat in die huis rondlê. Dinge wat jy nie wil hê, nie gebruik, of net moeg is om te sien.

Zimbabwiër se saak na Paarl streekhof DIE Zimbabwiese burger (19) wat vroeër vanjaar ‘n gastehuis-eienaar van Wolseley verskeie kere met ‘n mes gesteek en kort daarna na Malmesbury gevlug het, bly in aanhouding tot sy saak weer in die Paarl streekhof voorkom. Drie verdere klagtes is teen Lovemore Doriyo, ‘n onwettige immigrant, bygevoeg. Behalwe vir die poging tot moord klagte op Wolseley sal Doriyo ook weens die poging tot moord van ‘n 8-jarige meisie en haar verkragting en ontvoering op Malmesbury, teregstaan. Die voorvalle het op 10 Mei op Malmesbury plaasgevind.

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ceres Omgeewinkel is dringend opsoek na klere en skoene. Help ons asb. om die Gemeenskap te help.

Gee asb. items af by: Ceres Omgeewinkel Lyellstraat 66, Ceres (agter Celebrations) Navrae: Louw-Marie 083-634-8068

Ons kan help! Dit maak nie saak wat dit is nie. Ongewenste meubels, elektriese toestelle, huishoudelike ware, speelgoed, boeke, sporttoerusting, ons sal dit alles en meer, as voorraad vir ons winkel neem.

As jy enige items het wat jy moet weggooi, wat te goed is om eintlik weg te gooi, skakel ons op 082-899-2248 of e-pos: info@chainboland.co.za

Doriyo wat aansoek gedoen het vir regshulp, moet weer op 13 September in die Paarl streekhof verskyn. Die Wolseley polisie het vir meer as ‘n maand na Doriyo gesoek voordat hulle hom middel Mei in ‘n ernstige toestand in die Tygerberg hospitaal opgespoor het. Doriyo is op 10 Mei deur ‘n groep van nagenoeg 100 omgekrapte inwoners van die Ilingelethu woonbuurt buite Malmesbury, aangerand en bewusteloos geslaan. Dit was blykbaar ‘n vergeldingsaanval. Hy is op 18 Mei in die hospitaal gearresteer en het vir die eerste keer op 19 Mei in die Malmesbury landdroshof verskyn.


WITZENBERG HERALD

Friday, August 12, 2022

5

087 094 8092


6

WITZENBERG HERALD

classifieds

Gifted

MAAMA AMIDHA with the best services

AND FRAMES

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476 Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. (023) 316-2021 w.t.o.

PLY’S GENERAL SERVICES (PTY) LTD PLY’S FRUIT & VEG

TREE

FELLING

CERES

CONTACT US FOR: Tree removal Selling of firewood Alien clearance Tree felling Gardening services Jacque Abrahams 073-788-5860 064-652-1091 (Lill) lejackabrahams1@gmail.com 8 Suncrest Street, Ceres, 6835

Jan Swartz 1957/01/20 - 2022/08/03 Begrafnisdiens: So. 14 Aug. 2022 Huis: 09:00, Plaas Dankbaar Saal: 10:00, Plaas Dankbaar Graf: Bella Vista

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

George Willemse 1945/04/05 - 2022/08/03 Begrafnisdiens: Sat. 13 Aug. 2022

Huis: 09:00, Plaas Wadrif Kerk: 10:00, VGK Opdie-Berg Graf: Op-die-Berg

Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres

Automotive Engineering • Skim cylinder head • Recon cylinder head • Rebore engine blocks Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more

André du PPreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422

crazypistonsct@gmail.com

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300 (023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

Wilhelmina Petronella Fredericks 1986/11/15 - 2022/08/03 Begrafnisdiens: Sat. 13 Aug. 2022 Huis: 10:00, Kiewietstr. 16, Wolseley Kerk: 11:00, VGK Wolseley Graf: Wolseley

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Whatsapp of skakel

082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit

Ons tel op en lewer af op spesiale versoek* *Terme en voorwaardes geld

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o. Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Maama Rosset & Prof John van Ceres

Het jy probleme of is jy teleurgesteld deur so baie genesers wat dinge beloof het en dan gebeur dit nie? Hier is jou enigste kans om jou lewe te verander. Maama Rosset en Prof John kan help met jou probleme soos heksery, finansiële probleme, dwelms, huweliksprobleme, swangerskap en kan jou suksesvol maak in jou eie besigheid. Skakel dadelik vir hulp. Vind Maama Rosset en Prof in Ceres, Wolseley en Tulbagh. Kry resultate binne 30 min. Al die bogenoemde gratis vir dié bo 50 jaar.

It’s never too late for you to be happy, life is good when you are happy in your family, if you feel that you are disturbed and need help MAAMA AMIDHA is ready to take you through a journey of a lifetime. Contact MAAMA now and you will be happy.

•Stuck in the wilderness and need help •Get rid of your enemies •Financial breakthrough •Protection for home and business •Relationship and pregnancy •Bring back lost love and love spells •Control your partner and stop cheating •TO Win lotto and Powerball or UK49 •FIX work problems and loans •Quick sale of property

TS Vragmotors ‘n Vragmotorwerkswinkel in Ceres, wat hoë gehalte werk en diens aan ons kliënte verskaf, is opsoek na ‘n hardwerkende persoon om by ons aan te sluit.

DIESELWERKTUIGKUNDIGE Ondervinding in vragmotors en sleepwaens sal in jou guns tel. ‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied.

Friday, August 12, 2022

Blanket Drive It’s cold out there! Let’s all come together as a community this winter to make a difference. You can donate blankets or R150 to buy a blanket for someone in need. All blankets will be distributed within Ceres to assist organisations working in the community. For every blanket received, Seeff will donate a second blanket. LIVVY 083-757-8532 livvy@seeff.com

MARIANNA 082-448-5497 marianna.groenewald@seeff.com

Please contact us for banking details should you wish to donate via EFT

Stuur e-pos na: yolandatsv@gmail.com

CALL 067-032-1641

TE HUUR

KANTOORSPASIE (±150m²) te h/v Vos- en Faurestraat. Onmiddellik beskikbaar R8 300 p/maand

Skakel Jaco-Marié (023) 312-1414

PLANT AND TOOL HIRE

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Skakel ons vir enige verdere navrae by (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Parish of St. Andrew’s Tour de Dam

079-298-4616 065-015-8713

It’s never too late for your problems to be solved. Don’t just sit back and think your worst situation can not be changed. It’s time for you to present your problems to Maama Sauda:

• Relationship problems • Financial problems • Court cases • Divorce cases • Winning luck • Pregnant cases • Home protection • Bad luck • Magic ring • Magic wallet • Lotto or Powerball • Money in account in 1 hour • Unfinished work and many more

Call or WhatsApp

Maama Sauda 071-707-2066

Come get your medal! Loads of prizes to be won. Registration of R20 can be done at the Parish office in Voortrekkerstreet between 09:00 - 17:00 Monday - Thursday


WITZENBERG HERALD

Friday, August 12, 2022

7

nuusbrokkies WITZENBERG PALS jaarvergadering vind plaas op Donderdag 25 Augustus om 10:00 in die Ceresvallei kerksaal. Dr. Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers is die gasspreker. ✗✗✗✗ DIE algemene jaarvergadering van Ceres Haven Nagskuiling vind plaas op 16 Augustus om 18:00 by die Ceres Haven in Owenstraat. Belangstellendes is welkom om dit by te woon. ✗✗✗✗

Promosie-artikel

Ceres Omgeemense verander naam

YOUNG Good Hope RFC speel Saterdag 13 Augustus teen Miracles RFC op die Bella Vista sportgronde. Hekgelde beloop R20 volwassenes, R10 kinders en R10 motors. ✗✗✗✗ DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas vanaf 23 November 2023. Beperkte aantal plekke is beskikbaar en navrae hieroor kan gerig word aan pastoor Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos na: isaacjacobs50@yahoo.com. ✗✗✗✗ YOUNG Good Hope RFC vier vanjaar hul 80ste bestaansjaar. Ter viering hiervan word alle oudspelers vanaf die jare 60’s tot 90’s genooi om ‘n dinee by te woon Die datum en plek sal later bekend gemaak word. Slegs ‘n beperkte aantal lede kan geakkommodeer word. Vir navrae en bevestiging skakel die volgende persone: Pat Nel (072-532-9568), Des van Wyk (082-574-7932) of Frans Lintnaar (062-096-8078). ✗✗✗✗ DIE Togryers museum skop af met ‘n nuwe mondelingeprojek saam met Deanwill Krotz. Die projek vorm deel van die Year Beyond-program. Deanwill, ‘n boorling van Bella Vista, sal die volgende ses maande werk om inligting te versamel oor Bella Vista - voorheen bekend as Gebied K. Indien inwoners ‘n bydrae wil lewer met fotos of jou herinneringe van die vroeëre Bella Vista wil deel, kan hulle die Togryers museum skakel by (023) 312-2045. Die museum wil graag Bella Vista se beginjare, die skole, besighede en groei saamvat. Hulle kan dit egter nie sonder die gemeenskap se bydraes doen nie. Die eindresultaat sal verwerk word in ‘n digitale uitstalling en ook in die museum opgeneem word. ✗✗✗✗ CERES krieketklub hou hul algemene jaarvergadering (AJV) op Woensdag 17 Augustus om 18:00 in die klubhuis op Victoria Park. Alle lede en nuwe lede is welkom om die vergadering by te woon waartydens ‘n nuwe bestuur ook verkies sal word. Ceres Krieket speel weer in die Promosieliga van Boland krieket. ✗✗✗✗ DIE jaarlikse Ceres Michellspas halfmarathon asook 10 km en 5 km padwedlope, word weer op Saterdag 29 Oktober aangebied. Deelnemers kan nou reeds inskryf nadat die wedloop die afgelope twee jaar weens CV-19, nie aangebied is nie. Die plaas/maatskappy kompetisie oor 10 km is ook weer oop. Enige navrae kan aan Nico Jansen by 078-8825-299 gerig word. ✗✗✗✗ LOXTONIA Soup and Cider Saturdays Every Saturday in August from 10:00 to 16:00. Price: R30 per bowl of soup and a bread roll. Bookings at enquiries@loxtonia.co.za or (023) 004-0930. ✗✗✗✗ FRED Gaum Hostelites/koshuisgangers (Huidiglik Ceres Sekondêr) beplan ‘n reünie (1979 - 1989) tydens die naweek van 30 September tot 2 Oktober 2022. Alle verrigtinge geskied by die koshuis. Dit is die heel eerste reünie sedert die koshuis se opening in 1979. Vir navrae skakel Lynn Julies by 078915-2902 of Floors Baartman by 081-8157343 of Jan Abrahams by 067-317-1457. ✗✗✗✗ WITZENBERG PALS jaarvergadering vind plaas op Donderdag 25 Augustus om 10:00 in die Ceresvallei kerksaal.

Vier leerders haal Witzenbergspan VIER rugbyspelers van Laerskool Koue Bokkeveld, Anton Burger, Christiaan Viljoen, John du Toit en Liam Pretorius, is in die Witzenberg o/12 rugbyspan opgeneem.

Cyril en Anne Davids se duif vinnigste terug in hok WEDVLUGDUIWE is Saterdag 6 Augustus op Hanover gelos vir die jaarlikse derbywedvlug. Die wedvlug was nie te moeilik nie en duiwe kon vinnig hul hokke bereik. Saterdag 13 Augustus vlieg duiwe hul tweede laaste kortpadwedvlug vanaf Leeu Gamka. CHPS Jaaroud 1. Cyril en Anne Davids 1365.859 mpm 2. Cyril en Anne Davids 1294.083 mpm 3. Cyril en Anne Davids 1222.767 mpm 4. Cyril en Anne Davids 1218.442 mpm 5. Team Koopman 1210.845 mpm Ope 1. Cyril en Anne Davids 1383.645 mpm 2. Cyril en Anne Davids 1361.710 mpm 3. Cyril en Anne Davids 1355.170 mpm 4. Hendriks familie 1355.036 mpm 5. Team Koopman 1347.487 mpm Hamlet duiweklub Jaaroud 1. Erasmus hok 1371.541 mpm 2. Kitshoff hokke 1341.747 mpm 3. Kitshoff hokke 1340.537 mpm 4. N.J. Kitshoff jr. 1315.024 mpm 5. N.J. Kitshoff jr. 1305.162 mpm Ope 1. Erasmus hok 1373.637 mpm 2. Kitshoff hokke 1372.133 mpm 3. N.J. Kitshoff jr. 1360.692 mpm 4. Erasmus hok 1350.760 mpm 5. Erasmus hok 1348.059 mpm

MEER as 60 jaar gelede het ‘n klompie manne in Bloemfontein die behoefte raakgesien om ‘n Afrikaanse diensorganisasie tot stand te bring. Daar was oor die jare verskeie kultuurorganisasies, maar geeneen het net op liefdadigheid gefokus nie. Die Vryburger Diensorganisasie is gestig en die ou Kaapse benamings is gebruik vir die ampte en vergaderings: Stuurman - voorsitter, skrywer-sekretaris, fiskaal - tesourier, ritmeester - ordebeampte, basuin -reklame, rentmeester - nasionale tesourier, korps - plaaslike tak, kajuitraad - korpsvergadering en Burgerraad - landwye algemene jaarvergadering. Die gewel-profiel van Adam Tas se huis is as embleem gebruik. Aanpas Tien jaar gelede is die naam aangepas na Vryburger OMGEEMENSE om meer beskrywend te wees. Die woord “vryburger” lei egter steeds tot verwarring en verkeerde konotasies onder oningeligte persone. Daar is onlangs besluit om voortaan plaaslik net bekend te staan as Ceres Omgeemense. Die doelstellings is: ● Om die plaaslike gemeenskap te dien ● Om altyd die Bybel as grondslag te gebruik ● Om samewerking in die gemeenskap te bevorder ● Om Afrikaans as voertaal te gebruik Omgeemense fokus hoofsaaklik op broodnood, Bybelverspreiding asook emosionele ondersteuning aan bejaardes. Hulp word hoofsaaklik aan instansies verleen en nie aan individue nie. Begunstigdes sluit onder andere in ouetehuise, kleuterskole, sopkombuise en dienssentrums. Sedert Ceres Omgeemense se stigting in 2008, is daar reeds R3.3 miljoen in die Witzenberg gemeenskap uitgedeel. Bedankings “Dankie aan die gemeenskap wat dit moontlik gemaak het deur die ondersteuning van die Omgeewinkel, projekte en donasies. Ceres Omgeemense is trots daarop dat elke rand wat ingesamel word, uitgedeel word vir liefdadigheid aangesien alle administratiewe uitgawes en kostes deur die lede gedek word”.


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voor trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, August 12, 2022

Witzenberg Herald

Bella Vista mors met Delicious BELLA Vista rugbyklub het Saterdag hul vyfde derby-oorwinning in ‘n ry behaal toe hulle Delicious oortuigend met 48-15 geklop het. Die rustydtelling was 12-7 in Bella Vista se guns. Die eerste 25 minute het die twee buurspanne mekaar bietjie gevoel en was die stryd baie gelykop. Bella Vista het na volgehoue druk hulle eerste drie aangeteken. Goeie bewegings en taktiese skopwerk het gelei tot Bella Vista se tweede drie. Kort voor rustyd laat Delicious die telling krimp met ‘n sewepunter. Na rustyd skakel Bella Vista na ‘n hoër rat

oor met aanskoulike hardlooprugby wat Delicious behoorlik laat bontstaan. Goeie hantering en Bella Vista se agterspelers wat die speelveld goed gebruik het, het die groot skare op hul voete gehad. Delicious se dissipline laat hulle weer lelik in die steek en moes hulle met 14 spelers klaarkom. Bella Vista druk sewe drieë vir ‘n oorwinning van 48-15. Die derbystryd tussen Bella Vista en Hamlet gaan seker een van die grotes wees vanjaar en vir baie opwinding sorg. * Ander uitslae: Wolseley klop Ceres 19-6 en Temperance klop Tulbagh 47-20.

CERES gholfklub se Kruger-ligaspan is deur na die finaal nadat hulle in die semifinaal vir Stellenbosch met 4.5 teen 1.5 geklop het. VLNR: Dirk Strydom, Vincent Hewitt, Leroux Ferreira, Clement de Bruin (kaptein), Lourens Strydom en Dricus Swart.

Ceres in Kruger-finaal BELLA Vista rugbyklub het Saterdag Delicious oortuigend met 48-15 geklop. Hier duik Daniël Adendorf, plaasvervanger-agtsteman, oor vir sy drie. Daniël is ook later as die speler van die wedstryd aangewys. FOTO: Trevor Felix

Michell’s Pass Half Marathon 10km ROAD RACE at 07:15 and 5km FUN RUN at 08:00

GLENNY Nasson het Saterdag die eerste Rubberroofs Winterreeks kompetisie by Ceres gholfklub gewen. Meer as veertig spelers het aan ‘n enkel houespel kompetisie deelgeneem. Die Rubberroofs Winterreeks eindig op 10 September. Nasson het met ‘n telling van 70 houe gewen. Johan Smit was in die tweede plek met 71 houe gevolg deur Pierre de Jager (derde) en Hendry Titus (vierde), met 72 houe.

Rubberroof winterreeks Spelers kry elke Saterdag punte per plek wat ‘n speler behaal (tabel is uitgestuur en by die klub beskikbaar). Die beste vier uit ses tellings kom in aanmerking vir ekstra kontantpryse. Spelers moet ten minste een van elke formaat speel. Die drie spelers met die meeste punte wen die ekstra prysgeld. Spelers ding mee in twee Saterdag-kompetisies van houespel, enkel stableford en enkel syfer plus. Kruger-liga Ceres gholfklub se Kruger-ligaspan het Saterdag deurgedring na die finaal nadat hulle in die semifinaal vir Stellenbosch met 4.5 teen 1.5 geklop het. Putjiespel 2022 Die 2022 enkel putjiespelkampioen-skappe se eerste rondte is afgehandel. Die tweede rondte (plaat en hoofkompetisie) moet teen 5 September voltooi wees. Die afsnydatum vir die die eerste rondte dubbelspel is 15 Augustus.

GLENNY Nasson het Saterdag die eerste Rubberroofs Winterreeks kompetisie gewen.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.