WH Herald Witzenberg
Volume 23 no. 32
R7.00
Friday, August 21, 2020
CERES ☎ (023) 312-2144
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 20 Augustus
Vrydag 21 Augustus
Saterdag 22 Augustus
6° 17°
4° 12°
Sondag 23 Augustus
8° 22°
10° 19°
A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider
Ceres Koekedouw dam
88%
MASTHEAD Financial Planning
Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar
Lesing: 2020/08/19
Telephone: (023) 316-2021/3
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
Neels Boshoff (Financial Planner) ☎ (023) 004-1338 or Cell: 082-335-8331 E-mail: nboshoff@mastheadfp.co.za www.mastheadfp.co.za www.witzenbergherald.co.za
'n HOMMELTUIG foto van die Blinkwater Lodge voor dit die naweek in 'n brand verwoes is.
Vallei in rou Een gesin uitgewis, 10 sterf
Carstens-gesin ‘n BRAND by ‘n luukse grasdakhuis in die Kalahari het die lewens van agt mense, waarvan ses jong kinders was, geëis. Nog twee brandslagoffers het later in die hospitaal aan hul erge wonde beswyk. Dié tragedie, die ergste in meer as vier dekades in die Witzenbergstreek, het Sondag omstreeks 01:20 plaasgevind by die Blinkwater Lodge, ongeveer 30 kilometer van die Kgalagadi Lodge en Kgalagadi National Transfrontier Park. Forensiese ondersoekers op toneel Die oorsaak van die brand is nog onbekend.
Forensiese brand-deskundiges en ‘n forensiese antropoloog is sedert Maandag besig met hul ondersoek. Die SAPD se honde-eenheid asook soek en redding was ook op die toneel om na die vermiste 6-jarige meisie te soek. Volgens die polisie het hulle Maandag menslike oorskot in die uitgebrande gebou gekry. Dit kan nog nie bevestig word of die oorskot wel dié is van die vermiste meisie nie. Die identifikasie sal eers bekendgemaak word sodra deskundiges se ondersoek afgehandel en DNS deur naasbestaandes verskaf is. Lees volledige storie op bladsy 3
1,5kg Rainbow Chicken IQF
2.5kg Sasko Cake Flour
4750
2399
☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstraat 91 Weet-Bix 450g
2199 500g Pasta Grande Macaroni / Spaghetti
Crunch & Munch Biscuits ass. 500g / 400g
1850
Sunlight Washing powder 2kg
Willards 125g 1099 assor ted
1199
4299
Score Energy drink 500ml
699 Pryse geldig 21 Augustus 2020 - 9 September 2020 beperk.
Ons behou die reg om hoeveelhede te
Bauer-gesin
Davin-gesin
2
WITZENBERG HERALD
Friday, August 21, 2020
Die Galbeker van Dood
Heuningkwas of .....HARDEKWAS
‘n SMART doodsmis hang onbeweeglik swart en verdrietlik in die vallei. Die bittere galsmaak van woordlose vrees en angs en verlies spoel deur die huis, werksplek en skool, en kerk. Vernietigend vloei die onmag, vraend, soos lawa deur die boorde, Oorspoel die walle van klowe en damme, En sypel diep in die ondergrondse gebroke, brose, are. Daar is geen grotere doel, Geen edele strewe. Net vernietigende brandende vlamme, en kole, en as, wat liefdevolle ouerlike onmag verteer. Dit is rou.
Francois Snyman
Stop die waansin! DIT het nou tyd geword dat organiseerders van geweldadige protesoptredes in Suid-Afrika vasgevat word. Die SAPD moet fermer begin optree en maatskappye en munisipaliteite moet die organiseerders begin verantwoordelik hou vir skade wat met protes- en behuisingoptredes verband hou. Dagvaar die skuldiges en indien hulle nie die skade kan betaal nie, is tronkstraf die oplossing. Misdadigers vat hul kans om lukraak eiendom te beskadig en te steel onder die vaandel van dié protesoptredes. Die misdadigers moet toegesluit word. Gesiglose organiseerders met niks om te verloor nie, gebruik die ongelukkigheid van mense om hul doelstellings te behaal. Enige taktiek word gebruik. Van intimidasie, geweld, dreigemente en selfs rassespanning. Verlede week was dit ook Ceres se beurt toe ‘n protesoptrede teen die toekenning van huise in die Vredebes geintegreerde behuisingsprojek uitgebreek het. ‘n Klein groepie ontevredendes het wettige bewoners van ‘n nuwe behuisingsprojek onveilig laat voel en geintimideer. Dié ontevrede groepie inwoners voel dat Nduli-inwoners voorkeur moet geniet met die toekenning van huise in dié ontwikkeling. Bande is aan die brand gesteek, klippe en petrolbomme is na polisie gegooi en ‘n Shoprite vragmotor en ‘n bakkie van die Witzenberg muninisipaliteit is ondermeer uitgebrand. Die Nduli biblioteek is gedeeltelik beskadig toe misdadigers dit aan die brand gesteek en van die rekenaars gesteel het.
BCD (Geskryf deur ‘n anonieme Ceresiet)
Voornemende fotograwe kan aansluit by fotoklub WYDVERSPREIDE reën en sneeu plek-plek op Matroosberg het reeds in die eerste helfte van Augustus geval. Vanaf 1-17 Augustus is die onderstaande reënval vir die Witzenbergstreek deur Hortec Ceres gemeet. In die Warm Bokkeveld is daar gemiddeld 87.1 mm gemeet (hoogste 167.8 mm) en in die Witzenberg 84.6 mm (hoogste 128.9 mm). In die Koue Bokkeveld het daar gemiddeld 103.4 mm reën geval (hoogste 117.2 mm), Bokkeveld-Noord 77.17 mm (hoogste 89.4 mm) en in die Swaarmoed-omgewing 58.27 mm (hoogste 76.3 mm). Die Ceres gholfbaan het 208 mm sover vir Augustusmaand gemeet. Die Ceres Koekedouwdam het na 88% gestyg terwyl Tulbagh se dorpsdam tans 72% vol is. * Die foto is Maandag 17 Augustus op Matroosberg geneem.
DIE finale reëlings om ‘n fotografieklub vir die Witzenbergstreek te stig is byna klaar. Belangstellendes kan nou reeds begin aansluit by die Witzenberg Photographic Society (WPS). Vir meer inligting skakel Phillip de Lange by 078-8639-184 of Gerrit Opperman by 0832538-240. Alle belangstellendes wat in fotografie belangstel - kamera of selfoon - is welkom om te kom aansluit. Skoliere wat wil aansluit is ook welkom. ‘n Geskikte plek word in Ceres gesoek. Daar sal vir eers voorlopige bymekaar gekom word in 35 Paulingstraat, Wolseley.
Help Food4Witzenberg om honger mense te voed HELP Food4Witzenberg om honger mense te voed. Dit is Ceres Besigheids Inisiatief (CBI) se versoek aan inwoners van die Witzenbergstreek om dié projek te ondersteun. COVID-19 het nie net ‘n verwoestende impak op klein- en mediumgrootte sakeondernemings gelaat nie maar ook op die groeiende werklose gemeenskap. Die Witzenberg munisipaliteit, CBI, produsente en kerke het reeds saamgespan om vrugte, groente en kruideniersware ter waarde van nagenoeg R725 000 sedert April 2020 aan hulpbehoewende gesinne in die streek beskikbaar te stel. Plaaslike sopkombuise help om voedsel aan honger mense te gee. “Op 8 Mei het CBI besluit om ‘n ondersteun-
ingsfonds te stig om te help om dié inisiatiewe te bestuur en volhoubaarheid te verseker op ‘n kostedoeltreffende manier” sê Naas van der Merwe (voorsitter van CBI). Die beplanning is om op die langtermyn ‘n volhoubare struktuur te skep om voedselnood te verlig maar hiervoor word baie fondse benodig. Elke inwoner word gevra om by te dra tot die Food4Witzenberg-fonds. Met die bydraes kan die projek hul doel bereik dat geen persoon honger ly nie. Donansies en skenkings Donasies kan by Nedbank inbetaal word in die CBI Fund NPC rekening nommer 119435-4025. Navrae hieroor kan aan Jannie Conradie gerig word by manager@cerescbi. co.za of 083-270-7713.
ENIGE persoon wat rolbal wil kom speel, kan op Woensdae of Saterdae vanaf 14:00 by Ceres rolbalklub aanmeld en voor 11:00 op die betrokke dag ‘n bespreking maak by Stoffel op 072-347-2050 of Matie op 083-229-6402. *Afrigting vir persone wat belangstel om rolbal te speel kan ook onder streng higiëne-maatreëls gedoen word. Vir meer inligting skakel Stoffel om ‘n afpraak te reël.
Aan die Bauer-, Carstens- en Davin-families, asook vriende en familielede wie se lewens deur hierdie ongelooflike hartseer tragedie geraak word ~ Daar is geen woorde om die seer wat julle nou voel te beskryf nie, maar ons sit julle by Jesus se voete neer en vra dat Hy julle sal aanraak met Sy wonderlike liefde, julle sal vertroos en julle trane sal afdroog in hierdie verskriklike hartseer tyd. Die Witzenberg gemeenskap
WITZENBERG HERALD
Friday, August 21, 2020
Tragedie eis 10 lewens
‘n BRAND by ‘n luukse grasdakhuis in die Kalahari het die lewens van agt mense, waarvan ses jong kinders was, geëis. Nog twee brandslagoffers het later in die hospitaal aan hul erge wonde beswyk. Dié tragedie, die ergste in meer as vier dekades in die Witzenbergstreek, het Sondag omstreeks 01:20 plaasgevind by die Blinkwater Lodge, ongeveer 30 kilometer van die Kgalagadi Lodge en Kgalagadi National Transfrontier Park. Forensiese ondersoekers op toneel Die oorsaak van die brand is nog onbekend. Forensiese brand-deskundiges en ‘n forensiese antropoloog is sedert Maandag besig met hul ondersoek. Die SAPD se honde-eenheid asook soek en redding was op die toneel om na die vermiste 6-jarige meisie te soek. Volgens die polisie het hulle Maandag menslike oorskot in die uitgebrande gebou gekry. Dit kan nog nie bevestig word of die oorskot wel dié is van die vermiste meisie nie. Die identifikasie sal eers bekendgemaak word sodra deskundiges se ondersoek afgehandel en DNS deur naasbestaandes verskaf is. Geskok Plaaslike inwoners se harte was sedert Sondagoggend stukkend toe die tragiese en hartverskeurende nuus bekend geword. Drie jong gesinne van die Witzenbergstreek, die Bauer-gesin, Carstens-gesin en Davin-gesin van Ceres was vanaf Maandag 10 Augustus met vakansie in die Blinkwater Lodge. ‘n Brand het die houthuis met ‘n grasdak waarin die gesinne tuisgegaan het, heeltemal verwoes. Die drie pa’s wat gesterf het word as helde beskou nadat hulle verskeie kere die brandende huis in is om die kinders te red. Twee kinders van die Davin-gesin het in die brand omgekom. Die 5-jarige Frans-Jan en sy sussie, Iza (3) het gesterf. Frans Davin jr. (36) het erge brandwonde opgedoen terwyl hy sy gesin probeer red het. Sy vrou Wilmien (37) en hul babaseun, Ben (15 maande), is ongedeerd. Die hele Carstens-gesin is in dié treurspel uitgewis. Dané Carstens (36) het saam met haar twee seuns, Pierre-Johan (5) en Magiel (3) gesterf. Haar man, Hendri (Hennas) Carstens (37) het erge brandwonde opgedoen. Beide Hendri en Frans Davin jr. is later na die Upington hospitaal gehaas. Hulle is Sondagoggend deur Aerocare Emergency Services met ‘n noodvlug na Kaapstad gevlieg. Hendri het Sondag in die waakeenheid van Christiaan Barnard hospitaal gesterf. Frans is in die Melomed hospitaal se waakeenheid opgeneem waar hy later Dinsdag gesterf het. Stefan Bauer (39) en hul twee dogtertjies Inge (6) en Elné (4), het in die brand gesterf. Sy vrou, Madelein Bauer (36), is ongedeerd. Stefan Bauer was sedert Junie 2011 werksaam as produksiebestuurder by Dutoit groep (Kromfontein) en Hendri was ‘n produksiebestuurder op Dennekruin in die Agter-Witzenbergvallei. Dané Carstens het by De Keur Bemarking gewerk waar sy sedert 2014 die finansiële bestuurder was. Frans Davin jr. het op Schoonvlei net buite
Ceres geboer. Die twee Davin-kinders was in Ligstraaltjies, die twee Carstens-seuns was in graad R in Laerskool Gericke en in Ligstraaltjies en die Bauer-sussies was in graad R in Laerskool Koue Bokkeveld en Ba’bino speelskool op Op-die-Berg. Slegs drie oorleef tragedie Wilmien Davin het ‘n paar jaar gelede Ligstraaltjies kleuterskool begin en Madelein Bauer is ‘n assistent primêre gesondheidsorg bestuurder van die Wes-Kaap departement van gesondheid op Ceres en het voorheen as klinieksuster in die Koue Bokkeveld gewerk.
Huldeblyke Huldeblyke en boodskappe van ondersteuning op sosiale media platvorms stroom sedert die treurspel plaasgevind het in. De Keur landgoed het in ‘n huldeblyk gesê: “Ons harte is in ‘n duisend stukke - Dané, jy was nie net ‘n kollega nie - jy was deel van ons familie! Dankie vir die ongelooflike mens wat jy was. Jy laat ‘n groot leemte in ons maatskappy maar ‘n groter leemte in ons harte. Rus sag saam met Hennas, Pierre-Johan en Magiel”. Dutoit Groep betreur die tragiese heengaan van ‘n kollega en sy twee dogtertjies wat hul lewens in die brand verloor het.
BEIDE Hendri en Frans Davin jr. is na die Upington hospitaal gehaas. Hulle is Sondagoggend deur Aerocare Emergency Services met ‘n noodvlug na Kaapstad gevlieg. Hendri het later in die waakeenheid van Christiaan Barnard hospitaal gesterf. Frans het Dinsdag in die Melomed hospitaal se waakeenheid gesterf.
Laaste eerbetoon DUNCAN Davids (43) is Dinsdag 11 Augustus oorlede en die begrafnis het Vrydag 14 Augustus plaasgevind. Weens COVID-19 maatreëls en die impak daarvan op begrafnisse en die hoeveelheid mense wat dit mag bywoon, is daar besluit om ‘n optog met voertuie te hou as ‘n huldeblyk aan Duncan en sy familie. Die verkeer asook EMS personeel en lede van polisie en korrektiewe dienste het verlede Vrydagoggend 09:00 deelgeneem aan die hulblyk-optog.
3
“Stefan se dood laat ‘n groot leemte in ons besigheid - veral op Kromfontein - waar hy diep spore in die boord en in mense se harte getrap het. Ons harte gaan uit na Madelein en haar familie wat emosioneel verpletterd is. Ons gebed is dat die Vader jou sal omarm en vertroos en dat die kosbare herinneringe jou deur alles sal dra”. “Die Witzenberg gemeenskap bid vir die Bauer-, Carstens- en Davin-familie, asook vriende wie se lewens deur hierdie ongelooflike hartseer tragedie geraak word - mag die Here se liefde julle almal ontvou”. Geen begrafnisreëlings is nog bekend gemaak nie.
DIE families. VLNR: Hendri Carstens en sy twee seuns, PierreJohan en Magiel, Stefan en Madelein Bauer en hul twee dogtertjies Elné en Inge en Frans en Wilmien Davin met Ben, Iza en Frans-Jan.
4
WITZENBERG HERALD
Friday, August 21, 2020
Taxi-eienaar koelbloedig doodgeskiet
DIE Wes-Kaap taxi-eenheid ondersoek ‘n taxi-verwante skietery in Nduli waarin een persoon Dinsdag voor sy huis doodgeskiet is.
Plaaslike speurders en polisielede is Dinsdagoggend omstreeks 09:20 uitgeroep na ‘n skietvoorval in Zolastraat. ‘n Plaaslike minibus-eienaar, Victor Mbangula (66), het voor sy huis gestaan toe hy deur twee onbekende aanvallers doodgeskiet is. Hy is drie keer deur eerste aanvaller geskiet voordat ‘n tweede man omgedraai en hom ook meer as twee keer geskiet het.
Die aanvallers het te voet gevlug. Die ondersoek is later die dag deur speurders van die Wes-Kaap taxi-eenheid oorgeneem. Talle leidrade word opgevolg. Indien inwoners oor enige inligting beskik of weet waar die aanvallers hulle bevind, kan hulle die polisie skakel 0860-010-111. Vorige skietery ‘n Buseienaar van Nduli, Sizwe (Mgeba) Adoons (41), is drie weke gelede ernstig gewond. ‘n Man wat saam met hom in sy bakkie gesit het, Mpiyakhe Qokole (48), het in die aanval gesterf na twee skote hom getref het.
Die voorval het Saterdag 25 Julie omstreeks 21:30 in Senoanalistraat plaasgevind. Sizwe Adoons het naby sy huis agter die stuur van sy wit Toyota dubbelkajuit bakkie gesit toe die drie aanvallers van agter die bakkie toeslaan. Daar is vyf skote deur die bestuurderskant geskiet waarvan twee vir Mpiyakhe Qokole aan die passasierskant getref het. ‘n Derde persoon wat in die voertuig is ongedeerd en het op die vlug geslaan. Die polisie sal later verklarings by hom afneem. Na die skietvoorval is Adoons na ‘n hospitaal
Nduli biblioteek beskadig, ses vas na openbare geweld DIT was sedert verlede Vrydag stil in die Nduli-omgewing na ‘n klein groep betogers vir ‘n paar dae deelgeneem het aan ‘n onwettige protesoptrede teen die toekenning van huise in die Vredebes geintegreerde behuisingsprojek. Bande is aan die brand gesteek, klippe en petrolbomme is na polisie gegooi en ‘n Shoprite vragmotor en ‘n bakkie van die Witzenberg
muninisipaliteit is ondermeer uitgebrand. Die Nduli biblioteek en E-centre is ook gedeeltelik beskadig toe dit aan die brand gesteek en van die rekenaars gesteel is. Volgens die Ceres SAPD is daar nog geen arrestasies gemaak nadat ‘n vragmotor en bakkie uitgebrand is nie. Niemand is ook nog in hegtenis geneem weens die skade aan die biblioteek nie.
Twee huise in die Vredebes behuisingsprojek is ook beskadig deur petrolbomme. Ses mense is weens klagtes van openbare geweld in hegtenis geneem en verdere arrestasies word nie uitgesluit nie. Die Witzenberg munisipaliteit kan eers na ‘n kosteberaming gedoen is, sê wat die skade aan hul eiendom beloop. Dit kan meer as R1 miljoen beloop.
OPWINDENDE LOOPBAANGELEENTHEID CERES, WES-KAAP Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk., een van die leidinggewende vrugteverpakkings- en bemarkingsmaatskappye in SA, benodig ’n energieke professionele persoon in die volgende betrekking:
AMBAGSASSISTENT: VERKOELING Persone wat aan die ondergenoemde minimum vereistes voldoen, is welkom om aansoek te doen, vir die aanstelling in bogenoemde permanente pos in die Ingenieursafdeling. Die suksesvolle kandidaat sal direk rapporteer aan die Ambagsman. Verantwoordelikhede: • Skoonhou van masjiene • Identifisering van probleme in aanleg • Vervanging en herstel van onderdele • Handhawing van goeie huishouding • Roetine ambagstake verrig • Toesighouding oor verkoelingstoerusting • Kennis dra van veilige werkspraktyke • Algemene jaarlikse herstelwerk aan masjiene. Vaardighede: • Oor algemene meganiese insig en aanleg beskik • Handvaardig wees • Eie inisiatief aan die dag kan lê • Werksgeoriënteerd wees • Selfgedissiplineerd wees • Oor goeie kommunikasievaardighede beskik • Onafhanklik kan funksioneer • Toepaslike ervaring van Verkoelingstelsel sal die aansoek versterk. Ondervinding: • Vorige blootstelling in soortgelyke werksomgewing sal aansoek versterk. Kwalifikasies: • Minimum Graad 12 / Senior Sertifikaat. Ander vereistes: • Absolute betroubaarheid en lojaliteit • Oor goeie gesondheid en sober gewoontes beskik • Bereid wees om ongereelde ure en skofte te werk • Bereidwilligheid om ’n proeftydperk van 6 maande te voltooi • Bereidwilligheid om ’n vaardigheidstoets af te lê. Stuur jou aansoek aan die Senior Menslike Hulpbronbeampte, Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk, Privaatsak X67, Ceres, 6835 of per faks 086-5319769 of per e-pos na patricia.kaptein@cfg.co.za Sluitingsdatum: 28 Augustus 2020 Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. In ooreenstemming met ons beleid op Gelyke Indiensneming, sal toepaslik gekwalifiseerde persone vanuit die geïdentifiseerde groepe voorkeur ontvang.
ASSISTENT PAKLYNTEGNIKUS ‘n Nuwe geleentheid het ontstaan in Bella Frutta se Onderhoudsafdeling vir ‘n ervare Assistent Paklyntegnikus. Verantwoordelikhede sluit in: • Masjiene uitmekaar haal en weer aanmekaar sit • Toesighouding van handlangers • Meganiese tekeninge lees en bou • Elektriese stroom diagramme lees en koppel • Elektriese foute opspoor met multimeter • Elektriese komponente vervang • Registers en uitlegte lees en kontroleer Vereistes: • Moet tenminste 3 jaar elektriese agtergrond hê (moet bewyse kan toon), maar hoef nie gekwalifiseerd te wees nie • Moet pro-aktief en onafhanklik kan werk, maar moet ook goed in ‘n span funksioneer • Uitstekende tegniese vaardighede • Moet akkuraat en goed onder druk kan werk Sluitingsdatum vir aansoeke: 3 September 2020 CV’s (insluitende salarisverwagtings en verwysings) kan gestuur word na: info@thehrdepartment.co.za Indien u binne 3 weke na u aansoek nog geen terugvoering ontvang het nie, kan u aanvaar u aansoek was onsuksesvol.
gehaas waar hy in die intensiewe sorgeenheid opgeneem is. Hy is nog steeds in die hospitaal. Veroordeel aanvalle Die Wes-Kaap minister van vervoer en publieke werke, Bonginkosi Madikizela, het die afgelope paar weke en ook Maandag, met rolspelers in die Wes-Kaap taxibedryf vergader. Hy het die aanvalle op taxibestuurders en -eienaars sterk veroordeel. Die afgelope week is een passasier dood en twee taxi-bestuurders in Bellville ernstig gewond in die voortslepende geweld tussen strydende taxi-groepe.
Twee vas na roof SPAZA winkels op Wolseley is die afgelope jaar die teiken van misdadigers. Die winkels is in die tyd verskeie kere deur gewapende mans beroof. ‘n Ruk gelede is drie mans vasgetrek. Nou is nog twee verdagtes inhegtenis terwyl twee verdagtes nog gesoek word. Verlede Donderdag 13 Augustus is daar weer op ‘n winkel in die woonbuurt toegeslaan. Drie gewapende mans met klapmusse op, het omstreeks 19:20 by die Corner Shop ingestap terwyl ‘n vierde vedagte buite gewag het. Volgens die polisie was die sekuriteitshek van die winkel toe maar nie gesluit nie. Die winkeleienaar en twee assistente is oorval en beveel om op die grond te lê. Een skoot is in die winkel afgevuur voordat die verdagtes een slagoffer se beursie met R1000 in gevat het. ‘n Ander verdagte het ‘n geldhouer met R9000 gevat. Na bewering het inwoners begin om klippe op die dak van die winkel te gooi waarna die verdagtes gevlug het. Lede van die gemeenskap het hulle agterna probeer sit en later een van die verdagtes se beursie opgetel. Toe die polisie op die toneel aankom is die beursie met die verdagte se ID boekie daarin, aan die SAPD oorhandig. Die vinnige optrede deur die Wolseley polisie het daartoe gelei dat twee mans van 28 en 34 jaar oud vasgetrek is.
WERKSWINKEL ASSISTENT Vereistes: • Die geskikte kandidaat moet beskik oor goeie tegniese vaardighede, ondervinding in vervoerbande (conveyor belts) asook sweiswerk • Elektriese ondervinding sal u aansoek versterk. Salaris: Medingende vergoeding na gelang van ondervinding. E-pos volledige CV na: waboomsberg@breede.co.za Vir aandag: Inus Stemmet (Onderhoudsbestuurder) Sluitingsdatum vir aansoeke: 4 September 2020 NB: Indien u geen terugvoering na 5 dae van sluitingsdatum ontvang het nie, aanvaar u aansoek onsuksesvol
WITZENBERG HERALD
5
Friday, August 21, 2020
Vlak 2 bring verligting vir ekonomie
DAAR is ‘n sprankie hoop vir die Wes-Kaap provinsie en die Witzenbergstreek se ekonomie met Dinsdag se inwerkingtreding van Vlak 2 inperkingsmaatreëls. Verdere goeie nuus is dat die streek se COVID-19 statistieke besig is om te verbeter met slegs 60 aktiewe gevalle. Dit is egter kommerwekkend dat die virus vir die vierde agtereenvolgende week ses slagoffers in die Witzenbergstreek geëis het. Die positiewe gevalle in die Witzenbergstreek staan nou op 1441 waarvan nog 60 aktief is. Ses mense is die week dood wat die sterftesyfer in die streek na 56 opstoot. Die sterftesyfer is steeds ‘n bietjie meer as 3% van die totale positiewe gevalle in die streek. Statistieke Teen Dinsdag 18 Augustus was daar 1441 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 1325 herstel met slegs 60 aktiewe gevalle wat nog gesond moet word. Daar is tans net 6 mense in Dennebos vakansieoord se tydelike kwarantynfasiliteit. Positiewe gevalle wat die meeste in dorpe en woonbuurte voorkom: Nduli (227), Bella Vista (301), Ceres (313), Tulbagh (108), Wolseley (208), Warmbokveld KD (24), P.A. Hamlet (174), Koue Bokkeveld plase (25), Warm Bokkeveld plase (21), Dwarsrivier KD (2), Obiqua KD (1), Op-dieBerg (12), Agter-Witzenberg plase (14), Breërivier (8) en 3 gevalle buite Witzenberg. Ceres het nou slegs 17 aktiewe gevalle, Bella Vista het 14 aktiewe gevalle, Wolseley het 2 gevalle en Tulbagh 5 gevalle. P.A. Hamlet het die week net 9 gevalle en Nduli geen gevalle. Ouderdomsgroepe wat positief getoets het in hakies: Onder 5 jaar (15), 5-9 jaar (10), 10-19 jaar (91), 20-29 jaar (297), 30-39 jaar (331), 40-49 jaar (300), 50-59 jaar (207), 60-69 jaar (103), 70-79 jaar (40), 80-89 jaar (32), 90-99 (14) en 100-110 (1). Die meeste gevalle (928) kom steeds tussen die ouderdomsgroepe 20-49 jaar voor. Sterfgevalle statistieke Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 3641 (tot 18 Augustus), daar is 101196 positiewe gevalle aangemeld en 91877 het volkome herstel. Ses en vyftig (56) COVID-19 sterfgevalle is sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek aangemeld (Wolseley het steeds die meeste sterftes met 12 daarna volg Ceres met 10, Bella Vista en P.A. Hamlet met 8 sterftes elk, Nduli met 7, Tulbagh met 5 sterftes, Koue Bokkeveld plase met 2 sterftes en Breërivier en Op-die-Berg met 1 sterfte elk. Vir die vierde agtereenvolgende week is daar ses persone in die streek oorlede (2 in Bella Vista en een elk op Ceres, Nduli, P.A. Hamlet en Koue Bokkeveld plase). Die sterftesyfer is steeds bietjie meer as 3% van die totale positiewe gevalle in die Witzenbergstreek. Die provinsie se gemiddeld is ook net meer as 3%. Wes-Kaap brandpunte
Professional & Enrolled Nursing Staff Boland Hospice Intermediate Care Facility (ICF) based at Ceres Provincial Hospital Minimum requirements: • Registered with the South African Nursing Council (SANC) • Qualified Professional or Enrolled Nurse • Previous Working Experience will be an advantage Key performance areas: • Part of an Multi-Disciplinary Team • Running a shift of staff within a 10 bed ward • Willingness to work shifts. For more information, please contact Jakkie at the Boland Hospice office: (023) 342-4816 / 066-274-3384 Send CV and proof of SANC registration to hr@bolandhospice.org by no later than 28 August 2020.
Landelike gebiede is die grootste brandpunte in die Wes-Kaap. Volgens die jongste data is ‘n ranglys saamgestel met Laingsburg wat nou die meeste aktiewe gevalle (704.1) per 100 000 mense het. Mosselbaai (382.9) is tweede op die lys en Oudtshoorn (287.7) derde. Witzenberg het nou net 60 aktiewe gevalle en is nie in die top 10 nie. Vlak 2 Suid-Afrika is Dinsdag 18 Augustus, op dag 145 van die nasionale staat van inperking, is daar reeds meer as 589 800 COVID-19 gevalle aangeteken en meer as 12 000 mense het gesterf. Vlak 2 beteken dat drankwinkels en restaurante - met sekere beperkings - weer drank mag verkoop en bedien.Die verbod op die verkoop van tabakprodukte is ook opgehef. Restaurante en kuierplekke was verlig dat hulle nou mag drank verkoop en bedien en drankwinkels wat vandag weer kan begin sake doen. Nou kan plaaslike besighede en veral diegene in toerisme, begin om hul ondernemings weer op te bou. Dit is nou meer belangrik as ooit, dat sakeondernemings na mekaar moet kyk, adverteer en plaaslik ondersteun om die Witzenbergstreek se ekonomie weer te herstel na wat dit voor COVID-19 was. Die Wes-Kaap regering het die naweek se aankondiging van President Ramaphosa verwelkom. Skole Leerders in graad R, 1, 2, 3, 4 en 6 asook graad 9-11 het verlede Dinsdag teruggekeer skool toe. Leerders in graad 5 en 8 moet op 31 Augustus by die skool aanmeld. Onderwysers in die streek met onderliggende siektes moet steeds by die huis bly. Alle ander onderwyspersoneel moes teen Maandag 17 Augustus by hul onderskeie skole gewees het. Plaaslike matriekleerders se bywoning is goed terwyl hul die agterstande probeer inhaal. Die groep matrieks wat nie klas bywoon nie, voel moontlik dat die agterstand te groot is om in te haal. Matriekonderwysers werk tans baie hard om agterstande in te haal. Laerskool bywoning in die streek is beter. Verlede week se protesaksie in Nduli het egter ‘n negatiewe invloed op beide skole in die woonbuurt gehad. Beide skole het begin beter vertoon. Primêre gesondheidsorg Terwyl COVID-19 bestuur word, word daar geleidelik meer aandag aan ander noodsaaklike dienste gegee. Die bestuur van kroniese toestande soos diabetes, hoë bloeddruk, MIV/VIGS en TB is van groot belang omdat hierdie toestande jou liggaam se vermoë om siektes af te weer, beïnvloed. Gemeenskapsgesondheidswerkers beweeg in buurte om siftings te doen (wat COVID-19-sifting insluit) en om mense te ondersteun om hul kroniese medikasie getrou te neem soos voorgeskryf. As jy ‘n kroniese toestand het, maar nie jou behandeling daar-
voor neem nie, kan dit lei tot baie komplikasies. Die gesondheid van kinders en vroue is ook in die kollig. In die eerste 1 000 dae van ‘n kind se lewe vind die meeste groei en ontwikkeling plaas. Wanneer kinders in hierdie tyd goeie ondersteuning kry deur bv. al die roetine immunisering by die plaaslike kliniek te ontvang, sal die kind minder siek word en ‘n sterker, gesonder volwassene wees. Mediese inligting Die Pocket Clinic Whatapp vir diabete is ‘n paar weke gelede bekendgestel. Dit is egter nog net vir die Kaapse Metro. Die departement van gesondheid sal inwoners buite Kaapstad
in kennis stel sodra die diens na gebiede buite die stad uitgebrei word. Intussen kan inwoners ander mense met kroniese toestande op verskeie maniere beskerm. Bied aan om namens mense wie ouer as 55 of mense met kroniese toestande, noodsaaklike inkopies te doen of hul medikasie af te gaan haal. Jy kan ook met hul kliniekkaart na ‘n gesondheidsfasiliteit gaan, hulle ID toon om namens hulle hul kroniese medikasie af te haal. As jy in die Witzenberg distrik woon kan jy (023) 316-9600 skakel of ‘n epos stuur na Lulamile.Wawini@westerncape.gov.za
WHILE the health service platform must remain geared to deal with COVID-19 pandemic (including a possible second wave of infections), the Department of Health wants to scale up essential health services in a balanced manner. Keeping up with immunisations are very important for your child’s health.
LOST OR DESTROYED DEED (REGULATION 68) Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act Number 47 of 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of the Title Deed Number T16821/1957 passed by: JOHANNES KEYZER (Date of Birth 21st of February 1919) in favour of: THE CERES MUNICIPALITY in respect of certain: ERF 2278 (PORTION OF ERF 1952) OF ERF 1650 CERES, situate in the Ceres Municipality, Ceres Division, Province of the Western Cape, which has been lost or destroyed. All interested persons having objections to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Cape Town, Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks from the date of the publication of this notice. Dated at Ridgeworth on this 11th day of August 2020. APPLICANT: THE WITZENBERG MUNICIPALITY Agent: RP Rosant Inc. Attorneys 13 Magnolia Way, Ridgeworth, 7530 E-mail: ronda@rosantinc.co.za Tel: (021) 946-1090 Ref: RR/Chandre/W41/10/17
6
WITZENBERG HERALD
classifieds Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Fransiena Karelmeyer
h/v Albert- en Voortrekkerstraat (Agter die Spur)
1958/09/05 - 2020/08/17
Privaat begrafnis: Son. 23 Aug. 2020
Slegs 45 naasbestaandes. 1,5m Afstand moet gehandhaaf word. Geen handdruk of drukkies. Was hande of gebruik sanitizer Saal: 09:00, Dankbaar plaas Graf: Bella Vista
Die beste diens, altyd.
John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814
Bondels koerante @ R15 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
082-859-2300
082-399-4068
AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN 083-227-6476
100% finansiële sukses & verhoudingskenner • Finansiële groei • Verlore minnaar terug hou • Help Lotto • Casino nommers, asook huwelike • Help met geestelike probleme • Raak ontslae van bose geeste in woning • Help met kontant in rekening, asook met skuld probleme deur amagwande • Help met padongeluksfonds uitbetaling • Towering vir jou beursie om te help met finansiële bystand • Help ook met alle hofsake en bevorderings in die werksplek Bel/Whatsapp
083-230-1940
Dr Allan & Maama Joy
Skakel vir Nuzeel Bergman 081-089-9736 of besoek ons vir vele spesiale aanbiedinge op tv’s, beddens ens Vir verdere navrae skakel 071-464-6969
Happy people never reveal their secret. You too can change life with 6 lotto numbers from Allan. Money in account, lucky oil, and magic stick, increase your salary and get rid of jelousy people, clear debts and black list, ask about the spiritual loan. Chase away evils from your house or business, for powerball numbers, for jackpot.
Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en 083-341-0967 voertuigsitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari Ceres. Umzu084-212-3020. maai. 3 Slaapkamer rek G69 w.t.o dorpshuis te huur. Motorhuisdeu- Vir enige verdere nare. Verkope, herstel- vrae skakel 073-561werk en “automa- 3919. 7/8 14/8 21/8 28/8 tion”. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 59 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
Services: sell, install & repair
✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service
MAMA ZAINA & PROF SULA
PLANT AND TOOL HIRE
Friday, August 21, 2020
Ons benodig 'n
KANTOORASSISTENT
• Tweetalig • Pastel verpligtend • Rekenaarvaardig in Excel, Outlook • Administratiewe ondervinding • Skryfbehoefte ondervinding sal in u guns tel • Telefoon etiket • Moet betroubaar wees • Goeie kommunikasievaardighede
Stuur CV na: mariska@ stickalabel.co.za
Soek motors en bakkies om te koop. Aandag! Aandag! Dadelik kontant. Ons doen ook Bankaflosse. Skakel 079-379-2898. c/s CY23 21/8
Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.
Keeping up with immunisations WHILE the health service platform must remain geared to deal with COVID-19 pandemic (including a possible second wave of infections), the Department of Health wants to scale up essential health services in a balanced manner. The Department’s risk and impact based approach is guiding the services to be reintroduced identifying those services which have low risk yet high impact (such as immunisation services). These services which had reduced significantly during the COVID pandemic, will have a significant long term impact for those clients who had missed immunisations, follow-up appointments and scheduled nonemergency treatment. When comparing April 2020 to April 2019: - A 68% less persons visiting primary health care facilities in the Metro and 37% in the Rural - A 51% reduction in elective surgical procedures in the Metro and 42% in the Rural - A 48% reduction in emergency visits in the Metro and 40% in the Rural - 46% less outpatient visits in the Metro and 52% less in the Rural The Department is particularly concerned about a reduction in essential and basic
primary healthcare services including: - A 22% reduction in immunisations - A 36% reduction in screening for TB Chronic disease management (Diabetes, Hypertension, etc.), HIV and TB management, Child and Women’s health (including immunizations) have seen significant reduction in uptake and will be scaled up systematically. “These scaled up activities will not only take place in our health facilities, but will also be undertaken as part of community oriented primary care (COPC). This approach is marked by community healthcare workers visiting patients in their neighbourhoods and homes and undertaking screening activities (which will include COVID-19 screening). Despite the fact that COVID-19 will be a factor for hospitals in the coming months, a systematic scale-up of elective surgery is being planned at many hospitals, as possible”. A phased approach will be adopted to return the comprehensive health service platform back to a new normal and will be considered in short, medium and long terms.
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Johan Beelders 082-492-7745 Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414
MAMA FATIMA & PROF Muti mama - die een wat lewens kan verander. Die beste van die beste! Ons wil almal wat al misluk het kanse gee. Ons help met: Mislukte huwelike. Onopgeloste finansiële probleme wat ander dokters nie mee kon help. Verlore liefde. Geliefdes wat jou gelos het vir iemand anders of egskeidings. Stop buite egtelike verhoudings. Maak hom/ haar net joune alleen. Stop hom/haar om op jou te cheat. Help om baba te kan kry, werk te kry, salaris te verdubbel en ‘n promosie te kry. Wil jy jou besigheid laat groei? Huur magic stok beurs vir lotto, casino, perde. Resultate binne 2 dae. Besoek ons in Ceres.
Mama Fatima & Prof by 078-082-6131
c/o Vos- & Faure Street 83
Disclaimer at quackery advertisements Witzenberg Herald have not verified wether any of the services or products advertised will have the desired effect or outcome. Readers will note that some of the promised results in the advertisements are extraordinary and may be impossible to achieve. Beware some of the procedures and claims advertised may be dangerous if not executed by a qualified medical practioner. Readers are warned that they should carefully consider and verify the advertiser’s credentials. Witzenberg Herald do not accept any liability whatsoever in respect of any of the services or goods advertised
Pred. 3:1 “Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:”
Evangelis Jacobs
Agter elke klein besigheid, is daar ‘n gesin.
KOOP PLAASLIK
WITZENBERG HERALD
7
Friday, August 21, 2020
Moenie stilbly nie - meld dit aan!
TERWYL Suid-Afrika met die COVID19-pandemie worstel, is daar ’n ander pandemie wat inwoners, veral vrouens en kinders, al lank deurmaak.
Geslagsgebaseerde geweld of GGG. Nes COVID-19 oorskry GGG en mishandeling alle grense, ongeag ras, geslag, kultuur of klas en dit beïnvloed nie net die persoon wat mishandel word nie, maar ook diegene rondom hulle. GGG het sy oorsprong in historiese ongelykhede, byvoorbeeld toe vrouens geheel en al van mans afhanklik was vir nie net hul basiese behoeftes nie, maar ook vir vryhede soos om te kies met wie hulle sou trou of watter kerk hulle sou bywoon. Hoewel die woord ‘geweld’ in die term geslagsgebaseerde geweld gewoonlik as fisies van aard beskou word, neem mishandeling baie vorme aan. Dit kan fisiek, verbaal, seksueel, emosioneel, finansieel of struktureel of ’n kombinasie daarvan wees. Oortreders kan ook baie vorme aanneem en hoewel die meerderheid intieme bedmaats is, kan hulle ook kennisse, vreemdelinge en selfs instellings wees. “Min lesers is bewus dat moderne slawerny steeds in ons samelewing voorkom en dikwels onder GGG veralgemeen word. Hierdie mishandeling neem die vorm van mensehandel aan, met die oog op seks en kinderen dwangarbeid en huishoudelike diensbaarheid”. Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) veroordeel alle vorme van GGG. Om diegene wat geraak word te help, werk die KWDM saam met ondersteunings-organisasies in die streek wat slagoffers help om gered te word. Hierdie projekte behels onder meer bewusmaking van die kwesbaarste persone en die ondersteuning van opleidings-geleenthede vir werkloses, sodat hulle toegerus kan word om onafhanklik van hul mishandelaar te wees. “Ons streef ook daarna om GGG uit te wis deur aandag te skenk aan die maatskaplike euwels wat tot mishandeling lei deur vaardigheidsontwikkeling by jeugkampe en opvoedkundige uitstappies gedurende skoolvakansies aan te bied”. Skuilings en fasiliteite wat slagoffers huisves word ondersteun deur die skenking van verskillende versorgingspakkette, soos die onlangse aflewering van sanitêre doekies aan Choose Life in Abundance in Ashton en Athlone House of Strength (AHOS) in die Paarl. “Ons inwoners is ook waarskynlik bewus daarvan dat die voorkoms van GGG dramaties toegeneem het tydens die landwye inperking weens COVID-19". "Daar is ’n dringende behoefte in ons samelewing om ’n kultuur van zero verdraagsaamheid teenoor alle vorme van GGG te kweek. Diegene wat geraak word, moet weet
dat hulle nie alleen is nie, dat dit veilig is om hulp te kry en waar om toegang tot hierdie hulp te kry. Die rimpeleffek van GGG is nie beperk tot die onmiddellike slagoffer of hul huishouding nie. ’n Buurmens of vriend wat stilbly, dra onbedoeld by tot die mishandeling". "As jy vermoed dat iemand ’n slagoffer van mishandeling is, is dit u verantwoordelikheid om dit aan te meld,” sê die uitvoerende burgemeester van die KWDM, Rdh (Dr) Elna von Schlicht. Dit is algemeen bekend dat ’n groot aantal GGG-gevalle nie aangemeld word nie. Die KWDM wil inwoners verseker dat viktimisasie en lyding nie hoef voort te gaan nie. Hulp is beskikbaar. Daar is organisasies en mense wat vasberade is om u te help om gered te word. Al wat slagoffers hoef te doen is om hulp te ontbied. Die GBV Command Centre (GBVCC) val onder die nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en funksioneer 24 uur per dag, sewe dae per week as ’n nasionale inbelsentrum, met 48 maatskaplike werkers wat verantwoordelik is om oproepe te neem. Tegnologie kan slagoffers geografies opspoor - met hul toestemming - om te bepaal watter hulpbronne die naaste aan hulle geleë is. Die sentrum kan oproepe direk na die naaste polisiekantoor en maatskaplike werkers in die veld verwys om hulp te verleen. As iemand nie ’n oproep kan maak nie, kan ’n ‘please call me’ of ’n SMS gestuur word en daar is ook ’n Skype-opsie. Die Wes-Kaapse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het die Victim Empowerment Programme (VEP) gestig ter ondersteuning van slagoffers en hul gesinne wat deur misdaad of geweld aan liggaamlike, geestelike of emosionele skade blootgestel is. In samewerking met hul vennote in die Wes-Kaap, bied die VEP dienste soos emosionele en praktiese ondersteuning; hulp met die hantering van trauma; om te verseker dat mense opgelei word om die simptome van post-traumatiese stres te identifiseer; verwysings na professionele dienste; die bevordering van die regte en verantwoordelikhede van slagoffers; om te verseker dat voortdurende viktimisasie voorkom word; en die lewering van skuilingsdienste. Daar is tans vier skuilings in die Kaapse Wynland-distrik. Die Thuthuzela Care Centre (TCC) word gelei deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en is een-stop fasiliteite wat as ’n kritieke deel van Suid-Afrika se strategie teen verkragting ingestel is. Die TCC’s werk binne openbare hospitale. In die Kaapse Wynland is ’n TCC in die Worcester hospitaal werksaam en nog een sal binnekort in die Paarl hospitaal ingerig word. Die sentrums skep ’n gerieflike en veilige omgewing vir slagoffers van verkragting.
OPENBARE KENNISGEWING VAN ‘N VERGADERING VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD: 25 AUGUSTUS 2020 In terme van Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) word hiermee kennis gegee van die volgende geskeduleerde Raadsvergadering van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad: Datum Dinsdag 25 Aug. 2020
Tyd
Plek 09:00 Virtuele vergadering
Besonderhede Gewone Raadsvergadering
PUBLIC NOTICE OF A MEETING OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL: 25 AUGUST 2020 Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meeting of the Witzenberg Local Municipal Council: Date Tuesday 25 Aug. 2020
Time Venue 09:00 Virtual meeting
D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50/50 Voortrekker Street Posbus/P.O. Box 44, CERES, 6835 Verw/Ref.: 03/1/2/3
Particulars Ordinary Council meeting
Hulle word stap vir stap deur die proses geneem - vanaf die oomblik dat die verkragting aangemeld word totdat die saak deur die hof aangehoor word. Die TCC-span bestaan uit verteenwoordigers van die SAPD, die provinsiale departemente van gesondheid, maatskaplike ontwikkeling en onderwys, die NVG
en plaaslike NRO’s wat almal saamwerk om verdere trauma en sekondêre viktimisasie te verminder, die koers van skuldigbevinding te verhoog en die tydsraamwerk waarbinne sake afgehandel word, te verminder. Die TCC is toeganklik vir alle slagoffers van geslagsgebaseerde geweld.
Belangrike inligting om te bêre Western Cape Women’s Shelter Movement: 082-903-8739 Gender-based Violence Command Centre: 0800-428-428 Polisie: 10111 Kinderlyn: 0861-322-322 South African National Human Trafficking blitslyn: 0800-222-777 Departement van Maatskaplike Ontwikkeling: (021) 483-5045 Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling tolvrye lyn: 0800-220-250 Departement van Maatskaplike Ontwikkeling Kaapse Wynland streekkantoor: (023) 348-5300 ● GBVCC: Skakel 0800-428-428. Stuur ’n “please call me” na 120* 7867#; Skype: “Helpme GBV”; SMS “Help” na 315131. ● TCC - Worcester hospitaal: (023) 348-1294 ’n Volledige lys kontakbesonderhede vir slagoffers van misdaad en geweld is beskikbaar by www.westerncape.gov.za/social-development Slagoffers kan ook met die naaste hof, kliniek of hospitaal in verbinding tree. ● ● ● ● ● ● ● ●
Ophef van drankverbod goeie nuus vir landbou DIE opheffing van die verbod op alkoholverkope is goeie nuus vir die Wes-Kaap se landbousektor. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê die waarde wat die wynbedryf as werkskepper en verdiener van buitelandse valuta tot die land se ekonomie toevoeg, is goed gedokumenteer. “Ons vertrou dat die wynbedryf nou kan begin herstel en dat die regering vir die duur van die bestuur van Covid-19 nie weer sal kyk na regulasies wat die potensiaal het om ‘n totale bedryf lam te lê nie,” sê hy. Strydom sê toerisme vorm ‘n integrale deel
van die wynbedryf en is ook negatief deur die alkoholverbod en die verbod op reis oor provinsiale grense geraak. Hy sê die volgende uitdaging is om die beperking van 50 persone tot 100 te vergroot sodat ondernemings met onthaalfasiliteite ook weer volhoubaar kan sake doen. Hy sê afgesien van die totale wynwaardeketting wat as gevolg van die alkoholverbod enorme skade gely het, is die uitlaai van die 2019 moutgars-oes uit silos as gevolg van die drankverbod nie op skedule nie en kan daar moontlik uitdagings wees om plek vir die 2020 oes te hê.
8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeurs0reg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Witzenberg Herald
COVID-19 (2): Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot
Michellspas halfmarathon word afgestel
Wedvlug uitgestel SATERDAG se wedvlug van Britstown is weens gure weers na Sondag 16 Augustus verskuif. Die wedvlug het Sondag van Victoria-Wes plaasgevind. Op Saterdag 22 Augustus vlieg die duiwe weer ‘n kortpad-wed-vlug vanaf Leeu Gamka. CHPS Jaaroud 1. Cyril & Ann Davids 1099.218 mpm 2. André & Aiden Koopman 1049.174 mpm 3. Clarence van Wyk 1036.394 mpm 4. Cyril & Ann Davids 1204.360 mpm Ope 1. Cyril & Ann Davids 1099.218 mpm 2. André & Aiden Koopman 1049.174 mpm 3. Clarence van Wyk 1036.394 mpm 4. Cyril & Ann Davids 1024.360 mpm CPS Jaaroud 1. E. Lofts 1172.920 mpm 2. Krotz Lofts 1154.617 mpm 3. Camerin Mars 1119.061 mpm 4. Krotz Lofts 1118.397 mpm 5. Camerin Mars 1117.827 mpm Ope 1. N. Jacobs 1150.176 mpm 2. G. Williams 1141.924 mpm 3. Krotz Lofts 1138.217 mpm 4. Krotz Lofts 1135.315 mpm BHPS Jaaroud 1. M. Pieterse 1176.801 mpm 2. M. Pieterse 1158.905 mpm 3. J. Van Rooy 1090.648 mpm 4. R.D. November 1086.643 mpm 5. R.A.Van Wyk 1079.179mpm Ope 1. R.D. November 1131.005 mpm 2. M. Pieterse 1125.199 mpm 3. D. Muller 1123.437 mpm 4. L. Koopman 1120.485 mpm Hamlet duiweklub Jaaroud 1. J.J. Kitshoff 1174.173 mpm 2. Erasmus Hok 1113.557 mpm 3. Erasmus Hok 1104.630 mpm 4. Erasmus Hok 1100.535 mpm Ope 1. C.B. Frick 1170.248 mpm 2. J. Kitshoff jr. 1157.876 mpm 3. L. Kitshoff 1156.739 mpm 4. L. Kitshoff 1135.930 mpm 5. J Kitshoff jr. 1128.813 mpm Tulbagh duiweklub Jaaroud 1. Silvervaring 1109.600 mpm 2. Rodrick Albertus 1087.567 mpm 3. Litte Lofts 1033.433 mpm 4. Rodrick Albertus 1021.389 mpm Ope 1. Litte Lofts 1085.660 mpm 2. Litte Lofts 1034.906 mpm 3. Litte Lofts 1032.005 mpm 4. Charles Swarts 1024.570 mpm
Friday, August 21, 2020
DIE immer gewilde Michellspas halfmarathon is gekanselleer. Die halfmarathon sou op 31 Oktober plaasvind maar is weens onsekerheid oor COVID-19 en die implikasies daarvan op padwedlope, gekanselleer.
Ceres rolbalklub is weer aan die gang NA meer as vier maande van inperking het Ceres se rolbalspelers ‘n welkome terugkeer na die baan maak. Streng COVID-19 maatreëls is ingestel en elke speler bring sy kant in die bekamping van die virus. Rolbalspelers het baie goed by die nuwe maatreëls aangepas en almal geniet weer die spel.* Enige persoon wat wil kom speel, kan op Woensdae of Saterdae vanaf 14:00 aanmeld en voor 11:00 op die betrokke dag ‘n bespreking maak by Stoffel op 072347-2050 of Matie op 083-229-6402. ** Afrigting vir persone wat belangstel om rolbal te speel kan ook onder streng higiëne-maatreëls gedoen word. Vir meer inligting skakel Stoffel om ‘n afpraak te reël.
Die halfmarathon sou vanjaar vir die 29ste keer aangebied geword het. Die atletiekklub vier vanjaar hul 30ste bestaansjaar. Meer as 1 000 atlete het verlede jaar in September aan die Michellspas halfmarathon en ander wedlope deelgeneem. “Ceres atletiekklub wil hul dank oordra aan atlete en die gemeenskap wat jaarlikse bydra het tot die sukses van die wedloop. Dit sal weer in 2021 aangebied word”.
Daar het al 47 spanne vir Ceres Classic ingeskryf DIE jaarlikse Ceres Classic gholftoernooi gaan voort.
Die toernooi vind vanjaar op 6 en 7 November plaas en inskrywings van 47 spanne is reeds ontvang. 25 Spanne het reeds vir Saterdag se kompetisie ingeskryf en 22 vir die Vrydag-kompetisie. Daar is plek vir 36 spanne per dag. Inskrywings kos R4000 per span en sluit op 30 September. Die klub sal voorkeure vir Vrydag of Saterdag afslaantye sover moontlik eerbiedig. Geen kompetisie Saterdag 15 Augustus was daar geen kompetisie weens die reën.
PUT YOUR
WHERE
YOUR ♥ IS BUY LOCAL
○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○
○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○