Witzenberg Herald Vol.24 no.32 (Online weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 32

R7.50

Friday, August 20, 2021

Since 1997

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 19 Augustus

Vrydag 20 Augustus

3° 12°

1° 15°

Saterdag 21 Augustus

Vuurwapen bevoegdheid en Aansoeke

Sondag 22 Augustus

0° 14°

0° 16°

VUURWAPEN BEVOEGDHEID Wet van Vuurwapenbeheer Gebruik van Handwapen Gebruik van Haelgeweer Gebruik van Geweer of Karabyn Gebruik van Selflaaigeweer of Karabyn

Ceres Koekedouw dam

87,4%

Skakel ons vir enige navrae. Koste met navrae beskikbaar.

Lesing: 2021/08/18

Telephone: (023) 316-2021

CERES (023) 312-2144

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

VUURWAPEN AANSOEKE Nuwe Vuurwapenlisensie Hernuwing van Vuurwapenlisensie

MOTIVERINGS

Neels: 082-335-8331 CJ: 082-837-4325

www.witzenbergherald.co.za

Moordenaar (52) kry 15 jaar tronkstraf

Vrou beseer in ongeluk DIE 48-jarige bestuurder van 'n Ford Kuga was Dinsdagoggend 17 Augustus onderweg van Ceres in Wolseley se rigting toe sy beheer oor die voertuig verloor en dit van die pad geloop en omgeslaan het. Die ongeluk het omstreeks 08:00 plaasgevind op die R46 by die Wolseley treinspoor-oorgang tussen Ceres en Wolseley. Ceres nooddienstepersoneel was gou op die toneel en moes ‘n meganiese kake gebruik het om die beseerde vrou uit die wrak te haal. Sy is na Ceres hospitaal vir behandeling geneem.

‘n OUD SEKURITEITSWAG wat sy meisie in 2019 met ‘n mes doodgesteek het, is verlede week tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. Johan Saayman (52), oudwerknemer van ‘n plaaslike sekuriteitsonderneming, is verlede Woensdag 11 Augustus in die Ceres streekhof tot 15 jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis vir die grusame moord op Andriza Maritz (27). Maritz van die plaas Delniet is meer as twee jaar gelede op Vrydag 8 Maart 2019 vermoor nadat Saayman haar 29 keer met ‘n mes gesteek het. Die polisie het op 9 Maart 2019 omstreeks 05:15 haar liggaam op ‘n bed aangetref. Uit getuienis blyk dit dat daar ‘n hewige argument tussen Maritz en Saayman was.

Twee verdagtes vas weens moord dood van Grant Pietersen (35). Pietersen (foto) is Saterdagaand 31 Julie in Gardeniastraat doodgeskiet. Die skietvoorval het omstreeks 22:55 plaasgevind. Pietersen is ondermeer in die kop en lyf geskiet. Die motief vir die moord is nog onbekend. Pietersen was werksaam by Ceres Fruit Growers se koelkamer-afdeling as ‘n vurkhyserbestuurder.

TWEE mans is die afgelope week gearresteer vir die moord op ‘n 35jarige Ceres inwoner. Goeie speurwerk het gelei tot die arrestasie van die eerste verdagte op 10 Augustus. ‘n Tweede verdagte is Maandag 16 Augustus in hegtenis geneem en moet nog in die Ceres landdroshof verskyn. Die arrestasies volg na die skiet-

2L B-well oil

4950

Hulle het vroeër die aand gebraai en gedrink. Saayman het omstreeks 02:20 van die plaas weggejaag. Die polisie was besig met roetine patrollies toe hulle ‘n Toyota Conquest skielik by ‘n plaas sien uitjaag en voor hulle inry. Andriza Maritz (27). Hulle het die voertuig agterna gesit waar dit op Cascadepad afgedraai het. Kort hierna het die bestuurder teen ‘n brugreling vasgejaag en die motor het in ‘n boord tot stilstand gekom. Saayman is later met die moord verbind. Daar is ondermeer op bebloede klere beslag gelê. ‘n Mes en ‘n telefoon is ook op die moordtoneel gekry. Skuldig Saayman het skuldig gepleit en streeklanddros Maseti het die saak afgehandel. Johan Saayman (52).

FRIDAY ONLY

10kg White Star Maize Meal

Stock parcel + 330ml Refreshh + roll While stock last.

7999

6999

☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstraat 91 10kg Snowflake Cake Flour

89

99

500g d'lite brick margarine

9

99

Weet-Bix 450g

2299

2kg Rainbow Chicken portions

67

99

2kg Best Choice White Sugar

3450

Crunch & Munch Biscuits ass. 1950 500g / 400g

Pryse geldig tot 31 Augustus 2021 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.


2

WITZENBERG HERALD

Wolseley treur DIE Wolseley gemeenskap was verlede week hartseer en verslae na die skielike dood van Steven Boer (52), ‘n bekende gemeenskapsmens en sportlegende van die dorp. Boer is verlede Woensdag 11 Augustus in die hospitaal oorlede nadat hy vir ‘n ongesteldheid opgeneem is. Wyle Steven Boer se innerlike sterkte, pragtige gesindheid, sin vir humor sal deur die gemeenskap gemis word. Hy het ook saam met sy twee seuns, CWT koerier besigheid bedryf. Na werk was hy betrokke by Wolseley krieketklub waar hy tot sy dood as die voorsitter betrokke was. Dit was sy doel om Wolseley krieketklub een van die beste klubs in die Kaapse Wynland streek te maak. Die klub was al die algehele kampioene in die streek en is tans lid van die Boland promosieliga. Steven word oorleef deur sy vrou, twee seuns, ‘n skoondogter, ‘n kleinkind asook sy twee broers en twee susters.Die begrafnisdiens vind Sondag 22 Augustus om 11:00 plaas by die huis in Tweede Laan en 12:00 vanuit die VGK. (Ingestuur deur Patrick Prins).

JUNIOR PRODUKSIEBESTUURDER

E-books now available to public library users THE Department of Cultural Affairs and Sport, through its Western Cape Library Service, has this week officially launched the new ebook service, which will bring e-books and audio books to library users across the province. The demand for online reading has steadily increased over the course of the last few years and is now part of the offering at Western Cape public libraries where library patrons can use the Overdrive system to borrow books from the comfort of their homes or virtually any place with the new Libby App. The app can be downloaded to cell phones and other mobile devices. Overdrive is a global reading platform and distributor of digital content for libraries and schools and comprises a large catalogue of ebooks and audiobooks that can be accessed anytime and anywhere to read and listen to. This website contains genres of fiction, non-fic-tion, suspense, thrillers, romance, mysteries and literature. By clicking on a book title of your choice a synopsis of the book appears that patrons can read. A search function allows the browser to search for a specific title of a book or any other library material. E-books will be available in English, Afrikaans and isiXhosa. Minister Marais said: “With the e-book offering, we can now reach a wider audience, especially those who are unable to physically travel to their local library to borrow books. Through this new initiative, we hope to grow our culture of reading, as many more community mem-bers will now be able to have free access to online reading material, as long as they are a registered library user". If you any follow up issues after the download, please contact your library and Overdrive Helpdesk Overdrive.Helpdesk@westerncape. gov.za

Howbill Farming is ‘n boerdery in die Koue Bokkeveld wat ook sy eie verpakking van produkte doen. ‘n Vakature het ontstaan vir ‘n toegewyde persoon om dienste te lewer as ‘n PAKLYNBESTUURDER. Die posbekleër sal direk aan die PAKSTOORBESTUURDER rapporteer. Die aangewese kandidaat: • is gemotiveerd • kan menseverhoudinge handhaaf • kan onder druk, onafhanklik en baie noukeurig werk • kan inisiatief aan die dag lê. Die volgende sal in kandidate se guns tel: • vorige bestuurservaring • kennis en ervaring in die verpakking van vrugte. In ruil vir u bydrae bied ons ‘n mededingende vergoedingspakket. Rig u CV voor 31 Augustus 2021 aan: Die Personeelbeampte, E-pos: hr@howbill.co.za Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Vir enige navrae skakel: (023) 009-0992 Indien u geen terugvoer binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

LANGRIVIER BOERDERY (EDMS) BPK

LANGRIVIER BOERDERY (EDMS) BPK

Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836 ☎ (023) 317-1503 E-pos: admin@langrivier.co.za

ASSISTENT PRODUKSIEBESTUURDER

ASSISTENT PRODUKSIEBESTUURDER

Bogenoemde pos is vakant op Langrivier plaas in die vrugteafdeling. Die geskikte kandidaat sal oor die volgende eienskappe beskik: • Goeie interpersoonlike menseverhoudings • Goeie organisatoriese vermoëns en noulettend op detail • Goeie gesondheid • Vermoë om teikendatums te haal • Moet onafhanklik kan werk, maar spanspeler wees • Vyf jaar toepaslike bestuursondervinding en/of ‘n toepaslike naskoolse kwalifikasie. Die pos behels kortliks die volgende onder toesig en beheer van die Produksiebestuurder: Verantwoordelik vir totale primêre produksiefunksie. ‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied. Aansoeke kan gerig word aan: Die Besturende Direkteur Langrivier Boerdery (Edms) Bpk Telefoon: (023) 317-1503 E-pos: admin@langrivier.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Augustus 2021 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Bogenoemde pos is vakant op Wydekloof plaas in die groenteafdeling. Die geskikte kandidaat sal oor die volgende eienskappe beskik: • Goeie interpersoonlike menseverhoudings • Goeie organisatoriese vermoëns en noulettend op detail • Goeie gesondheid • Vermoë om teikendatums te haal • Moet onafhanklik kan werk, maar spanspeler wees • Vyf jaar toepaslike bestuursondervinding en/of ‘n toepaslike naskoolse kwalifikasie. Die pos behels kortliks die volgende onder toesig en beheer van die Produksiebestuurder: Verantwoordelik vir totale primêre produksiefunksie. ‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied. Aansoeke kan gerig word aan: Die Besturende Direkteur Langrivier Boerdery (Edms) Bpk Telefoon: (023) 317-1503 E-pos: admin@langrivier.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Augustus 2021 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Kandidate wat geen terugvoering binne twee weke na bogenoemde sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.

Kandidate wat geen terugvoering binne twee weke na bogenoemde sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.

Vrugte

DIRKIE Koopman (52), oudinwoner van Ceres, is op 8 Augustus skielik oorlede, skaars drie weke voor sy 53ste verjaarsdag. Koopman het voorheen by CFJ gewerk voordat hy na Kimberley verhuis het om by Transnet te gaan werk. Hy het ook verder onderwys studeer waarna hy as adjunkhoof van Hoërskool Noordkaap aangestel is. Twee gedenkdienste is op Donderdag 12 Augustus by die Hoërskool Noordkaap en op Vrydag 13 Augustus in die Ceres Sekondêr skoolsaal gehou. Die begrafnis het op Saterdag 14 Augustus vanuit die Ceres VGK gemeente plaasgevind.

PAKLYNBESTUURDER

Howbill Farming is ‘n boerdery in die Koue Bokkeveld wat ook sy eie verpakking van produkte doen. ‘n Vakature het ontstaan vir ‘n toegewyde persoon om dienste te lewer as ‘n JUNIOR PRODUKSIEBESTUURDER. Die aangewese kandidaat is ‘n gemotiveerde persoon wat goeie menseverhoudinge kan handhaaf, onder druk, onafhanklik en baie noukeurig kan werk, asook eie inisiatief aan die dag lê. Benewens die genoemde eienskappe,sal vorige boerdery ervaring, kennis van moderne vrugte verbouing en toepaslike naskoolse kwalifikasie in aansoekers se guns tel. In ruil vir u bydrae bied ons ‘n mededingende vergoedingspakket wat behuising insluit. Rig u CV voor 31 Augustus 2021 aan: Die Personeelbeampte, E-pos: hr@howbill.co.za Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Vir enige navrae skakel: (023) 009-0992 Indien u geen terugvoer binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836 ☎ (023) 317-1503 E-pos: admin@langrivier.co.za

Friday, August 20, 2021

Groente

DIT is met groot hartseer dat die Ceres gemeenskap verneem het van Nell Torr (87), oud Engelse onderwyseres van Charlie Hofmeyr, se afsterwe. Nell het in die 80’s en 90’s Engels by die skool gegee en in 1997 afgetree. Sy was met John Torr, jarelange raadslid van Witzenberg, getroud. * Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.

CERES FINANSIËLE DIENSTE Verskaf rekeningkundige en boekhou dienste: • Krediteure, debiteure asook bankrekonsiliasies • Salaris- en loon administrasie • Voorbereiding tot proefbalans vir ouditeure Vir verdere navrae skakel: Suzette du Plessis 073-561-3919

Donkerbos Landgoed beskik tans oor die volgende vakature:

VRAGMOTOR DRYWER Die geskikte kandidaat sal: • Beskik oor ‘n Kode 14-lisensie • Geldige PDP • Sober gewoontes • Bereid wees om oortyd te werk • Betroubaar en verantwoordelik Stuur CV na: elmarie@donkerbos.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Augustus 2021


WITZENBERG HERALD

3

Friday, August 20, 2021

Man (40) vermoor sy broer

KINDERS van die Bossie-projek het ook Saterdag ingespring en gehelp met die bome plant en vullis op te tel. Dirk Swart (Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit se onderburgemeester) en rdl. Ronald Visagie was ook teenwoordig tydens die boomaanplantings.

Hamlet Forum plant bome by Bossie-projek DIE Hamlet Forum het hande met inwoners van die Bossie-projek gevat en meer as 30 Watereikebome aangeplant. Die Hamlet Forum, ‘n vrywillige komitee wat saamgestel is uit inwoners vanuit die breër gemeenskap, het ten doel om P.A. Hamlet ‘n skoon, netjiese en effektief-funksionerende dorp te maak. Forum-lede het Saterdagoggend 14 Augustus ingespring en meer as 30 Watereikebome aangeplant. Hamlet Forum wil dienste koördineer en as spreekbuis optree vir die dorp en gereeld met Witzenberg munisipaliteit en Ceres Besigheidsinisiatief (CBI) skakel sodat dorpsake wat die gemeenskap raak, aangespreek en uitgevoer kan word. Navrae Indien daar sakelui en inwoners is wat by die Hamlet Forum wil aansluit of inskakel, kan hulle Danie Goosen (sameroeper) skakel by 083-461-9933 of Alma Goosen by 083-443-0881.

DIE Hamlet Forum het Saterdag 14 Augustus meer as 30 Watereikebome aangeplant. VLNR: Dirk Steyn, Alma Goosen (sameroeper), rdl. Ronald Visagie, Dirk Swart (onderburgemeester van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit), Nica du Toit, Saartjie Franse, Koos de Wee en Liesbet Goosen.

Reservaat appèleer teen roete se sluiting MATROOSBERG reservaat het verlede Vrydag hul appèl teen die sluiting van hul bekende 4x4-roete by die provinsiale regering ingedien. Die appèl kom nadat die Wes-Kaap departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning en CapeNature einde Julie voorskrifte uitgereik het dat die bergpad na die Groothoekkloof parkeerarea bo-op Matroosberg, gesluit moet word weens die agteruitgang van die omgewing. Matroosberg betwis ook die aantygings dat stootskrapers op die parkeerterrein gebruik is. Die pad word al jare lank deur sneeukykers in 4x4 voertuie en 4x4 entoesiaste gebruik om die Matroosberg-kruin te bereik. Om die Matroosberg-piek te bereik moet mense deur die Bokkeriviere natuurreservaat ry wat staatsgrond is met ‘n sensitiewe botaniese ekosisteem. Die Western Altimontane Sandstone fynbos kom voor teen die hange van Matroosberg op ‘n hoogte hoër as 1800 meter. Nagenoeg 75% van die Matroosberg-piek is die habitat van ‘n verskeidenheid

bedreigde plant- en dierespesies. Verbod Die verbod is einde Julie deur die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning ingevolge art.28 van die nasionale wet op omgewingsbestuur uitgereik met spesifieke voorskrifte aan Matroosberg natuurreservaat en die buurplaas, Valschgatkloof. Dit volg nadat die Groen Skerpioene die omgewing besoek en gevind het dat die sensitiewe botaniese ekosisteem beskadig is of erg agteruitgegaan het. Die agteruitgang is blykbaar veroorsaak deur 4x4 voertuie se gebruik van informele paaie en die parkeergebied. Onbeperkte voertuig-gebruik dra blykbaar by dat CapeNature nie die sensitiewe ekosisteem genoegsaam kan bewaar nie. Die paaie is ook breër gemaak binne die sensitiewe fynbosgebied. Anton Bredell, Wes-Kaap minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het die appèl ontvang en het nou 90 dae om ‘n besluit te neem. Ingevolge Nema het Bredell die mag om die voorskrif tersyde te stel of te bekragtig.

SPEURDERS op Ceres ondersoek ‘n moordsaak waar ‘n man met ‘n mes gesteek is en ‘n voorval waar ‘n minderjarige bestuurder ‘n voetganger raakgery het. Volgens die polisie het twee broers, Randall Mostert (31) en Derick Snyers (40) van Bella Vista, Sondag 15 Augustus omstreeks 12:50 oor R10 gestry wat die een die ander skuld. Snyers het ‘n mes uitgepluk en Mostert in die nek gesteek. Mostert is na die Ceres provinsiale hospitaal gehaas waar hy later die middag oorlede is. Snyers het Dinsdag 17 Augustus in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord. Die saak is na 24 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.Hy bly in aanhouding. Voetganger getref ‘n 16-Jarige ongelisensieerde bestuurder van Nduli het Sondag 15 Augustus ‘n voetganger getref. Volgens die Ceres polisie het die voorval omstreeks 16:05 in Thandostraat in Nduli plaasgevind. ‘n EMS ambulans van Ceres was langs die straat geparkeer waar ambulanspersoneel ‘n pasiënt behandel het. Die minderjarige bestuurder het ‘n Iveco minibus bestuur en ‘n voetganger, Xoliswa Mananga, langs die pad getref. Hy het teen die ambulansdeur geval maar is nie beseer nie.

KENNISGEWING

NOTICE

2022/2027 GOP en BEGROTING PROSES PLAN

2022/2027 IDP and BUDGET PROCESS PLAN

Kennis geskied hiermee dat die volgende konsep dokument aan die Raad voorgelê gaan word op 25 Augustus 2021 en nou ter insae lê vir publieke kommentaar en insette. • 2022/2027 GOP en Begroting Proses Plan Die dokumentasie lê ter insae by alle Munisipale Kantore, Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za

Notice is hereby given that the following draft document will be tabled to Council on 25 August 2021 and are available for public inspection and inputs. • 2022/2027 IDP and Budget Process Plan The documents are available for inspection at all Municipal Offices and Public Libraries and on our website: www.witzenberg.gov.za

D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres

SKIN ONDER NUWE BESTUUR

OPENBARE KENNISGEWING VAN ‘n VERGADERING VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD: 25 AUGUSTUS 2021 Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) van die volgende geskeduleerde Raadsvergadering van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad: Datum

Tyd

Plek

Besonderhede

Woensdag, 25 Aug. 2021

09:00

Virtuele vergadering

Gewone Raadsvergadering

Met baie emosies en groot opwinding, stel ons aan julle SKIN se nuwe span bekend. Vanaf 1 September 2021, sal die nuwe eienaar en terapeut, Coralie Conradie en haar span: Nadia Louw, Kyla de Klerk, Jo-ann Sass en Cameron Muller julle bederf met ‘n groot verskeidenheid skoonheidsbehandelinge.

PUBLIC NOTICE OF A MEETING OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL: 25 AUGUST 2021

Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meeting of the Witzenberg Local Municipal Council: Date

Time

Venue

Particulars

Wednesday, 25 Aug. 2021

09:00

Virtual meeting

Ordinary Council meeting

D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3

VLNR: Nadia Louw (skoonheidsterapeut), Cameron Muller (ontvangs), Jo-ann Sass (masseringsterapeut) en Coralie Conradie (eienaar en skoonheidsterapeut) INLAS: Kyla de Klerk (skoonheidsterapeut)

‘n Groot dankie aan Adri Rossouw en Adrie Walters - julle het SKIN begin en opgebou en ons het baie groot skoene om te vul. Maar ons is reg vir hierdie nuwe hoofstuk en sien uit na vele gelukkige jare in Ceres.


4

WITZENBERG HERALD

Hofsaak begin Oktobermaand DIE diefstalsaak teen ‘n raadslid van die Witzenberg munisipaliteit en ‘n arbeidsmakelaar van die streek, gaan in Oktobermaand aangehoor word. Petrus Heradien (53) het op 20 Julie in die Tulbagh landdroshof verskyn weens die diefstal van staatseiendom. Die saak is na 7 Oktober vir verhoor uitgestel, byna ‘n jaar sedert die diefstalklag aangemeld is. Die diefstalklag teen rdl. Heradien spruit uit ‘n on-

dersoek wat ‘n verteenwoordiger van die departement van publieke werke in 2020 geloods het nadat hulle ‘n klagte ontvang het in Oktobermaand waartydens plaveistene ter waarde van nagenoeg R2000 op die middelmannetjie by die Tulbaghweg-kruising op die R46 gesteel is. ‘n Diefstalsaak is daarna op 21 Oktober by die Tulbagh polisie geregistreer waarna rdl. Heradien aangekla is.

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, Africa’s largest producer and marketer of apple and pear concentrate, as well as a variety of fruit purees, has the following oppor tunity available at its factory in Ceres.

BUYER

The successful candidate will report directly to the Manager: Operations and the responsibilities of the position include the following key performance areas: • Recruitment of, and negotiations with suppliers • Purchase of all production and other necessities • Drums - Buying, stock control and prep to get ready for production in Ceres/Worcester • Reconciliation of pallets • Budget and stock control • Administration of the buying function The ideal candidate should have the following attributes/skills/qualifications: • An appropriate tertiary qualification as Buyer Supply Chain Management • Extensive experience of purchasing in the manufacturing/technical environment • Excellent communication and interpersonal skills • Good knowledge of purchasing planning • Negotiation and administration skills • Computer skills (Advanced) • Valid drivers license/FLT • Management of small procurement team The Company offers a market related compensation package. CV’s can be forwarded to: The Manager: People and Performance Systems Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd E-mail: dlintnaar@cfp.co.za Closing date: 27 August 2021

DIE Hamlet Forum het hande met inwoners van die Bossie-projek gevat en meer as 30 Watereikebome aangeplant.

Kalos Farming is ‘n vrugteen graan onderneming in die Ceres-omgewing.

DRYWER - KODE 14 Die kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen: • Geldige kode 14-lisensie met geldige PDP • Minimum 5 jaar toepaslike ondervinding • Goeie menseverhoudings Ons bied: • ‘n Markverwante vergoedingspakket • Behuising is beskikbaar Stuur asb. u aansoek per e-pos na: lindie@kalos.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Augustus 2021 Vir enige alternatiewe reëlings, skakel Lindie by: ☎ (023) 313-4907 Indien u nie binne 2 weke na die sluitingsdatum vir ‘n onderhoud genader is nie, moet u asb. aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

STAKEHOLDER ENGAGEMENT PROCESS Basic Assessment (BA) for the Proposed 132kV Powerline between the Ceres and Witzenberg Substations and Prince Alfred Hamlet Substation

OPENBARE DEELNAMEPROSES Basiese Assessering (BA) vir die Voorgestelde 132kV Kraglyn tussen die Ceres en Witzenberg Substasies en die Prince Alfred Hamlet Substasie

Notice is hereby given of a joint stakeholder engagement process in terms of the National Environmental Management Act 107 of 1998 (NEMA), the Environmental Impact Assessment (EIA) Regulations, 2014, the National Water Act 36 of 1998 (NWA) and the National Heritage Resources Act 25 of 1998 (NHRA):

U word hiermee in kennis gestel van die gesamentlike openbare deelname proses in terme van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur 107 van 1998 (“NEMA”), die Omgewingsimpakbepalings Regulasies (“EIA”) van 2014, die Nasionale Waterwet 36 van 1998 (“NWA”) en die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne 25 van 1998 (“NHRA”):

SRK Project No: 532062

Project description: Eskom Holdings SOC Limited, Western Cape Operating Unit: Distribution Division (Eskom) propose to construct a new 132 kV powerline between the Ceres and Witzenberg Substations and a new substation at Prince Alfred Hamlet, and a tie-in from the new 132 kV line between Ceres and Witzenberg to the new substation at Prince Alfred Hamlet. Location: The proposed powerline will extend between the Ceres to Witzenberg Substations, with a tie-in and connection to the new Prince Alfred Hamlet Substation. The proposed powerline will cross numerous farms and other properties. Application for Environmental Authorisation (EA) to undertake the following listed activities: • Listing Notice 1: Listed Activities (11), (12), and (27); and • Listing Notice 3: Listed Activities (12) and (14). Application for Water Use Authorisation (WUA) for the following water uses: • Section 21: (c) and (i). Application for Heritage Approval in terms of NHRA Activities: • Section 38: (1)(a) and (1)(c)(ii). Opportunity to Participate: The BA Report (BAR) is available from 20 August 2021 for public review and comment at the Witzenberg Municipal Building (50 Voortrekker Street, Ceres), and on SRK’s website, www.srk.co.za (via the ‘Knowledge Centre’ and ‘Public Documents’ link). To submit comments and / or register as a stakeholder please complete the following online form: https://tinyurl.com/532062, by 20 September 2021. Only registered stakeholders will be kept informed of the process and notified of any future opportunities to participate.

SRK Projek No: 532062

Beskrywing van projek: Eskom Holdings SOC Limited, Wes-Kaapse Bedryfseenheid: Distribusie Afdeling (Eskom) beoog om ‘n nuwe 132 kV kraglyn tussen die Ceres en Witzenberg Substasies en ‘n nuwe substasie by Prince Alfred Hamlet te bou. Daarmee saam beoog Eskom om die 132kV lyn tussen Ceres en Witzenberg na die nuwe substasie by Prince Alfred Hamlet te koppel. Ligging: Gesamentlike met ‘n koppeling na die nuwe Prince Alfred Hamlet Substasie sal die voorgestelde kraglyn van die Ceres na Witzenberg Substasies strek. Die voorgestelde kraglyn sal verskeie plase en ander eiendomme oorsteek. Aansoek vir Omgewingsgoedkeuring (OM) vir die volgende gelyste aktiwiteite: • Lystingskennisgewing 1: Gelyste aktiwiteite (11), (12), en (27); en • Lystingskennisgewing 3: Gelyste aktiwiteite (12) en (14). Aansoek vir Water-Gebruiksmagtiging (WGM) vir die volgende watergebruiksaktiwiteite: • Artikel 21: (c) en (i). Aansoek vir Erfenis Goedkeuring in terme van HRA Aktiwiteite: • Artikel 38: (1)(a) en (1)(c)(ii). Geleentheid vir Deelname: Die Basiese Assessering Verslag (BAR) is beskikbaar vanaf 20 Augustus 2021 vir openbare hersiening en kommentaar by die Witzenberg Munisipale Gebou (Voortrekkerstr. 50, Ceres), en op SRK se webblad, www.srk.co.za (via die ‘Knowledge Centre’ en ‘Public Documents’ skakel). Kommentaar en versoeke vir registrasie as ‘n belanghebbende kan gegee word deur die volgende aanlyn vorm te voltooi: https://tinyurl.com/532062, teen 20 September 2021. Slegs geregistreerde belanghebbendes sal op hoogte gehou word van die proses en in kennis gestel word van toekomstige geleenthede om deel te neem.

By registering as an Interested and Affected Party, you consent to your personal data (including contact details) being processed and selectively disclosed (e.g. in the event on an appeal), in fulfilment of the requirements of the EIA Regulations, 2014 and the National Appeal Regulations, 2014. SRK undertakes to process data in accordance with our Protection of Personal Information Policy.

Deur te registreer as ‘n Belanghebbende en Geaffekteerde Party, gee u toestemming dat u persoonlike data (insluitend kontakbesonderhede) verwerk en selektief bekendgemaak kan word (bv. in geval van appèl), ter vervulling van die vereistes van die EIA -Regulasies, 2014 en die Nasionale Appèl. Regulasies, 2014. SRK onderneem om data te verwerk in ooreenstemming met ons beleid oor beskerming van persoonlike inligting.

To submit comments, register, or request information, please contact: Kelly Armstrong of SRK Consulting at ctpp@srk.co.za, Postnet Suite #206, Private Bag X18, Rondebosch, 7701; Fax: 086 530 7003; Tel: 021 659 3060.

Om kommentaar te lewer, te registreer, of inligting te vra, kontak gerus: Kelly Armstrong van SRK Consulting by ctpp@srk.co.za, Postnet Suite #206, Privaatsak X18, Rondebosch, 7701; Faks: 086 530 7003; Tel: 021 659 3060.

Friday, August 20, 2021

Beskerming teen virus belangrik COVID-19 het steeds ‘n ferm greep op inwoners van die Witzenbergstreek. Agt mense het die week weens CV-19 gesterf. Goeie gedrag van inwoners, flinke inentings teen die virus en die nakoming van CV19 maatreëls kan die druk op plaaslike hospitale verlig en ‘n vierde golf uitstel. Terugvoering aan rolspelers dui daarop dat inwoners te oorgerus is. Op Saterdag 21 Augustus kry inwoners van die Witzenbergstreek die geleentheid om inentings teen COVID-19 te kry. Besoek Ceres provinsiale hospitaal tussen 08:00-13:00. Mense wat reeds geregistreer het, maar nog nie ‘n SMS vir hul eerste inenting ontvang het nie, kan gebruik maak van dié geleentheid. Mense wat nog nie geregistreer het nie, is ook welkom. Hospitaalpersoneel sal help met registrasie en inenting. Inenting teen COVID-19 sal help om ‘n vierde vlaag van die pandemie af te weer. “Wanneer bevolkingsgroottes inaggeneem word, is die hoogste voorkoms van aktiewe COVID-19 tans in die Langebergstreek gevolg deur Drakenstein, Stellenbosch, Breedevallei en Witzenberg”. Mense wie 35 jaar en ouer is, kan ook nou registreer en teen COVID-19 ingeënt word. Registreer deur die woord ‘REGISTER’ te stuur na 0600-123-456 op WhatsApp of bel *134*832# en volg die instruksies. Die entstof is veilig vir swanger vroue asook vroue wat borsvoed. Positiewe gevalle bly styg Teen Dinsdag 17 Augustus het die aktiewe gevalle in die Witzenbergstreek van 258 na 229 gedaal. Statistieke tot Dinsdag 17 Augustus wys dat Ceres die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 1508 gevolg deur Bella Vista met 1046, P.A. Hamlet met 844, Wolseley met 896, Tulbagh met 791, Nduli met 485 en Koue Bokkeveld plase met 513. Ceres het die week die meeste positiewe gevalle aangemeld met 81 gevalle gevolg deur Wolseley met 48 gevalle, Bella Vista 43 en P.A. Hamlet 28. Twee honderd drie en negentig (293) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes sover was 60 gevolg deur Wolseley met 52, Bella Vista met 41, P.A. Hamlet met 32, Tulbagh met 35 en Nduli met 28. Ceres, Tulbagh en Wolseley het die week elk 2 sterftes gehad. Die week se sterftes is 8 meer as die vorige week. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 16 770 (tot 16 Augustus) met ‘n gemiddeld van 80 per dag. Daar is al 452 197 positiewe gevalle aangemeld en 391 543 het al herstel. In Suid-Afrika is meer as 2,613 miljoen positiewe gevalle al aangemeld en meer as 77 440 mense het gesterf. Die land se herstelkoers het verhoog na 91.2%. Statistieke In die Wes-Kaap was 1.457 miljoen mense teen 13 Augustus ingeënt. Kom jou afspraak na sodat die entstof jou doeltreffende beskerming teen ernstige siekte weens COVID19 kan gee. Kliniektye Ceres provinsiale hospitaal Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 14:00 P.A. Hamlet kliniek Maandae van 09:00 tot 11:00 Op-die-Berg kliniek Dinsdae van 09:00 tot 11:00 Tulbagh kliniek Woensdae van 09:00 tot 11:00 Bella Vista kliniek Donderdae van 09:00 tot 11:00 Wolseley kliniek Vrydae van 09:00 tot 11:00 Nduli gemeenskapsaal Woensdae tussen 09:00 en 14:00. As deel van die departement se maatreëls om pasiënte en personeel veilig te hou, is alle nie-noodsaaklike operasies by Ceres provinsiale hospitaal onbepaald uitgestel. Mense wie gehospitaliseer is by een van Wes-Kaap gesondheid se fasiliteite, kan nie besoek word nie, hoewel uitsonderings gemaak kan word as dit kom by ‘n persoon wie in ‘n kritieke toestand is. Begrafnisse Daar heers steeds verwarring onder inwoners oor hoeveel mense wettig begrafnisse onder verskillende vlakke van inperking mag bywoon. Wat ookal die oorsaak van die persoon se dood, dit maak geensins ‘n verskil hoeveel mense die begrafnis mag bywoon nie. Die beperking geld nie net vir CV-19 verwante sterftes nie maar is van toepassing op ALLE sterftes.


WITZENBERG HERALD

Friday, August 20, 2021

Skole gaan nie teen ander meeding nie ALLE skole het onlangs die groenlig gekry om kontaksport en kultuuraktiwiteite te hervat mits daar geen toeskouers by wedstryde toegelaat word nie. ‘n Paar hoërskole in die Witzenbergstreek is genader om aan te dui of hulle met Wintersport aktiwiteite gaan begin noudat dit onder Vlak 3 inperkings weer toegelaat word. Max Michau, hoof van Charlie Hofmeyr Hoërskool, het Maandag gesê dat die skool se leerders net intern teen mekaar gaan deelneem in tennis, gholf, muurbal, atletiek, hokkie, netbal en rugby. Geen wedstryde teen ander skole word vir dié sporte beoog nie. Bennie Leendretz, skoolhoof van Bella Vista Hoërskool het Maandag gesê dat die skool aan die begin van 2021 ‘n besluit geneem het dat hulle nie vanjaar enige sport gaan beoefen

nie. Ceres Sekondêr het ook bevestig dat hulle geen sport vir die res van die jaar gaan beoefen nie. Ingevolge die regulasies mag niekontaksport en kontaksport se oefeninge en wedstryde sedert einde Julie hervat word. Leerlinge mag ook na ander skole en provinsies reis mits hulle die vervoerregulasies volg. Kultuuraktiwiteite mag ook weer plaasvind sowel as mondelingse spelkompetisies, redenaars en debat, kooroefeninge en koorkompetisies. Die getalle mag nie 50% van die saalkapasiteit oorskry nie. Laerskole Die Wes-Kaapse departement van onderwys het verlede week bevestig dat 894 aansoeke ontvang is van sy 1010 laerskole in die provinsie om nie ten volle te open nie.

WANGANELLA primêr se SBL, skoolhoof en personeel wil hul dank en waardering uitspreek teenoor ouers en Ceres sakelui wat gehelp het om ‘n baie geslaagde pretloop aan te bied. Die fondsinsamelingspoging is Vrydag 13 Augustus gehou. Die top drie pryswenners was Irwon Nel (eerste), Renique Ockhuis (tweede) en Tiana Ockhuis (derde). Hier is die drie leerders saam met ander pryswenners afgeneem. * Die skool bedank Amazing Pies, Basson Sport, Reyneke oogkundiges, De Villiers oogkundiges, Dynamic oogkundiges, Ceres Build it, Reids Mica, die Rhodes Fruit group en Count Down.

ALGEMENE ADMINISTRATIEWE EN PAKSTOOR BEAMPTE op ‘n vrugteplaas in Warm Bokkeveld Verantwoordelikhede: • Digitalisering en instandhouding van die liasseerstelsel • Algemene en pakstoor administratiewe pligte • Assisteer met pakhuis prosedures en personeel • Assisteer met pakhuis prosesse en dokumentasie • Voorbereiding van oudit (Global Gap en Siza) dokumentasie • Hantering van personeel administrasie. Vereistes: • Minimum Graad 12 • Kandidaat moet selfstandig, onafhanklik, maar ook in spanverband kan werk • Kandidaat moet sistematies, georganiseerd en professioneel optree in uitvoering van pligte • Uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels (verbaal en skriftelik) • Rekenaarvaardigheid in Microsoft Office • Ondervinding in administratiewe pligte en oudit voorbereiding vir Global Gap • Moet sonder geen toesig kan werk terwyl sperdatums bereik word • Kandidaat moet oor eie vervoer beskik • Salaris en vervoer toelae is onderhandelbaar. Sluitingsdatum vir aansoeke: 12 September 2021 E-pos CV na: stefan@lvboer.co.za Aanvaar asb. dat u aansoek onsuksesvol was indien u nog nie teen 20 September 2021 van ons gehoor het nie.

5


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

FOR SALE Hester Sass 1966/10/29 - 2021/08/14 Privaat begrafnis: Son. 22 Aug. 2021

• Slegs 50 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Huis: 09:00, Schoonvlei Boerdery / Blouberg Kerk: 10:00, Suiderland Sending Gemeente, Jakarandastr. 30, Bella Vista Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Hester Sass 1966/10/29 - 2021/08/14

My lelie van die dale. My vrou, my beste vriend, my geestelike maatjie, my laggende vrou. Jy sal altyd onthou word as ‘n vreugdevolle, liefde en omgee vrou. ‘n Vrou wat almal omhels het met haar liefde. Jou stem sal gemis word. Jou plekkie is leeg langs my, sal jou altyd liefhê. Sag rus my lieflike vroulief. Liefde jou man Piet Sass

Hester Sass 1966/10/29 - 2021/08/14

SMEG

60cm Concert Cooker (as new). With gas hob and mulifunction thermo ventilated electric oven. R8 000 Contact:

073-561-3919 Tweedehandse Gas geyser en regulator R1 500 of naaste aanbod. Skakel 072-3295883. c/s DC86 20/08 Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuigsitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 w.t.o Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

100% Powerful Healer Baba Najib 083-595-7431 *Feeling helpless and disappointed *Troubled relationship *Work problems *Magic stick or ring *Lottery or Power ball *Financial problems * Other life problems

DIANA

is there to help: • Financial assistance • Bring back lost lovers • Court & Divorce cases • Pay after job is done

073-597-8118

TE HUUR

KANTOORSPASIE (±150m²) te h/v Vos- en Faurestraat. Onmiddellik beskikbaar

Mother you care for us when we are ill, you always make us smile. You always have a cheerful word, that makes the day worthwhile. You never very far away, we hold each memory near. Wherever we may go in life, we love you, Mother dear. Met liefde kinders en kleinkinders

PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.

UITREIK NA BOESMANLAND 1 OKTOBER 2021

Service Center & Panelbeating

Constance Prudence Lewies 1998/09/25 - 2019/08/11

Voortrekkerstr., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

AND FRAMES We miss those special moments we shared with you. Sometimes it still feels like a dream. You’re so wonderful to think of, but so hard to live without. Although you might be gone, you will never be forgotten. Until we meet again. From your dad, mom, brother, sister and nephew

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476

Ons beplan om uit Ceres weer uit te reik na die boere van WILLISTON, BRANDVLEI EN FRASERBURG waar dit steeds bitter droog is en ons benodig asb. die volgende:

Vars produkte, kontant, klere, boeke, CD‘s, tydskrifte of meld jouself asb. aan Kontakpersone: DuToit Conradie Willem Burger Annes Geldenhuys Susan du Toit Diane Steenkamp Christine Conradie

Witzenberg Irrigation, has a position available for an experienced Buyer to take responsibility for Procurement and control of stock levels. Witzenberg Irrigation is based in Ceres DUTIES AND RESPONSIBILITIES: • Place orders • Negotiating discounts with Suppliers • Develop and maintain relationship with Suppliers • Logistics • Stock control • Stock take • Maintaining Data base • Management support, as required. REQUIREMENTS: • Excellent communication, bargain and negotiation skills • Computer literate (MS Office) • Must be able to speak Afrikaans and English • Any related qualification will be an advantage • Experience in buying environment will be an advantage • Accuracy and attention to detail • Experience in working with teams • Driver license CLOSING DATE: 31 August 2021 CV’s (incl. expected salaries) can be send to: wayne@wbirrigation.co.za Subject: Buyer: name & surname

Skakel Jaco-Marié (023) 312-1414

CENTRAL CERES MOTORS

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

BUYER

R8 300 p/maand

Skakel

082-859-2300

Friday, August 20, 2021

071-675-0743 072-596-1255 082-653-2172 082-957-7052 084-247-2513 082-336-9324

Jer. 1:8 “Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Dit is wat die Here gesê het.”

MNR. & MEJ. PIKKEWOUTERS Inskrywings vanaf: 2 - 23 AUGUSTUS Koste: R60

Fotos word geneem tussen 11:00 en 13:00 by: PIKKEWOUTERS LEERSENTRUM PORTERSTRAAT 26, CERES Top 10 gaan deelneem aan ‘n modeparade waar die wenners aangekondig word. GROOT PRYSE TE WEN!! Navrae: 076-621-4863

ALMAL WELKOM 3 - 6 JAAR

Evangelis Jacobs


WITZENBERG HERALD

7

Friday, August 20, 2021

Duiwe vlieg die naweek van Bloemfontein DIE naweek se duiwewedvlug is na Sondag 15 Augustus verskuif omrede slegte weer vir Saterdag voorspel was. Saterdag 21 Augustus skuif die wedvlugte na Bloemfontein vir die begin van die langpad vlugte. CHPS Jaaroud 1. Hendriks familie 1543.898 mpm 2. Team Koopman 1543.310 mpm 3. Team Koopman 1523.594 mpm 4. Hendriks familie 1519.894 mpm Ope 1. Team Koopman 1562.272 mpm 2. Bryan Isaacs 1483.142 mpm 3. Team Koopman 1468.478 mpm 4. Team Koopman 1468.059 mpm BHPS Jaaroud 1. D. Muller 1549.311 mpm 2. L. Koopman 1524.600 mpm 3. L. Koopman 1522.479 mpm 4. D. Muller 1514.909 mpm Ope 1. D. Muller 1556.064 mpm 2. D. Muller 1494.264 mpm 3. R.A. van Wyk 1476.866 mpm 4. L. Koopman 1452.626 mpm Tulbagh duiweklub Jaaroud 1. Bertie Rabie 1464.42 mpm 2. Silvervaring Hok 1458.75 mpm 3. Silvervaring Hok 1458.63 mpm Ope 1. Silvervaring Hok 1455.96 mpm 2. Silvervaring Hok 1426.91 mpm 3. Bertie Rabie 1401.07 mpm 4. Silvervaring Hok 1384.54 mpm CPS Jaaroud 1. Blue Mountain Loft 1544.256 mpm 2. JRK Lofts 1538.625 mpm 3. Jason van Rooy 1523.963 mpm 4. N.Jacobs 1507.717 mpm Ope 1. JRK Lofts 1559.787 mpm 2. N. Jacobs 1557.300 mpm 3. Meyer en Van Wyk 1499.294 mpm

LAERSKOOL Koue Bokkeveld is ongelooflik trots op twee sussies, Karin en Alize Fabricius, wat deelgeneem het aan die Kaapse Wynland WAG vlak 4+ streek gimnastiekproewe wat op 7 Augustus plaasgevind het. Beide is opgeneem in die Kaapse Wynlandspan wat die einde van Augustus aan die Wes-Kaap kampioenskappe op Saldanha gaan deelneem. Alize Fabricius (onder 9) het in vlak 4 ‘n algehele eerste plek behaal en Karin Fabricius (onder 12) het ‘n algehele derde plek behaal in vlak 4.

Byeenkoms word in Oktober aangebied GOEIE nuus vir bergfietsryers. Die jaarlikse Tru-Cape Eselfontein bergfietsbyeenkoms gaan van 8-10 Oktober plaasvind. Net 300 fietsryers kan vanjaar inskryf en vanjaar se drie roetes is net op Eselfontein. Op Vrydag 8 Oktober vind die 30km roete plaas, Saterdag 9 Oktober die 55km roete en Sondag 10 Oktober die 40 km roete.

ZAK Oosthuizen (onder 12) van die Laerskool Koue Bokkeveld was die naweek die naaswennervan die TSA Sportsmans Warehouse Kavaliers tennistoernooi. Die toernooi het die naweek in die Strand plaasgevind.


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, August 20, 2021

Witzenberg Herald

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

VROUEDAG is afgesluit met ‘n rolbalkompetisie wat moontlik gemaak is deur die departement van sport en kultuur en Nibbly Bits. Die Ceres-span van Charmaine Mostert, Hanlie Bohlmann, Leandré Theunissen en Elsa Riekert was in die derde plek. BEVAN Davids en Werner Pharo het die naweek se kompetisie met 46 punte gewen.

Bevan en Werner wen gholfdag

CAREL Cronjé (links) en David-John Versfeld was in die tweede plek met 45 punte.

SATERDAG 14 Augustus is ‘n beterbal stableford kompetisie op Ceres gholfbaan aangebied. Die kompetisie is deur Bevan Davids en Werner Pharo met 46 punte gewen. Carel Cronjé en David-John Versfeld was in die tweede plek met 45 punte gevolg deur Carel Matthee en Mark Watt met 45 punte. Willie Baron en Franklin Magalie was in die vierde plek met 44 punte. Vince Hewitt het goed gespeel en ‘n brutotelling van 71 houe aangeteken. Twee en vyftig spelers het aan die kompetisie deelgeneem. Putjiespelkompetisie Die jaarlikse enkel- en dubbelputjiespelkompetisie is nou goed op dreef met die eerste rondte van die enkelspel sowel as die dubbels wat afgehandel is. Spelers neem nou deel aan die tweede rondte.

Catchment Management Agency Opvanggebied Bestuursagentskap I-Arhente yoLawulo lomMandla nokungqongileyo cnr. Mountain Mill & East Lake Roads, Worcester Private Bag X3055, Worcester 6850

CALL FOR PROPOSALS FOR FUNDING FOR WATER RELATED COMMUNITY DEVELOPMENT PROJECTS The Breede-Gouritz Catchment Management Agency (BGCMA) is inviting registered Non-Governmental Organisations and/or Non Profit Organisations in the Breede-Gouritz Water Management Area, who are involved in water related community projects, to submit applications for funding to the BGCMA. Information and application forms are available at all the local libraries, on the BGCMA website: www.bgcma.co.za, and at the office of the BGCMA at cnr. Mountain Mill & East Lake Roads, Worcester or 101 York Street, George. Your application should consist of an application letter and a completed application form with all relevant requested documentation attached to be considered. PLEASE NOTE: The BGCMA’s Grant Policy does not provide for stipends/salaries/ wages. Any application requesting stipends, salaries or wages will not be considered. The Grant Policy makes provision for financial assistance up to the amount of R200 000 per project. For any further enquiries please contact E. van Rooyen at (023) 346-8000. Closing date for applications is 20 September 2021 Please submit applications to the following address: The Breede-Gouritz Catchment Management Agency Attention: Mr. Jan van Staden Private Bag X3055, Worcester, 6849 Or: Hand deliver to Cnr. Mountain Mill & East Lake Roads, Worcester Or: Hand deliver to 101 York Street, George Or: E-mail to info@bgcma.co.za

CERES Rolbalklub het ‘n selfverdedigingdemonstrasie gereël wat verlede week op Vrouedag by die klub aangebied is deur Andries Douglas.

Rolbalklub vier Vrouedag CAPE Winelands Bowls het verlede naweek saam met Ceres rolbalklub, Vrouedag gevier. Tydens die dag is vroue van inligting voorsien om hulself te beskerm teen geweld en hulle te inspireer om saam te staan en om sportaktiwiteite met gelyke geleenthede vir almal aan te bied. ‘n Selfverdedigingdemonstrasie is ook gereël en aangebied deur Andries Douglas. Dirk Swart, die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit se onderburgemeester, het ‘n boodskap van hoop vir vroue in sport gelewer. Sersant A.J. van Rooy van SAPD se GKS het ‘n praatjie gelewer oor geweld en misdaad teenoor vroue en kinders. Vrouedag is afgesluit met ‘n rolbalkompetisie wat moontlik gemaak is deur die departement van sport en kultuur en Nibbly Bits.

DIE Ceres-span van Marietjie van den Bergh, Rita du Toit, Brenda Webster en Elsabé de Bruin was in die vierde plek.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.