Witzenberg Herald Vol.27 no.32 (Online Weergawe)

Page 1


Sakeman getuig na mesaanval

“AS jy nie terugbaklei nie, sal dit vinnig oor wees.”

Dié woorde het die sakeman, Reint Grobler, laat besef hy sal moet vég vir sy lewe.

Dit was van die getuienis wat Dinsdag 13 Augustus in die Paarl streekhof uitgekom het op die eerste dag van die hofsaak teen die 21jarige Zimbabwiër, Lovemore Doriyo.

Doriyo het Grobler in April 2022 voor sy besigheid na bewering met ‘n Okapi-mes aangeval. Grobler, mede-eienaar van Winterberg Mountain Inn tussen Ceres en Wolseley, is uiteindelik twaalf keer met ‘n mes gesteek en moes altesaam 13 dae in die Worcester

Mediclinic deurbring.

Doriyo, wat meer as twee jaar in aanhouding is, is die seun van ‘n destydse werknemer van die Groblers en het gratis saam met sy ma op die gastehuis se perseel gewoon.

Hy staan tereg op klagtes van poging tot moord op Wolseley asook poging tot moord van ‘n 8-jarige meisie van Malmesbury en haar ontvoering. Die voorvalle het op 10 April en 10 Mei 2022 plaasgevind.

Grobler, die eerste getuie wat geroep is, het getuig hoe hy kort voor middernag op 10 April vir Doriyo betrap het waar hy besig was om die besigheid se wit Chevrolet-bakkie in die par-

Drie vroue sterf

DRIE vroue het die naweek op Ceres in ‘n fratsongeluk gesterf.

Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek (GDO) geloods om die oorsaak van die vroue se dood vas te stel.

Drie vroue van Khayelitsha, Mfuleni en Eersterivier en wat na bewering ook skoonsusters is, het die naweek by ‘n munisipale werknemer Nolubabablo Mbewu (36), in haar huurwoonstel op Ceres kom kuier.

Twee van die vroue het saam met Mbewu gesterf toe hulle vermoedelik deur koolstofmonoksied oorval is. Die derde vrou het wonderbaarlik oorleef en Sondagoggend die polisie na die huis ontbied.

Die vroue het blykbaar Saterdagaand in Uitsigstraat in die Egoli-woonbuurt gebraai en saamgekuier.

In die vroeë oggendure nadat hulle klaar gebraai het, het die vroue weens die erge koue besluit om ‘n braaidrom in die woonstel in te dra voordat hulle gaan slaap het. Daar was blykbaar geen ventilasie en al

die vensters was toe en kon dit tot die vroue se dood bygedra het. Hulle het vermoedelik versmoor.

Twee van die oorledenes se name sal bekend gemaak word sodra hulle familie in kennis gestel is van hul dood.

Gedenkdiens ‘n Gedenkdiens word Donderdag 15 Augustus om 11:00 vir Nolubabablo Mbewu gehou. Sy het ten tye van haar dood as 'n finansiële-intern by die Witzenberg munisipaliteit gewerk.

Babes, soos almal haar geken het, het in April 2021 by die munisipaliteit begin werk en het tussen die verskillende finansiële-afdelings geroteer.

Koolstofmonoksied is ‘n kleurlose en reuklose gas. Vergifting gebeur na inaseming van koolstofmonoksied wat deur binnenshuise vure en kragopwekkers in ‘n toe area vrygestel word.

keerarea te probeer steel.

“Toe ek hom vertel het dat hy maar uit die voertuig kan klim, want ek het reeds die polisie gebel, het Doriyo uitgeklim en my dadelik met ‘n mes begin steek”, het Grobler getuig.

Grobler het voorts getuig dat hy kort hierna op sy rug geval en vir Doriyo met sy bene probeer afweer het terwyl hy vergeefs in die donker na ‘n klip gesoek het om homself mee te verdedig. “Ek het as laaste uitweg histeries begin gil en dit was tóé eers dat Doriyo weggehardloop het.”

‘n Erg bebloede Grobler het hierna etlike meters in die gastehuis se rigting gestrompel

en inmekaar gesak. Hy kon daarin slaag om Karien Grobler te bel voordat hy sy bewussyn verloor het. Met die hulp van plaaswaglede Steven Matthews, Altus Prins en Kobus Kriel is Doriyo kort ná die aanval op die aangrensende White Bridge-plaas aangekeer. Grobler is met die hulp van Mary Kriel van die plaas New Munster, per ambulans na die Ceres hospitaal gehaas waar daar vir vyf ure gespook is om hom te stabiliseer voordat hy na Worcester Mediclinic oorgeplaas is. Uitstel

Die saak is Dinsdag uitgestel tot 15 Oktober wanneer Grobler verder sal getuig.

Reënval

hoër as in '23

VANJAAR se uitermate hoë reënval in die Witzenbergstreek, het die langnaweek voortgeduur. Van Vrydag 9 Augustus tot vroegoggend op Woensdag 14 Augustus het meer as 73 mm op Ceres uitgesak. By ILeaf en Hortec se weerstasies in die streek is daar van 1-14 Augustus in die Warm Bokkeveld wat Ceres-dorp insluit, 117.2 mm gemeet, in die Bo-Swaarmoed omgewing is 78.5 mm gemeet en in die Koue Bokkeveld (Sterkwater) 58.9 mm. By Romansrivier is 83.5 mm gemeet.

Die Ceres Koekedouwdam loop die laaste paar weke oor en is 100% vol, Tulbagh dorpsdam is ook 100% vol en die nuwe Waverenskroondam buite Tulbagh staan tans op 59%.

* Die Warm Bokkeveld het van Junie tot einde Julie 591.7 mm reën gekry. In Junie en Julie verlede jaar is 531.9 mm gemeet. In Augustus 2023 is slegs 0.8 mm gemeet. Van 1 Junie tot 14 Augustus 2024 het daar al meer as 177 mm meer reën geval as in die ooreenstemmende tyd in 2023.

Gholfbaan statistieke

Ceres gholfbaan het in Junie 236 mm ontvang, in Julie 433 mm en van 1-14 Augustus is 159 mm gemeet.

NOLUBABABLO Mbewu (36)

7 September ‘24 om 09:00

Kaartfasiliteit beskikbaar Moet dit nie misloop nie!

Kerrie & Rys / Basaarpoeding

Burger & Chips / Vleis

Groente & Vrugte

Teetuin / Pannekoek

Vars brood & beskuit

Speelgoed & Lekkernye

Die volgende uitdagende geleentheid het by Graaff Fruit Pakhuis buite Prince Alfred Hamlet ontstaan.

Dit is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van ‘n proeftydperk.

KWALITEITSBESTUURDER

Minimum vereistes: • Toepaslike tersiêre kwalifikasie in landbou • Ten minste 3 - 5 jaar ondervinding in die vrugtebedryf • Uitstekende kommunikasie vermoë en interpersoonlike vaardighede • Die vermoë om op alle vlakke effektief te kan lei • Bewese rekenaarvaardigheid (MS Office) • Ten volle tweetalig (Afrikaans en Engels) • Eerstehandse kennis van BRC en soor tgelyke oudit vereistes •Bereidwilligheid om oortyd en naweke te werk soos nodig.

Die suksesvolle kandidaat sal rappor teer aan die Pakhuisbestuurder en verantwoordelik wees vir: • Die toepassing en implementering van die neergelegde kwaliteitstandaarde soos deur verskillende bemarkers vereis • Kommunikasie en monitering van kwaliteit standaarde op plase • Bestuur en kontrolering van die kwaliteitstelsel gedurende verpakking

• Die byhou en rekordhouding van geïmplementeerde stelsels

• Volgehoue verbeteringe op die kwaliteit stelsel • Die opleiding van personeel m.b.t vrugkwaliteit en ondersoekmetodes

• Moet leiding kan gee m.b.t kwaliteit- en kwaliteitversekering • Noue skakeling met produsente, bemarkers en bedryfsorganisasies • Professionele ondersoek en terugvoering m.b.t moontlike klïenteklagtes • Navorsing en proewe om kwaliteit en verpakking te verbeter.

Die Maatskappy bied aangename werksomstandighede en ‘n mededingende vergoedingspakket.

E-pos ‘n volledige CV so spoedig moontlik aan: recruitment@graaff-fruit.com

Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Augustus 2024

Indien u nie binne 21 dae na die sluitingsdatum van ons hoor nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Tadisa die beste in die land!

TADISA Manyakaidze, ‘n graad 7 leerder van Rijk Tulbagh privaatskool, het onlangs aan die landswye ATKV redenaarskompetisie deelgeneem. Die eerste provinsiale ronde in die WesKaap was gedurende Aprilmaand. Tadisa het deurgedring na die semi-finale in Mei waar hy die wenner van sy afdeling in die WesKaap was. Hy het deurgedring na die nasionale finaal wat op 12 Augustus by ATKV Klein Kariba in Limpopo plaasgevind het. Tadisa het meegeding teen die ander provinsiale wenners en het hom uitstekend van sy taak gekwyt. Hy is aangewys as die nasionale wenner van die ATKV redenaarskompetisie vir graad 6 en 7 Afrikaans addisionele taal. Hy wen ook die prys vir die beste taalgebruiker. By hom staan sy afrigter, Tania Visagie.

Eiendomstoestandverslag

'n

Nuwe vereiste vir alle eiendomstransaksies

SEDERT die volle implementering van die Wet op Eiendomspraktisyns, Wet 22 van 2019, is almal in die eiendomsbedryf in rep en roer oor die Eiendomstoestandverslae. Hierdie verslae het ’n integrale deel van eiendomstransaksies geword, maar wat presies is dit, watter doel dien dit en op wie is dit van toepassing? In die eerste plek is dit van kardinale belang om te verstaan dat, kragtens die bepalings van die wet, enige regsentiteit wat van voorneme is om ’n eiendom te verkoop of te verhuur, nou wetlik verplig is om ’n Eiendomstoestandverslag en Verpligte Openbaarmakingsvorm, te voltooi. Hierdie vorm moet voltooi en aangeheg word by die amptelike mandaat wat verskaf word deur die eiendomspraktisyn wat die verkoops- of huurooreenkoms hanteer.

“Die wet is baie duidelik oor hierdie aangeleentheid,” beklemtoon Jurgens Tubb, direkteur by MHI Attorneys. “Geen eiendomspraktisyn mag ’n verkoops- of verhuringsmandaat aanvaar sonder ’n Eiendomstoestandverslag en Verpligte Openbaarmakingsvorm nie.”

Kom ons ondersoek nou die inhoud van hierdie verpligte vorm.

Die vorm, wat deur die wet voorgeskryf word, vereis van verkopers en verhuurders om verskeie aspekte wat met die eiendom verband hou, bekend te maak. Dit sluit onder andere defekte in elektriese stelsels, septiese of ander sanitêreverwyderingstelsels en enige strukturele defekte in. Die doel daarvan is om te verseker dat potensiële kopers of huurders ’n omvattende begrip van die eiendom se toestand het voordat ’n ooreenkoms aangegaan word. Die vorm dek ook navrae rakende grensgeskille, oortredings, besware en besonderhede van enige hermodellerings of opknappings aan die eiendom. Verkopers en verhuurders moet hierdie vrae akkuraat en eerlik beantwoord.

Verder moet die voltooide vorm aan die koper/huurder voorgelê word en by die Koopakte/Huurkontrak aangeheg word. Dit is noodsaaklik dat alle partye wat by die transaksie betrokke is die vorm onderteken om die ooreenkoms te bekragtig. Versuim om hierdie vorm te laat onderteken en by die aanbod aan te heg, kan potensiële nagevolge vir eiendomspraktisyns tot gevolg hê. Regulasie 38 stipuleer dat die oortreding van hierdie reël as ’n geringe oortreding

beskou sal word, met ’n boete van R15 000. Alhoewel dit as gering beskou word, kan herhaalde oortredings tot ’n aansienlike bedrag oploop.

Eiendomstoestandverslag

Die bekendstelling van die Eiendomstoestandverslag het ten doel om die belange van beide verkopers, verhuurders, kopers, huurders en eiendomspraktisyns te beskerm. Deur te verseker dat omvattende inligting oor die eiendom se toestand vooraf bekend gemaak word, kan alle partye ingeligte besluite neem en moontlike toekomstige dispute vermy.

“Hierdie nuwe vorm kan aanvanklik oorweldigend wees, aangesien dit met bykomende administratiewe vereistes gepaardgaan, maar dit is ontwerp om alle partye wat by die transaksie betrokke is, te beskerm,” verseker Jurgens Tubb.

Eiendomspraktisyns speel ’n deurslaggewende rol om alle partye deur die proses te lei en om nakoming van die nuwe wet te verseker. Hul kundigheid en bystand is van onskatbare waarde en dra by tot ’n vlot en aangename transaksieproses. Deur aan die vereistes van die Eiendomstoestandverslag en Verpligte Openbaarmakingsvorm te voldoen, kan eiendomspraktisyns gemoedsrus aan kopers, verkopers, verhuurders en huurders bied ten einde vertroue en deursigtigheid in die eiendomsmark te bevorder.

Ten slotte het die implementering van Eiendomstoestandverslae, soos bekragtig deur die Wet op Eiendomspraktisyns, Wet 22 van 2019, ’n beduidende verandering in eiendomstransaksies teweeggebring. Hierdie nuwe vereiste verseker dat verkopers en verhuurders omvattende inligting verskaf oor die eiendom se toestand, defekte en enige relevante dispute of besware. Eiendomspraktisyns tree op as fasiliteerders, verseker nakoming van die wet en help alle partye wat by die transaksie betrokke is. Alhoewel die bykomende papierwerk aanvanklik lastig kan lyk, is die doel daarvan uiteindelik om almal wat betrokke is te beskerm en ’n deursigtige transaksieproses te bevorder.

Jy kan op Seeff staatmaak vir al jou eiendomsbehoeftes en bystand met die navigasie van hierdie nuwe vereistes. Skakel of besoek gerus die Ceres of Tulbagh-tak vir meer inligting of hulp.

Ceres Fruit Processors (Edms.) Bpk., Suid Afrika se voorkeur produseerder en bemarker van appel- en peer konsentraat, asook ‘n reeks ander konsentrate en purees, bied die volgende geleentheid by sy fabrieksaanleg in die skilderagtige Bolandse dorp, Ceres, in die Wes-Kaap.

VURKHYSERDRYWERS (5)

SEISOENALE POSTE

Kandidate moet oor die volgende beskik:

•‘n Geldige Vurkhyser bestuurderslisensie;

•Goeie ondervinding in die hantering van ‘n vurkhyser;

•Bewese uitstekende werksprestasie;

•‘n Gesonde werksetiek.

Stuur asseblief u aansoek per e-pos aan:

Die Bestuurder: Mense- en Prestasiestelsels Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd

Posbus 366, Ceres, 6835

E-pos: dlintnaar@cfp.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 27 Augustus 2024

Werksgeleentheid beskikbaar by Ceres Landbou Midas HIDROLIESE TEGNIKUS

• Met ondervinding in “house & fittings en hydraulic cylinders” asook;

• Basiese bestuursvermoë;

• 5 Jaar ondervinding in die werkveld. Stuur asb. u CV na: petro@landbouonderdele.co.za

Aansoeke sluit: 30 Augustus 2024

Indien u teen 6 September 2024 geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.

Nuwe kinkel in Inverdoorn stropers se hofsaak

NA meer as twee en ‘n half jaar waar die Inverdoorn renosterstropers se hofsaak reeds talle kere uitgestel is, was daar verlede week nog ‘n kinkel in die saak. Die saak teen die vyf renosterstropers is in die Khayelitsha streekhof uitgestel sodat ‘n immigrasiebeampte van binnelandse sake later die week kan kom getuig oor een van die beskuldigdes se visumaansoek.

Amade Filemone Chongo (49) van Mosambiek, wat reeds ‘n paar jaar onwettig in die land is, is die enigste van die vyf verdagtes wie uit is op borgtog. Hy is op 10 April vanjaar op R10 000 borg met streng voorwaardes vrygelaat. Een van die voorwaarde is dat hy vir ‘n visum aansoek moet doen.

Dit is hier waar daar ‘n kinkel opduik. Binnelandse sake is blykbaar glad nie geneë daarmee om ‘n visum aan Chongo uit te reik nie wat die staat dan verplig om die borg terug te trek omrede die verdagte dié borgvoorwaarde verbreek.

Die staatsaanklaer asook die landdros sal Donderdag 15 Augustus ‘n besluit neem nadat ‘n immigrasiebeampte van binnelandse sake getuig het.

Die stropers verskyn in die Khayelitsha streekhof, ‘n prioriteitshof vir natuurbewaringsoortredings.

Die ander vier verdagtes van Zimbabwe, Mosambiek en Malawië is Innocence Davey Chiwenya (58), Wishes Mugari (32), Justice Cossa (30) en Michael Mbaura (25). Dié renosterstroper-saak is ‘n eerste vir die Wes-Kaap. Agtergrond

Die vyf renosterstropers is op 10 Desember 2021, twee dae na die stropingsvoorval, met die hulp van die polisie, die veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester, CapeNature en ‘n forensiese ondersoeker, vasgetrek. Die mans word verdink van die stroping en skiet van vyf renosters op 8 Desember 2021 op Inverdoorn, ‘n private wildsplaas ongeveer 65 km van Ceres op die Sutherlandpad en staan tereg op aanklagtes van sameswering om ‘n misdaad te pleeg (vyf renosters te jag), dieremishandeling, die oortreding van art.57 (1) - ‘n optrede sonder ‘n permit teen ‘n bedreigde spesie, betreding, onwettig die land binnegekom en hier aangebly het en diefstal van vier renosterhorings.

Waarde

Die beraamde waarde van die renosters en die gestroopte horings beloop nagenoeg R825 000 per renoster en nagenoeg R2.64 miljoen vir die 24kg renosterhoring.

Vragmotor tref BMW

NET een ongeluk is die naweek in die Witzenbergstreek aangemeld. ‘n BMW met drie insittendes het Vrydag omstreeks 00:05 in swaar reën en erge winde voor ‘n aankomende vragmotor beland toe hulle by die Wolseley-ingang - naaste aan Tulbagh - wou indraai. Die vragmotorbestuurder van Malmesbury wat in die rigting van Tulbagh gery het, het uitgeswaai en in ‘n veld tot stilstand gekom. Die vragmotor het die BMW skrams getref. Dit is nie bekend of van die insittendes van die BMW beseer is nie.

Kind wat in rivier val steeds weg

‘n MAAND nadat ‘n kind (10) op ‘n plaas in ‘n sterk vloeiende rivier geval en vermoedelik verdrink het, is daar nog geen teken van hom nie. Lede van die polisie se misdaadvoorkomingseenheid asook die polisie se duikeenheid soek sedert dié verdwyning op 14 Julie onverpoos saam met die gemeenskap. Hommeltuie en rubberbote is ook al ingespan maar het nog niks langs die Titusrivier of in die Dwarsrivier opgelewer nie.

Volgens inligting het Geraldo van Wyk op Sondag 14 Julie saam met ‘n groepie vriende in die reën langs die rivier gaan speel. Hulle het blykbaar oor ‘n bruggie probeer stap waarna Geraldo gegly en in die vinnig vloeiende rivier geval en stroomaf meegesleur is.

Die soektog word deur ‘n sterk vloeiende rivier wat besaai is met boomtakke, riete en sand, belemmer.

Die polisie het Woensdag 14 Augustus bevestig dat die kind se liggaam nog nie gevind is nie.

DIE St. Andrews Anglikaanse gemeente op Ceres, het Vrydag 9 Augustus ‘n baie suksesvolle vrouedag aangebied. Die vroue was weer uitgevat vir die jaarlikse geleentheid. VLNR: Hilda Jooste, Lee-Ann Coetzee, Fiona Hardneck en Gertruida Ockhuis.

ELKE jaar word die sterk vroue wat in 1956 teen diskriminerende en onregverdige vroueregte in opstand gekom het, onthou. Die Openbare Opvoeding en Uitreikingsafdeling het Vrouemaand herdenkingsprogramme aangebied as ‘n blyk van waardering vir die vroue se moeitelose bydraes tot huishoudings, gemeenskappe en die samelewing in geheel. Op Dinsdag 6 Augustus is die eerste program in die Tulbagh stadsaal aangebied, met vroue van die Christelike Vroue Netwerk op Saron, Gouda, Hermon en Tulbagh. Bethmery Cloete (openbare opvoeding en uitreikingsbeampte), het ‘n opvoedkundige sessie oor die belangrikheid van die bevordering van Vroueregte aangebied. Op Woensdag 7 Augustus is ‘n tweede Vrouemaand herdenkingsprogram in Ceres stadsaal aangebied vir vroue op Ceres en in Bella Vista en Nduli. Tydens die geleentheid het rdl. Dirk Swart ‘n boodskap van bemoediging en waardering met die vroue gedeel oor hul unieke rol en invloed in die samelewing. Wendy Kaizer-Philander het ook ‘n toespraak gelewer.

FOTO: Trevor Felix

DIE Boland Laerskole o/12 rugbyproewe het van 9-10 Augustus op Hoërskool Bredasdorp se velde plaasgevind. Hier is die Witzenberg spelers afgeneem wat aan die rugbyproewe deelgeneem het.

SANJAY Mbula, ‘n leerder van Mooi Uitsig primêr, is ingesluit in die Witzenberg o/13 sewes-span. Hy gaan op Vrydag 16 Augustus aan die Boland sewes-proewe deelneem wat in Wellington plaasvind.

BESPREEK nou jou plek by die Togryers museum se Vrouemaand-funksie op 20 Augustus Vanjaar se tema: Geestelike-en Fisiese gesondheid. Vir navrae en om plek te bespreek, skakel 076-6892-885

nuusbrokkies skenkers - Jan Abrahams, Angelo Swarts, Katrina Filander, Anna Noorman, mnr. en mev. Mars, Elti Jans, pastoor en me. Koopman”. WIE het ons boek geleen? Die boek geskryf deur André de Ruyter en handel oor Eskom, is deur ‘n persoon by Lood Prins geleen. Kan die persoon die boek terugbesorg aan Bertie Snyman.

DIE Ceres ACVV-tak se algemene jaarvergadering word op 27 Augustus om 14:30 in die Annatjie Bothmasaal gehou. Bevestig jou bywoning voor of op 19 Augustus

ANGLES of Mountains Jeugen Sondagskool-groep van Opdie-Berg, het op 9 Augustus ‘n baie suksesvolle vrouedag aangebied vir minderbevoorregte vroue en bejaardes op plase.

“Ons is die Here baie dankbaar vir so ‘n voorreg uit Sy hand. Ons sê ook baie dankie aan ons

CBI gala-aand vind plaas op 28 Augustus. Rusty Labuschagne, bekende Zimbabwiese sakeman, is die gasspreker. Stuur ‘n e-pos na danell@dekeur.co.za indien jy ‘n tafel wil bespreek of enkelkaartjie @ R550 wil koop. Daar is beperkte aantal plekke beskikbaar.

DIE 1994 matrieks van Ceres Sekondêr beplan ‘n reünie . Skakel Udine by 074-738-5668 of Olive by 078-614-4459

STEINTHAL Vaardigheidskool het onlangs rugbybroeke en sokkies van dr. Jacques West, ‘n mediese dokter op Tulbagh, ontvang. Steinthal en Riebeeck Vaardigheidskole se derbystryd vind later in die jaar plaas. VLNR: Jacky West, Cheswin Lintnaar, Luhan du Toit, Riano Roy Vleis en Kenneth Julius (afrigter).

CERES FRUIT GROWERS (EDMS) BPK.

OPWINDENDE LOOPBAANGELEENTHEID CERES, WES-KAAP

Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk, een van die leidinggewende vrugte- en verpakkingsmaatskappye in SA, benodig ‘n energieke en professionele persoon in die volgende betrekking by sy Ceres aanleg:

LONEKLERK

Die posbekleër sal aan die Bestuurder: Menslike Hulpbronne rappor teer en verantwoordelikheid aanvaar vir onder andere: • Die akkurate verwerking van weeklikse loonbetaling van ongeveer 1000 werkers • Verwerking van loon- en byvoordele betalings op die ‘Accsys People Software System’ (sagtewarestelsel) • Weeklikse + maandelikse verslagdoening • Professionele skakeling met statutêre eksterne organisasies en diensverskaffers.

Die suksesvolle kandidaat beskik oor: • Bogemiddelde syfer- en administratiewe vaardigheid met ‘n skerp oog vir akkuraatheid • Handhawing van goeie interpersoonlike verhoudinge en moet op alle vlakke van die organisasie effektief kan kommunikeer • Moet onafhanklik kan funksioneer • Bereid wees om ongereelde en na-ure werk te verrig.

Vereistes sluit in: • Bogemiddelde rekenaarvaardigheid (MS Office) • Toepaslike naskoolse kwalifikasie (sterk aanbeveling) • Ten minste 2 - 3 jaar ervaring in verwerking van lonebetaling op ‘n erkende lone sagteware stelsel • Ervaring in soortgelyke arbeidsintensiewe werksomgewing sal die aansoek versterk.

Stuur asb u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket en drie kontakbare ver wysings aan: Die Bestuurder: Menslike Hulpbronne per e-pos: hr@cfg.co.za.

Sluitingsdatum vir aansoeke: Woensdag 28 Augustus 2024 voor 09:00

INDIEN U NIE BINNE DRIE WEKE NA DIE SLUITINGSDATUM VAN ONS VERNEEM HET NIE, KAN U AANVAAR DAT U AANSOEK ONSUKSESVOL WAS. In ooreenstemming met ons Beleid op Gelyke Indiensneming, sal toepaslike gekwalifiseerde persone vanuit die geïdentifiseerde groepe voorkeur ontvang.

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Katriena Fraserburg

1958/02/03 - 2024/08/06

ROUDIENS: Donderdag 15 Augustus

18:00 Mopaniestraat 24 BEGRAFNIS: Sondag 18 Augustus

Huis: 10:00 Makoustr. 7

Saal: 11:00 Tulbagh Gemeenskapsaal Graf: Tulbagh

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

c/o Vos- & Faure Street 83

Peres & Williams Transport (Pty) Ltd EC BUS-

DRYWER

VEREISTES:

• Lisensie Kode 14

• 1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer Skakel: 072-469-7517

Hendriks familie se duif wen

derby-vlug

WEDVLUGDUIWE is Saterdag op Hanover losgelaat vir die jaarlikse Derby-wedvlug. Die wedvlug is een van die hoogtepunte van die 2024 duiweseisoen.

Die Hendriks familie van CHPS duiweklub, het die Ceresvallei Federasie derby-wedvlug gewen. Marius Koopman het die Ope Ceres Federasie wedvlug gewen.

Dit was ‘n baie moeilike vlug met sterk winde. Die naweek vlieg duiwe weer vanaf Leeu Gamka.

Ceres Pigeon Society (CPS)

Jaaroud

1. Meyer en Van Wyk -1163.353 mpm

2. Camerin Mars -1154.098 mpm

3. Camerin Mars -1147.381 mpm

4. E. Lofts - 1140.016 mpm

5. Camerin Mars -1132.962 mpm

Ope

1. Marius Koopman -1230.621 mpm

2. Camerin Mars -1212. 464 mpm

3. Marius Koopman -1212.455 mpm

4. JRK Lofts - 1207.590 mpm

5. Camerin Mars -1191.278 mpm CHPS

Jaaroud

1. Hendriks familie -1206.232 mpm

2. Hendriks familie -1142. 409 mpm

3. Hendriks familie -1058.955 mpm

Vir inligting skakel Kerkkantoor by (023) 313-3694 Alma 083-443-0881

Dit is dieselfde skoolsaal, maar dis 40 jaar later. Ja, dis die 1980-matriekgroep se reünie soos beleef deur Petrus Boshoff, die verteller. Die voormalige matrieks word gekonfronteer met die spoke van die verlede en ‘n tragedie wat hulle 40 jaar gelede saam beleef het. Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere kragte saamgesnoer in die skep van eenmanstukke: Dana met die pen en Frank op die verhoog. Met Reünie is die sterk regisseurshand van De Klerk Oelofse bygevoeg. Verwag dieselfde fyn spot, deernis en ‘n tikkie nostalgie.

KATJIE GEVIND Ceres

Die pragtige grys en wit katjie is gevind by PicknPay sentrum. Baie mak en liefdevol. Bewys van eienaarskap vereiste. Skakel Alan by 082-568-6486

Huawei Mobile Wifi Router te koop. Nuut. Nog in boksie. R500. Skakel 082-721-4043. 16/08 23/08

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Wolseley. Moderne eenslaapkamerwoonstel te huur in ‘n veilige, stil omgewing. Geskik vir enkel, werkende persoon. R4 950 pm (krag uitgesluit). Maandeliks vooruitbetaalbaar. R4 000 deposito. Navrae: 081-756-71-67 (Slegs Whatsapp) c/s DL84 16/08

Worcester (Langerug). Moderne eenslaapkamerwoonstel te huur. Sentraal geleë. Geskik vir enkel persoon. R5 300 pm. Solar krag ing.! Maandeliks vooruitbetaalbaar. R5 000 dep. Navrae: 081-756-7167 (Slegs Whatsapp). c/s DL84 16/08

PLANT AND PLANT AND TOOL HIRE HIRE vanaf 09:00

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. (023) 3474092 Faks: (023) 342-8629 of www. trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

4. Mauritius Lofts -1048.319 mpm

5. Hendriks familie -952.890 mpm Ope

1. Team Koopman ARL -1214.582 mpm 2. Cyril en Ann Davids - 1200.871 mpm 3. Team Koopman ARL -1184.924 mpm 4. Cyril en Ann Davids - 1182.816 mpm 5. Cyril en Ann Davids -1157. 016 mpm BHPS

Emile Arries - 1008.958 mpm

Divan Muller - 1008.958 mpm

1. Emile Arries - 1101.035 mpm 2. C. Vergotine - 1095.725 mpm 3. Marquin Pieterse -1071.688 mpm 4. Emile Arries - 1064.454

ONS DOEN OOK HERSTELWERK

AAN ENIGE KLERE!

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere en -skoene asook wintersklere vir mans en vroue

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Ceres Vryburgers is ‘n groepie omgeemense wat ‘n verskil wil maak in mense se lewens in ons gemeenskap.

Instansies wat ondersteun word

• Huis Maudie Kriel• Ceres Tuiste

• Huis Pieter Strauss• Hamlet Selfsorg

• Gydosig• Gertruida se Kombuis

• HM Beets• Oppie Koppie

• Susan Bruwer Stigting

• Sesonke en Ceres Dienssentrums Deurlopende Projekte

• Woordverspreiding• Omgeewinkel

Om betrokke te raak by enige instansie of projek kan ons gekontak word per e-pos ceres.vryburgers@outlook.com of telefonies by 083-634-8068 (Louw-Marie)

Hoërskool

the

Charlie Hofmeyr

Hofmeyr

Mag elke leerder, personeellid, ouer, oud-skolier, ondersteuner en vriend van Charlies, pragtige herinneringe maak tydens Interskole 2024! Charlie Guts!

17 Augustus 2024 te Robertson INTERSKOLE

HS Charlie Hofmeyr vs. HS Robertson

Agter:Daniel Bakkes, Duran Shiba, Ainsley Pedro, Leroux Groenewald, Joshua Swarts, Phillip du Plessis, Glenwill Tromp

Middel:Keagan Kelly, Kyle Cardoso, Caleb De Vries, Aaron Richter, Jay-Jay Janse, Zephinith Sass, Izha-vin van Wyk, Deolyn Isaac

Voor:Louis Giliomee (afrigter), Luan Giliomee (k), Dillan Demas (afrigter), Tyron Davids (o/k), Fanna du Toit (afrigter)

Agter:Adriaan Nel, Heinrich du Toit, Jandre Wessels, Jaun Visser, Rossouw Matthee

Middel:Dehan Ontong, JD van Zyl, Charl Cedras, Jason Scott, Johan Roux, Colan Geldenhuys

Voor:Christoff van der Merwe (o/k), Franquin McDonald (afrigter), Arno Heyns (k), Joshua Klazen (afrigter), Daniel Overmeyer

Afwesig:Cristiano Vieira

Agter: Bokang Mofokeng, Izak Kotze, Daniel Jaeger, Gethan Pieters, Jacob Visser

Robertson

17 Augustus 2024 te Robertson HS Charlie Hofmeyr vs. HS

Voor:Ruwaida Koopman (sameroeper), Antonio Witbooi (k), Beandri Visser, Mia Murray Netbal Skaak

Agter:Anelia Malan, Ankia de Beer; Willene Cronjé, San-Mari Prins, Annerie Kotze, Mia Rautenbach

Voor:Rai-Lee Fredericks, Talia van der Berg (k), Cari Geldenhuys (afrigter), Jamey-Leigh Botman (o/k), Luzél Meaker

Oorhandiging van al die trofeë direk na afloop van die 1ste spanrugbywedstryd

Agter:Chanté Rossouw, Karla Groenewald, Anja du Plessis, Cari Cronjé.

Middel:Emma Nepgen, Helen du Toit, Annie de Wet, Lillian Lima, Lindie du Toit, Marike Lambrechts.

Voor:Bea Potgieter, Jo-Marie du Toit (o/k), Shane Blom (afrigter), Liza du Toit (k), Lia Bester

v.l.n.r.:Wilan van der Berg, Jaun Visser, Charl Conradie (k) Jandre Wessels

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Luan blink uit in wedstryd teen Georgia

LUAN Gilliomee, belowende losskakel en kaptein van Charlie Hofmeyr se eerste rugbyspan, is onlangs in die S.A. Skole A-span opgeneem. Die span het Maandag 12 Augustus hul wedstryd teen Georgia met 20-3 gewen. Luan het twee doel- en twee strafskoppe oorgeskop. * Na die tragiese voorval waarin ‘n lid van Frankryk se o/18 span verdrink het by Kaappunt en die span teruggekeer het na Frankryk, was die toernooi in die weegskaal. SA Rugby het besluit die toernooi kan voortgaan met wedstrydaanpassings. Die S.A. Skole A-span sou ‘n tweede wedstryd teen Georgia en een teen Ierland speel wat gekanselleer is.

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS

Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.

Notice is hereby given that the application below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or at 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.

Eiendom / Property

Remainder Portion 3 of the Farm La Plaisant No. 305, Tulbagh RD

Ligging / Location

2km South of Wolseley

Aansoeker / Applicant

MARTIN

Oosthuizen: BolandPlan Town and Regional Planning 082 5655 835 bolandplan@ breede.co.za

Aard / Nature

Remainder of Portion 3 of the Farm No. 305, rezoning a portion from Agricultural zone I to Agricultural zone II (Strathbreede packing shed)

Hersonering van ‘n gedeelte vanaf Landbousone na Landbousone II (Strathbreede pakstoor)

Verwysing / Reference

15/4/2/357

Sluitingsdatum / Closure date

16/9/2024

Simon

wen klubkompetisie

DIE individuele stableford kompetisie van Ceres gholfklub is die naweek deur Simon Molaza met 36 punte gewen. Glenny Nasson was in die tweede plek met 34 punte gevolg deur L. Tollon (besoeker) met 33 punte.

Sundowner kompetisie

Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford.

Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 putjies. Spelers moet die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings.

Augustusmaand se klubkompetisies: Op Saterdag 17 Augustus kan spelers vir ‘n enkel syfer plus kompetisie inskryf, op 24 Augustus vir ‘n enkel stableford kompetisie en op Saterdag 31 Augustus enkel progressiewe stableford kompetisie.

Min tyd vir inskrywings

Die jaarlikse Enkelspel- en Pare-putjiespel kampioenskappe vind ook binnekort plaas. Die inskrywingsfooi beloop R250 per speler. Indien lede vir beide enkels en dubbels inskryf, beloop die fooi R440 per speler. Inskrywings kan by die gholfklub se kroeg gedoen word of via 084-587-6332, 076-233-1981 of (023) 312-3068

Hamlet wen ver

‘n PAAR rugbywedstryde het Saterdag 10 Augustus in die Witzenbergstreek plaasgevind.

Ceres het die afgelope langnaweek weg teen Hillcrest gespeel en met 27-22 gewen. Hamlet was op hul tuisveld in aksie en het maklik met Wellington afgereken. Hamlet het 61-26 gewen.

Beide Bella Vista se wedstryd teen Newtons en Delicious se wedstryd teen Young Blues is afgestel oor weersomstandighede en nat speelvelde. Die wedstryde sal iewers in September ingepas word.

Die ander klubwedstryde wat ook nie in Juliemaand kon plaasgevind het nie, sal op 31 Augustus en 7 en 14 September ingepas word.

Uitslae van die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie:

Roses United klop Evergreens naelskraap met 7-3 en Wolseley klop Temperance met 16-13.

Uitslae van die Witzenberg Streekuitdaagkompetisie: Tulbagh is te sterk vir Op-die-Berg en wen 45-13, Paardekloof klop Môrester 3915, Lovedale klop Young Westlyans met 29-15, Vastrap wen 24-15 teen Red Roses en Lindeshof klop Young Good Hopes 6127.

Naweek se wedstryde

Ceres speel Saterdag 17 Augustus teen Evergreens terwyl Hamlet die gasheer is vir Bella Vista. Laasgenoemde wedstryd behoort weer vir baie opwinding te sorg. Delicious en Temperance van Gouda sal ook sake uitspook.

DRIE Ceresiete en kranige renjaers, het Saterdag 3 Augustus aan die All-Tar tydren op Killarney deelgeneem. Johann en Petra Zulch (foto heel bo) in aksie in die 439 WPMC S2 Ceres Toyota 1980 Ford Escort 1600 Sport. Die Zulch’s het eerste in die S2 klas geëindig met ’n tyd van 01:00:33 - 17 sekondes voor die tweede klas wenner. Johann neem al vir 37 jaar (sedert 1987), in dié motor deel. Hy word vanjaar weer deur Ceres Toyota geborg.
* Die twee Du Plessis-broers, Pierre (foto bo) en Jacques, het ook na ’n lang afwesigheid, teruggekeer vir dié tydren in hulle Toyota Conquest Rsi. Du Plessis Auto borg die broers.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.