WH Herald Witzenberg
Volume 23 no. 33
R7.00
Friday, August 28, 2020
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 27 Augustus
Vrydag 28 Augustus
Saterdag 29 Augustus
7° 9°
6° 15°
90 Minute vir goedkeuring! * Vinnig & Maklik * Geen Deposito * Geen Bestuurderslisensie * Keuse van 70 voertuie ☎ (021) 872-4667 of 082-672-2906 of hoofstraatmotorspaarl@gmail.com www.hoofstraatmotorspaarl.co.za
COOL TECH COOLTECH
Sondag 30 Augustus
4° 8°
VOERTUIG FINANSIERING
U BENODIG SLEGS: ID, Bewys van adres & inkomste, asook 3 maande bankstate
Michael Smit 082-265-6828 cooltech@lando.co.za
0° 10°
Ceres Koekedouw dam
91%
Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar
Lesing: 2020/08/26
Telephone: (023) 316-2021/3
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
REFRIGERATION • AIR CONDITIONING www.witzenbergherald.co.za
Ondersoek gelas na aanranding INWONERS van Wolseley was die naweek erg onstoke nadat ‘n jong man ernstig aangerand is. In ‘n video van die voorval wat deur ‘n skoolmeisie met haar selfoon verfilm is en wyd op sosiale media platvorms gedeel is, kan gesien word word hoe ‘n groot manspersoon op die rug van die kleiner slagoffer sit en hom aanrand terwyl dit lyk of omstanders niks doen om hom te keer nie. Polisieen buurtwaglede het eers later op die toneel aangekom. ‘n Groep omgekrapte inwoners het Maandag by die Wolseley polisiestasie bymekaar gekom en daarop aangedring dat die verdagte gearresteer en aangekla word. Gemeenskapleiers het tussenbeide getree en die gemeenskap die versekering gegee dat geregtigheid sal geskied en dat die verdagte aangekla sal word sodra die ondersoek voltooi is. Die Worcester sektorbevelvoerder, maj. genl. Mene, het later opdrag gegee dat 'n klag van aanranding om ernstig te beseer, deur Tulbagh SAPD se speurhoof, kapt. Kamfer, ondersoek moet word. Volgens die polisie het die aanrandingvoorval Saterdag 22 Augustus omstreeks 23:30 plaasgevind op die Kluitjieskraalpad. Die polisie is na die toneel ontbied waar hulle die 26-jarige bebloede slagoffer aangetref het waar hy langs die pad lê. ‘n 29-jarige verdagte en ‘n lid van Wolseley buurtwag, was ook op die toneel saam met ander buurtwag- en plaaswaglede. By nadere ondersoek is daar vasgestel dat die verdagte (29) - wat nie aandiens was nie en intussen geskors is - het saam met ‘n ander buurtwaglid op inligting gereageer om op die uitkyk te wees vir onbekende ver-
Dronkbestuur-saak
Motorbestuurder tref twee padverwers op brug TWEE padwerkers is Sondag 23 Augustus in Voortrekkerstraat beseer nadat ‘n motorvoertuig hulle getref het. Die twee beseerdes, Ashwill Smith (26) en Ryan Engelbrecht, is na die Ceres hospitaal geneem vir behandeling. Hulle is omstreeks 15:05 op Van Bredabrug getref terwyl hulle besig was om strepe in die hoofstraat te verf. Die bestuurder van dié Ford-motor was na bewering onder die invloed van alkohol. Hy moet eers op 14 Februarie 2021 in die hof verskyn in afwagting van bloedtoetse wat eers oor ‘n paar maande terug ontvang gaan word.
dagtes wat na bewering sonpanele op ‘n nabygeleë plaas gesteel het. Volgens die polisie het ‘n Ford Ranger bakkie dwars oor die pad gestop om 'n aankomende Toyota Tazz te forseer om te stop. Die 26-jarige slagoffer het uit die Toyota geklim en gevra dat die bakkie uit die pad getrek waarna daar ‘n konfrontasie en geveg tussen die mans ontstaan het. Die polisie ondersoek nou die voorval waartydens die 29-jarige man vermoedelik met ‘n mes gesteek is en die 26-jarige kopbeserings opgedoen het in die aanranding. ‘n Ambulans is ontbied en die slagoffer is eers na Ceres hospitaal vervoer voordat hy oorgeplaas is na Tygerberg hospitaal. Hy sou moontlik Woensdag na Ceres hospitaal oorgeplaas geword het. Sover verneem kon word is sy toestand stabiel en is hy buite gevaar. Die verdagte is met privaat vervoer na ‘n hospitaal geneem. Reaksie Die aanranding is wyd op sosiale media gekritiseer en veroordeel. In die meeste gevalle het mense ook hul woede daaroor uitgespreek. Talle was teleurgesteld dat dit plaasgevind het en glo dit kon verhoed gewees het. Die polisie moet nou toegelaat word om hul ondersoek na die voorval af te handel. Indien daar ooggetuies is moet hulle met die polisie skakel by (023) 230-8100. Die name van die slagoffer en die verdagte sal bekendgemaak word sodra die ondersoek voltooi is en die verdagte aangekla en in die hof verskyn het. 'n Verklaring sal deur die polisie se ondersoekbeampte by die slagoffer afgeneem word sodra hy na Ceres hospitaal oorgeplaas is.
ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 27 - 30 AUGUST 2020 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. CERES SUPERSPAR TOPS: SUPERSPAR BUSINESS HOURS: BUSINESS HOURS: (023) 316-2226 Mon - Sun 07:00 - 19:00 Mon - Thur 09:00 - 17:00
11499 11499 11999 p/kg
Sirloin Steak
p/kg
Whole or ½ Lamb
Beef Oxtail
SERVING SUGGESTION
p/kg
99
p/kg
7kg Aartappel 1kg Patat 1kg Uie 750g Wortels 1 heel Kool
Spar Choice butter brick 500g
4999
COMBO
10000
each
CocaCola original soft drink 1.5L
99 each
5999 each
4 FOR
5000
99
2 FOR
20
00
5999 each
5kg Spar Briquettes
each
Head & Shoulders Anti-dandruff shampoo 400ml
Nou beskikbaar by Ceres Superspar
1kg Tamaties
15
5kg Spar IQF mixed Chicken portions
3kg Omo Auto (Regular or Touch of Comfort) washing powder
64
eacg
p/kg
Tenderised Steak
7999
p/meal
Beef Stew and Rice
Fillet Steak
8999 139
Panini 4’s
1999 1500
Twinsaver Toilet 1-ply 500 sheets Tissue 8’s Dettol soap
3699 each
Spar Long Life Milk, Full Cream, Low Fat or Fat Free 6 x 1L
72 69
2
WITZENBERG HERALD
Friday, August 28, 2020
Fotoklub byna op die been DIE finale reëlings om ‘n fotografieklub vir die Witzenbergstreek te stig is byna klaar. Belangstellendes kan nou reeds begin aansluit by die Witzenberg Photographic Society (WPS). Vir meer inligting skakel Phillip de Lange by 078-8639-184 of Gerrit Opperman by 083-2538-240. Alle belangstellendes wat in fotografie belangstel - kamera of selfoon - is welkom om te kom aansluit. Skoliere wat wil aansluit is ook welkom. ‘n Geskikte plek word nog in Ceres gesoek. Daar sal vir eers voorlopige bymekaar gekom word in 35 Paulingstraat, Wolseley.
TOGRYERS museum het onlangs die groenlig ontvang om weer hul deure te heropen vir die publiek nadat dit lank gesluit was weens COVID-19. Vanaf Dinsdag 18 Augustus kan besoekers weer van heinde en verre, die museum besoek tydens besigheidsure (09:00-15:00) op Maandae tot Vrydae. Toelating is natuurlik onderhewig aan streng COVID-19-voorwaardes, maatreëls en protokolle wat daagliks op ‘n deeglike wyse toegepas moet word, soos die skanderings- en saniteringsprosesse. Indien ‘n besoeker enige Covid-19-verwante simptome toon, sal dit onmiddelik gerapporteer word. Die bestuurder vra dat elke besoeker die voorgeskrewe voorkomingsmaatreëls sal respekteer en sal toepas vir almal se veiligheid. “Ons sien dan verskriklik uit om almal weer almal met ope arms te verwelkom. Veral die plaaslike gemeenskap word genooi om die museum te besoek. Die museum sal Saterdag, 29 Augustus spesiaal oop wees vir ons gemeenskap en besoeke is gratis.
Jong model wil plaaslike jong mense inspireer om drome na te jaag
Wiese besoek Ceres Superspar CERES Superspar verkoop sedert Augustusmaand ‘n wye reeks Wiesenhof koffies in hul winkel. Kobus Wiese, eienaar van Wiesenhof koffies en oudSpringbok-slot, het die winkel verlede Vrydag besoek en met kliënte en personeel gesels. Elkeen kon ‘n koppie gratis koffie by die stalletjie in die winkel kom drink.VOOR: Wynand van Jaarsveld (mede-eienaar van Ceres Superspar) en Juanita en Arno Koen (mede-eienaars van Ceres Superspar). AGTER: Kobus Wiese. Tydens die besoek het Kobus Wiese ook ‘n tydjie afgeknyp om saam kliënte vir ‘n foto te poseer en met hulle te gesels. Hier is hy saam met Hennie Titus afgeneem.
GRIFFON van Schalkwyk (23) is tans ‘n model en woon die afgelope drie jaar in Bella Vista. Hy speel ook rugby vir Bella Vista rugbyklub. Griffon is tans ‘n model nadat hy ‘n ruk gelede deur GMSA Models raakgesien is. Hy wil jong seuns en meisies van die streek aanmoedig om nooit op te gee om hul drome na te jaag nie. Hy benadruk dat dit elkeen se verantwoordelikheid is om sy eie toekoms uit te kap maar dit is ook belangrik om iemand te hê na wie jy kan opkyk! Ek wil die plaaslike jeug motiveer en wys dat niks is onmoontlik as jy hard werk en met uithouvermoeë uitnemendheid bereik nie.
Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, Afrika se grootste produseerder en bemarker van appel- en peer konsentraat, asook ‘n reeks ander konsentrate en purees, bied die volgende geleentheid by sy fabrieksaanleg in die skilderagtige Bolandse dorp, Ceres.
REKENKUNDIGE KLERK CFP het huidiglik ‘n vakature in die Finansies departement en die bekleër van hierdie uitdagende pos sal verantwoordelikheid aanvaar vir: • Vervoer krediteure, betaling en rekonsiliasie van rekenings • Fakturering van plaaslike debiteure • Debiteure krediet aansoeke • Kommissies van verkope rekonsiliasies • Opdatering en afhandeling van die Bateregister • Hantering van sagteware stelsel probleme en uitsortering daarvan met IT diensverskaffers • Algemene grootboek instandhouding • KIOSK boekhouding • Hulp met maandeindes en voorraad rekonsiliasies • Bestuur van die siklus voorraad tellings • Statistiek SA opgawes Die ideale kandidaat sal oor die volgende beskik: • Graad 12 met ondervinding in ‘n gerekenariseerde rekeningkundige omgewing • Naskoolse kwalifikasie in rekeningkunde • Ondervinding in rekenkundige pakkette soos Accpac, Pastel of Microsoft Great Plains. Voorts word vereis dat die ideale kandidaat ‘n hoë energievlak, verantwoordelikheid en selfstandige optrede sal openbaar. Aansoeke kan gerig word aan: Die Bestuurder: Mense- & Prestasiestelsels Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, Posbus 366, CERES, 6835 Of per e-pos aan: dlintnaar@cfp.co.za Sluitingsdatum: 11 September 2020
WITZENBERG HERALD
3
Friday, August 28, 2020
Ses mans in hof vir openbare geweld SES mans, waarvan twee minderjariges is, is onlangs weens openbare geweld deur die polisie gearresteer. Vyf van die verdagtes het die afgelope week in die Ceres landdroshof verskyn. Die arrestasies volg na geweldadige protesaksies tussen 10 en 13 Augustus buite Ceres. Die groep betogers het aan ‘n onwettige protesoptrede teen die toekenning van huise in die Vredebes geintegreerde behuisingsprojek deelgeneem. Bande is aan die brand gesteek, klippe en petrolbomme is na polisie gegooi en ‘n Shoprite vragmotor en ‘n bakkie van die Witzenberg muninisipaliteit is ondermeer uitgebrand. Die Nduli biblioteek en E-centre is ook gedeeltelik beskadig toe dit aan die brand gesteek en van die rekenaars gesteel is. Die swembad is ook beskadig. Twee huise in die Vredebes behuisingsprojek is ook beskadig deur petrolbomme en moet deur die munisipaliteit herstel word. Die Witzenberg munisipaliteit kan eers nadat ‘n kosteberaming gedoen is, sê wat die skade aan hul eiendom beloop. Dit kan meer as R1 miljoen beloop. Hou nie by ooreenkoms Die protesaksie-komitee is van mening dat die Witzenberg munisipaliteit nie by hul ooreenkoms gehou het nie en beroep hulle op ‘n raadskrywe van 7 April 2014. Daarin word gemeld dat Nduli-inwoners wat kwalifiseer vir huise, eerste na die 200 gedienste erwe by Vredebes verskuif sou word. Daarna sal die Nduli erwe ontwikkel word. (Sien die munisipaliteit se antwoord hierop hiernaas). Hofverskyning Drie van die ses verdagtes is nog in aanhouding en een is op borg van R300 vrygelaat. Dit is nie bekend of die een minderjarige borg gekry het nie. Drie mans, Daniel de Bruyn (27), Anan Ncaphayi (31) en ‘n 17 jarige, het op Maandag 24 Augustus in die Ceres landroshof op klagtes wat verband hou met openbare geweld, verskyn. Die saak is tot 3 November uitgestel. Nog twee mans, Lumkile Yisa (36) en Keketse Noka (18), het Donderdag 20 Augustus in die Ceres landroshof op klagtes wat verband hou met openbare geweld, verskyn. Die saak is tot 6 Oktober uitgestel. OPOD-ondersoek Tydens die protesaksie is Sphiwo Dibinkondzo (40) vermoedelik deur ‘n rubberkoeël getref. Hy is Saterdag 22 Augustus in die Tygerberg hospitaal dood. Die saak word nou deur OPOD ondersoek. Geen begrafnisreëlings is bekend nie.
Geen arrestasies Die Ceres SAPD het die week bevestig dat daar nog geen arrestasies gemaak is nadat ‘n vragmotor en bakkie uitgebrand is nie. Niemand is ook nog in hegtenis geneem weens die diefstal van die rekenaars nie.
Oudinwoner en dominee oorlede
Die munisipale bestuurder, mnr. David Nasson, gee die volgende verduideliking:
DS. Chris Phillips, voormalige leraar van die VGK gemeente Wolseley, is Woensdag 26 Augustus oorlede. Ds. Phillips moes op vroeë ouderdom aftree weens ‘n spiersiekte en was die laaste paar jaar saam met sy vrou, Natasha en kinders, in Worcester woonagtig. Hy was is sy jonger dae ‘n kranige rugby-, krieket- en skaakspeler.
DIE plaas Vredebes was destyds deur die munisipaliteit (nog in die era van burgemeester John Schuurman), aangekoop vir ‘n geintegreerde behuisingsprojek. Die munisipaliteit het sedert 2006 behuisingsprojekte in al sy dorpe gedoen waarvan Vredebes die eerste geintegreerde projek is. Terwyl die munisipaliteit met die beplanning van Vredebes besig was, het ons terselfdertyd gefokus om Nduli se informele areas te formaliseer - met ander woorde om die plakkersarea op te gradeer na gedienste erwe. Nduli het egter nie genoegsame oop grond en was die gedagte om persone in die Mooiblomarea (langs die R46) en mense langs die OnderSwaarmoedpad te skuif sodat die munisipaliteit gedienste erwe kan uitsit. Dit was om hierdie rede dat ons die raadskrywe van 7 April 2014 vir die opneem van die 200 erwe in Vredebes gegee het. Ongelukkig het die munisipaliteit se opnames gewys dat baie inwoners van Nduli nie sou kwalifiseer vir gesubsidieerde huise in Vredebes wat ons bedoeling dan onmoontlik sal maak. “Toe ons Vredebes beplan het was dit slegs vir die bou van huise en nie gedienste erwe”. Die munisipaleraad se behuisingskomitee het intussen ook besluit om ‘n geintegreerde waglys in oorleg met die provinsiale behuisings departement, te implimenteer. Die komitee het verder besluit om toekennings te doen aan die hand van voorafooreengekome kriteria vir doeleindes van billikheid en deursigtigheid. Al hierdie veranderings was oor ‘n aantal vergaderings aan rolspelers gekommunikeer. In Nduli spesifiek was die aangeleentheid op ‘n paar gemeenskapsvergaderings deurgegee aan inwoners. Met die finale goedkeuring van die projek deur die Wes-Kaap provinsie, moes die munisipaliteit volgens voorgeskrewe wetgewing ‘n begunstigdekomitee kies om oorsig te hou oor die toekenning van allokasies. Die komitee is gekies wat Nduli verteenwoordigers ingesluit het en daar was geen onduidelikheid dat die projek tot voordeel van die hele Witzenbergstreek is nie. Selfs tydens die laaste vergadering - voor die konstruksie van die top strukture - het ‘n direkteur van die provinsiale departement ook duidelikheid hieroor gebring. Tydens die munisipaliteit se vergadering met die huidige verteenwoordigers op 11 Augustus, was die aangeleenheid weer opgeklaar. Geeneen van die komiteelede het oor die afgelope paar jaar vergaderings bygewoon nie en is hul aanspraak op Vredebes uitsluitlik op rasse voorkeur gebasseer. Die burgemeester, rdl Barnito Klaasen, het dit duidelik gemaak dat hy nie goedkeuring van enigiets sal toelaat wat op ‘n rassegrondslag gebasseer is nie. Die huidige verteenwoordigers het ook volgehou dat hulle nie die raadslede en/ of strukture erken en het daarop aangedring dat die vakante huise aan swart inwoners van Nduli toegeken moet word en dat die bruin bewoners die huise moet ontruim.
Polisieman weer in hof vir verkragting ‘n POLISIESERSANT moet weer in September in die streekhof verskyn op ‘n klag van verkragting. Die 2017-verkragtingsaak teen die Ceres SAPD-lid is weer terug op die streekhofrol geplaas nadat dit vir byna ‘n jaar lank geskrap is in 2019 en sonder rede van die hofrol verwyder is. Daar is later vasgestel dat die ma van die verstandelike slagoffer, die saak gaan terugtrek het. Die 39-jarige polisiesersant kan volgens die strafproseswet eers geidentifiseer word sodra hy gepleit het. Die saak is Maandag 24 Augustus tot 14
September uitgestel sodat hy ‘n prokureur kan aanstel. Volgens inligting het die verkragting gedurende Mei 2017 in die polisiebarakke op Wolseley plaasgevind. Hierna het OPOD die saak vir meer as ‘n jaar lank ondersoek voordat hulle aanbeveel het dat die polisieman aangekla moet word. In Junie 2018 het hy in die Wolseley landdroshof verskyn weens die beweerde verkragting van ‘n 22-jarige verstandelik gestremde vrou. OPOD het destyds geen skorsing aanbeveel en die verdagte werk sedertdien onverpoos voort by die Ceres polisiestasie.
Kalahari-tragedie
Hulp word ingeroep met ondersoek DIE hulp van meer gespesialiseerde forensiese kundiges en antropoloë is die afgelope week ingeroep om die oorsaak van ‘n brand in die Kalahari vas te stel. Die brand het ‘n luukse grasdakhuis van Blinkwater Desert Manor Place verwoes en die lewens van tien mense van Ceres, P.A. Hamlet en Op-die-Berg geëis. Dié tragedie het Sondag 16 Augustus omstreeks 01:20 plaasgevind ongeveer ses kilometer van die Kgalagadi Lodge en Kgalagadi National Transfrontier Park. Die oorsaak van die brand is nog onbekend. Gesterf Drie jong gesinne van die Witzenbergstreek, die Bauer-gesin, Carstens-gesin en Davingesin van Ceres was vanaf Maandag 10 Augustus met vakansie in die Blinkwater Lodge. ‘n Brand het die houthuis met ‘n grasdak waarin die gesinne tuisgegaan het, heeltemal verwoes. Die drie pa’s het verskeie kere die brandende huis ingegaan om die kinders te red.
Drie lede van die Davin-gesin het in die brand omgekom. Frans-Jan (5) en sy sussie, Iza (3) en Frans Davin jr. (36) het gesterf. Die hele Carstens-gesin is in dié treurspel uitgewis. Dané Carstens (36) het saam met haar twee seuns, Pierre-Johan (5) en Magiel (3) gesterf. Haar man, Hendri Carstens (37) het later in die hospitaal gesterf. Stefan Bauer (39) en hul twee dogtertjies Inge (6) en Elné (4), het ook in die brand gesterf. Net Wilmien Davin en haar seuntjie Ben en Madelein Bauer het die treurspel oorleef. Troosdienste ‘n Troosdiens word Saterdag 29 Augustus om 11:00 vir die Carstens-familie gehou. Die troosdiens vind plaas vanuit die P.A. Hamlet NG gemeente. ‘n Troosdiens vir die Davin-familie word Dinsdag 1 September gehou. Die begrafnis van die Bauer-familie is nog nie gefinaliseer nie. * Weens COVID-19 regulasies sal mense slegs op uitnodiging die dienste kan bywoon.
4
WITZENBERG HERALD
Friday, August 28, 2020
Een persoon sterf die week aan CV-19 DAAR is hoop vir die Wes-Kaap en SuidAfrika met die stelselmatige afname van COVID-19 gevalle en sterftes. Verdere goeie nuus is dat die streek se COVID-19 statistieke besig is om te verbeter met slegs 57 aktiewe gevalle. Na die virus vir vier agtereenvolgende weke ses slagoffers per week in die Witzenbergstreek geëis het, is daar die week net een persoon oorlede. Die positiewe gevalle in die Witzenbergstreek staan nou op 1494. Net een persoon is die week dood wat die sterftesyfer in die streek na 57 opstoot. Statistieke Teen Dinsdag 25 Augustus was daar 1494 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 1380 herstel met slegs 57 aktiewe gevalle wat nog gesond moet word. Daar is tans net 5 mense in Dennebos vakansieoord se tydelike kwarantynfasiliteit. Positiewe gevalle wat die meeste in dorpe en woonbuurte voorkom: Nduli (232), Bella Vista (310), Ceres (318), Tulbagh (112), Wolseley (214), Warmbokveld KD (24), P.A. Hamlet (183), Koue Bokkeveld plase (25), Warm Bokkeveld plase (21), Dwarsrivier KD (2), Obiqua KD (1), Op-dieBerg (13), Agter-Witzenberg plase (14), Breërivier (8) en 2 gevalle buite Witzenberg.
Ceres het nou slegs 2 aktiewe gevalle, Bella Vista het 11 aktiewe gevalle, Wolseley het 7 gevalle en Tulbagh 4 gevalle. P.A. Hamlet het die week 10 gevalle en Nduli 4 gevalle. Ouderdomsgroepe wat positief getoets het in hakies: Onder 5 jaar (15), 5-9 jaar (10), 10-19 jaar (90), 20-29 jaar (305), 30-39 jaar (354), 40-49 jaar (312), 50-59 jaar (212), 60-69 jaar (105), 70-79 jaar (42), 80-89 jaar (34), 90-99 (14) en 100-110 (1). Die meeste gevalle (971) kom steeds tussen die ouderdomsgroepe 20-49 jaar voor. Sterfgevalle statistieke Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 3761 (tot 25 Augustus), daar is 102698 positiewe gevalle aangemeld en 93920 het volkome herstel. Daar is nog 197 pasiënte in ICU. Sewe en vyftig (57) COVID-19 sterfgevalle is sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek aangemeld (Wolseley het steeds die meeste sterftes met 12 daarna volg Ceres met 10, Bella Vista met 9, P.A. Hamlet met 8 gevolg deur Nduli met 7, Tulbagh met 5 sterftes, KBV plase met 2 sterftes en Breërivier en Op-dieBerg met 1 sterfte elk. Vlak 2 Suid-Afrika is sedert Dinsdag 18 Augustus op vlak 2. Vlak 2 beteken ondermeer dat drankwinkels en restaurante - met sekere beperkings - weer drank mag verkoop en be-
Vlak 2
Binnelandse sake weer oop vir ID-aansoeke INWONERS kan nou weer vir permanente identiteitsdokumente aansoek doen. Die nasionale minister van binnelandse sake, dr. Aaron Motsoaledi, het onlangs nuwe instruksies in die staatskoerant gepubliseer om meer bedrywighede by die departement se kantore toe te laat. Mense aan wie tydelike identiteitssertifikate tydens die maandelange inperking uitgereik is, kan nou vir slim-ID-kaarte aansoek doen. Die Thusong kantore in Bella Vista is ook nou oop vir aansoeke vir wysigings of korreksies aan persoonlike besonderhede of om dokumente aan te vra. Mense met navrae kan hulle by (023) 315-5021 skakel.
dien. Die verbod op die verkoop van tabakprodukte is ook opgehef. Die aandklokreël om 22:00 is steeds inwerking. Die afgelope naweek was die eerste een in vlak 2 en traumagevalle het klaar weer begin toeneem. Daar was ook talle motorongelukke in die provinsie noudat maatreëls verslap is en mense meer vrylik kan rondbeweeg. Skole Die skoolbywoning in die streek is onder omstandighede aanvaarbaar maar daar is steeds ‘n bekommernis oor matrieks wat nie meer skool bywoon nie. Daar is tans 670 matrieks in vyf skole waar klasbywoning per week wissel tussen 64% en 82%. Die meeste van die 21 laerskole is byna voltallig. Daar is een skool se bywoning wat baie swak is. Meeste van die skole se graad 7 leerders gaan om die beurt skool toe. Onderwysers in die streek met onderliggende siektes moet steeds by die huis bly. Primêre gesondheidsorg Terwyl COVID-19 bestuur word, word daar geleidelik meer aandag aan ander noodsaaklike dienste gegee. Die bestuur van kroniese toestande soos diabetes, hoë bloeddruk, MIV/VIGS en TB is van groot belang omdat hierdie toestande jou liggaam se vermoë om siektes af te weer, beïnvloed.
Die gesondheid van kinders en vroue is ook in die kollig. In die eerste 1 000 dae van ‘n kind se lewe vind die meeste groei en ontwikkeling plaas. Wanneer kinders in hierdie tyd goeie ondersteuning kry deur bv. al die roetine immunisering by die plaaslike kliniek te ontvang, sal die kind minder siek word en ‘n sterker, gesonder volwassene wees. Mediese inligting Die Pocket Clinic Whatapp vir diabete is ‘n paar weke gelede bekendgestel. Dit is egter nog net vir die Kaapse Metro. Die departement van gesondheid sal inwoners buite Kaapstad in kennis stel sodra die diens na gebiede buite die stad uitgebrei word. Intussen kan inwoners ander mense met kroniese toestande op verskeie maniere beskerm. Bied aan om namens mense wie ouer as 55 of mense met kroniese toestande, noodsaaklike inkopies te doen of hul medikasie af te gaan haal. Jy kan ook met hul kliniekkaart na ‘n gesondheidsfasiliteit gaan, hulle ID toon om namens hulle hul kroniese medikasie af te haal. Inligting As jy in die Witzenberg distrik woon kan jy (023) 316-9600 skakel of ‘n epos stuur na Lulamile.Wawini@westerncape.gov.za
Mask on - to save lives THE Western Cape Blood Service (WCBS) would like to reassure donors that it remains safe to donate blood and that the safety of our staff and blood donors remain our top priorities. “Since the outbreak of COVID-19 we remained vigilant to ensure the ongoing safety at each of our blood donation clinics and at our offices. Wearing a mask when in public and donating blood remains mandatory”, says Marike Gevers, Public Relations Manager at WCBS. During the month of August, WCBS will be giving each donor who successfully donates a unit of blood a limited-edition facemask. “We are experiencing a critical shortage in blood, especially in O and B blood groups.Currently we have a 2-day blood stock level and urge all eligible donors to please donate blood”, added Gevers. WCBS need to collect 700 units of blood daily in order
to supply the Western Cape with a safe, sustainable blood supply. Traditionally, the winter months are a difficult blood collection period due to the fact that many regular donors suffer from colds and flu and consequently are unable to donate, and the COVID-19 pandemic has also added to this pressure. If you are between the ages of 16 and 75, weigh 50kg or more, are healthy on the day of donation, lead a safe sexual lifestyle and would like to save three lives in just 30 minutes, you should be able to donate. To find out where you can donate please visit www.wcbs.org.za, call (021) 507-6300 or send us a WhatsApp on 060 549 7244. Upcoming clinic details for Witzenberg: 3 September 15:30-20:00 in the Ceres Town Hall in Voortrekker Street. Duration: Donation usually takes 30 minutes. Remember to eat balanced meal four hours before you donate blood
WITZENBERG HERALD
5
Friday, August 28, 2020
LAERSKOOL F.D. Conradie het ‘n ruk gelede sporttoerusting ontvang. Hier is Marike Lambrechts en Tamryne Cobern met hul geborgde waterbottels afgeneem. LAERSKOOL F.D. Conradie het ‘n ruk gelede sporttoerusting ontvang. Die rugbyspan het rugbybroekies (Koelfontein), reënbaadjies (Nexus), wit gholfhempies (Afgri), blou gholfhempies (Klein Karoo Saad), sportsakke (Inteligro) en rugsakke (Hannes Hanekom), ontvang. Geldenhuys Slaghuis het vleis vir afsluitingsbraai geborg en Doornkraal Agri het ‘n donasie gegee. Op die foto links is Rushaan Davids met ‘n sportsak afgeneem.
SONICA Darlington is onlangs as die Dux student (Vroeë Kinderontwikkeling) van Boland Kollege aangewys. Ceres Lions pre-primêr is trots op haar prestasie en werk sy vanaf 2016 by die instelling op Ceres. Haar passie is kinders en glo dat die Here haar vir dié beroep geroep het. Sonica het op Nababeep in die NoordKaap grootgeword en skoolgegaan. Haar Vrouemaandraad aan ander jong meisies is om op hul drome te fokus en hard te werk. Probeer altyd en as jy faal, staan weer op en skud jou af. Probeer weer!
ROEP VIR VOORSTELLE: SKOONVLEI MUNISIPALE KLEIN BESIGHEIDSENTRUM HUUREENHEDE
LAERSKOOL F.D. Conradie het ‘n ruk gelede sporttoerusting ontvang. Die skool is baie dankbaar vir die borgskap van hul o/13 netbal- en rugbyspan se klerasie vir die toere wat op 19-21 Maart en 23-27 April sou plaasvind. Die netbalspan het wit gholfhemde (Midas), blou gholfhemp en kort oefenbroek (CFG), lang opwarmingshemp (CFP), baadjies (Karsten), sokkies (Francois la Grange), waterbottel en hoedjie (Nexus) en rugsakke (Lilian Goosen), ontvang. Hier is Danielle Engelbrecht en Saskia Hammat met hul sportsakke afgeneem.
Witzenberg Munisipaliteit beplan ‘n klein besigheidsentrum in die Skoonvlei Industriële area, Bella Vista, Ceres, op die hoek van Forel- en Bankstraat. Die Besigheidsentrum gaan beskik oor enkeleenhede (±3m x 6m) en ‘n dubbele eenheid (±3m x 12m). Die eenhede beslaan uit omskepte vraghouers en gaan geskik wees vir kantoor gebaseerde of ligte industriële besighede. Daar word ‘n beroep gedoen op klein besighede om aansoek te doen vir die huur van die eenhede. KRITERIA: • Slegs opkomende Klein, Medium en Mikro ondernemings (KMMO’s) kan in aanmerking kom • Die besigheidseenhede kan nie gebruik word vir die verkoop van drank nie • Die elektrisiteitsaanbod grootte vir die enkel eenhede is 60A en die verklaarde spanning is 230 Volt (enkel fase); die elektrisiteitsaanbod grootte vir die dubbel eenheid is 40A en die verklaarde spanning is 400 Volt (3 fase). Vooruitbetaalde meters gaan geïnstalleer word met Munisipale tariewe van toepassing. • Aansoekers moet nie agterstallig wees met hul munisipale rekeninge nie en moet ‘n geldige belastingsklaring dokument hê • Slegs inwoners van Witzenberg Munisipale area sal toegelaat word om aansoek te doen • Die handelaar/besigheidseienaar moet in besit wees van ‘n geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument • Slegs een besigheidseenheid sal uitgereik word per besigheidseienaar en slegs een besigheidseenheid sal uitgereik word per huishouding • Aansoekers wat suksesvol ‘n KMMO bedryf het in die afgelope 12 maande en wie huidiglik operasioneel is, sal voorkeur kry • Vorige deelname aan Witzenberg Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling besigheid kapasiteitbou programme sal voordelig wees • Voorkeur sal gegee word aan aansoekers wat Suid-Afrikaanse produkte verkoop of wat voorraad of diens self produseer. AANSOEKPROSES: • Die aansoek proses beloop in samewerking met die Beleid vir die Bestuur van besigheidseiendom vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling doeleindes, met sy doel van bekwaammaking van voorheen benadeelde gemeenskappe • Aansoekvorms vir aansoekers is beskikbaar by alle Munisipale Kantore, alle munisipale biblioteke en die offisiële webwerf: www.witzenberg.gov.za (Aansoekvorm vir Munisipale Eiendom) • Die voorgeskrewe vorm moet volledig ingevul en tesame met ondersteunende dokumente in ‘n duidelik gemerkte, verseëlde koevert, SLEGS by die Argiewe Afdeling in Ceres (Munisipale Hoofkantoor) ingedien word of gestuur word via e-pos: admin@witzenberg.gov.za • Daar moet duidelik op die aansoekvorm aangedui word dat aansoek gedoen word vir die Skoonvlei Munisipale besigheidsentrum • Aansoekers wie se aansoekvorms en besigheidsplan aan die kriteria voldoen, sal gekortlys word • Kortgelysde aansoekers kan genooi word vir ‘n onderhoud om hul aansoek en volhoubaarheid van hul besigheid voor te lê • Die onderhoudpaneel gaan ‘n aanbeveling maak aan die Kommittee vir Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling • Die Kommittee vir Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling sal die aanbevelings hersien en die finale aansoekers se name deurgee aan die Witzenberg Raad vir goedkeuring • Suksesvolle kandidate sal ingelig word oor die uitkomste van hul aansoeke en sal versoek word om die huurfooie te betaal na tekening van die huurkontrak • Die besigheidseenhede sal verhuur word aan klein besighede, in terme van die getekende huurkontrak, vir ‘n periode van 24 maande, hernubaar op absolute diskresie van die Raad • Die Witzenberg Raad sal die huur tarief bepaal AANSOEKE SLUIT: 18 September 2020 om 16:00 VIR ENIGE NAVRAE STUUR E-POS AAN: Riaan Fick by riaan@witzenberg.gov.za of Rachel Sauls by rachel@witzenberg.gov.za of skakel (023) 316-1854
6
WITZENBERG HERALD
classifieds
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Katrina Gertruida (Ouma Tiena) van Wyk Maria Jooste
1958/06/01 - 2020/08/21 Privaat begrafnis: Sat. 29 Aug. 2020
Slegs 45 naasbestaandes 1,5m Afstand moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Was hande of gebruik sanitizer
Huis: 10:00, Jasmynstr. 6, BV Graf: Bella Vista
Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814
Susanna Gordon
1953/11/14 - 2020/08/23 Privaat begrafnis: Sat. 29 Aug. 2020
Slegs 45 naasbestaandes 1,5m Afstand moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Was hande of gebruik sanitizer Huis: 11:00, 2DE str. 38, Vredebes, Ceres Graf: Bella Vista
Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814
1949/07/10 - 2020/08/21 The Broken Chain We didn’t know that morning God was going to call your name. In life we loved you dearly. In death we do the same. It broke our hearts to lose you. You dit not go alone. For part of us went with you, the day God called you home. You left us beautiful memories. Your love is still our guide. And though we cannot see you, you’re always by our side. Ou family chain is broken, and nothing seems the same. But as God calls us one by one, the chain will link again. From Oupa Kassie, LéOwen, Cayleb and Bradley
Anna Louisa (Annie) van Wyk
Christiaan Gabriël (Chris) van der Merwe 1938/05/27 - 2019/08/30
1928/07/08 - 2020/08/23
Ons groet ons pa, oupa en oupagrootjie met baie mooi herinneringe. Ons harte pyn, maar ons berus. dogters Ansie, Susan, Maritha, skoonseuns en gesinne.
Katrina Gertruida (Ouma Tiena) van Wyk
30 Augustus is u een jaar weggeneem. God het u geroep na Sy Ewige Tuiste. Ons mis u baie Mamma.
Van u verlangende kinders, kleinkinders, en agterkleinkinders
Bondels koerante @ R15 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
1949/07/10 - 2020/08/21
Huis Huis: 10:00, Geelhoutstr. 73, BV Graf Graf: 11:00, Bella Vista
Katrina Gertruida (Ouma Tiena) van Wyk
1949/07/10 - 2020/08/21 MISSING YOU ALWAYS
You never said I’m leaving. You never said goodbye. You were gone before we knew it. And only God knows why. From Nelie, Estelle, Monique, Marshonique, Névan and Cailyn
082-859-2300
Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en “automation”. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 59 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
MAMA FATIMA & PROF
Muti mama - die een wat lewens kan verander. Die beste van die beste! Ons wil almal wat al misluk het kanse gee. Ons help met: Mislukte huwelike. Onopgeloste finansiële probleme wat ander dokters nie mee kon help nie. Verlore liefde. Geliefdes wat jou gelos het vir iemand anders of egskeidings. Stop buite egtelike verhoudings. Maak hom/ haar net joune alleen. Stop hom/haar om op jou te cheat. Help om ‘n baba te kan kry, werk te kry, jou salaris te verdubbel en ‘n promosie te kry. Wil jy jou besigheid laat groei? Huur magic stok beurs vir lotto, casino, perde. Resultate binne 2 dae. Besoek ons in Ceres.
Mama Fatima & Prof by 078-082-6131
MAMA ZAINA & PROF SULA
100% finansiële sukses & verhoudingskenner
Privaat begrafnis: Sat. 29 Aug 2020 Volgende reëls in opdrag van regering: • Net 45 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Onthou hande was of gebruik sanitizer • Maskers verpligtend
Skakel
h/v Albert- en Voortrekkerstraat (Agter die Spur)
Skakel vir Nuzeel Bergman 081-089-9736 of besoek ons vir vele spesiale aanbiedinge op tv’s, beddens ens Vir verdere navrae skakel 071-464-6969
• Finansiële groei • Verlore minnaar terug hou • Help Lotto • Casino nommers, asook huwelike • Help met geestelike probleme • Raak ontslae van bose geeste in woning • Help met kontant in rekening, asook met skuld probleme deur amagwande • Help met padongeluksfonds uitbetaling • Towering vir jou beursie om te help met finansiële bystand • Help ook met alle hofsake en bevorderings in die werksplek Bel/Whatsapp
083-230-1940
Dr Allan & Maama Joy
Happy people never reveal their secret. You too can change life with 6 lotto numbers from Allan. Money in account, lucky oil, and magic stick, increase your salary and get rid of jelousy people, clear debts and black list, ask about the spiritual loan. Chase away evils from your house or business, for powerball numbers, for jackpot.
083-341-0967
Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.
PLANT AND TOOL HIRE
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Johan Beelders 082-492-7745 Christiaan 079-177-2490
☎ /Fax: (023) 312-1414
c/o Vos- & Faure Street 83
Nuusbrokkies BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. HET jy ‘n belangstelling in Ceres se kultuur-historiese erfenis? Waarom nie aansluit by die Vriende van die Museum teen ‘n minimale lidmaatskapfooi? Die organisasie beywer hom vir die bewusmaking, bewaring en uitbou van die groter Ceres se historiese erfenis. Aansoekvorms is by die Togryers museum (023) 312-2045 verkrybaar.
Belangrike kennisgewing PPK CERES
ISRAEL Pelgrimstog
Vind weens COVID-19 eers vanaf 6 tot 13 Desember 2021 plaas. Navrae kan aan past. Isaac Jacobs gerig word by 084-657-4673 of stuur ‘n epos na isaacjacobs50@ yahoo.com Beperkte plek beskikbaar. COUNCIL for Enterprise Development & Economic Reform (C.E.D. E.R.) nooi persone binne die Witzenbergstreek om ‘n seminaar by te woon. Die seminaar handel oor hoe om jou eie besigheid te begin. Hierdie seminaar vind drie dae per week plaas vanaf 28 September. Die opleiding is gratis. Plek en tye sal later deurgegee word. Alle belangstellendes moet ‘n e-pos stuur aan bolandceder@gmail.com
Friday, August 28, 2020
VIRUSES DO NOT DISCRIMINATE NEITHER SHOULD WE
WITZENBERG HERALD
7
Friday, August 28, 2020
Arlene op Noot vir Noot
Paardekloof primêr sê dankie COVID-19 is ‘n ongewone gebeurtenis wat na vyf maande steeds mense regoor die wêreld affekteer. As gevolg van die virus word die mensdom se menswees, veerkragtigheid en veggees op talle vlakke getoets. Gebeure soos hierdie vra eenvoudig vir ‘n ongewone reaksie in ‘n poging om ons samelewing weer normaal te laat funksioneer. Omdat ons skoolgemeenskap egter nie gevrywaar word van die gevare van COVID-19 nie, is ons bewus dat dit ‘n gesamentlike poging vanuit alle sfere van die samelewing, wat besigheid, die gemeenskap en nie-regerings organisasies insluit. Mnr. Jacobs, die beheerliggaam en die personeel van Paardekloof primêr, wil hul dank uitspreek teenoor Naomi Betana en Brenda Snyder vir die skenking van 30 gesigskilde en handontsmettingsmiddel wat aan die graad R klas geskenk is.
DIE finaal van Noot vir Noot is Donderdagaand 20 Augustus uitgesaai. Die 45ste seisoen van die program het ten einde geloop met die finaal wat deur Tuane de la Rey van Sasolburg gewen is. Arlene Greef van Ceres het ook in die finaal deelgeneem. Dit was die tweede reeks wat deur Emo en DJ Shelly aangebied is. VLNR: Arlene, Grete Barnard van Carolina en Tuane de la Rey. * Arlene het grootgeword op Ceres en hier haar skoolloopbaan voltooi voordat sy op Stellenbosch gaan studeer het. Sy is getroud en het twee dogtertjies. Sy is sedert 2013 werksaam by Ceres Lions pre-primêr. Een van haar drome was om aan Noot vir Noot deel te neem en in 2019 is sy gekies na ‘n oudisie vir die program. Haar boodskap aan ander vroue tydens Vrouemaand: Die Here het elkeen uniek gemaak. Begin met klein goedjies en bou so selfvertroue op om later groter dinge aan te pak. Moenie opgee na die eerste teleurstelling nie.
NOTICE OF LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer No. T061252/08 passed by: ALBERTUS REITZ AND URSULA GORRETI REITZ in favour of: JUSTIN HUBERT WILLIAMS (unmarried) in respect of certain: Erf 2064 Ceres in the Witzenberg Municipality Division Ceres Province of the Western Cape which has been lost or destroyed. All interested parties having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Cape Town within two weeks from the date of the publication of this notice. DATED at BELLVILLE this 20th day of AUGUST 2020. MIND SCHAPIRO & SMITH INC P.O. Box 404, Tyger Valley, 7536 info@mindes.co.za ☎ (021) 918-9000
Agter elke klein besigheid, is daar ‘n gesin.
Hierdie vakature het ontstaan by De Keur Marketing, Skoonvlei Industriële area te Ceres
FINANSIËLE BESTUURDER Hierdie is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle voltooiing van ‘n proeftydperk. Doel van pos: De Keur Marketing bied hierdie geleentheid in finansiële bestuur aan vir ‘n gedrewe, ambisieuse rekenkundig gekwalifiseerde kandidaat. Hierdie middel bestuursvlak posisie is gesetel in Ceres en sluit finansiële bestuur van hierdie bemarkingsmaatskappy in. Verantwoordelikhede: • Verwerking van BTW en hantering van navrae • Belasting berekeninge • Voorbereiding vir oudit en assisteer ouditeure waar nodig met die oudit • Bestuur kontantvloei van De Keur Marketing • Monitering van kontroles • Betaling van krediteure • Poel rekonsiliasie en uitbetaling van produsente • Allokasie en ruiling van buitelandse valuta • Administreer versekering en kredietversekering • Indien van maandelikse heffings, kredietversekering en marine versekering • Verseker dat alle intergroep verhalings maandeliks gedoen word • Opstel en bestuur van begroting vir alle afdelings binne die maatskappy. Vaardighede: • Goeie kennis van Pastel Evolution • Kennis in Prophet QX voordelig • Goeie menseverhoudings • Sterk administratief • Bogemiddelde rekenaarvaardighede • Moet baie goed in ‘n span kan saamwerk • Moet inisiatief kan neem en die posisie optimaal ontwikkel. Ondervinding: 5 jaar ondervinding in ‘n senior finansiële posisie in verkieslik die vrugtebedryf. Opleiding: • BRek Kwalifikasie met voltooide klerkskap • Honneurs of CA sal voordelig wees • Lidmaatskap aan professionele liggaam. Vergoeding: Markverwante vergoeding sal aan hierdie pos gekoppel word sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioen- en mediese skema is ‘n voorvereiste aan die aanstelling. Sluitingsdatum vir aansoeke: 10 September 2020 Aanstellingsdatum: So spoedig moontlik Stuur asb. u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket, ‘n afskrif van u ID en drie verwysings aan: Johan du Plessis by e-pos hr@dekeur.co.za De Keur Marketing is ‘n gelyke geleentheid werkgewer
VIEW OUR SERVICES ON:
www.jptek.co.za
• License plate recognition • Security solutions & consulting • Access control • CCTV • Fibre optic • Alarms • IT support
SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer.
ONDERSTEUN PLAASLIK
* Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.
SKAKEL ONS VIR 023 1000 515 ALLE HEK MOTORS 066 205 3312 | ALARMS | CCTV info@jptek.co.za INSTALLASIES
8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeurs0reg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, August 28, 2020
Witzenberg Herald
COVID-19 (2): Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot
Duiwe vlieg in slegte weer van Leeu Gamka
SATERDAG se kompetisie is deur Philip Grobler (links) en Emile Herbst met 46 punte gewen.
Nog ‘n paar inskrywings beskikbaar vir Classic MET ‘n bietjie meer as ‘n maand oor om in te skryf vir die 2020 Ceres Classic, is daar nog ‘n paar plekke oop. Die jaarlikse Ceres Classic gholftoernooi gaan voort en vind vanjaar op 6 en 7 November plaas. Inskrywings vir 49 spanne is reeds ontvang. 25 Spanne het reeds vir Saterdag se kompetisie ingeskryf en 24 vir die Vrydag-kompetisie. Daar is plek vir 36 spanne per dag. Inskrywings kos R4000 per span en sluit op 30 September. Die klub sal voorkeure vir Vrydag of Saterdag afslaantye sover moontlik eerbiedig. Saterdag-kompetisie Saterdag 22 Augustus is ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied. Die kompetisie is deur Philip Grobler en Emile Herbst met 46 punte gewen. Simon Molaza en Glenville Nasson was in die tweede plek met 45 punte. JC van der Merwe en Sammy Titus was derde met 44 punte. Goeie brutotellings is deur Lourens Strydom (69) en Cornell Muller (70) aangeteken. Lourens het ook die 11 en onder syfer 3 kompetisie gewen.
WEDVLUGDUIWE is Saterdag 22 Augustus op Leeu Gamka losgelaat. Alhoewel dit ‘n kortafstand wedvlug was, moes duiwe hard werk om hul huis te bereik. Saterdag 29 Augustus word die jaarlikse derby-vlug vanaf Hanover gevlieg. Hier word veral die jaaroud duiwe se kwaliteit getoets en elke duiweboer wil graag top prestasies behaal. CHPS Jaaroud 1. Bryan Isaacs 1165.966 mpm 2. Clarence van Wyk 1116.918 mpm 3. André & Aiden Koopman 1100.755 mpm 4. Cyril & Ann Davids 1033.374 mpm 5. Bryan Isaacs 1011.803 mpm Ope 1. Cyril & Ann Davids 1169.552 mpm 2. Cyril & Ann Davids 1129.975 mpm 3. Cyril & Ann Davids 1124.632 mpm 4. André & Aiden Koopman 1117.789 mpm 5. Bryan Isaacs 1116.783 mpm CPS Jaaroud 1. JRK Lofts 1192.913 mpm 2. S.R. Williams 1187.440 mpm 3. Blue Mountain Loft 1172.792 mpm 4. Camerin Mars 1166.004 mpm 5. Camerin Mars 1161.791 mpm Ope 1. S.R. Williams 1221.676 mpm 2. Blue Mountain Loft 1166.097 mpm 3. C.T. Nige 1166.002 mpm 4. S.R. Williams 1164.841 mpm 5. N. Jacobs 1146.662 mpm (Victoria Wes) Ope 1. E. Lofts 1150.176 mpm 2. Krotz Lofts 1141.924 mpm 3. Krotz Lofts 1138.217 mpm
4. Meyer & Van Wyk 5. JRK Lofts Hamlet duiweklub Jaaroud 1. C.B. Frick 2. C.B. Frick 3. A. Geldenhuys 4. J.J. Kitshoff 5. Erasmus Hok Ope 1. C.B. Frick 2. J. Kitshoff jr. 3. J.J. Kitshoff 4. J. Kitshoff jr. 5. J.J. Kitshoff BHPS Jaaroud 1. M. Pieterse 2. M. Pieterse 3. D. Muller 4. J. Van Rooy 5. N. Smith Ope 1. N. Smith 2. B. Muller & S.D. Vergotine 3. M. Pieterse 4. R.D. November 5. N. Pedro Tulbagh duiweklub Jaaroud 1. Silvervaring 2. Charles Swarts 3. Bertie Rabie 4. Silvervaring Ope 1. Silvervaring 2. Rodrick Albertus 3. Dauw van der Berg -
1135.315 mpm 1131.408 mpm 1188.135 1183.276 1180.270 1168.863 1164.104
mpm mpm mpm mpm mpm
1233.833 1181.857 1181.013 1179.421 1166.216
mpm mpm mpm mpm mpm
1177.666 1158.271 1150.373 1122.902 1118.742
mpm mpm mpm mpm mpm
1164.184 1163.636 1153.826 1151.619 1119.619
mpm mpm mpm mpm mpm
1163.296 1094.852 1041.467 1034.640
mpm mpm mpm mpm
1057.187 mpm 1050.072 mpm 1023.811 mpm
Wedloop word weer in 2021 aangebied DIE immer gewilde Michellspas halfmarathon is gekanselleer.
Die halfmarathon sou op 31 Oktober plaasgevind het maar is weens onsekerheid oor COVID-19 en die implikasies daarvan op padwedlope, gekanselleer. Die halfmarathon sou vanjaar vir die 29ste keer aangebied geword het. Die atletiekklub vier vanjaar hul 30ste bestaansjaar. Meer as 1 000 atlete het verlede jaar in September aan die Michellspas halfmarathon en ander wedlope deelgeneem. “Ceres atletiekklub wil hul dank oordra aan atlete en die gemeenskap wat jaarlikse bydra het tot die sukses van die wedloop. Dit sal nou in 2021 aangebied word”.
Wen ‘n Eland-jag 2 ELANDE KAN GEJAG WORD (30KM BUITE CERES) TEEN R500 PER ELAND
Ten bate van Huis Maudie Kriel
Skakel Ria Prins (Huis Maudie Kriel) per e-pos: bestuurder.maudie@lando.co.za of whatsapp: 083-628-2785 om ‘n NOMMER te bespreek, alvorens inbetaling gedoen word Allokasie van die bg. nommer sal dan toegeken word, onderhewig aan die bewys van betaling (EFT-aankope word aangemoedig) Jag moet plaasvind tussen 26 September en 10 Oktober 2020
(Trekking van gelukkige wenners word gedoen op Maandag 21 September 2020)