WH Her ald Witzenberg
Volume 24 no. 33
R7.50
Friday, August 27, 2021
Since 1997
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 26 Augustus
Vrydag 27 Augustus
-1° 9°
1° 17°
Saterdag 28 Augustus
Avoid transmission
Sondag 29 Augustus
COOL TECH COOLTECH Michael Smit 082-265-6828 cooltech@lando.co.za
REFRIGERATION • AIR CONDITIONING
Artisan bakery sourdough breads 060-911-9535 MUNISIPALITEIT)
(OORKANT
WITZENBERG
0° 17°
-4° 11°
Ceres Koekedouw dam
88,6%
Lesing: 2021/08/25
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Vragmotorbestuurder ongedeerd na kaping Bedanking Henk Jacobs, Ryno se pa, wil net baie dankie sê aan almal wat hulp verleen het na die kaping. “Soveel omgee-boodskappe en mense wat op allerhande maniere ‘n positiewe bydrae wou lewer. Veral op Facebook was daar soveel boodskappe van mense”. “ ‘n Spesiale woord van dank aan die Ceres SAPD en s./a.o. Van Wyk wat uit sy pad gegaan het om inligting te kry oor wat gebeur het en uit te vind waar Ryno hom mag bevind”. Toekomsplanne Ironies genoeg het Ryno ‘n paar maande gelede al besluit om te bedank en om die einde van Augustus met sy eie onderneming te begin wat fokus op kortafstand vervoerwerk.
‘n LANGAFSTAND vragmotorbestuurder van P.A. Hamlet is verlede Vrydag in Johannesburg deur ‘n groep kapers gekaap wat hulle as polisiemanne voorgedoen het. Hy is eers ure later opgespoor. Ryno Jacobs (35), vir meer as 11 jaar ‘n vragmotorbestuurder van NJ Geldenhuys vervoer op Ceres, het Vrydagmiddag omstreeks 13:00 ‘n vrag Ferrero sjokolade, in Johannesburg opgelaai waarna hy met die vrag van 30 pallette na Kaapstad vertrek het. ‘n Paar uur later het Annes Geldenhuys, eienaar van NJ Geldenhuys vervoer, vir Ryno geskakel maar kon hom glad nie in die hande kry nie. Geldenhuys het onraad vermoed en met ‘n soektog na Jacobs en die Volvo vragmotor begin. Die goed georganiseerde kapers het ‘n navigasieseinblokker gebruik sodat die vragmotor vir meer as twee ure nie met die GPS-stelsel opgespoor kon word nie. Die vrag is by ‘n onbekende perseel afgelaai waarna die vragmotor se GPS weer geaktiveer is. Die vragmotor is later langs ‘n pad naby Edenvale opgespoor met die sleutels nog binne die vragmotor. Ryno was egter skoonveld en familie en vriende was rasend van bekommernis. Omstreeks 22:00 Vrydagaand het Annes ‘n oproep ontvang van ‘n motoris wat by Ryno gestop het waar hy in die donkerte langs die pad gestaan en voertuie probeer stop het. Dié motoris het Ryno toe na die Olifantsfontein polisiestasie geneem waar die kaping aangemeld is en iemand hom kon kry. Daar is later vasgestel dat die kapers vir Ryno kort na die kaping in ‘n voertuig gelaai en na ‘n onbekende plek geneem het waar hy in ‘n garage aangehou is. Hulle het later die aand teruggekeer en hom langs die ou Pretoria-pad gaan aflaai waar hy later deur ‘n barmhartige samaritaan opgelaai is. Ryno was teen Dinsdag nog in Johannesburg om verklarings by die polisie af te lê en reëlings te tref om die vragmotor te kry nadat dit as gesteel van die stelsel afgehaal is. Hy sal dan na Ceres terugkeer.
Bestuurder ernstig beseer in ongeluk by Romansrivier ‘n MOTORBESTUURDER van Wolseley is Vrydagaand ernstig beseer op die R43 naby Romansrivierbrug. Volgens die polisie het ‘n vroue bestuurder omstreeks 20:45 met haar goudkleurige Ford Figo teen die Citi Golf gebots. Die bestuurder van die Golf, Ryno Abrahams, het probeer uitswaai maar die Ford het hom teen die bestuurderskant getref. Hy is op die ongelukstoneel behandel en na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer. ‘n Passasier in die Golf is lig beseer. Die SAPD het die vroue bestuurder inhegtenis geneem. Bloedmonsters sal weggestuur word waarna sy op ‘n latere datum in die hof sal verskyn.
DIE NJG Volvo vragmotor wat gekaap is.
Ryno Jacobs ongedeerd na kaping in JHB RYNO Jacobs.
ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 26 - 29 AUGUST 2021 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. (023) 316-2226 CERES SUPERSPAR Ma - So 07:00 - 19:00
400g Freshline Strawberries
Oranges Bag 2.5kg
16
Meatball Sub
99 each
SERVING SUGGESTION
11999 p/kg
Egte plaaswors
Lamb staan-ribs
129
5kg Spar IQF Chicken
99
20
p/kg
2499 each
25
Butterscotch cake + Spar 2L Carbonated drink ass.
149 129 99
7999 p/kg
Lamb shanks
7kg Potato, 1x Cabbage, 3kg Onion, 1kg Carrots and Broccoli Punnet
PER COMBO
12999 p/kg
110
00
6
COMBO
25 99 19 99
5999 Ouma Rusks ass.
6
Soft Sitrus
3 FOR
2500
Nestlé Ricoffy 750g
3599 each
75 69 99
99
00
Freshline Pizza’s ass.
00
1kg Spar Frozen Mixed Vegetables
2999 99
110
ANY 2 FOR
punnet
Matured Rump steak
2 FOR
Vetkoek - Chicken Mayo or Beef Curry Mince
Spar Butter Brick 500g
OMO 4kg Auto Washing Powder
7999 each
5999 each
10
54 99 44 99
Baby Soft 2-ply 9’s toilet paper Pink/White
Spar brown sugar 2kg
5
31 99 26 99
Spar white sugar 2.5kg
Spar Firelighters 12’s
3999 each
1599 each
2
WITZENBERG HERALD
Friday, August 27, 2021
DIE P.A. Hamlet SAPD onderleiding van kst. Nowata, het Vrydag 20 Augustus die Nerver give up bewusmakingsveldtog by Skurweberg Sekondêre skool aangebied. Meer as 105 leerders het aan die veldtog deelgeneem wat van 08:30 tot 11:00 geduur het. Die SAPD bedank Belmont Spar en Op-die-Berg USave vir hul betrokkenheid. Geskenkpakke is ook ter viering van Vrouedag aan skoolmeisies oorhandig.
Is jy ‘n gekwalifiseerde eiendomsagent of droom jy oor ‘n toekoms in die eiendomsbedryf? Sluit aan by ons dinamiese Chas Everitt Boland span! Uitstekende geleenthede wag op jou in CERES en TULBAGH. Skakel Idalette Jacobs by 083-302-5506 of idalette.jacobs@everitt.co.za
LOST OR DESTROYED DEED
Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a cer tified copy of Deed of Transfer No. T61393/2003. passed by: HENDRIK JOHANNES BESSELAAR Identity Number 470220 5053 082 and CECELIA MAGERIETHA BESSELAAR Identity Number 511120 0065 084 Married in community of property to each other in favour of: CLAUDE YVETTE MADELEINE (Born LEMOINE) Identity Number 570808 0222 089 Unmarried in respect of certain: 1) Erf 276, Wolseley, in the Witzenberg Municipality, Division Tulbagh, Province of the Western Cape 2) Erf 277, Wolseley, in the Witzenberg Municipality, Division Tulbagh, Province of the Western Cape which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Cape Town at Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks after the date of the publication of this notice. DATED at TULBAGH on 19th AUGUST 2021 APPLICANT: MARIUS HERMAN FOURIE c/o Johan Bezuidenhout Attorney 15 Van der Stel Street, Tulbagh, 6820 E-mail address: johan@johanb.co.za Contact number: (023) 230-1050/1
LANGRIVIER BOERDERY (EDMS) BPK Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836 ☎ (023) 317-1503 E-pos: admin@langrivier.co.za
Kalos Farming is ‘n vrugteen graan onderneming in die Ceres-omgewing.
DRYWER - KODE 14 Die kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen: • Geldige kode 14-lisensie met geldige PDP • Minimum 5 jaar toepaslike ondervinding • Goeie menseverhoudings Ons bied: • ‘n Markverwante vergoedingspakket • Behuising is beskikbaar Stuur asb. u aansoek per e-pos na: lindie@kalos.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Augustus 2021 Vir enige alternatiewe reëlings, skakel Lindie by: ☎ (023) 313-4907 Indien u nie binne 2 weke na die sluitingsdatum vir ‘n onderhoud genader is nie, moet u asb. aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
LANGRIVIER BOERDERY (EDMS) BPK Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836 ☎ (023) 317-1503 E-pos: admin@langrivier.co.za
ASSISTENT PRODUKSIEBESTUURDER
ASSISTENT PRODUKSIEBESTUURDER
Bogenoemde pos is vakant op Langrivier plaas in die vrugteafdeling. Die geskikte kandidaat sal oor die volgende eienskappe beskik: • Goeie interpersoonlike menseverhoudings • Goeie organisatoriese vermoëns en noulettend op detail • Goeie gesondheid • Vermoë om teikendatums te haal • Moet onafhanklik kan werk, maar spanspeler wees • Vyf jaar toepaslike bestuursondervinding en/of ‘n toepaslike naskoolse kwalifikasie. Die pos behels kortliks die volgende onder toesig en beheer van die Produksiebestuurder: Verantwoordelik vir totale primêre produksiefunksie. ‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied. Aansoeke kan gerig word aan: Die Besturende Direkteur Langrivier Boerdery (Edms) Bpk Telefoon: (023) 317-1503 E-pos: admin@langrivier.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Augustus 2021 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Bogenoemde pos is vakant op Wydekloof plaas in die groente-afdeling. Die geskikte kandidaat sal oor die volgende eienskappe beskik: • Goeie interpersoonlike menseverhoudings • Goeie organisatoriese vermoëns en noulettend op detail • Goeie gesondheid • Vermoë om teikendatums te haal • Moet onafhanklik kan werk, maar spanspeler wees • Vyf jaar toepaslike bestuursondervinding en/of ‘n toepaslike naskoolse kwalifikasie. Die pos behels kortliks die volgende onder toesig en beheer van die Produksiebestuurder: Verantwoordelik vir totale primêre produksiefunksie. ‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied. Aansoeke kan gerig word aan: Die Besturende Direkteur Langrivier Boerdery (Edms) Bpk Telefoon: (023) 317-1503 E-pos: admin@langrivier.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Augustus 2021 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Kandidate wat geen terugvoering binne twee weke na bogenoemde sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.
Kandidate wat geen terugvoering binne twee weke na bogenoemde sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.
Vrugte
Groente
Plaaswerkers bly oor inenting OP Tandfontein was plaaswerkers uitgelate dat die groep van 18 jaar en ouer ook nou kwalifiseer vir beskerming teen CV-19 virus deur inenting.
KENNISGEWING In die boedel van wyle: REGINALD HENRY WILLIAMS Id. no. 670416 5121 089 Van: Cloetestraat 3, Ceres Boedelnommer: 014400/2020 Die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogemelde boedel sal oor ‘n tydperk van een-en-twintig dae van Vrydag 27 Augustus 2021 ter insae lê in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kaapstad en in die kantoor van die Landdros op TULBAGH. GEDATEER en GETEKEN te TULBAGH op hierdie 13de dag van Augustus 2021.
JOHAN BEZUIDENHOUT Prokureur vir Eksekuteur Voortrekkerstraat 58, Ceres, 6835 (Verw: LC/JC0002/LB)
KENNISGEWING In die boedel van wyle: RICHARD JOHN EDWARD GEORGE Id. no. 640529 5073 089 Van: CMC 37, Gouda, 6821 Boedelnommer: 003119/2021 Wie oorlede is op: 6 Januarie 2021 Skuldeisers en Skuldenaars in bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle eise in te dien by en hulle skulde te betaal aan die ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (dertig) dae vanaf VRYDAG 27 AUGUSTUS 2021.
JOHAN BEZUIDENHOUT Prokureur vir Eksekuteur Voortrekkerstraat 58, Ceres, 6835 (Verw: JB/LC/J7322)
WITZENBERG HERALD
3
Friday, August 27, 2021
Polisie maak deurbraak, twee vas vir moord
GRANT Pietersen (35).
TWEE mans is gearresteer vir die moord op ‘n 35-jarige Ceres inwoner. Goeie speurwerk het gelei tot die arrestasie van Marquin Marsch (22) op 10 Augustus. ‘n Tweede verdagte, Ryan Zimri (25), is Maandag 16 Augustus in hegtenis geneem. Beide het in die Ceres landdroshof verskyn op aanklagte van moord. Die saak is tot 25 Augustus uitgestel. Die arrestasies volg na die skietdood van Grant Pietersen (35). Pietersen is Saterdagaand 31 Julie in Gardeniastraat doodgeskiet. Die skietvoorval het omstreeks 22:55 plaasgevind. Pietersen is ondermeer in die kop en lyf geskiet en die motief vir die moord is nog onbekend. Pietersen was werksaam by Ceres Fruit Growers se koelkamer-afdeling as ‘n vurkhyserbestuurder.
Moordsaak Die Ceres polisie ondersoek nog ‘n moord waar ‘n man met ‘n mes doodgesteek is. Die voorval het verlede Saterdagaand 21 Augustus omstreeks 20:00 in Santa Rosastraat plaasgevind. Daar was vermoedelik ‘n stryery tussen Keanan van Wyk (24) en ‘n 23-jarige familielid. Die verdagte, wat eers geïdentifiseer mag word sodra hy in die landdroshof verskyn het, het daarna ‘n mes gegryp en Keanan in die bors gesteek. Hy is op die toneel dood. Die verdagte is al aangekla van moord maar sal eers op ‘n latere datum in die Ceres landdroshof verskyn. Hy is die naweek op ‘n 496-waarskuwing vrygelaat nadat ‘n ander verdagte wat die polisie vroeër gearresteer het, positief vir COVID-19 getoets het.
18-plussers ywerig vir Dankie inenting teen COVID-19 REKORDGETALLE mense is teen COVID-19 ingeënt in die eerste twee dae wat persone van 18 en ouer gekwalifiseer het vir inenting. Reeds vroeg op 20 Augustus het personeel van WesKaap gesondheid se fasiliteite lang rye mense verwelkom by hul fasiliteite wat inentings bied. Teen die einde van die dag is meer as 5 800 mense in die Kaapse Wynlandstreek ingeënt. Daar is voortgebou op die momentum op 21 Augustus, toe 1 338 mense van die omgewing gebruik gemaak het van die geleentheid om op ’n Saterdag hul inenting teen COVID-19 te kry. Weekliks word ’n gemiddeld van 5 500 mense ingeënt teen COVID-19 in die Kaapse Wynlandstreek. Teen Maandag 23 Augustus is 81 862 mense volledig ingeënt teen COVID-19 en ‘n verdere 66 986 mense het reeds een van die twee-dosis entstof gekry. Almal wat 18 jaar en ouer is, word aangemoedig om te registreer en na hul naaste inentingsfasiliteit te gaan. Deur jou inenting te kry, beskerm jy nie net jouself en mense na aan jou teen ernstige siekte weens COVID-19 nie, jy verlig ook die druk op hospitaalpersoneel. Mense wie 18 jaar en ouer is, kan registreer en teen COVID-19 ingeënt word. Registreer deur die woord ‘REGISTER’ te stuur na 0600-123-456 op WhatsApp of bel *134*832# en volg die instruksies. Kliniektye Ceres provinsiale hospitaal Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 15:00 P.A. Hamlet kliniek Maandae van 09:00 tot 11:00 Op-die-Berg kliniek Dinsdae van 09:00 tot 11:00 Tulbagh kliniek Woensdae van 09:00 tot 11:00 Bella Vista kliniek Donderdae van 09:00 tot 11:00 Wolseley kliniek Vrydae van 09:00 tot 11:00 Nduli gemeenskapsaal Woensdae tussen 09:00 en 14:00 Positiewe gevalle bly styg Teen Maandag 23 Augustus het die aktiewe positiewe gevalle in die Witzenbergstreek van 229 na 269 gestyg. Daar is 7061 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek
aangemeld en hiervan het 6491 herstel. Statistieke wys dat Ceres die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 1594 gevolg deur Bella Vista met 1112, P.A. Hamlet met 875, Wolseley met 954, Tulbagh met 835, Nduli met 500 en Koue Bokkeveld plase met 568. By die drie korrektiewe dienste-sentrums in die streek, is daar sedert die pandemie begin het, 89 gevalle aangemeld. Daar is tans een aktiewe positiewe geval by die Obiqua gevangenis. Op Tulbagh is 44 positiewe gevalle aangemeld en meer as 50 op Wolseley en die Koue Bokkeveld plase. Drie honderd en een (301) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes sover was 61 gevolg deur Wolseley met 55, Bella Vista met 41, Tulbagh met 37, P.A. Hamlet met 32 en Nduli met 29. Vir die derde agtereenvolgende week het 8 persone in een week weens die virus gesterf. Drie het op Wolseley gesterf, twee op Tulbagh en een elk op Ceres, Nduli en op Koue Bokkeveld plase. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 17 535 (tot 23 Augustus) met ‘n gemiddeld van 91 per dag. Daar is al 474 104 positiewe gevalle aangemeld en 414 743 het al herstel. In Suid-Afrika is meer as 2,7 miljoen positiewe gevalle al aangemeld en meer as 79 584 mense het gesterf. Die land se herstelkoers is tans 91%. Statistieke In die Wes-Kaap was 1.661 miljoen mense teen 23 Augustus ingeënt. Kom jou afspraak na sodat die entstof jou doeltreffende beskerming teen ernstige siekte weens COVID-19 kan gee. As deel van die departement se maatreëls om pasiënte en personeel veilig te hou, is alle nie-noodsaaklike operasies by Ceres provinsiale hospitaal onbepaald uitgestel. Mense wie gehospitaliseer is by een van Wes-Kaap gesondheid se fasiliteite, kan nie besoek word nie, hoewel uitsonderings gemaak kan word as dit kom by ‘n persoon wie in ‘n kritieke toestand is. Daar heers steeds verwarring onder inwoners oor hoeveel mense wettig begrafnisse onder verskillende vlakke van inperking mag bywoon. Wat ookal die oorsaak van die persoon se dood, dit maak geensins ‘n verskil hoeveel mense die begrafnis mag bywoon nie. Die beperking geld nie net vir CV-19 verwante sterftes nie maar is van toepassing op ALLE sterftes.
Dit gaan goed met ons. Hier waar ons nou terug is in Ceres en ook waar ons ’n week gelede weer in die Kalahari was. Ons sal die Here altyd loof in dankbaarheid vir hulle vir wie ons kon lief wees. En vir dit wat ons kon ken. Net soos ’n appelboom vasgehou en versterk word deur ankerpale en drade, word ons ook staande gehou deur die Here. Soos daardie boom omring word deur ander bome in die boord, word ons ook omring, ondersteun en versterk - nié net deur familie en vriende nie, maar ook deur die gemeenskap van Ceres, Koue Bokkeveld en selfs die hele land. Hoe en waar begin ons om dankie te sê vir almal se omgee, liefde, gebede en saamreis op ons pad? Woorde ontbreek, maar ons wil hê julle moet weet: Ons dankbaarheid is groot teenoor ieder en elk vir elke vorm van ondersteuning en hulp oor die laaste jaar. Ons staan stom oor die Here se grootheid en genade, want menslik sou dit nie vir ons moontlik gewees het nie. Ons sal altyd op Hom vertrou en weet, steeds elke dag, dat Hy ons sal vashou ook soos ons aanbeweeg op ons pad vorentoe.
Wilmien Davin en Madelein Bauer Augustus 2021
4
WITZENBERG HERALD
Friday, August 27, 2021
Onderneming verklaar oorlog teen rommel ‘n ONDERNEMING op P.A. Hamlet het vier jaar gelede oorlog verklaar teen rommelstrooiing. So is War Against Waste gestig. Die onderneming het van ‘n klein begin in April 2017 gegroei na ‘n onderneming wat vandag werk aan vyf personeellede verskaf en herwinning doen by talle groot ondernemings en plase in die streek. In besige tye word tydelike werkers ook in diens geneem. Agtergrond Jan Mouton en sy vrou, Michelle, het in April 2017 begin om vullis te herwin met sy swaer, Nico se Opel Monza en ‘n sleepwaentjie wat hy by Jonathan Alexander gekry het. Jan en Michelle het soggens vroeg tot saans laat kartonne en plastiek by winkels gekollekteer. “Ons het elke dag en naweke voor die munisipale vullisvragmotors uitgery om kartonne wat deur winkels op sypaadjies uitgesit is, op te tel om te verhoed dat dit op stortingsterreine beland”.
DIE P.A. Hamlet SAPD onderleiding van kst. Nowata, het Vrydag 20 Augustus die Nerver give up bewusmakingsveldtog by Skurweberg Sekondêre skool aangebied. Meer as 105 leerders het aan die veldtog deelgeneem wat van 08:30 tot 11:00 geduur het. Die SAPD bedank Belmont Spar en Op-die-Berg USave vir hul betrokkenheid. Geskenkpakke is ook ter viering van Vrouedag aan skoolmeisies oorhandig.
E-books now available to public library users THE Department of Cultural Affairs and Sport, through its Western Cape Library Service, has this week officially launched the new e-book service, which will bring e-books and audio books to library users across the province. The demand for online reading has steadily increased over the course of the last few years and is now part of the offering at Western Cape public libraries where library patrons can use the Overdrive system to borrow books from the comfort of their homes or virtually any place with the new Libby App. The app can be downloaded to cell phones and other mobile devices. Overdrive is a global reading platform and distributor of digital content for libraries and schools and comprises a large catalogue of e-books and audiobooks that can be accessed anytime and anywhere to read and listen to. This website contains genres of fiction, non-fiction, suspense, thrillers, romance, mysteries and literature. By clicking on a book title of your choice a synopsis of the book appears that patrons can read. A search function allows the browser to search for a specific title of a book or any other library material. E-books will be available in English, Afrikaans and isiXhosa. Minister Marais said: “With the e-book offering, we can now reach a wider audience, especially those who are unable to physically travel to their local library to borrow books. Through this new initiative, we hope to grow our culture of reading, as many more community members will now be able to have free access to online reading material, as long as they are a registered library user. Books are a gateway to improving education and critical thinking skills, as well as offering us the chance to go on many virtual adventures through the stories that we read.” The department encourages anyone wanting to access this service to sign up as a member of their local library. If you any follow up issues after the download, please contact your library and Overdrive Helpdesk Overdrive.Helpdesk@westerncape.gov.za
WAR Against Waste het van ‘n klein begin in April 2017 gegroei na ‘n onderneming wat vandag werk aan vyf personeellede verskaf en herwinning doen by talle groot ondernemings en plase in die streek.
Jan onthou nog hoe oom Louis, eertydse ontvangsbestuurder van Ceres Spar hom toegelaat het om soggens net na 04:00, hul karton- en plastiekhokke leeg te maak. Selfs op Sondae voor kerk of na kerk sou ek en Michelle, altyd gou vir Ceres Spar gaan leegmaak”. ‘WAW is groot dank aan die eienaars van Ceres Superspar, Wynand van Jaarsveld en Arno Koen, verskuldig vir die herwinningsrol wat hulle gespeel het. Dankie ook aan Ceres se sakesektor vir hul rol wat bygedra het dat ons onderneming, War Against Waste, kon groei. Dankie ook aan Kobus Kruger van Kruger Busdienste vir bydrae en Giovanni Pileggi vir die geleentheid wat hy ons onderneming bied om die perseel te gebruik”. Passie “Herwinning is nie net ons werk nie - dit is ook ons passie. Dit word weerspieël in ons leuse: Recycle to restore the future - Moederaarde. “Ons moet sorg dat ons nageslag ook die natuurskoon kan geniet en ervaar. Die onderneming is betrokke by skole regoor die Witzenbergstreek en probeer hulle gereeld dit by kinders tuisbring hoe belangrik dit is om te herwin en wat die doel daarvan is”. War Against Waste is ‘n geregistreerde herwinningsonderneming by die Witzenberg munisipaliteit en werk nou saam met die vasteafval-afdeling om ‘n verskil in die streek te maak. Daar is nog ‘n langpad voor om te verseker dat die Witzenberg, ‘n skoner streek sal wees. Almal sal hande moet vat en ‘n bydrae lewer dat dit bereik kan word. War Against Waste werk baie nou saam met Mpact Recycling om ‘n verskil in die Witzenbergstreek te maak. Al die masjinerie is deur Mpact verskaf om te sorg dat die onderneming goeie diens aan kliënte lewer. Alle herwinningsmateriaal soos papier, karton en glas, word van verskillende kliënte se persele na War Against Waste se perseel in Waboomlaan, P.A. Hamlet (ou SCB en Blue Mountain perseel) agter Dutoit Hout vervoer. Dit word gesorteer en gebaal en vandaar word na Mpact se perseel vervoer. Navrae Vir navrae skakel Jan Mouton by 078-5911-358 of Michelle by 078-9164-074 of stuur ‘n epos na info@waragainst waste.org.za of waragainstwaste@gmail.com
WAR Against Waste het in April 2017 begin. VLNR: Jan Mouton, Michelle Mouton, Jacques Waterboer, Christo Mouton en Jason Joseph.
Baie geluk met jul 4de bestaansjaar. Mag jul besigheid van krag tot krag gaan. ☎ (023) 313-3051
Dit is vir ons ‘n voorreg om met WAR AGAINST WASTE geassosieer te word. Baie dankie vir die uitmuntende diens wat julle aan die gemeenskap lewer.
LANGRIVIER BOERDERY (EDMS) BPK Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836 ☎ (023) 317-1503 E-pos: admin@langrivier.co.za
Baie geluk
WAR AGAINST WASTE met jul 4de bestaansjaar.
Voorspoed vir die toekoms.
JUNIOR SALESMAN KEY PERFORMANCE AREAS: • Cold Calling • Support sales team • Explore new areas • Sales: Whole goods • Ad-hoc administrative and sales tasks
Our client, Reid & Verwey, in Ceres is looking for a Junior Salesman to join their growing team. The position reports to the Director & Senior Salesman. The main objective of the position is the sale of whole goods.
REQUIREMENTS: • Minimum Grade 12 or a relevant qualification • At least 3 years experience in a similar position • Excellent Computer Skills (MS Office) • Must have a passion for sales • Must have knowledge of agricultural implements DIE Boland Meesters Veterane rolbaltoernooi het op 21 en 22 Augustus in Worcester en Hermanus plaasgevind. Die top 12 veterane mans en 12 veterane vroue is genooi om aan die toernooi deel te neem. Stoffel en Engela Lambrechts het Ceres by die toernooi verteenwoordig. Hier is die mans afdeling se wenners. VLNR: Mark Beviss-Challinor (goud), Callie van der Merwe (silwer), Johan du Plessis (brons) en Stoffel Lambrechts (vierde).
Closing date for applications: 27 August 2021 Applications (including CV’s and salary expectancies) can be sent to Trish du Toit at: info@thehrdepartment.co.za
ONLY SHORTLISTED CANDIDATES WILL BE CONTACTED. RECRUITMENT PROCEDURES COMPLY WITH THE PROTECTION OF PERSONAL INFORMATION ACT, NO.4 OF 2013.
WITZENBERG HERALD
5
Friday, August 27, 2021
Plaaslike skole het besluit om aan geen Wintersporte deel te neem nie ALLE skole het onlangs die groenlig gekry om kontaksport en kultuuraktiwiteite te hervat mits daar geen toeskouers by wedstryde toegelaat word nie. ‘n Paar hoërskole in die Witzenbergstreek is genader om aan te dui of hulle met Winter-
sport aktiwiteite gaan begin noudat dit onder Vlak 3 inperkings weer toegelaat word. Max Michau, hoof van Charlie Hofmeyr Hoërskool, het gesê dat die skool se leerders net intern teen mekaar gaan deelneem in tennis, gholf, muurbal, atletiek, hokkie, netbal
O-bloedvlakke bitter laag in die Wes-Kaap provinsie DIE Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) doen ‘n dringende beroep op alle bloedskenkers om bloed te skenk, aangesien vlakke tans krities laag is. “Ons mik om ‘n bloedvoorraad van 5 dae te handhaaf en tans ervaar WKB ‘n kritiese tekort in die O-bloedgroep. Ons het slegs 2-dae se voorraad in hierdie bloedgroep,” sê Marike Gevers, bestuurder van openbare betrekkinge by WKB. “’n Enkele bloedskenking kan die wêreld vir iemand beteken. Dit neem slegs 30 minute
van jou tyd en jy kan tot drie lewens red met ‘n enkele skenking”. Wie kan skenk? Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50kg of meer weeg, ‘n algemene goeie gesondheid handhaaf, ‘n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk. Om jou naaste bloedskenkkliniek te vind, laai gerus die app af op Android en iOS of stuur ‘n WhatsApp na 060-5497-244. Doen iets besonders, wees iemand se wêreld, skenk bloed.
Laastedrif Agri (Edms.) Bpk., is ‘n gevestigde, kommersiële landbou onderneming, wat spesialiseer in die verbouing en verpakking van vars groente en vrugte. Laastedrif is gesetel buite Ceres en bedien ‘n reeks plaaslike supermarkte asook buitelandse markte. Die Maatskappy beskik tans oor die volgende vakante betrekkings:
WERKSWINKEL ASSISTENT
en rugby. Geen wedstryde teen ander skole word vir dié sporte beoog nie. Bennie Leendretz, skoolhoof van Bella Vista Hoërskool het gesê dat die skool aan die begin van 2021 ‘n besluit geneem het dat hulle nie vanjaar enige sport gaan beoefen nie.
Ceres Sekondêr het ook bevestig dat hulle geen sport vir die res van die jaar gaan beoefen nie. Ingevolge die regulasies mag niekontaksport en kontaksport se oefeninge en wedstryde sedert einde Julie hervat word.
Dutoit Agri verbou, verpak en bemark sagtevrugte en groente in die Wes-Kaap en sagtevrugte in die Oos-Kaap.
BEMARKER: GROENTE (Ceres)
Hierdie geleentheid bestaan grotendeels by Dutoit Groente, Dutoit Agri se groenteverpakkingsaanleg net buite Prince Alfred Hamlet. Die posbekleër sal aan die Hoof: Groenteverpakking rapporteer rakende • patatverkope (hoofsaaklik) op plaaslike munisipale- en binnelandse direkte markte • uitvoerbemarking • bestuur van markintelligensie en • koördinering van die verpakking van die produk by die aanlegte buite PA Hamlet en op Piketberg. Die ideale kandidaat, ’n gedissiplineerde, energieke bemarker wat graag ’n loopbaan in bemarking wil vestig en tot die uitbou van die DUTOIT-handelsmerk sal bydra, moet beskik oor • ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie • goeie bemarkingsondervinding in groente, verkieslik patats • die vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf• bogemiddelde kommunikasievaardighede (veral in Engels) en • moet bereid wees om op gereelde grondslag binne- en buitelands te reis. Ons bied ’n mededingende vergoedingspakket wat lidmaatskap tot ’n aftree- en mediese fonds insluit. Stuur ’n volledige CV sonder versuim na recruitment@dutoit.com Diensaanvaarding sal so gou doenlik maar ideaalgesproke nie later as 1 Desember 2021 wees nie.
Sleutelprestasie-areas sluit in: • Hulpverlening ten opsigte van onderhoud • Herstelwerk en instandhouding van bepaalde plaastoerusting en -voertuie. Die ideale kandidaat het: • Ten minste 2 jaar ondervinding in ‘n werkswinkel omgewing • Beskik oor basiese kennis in die gebruik van werkswinkel gereedskap • ‘n Tegniese ingesteldheid en ‘n gesonde werksetiek • Geldige rybewys sal voordelig wees • Moet Afrikaans en Engels magtig wees • Moet woonagtig wees in Ceres, Bella Vista of Nduli en omgewing. Alle aansoeke moet insluit: Bewys van rybewys indien van toepassing, asook 2 kontakbare verwysings.
SWAARVOERTUIG VRAGMOTORBESTUURDER Voorvereistes: • Geldige rybewys EC met ‘n OBP (PDP) • 2 Jaar toepaslike ondervinding • Sober gewoontes • Gesonde werksetiek • Woonagtig in Ceres, Bella Vista of Nduli en omgewing. Die geskikte kandidaat se verantwoordelikhede sluit die volgende in: • Veilige vervoer van werkers na en van plaas • Laai, vervoer en aflewering van goedere. Alle aansoeke moet insluit: Bewys van rybewys en PDP asook 2 kontakbare verwysings. Vergoeding: Laastedrif bied ‘n markverwante vergoedingspakket. Sluitingsdatum vir aansoeke: 2 September 2021 Aansoek: Stuur asb. u CV na hrm@cillie.co.za Indien u geen terugvoering binne 2 weke na sluitingsdatum vir aansoeke ontvang het nie, aanvaar asb. dat u aansoek onsuksesvol was.
Laastedrif Agri (Edms.) Bpk., is ‘n gevestigde, kommersiële landbou onderneming, wat spesialiseer in die verbouing van vars groente en vrugte. Laastedrif is gesetel buite Ceres en bedien ‘n reeks plaaslike supermarkte asook buitelandse markte. Die Maatskappy, beskik tans oor die volgende vakante betrekking by sy finansiële kantoor in Ceres:
ADMINISTRASIEKLERK/ONTVANGSDAME Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir: ‘n Wye verskeidenheid van administratiewe take wat gedeeltes van die debiteure/krediteure funksie sal insluit asook die hantering van ontvangs. Vereistes waaraan kandidate moet voldoen: • Ten minste ‘n graad 12 kwalifikasie • 2 Jaar ondervinding van ontvangs en/of debiteure/krediteure • Syfervaardigheid • Stelsel georiënteerd • Uitstekende rekenaarvaardighede • Professionele aanslag rakende ontvangs en hantering van besoekers en personeel. Vergoeding: Laastedrif bied ‘n markverwante vergoedingspakket. Sluitingsdatum: Vrydag 10 September 2021 E-pos asseblief u aansoek met bewys van kwalifikasie asook kontakbare verwysings aan: finansies@cillie.co.za Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang het nie, moet u asb aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
6
WITZENBERG HERALD
classifieds
Oom Flippie du Plessis
DIANA is there to help:
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Edmund Mdingi 1952/07/17 - 2021/08/20
Roudiens: Don. 26/08/2021, om 19:00, Shephard’s House, Ceres Privaat begrafnis: Sat. 28 Aug. 2021 Huis: 09:00, Nkonjanestr. 38, Nduli Kerk: 11:00, Shephard’s House, Ceres Graf: Bella Vista
• 50 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
FOR SALE DEFY Slimline Hob (plate) en oond R500 Contact: 073-561-3919
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
Wilfred Jacobs 1989/07/01 - 2021/08/19 Privaat begrafnis: Son. 29 Aug. 2021
• Slegs 50 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Saal: 09:00, Sterkwater Boerdery, Koue Bokkeveld Graf: Bella Vista
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Joleen du Toit
Op Maandag 26 Augustus 2019 is jy skielik van ons weggeneem sonder om totsiens te sê. Jy was die sonstraal suster in ons familie. Ons sou nooit kon dink aan die groot leemte wat jy in ons familie sou laat. Jy was ons raadgewer en die een wat die band in ons familie bymekaar gehou het. Ons mis jou nog elke liewe dag en sal jou nooit ooit kan vergeet. Van Pappa en die hele Krotz familie
KANTOORSPASIE (±150m²) te h/v Vos- en Faurestraat. Onmiddellik beskikbaar
PLANT AND TOOL HIRE
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
UITREIK NA BOESMANLAND 1 OKTOBER 2021
082-859-2300
LENINGS vanaf R500 - R8 000 1 - 6 maande (vir terugbetaling) Benodig ID, salarisstrokie en 3 maande bankstaat
Stuur e-pos na: hellomitchell1@ gmail.com
Ons beplan om uit Ceres weer uit te reik na die boere van WILLISTON, BRANDVLEI EN FRASERBURG waar dit steeds bitter droog is en ons benodig asb. die volgende:
Ons Hemelse Vader het dit so beskik om met ongelooflike liefde en genade, ons geliefde mamma en pappa en oupa en ouma te kom haal! Ons har te is stukkend, maar dankbaar! Hulle is huis toe!
HAWELOSES IN CERES David Fortuin in samewerking met sers. Andries Douglas en ‘n paar ander rolspelers bied o.a. maatskaplike/opvoedkundige en geestelike aksies vir die haweloses aan en daar word ook ‘n groepie aangewend met skoonmaakaksies (o.a. skoonmaak van Begraafplaas) vanaf ‘n saal in die middedorp en dan is die doelstelling ook om hulle weer met hulle families te herenig. ‘n Paar strukturele veranderinge is reeds deur die NG Kerk Ceres by die saal aangebring. Tans word R8 000 p/m benodig om die projek te laat vlot, waarvan die NG Kerk Ceres reeds vir R4 000 instaan en vra hiermee vir enige kerk of organisasie om saam met ander, ons te help om die ander 50% tot ten minste einde Februarie 2022 te dek. Selfs al verbind u, u tot R250 of R500 p/m, sal dit help! Enige fondse meer as benodig, sal in diens van hierdie projek aangewend word!
Vars produkte, kontant, klere, boeke, CD‘s, tydskrifte of meld jouself asb. aan Kontakpersone: DuToit Conradie Willem Burger Annes Geldenhuys Susan du Toit Diane Steenkamp Christine Conradie
071-675-0743 072-596-1255 082-653-2172 082-957-7052 084-247-2513 082-336-9324
Skakel/ Whatsapp:
Mitchell 071-440-0916
1938/06/11 - 2021/08/22
Skakel Jaco-Marié (023) 312-1414
073-597-8118
Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193. rek C27 w.t.o.
Tannie Alta du Plessis
R8 300 p/maand
Skakel
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
1973/06/20 - 2019/08/26
•Financial assistance •Bring back lost lovers •Court & Divorce cases •Pay after job is done
TE HUUR
1936/03/25 - 2021/08/19
Jer. 1:10 “Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig.”
Evangelis Jacobs
DONASIES KAN INBETAAL WORD BY: NG Kerk Ceres ABSA Bank Tjekrekening Nr: 035 058 0018 HAWELOSE PROJEK VIR NAVRAE SKAKEL: Ds. A.P. Marais (082-890-3792) NG Kerk Ceres
Komittee bestaan uit: Maddie Ross, David Fortuin, Rian Fick (Witzenberg Munisipaliteit) en Christelle Zulch
Witzenberg Association for persons with disabilities PLEASE DONATE NEW OR GENTLY USED BLANKETS AND HELP US SHARE THE WARMTH WITH OUR NEIGHBOURS THIS WINTER!
Gee asb. items af by: Ceres Omgeewinkel Lyellstraat 66, Ceres (agter Celebrations) Vir navrae skakel: 082-696-6427 (Frans)
DROP OFF AT: Witzenberg APD 31 Lyell St, Ceres ☎ (023) 312-3935 E-pos: hanoigoliathapd@gmail.com
Friday, August 27, 2021
WITZENBERG HERALD
nuusbrokkies BIBLIOTEKE in die Witzenbergstreek sal van 16 Augustus beperkte dienste lewer. Let op tye wat die biblioteke oop sal wees. Biblioteke (Bella Vista, Montana, P.A. Hamlet, Rietvallei, Tulbagh, Wolseley, Witzenville en Op-die-Berg) sal van Maandag tot Donderdag oop wees tussen 10:00 en 15:00 en op Vrydae net van 10:00 tot 13:00. Die mini-biblioteke op Laastedrif sal van 08-13:00 oop wees en in die Witzenbergvallei van 10:00 tot 15:00. BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. HET jy goeie storieboeke (Engels en Afrikaans) maar wonder wat om daarmee te maak? Die Togryers museum het nou ‘n langtermyn boekuitruil-biblioteek en benodig skenkings van goeie kwaliteit boeke. Indien jy kan help skakel die museum by 076-689-2885 of (023) 3122045. ‘n ORGANISASIE wat die gemeenskap wil dien met liefdadigheid, barmhartigheid en regverdigheid, nooi persone wat betrokke is in die konstruksiebedryf en ambagte beoefen uit om deel te vorm van hierdie inisiatief. Die doelwit van hierdie inisiatief is gerig op die bemagtiging van opkomende kontrakteurs en om by te dra tot werkskepping, entrepreneurskap, vaardigheidsontwikkeling en vele meer. Vir verdere navrae skakel Christophe Seroot by 071-278-0544 of Denve Jacobs by 079-076-3883. ✗✗✗✗ DIE Togryers museum op Ceres het tans ‘n vakante posisie vir ‘n premiersverteenwoordiger op die trusteeraad. Die aanstelling word deur die Wes-Kaap minister van kultuursake en sport bekragtig. Indien jy ‘n passie het vir die gemeenskap en kultuur aangeleenthede en jy ‘n sinvolle bydrae kan maak tot die visie en doelwitte van die museum, kan jy by die museum ‘n nominasievorm kom afhaal. LET WEL: Die posisie is op ‘n vrywillge basis. Sluitingsdatum vir nominasies is 17 September 2021.
Kry gratis koffie by Wimpy WANNEER jy teen die koronavirus ingeënt word, kan jy binne 48 uur ná jou inenting ‘n gratis koppie koffie by Ceres se Wimpy kry. Die Wimpy restaurantgroep het in ‘n verklaring gesê dat hulle graag mense wat ingeënt word, op hierdie wyse wil beloon. Die #CupsforVacs-veldtog het onlangs afgeskop. Enigeen wat met ‘n geldige inentingskaart kan bewys dat hy of sy die inenting gekry het, kan binne 48 uur ná die inenting die Ceres Wimpy besoek. “Dit is ‘n nasionale veldtog en Ceres Wimpy wil deel hiervan wees. Ons wil graag die plaaslike gemeenskap aanmoedig om so vining moontlik te gaan vir hul inentings. So beskerm jy nie net jouself nie, maar ook jou geliefdes, die breë gemeenskap en ons mooi dorp en omgewing” sê Jean de Jager van Ceres Wimpy.
7
Friday, August 27, 2021
PERSOONLIKE ASSISTENT Ons kliënt, Kalos Farming in Prince Alfred’s Hamlet, het ‘n vakature beskikbaar vir ‘n ervare Persoonlike Assistent om by hul span aan te sluit. Hoofdoel van posisie: Persoonlike Assistent tot Besturende Direkteur en Krediteure Administrasie. SLEUTEL PRESTASIE AREAS SLUIT IN: • Hantering van alle korrespondensie (telefoonoproepe, e-posse, ens.) • Skakeling met alle departemente, kliënte, verskaffers, ens. • Dagboek van Besturende Direkteur (organisering, skedulering en prioritisering) • Algemene administrasie • Opstel van dokumentasie, korrespondensie, verslae en voorleggings • Neem van notules • Krediteure administrasie en rekonsiliasie VEREISTES: • Minimum graad 12 kwalifikasie • 3 - 5 Jaar ervaring in ‘n soortgelyke posisie • Uitstekende rekenaarvaardighede & IT kennis • Ervaring in Krediteure administrasie en rekonsiliasie sal u aansoek versterk • Moet goed onder druk kan funksioneer • Moet uitstekende organiserings- en administratiewe vaardighede hê • Moet goed tweetalig wees SLEGS KORTLYS KANDIDATE SAL GEKONTAK WORD. WERWINGSPROSEDURES WORD HANTEER VOLGENS DIE WET OP DIE BESKERMING VAN PERSOONLIKE INLIGTING, NR. 4 VAN 2013.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 3 September 2021 Aansoeke (insluitende salarisverwagtings kan gestuur word na: info@thehrdepartment.co.za
8
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, August 27, 2021
Witzenberg Herald
COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot
FK van Schalkwyk wen gholfdag SATERDAG 21 Augustus is ‘n individuele syfer plus kompetisie op Ceres gholfbaan aangebied. Die kompetisie is deur FK van Schalkwyk met ‘n telling van + 3 gewen. Carel Cronjé was in die tweede plek gevolg deur Boy van den Berg, beide met tellings van +3. Pieter Immelman was vierde en Jodey Kayer in die vyfde plek, beide met tellings van +2. Saterdag 28 Augustus vind ‘n beterbal stableford kompetisie (split pairs) plaas. Om in te skryf skakel die klub by (023) 312-3068. Putjiespelkompetisie Die jaarlikse enkel- en dubbelputjiespelkompetisie is nou goed op dreef met die eerste rondte van die enkelspel sowel as die dubbels wat afgehandel is. Spelers neem nou deel aan die tweede rondte van die enkelspel sowel as die dubbels wat teen 13 September voltooi moet wees.
Moeilike wedvlug van Bloemfontein
GOEIE nuus vir bergfietsryers. Die jaarlikse Tru-Cape Eselfontein bergfietsbyeenkoms gaan van 8-10 Oktober plaasvind. Net 300 fietsryers kan vanjaar inskryf en vanjaar se drie roetes is net op Eselfontein. Op Vrydag 8 Oktober vind die 30km roete plaas, Saterdag 9 Oktober die 55km roete en Sondag 10 Oktober die 40 km roete. * Inskrywings kan via EntryNinja.com gedoen word en tentbesprekings kan by admin@antoinetteevents.co.za gedoen word.
TWEE leerders van Wolseley Laerskool, Diaan Hougaard en Barry Marais, het silwer medaljes tydens die WP se vyfde skietwedstryd verower. Beide word ook gekies om die WP skietspan te verteenwoordig nadat hulle by verskeie geleenthede kwalifiserende tellings geskiet het. Die twee skuts gaan eersdaags aan die S.A. Bisley byeenkoms deelneem waar hulle teen die top skuts van regoor die land gaan deelneem.
ERNST van Dyk (48) gaan die week aan ‘n rekord agtste Paralimpiese Spele deelneem. Die Spele het Dinsdag in Tokio, Japan begin. Na die 2016 Spele was Ernst oortuig dat dit sy swanesang op die wêreld se sportverhoog was en het hy besluit om meer aandag aan sy beroepsloopbaan te gee en die gesin het hulle toe in die Paarl gevestig. Einde verlede jaar het hy besluit om weer te probeer om die SA span te haal. Hy gaan nou aan die fietsry - die padwedren en tydtoets in die H5-afdeling (handfietse), deelneem. * Ernst se ma, Dottie, en sy twee broers woon op Ceres.
TANKWA CAMINO
CALVINIA - CERES (256,6km)
Marcel de Wet gaan vanaf 3 - 12 September 2021 die Tankwa Camino stap. Sy begin in Calvinia vir 10 dae, oor berge en dale as fondsinsameling vir Huis Mostertshoek, Tehuis vir Bejaardes in Wolseley. BORG HAAR PER KILOMETER ASB! Huis Mostershoek Registrasienr: 011-891 NPO
ABSA BANK Tjekrekening: 0460400228 Takkode: 632005 Verw: (naam)camino
☎ (023) 231-0282 Borgvorms beskikbaar te bestuurder@huismostertshoek.org Huis Mostertshoek, Wolseley admin@huismostertshoek.org ☎ (023) 231-0282 Marcel 073-208-1318 of marceldewet3@gmail.com
Byvoorbaat baie dankie vir u ondersteuning - ons waardeer dit opreg
FK van Schalkwyk het die kompetisie gewen en Carel Cronjé (regs) was tweede.
Skakel Sheryl Abrahams ☎ (023) 312-3935 E-pos: admin@witzenbergapd.org.za
WEDVLUGDUIWE is Saterdag 21 Augustus op Bloemfontein losgelaat. Duiwe is om 07:00 gelos en die eerste duiwe was omstreeks 17:00 op Ceres ingeklok deur Ronald November. Ronald het ook die beste tyd behaal uit die twee wedvlugte. Saterdag 28 Augustus word die laaste kort padwedvlug vir 2021 vanaf Beaufort Wes gevlieg waarna die kortpad kampioen van die Ceres federasie aangekondig sal word. Dit was veral vir die Tulbagh duiwe ‘n baie moeilike wedvlug. Duiwe moes 810 kilometer vlieg tot by hul hokke en net twee duiwe was op die eerste dag terug by hul hokke. Al die ander duiwe was die volgende oggend terug. CHPS Ope 1 1. Cyril & Anne Davids 1222.417 mpm 2. Team Koopman 1220.061 mpm 3. Cyril & Anne Davids 1196.629 mpm 4. Cyril & Anne Davids 1177.839 mpm 5. Clarence van Wyk 1172.139 mpm Ope 2 1. Neil Davids 1250.254 mpm 2. Bryan Isaacs 1238.158 mpm 3. Cyril & Anne Davids 1199.609 mpm 4. Bryan Isaacs 1193.006 mpm 5. Bryan Isaacs 1189.675 mpm CPS Ope 1 JRK Lofts 1261.418 mpm JRK Lofts 1254.350 mpm Krotz Lofts 1232.292 mpm C.T. Nige 1227.521 mpm N. Jacobs 1220.321 mpm Ope 2 N. Jacobs 1230.020 mpm Krotz Loft 1229.047 mpm NJ’s Loft 1226.970 mpm Blue Mountain Loft 1222.816 mpm N.Jacobs 1216.373 mpm Tulbagh duiweklub Ope 1 1. Rodrick Albertus 1174.44 mpm 2. Silvervaring Hok 1003.20 mpm 3. Silvervaring Hok 988.25 mpm 4. Silvervaring Hok 982.13 mpm 5. Rodrick Albertus 975.11 mpm Ope 2 1. Charles Swarts 1168.70 mpm 2. Silvervaring Hok 1027.48 mpm 3. Bertie Rabie 984.40 mpm 4. Rodrick Albertus 974.54 mpm 5. Rodrick Albertus 967.82 mpm BHPS Ope 1 1. R.D.November 1311.574 mpm 2. R.A. van Wyk 1221.433 mpm 3. M. Pieterse 1186.804 mpm 4. R.A. van Wyk 1124.952 mpm 5. R.A. van Wyk 1018.164 mpm Ope 2 1. M.Pieterse 1236.684 mpm 2. M.Pieterse 1228.322 mpm 3. R.A. van Wyk 1194.044 mpm 4. R.A. van Wyk 1018.229 mpm 5. R.D. November 1011.665 mpm