Witzenberg Herald Vol.26 no.33 (Online Weergawe)

Page 1

WH H e r a l d

4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig

Ceres polisie deursoek haarkapper se perseel

CERES SAPD het verlede week ‘n lasbrief bekom en dit Saterdag 19 Augustus tussen 10:00 en 11:00 uitgevoer met die deursoeking van ‘n haarkapper se perseel in die Vena-sentrum. ‘n Landsburger van Tanzanië is gearresteer vir die handeldryf met dagga.

Verdagte weer in streekhof

DIE Zimbabwiese burger (20) wat 16 maande gelede ‘n gastehuis-eienaar van Wolseley verskeie kere met ‘n mes gesteek en kort daarna gevlug het, se hofsaak is weer in die Paarl streekhof uitgestel vir verdere ondersoek.

Brand verwoes

twee store op Ceres

‘n BRAND by ‘n sakeperseel in Voortrekkerstraat is Maandag 21 Augustus vinnig deur Witzenberg Brand en Redding geblus. Die reën het ook gehelp dat die vlamme nie na aangrensende eiendom kon versprei nie. Die brand het omstreeks 03:30 aan die agterkant van die ou Midas gebou begin. Twee store is beskadig en dit is nog onbekend hoe die brand ontstaan het. Die versekeraars moet nog die skade bepaal.

Nog klagtes is teen Lovemore Doriyo, ‘n onwettige immigrant, bygevoeg. Behalwe vir die poging tot moord klagte op Wolseley sal Doriyo ook weens die poging tot moord van ‘n 8-jarige meisie en haar verkragting en ontvoering op Malmesbury, teregstaan. Die voorvalle het op 10 Mei op Malmesbury plaasgevind kort nadat hy uit Wolseley gevlug het. Doriyo moet weer op 29 Augustus in die Paarl streekhof verskyn. Hy bly in aanhouding.

Agtergrond

Die Wolseley polisie het na die voorval by Winterberg

Mountain Inn en Oestafel Bistro, vir meer as ‘n maand na Doriyo gesoek voordat hulle hom middel Mei 2022 in ‘n ernstige toestand in die Tygerberg hospitaal opgespoor het.

Doriyo is op 10 Mei 2022 deur ‘n groep van nagenoeg 100 omgekrapte inwoners van die Ilingelethu woonbuurt buite Malmesbury, aangerand en bewusteloos geslaan.

Dit was blykbaar ‘n vergeldingsaanval nadat Doriyo na bewering die 8-jarige meisie verkrag, probeer verwurg het en haar as gyselaar in ‘n hut aangehou het.

Hy is later in die hospitaal gearresteer.

Reint Grobler (51), mede-eienaar van Winterberg Mountain Inn en Oestafel Bistro tussen Ceres en Wolseley, is op 11 April 2022 by dié onderneming met ‘n mes aangeval.

Hy is meer as 10 keer met ‘n Okapi-mes in sy rug, bors, maag, bene en hand gesteek.

MOOI Uitsig primêr het onlangs ‘n besoek van die welbekende rymkletser en TV persoonlikheid, Early B, ontvang. Early B het saam met die Vereniging vir Demensie en Alzheimers van Suid-Afrika (ADASA) in samewerking met die Kaapse Wynland Onderwysdistrik, Ceres besoek as deel van ‘n bewusmakingsveldtog. Leerders het meer oor demensie en Alzheimers te wete gekom. Dié besoek vorm deel van Wêreld Alzheimersmaand, wat in Septembermaand gevier word, met 21 September wat amptelik internasionale Alzheimersdag is. RSG het ook opnames by twee skole, Mooi-Uitsig primêr en Skurweberg Sekondêr gemaak, wat in Septembermaand deur RSG uitgesaai gaan word. *Early B is bygestaan deur sy suster, Rochelle, asook die Vereniging vir Demensie en Alzheimers van Suid-Afrika se nasionale projekbestuurder, Ilse Schûrmann. Op die foto staan Ivor Krotz saam met sy graad 5 klas saam met Early B.

FOTO: Jayden Arnoldus (JDA Photography)

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Witzenberg Volume 26 no. 33 R 8.50 Friday, 25 August 2023 CERES KOEKEDOUW DAM 100% TULBAGH DAM 100% WAVERENSKROON TULBAGH 37% Lesings geneem: 2023/01/11
Donderdag 24 Augustus 1° 20° Vrydag 25 Augustus Saterdag 26 Augustus Sondag 27 Augustus 1° 13° 0° 14° 2° 23°
NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK. CERES SUPERSPAR (023) 316-2226 SUPERSPAR BUSINESS HOURS: Mon - Sun 07:00 - 19:00 TOPS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00 ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 24 - 27 AUGUST 2023 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. Foccacia peppers Spar vacuum pack cheese 700g 2.5kg Spar Refined White Sugar Simba Potato Chips 120g Pro-Wash Fabric Softener 500ml Whole & ½ Lamb Pantene Shampoo or Conditioner 360ml / 400ml ass. Bokomo Weetbix 900g Bulk Rump steak Royco Soup packets ass. 50g Ceres Spar bulk Boerewors 8999p/combo SERVING SUGGESTION Flora Regular or Light Fat spread tub 1kg Protex hygiene soap 150g ass. Whole Chicken + 6 rolls Spatchcock Chicken 4kg Omo Auto washing powder Spar 2-ply Toilet rolls 350 sheet, 18’s Castle Lite Cans 6 x 410ml 2499 5299 each Wortels 750g Aartappels 7kg Koolkop, Uie 1kg Patats 1kg PER COMBO 12000 Nivea Roll on 50ml 1399 each Nescafé Classic Coffee Jar (Incl. refill pouch 230g) 200g 11499 p/kg 9499 p/kg 13999 p/kg 4999 p/kg Klipdrift Export 750ml 14999750ml Wild Africa Liquer 750ml 11499 750ml BUY 2 FOR 15000 Grant’s Whiskey 750ml 19999 750ml 10999 1999 each 12499 each 4699 2 FOR 4500 7999 5999 each 3 FOR 4400 6499 each 8999 each 4 FOR 1800 Futurelife Smart Food, Zero ranges 500g 3699 each

DIE Tulbagh Lionsklub nooi inwoners uit om op 23 September aan die “Walk in Heels Against Gender-based Violence”-projek deel te neem. Dit begin om 14:00 in Kerkstraat, Tulbagh en koste beloop R100 per persoon. Die doel van die optog en saamstap van nagenoeg 1.5 km, is om ‘n groter bewustheid te skep oor geslagsgeweld. Deelnemers, veral mans, sal vroue hoëhak skoene dra om ‘n standpunt te maak. Alle opbrengste sal aan The Warrior Project www.thewarriorproject.org.za, ‘n organisasie wat daagliks ondersteuning bied aan geslagsgeweld-slagoffers, geskenk word. * Meer inligting en registrasie is beskikbaar en kan by die skakel: https://tulbaghlionsclub.co.za/walk-in-heels/ gedoen word.

Choir on their way to George

Omgeemense se jaarlikse Stoepstories manne-aand is op Donderdag 17 Augustus in die tennisklub se saal gehou. Fondse is ingesamel vir die jaarlikse skaapbraai wat in Julie by Huis Mostertshoek aangebied is. Hammies Hamman en Cordré Smith het tydens die geselligheid stories vertel en later is ‘n heerlike steak-ete vir gaste voorgesit. * NJG Vervoer (Annes Geldenhuys), Viking (Annelette Hugo), AECI (Johan Slabbert) en Malanshoogte word bedank vir die tafels wat hulle geborg het.

ESTATE NOTICE

In the estate of the late HAROLD STANLEY HECTOR, identity number 3501135054082, who was married in community of property to Martha Helena Hector , identity number 3309110052083 , of 30 Ryk Tulbagh Street, Witzenville, Tulbagh, who died on 6 January 2021 (Estate No: 023638/ 2021). (Ref: LH0104)

Creditors in the abovementioned estate are requested to lodge claims with the undersigned within a period of 30 (thirty) days reckoned as from Friday, 25 August 2023.

LOUW INCORPORATED

ATTORNEYS - PROKUREURS

Helderberg Law Chambers Postnet Suite 237 208 Main Road,Private Bag X15 Somerset West Somerset West, 7129 Tel: (021) 851-4332 www.louwinc.com

Gertruida Joubert Gertruida Joubert Gertruida Joubert Gertruida Joubert (gebore Louw)

TABERNACLE Arts Developments (TAD) is a musical group that was established in March 2023 with choir members around Witzenberg communities. Tabernacle’s main objectives are to take the youth away from the streets and excessive use of drug and alcohol and addressing social and economic challenges such as teenage pregnancy and high unemployment rate. On 28 May TAD held a fundraising concert where they used of the concert money and bought 10 pairs of school shoes. From 25-27 August the choir will embark on a trip to George to host another fundraising concert and we would like to ask businesses to support our group by donating food products and finances in order for us to be able to make a positive impact. Most of our members are still attending school and others are unemployed. * TAD banking details and contact details: Tabernacle Arts Developments, FNB 630590-14901. For more information contact pastor Mona at 061-1940-101 or the secretary Y. Badela on 073-7292-433 or send an email to Tabernaclead23@gmail.com

nuusbrokkies

• Kerrie & Rys

• Basaarpoeding

• Burger & Chips

• Speelgoed & lekkernye uit Ouma se kombuis

• Pannekoek

• Vleis

• Groente & Vrugte

• Vars Brood & Beskuit

• Teetuin

• Heerlike “Milkshakes”

24 Junie 1924 - 21 Julie 2023

Was getroud met Dr. Erhardt Joubert en wonderlike ma van vier kinders, ouma van 10 kleinkinders en 7 agterkleinkinders. Sy word oorleef deur haar kinders

Altus Joubert, Lola Clark, Hennie en Erhardt Joubert.

Begrafnis: Sondag 3 September 2023 om 12:00 in Ceresvallei NG Kerk.

Diens word gelei deur Ds. Jandré Viljoen

R5 movie Fridays skop op 25 Augustus af by die Togryers museum op Ceres. Die eerste film We can be Heroes word op 25 Augustus om 14:30 vertoon. Leerders vanaf 7 jaar kan die fliek kyk. Bring jou R5 en eie eetgoedjies en kom spandeer die middag saam met die museum personeel. Besprekings kan by 060-7110-509 gedoen word. NB: Hou die Witzenberg Herald en die Togryers museum se Facebook bladsye dop vir die naam van die volgende fliek.

YOUNG Good Hope RVK speel Saterdag 26 Augustus teen Op-die-Berg. Die wedstryd vind op die Lyellstraat sportgronde in Rooikamp plaas. Wedstryde begin om 14:00 en toegang beloop R20 vir volwassenes en R10 vir kinders en motors.

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas in Maart 2024. Beperkte aantal plekke is nog beskikbaar. Navrae in verband met depositos kan gerig word aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos aan: isaacjacobs50@yahoo.com

2 l WITZENBERG HERALD l 25 AUGUST 2023
’n DUBBEL troue het Saterdag 12 Augustus op Leeuwenfontein plaasgevind met die huweliksbevestiging van Petronella en Vernon Jonker en Pieter en Carmen Swartz. Die twee egpare is in die huwelik bevestig deur pastoor Isaac Jacobs van die PPK Engedi gemeente op Ceres. WOLSELEY

LEER & Leef besoek twee keer ‘n jaar alle vroeë kinderontwikkeling- en nasorg fasiliteite in die Witzenbergstreek vir registrasie doeleindes. Vroeër vanjaar het Leer & Leef tydens Wêreld Aardedag, ‘n rommel-robotprojek geloods waar kleuters die kans gekry met kreatiewe skeppings om rommel-robotte te maak. Hulle moes ook ‘n rympie aanleer en praktiese wenke gee hoe die Witzenberg gemeenskap hul dorpe en woonbuurtes skoon en netjies kan hou. * Vrolike Vinkies het ook aan die rommel-robotprojek deelgeneem. Op die foto staan Steffie Smith (juffrou) saam met Amarah-Leigh Afrika, L-Dré Visagie, Elijah Cupido, Ashnique Farmer, Liam Faroa, Ameen Coetzee en Hanoi Goliath (Leer & Leef hulpmaatskaplike werker).

SAPD kry gesteelde goed terug

DIE Ceres polisie het Sondag op ‘n huis in die dorp toegeslaan met ‘n deursoekingsbevel.

Dit is onbekend of enige dwelms gevind is en of iemand gearresteer is.

In ‘n ander voorval het die polisie ‘n vermeende inbreker, Hendries Geduld, vasgetrek en later ‘n video uitgereik om die eienaar van die gesteelde goed op te spoor.

Die video is daarna deur meer as 60 200 mense op die Witzenberg Herald se Facebook-blad gekyk wat gehelp het om die eienaar vinnig op te spoor.

Sake werkswinkel word op Ceres aangebied

‘n SAKE werkswinkel is Dinsdag 15 Augustus in die Dutoit Agri opleidingsaal op Ceres aangebied. Pieter du Toit (Dutoit Agri) en Rossouw Cillié (Laastedrif Agri), het dié werkswinkel geborg om plaaslike sake ondernemings te ondersteun. Die werkswinkel is deur Jannie Rossouw, ‘n sake-adviseur, aangebied. Daar is gefokus op spesifieke wyses om ondernemingsgroei te bewerkstellig, deelnemers het toekomsplanne beraam en geskrewe doelwitte ontwikkel.

HERSTELWERK aan ‘n gedeelte van Michellspas sal teen einde Augustus of begin September afgehandel wees. Die pad is herstel en moet nog net geteer word en die sementstrukture moet verwyder word. Die herstelwerk is begin nadat groot wattermassas die gedeelte in Michellspas beskadig het tydens die vloede van 15 en 16 Junie. Sedert 22 Junie word ‘n 24-uur stop en ry punt met slegs een baan wat oop is vir verkeer, in die bergpas bedryf. Die foto bo is Donderdag 17 Augustus geneem en die foto onder is op Donderdag 6 Julie geneem.

25 AUGUST 2023 l WITZENBERG HERALD l 3

Bestuurder (40) aangekla van strafbare manslag

DIE 40-jarige bestuurder van ‘n Ford Bantam bakkie met 11 insittendes in, moet die week weer in die Blue Downs landdroshof verskyn op aanklagte wat wissel van strafbare manslag en dronkbestuur.

Vyf kinders is op 9 Julie dood toe die bestuurder van Moorreesburg, Adrian (Rian) Hanse, omstreeks 23:30 beheer oor die bakkie verloor en ‘n sperreling getref het. Die bakkie het langs die snelweg tot stilstand gekom.

Die bestuurder, sy vrou Nolisa, en haar susters, Clarine Kyba en Jolene Kyba, het vroeër die betrokke dag saam by die oorlede kinders se ouma op ‘n plaas in die Koue Bokkeveld-omgewing gekuier.

Al die kinders was saam met die twee susters agterop die bakkie. Almal is met die slag van die voertuig afgegooi.

‘n 18-Jarige meisie van die Koue Bokkeveld, Elwina Lesch, wat saamgery het is ook dood in die ongeluk. Haar 15-jarige vriendin, Sarisa Hanse en dié se 7-jarige sussie, Abigail, het ook in die ongeluk gesterf. ‘n Elfjarige niggie, Devoline en ‘n 16 maande oue nefie, Cruzan Kyba, is ook in die ongeluk dood. Van die beseerdes is nog in die Tygerberg hospitaal.

Uitstel

Die saak is verlede week vir verdere ondersoek na Vrydag 25 Augustus uitgestel. Hanse is tans uit op borgtog van R5 000.

C1116.01: THE PERIODIC MAINTENANCE OF TR22/1 (KM 20.60 TO KM 36.05), TR22/2 (KM 3.55 TO KM 71.8) & MR316 (KM 0.0 TO KM 0.25) FROM WOLSELEY TO TOUWSRIVIER

Actophambili Roads have been contracted by Western Cape Government: Department of Infrastructure - Infrastructure Branch to perform the periodic maintenance on various roads as per the above mentioned contract. We are currently looking for a suitable CLO in the vicinity of Ceres with requirements as stipulated below that will report to the Project Construction Manager. Job purpose: The purpose of the Community Liaison Officer is to manage the relationship and facilitate engagement between the community and project stakeholders to ensure that all parties are working together and in unison on mutually beneficial grounds. Please note: The work opportunity is a temporary position - valid for the project duration.

DIE Witzenberg munisipaliteit het die begin van Augustusmaand (foto bo) begin om ‘n nuwe beton omheining rondom hulle Tulbagh munisipale stoor op te rig. Die ou heinings is verwyder en die opslaangeboue, wat deur vandale beskadig is, is gesloop. Die koste van die betonheining beloop ±R2.9 miljoen en is gou voltooi (foto onder).

Minimum requirements:

• Passed Standard 10 (Grade 12) with at least 3 years’ experience in a similar position

• Candidate must have valid driver s license and own Transport

• Must be able to read and write English/ Afrikaans

• Must be computer literate (MS Word/Excel)

• Reside within the project geography and be an active member in their relevant communities

• Acquainted with community and be seen as a relevant representative of said community • Must be reliable and accountable, confident facilitator, advisor and presenter

• Must have valid South African Identity document

• Must have experience or skills in conflict resolution

• Must have some understanding of construction industry and be able to communicate with contractors, subcontractors and workers on site

• Candidate must be willing to work flexible hours.

Responsibilities:

• Keep forum & community informed on the progress of the project

• Attend monthly meetings/or provide detailed report of Project Progress

• Liaise with the Project PLC

• Recruit CV’s from the relevant local authorities/Databasis

• Keep contractor informed on relevant community affairs and possible grievances

• Data capturing (Beneficiary List)

• Assist contractor’s supervisory staff and the management of workers on site.

Advert opens on 24 August 2023 and closes on 1 September 2023 @ 12:00.

Applications (Curriculum Vitae) with full contact details must be submitted to Jeffrey Galant at e-mail: jeffrey@actop.co.za or at the Municipal Building (50 Voortrekker Street, Ceres) at security situated in the reception.

Salary: Negotiable

For any queries please phone Jeffrey Galant 084-746-0331.

CERESCERES CERESCERES CERES (023) 316-2226

KITCHEN ASSISTANT

The following requirements are needed:

•Must be able to handle and work under pressure

•Excellent people’s skills

•Must be willing to work weekends and shifts

•Must be fully bilingual

•Preferably reside in Ceres/Wolseley

•Previous experience in this profession will be advantageous

•Must have matric

•Must have knowledge of hygiene in the workplace

•Willing to join as soon as possible

Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres3@retail.spar.co.za or ceres.superspar2@gmail.com

For attention: Human Resources

Closing date for applications : 1 September 2023

Availability : Immediately

Should you not receive any feedback by 8 September 2023, please consider your application unsuccessful. Please do not apply via Facebook, please e-mail all CV’s

THE spirit of unity and community engagement came alive as stakeholders from the Department of Health and Social Development joined hands with Perdekraal East Wind Farm for a memorable Mandela Day celebration at the Tankwa Karoo padstal. The event was a huge success, fostering connections and providing crucial services to the Karoo community.

DIE Witzenbergstreek het die afgelope paar maande drie van hul oudste inwoners aan die dood afgestaan. Tannie Marga Dettmann (foto) van Huis Mostertshoek op Wolseley is Saterdag 19 Augustus oorlede. Sy was sedert die begin van die jaar ‘n inwoner van dié tehuis en het in Maart 103 jaar oud geword. Sy was een van twee inwoners in die streek wat die gesogte 103mylpaal bereik het. Tannie Baby Schoeman (103) is Meimaand oorlede en tannie Truida Joubert (99) is in Junie oorlede. *Die begrafnisdiens van tannie Truida vind op 3 September om 12:00 vanuit die Ceresvallei NG gemeente plaas.

4 l WITZENBERG HERALD l 25 AUGUST 2023
Community Liaison Officer (CLO) Exciting opportunity at Ceres Superspar

CERES SAPD het onlangs ‘n Veiligheids-Imbizo op die plaas De Eiken in die Bo-Swaarmoed omgewing aangebied wat deur nagenoeg 120 plaaswerkers bygewoon is.

BELLA Vista Hoërskool se eerste netbalspan spog hier met hulle nuwe uitrustings. Die skool se bestuur en leerders wil die De Keur groep bedank vir die borgskap. Die skool, leerders en die gemeenskap waardeer die skenking.

Kouefronte bring reën

DIE afgelope naweek was baie bedrywig op Ceres se sportvelde met sewe skole wat hul interskolebyeenkomste aangebied het. Mooi Uitsig primêr en Bella Vista primêr het vir die eerste kere ‘n derbystryd aangebied, Ceres primêr en Morrisdale primêr het sake op die rugbyveld en netbalbaan uitgespook en Hoërskool Charlie Hofmeyr en Hoërskool Robertson het teen mekaar deelgeneem. * Bella Vista Hoërskool en Ceres Sekondêr het mekaar ook die naweek die stryd aangesê. Ceres Sekondêr se eerste netbalspan (onder) het naelskraap met 18-15 gewen en Bella Vista se eerste rugbyspan (bo) het met 22-11 gewen.

FOTOS: Trevor Felix

THE Clique MCC Weskus het Saterdag 19 Augustus Ceres besoek en teddiebere aan Ceres SAPD se slagoffer ondersteuningsfasiliteit geskenk. Hier staan sers. Elizna van Wyk saam met die groep motorfietsryers tydens die besoek aan Ceres polisiestasie.

WINTER reën het tussen Donderdag 17 Augustus en Woensdag 23 Augustus (oggend) oor ‘n wydverspreide gebied in die Witzenbergstreek uitgesak. Die Ceres Koekedouwdam staan tans steeds op 100%, Tulbagh dorpsdam op 100% en Waverenskroondam op 37%. * Die reënvalsyfers is deur Hortec Ceres en ileaf beskikbaar gestel. In die Warm Bokkeveld wat Ceres dorp insluit is 58 mm gemeet, in die Bo-Swaarmoedomgewing 12.5 mm en in die Koue Bokkeveld (Sterkwater en Bronaar) tussen 0.9 mm en 31.4 mm. In die Winterhoek is 14.4 mm gemeet en by Romansrivier 52.6 mm. Op Ceres gholfbaan is 70 mm die afgelope twee dae gemeet.

25 AUGUST 2023 l WITZENBERG HERALD l 5

classifieds

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Bondels koerante te koop

BAKERY

vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies

FIREARM TRAINING

FAST Academy Vuurwapen bevoegdheidsopleiding tot op besigheidsvlak en regulasie 21

Skakel 082-773-2501

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

1 Kor. 13:4

“Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.”

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem

TANKWA Omgee Kettingkrakers (TOK) is Ceres Omgeemense se fietsrygroep. Daar word gereeld sosiale oorslaap fietstoere deur die groep gereël, veral uitstappies na die Karoo. Daar gaan ook altyd ‘n ondersteuningsvoertuig saam met die fietsryers en deelnemers hoef nie top fiks te wees nie. Die volgende toere word vir September en Oktober beplan: Matroosberg na Bike X Cape na Matroosberg op 2 en 3 September oor ‘n afstand van 132 km en 80 km, Knysna na Uniondale op 23 September 2023 - die dag voor Karoo to Coast (K2C) vir deelnemers aan die 100 km en op 7 en 8 Oktober van Matroosberg na Kagga Kamma na Matroosberg oor ‘n afstand van 126 km en 92 km. * Vir meer inligting en inskrywings skakel Cordré by 082-8092-935 of stuur ‘n epos na cordre@erfdeel.co.za

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

GRATIS

MAHHALA LIVRE GRATUITO SIMAHLA VERNIET

Whatsapp die woord HERALD, gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003

Reëls:

•Slegs items met ‘n prys onder R1 000

•Slegs EEN item per Whatsapp

•Onvolledige Whatsapps wat nie die woord HERALD en ‘n telefoonnommer bevat nie, sal nie geplaas word nie

•Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

6 l WITZENBERG HERALD l 25 AUGUST 2023
bondel
R30 per
 (023) 316-2021
aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL
LAWN” Skakel 082-859-2300 Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more André du PAndréP André du PAndréP André du Preezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o. DIANA & KIM is there to help with: •Financial assistance •Bring back lost lovers •Court and divorce cases •Pay after job is done 078-283-7310 Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83 PLANT AND PLANT AND PLANT TOOL HIRE HIRE TOOL HIRE HIRE
Boland Roll on Lawn Verskaffing,
ON
ASSISTANT Requirements: •Ensuring all backup areas are neat and clean •Knowledge of cleanliness and food hygiene •Excellent people’s skills •Honest, hard working and work under pressure •Fully bilingual •2 - 3 Years bakery experience
12 Certificate •Must be energetic, confident and work promptly and accurately •Prepared to work night shifts Bring asb. u CV met verwysings na: Village Bakery, Ceres 060-911-9535
•Gr.
Evangelis Jacobs

Henry wen kompetisie

HENRY Brown het Saterdag die enkel syfer plus klubkompetisie met ‘n telling van +2 gewen.

Pierre Bothma was in die tweede plek met +1 gevolg deur Bennie van Rensburg met 0. Willie Baron was in die vierde plek met -1 gevolg deur FK van Schalkwyk, Johann van der Merwe en Willie van Heerden, al drie met -3.

Kompetisies

Daar sal later die jaar nog twee Rubberroofs gholfdae aangebied word - waarvan een ‘n Greensomes kompetisie gaan wees op 16 September. Dit is die dag voordat Suid-Afrika vir Roemenië in ‘n Wêreldbeker uitspeelwedstryd pak.

Saterdag 26 Augustus word ‘n enkel stasbleford kompetisie aangebied en Saterdag

2 September ‘n enkel houespel kompetisie.Op 9 September word ‘n enkel syfer plus kompetisie aangebied. Die Slyder Cup vind ook op 9 September plaas.

Heuningkwas of .....HARDEKWAS Francois Snyman

Duiweboere presteer in twee wedvlugte

WEDVLUGDUIWE is Saterdag 19 Augustus vir die derde keer vanjaar op Leeu Gamka gelos.

Die duiwe het vinnig hul hokke bereik en die wedvlug onder drie ure afgelê. Die Ceresvallei Federasie jaaroud en ope wedvlug is deur Nathan Jacobs en Cameron Mars gewen.

Die naweek verskuif die wedvlugpunt na Kimberley vir ‘n langpadvlug.

CPHS

Jaaroud

1. Team Koopman - 1528.134 mpm

2. Cyril en Ann Davids -1523.034 mpm

3. Hendriks familie - 1510.460 mpm

4. Cyril en Ann Davids -1497.947 mpm

5. Hendriks familie - 1489.441 mpm

Ope

1. Team Koopman - 1528.134 mpm

2. Cyril en Ann Davids -1499.837 mpm

3. Cyril en Ann Davids -1492.885 mpm

4. Cyril en Ann Davids -1491.732 mpm

CPS

Jaaroud

1. N. Jacobs - 1535.918 mpm

2. Blue Mountain Loft -1510.006 mpm

3. N. Jacobs - 1508.159 mpm

4. Meyer & Van Wyk - 1476.181 mpm

5. Camerin Mars - 1473.873 mpm

Ope

1. Camerin Mars - 1535.302 mpm

2. Meyer & Van Wyk - 1531.007 mpm

3. Camerin Mars - 1521.380 mpm

4. Meyer & Van Wyk - 1520.287 mpm

5. Blue Mountain Loft -1510.751 mpm

Wedvlugduiwe is Saterdag 12 Augustus op Hanover losgelaat met die gesogte derby jaaroud wedvlug wat gevlieg is. Elton Lintnaar het die Ceresvallei Federasie het die jaaroud wedvlug en Kevin West het die Ceresvallei federasie wedvlug gewen.

CPHS

Jaaroud

1. Cyril en Anne Davids -1362.788 mpm

2. Hendriks familie - 1317.888 mpm

Die gejaag moet nou stop

WAT besiel inwoners om soos maniake te jaag in dorpstrate wat elke dag deur stappers, honde-eienaars, kinders op fietse en drawwers gebruik word?

As mens staan en kyk of luister dan sal jy dink dat Vierdelaan (teen die Dwarsrivier af) en aan die oorkant van Ceres hospitaal, die nuwe Ceres resiesbaan is vir almal. Kom Maandag en almal is laat vir skool, dan is dit ook ‘n gejaag in dié straat.

My vraag aan die jaagduiwels. Wat gaan julle stop om so te jaag?

Eers as iemand sterf?

Slegte nuus! Nee, daar gaan nie nog langer gewag word vir ‘n tragedie in Vierdelaan om plaas te vind nie. Daar sal binnekort twee spoedhobbels in die straat opgerig word en hopelik sal dit die jaagduiwels in hul wielspore stuit en keer dat iemand dalk sy lewe verloor of beseer word deur die groepie onverskillige be-stuurders.

As dit nie help nie, sal die Faure-stopstraat vervang word met ‘n derde en groot spoedhobbel.

Sportmanne, sportvroue en sportklubs

Die toeëiening van plaaslike sportmanne en sportvroue deur sportklubs en politici, is ook ‘n doring in die vlees.

Kom ons ondersteun eerder die sportmanne en sportvroue en eer hul uitsonderlike sportprestasies en dra hul vooruitgang op sportterreine, op die hart. Hulle is niemand se eiendom nie - ook nie hul sportklubs of politici sin nie.

Verder is alle sportkodes gelyk aan mekaar en niemand hoef enige spesiale behandeling of voorkeur te kry nie. Die munisipale sportterreine is daar vir almal se gebruik en word deur die Witzenberg munisipaliteit aan onder andere rugbyklubs verhuur - dit is nie enigeen se eiendom nie. Alle sportklubs kan dit huur en gebruik. Sport kom eerste!

Reservations: Adie 066201-5024

3. Cyril en Anne Davids -1254.450 mpm

4. Cyril en Anne Davids -1248.135 mpm

5. Team Koopman - 1224.694 mpm

Ope

1. Cyril en Anne Davids -1358.771 mpm

2. Team Koopman - 1348.410 mpm

3. Cyril en Anne Davids -1342.936 mpm

4. Team Koopman - 1333.293 mpm

5. Team Koopman - 1305.681 mpm

CPS Jaaroud

1. E. Lofts - 1380.956 mpm

2. Blue Mountain Loft -1372.608 mpm

3. Blue Mountain Loft -1337.851 mpm

4. Blue Mountain Loft -1332.429 mpm

5. Blue Mountain Loft -1325.969 mpm

Ope

1. JRK Loft - 1427.439 mpm

2. CT Nige - 1385.831 mpm

3. Marius & Morrin Koopman -1381.549 mpm

4. Marius & Morrin Koopman -1349.051 mpm

5. Marius & Morrin Koopman -1312.544 mpm

Geen ander uitslae is die afgelope twee weke ontvang nie.

NOTICE OF BASIC ASSESSMENT AND PUBLIC PARTICIPATION PROCESS NUWEKLOOF SUBSTATION EXTENSION, WESTERN CAPE PROVINCE

Applicant: FE Bergriver (Pty) Ltd

Activity: Extension to the 132/66kV Nuwekloof Substation high voltage yard, including a 1.5ha extension immediately adjacent on the northern and western sides of the existing substation footprint.

Location: Remaining Extent of Erf 585, 500m to the west of Gouda, Cape Winelands District Municipality.

Revised Basic Assessment Report review and comment period: A Basic Assessment Report was made available for review and comment from 14 August 2023. The review period has been extended to 20 September 2023 . The BA report is available for download from Savannah Environmental website: http s://savannahsa.com/publicdocuments/grid-infrastructure/nuwekloof-substation-expansion/).

Nicolene Venter at Savannah Environmental

P.O. Box 148, Sunninghill, 2157 Website: www.savannahsa.com

Tel: 011 656 3237 l Mobile: 060 978 8396 (incl. Please Call Me)

Fax: 086 684 0547 l E-mail: publicprocess@savannahsa.com

25 AUGUST 2023 l WITZENBERG HERALD l 7 RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small. MOLLIEMOLLIE MOLLIE (Female) 17 Months old GUINEVERE (Female) Born 04/10/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Including a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply SHADOWSHADOW SHADOW (Male) Born 14/02/2023 SMOKEYSMOKEY SMOKEY (Male) Born 14/02/2023 SIMBASIMBA SIMBA (Male) Born 15/03/2023 OGIESOGIES (Male) Born 07/02/2023 LISELISE (Female) Born 30/11/2022 Advertensie-ruimte word geborg deur:
FUNDRAISER FOR: HUIS MOSTERTSHOEK, WOLSELEY VENUE: MATROOSBERG NO GARNISH EATERY
:
TIME: 14:00 (BAR & RESTAURANT AVAILABLE)
PERFORMED BY JOHAN LIEBENBERG
DATE
26 AUGUST 2023

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Bella Vista en Ceres verloor

DIE naweek het twee van Ceres se rugbyspanne verloor.

Bella Vista het die naweek op Wellington met 10-28 vasgeval teen Roses United en Ceres het onverwags met 13-18 teen Tulbagh verloor.

Daar was darem ook goeie nuus vir plaaslike spanne met Wolseley en Hamlet wat goeie oorwinnings behaal het.

Bella Vista het die naweek teen Roses United gespeel en die wedstryd met 10-28 verloor. Die span van Chesvill Muller het loodvoetig voorgekom met Roses wat veral in die vaste fasette vir Bella Vista harde bene laat kou het. Vir Bella Vista het Jared Manus ‘n drie gedruk en Durin Nasson was in die kol met ‘n doel- en strafskop.

Naweek se uitslae

In die Witsentraal Groot Uitdaagreeks klop Delicious vir Evergreens Paarl met 2721, Wolseley klop Wellington 30-23, Hamlet mors met Young Blues en wen 75-28 en Newtons klop Hillcrest 36-23.

In die Streek Uitdaagreeks het Op-dieBerg vir Paardekloof met 26-22 geklop, Vastrap was aan die wenkant 20-10 teen La Plaisant, Lovedale klop Red Roses 3214, Young Good Hope wen 21-17 teen Young Westlyans en Lindeshof mors met die Pumas 39-15.

Adriaan wys sy staal op wêreldverhoog

ADRIAAN Wildschutt (25), bekende langasem en oud-Ceresiet, het die naweek (Sondagaand) aan die Wêreld atletiekkampioenskappe in Boedapest deelgeneem in die 10 000 meter. Adriaan het in die 14de plek klaargemaak in ‘n tyd van 28:21:40. Die huidige wêreldrekordhouer, Joshua Cheptegui, het die wedloop gewen in ‘n tyd van 27:51:42. Die Keniaan, Daniël Ebenyo was tweede in ‘n tyd van 27:52:60. * Adriaan het vroeër vanjaar ‘n nuwe nasionale rekord in die 10 000 meter vir mans opgestel toe hy die stophorlosie op 27:23.10 gestop het. Hy het Hendrik Ramaala se rekord (27:29.94) van 24 jaar gelede verbeter wat Ramaala destyds in 1999 in Port Elizabeth opgestel het.

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE

WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS

Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.

Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres 6835 or at 50 Voortrekker St, to reach him before the indicated closure date of the case.

Eiendom /

Spelers by oefenkamp

DIE naweek het Hoërskool Charlie Hofmeyr en Hoërskool Robertson mekaar die stryd aangesê op Charlies se tuisveld. Charlies se eerste netbalspan het ‘n indrukwekkende vertoning gelewer en Robertson met 49-29 afgeknou. Die eerste seuns hokkiespan het 2-1 gewen en die eerste meisies hokkiespan het 3-0 gewen. Die eerste rugbyspanne het vir die eerste keer in jare, met 19-19 gelykop gespeel.

OP Sondag 6 Augustus het ‘n paar rolbalspelers van Ceres rolbalklub aan die Boland

Parish of St. Andrew’s Tour de Dam

Application for approval of SDF and departures from the standard parking requirements and height restrictions

Aansoek om goedkeuring van terrein ontwikkelingsplan en afwykings van standaard parkeervereistes en hoogte beperkings

8 l WITZENBERG HERALD l 25 AUGUST 2023
GET YOUR MEDAL! LOADS OF PRIZES TO BE WON. Registration of R20 can be done at the Parish office in Voortrekker Street between 09:00 - 17:00
- Thursday
COME
Monday
CERES rugbyklub het Saterdag teen Tulbagh verloor. oefenkamp vir juniors deelgeneem op Worcester. VLNR: Conrad Burger, Benjamin de Villiers, Wéan van Rensburg, John van Rhyn, Sumeon De Villiers en Kiarha Julius.
Property Remainder of
Ligging / Location Corner of the Voortrekker Street/R46 (Truck
TR22/2) and
Erf 9602, Ceres
Road
the Ezelfontein Road (Divisional Road DR 1447), Ceres Aard / Nature
Verwysing / Reference 15/4/2/325 Sluitingsdatum / Closure date 25 September 2023 Aansoeker / Applicant First Plan Town Planners

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.