Witzenberg Herald Vol.27 no.33 (Online Weergawe)

Page 1


Witzenberg

Man kry noodoperasie na aanranding

‘n INWONER van P.A. Hamlet is in die Worcester hospitaal opgeneem nadat hy verlede week na bewering deur twee polisiemanne aangerand is. Die afgelope week is daar navraag oor dié voorval by die polisiestasie sowel as by die WesKaap provinsiale hoofkantoor gedoen.

Lees artikel op bladsy 3.

WERKERS van Ceres en P.A. Hamlet wat agterin twee bakkies gesit het, is ernstig beseer in ‘n ongeluk wat vroegoggend op P.A. Hamlet plaasgevind het. Volgens die polisie het die ongeluk Maandag omstreeks 06:20 plaasgevind in Vosstraat oorkant die hotel. Volgens voorlopige inligting het die bestuurder van die Kia trokkie ‘n U-draai probeer maak waarna ‘n Isuzu dit op die kant getref het. Twee vroue is met erge kopbeserings na die hospitaal geneem vir behandeling. Daar was vier mans in die een voertuig en vier mans en twee vroue in die ander voertuig. Die polisie ondersoek ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur.

Nog fotos op bladsy 3.

Passasiers afgeslinger

Twee sterf toe bakkie rol

TWEE mense het die naweek gesterf nadat die bakkie waarin hulle passasiers was, omgeslaan en gerol het.

Die bestuurder van ‘n Nissan NP 200 bakkie, Charlton Smit (22) van Bella Vista, het Saterdag 17 Augustus omstreeks 22:13 beheer verloor, ‘n sementwal getref voordat die bakkie aan die onderkant van Gydopas gerol en in ‘n vrugteboord oorkant die Koelfontein-ingang tot stilstand gekom het. Van die passasiers wat agterop gesit het, is met die rolslag van die bakkie geslinger. Nooddienste en die SAPD is na die ongelukstoneel ontbied. Die bestuurder van die bakkie het vasgesit en

moes met lewenskake uit die wrak bevry word.

Hy is tans bewusteloos in die hospitaal se intensiewesorgeenheid.

Een passasier, Siena Mouton (72) van Bella Vista, het op die ongelukstoneel gesterf en ‘n tweede passasier, Charlton Oktober (41), ook van Bella Vista, het op pad na die hospitaal gesterf.

Daar was ses persone waarvan een ‘n kind, in die bakkie. Die kind en ‘n vrou is na Tygerberg hospitaal oorgeplaas vir behandeling.

Die SAPD ondersoek twee klagtes van strafbare manslag.

DIE man wat verlede jaar ‘n plaaswerker van die Koue Bokkeveld met ‘n staalpyp geslaan en wat later aan sy beserings beswyk het, wil nou ‘n pleitooreenkoms met die staat aangaan. Rhamkati Tslana (32) moet weer op 8 Oktober in die Ceres streekhof verskyn weens die moord op Bokang Motinkhoane (32). Motinkhoane wat op die Heldersig plaas in die Koue Bokkeveld gewoon het, is op 22 September 2023 omstreeks 13:30 deur Tslana aangerand. Motinkhoane is volgens die polisie met ‘n staalpyp van 1.2 meter teen die kop geslaan nadat Tslana hom voor die aanval van ‘n verhouding met sy vrou beskuldig het.

Motinkhoane is na die voorval met ‘n AMS noodhelikopter na Tygerberg hospitaal gevlieg waar hy later aan sy beserings beswyk het. Tslana is na die voorval deur die polisie gearresteer. Hy staan tereg op aanklagte van aanranding om ernstig te beseer en moord.

DIE ontwikkelaars van die beoogde Ceres Mall wil eers alle onderhandelings en gesprekke met rolspelers, die plaaslike munisipale owerheid en moontlike huurders afhandel en finaliseer voordat daar teen einde September 2024 meer inligting oor die beplande projek aan die Witzenberg gemeenskap verskaf sal word.

CERES SECONDARY SCHOOL

WKOD KONTRAK OKTOBER 2024 - DESEMBER 2024

FARM AID (2 VACANCIES)

Qualifications :

1.NQF Level 1 or 2 (Abet level 2/3 certificate or equivalent)

Please hand in your application at: Office of Ceres Secondary School Or e-mail to: ceres.sec@wcgschools.gov.za

Closing date for applications: Thursday 29/08/2024 at 12:00

Should you not receive any feedback by Friday 13/09/2024, please consider your application unsuccessful.

CERES SECONDARY SCHOOL

WKOD KONTRAK OKTOBER 2024 - DESEMBER 2024

FARM FOREMAN (WCED OPS-JE 1913)

Qualifications :

1.NQF Level 4 (Grade 12 certificate or equivalent)

2.Driver’s licence

Please hand in your application at: Office of Ceres Secondary School Or e-mail to: ceres.sec@wcgschools.gov.za

Closing date for applications: Thursday 29/08/2024 at 12:00

Should you not receive any feedback by Friday 13/09/2024, please consider your application unsuccessful.

Werksgeleentheid beskikbaar by Ceres Landbou Midas ONTVANGSPOS

Die persoon moet aan die volgende vereistes voldoen:

• Vriendelike persoonlikheid om met kliënte te werk

• Kassier (ontvang van betalings, basiese debiteure funksies)

• Professionele bemanning van die skakelbord

• Effektiewe alg. kantoor administrasie

• Netjiese en professionele voorkoms

• bogemiddelde rekenaarvaardigheid in Microsoft office

• ± 5 Jaar toepaslike ervaring

• Afrikaans en Engels magtig wees gaan Stuur asb. u CV na: petro@landbouonderdele.co.za

Aansoeke sluit: 7 September 2024

Indien u teen 14 September 2024 geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.

nuusbrokkies

YOUNG Blues rugbyklub van Wolseley wil graag Randall Julies en Ceres Apteek bedank vir hul donasie van eerstehulptoerusting aan die klub. “Ons waardeer dit opreg en wil graag die Witzenberg gemeenskap aanmoedig om plaaslike besighede te ondersteun”.

DIE Ceres ACVV-tak se algemene jaarvergadering word op 27 Augustus om 14:30 in die Annatjie Bothmasaal gehou.

CBI gala-aand vind plaas op 28 Augustus. Rusty Labuschagne, bekende Zimbabwiese sakeman, gaan sakelui toespreek oor sy wedervaringe nadat hy valslik deur ‘n wildstroper beskuldig is dat hy ‘n ander stroper verdrink het en die polisie en hof se growwe nalatige optredes. Hy bring ‘n boodskap van hoop. Stuur ‘n e-pos na danell@dekeur.co.za indien jy ‘n tafel wil bespreek of enkelkaartjie@ R550 wil koop. Daar is beperkte aantal plekke beskikbaar.

DIE Togryers museum se koffievles - en sopprojek, benodig nog leë koffiebottels en sop produkte soos sopmengsel, gesplitte

Plaasbestuurder - Koue Bokkeveld

Ceres Fonteintjie Boerdery beskik tans oor ‘n loopbaangeleentheid vir ‘n Plaasbestuurder op die plaas Heldersig in die Koue Bokkeveld. Die pos behels die bestuur van ‘n produksie eenheid wat primêr fokus op die verbouing van kern- en steenvrugte met ‘n bykomende lusern en veevertakking. Dis ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van ‘n proeftydperk. Die kandidaat is die direkte hoof van die plaas se bestuurspan en rapporteer aan die eienaar.

Die ideale kandidaat vir hierdie pos is ‘n:

•Selfgedrewe, energieke en dinamiese persoon wat ‘n langtermyn loopbaangeleentheid verlang

•Toepaslike opleiding en/of ondervinding sal u aansoek versterk

•Kandidate moet oor goeie analitiese-, beplannings-, bestuurs- en kommunikasievaardighede beskik

•Kennis van besproeiing, plaagbeheer, herlewingslandbou praktyke sowel as relevante Produksie Standaarde (GGAP, SIZA, ens.) sal in u guns tel.

‘n Markverwante vergoedingspakket – in ooreenstemming met u kennis en ondervinding – wat behuising insluit, word aangebied.

Aansoeke en CV’s sal vertroulik ontvang word by: admin@fonteintjie.co.za

Telefoniese navrae kan gerig word aan: Gerrit van der Merwe by 079-728-2442

Sluitingsdatum vir aansoeke: 12 September 2024

Diensaanvaarding: Verkieslik November 2024

Indien u nie binne vier weke na sluitingsdatum van ons gehoor het nie, was u aansoek onsuksesvol.

ertjies, rys, stampmielies, lensies en pakkies sop. Ons sal enige donasies verwelkom.

DIE jaarlikse Ceres Michellspas halfmaraton asook ‘n 10 km en 5 km pretloop, word op Saterdag 26 Oktober aangebied. Inskrywings is nou oop vir die plaas- en maatskappy-kompetisie oor 10 km. Inskrywings en navrae kan gerig word aan Nico Jansen by 078-8825-299

DIE 1994 matrieks van Ceres Sekondêr beplan om ‘n reünie te hou in Septembermaand. Skakel Udine by 074-738-5668 of Olive by 078-614-4459

PHILLIP du Plessis, belowende rugbyspeler van Charlie Hofmeyr, is een van 25 spelers wat ‘n rugbybeurs ontvang het om in 2025 by NWU se rugbyinstituut in Potchefstroom sy staal te wys.

Skool kry borgskap

LAASTEDRIF NGK primêr bedank Perdekraal-Oos windplaas vir die belegging in die skool se leerders deur middel van akademiese en sportontwikkeling skenking om landelike leerders te ondersteun. Die sporthempies is deur Perdekraal-Oos windplaas geborg. Hier is verteenwoordigers van Witzenberg Excellence, Samantha Simpson en Cloë Skippers, saam met ‘n paar leerders en die skoolhoof, Dewald September.

BELLA Vista primêr is trots op drie leerders, Curlleyll Krotz, Oliver Abrahams en Monroe Pieterse, wat in die o/12 Boland rugbyspan opgeneem is. Hier is die drie spelers saam met die Witzenberg afrigter, Marco Vergotine.

Man in hospitaal opgeneem na beweerde aanranding

‘n INWONER van P.A. Hamlet is in die Worcester hospitaal opgeneem nadat hy verlede week na bewering deur twee polisiemanne aangerand is.

Die afgelope week is daar navraag oor dié voorval aan die polisiestasie sowel as by die Wes-Kaap provinsiale hoofkantoor gerig. Beide het bevestig dat daar geen klag deur die slagoffer gemaak is nie aangesien hy nog in die hospitaal is.

Sodra ‘n klag geregistreer word, sal die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (OPOD) die ondersoek oorneem.

Die beweerde voorval het Donderdag 15 Augustus in Vosstraat plaasgevind.

Verklaring

In ‘n verklaring het raadslid Trienie Robyn, die voorval deur SAPD-lede op Terrence Claassen, veroordeel en word daar gemeld dat gemeenskapslede die geweld op 15 Augustus waargeneem het.

“Die aanval op Terrence is skandalig en moet ten sterkste veroordeel word. Dit is ‘n ernstige skending van menseregte en kan nie geduld word nie. Ons kan nie toelaat dat polisielede op so ‘n gewelddadige manier teen die gemeenskap optree nie” het Robyn gesê.

Terrence is tans in die Worcester hospitaal waar hy ‘n noodoperasie moes ondergaan weens die ernstige beserings wat hy opgedoen het.

Kol. Albert Ballack (stasiebevelvoerder), het gesê dat mnr. Claasen ‘n saak moet maak sodra hy genoegsaam herstel het.

“Ek sal hierdie saak noukeurig monitor en seker maak dat die gemeenskap se stem gehoor word” het Robyn die verklaring afgesluit.

TERRENCE Claasen (24) is tans in die Worcester hospitaal

MICHELLSPAS was Dinsdag 20 Augustus ‘n tyd lank vir verkeer gesluit nadat ‘n Volvo vragmotor van die Overberg wat houtpallette vervoer het, omgeslaan het. Die ongeluk het omstreeks 12:30 plaasgevind. Die bestuurder is lig beseer en vir behandeling na Ceres hospitaal geneem.

TWEE mense het die naweek gesterf nadat die Nissan NP 200 bakkie met ses insittendes omgeslaan en aan die

Stropers se verhoor kan nog nie begin nie

NA meer as twee en ‘n half jaar van verskeie uitstelle, borgaansoeke en ‘n regskinkel waaroor daar nog nie uitspraak gelewer is nie, verhoed nou dat die Inverdoornstropers se verhoor kan begin.

Die hofsaak, ‘n eerste vir die Wes-Kaap, is verlede week weer uitgestel vir ‘n voorverhoor. Die voorverhoor sal op 13 September aangehoor word. Die vyf stropers verskyn in die Khayelitsha streekhof, ‘n prioriteitshof vir natuurbewaringsoortredings.

‘n Besluit nog nie geneem nie

‘n Immigrasiebeampte van Binnelandse sake moes verlede week spesiaal kom getuig het oor een van die beskuldigdes se visumaansoek.

Amade Filemone Chongo (49) van Mosambiek, wat reeds ‘n paar jaar onwettig in die land is, is die enigste van die vyf verdagtes wie tans uit is op borgtog. Een van die borgvoorwaardes is dat hy vir ‘n visum aansoek moet doen.

Binnelandse sake was blykbaar glad nie geneë daarmee om ‘n visum aan Chongo uit te reik nie wat die staat nou verplig om die borg terug te trek omrede die verdagte dié borgvoorwaarde verbreek.

Die staatsaanklaer asook die landdros moet nog ‘n

besluit hieroor neem.

Ander verdagtes

Die ander vier verdagtes van Zimbabwe, Mosambiek en Malawië is Innocence Davey Chiwenya (58), Wishes Mugari (32), Justice Cossa (30) en Michael Mbaura (25).

Dié renosterstropers is op 10 Desember 2021, twee dae na die stropingsvoorval, met die hulp van die polisie, die veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester, CapeNature en ‘n forensiese ondersoeker, vasgetrek. Die mans word verdink van die stroping en skiet van vyf renosters op 8 Desember 2021 op Inverdoorn, ‘n private wildsplaas ongeveer 65 km van Ceres op die Sutherlandpad en staan tereg op aanklagte van sameswering om ‘n misdaad te pleeg (vyf renosters te jag), dieremishandeling, die oortreding van art.57 (1) - ‘n optrede sonder ‘n permit teen ‘n bedreigde spesie, betreding, onwettig die land binnegekom en hier aangebly het en diefstal van vier renosterhorings.

Waarde

Die beraamde waarde van die renosters en die gestroopte horings beloop nagenoeg R825 000 per renoster en nagenoeg R2.64 miljoen vir die 24kg renosterhorings.

waar hy ‘n noodoperasie moes ondergaan.
onderkant van Gydopas gerol het. * Lees berig op die voorblad.

DRIE landloop atlete van Morrisdale primêr is opgeneem in die Boland skole landloopspan. Die span gaan op 31 Augustus aan die Wes-Kaap byeenkoms in Somerset-Wes deelneem. VLNR: Gerath Jabani (vyfde), Lorenzo Vergotine (tweede), Frencelene van Wyk (eerste) en Lee-Irvin Felotie (afrigter).

LEERDERS van Steinthal Vaardigheidskool het op 10 Augustus aan die Boland landloop kampioenskappe op Dal Josafat in die Paarl deelgeneem. Die groep leerders is in die WesKaap landloopspan opgeneem. AGTER: Graywin Michaels, Aubrey Eland (goud), Surisnie Wilschut (goud), Christon Klein en Jandre Rhode (silwer). VOOR: René Titus, Juneacke Hanse (silwer), Petrolene Seekoei (silwer), Deony Festus (silwer) en Esmarelda Witbooi.

EXCITING CAREER OPPORTUNITY CERES, WESTERN CAPE

Ceres Fruit Growers (Pty) Ltd., one of the leading fruit packing and storage companies in SA, requires an energetic and professional person for the following position at its Ceres plant:

QUALITY SORTING SPECIALIST

This permanent vacancy exists in our Production Department and the successful candidate will report to the Manager: Production. This position will be responsible for managing all aspects regarding the electronic quality sorting systems. The aim is to deliver optimum quality fruit by utilising technology available to all markets worldwide. This position will suit someone who is self-driven, dynamic, analytical, detail and technology-oriented with a mindset of continuous evaluation, improvement and drive to perfection.

R esponsibilities of Incumbent: • Optimal set-up, programming and adjustment of defect sorting technology and analysis of data to maximise output according to quality specifications for several varieties of fruit • Ensure that quality systems are set to required standards and specification for optimum sorting and grading of fruit

• Monitoring of accuracy of sorter output to maximise grower returns

• Ensure that defect sorting technology functions correctly according to guidelines

• Sizer software maintenance with technical engagement from manufacturer

• The successful candidate must be willing to perform after hours duties.

Preferred requirements: • A tertiary qualification in Industrial/ Mechanical Engineering and/or Production/ Quality Management will be advantageous • Practical 3 years relevant experience in similar environment • Strong technical background

• Practical knowledge of quality sorting of apples and pears and fruit sorting machinery will be advantageous.

Skills: • Strong numerical reasoning • Attention to detail and ability to problemsolve and analyse independently • Above average communication skills in Afrikaans and English • High level of computer literacy (MS Word, MS Excel, MS Outlook)

• Team player.

In line with our Employment Equity policy and requirements, preference will be given to suitably qualified persons from the designated groups.

Please apply online at www.m3online.co.za before 09:00 on 6 September 2024

For general enquiries, contact the team at M3 Human Capital Management on 021 863 1444

IF YOU HAVE NOT BEEN CONTACTED WITHIN THREE WEEKS OF THE CLOSING DATE, PLEASE ACCEPT THAT YOUR APPLICATION WAS UNSUCCESSFUL.

TWEE leerders van Morrisdale primêr, Lyle Minnaar en Omar Guye, is opgeneem in die Witzenberg o/13 sewes rugbypan. Hulle het op 16 Augustus deelgeneem aan die Boland 7’s proewe in Wellington.

SENSHI Dojo, ‘n karateklub op Ceres, het op Saterdag 17 Augustus aan die Winelands karatekampioenskappe by die Hugo Rust Laerskool in Wellington deelgeneem. Die kampioenskappe is deur Boland Dragons aangebied. Drie karatekas het meegeding en 5 goue, 4 silwer en 1 brons medaljes verower terwyl Senshi Dojo derde geëindig uit 7 Dojos wat deelgeneem het. VLNR: Lukas Krige (vierde algeheel en in die top 10, kata - silwer medalje, Kobudo: Long Weapons - goue medalje, Short Weapongoue medalje, Izak Krige (13de algeheel, kata - goue medalje, kumite - goue medalje, Kobudo: Long Weapon - brons medalje en Mia Laubscher (derde in top 10, kata - goue medalje, kumite - silwer medalje, Kobudo: Long Weapon - silwer medalje en Short Weapon - silwer medalje).

CHARLIE Hofmeyr se eerste rugbyspan het vanjaar hul seisoen onoorwonne afgesluit en al 14 hul wedstryde gewen. Charlies het Robertson met 29-8 geklop. Charlies het die afgelope dekade nog nie ‘n interskole wedstryd teen Robertson verloor nie. Daar was wel ‘n paar keer dat die spanne gelykop gespeel het. Izha van Wyk, Phillip du Plessis en Ivan Hanekom (flank) het Charlies se drieë gedruk. Luan Gilliomee het sy skoppe oorgeklits. Gilliomee (kaptein), was vanjaar weer ‘n uitblinker vir Charlies en het 177 punte (die meeste in die skool se geskiedenis) aangeteken - dit het 13 drieë ingesluit. *Dankie aan elke Charlie-leerder, -ouer en -ondersteuner wat deel is van ons skool en gemeenskap. Julle is die ware fondament van ons skool en ‘n bewys dat ‘n kind suksesvol grootgemaak kan word in ‘n gebalanseerde skool. Ons is dankbaar vir elke span/student wat gedurende die winteren somersportseisoen deelgeneem het. Ons is trots op al 8 ons eerste spanne wat kan spog met al 8 trofeë wat op die spel was. Die somersportseisoen is afgesluit met ‘n oorwinning in beide tennis en krieket terwyl die wintersportseisoen die naweek afgesluit is met oorwinnings in skaak, gholf, meisiehokkie, seunshokkie, netbal en rugby. Ander uitslae: Die o/18A netbalspan het 36-19 gewen, die seunshokkie 2-1 en die meisiehokkie ook 2-1.

ADMINISTRATIEWE KLERK

(Halfdag)

Hierdie vakature bestaan op Vastrap, een van Dutoit Agri se landgoedere, geleë 20km buite Prince Alfred Hamlet.

Die posbekleër sal aan die Landgoedbestuurder verantwoordelik wees vir:

•Die koördinering van die Bewaarskool- & -personeeltake

•Alle Produksie verwante admintake (bv. WCA, Voorraad, MB4000, DTP, Fakture) met hulp / bedryf van ’n gerekenariseerde Adminstelsel

•Verwante administratiewe take, wat administrasie rakende statutêreen etiese vereistes insluit.

Die ideale kandidaat beskik oor goeie interpersoonlike vaardighede en die vermoë om onafhanklik te funksioneer.

Toepaslike ondervinding, wat bogemiddelde rekenaarvaardighede (MS Office) insluit, is ‘n vereiste.

‘n Markverwante vergoedingspakket, wat lidmaatskap tot ‘n aftreefonds insluit, word gebied.

Belangstellendes moet volledige CV’s so gou doenlik rig per e-pos aan recruitment@dutoit.com

Diensaanvaarding vanaf 1 Oktober 2024 of so gou doenlik.

ESELFONTEIN primêr bedank Perdekraal-Oos windplaas vir die skenking van sweetpakke aan twintig leerders. Die gebaar word opreg waardeer. Hier is die skoolhoof, Irene de Wee, saam met die leerders wat sweetpakke ontvang het.

BELLA Vista primêr het op 2 Augustus ‘n WKOD inisiatief en inligtingsessie oor dwelmmisbruik ondersteun. Die Funky Socks-dag is by die skool aangebied waartydens sprekers van sosiale- en maatskaplikedienste saam met die polisie, ‘n praatjie aan leerders oor die gevare van dwelmisbruik gelewer het. Die Year-Beyond groep het ook saam met die motiveringspreker, Carlo de Vlam, aan die program deelgeneem.

WOLSELEY SAPD het verlede Vrydag 16 Augustus ‘n verdagte in die Pine Valley woonbuurt gearresteer. Sersant Majwabe en sy skoflede het beslag gelê op 2998 mandrax pille. Die verdagte het reeds in die hof verskyn.

LOST OR DESTROYED DEED

Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer No. T060392/09

Passed by: THE TRUSTEES FOR THE TIME BEING OF THE JAN THERON FAMILIE TRUST

Registration Number: IT4724/1995

in favour of: THE TRUSTEES FOR THE TIME BEING OF THE AVALON TRUST

Registration Number: IT1397/2004

in respect of certain: The Farm Forteine Number 350, in the Witzenberg Municipality, Division Tulbagh, Province of the Western Cape which has been lost or destroyed.

All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Cape Town at Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks after the date of the publication of this notice.

DATED at TULBAGH on 8 AUGUST 2024

APPLICANT: AVALON TRUST

c/o Johan Bezuidenhout Attorney

15 Van der Stel Street, Tulbagh, 6820

E-mail address: johan@johanb.co.za

Contact number: (023) 230-1050/1

Motor bars deur heining en stop teen huis

DIE bestuurder van ‘n Mercedes het Saterdag 17 Augustus op P.A. Hamlet beheer oor die voertuig verloor en deur ‘n woonhuis se heining gebars voordat die motor teen die huis tot stilstand gekom het. Dit is nie bekend wat aanleiding tot die voorval gegee of wat gebeur het nie. Die bestuurder is nie beseer nie.

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Huawei Mobile Wifi Router te koop. Nuut. Nog in boksie. Prys R500. Skakel 082-7214043 vir navrae. 16/08 23/08

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

CENTRAL CERES

MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing Voortrekker St., Ceres

☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Mechanical workshop

• Engine overhaul

• General Services

• Suspension

• Brakes

• and more André du PAndré du PPreezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Vir inligting skakel Kerkkantoor (023) 313-3694 Alma 083-443-0881

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.

AND PLANT AND

Peres & Williams Transport (Pty) Ltd EC BUSDRYWER

VEREISTES:

• Lisensie Kode 14

• 1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer Skakel: 072-469-7517

Ceres Vryburgers is ‘n groepie omgeemense wat ‘n verskil wil maak in mense se lewens in ons gemeenskap. Instansies wat ondersteun word

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel. (023) 347-4092 Faks na: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

BELLA Vista primêr het op 2 Augustus ‘n WKOD inisiatief en inligtingsessie oor dwelmmisbruik ondersteun. Die Funky Socks-dag is by die skool aangebied waartydens sprekers van sosiale- en maatskaplikedienste saam met die polisie, ‘n praatjie aan leerders oor die gevare van dwelmisbruik gelewer het. Die Year-Beyond groep het ook saam met die motiveringspreker, Carlo de Vlam, aan die program deelgeneem.

Kerrie & Rys / Basaarpoeding

Burger & Chips / Vleis

Groente & Vrugte

Teetuin / Pannekoek

Vars brood & beskuit

Speelgoed & Lekkernye

Kaartfasiliteit beskikbaar Moet dit nie misloop nie!

• Huis Maudie Kriel• Ceres Tuiste

• Huis Pieter Strauss• Hamlet Selfsorg

• Gydosig• Gertruida se Kombuis

• HM Beets• Oppie Koppie

• Susan Bruwer Stigting

• Sesonke en Ceres Dienssentrums Deurlopende Projekte

• Woordverspreiding• Omgeewinkel

Om betrokke te raak by enige instansie of projek kan ons gekontak word per e-pos ceres.vryburgers@outlook.com of telefonies by 083-634-8068 (Louw-Marie)

ONS OOK DOEN HERSTELWERK

AAN ENIGE KLERE! Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere en -skoene asook wintersklere vir mans en vroue

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

CERES gholfklub het Vrydag 16 Augustus

‘n Sundowner 9 putjie-kompetisie aangebied. Ceres Superspar borg vanjaar die pryse. Die kompetisie is deur Johan Fourie (regs) met 21 punte gewen. Harry Hewitt was in die tweede plek met 20 punte.

Brown wen klubkompetisie

DIE individuele syfer plus stableford kompetisie van Ceres gholfklub is die naweek deur Henry Brown met ‘n telling van +1 gewen.

Rodney Engelbrecht was in die tweede plek met ‘n telling van +1 gevolg deur Willie Baron en David Wesson, beide met ‘n telling van 0 (gelyk).

Augustusmaand se klubkompetisies: Op 24 Augustus kan spelers inskryf vir ‘n enkel stableford kompetisie en op Saterdag 31 Augustus word ‘n enkel progressiewe stableford kompetisie aangebied. Septembermaand se klubkompetisies: Op 7 September bied die gholfklub weer ‘n enkel houespel kompetisie aan, op 14 September ‘n beterbal stableford kompetisie, op 21 September ‘n enkel stableford kompetisie en op 28 September ‘n beterbal progressiewe stableford kompetisie.

Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford. Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 putjies. Spelers moet die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings.

Putjiespel inskrywings

Die klub beplan om die enkelspel- en pare-putjiespel kampioenskappe later vanjaar aan te bied indien daar genoeg spelers is wat inskryf. Die inskrywingsfooi beloop R250 per speler. Indien lede vir beide enkels en dubbels inskryf, beloop die fooi R440 per speler. Die klub doen weer ‘n beroep op spelers om in te skryf, veral diegene wat later ook wil liga speel. Inskrywings kan by die gholfklub se kroeg gedoen word of via 084-587-6332, 076-233-1981 of (023) 312-3068

Nathan Jacobs se duif wen wedvlug

MEYER en Van Wyk se duif het die naweek die Ceresvallei Federasie wedvlug vir jaaroud duiwe gewen en Nathan Jacobs het die ope wedvlug vanaf Leeu Gamka gewen.

Die naweek vlieg wedvlugduiwe vanaf Kimberley. ‘n Moeilike wedvlug word voorspel met reën op die roete.

CHPS

Jaaroud

1. Bryan Isaacs - 1171.719mpm

2. Hendriks familie -1081.140mpm

3. Hendriks familie -1079.852mpm

4. Cyril en Ann Davids - 1016.658mpm

5. Hendriks familie -978.648mpm

Ope

1. Team Koopman ARL -1207.065mpm

2. Bryan Isaacs - 1099.911mpm

3. Hendriks familie -1071.073mpm

4. Baron Lofts - 1055.713mpm

5. Cyril en Ann Davids - 1050.793mpm

BHPS

Jaaroud

1. C. Vergotine - 1055.414mpm

2. Emile Arries - 1008.213mpm

3. C. Vergotine - 785.115mpm

4. Roberto van Wyk -709.746mpm

5. Marquin Pieterse -709.098mpm

Ope

1. Marquin Pieterse -1080.751mpm

2. Roberto van Wyk -1079.906mpm

3. Marquin Pieterse -1073.953mpm

4. Marquin Pieterse -1004.069mpm

5. Marquin Pieterse -1000.408mpm

Ceres Pigeon Society (CPS)

Jaaroud

1. Meyer en Van Wyk -1198.945mpm

2. CT Nige - 1196.663mpm

3. Meyer en Van Wyk -1194.671mpm

4. JRK Lofts - 1182.849mpm

5. Marius Koopman -1096.482mpm

Ope

1. N. Jacobs - 1214.692mpm

2. JRK Lofts - 1169.219mpm

3. Meyer en Van Wyk -1153.467mpm

4. S.R. Williams - 1145.295mpm

5. Marius Koopman -1137.095mpm

DIE rolbalspelers, Tyler Pitcher, Gillian Young, Elizma van Rhyn van Ceres en Anell Crawley van Worcester het van 10-11 Augustus aan die Wes-Kaap o/45 rolbaltoernooi op Hermanus deelgeneem. Die span het die toernooi, wat in sterk wind en reën plaasgevind het, gewen. Spelers van Westelike Provinsie, Overberg, Eden en die Wynland het aan die toernooi deelgeneem. Hier staan Rika Mitchell (Boland president) saam met die spelers op die foto.

Ons Ruimte - Witzenberg deur Annisa OUERSKAP: DIE VERBAND TUSSEN PORNOGRAFIE EN KINDERHANDEL

Op virtuele vlak is daar gedurig persone wat wil intree in ander se persoonlike ruimte, d.m.v. inligtingstegnologie (selfone, hedendaagse videospeletjies en die rekenaar). As ouers is dit baie belangrik dat ons bewus sal wees van die verband tussen pornografie en kinderhandel. ELKE kind wat aanlyn is, is ‘n risiko-geval vir kinderhandel. Volgens statistiek is die internet die hoofmetode om kinders te lok tot deelname aan die seksindustrie. Dit is natuurlik vir die mens om ondersoekend meer te wil weet en in hulle onkunde gevang te word binne in hierdie dilemma van ons tyd. Sosiale platforms soos o.a. FB, Snapchat en Instagram, asook rekenaarspeletjies soos Roblox, Minecraft en Fortnite is letterlik die “jagveld” vir pedofiele en die seksindustrie om weerlose mense in te trek.

Daar is hoofsaaklik 3 maniere waarop pornografie die monster van kinderhandel voer:

1.Pornografie bied seksopvoeding aanlyn vir die kind, deur hulle voor te stel aan eksplisiete seksuele materiaal wat sonder twyfel die pad teer vir seksuele uitbuiting.

2.Lede van die algemene publiek word slagoffers van kinderhandel vir die produksie van pornografie. Onwetend word mense misbruik en verkrag deur eksperte van die industrie tot voordeel van hulle eie winsmotief. Hierdie boosheid gebeur nie net op die diepweb nie, maar ook op die oppervlakweb.

3.Pornografie is basies ‘n advertensie vir kinderhandel: ‘n mensehandelaar kry ‘n slagoffer onder sy beheer deur fyn uitgewerkte sielkundige strategie wat gemaklik aanlyn in jou eie huis gevind kan word. Die mite bestaan dat kinders slegs in menshandel beland deur ontvoerings of deur fisiese forsering of dat dit slegs in stedelike gebiede voorkom. Seksueel-eksplisiete foto’s word van hom / haar geneem en dan as advertensie gebruik om kopers te lok. Hulle skraap sosiale media, selfs jou persoonlike deelname op die internet, om laasgenoemde as bron te gebruik.

Die verband tussen pornografie en kinderhandel is ‘n realiteit. Op verskeie maniere kan ouers en gemeenskapsleiers ‘n verskil maak in die toekoms van onkundiges en weerlose kinders

LEOLAN Davids van Charlie Hofmeyr is gekies om die Northern Raiders T10 span te verteenwoordig wat in die Boland T10-toernooi sal speel. Hy gaan skouers skuur met bekende Protea krieket-spelers soos Clyde Fortuin, Pieter Malan en Glenton Stuurman. Die toernooi begin op 1 September.

AJANDA Nel, ‘n graad 6 leerder van Laastedrif NGK primêr, is opgeneem in Boland o/12 A rugbyspan.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

SARAH-JANE du Plessis van Ceres het die naweek van 9-11 Augustus aan die driedag SOX Southern Cross trailrun naby Wildernis deelgeneem. Die roetes was in die Outeniqua berge, Knysna woud, asook seelangs op Wildernis se strand. Deelnemers moes die 58.35 km oor drie dae voltooi. Sarah-Jane (middel) behaal ‘n eerste plek in vroue-afdeling en is ook algeheel tweede.

DIE Kay Motsepe sokkertoernooi vir laerskole se streeksfinaal vir o/13 spelers, het Saterdag 17 Augustus op Tulbagh by Lingomso primêr plaasgevind. Die kampioenskappe is deur SAFA Kaapse Wynland aangebied. Verskeie laerskole in die streek het deelgeneem. Die streekkompetisie is deur Mbekweni primêr gewen nadat hulle Lingomso primêr in die eindstryd geklop het. Nadat die wedstryd gelykop geëindig het, het Mbekweni primêr die strafdoelstryd met 8-7 gewen. Hier is die span van Lingomso primêr tydens die toernooi afgeneem. * Die eindstryd vir meisies het tussen Laerskool De Doorns en Idasvallei Laerskool van Stellenbosch plaasgevind. Laerskool De Doorns het die wedstryd gewen. Die twee wenners sal Saterdag 24 Augustus die Kaapse Wynlandstreek in Stellenbosch verteenwoordig. ** Vir meer inligting oor die jeug sokkerprogramme, kan belangstellende skole ‘n e-pos na safacapewinelands @gmail.com stuur vir aandag Martin van Wyk (koördineerder vir jeugen skolesokker).

Bella Vista en Hamlet speel gelykop

CERES het die naweek maklik met Evergreens afgereken en Bella Vista en Hamlet het gelykop gespeel.

Daar is baie van die derby-wedstryd tussen Bella Vista en Hamlet verwag. Dié wedstryd op Hamlet se tuisveld het met 34-34 gelykop geëindig en gehalte rugby is deur albei spanne opgedis.

Hamlet het rustyd met 12-7 voorgeloop na Marlon Baron met vier strafdoele slaag. Francois Hofmeester druk vir Bella Vista na vurige voorspelerspel en Durin Nasson verdoel.

Weet nie wat Bella Vista se afrigters rustyd vir hul spelers gesê het nie maar hulle was so blitsig soos die Gautrein op pad na Sandton se stasie.

Bella Vista teken drie vinnige drieë aan en loop eenklaps 28-12 voor. Die naam van die jongeling, Nash-Winne Lintnaar (skrumskakel), moet genoem word. Hy het bresse in Hamlet se verdediging geslaan en een hiervan het tot sy drie gelei. Voorlangs het Lurenco Jumath en Francois Hofmeester met hul stormlope uitgeblink.

‘n Strafdoel teen die einde van die wedstryd help dat Hamlet gelykop speel in die derby.

Puntemakers

Francois Hofmeester, Ruan Manuel, Nash-Winne Lintnaar en Cameron Davids het vir Bella Vista drieë gedruk. Durin Nasson het al die drieë verdoel en met twee strafskoppe geslaag. Hamlet se puntemakers was nie beskikbaar nie.

Ceres wen

Ceres het Saterdag ‘n maklike bonuspunt behaal nadat hulle Evergreens op Victoriapark met 48-19 geklop het. Dit was ‘n drieëfees maar die slegte weer het die tweede helfte se spel baie bemoeilik. Vir Ceres het Enzio Lintnaar drie drieë en Arno van Wyk twee drieë gedruk, terwyl Monray Francis, Kayde Laban en Thinus Saayman ook agter die teenstanders se doellyn gaan kuier het. William van Wyk het met vier doelskoppe geslaag.

Naweek se wedstryde

Ceres speel Saterdag 24 Augustus tuis teen Roses, ‘n belangrike wedstryd vir Ceres om te wen en te kwalifiseer vir die Top 12 kompetisie.

In ander wedstryde speel Bella Vista teen Evergreens, Temperance is gasheer vir Hamlet en Wolseley en Delicious spook sake uit.

Uitslae van die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie: Roses United klop Newtons net-net 21-20, Delicious klop Temperance 26-17, Wellington klop Wolseley 23-10 en Hillcrest klop Young Blues gemaklik met 31-0. Uitslae van die Witzenberg Streekuitdaagkompetisie: Op-die-Berg klop Môrester 40-34, Vastrap klop Young Westlyans met 32-12, Tulbagh is te sterk vir La Plaisant en wen 38-5, Lovedale wen 45-15 teen Young Good Hopes en Paardekloof klop Red Roses 25-10.

DELICIOUS en Temperance het Saterdag 17 Augustus sake op die rugbyveld uitgespook. Delicious het die wedstryd met 26-17 gewen. Hulle druk drie drieë in die opwindende wedstryd.
FOTO: Trevor Felix.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.