Witzenberg Herald Vol.27 no.34 (Online Weergawe)

Page 1


Mari Blom 084-212-3020

SKOONMA AK VAN:

•Alle matte

•Gestoffeerde meubels

•Matrasse

•Voertuigsitplekke

•Was ruite van huise en geboue (slegs buite)

OPOD ondersoek beweerde aanranding

‘n INWONER van P.A. Hamlet wat twee weke gelede na bewering deur twee polisiemanne aangerand is, het die afgelope week ‘n klag by die polisie gelê.

Die polisie het Dinsdag bevestig dat Terrence Claassen (24) ‘n klag gemaak het nadat hy uit die Worcester hospitaal ont-

slaan is. Die klag is geregistreer en aan die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD) oorhandig.

Die polisie het ook met 'n departementele ondersoek na die voorval wat op Donderdag 15 Augustus in Vosstraat plaasgevind het, begin.

Motorbestuurder sterf

EEN persoon is Sondag 25 Augustus opslag dood en ‘n passasier is ernstig beseer toe hulle voertuig naby die Slanghoek- en Waboomsrivierafdraai, onder ‘n vragmotor beland het. Volgens die polisie het die ongeluk omstreeks 17:20 op R43 plaasgevind. ‘n Geel vragmotor was onderweg in Worcester se rigting toe die bestuurder van ‘n rooi Mazda met ‘n CJ-registrasienommer die agterwiel van die sleepwa getref en onder die vragmotor ingery het. Die bestuurder is op die toneel dood en ‘n passasier was ‘n tyd lank in die wrak vasgekeer. EMS-personeel het saam met reddingspersoneel gewerk om die erg beseerde vrou te stabiliseer terwyl gespesialiseerde brandweer- en reddingspersoneel van verskillende instansies gehelp het om haar uit die wrak te bevry. Die pasiënt is in ‘n kritieke toestand na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit in Worcester vervoer vir verdere behandeling. Die vragmotorbestuurder het nie enige beserings opgedoen nie. Die SAPD het ‘n strafbare manslag saak geopen. * EMS personeel, ER24, Breedevallei brand- en red-dingsdiens, Metro Redding, Worcester SAPD, G24 en Worcester Breakdown and Recovery Service word bedank vir hul harde werk op die toneel.

FOTO: Breede Valley Farmwatch (BFW) - Nico Harmse

Sterk wind rig baie skade aan

DIE Witzenbergstreek het Dinsdag 27 Augustus kwaai deurgeloop onder stormsterk winde. Ruk winde het plekplek skade aangerig waar bome in Vierdelaan op Ceres asook in Krigestraat by Laerskool Gericke se sportterrein omgewaai is, dakplate is afgeruk van wonings en geboue en plafonneisbeskadigen ‘n trampoline is ook opgelig en in ‘n aangrensende erf gegooi. BoomtakkehetookopCharlie Hofmeyr se heining geval en skade aan die astro-hokkiebaan aangerig. Die twee laagwaterbruggies op Ceres was Woensdagoggend steedsgesluitnadatdie Dwarsrivier begin afkomhet.‘nOnverskillige en waaghalsige taxibestuurder wou laat Dinsdagmiddag deur die laagwaterbruggie by Morrisdalerytoehymet passasiers in die minibus in die water tot stilstand gekom het. Hy is later deur ‘n ander taxi uitgetrek en ‘n video is van die voorval gemaak en op sosiale media versprei. Nog fotos op bladsy 3.

DIE Goedgedink bewaarskool en nasorg op Tandfontein het op 7 Augustus Mandeladag gevier met ‘n sopdag vir 400 plaaswerkers sowel as bejaardes van Tandfontein. Die bewaarskool bedank Sasko vir die brode, Tulbagh slaghuis en Tandfontein vir skenkings. Die verskillende sop is beoordeel en Margie Spannenberg was die wenner. Susanna Engelbrecht was tweede met Lea Goliath in die derde plek.

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS

Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.

Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres 6835 or at 50 Voortrekker St, to reach him before the indicated closure date of the case.

Eiendom / Property

Erf 5775, Nduli

Ligging / Location

25 Eluxolweni Street

Aansoeker / Applicant

Fundile Joyi (078 229 2807)

Aard / Nature

APPLICATIO FOR DEPARTURE TO ALLOW AS OFF-SALES LIQUOR STORE

AANSOEK OM AFWYKING OM ‘N BUITEVERBRUIK

DRANKWINKEL TOE TE LAAT

Verwysing / Reference

15/4/1/1/ 233

Sluitingsdatum / Closure date

30 Dae vanaf dag van plasing in die koerant

30 Days from date of publication in newspaper

rugbyspan wat aan die Boland proewe deelgeneem het.

LEERDERS van Steinthal Vaardigheidskool het goed gevaar tydens ‘n haarsny-kompetisie wat onlangs by die Wellington Vaardigheidskool aangebied is. Hier is die leerders wat deelgeneem het aan die kompetisie saam met hul opvoeder me. D. Jacobs en die skoolhoof, Wilmar Saville. * Regina Durling en Abigail Jantjies het goed gevaar.

GEREGTELIKE VEILING

IN DIE LANDDROSHOF VIR DIE

DISTRIK VAN MALMESBURY

GEHOU TE MALMESBURY

SAAK NR.: 1002/2020

In die saak tussen: HOËRSKOOL SWARTLAND VONNISSKULDEISER

en MRS. BONGIWE CONSTANCE MOFOKENG VONNISSKULDENAAR

KENNIS GESKIED HIERMEE dat ingevolge ‘n uitspraak van bogemelde Agbare Hof die volgende goedere in Eksekusie verkoop sal word te Baljustoor, Nr. 4 Meulstraat, Moorreesburg op 19 September 2024 om 10:00.

1 X BLACK MAZDA 2 SEDAN (REG NO: CK43686)

GEDATEER te MALMESBURY hierdie 24ste dag van JULIE 2024. DU PLESSIS & MOSTERT

Per: J.H. POTGIETER

Prokureurs vir Vonnisskuldeiser Piet Retiefstraat 13 MALMESBURY

(Verw: JH Potgieter/LN/H47(70))

Bo-Swaarmoed, Ceres PA AND FARM OFFICE

ADMIN

Previous work experience with debtors, creditors, and payroll admin required.

•Practical experience with a payroll program will be an advantage.

•Proficient with Outlook, Word and Excel a must.

•Own transport essential. Applications close: 13/09/2024

Send application with a short CV to: info@klondyke.co.za

nuusbrokkies

DIE jaarlikse Ceres Michellspas halfmaraton asook ‘n 10 km en 5 km pretloop, word op Saterdag 26 Oktober aangebied. Inskrywings is nou oop vir die plaas- en maatskappy-kompetisie oor 10 km. Inskrywings en navrae kan gerig word aan Nico Jansen by 078-8825-299

CBI gala-aand is uitgestel na 30 Oktober. Rusty Labuschagne, bekende Zimbabwiese sakeman, gaan sakelui toespreek oor sy wedervaringe nadat hy valslik deur ‘n wildstroper beskuldig is dat hy ‘n ander stroper verdrink het en die polisie en hof se growwe nalatige optredes. Hy bring ‘n boodskap van hoop. Stuur ‘n e-pos na danell@dekeur.co.za indien jy ‘n tafel wil bespreek of enkelkaartjie@ R550 wil koop. Daar is beperkte aantal plekke beskikbaar.

DIE 1994 matrieks van Ceres Sekondêr beplan om ‘n reünie te hou in Septembermaand. Skakel Udine by 074-738-5668 of Olive by 078-614-4459

DIE Togryers museum se koffievles - en sopprojek, benodig nog leë koffiebottels en sop produkte soos sopmengsel, gesplitte ertjies, rys, stampmielies, lensies en pakkies sop. Ons sal enige donasies verwelkom.

CBI gala-aand is uitgestel na 30 Oktober.

KENNISGEWING

In die boedel van wyle: JOHN MACKENZIE

Id. no. 400606 5155 080

Van: Eilandstraat 2, Ceres, 6835

Boedelnommer: 004461/2024

Wie oorlede is op: 8 Desember 2012

Skuldeisers en Skuldenaars in bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle eise in te dien by en hulle skulde te betaal aan die ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (dertig) dae vanaf VRYDAG 30 AUGUSTUS 2024

JOHAN BEZUIDENHOUT

Prokureur vir Eksekuteur

Voortrekkerstraat 37, Ceres, 6835 (Verw: AB/JC0261)

VYF leerders van Morrisdale primêr, Que Will Minnaar, Azario Visagie, Hayden Schuurman, Beulin Sagila en Urin Klaasen is opgeneem in die o/12 Witzenberg

Video krap raadslid om

DIE afgelope week het twee videos van minibusbestuurders wat die naweek weens ‘n verskeidenheid beweerde oortredings van die pad getrek is, op sosiale media verskyn.

Die videos is na bewering deur ‘n Witzenberg verkeersbeampte gemaak en versprei. In die een video moet ‘n minibusbestuurder wat duidelik nie onder die invloed van alkohol is nie, op ‘n geellyn loop.

Die betrokke video en die plasing daarvan op sosiale media, is onder die munisipaliteit se aandag gebring.

Die Witzenberg munisipaliteit het by monde van die munisipale bestuurder, mnr. David Nasson, gesê dat die normale, wetlike stappe en ondersoek teen die verkeersbeampte gevolg sal word.

Die munisipaliteit gaan nie en kan nie lukraak op sosiale mediaplasings reageer en personeel net aankla of veroordeel voordat daar nie ‘n behoorlike ondersoek gedoen is nie. Die klag teen die betrokke beampte sal soos enige ander klag teen werknemers hanteer word en volledig ondersoek word voordat daar teen hom opgetree word.

Raadslid Andile Gili, opposisieleier in die Witzenberg munisipale raad, het in ‘n kort verklaring op Facebook oor die onaanvaarbare gedrag van die verkeersbeampte gereageer wie die taxibestuurder gestop en verfilm het en hom bespot het deur die video wyd te versprei. Dit ondermyn die vertroue en integriteit wat van plaaslike wetstoepassers vereis word.

In die verklaring sê Gili dat hy ‘n omvattende ondersoek na die voorval gaan aanvra en aandring daarop dat streng maatreëls in plek gestel sal word om soortgelyke optredes te keer.

Klaasen

moet binne dae in twee howe verskyn

‘n GEWESE prokureur van Ceres moet Septembermaand binne dae in twee landdroshowe verskyn op bedrogklagtes.

BARNITO Klaasen (48)

Barnito Klaasen (48) moet op Donderdag 26 September in die Malmesbury landdroshof op klagtes van bedrog en alternatiewelik diefstal, verskyn.

Die klagtes hou verband met R6.559 miljoen wat hy tussen April 2017 en Oktober 2021 onregmatig vanuit sy prokureurs-trustrekening aangewend het. Klaasen is vroeër vanjaar op 4 Julie deur die SAPD se handelsmisdaadeenheid gearresteer.

Op Vrydag 27 September moet hy weer in die Tulbagh landdroshof verskyn op ‘n bedrogklag van meer as R120 000. Klaasen is tans uit op borg van R10 000 en R1 000.

Ander bedrogsaak

In Maart 2023 is ‘n bedrogklag by die Tulbagh polisie aangemeld. Klaasen is daarna op Maandag 29 Januarie vanjaar deur Tulbagh speurders gearresteer waar hy oornag in die polisieselle aangehou is.

Agtergrond

Klaasen is in April 2023 van die hofrol geskrap as prokureur en het verlede jaar as munisipale raadslid op Ceres bedank na meer as 18 maande van omstredenheid en talle hofsake.

DIE Witzenbergstreek het Dinsdag 27 Augustus kwaai deurgeloop onder stormsterk winde. Rukwinde het plek-plek skade aangerig waar bome in Vierdelaan op Ceres asook in Krigestraat by Laerskool Gericke se sportterrein omgewaai is, dakplate is afgeruk van wonings en geboue en plafonne is beskadig en ‘n trampoline is ook opgelig en in ‘n aangrensende erf gegooi. Boomtakke het ook op Charlie Hofmeyr se heining geval en skade aan die astro-hokkiebaan aangerig. Die twee laagwaterbruggies op Ceres was Woensdagoggend steeds gesluit nadat die Dwarsrivier begin afkom het. ‘n Onverskillige en waaghalsige taxibestuurder wou laat Dinsdagmiddag deur die laagwaterbruggie by Morrisdale ry toe hy met passasiers in die minibus in die water tot stilstand gekom het. Hy is later deur ‘n ander taxi uitgetrek en ‘n video is van die voorval gemaak. Wydverspreide sneeuneerslae het Dinsdagaand op Matroosberg en omliggende berge geval. Gydopas, Bo-Swaarmoed- en Theronsbergpas was vir veiligheidsredes vir ‘n tyd lank gesluit. Dit is later Woensdagoggend weer oopgestel vir verkeer. Die kouefront het nie net die sterk wind gebring nie maar ook heelwat reën. * ILeaf en Hortec se weerstasies het van 27-28 Augustus meer as 81 mm in die Warm Bokkeveld gemeet. Op die gholfbaan is 95 mm en by Romansrivier meer as 43 mm gemeet. Van 1-28 Augustus (10:00) is 210.6 mm in die Warm Bokkeveld gemeet, op die gholfbaan 282 mm, by Romansrivier 145.7 mm, by Sterkwater 88.7 mm, by Lakenvlei (Bo-Swaarmoed) is 139.2 mm gemeet en 110.8 mm by Bronaar. ** Nog koue word vir die week voorspel.

Skurweberg ontvang geskenkmandjies

DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit het onlangs Skurweberg Sekondêre skool besoek om geskenkmandjies aan matriekleerders te oorhandig. Die geskenkmandjies is deur Old Mutual in samewerking met die KWDM geskenk en sal deur matriekleerders gebruik word in hul voorbereiding vir die September-eksamen. Die skool sal oor naweke oop wees om die graad 12’s te help om te studeer en vir die belangrike eksamen voor te berei. Die geskenkmandjie bevat ondermeer kos en lekkernye. VLNR: Ian van Wyk (hoofseun, dr. Elna von Schlicht (uitvoerende burgemeester van KWDM), Allison Adolf (onderhoofmeisie), Sihlekasi Tjoto (hoofmeisie), rdl. Margie Sampson (onderburgemeester van KWDM), Wilhelmina Liebenberg (graad 12 departementshoof), Aubrey Zass (onderhoofseun) en Oxford Jack (skoolhoof).

Hierdie onderstaande vakature bestaan op Bokkenfontein, ‘n Vrugte- en Groente Landgoed, geleë ongeveer 25km buite Op-die-Berg.

LONE- & STELSEL-ADMINISTRATEUR (Lone en Voedselveiligheid)

Die posbekleër sal aan die Landgoedbestuurder verantwoordelik wees vir • die bedryf van ‘n gerekenariseerde loonstelsel wat in seisoentyd ongeveer 250 loonwerkers se besoldiging hanteer asook • verwante administratiewe take (FCS, GlobalGap, SIZA oudits, Algemene Admin van werkers-aangeleenthede en • Administrasie rakende statutêre- en etiese vereistes.

Sleuteltake: • Lone (FCS) • Administratiewe koördinering van relevante dokumentasie (opleiding en algemene rekords) • Byhou en verskaffing van tydige, akkurate, relevante verslae, asook • Effektiewe kommunikasie met rolspelers by elke afdeling

Die suksesvolle kandidaat beskik oor: • vermoë om probleme logies, akkuraat en sistematies op te los • 3 - 5 jaar relevante ondervinding • Goeie analitiese, mondelinge en skriftelike vaardighede en • om selfstandig en op eie inisiatief op te tree.

Posvereistes: • ’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie en/of 3 - 5 jaar toepasllike ondervinding • bogemiddelde rekenaarvaardigheid (MS Office, veral Excel, FCS en SAGE300 People, sal in u guns tel) terwyl ervaring van die primêre en sekondêre landbou-omgewing die aansoek sal versterk.

Benewens aangename werkomstandighede bied ons ’n mededingende vergoedingspakket wat lidmaatskap tot ‘n aftree- en mediese fonds insluit.

Stuur ‘n volledige CV so gou doenlik na recruitment@dutoit.com

Diensaanvaarding is so gou doenlik, maar ideaalgesproke nie later as 1 Oktober 2024 nie.

van Laerskool

23

- VAKANTE POS -

DEBITEURE KLERK / QX STELSELKAMPIOEN

(Debiteure data prosessering, sleutel kommunikasie punt in terme van QX sisteem)

De Keur Bemarking, ‘n gevestigde vrugte en groente bemarkingsmaatskappy, geleë in Ceres, is opsoek na ‘n energieke en dinamiese debiteure klerk en QX stelselkampioen om permanent by hul span aan te sluit.

VERANTWOORDELIKHEDE:

•Rekonsiliasie van debiteure en opstel van die weeklikse en maandelikse staat en allokasies van debiteure inkomste;

•Byhou van sap en lokale debiteure data asook afwykings bepaling;

•Opvolg en regstelling van alle verskille tussen stelsel en staat;

•Verskaf inligting vir ouditdoeleindes;

•Verskaf ‘n ondersteundende rol aan die Bemarkers en Finansiële personeel;

•Verwerking van sap, lokale supermarkte en eksterne uitvoerders vrugte gelewer;

•Verseker dat data in Vitrax en QX ooreenstem;

•Vergelyk Vitrax met QX, 6 maandeliks;

•Optrek van die bemarkingsplan.

VEREISTES:

Akkuraatheid; Doelgerig - moet sperdatums haal en bereid wees om ekstra ure te werk; Moet goed onder druk funksioneer; Administratiewe- en kommunikasievaardighede (Engels en Afrikaans); Probleemoplossing; Moet inisiatief neem; Rekenaarvaardig.

OPLEIDING EN ONDERVINDING:

Relevante Tersiêre kwalifikasie; Minimum 4 tot 6 jaar in ‘n soortgelyke pos in die Landbou omgewing; Gevorderde Excel vaardighede; “Super User” - QX; Intermediêre Sequel kennis.

Markverwante vergoeding sal aan hierdie pos gekoppel word sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioenskema en Discovery mediese fonds is ‘n voorvereiste aan die aanstelling.

SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE: 12 September 2024

Stuur asb. u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket, ‘n afskrif van u ID en drie verwysings aan: recruitment@dekeur.co.za - Johan du Plessis

DIE o/12 rugbyspan
Waveren het Vrydag
Augustus aan die Future Charlies Festival (FCF) deelgeneem. Hier is die spelers saam met Gershwin Waterboer (afrigter), Neville Jones (skoolhoof) en Alrich Meyer (afrigter), afgeneem.
DIE Boland Laerskole o/13 sewes rugbyproewe het Vrydag 16 Augustus op Wellington plaasgevind. Witzenberg Laerskole rugby het goed vertoon. Hier is die span saam met Keanan van Wyk (spanbestuurder), Aldo Sauls (afrigter) en Jayden Arnoldus (hoofafrigter) afgeneem.

TWEE mense het die vorige naweek gesterf nadat die bakkie waarin hulle passasiers was, omgeslaan en gerol het. Die bestuurder van ‘n Nissan NP 200 bakkie, Charlton Smit (22) van Bella Vista, het Saterdag 17 Augustus omstreeks 22:13 beheer verloor, ‘n sementwal getref voordat die bakkie aan die onderkant van Gydopas gerol en in ‘n vrugteboord oorkant die Koelfontein-ingang tot stilstand gekom het. Van die passasiers wat agterop gesit het, is met die rolslag van die bakkie geslinger. Siena Mouton (72) van Bella Vista, het op die ongelukstoneel gesterf en ‘n tweede passasier, Shalton Jerome Oktober (41), ook van Bella Vista, het op pad na die hospitaal gesterf. ‘n Troosdiens is Vrydag 23 Augustus vir beide slagoffers op Ceres gehou. * Die ander vier insittendes, wat die bestuurder Charlton Smit insluit, is nog in die hospitaal. Smit is blykbaar nog in die intensiewe sorgeenheid.

Verhoor eers in November

DIE vermeende moordenaar van ‘n saggeaarde jeug- en welsynwerker van Tulbagh, moet weer op 27 November in die streekhof verskyn.

Albert Gwayishe (51) word van die moord op Siyamthanda Dastile (29) aangekla. Gwayishe verskyn ook op ‘n klag van roof nadat hy in Julie 2023 ‘n selfoon en horlosie van Dastile (foto regs) gesteel het. Die Tulbagh gemeenskap was na die moord op Siyamthanda Dastile, erg geskok. Dastile is in die Ceres hospitaal dood nadat hy op Sondag 23 Julie 2023 omstreeks 05:00 beroof en twee keer met ‘n skerp voorwerp gesteek is.

NOTIFICATION OF APPLICATION FOR A MAINTENANCE MANAGEMENT PLAN (MMP) AND A WATER USE LICENCE FOR THE PROPOSED STORMWATER AND EROSION CONTROL MEASURES FOR THE DWARS, BREEDE, WITELS, AND TITUS RIVERS AS WELL AS VARIOUS TRIBUTARIES IN CERES WITHIN THE WITZENBERG MUNICIPALITY, WESTERN CAPE PROVINCE.

Notice is hereby given in terms of the Environmental Impact Assessment (EIA) Regulations, 2014, under the National Environmental Management Act (No.107 of 1998) (“NEMA”), that the Witzenberg Municipality proposes the implementation of stormwater and erosion control measures for the Dwars, Breede, Witels, and Titus Rivers as well as various tributaries in Ceres within the Witzenberg Municipality in the Western Cape Province. Additionally, the municipality is applying for a Water Use License (WUL) (application ref. number: WU34245) in terms of Section 41 (4) of the National Water Act (No. 36 of 1998) (“NWA”) for the water use activities that will be triggered by the proposed maintenance and management activities. The nature and location of the proposed works trigger Listed Activities in terms of the EIA Regulations (i.e., Listing Notice 1 and 3) of 2014 (GN R982 of 2014) and Section 21 (c) & (i) water uses in terms of the NWA. Hence, an Environmental Authorisation (EA) and a WUL are required. However, it is to be noted that the triggered Listed Activities in terms of the NEMA EIA Regulations of 2014 exclude cases where the activity is triggered for maintenance purposes undertaken in accordance with an MMP, for which we are applying.

PROJECT DESCRIPTION

Zutari (Pty) Ltd was appointed by the Witzenberg Municipality to provide services to compile an MMP for the Dwars, Breede, Witels, and Titus Rivers as well as various tributaries in Ceres, in the Cape Winelands District Municipality of the Western Cape Province. The proposed maintenance project mainly involves maintenance of culverts and stormwater management structures, riverbed and bank erosion control.

Given the proximity of the proposed maintenance activities within proximity to numerous inland aquatic ecosystems, the proposed project constitutes Section 21 (c) and (i) ‘water uses’, thus requiring a WUL from the Department of Water and Sanitation (DWS). The trigger of the identified NEMA EIA listed activities in line with the extent of the proposed works motivates that a MMP will be required for the proposed interventions along the identified rivers in Ceres. This will also allow future repair work without having to apply for approval again from the relevant authority.

LOCATION

The project is located within the town of Ceres, within the Witzenberg Municipality in the Western Cape Province. The proposed maintenance and management activities are proposed within and along the Dwars, Breede, Witels, and Titus rivers. The project falls within the H10C quaternary catchment of the Breede Gouritz Water Management Area (WMA).

PROPOSED WATER USE LegislationActivities

Section 21 (c): Impeding or diverting

National Water Act, (Act No. 36 of 1998)the flow of water in a watercourse

Section 21 (i): Altering the bed, banks, course, or characteristics of a watercourse

Korrupsiesaak teen twee polisiemanne uitgestel

TWEE polisiemanne verbonde aan Wolseley SAPD, wat in Juniemaand op die dorp weens dwelmverwante misdrywe gearresteer is, se saak is weer uitgestel.

Die keer sodat hul regsverteenwoordigers meer besonderhede by die hof en polisie kan bekom. Die saak is na 30 Oktober uitgestel. Beide polisiemanne se borg van R2 000 elk is verleng.

Arrestasie

Die twee lede, sers. Petshwa en konstabel Lintnaar, is Saterdag 15 Junie deur die Wes-Kaap SAPD se anti-korrupsie-eenheid gearresteer kort nadat hulle aan diens gekom het. Hulle het kort hierna vlugtig in die landdroshof verskyn.

Petshwa en Lintnaar word aangekla van diefstal, korrupsie en regsverydeling. Die twee lede het na bewering mandrax tablette by ‘n man afgevat en dit later weer aan ‘n dwelmsmous verkoop.

FRUIT & VEG ASSISTANT

The successful candidate will be responsible for the following:

•Stocking of shelves with fresh produce

•Quality control within their department

•Ensuring all back-up areas are neat and clean

•Stock rotation

•Waste control

•Assisting with stock-take

•Following daily instructions from department supervisor

Candidate attributes and requirements:

•Ability to work under pressure

•Excellent people’s skills

•Willing and able to work shifts and over weekends

•Fully bilingual

•Knowledge of cleanliness and food hygiene

•Grade 12 Certificate

•Honest & hard working

Should you meet all the requirements, please

e-mail your full CV (ID included) to : ceres.superspar2@gmail.com

For attention: Human Resources

Closing date for applications : 6 September 2024

Availability : Immediately

Should you not receive any feedback by 13 September 2024 please consider your application unsuccessful.

Ons Ruimte - Witzenberg deur Annisa

OUERSKAP: PORNOGRAFIE

EN my voorskoolse kind

Pornografie het fisies ‘n nadelige effek op kind(ers) se ontwikkelende breine. As ouer kan jy jou kind reeds vanaf 3 jaar begin vertel van pornografie: die oomblik wanneer hulle enige toegang tot die Internet verkry, hetsy by die huis, skool of vriende se wonings. Dit help om saam met jou voorskoolse kind na prente en foto’s te kyk waar hulle vanuit eie inisiatief blootgestel word aan media. Dit mag wees onder andere deur boeke en tydskrifte, op geboue en advertensieborde, televisieskerms, rekenaars, selfone en fotoalbums. Wys jou kind daarop dat ‘n mens ‘n verskeidenheid van opsies het. Maak hul sensitief om te kan onderskei tussen baie mooi prente en foto’s en minder mooi of selfs slegte prente. Leer jou kind reeds van ‘n jong ouderdom dat sekere prente en foto’s privaat is. Daardie dele wat deur ‘n swembroek toegemaak word kan as privaat gesien word. Sommige mense gebruik prente van ander, om wat as privaat beskou word, te gebruik op ‘n negatiewe (slegte) manier om sodoende hulself te bevoordeel, fisies of finansieel. Dit is nie goed om na te kyk nie en is sleg vir jou brein en kan jou siek maak.

OPPORTUNITY TO PARTICIPATE

For more information, to register as an Interested and Affected Party (I&AP) or to submit comments, please contact us via email, post, or phone:

E-mail: PPP@zutari.com

Phone: +27 12 427 2072

Address: P.O. Box 494, Cape Town, 8000, South Africa

PUBLIC COMMENT PERIOD: THURSDAY, 29 AUGUST 2024 TO MONDAY, 30 SEPTEMBER 2024 (FOR THE MMP), I&APS HAVE 60 DAYS TO COMMENT ON THE WATER USES UNTIL THURSDAY, 31 OCTOBER 2024.

The MMP is available for download at https://geoverse.zutari.com/portal/apps/experiencebuilder/ experience/?id=4d33b6849803459497b7d57b17138943

Partykeer sien jy dit per ongeluk en dit maak nie van jou ‘n slegte mens nie. Leer jou kind om, indien hy so iets sien, jou dadelik daarvan te vertel. ‘n Goeie manier vir jou kind om te onthou wat om te doen as hy slegte prente sien, is om hierdie 3 simbole te onthou. Help jou kind om hierdie simbole te memoriseer en die aksies gereeld in te oefen:

1. OOG: oë toe - kyk dadelik weg (draai jou gesiggie heeltemal weg)

2. VOETE: hardloop dadelik weg na iemand wat jy kan vertrou

3. MOND: sê vir pappa/mamma/juffrou - moet nooit stilbly oor slegte prente wat jy gesien het nie.

Oefen hierdie drie aksies gereeld saam met jou kind, sodat die kind met vertroue gemaklik kan kommunikeer oor pornografie en aanlyn-veiligheid.

Exciting opportunity at Ceres Superspar

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

CERES Vryburger Omgeemense het die naweek hul jaarlikse C2C (Calvinia na Ceres) fietstoer deur die Tankwa en Ceres Karoo aangebied. Daar was 12 deelnemers en meer as R14 000 is ingesamel. Die toer is aangebied om fondse vir die aankoop van Living Balls in te samel. Living Balls doen woordverspreiding deur Bybelverse op helder kleurige balle van verskillende spor soorte aan te bring. Vanjaar se fietstoer van 270 km oor 3 dae was ‘n groot sukses. * Die volgende fietstoer is die tweedag Kagga Kamma wat van 26-27 Oktober plaasvind. Vir enige navrae of om saam te ry, skakel Cordre by 082-8092-935 of Boetie by 082-3975-005. Besoek ook hul Facebookblad - TOK TOERE.

1960/09/07 - 2024/08/20

BEGRAFNISDIENS: Saterdag 31 Augustus

Huis: 10:00 Plaas Rosendal, Koue Bokkeveld Graf: Plaas Rosendal, Koue Bokkeveld

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Piet Mienies Freddie Jantjies

1981/05/17 - 2024/08/26

ROUDIENS: Do. 29/08

Huis: 19:00 Appie Lakeystr. 4, P.A. Hamlet

BEGRAFNIS: Sat. 31/08

Huis: 09:00 Appie Lakeystr. 4, P.A. Hamlet Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-6192758 of 082-7043276 w.t.o.

CPH Groep. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086-1115193 C27 m.t.o.

Peres & Williams Transport (Pty) Ltd EC BUSDRYWER VEREISTES: • Lisensie Kode 14 • 1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer Skakel: 072-469-7517

Kerrie & Rys / Basaarpoeding

Burger & Chips / Vleis Groente & Vrugte Teetuin / Pannekoek Vars brood & beskuit Speelgoed & Lekkernye Kaartfasiliteit beskikbaar Moet dit nie misloop nie!

1945/11/18 - 2024/08/26

ROUDIENS: Do. 29/08

HuisHuis HuisHuis Huis: 19:00 Ernest Gordonstr. 8, B/V

BEGRAFNIS: Sat. 31/08

HuisHuis Huis:

081-742-6706 n/u: 082-5753-181 Dina Willemse

Huawei Mobile Wifi Router te koop. Nuut. Nog in boksie. Prys R500 ohb. Skakel 082721-4043.

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpak-king tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies.

Skakel (023) 3162021 w.t.o.

Welgeluksalig is die mens aan wie die Here die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.

Laerskole

wys hul staal by eerste Future Charlie Festival

CHARLIE Hofmeyr het die naweek van 2223 Augustus hul eerste, Future Charlie Festival (FCF), aangebied.

Die toernooi was ‘n groot sukses en skole soos Laerskool Gericke, Bella Vista primêr, F.D. Conradie, Mooi Uitsig, St. Marks, Ceres primêr, Laerskool Koue Bokkeveld, Morrisdale primêr, Orchard primêr en Laerskool Waveren het aan die sportfees deelgeneem. Rugbyspanne is in twee groepe opgedeel met Laerskool Gericke en Bella Vista primêr en Laerskool F.D. Conradie en Mooi-Uitsig primêr het onderskeidelik eerste en tweede in hul groepe geëindig. F.D. Conradie het in die finaal vir Laerskool Gericke met 14-12 geklop.

Spelers van die toernooi per skool is: Laerskool Gericke - Louw Marais, Laerskool F.D. Conradie - Juan-Lee van Rooi, Mooi Uitsig primêr - Navito April, Morrisdale primêrChase Simpson, Laerskool Waveren - Evan Patience, Ceres primêr - Ricarlo Manus, Bella Vista primêr - CJ Galant, St. Marks primêrHenrico Philander, Orchard primêr - Elrico Januarie en Laerskool Koue BokkeveldMarkus Tomlinson. Die speler van fees was Arrie van Rooyen van Laerskool F.D. Conradie.

Netbal Morrisdale primêr het die netbalafdeling gewen. Bella Vista primêr was tweede met Laerskool F.D. Conradie in die derde plek.

Netbalspanne van Laerskool Gericke, Laerskool Koue Bokkeveld en Orchard primêr het ook deelgeneem.

Die skole se netbalspelers is gekies as spelers van die wedstryde: Laerskool F.D. Conradie - Ferran Snyders, Bella Vista primêr - Chelsea Sass, Morrisdale primêr - KC Samuels, Laerskool Gericke - Nina du Toit, Mooi Uitsig primêr - Jaymi-Lee Evans, Orchard primêr - Tammy-Lee Everts en Laerskool Koue Bokkeveld - Anmari Steenkamp. KC Samuels van Morrisdale primêr is aangewys as speler van die toernooi.

Charlie Hofmeyr bedank die borge: ESL Audiovisual, Tru-Cape Fruit Marketing, Pink Lady, SuperSport Schools Rugby en De Keur Landgoed.

CHARLIE Hofmeyr het die naweek van 22-23 Augustus hul eerste, Future Charlie Festival (FCF), aangebied. F.D. Conradie (foto bo) het in die rugbyfinaal vir Laerskool Gericke met 14-12 geklop. Morrisdale primêr (foto onder) het die netbalafdeling gewen.

Werksgeleentheid by Verdun Estates Verdun, Bordeaux en Edenville PRODUKSIE TOESIGHOUER / PRODUCTION SUPERVISOR

VERANTWOORDELIKHEDE / RESPONSIBILITIES:

•Toesighouding oor span(ne) / Supervision over team(s)

•Handhawing van dissipline / Maintaining discipline

•Meting van produktiwiteit / Measurement of productivity

•Kwaliteit kontrole / Quality control

•Implementering van beleide / Implementation of policies

•Motivering van werkers / Motivation of workers

•Rapportering aan bestuur / Reporting to management

•Kontrole en beheer oor klokstelsel / Check and control clock system

•Ander ad hoc take / Other ad hoc tasks

VEREISTES / REQUIREMENTS:

•Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans/Engels en verkieslik Xhosa/Sotho / Good communication skills in Afrikaans/English and preferable Xhosa/Sotho

•Ten minste 5 jaar ondervinding in leierskap posisies / 5 years ledership experience

•Opleiding as Spanleier/Toesighouer sal in jou guns tel / Leadership training

•Moet dissipline kan handhaaf en na optimale produktiwiteit streef / must be able to handle discipline and strive towards optimum productivity

•Goeie organiserings-, beplanning- en konflikhanteringsvaardighede / good organisational, planning and conflict management skills

Die onderneming bied ‘n permanente pos met markgerigte vergoeding / The company offers a permanent position with market related rumeneration.

Stuur verkorte CV met duidelike uiteensetting van vorige werksondervinding, opleiding en ten minste 3 kontakbare verwysings aan hr@verdun.co.za of handig u aansoek in by Verdun Kantoor, Van Riebeeckstraat 1, Prince Alfred Hamlet. Vir navrae, skakel (023) 313 3051.

Send a short CV with clear outline of previous work experience, training and at least 3 contactable references to hr@verdun.co.za or hand it in at Verdun Office, 1 Van Riebeeck Road, Prince Alfred Hamlet . For enquiries, contact (023) 313 3051.

Sluitingsdatum / Closing date: 06/09/2024

NOTICE OF AMENDMENT APPLICATION AND AVAILABILITY OF FINAL LAYOUT & FINAL ENVIRONMENTAL MANAGEMENT PROGRAMME

PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

BERGRIVER WIND FARM, WESTERN CAPE PROVINCE (REF: 14/12/16/3/3/2/2105/AM2)

Applicant: FE Bergriver (Pty) Ltd

Project Name : Bergriver Wind Farm and associated infrastructure, Western Cape Province

Project Location : Adjacent to Gouda and ~6km south of Saron, Drakenstein Local Municipality, Western Cape on:

»Portion 3 of the Farm Hartebeeste Kraal 88

»Portion 4 of the Farm Bonne Esperance 83

»Portion 1 of the Farm Hartebeeste Kraal 88

»Portion 1 of Farm 397

»Portion 2 of Farm 397

EA Amendment: The facility is in the final stages of development and minor improvements to the internal road network are proposed that optimise the usage of existing roads to reduce the length of new road build within the authorised project development area. This requires an amendment of the Environmental Authorisation conditions. The final facility layout and the final EMPr must be amended, submitted and approved prior to commencement of construction, as per conditions 12 and 15.4 of the EA. The The final facility layout and the final EMPr are available for review and comment.

Public review and comment: The final facility layout, final EMPr and a motivation in support of the Application for Amendment are available for a 30-day public review from 03 September 2024 to 04 October 2024. The documents can be downloaded from Savannah Environmental’s website (https://www.savannahsa.com/public-documents/energygeneration/). The due date for written comment is 04 October 2024

To obtain further information, to submit a comment, and/or register on the project database, submit your name, contact information and interest in the project, in writing, to:

Nicolene Venter at Savannah Environmental P.O. Box 148, Sunninghill, 2157 Tel: 011 656 3237 Mobile: 066 282 6913 (including Please Call Me & WhatsApp) Fax: 086 684 0547 E-mail: publicprocess@savannahsa.com Website: www.savannahsa.com

NOTICE OF AMENDMENT APPLICATION AND AVAILABILITY OF FINAL LAYOUT & FINAL ENVIRONMENTAL MANAGEMENT PROGRAMME PUBLIC PARTICIPATION PROCESS ZEN WIND FARM, WESTERN CAPE PROVINCE (REF: 14/12/16/3/3/2/322/AM6)

Applicant: FE Bonne Esperance (Pty) Ltd

Project Name: Zen Wind Farm and associated infrastructure, Western Cape

Project Location: Approximately 10km northwest of Gouda and ~ 4km south of Saron, Drakenstein Local Municipality, Western Cape on: »Portion 1 of the farm Bonne Esperance 83, »Portion 2 of the farm Bonne Esperance 83, »Portion 9 of the fram No. 88 »Portion 0 of the Nayoth 458

EA Amendment: The facility is in the final stages of development and minor improvements to the internal road network are proposed that optimise the usage of existing roads to reduce the length of new road build within the authorised project development area. This requires an amendment of the Environmental Authorisation conditions. The final facility layout and the final EMPr must be amended, submitted and approved prior to commencement of construction, as per conditions 13 -16 of the EA. The The final facility layout and the final EMPr are available for review and comment.

Public review and comment: The final facility layout, final EMPr and a motivation in support of the Application for Amendment are available for a 30-day public review from 03 September 2024 to 04 October 2024. The documents can be downloaded from Savannah Environmental’s website (https://www.savannahsa.com/public-documents/energygeneration/). The due date for written comment is 04 October 2024

To obtain further information, to submit a comment, and/or register on the project database, submit your name, contact information and interest in the project, in writing, to:

LEACALDO Jors, ‘n rugbyspeler en leerder van Mooi Uitsig primêr is ingesluit in die Boland o/12 rugbyspan. Die toernooi vind van 19 tot 21 September plaas by Oakdale Landbouskool op Riversdal.

‘n Gesertifiseerde kopie van u RSA ID dokument moet aan u aansoek geheg word / A certified copy of your RSA ID Document must be attached to your application.

Nicolene Venter at Savannah Environmental P.O. Box 148, Sunninghill, 2157 Tel: 011 656 3237 Mobile: 066 282 6913 (including Please Call Me & WhatsApp) Fax: 086 684 0547

E-mail: publicprocess@savannahsa.com Website: www.savannahsa.com

BELLA Vista primêr se o/12 netbalspan het Vrydag 23 Augustus aan die eerste Future Charlie Festival by Charlie Hofmeyr deelgeneem. Die span het ‘n tweede plek behaal.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Modderstryd

Ceres klop Roses

CERES het die naweek hul kanse lewend gehou om vir die Top 12 uitspeelrondtes te kwalifiseer.

Ceres het die modderstryd teen Roses met 16-8 gewen. Dit was ‘n wedstryd wat op ‘n sopnat Victoria Park gespeel is en wat na enige kant toe kon gaan.

Krediet moet aan spelers van Ceres rugbyklub gegee word vir hul uitstekende verdediging.

Roses teken eerste punte aan met ‘n onverdoelde drie. Daarna kry William van Wyk (speler van die wedstryd) die kans om sy span te laat voorloop met twee vinnige skepskoppe om die telling 6-5 te maak.

Vir Ceres het Arno van Wyk ‘n drie gedruk en William van Wyk het geslaag met twee skepdoele asook ‘n doelskop en strafskop.

Bella Vista wen

Bella Vista het Saterdag in ysige koue en reën met Evergreens Paarl afgereken en met 32-5 gewen. Rustyd het Bella Vista met 17-5 voorgeloop.

Uithaler voorspelerspel is deur die Bella Vista agttal opgedis en die besoekers het geen teenvoeter in die skrums en dryfmaal-bewegings gehad nie.

Agterlangs is aanvallende spel bemoeilik met die nat bal maar die senterpaar, Cameron Davids en Durin

Nasson, het die oog gevang. Westley Jonkers, Lurenco Jumath en Therry Grootboom het voorlangs goed vertoon. Chesvill Muller het twee drieë gedruk met Therry Grootboom, Westley Jonkers, Durin Nasson en Jayten-Lee Martin wat ook ‘n keer agter die opponente se doellyn gaan kuier het.

Durin Nasson het ook met ‘n doelskop geslaag.

Naweek se wedstryde

Ceres reis Saterdag 30 Augustus na Wellington waar hulle teen Young Blues te staan kom en Bella Vista reis na Wolseley vir ‘n wedstryd wat beloof om ‘n riller te wees.

Uitslae van die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie:

Bella Vista klop Evergreens maklik met 32-5, Delicious wen hul wegwedstryd teen Wolseley met 19-14, Hamlet klop Temperance met 29-19, Hillcrest klop Wellington 48-24 en Newtons is veels te sterk vir Young Blues en wen 65-12.

Uitslae van die Witzenberg Streekuitdaagkompetisie:

La Plaisant klop Môrester 35-15, Vastrap klop Young Good Hopes 11-5, Lovedale wen 15-10 teen Lindeshof, Paardekloof is te sterk vir Young Westlyans en wen 280 en Op-die-Berg wen 24-14 teen Red Roses.

Duiwe sukkel in slegte weer

WEDVLUGDUIWE is Saterdag 24 Augustus op Kimberley gelos. Duiwe het slegte weersomstandighede en sterk wind getrotseer op pad na hul hokke. Net twee duiwe het Saterdagaand op Ceres aangekom terwyl die ander duiwe, Sondagoggend ingeklok het. Cyril Davids van CHPS duiweklub en Marius Koopman van CPS se duiwe het die Ceresvallei Federasie wedvlug gewen.

Die naweek word die laaste kortpadvlug vir 2024 vanaf BeaufortWes aangepak.

CHPS

Ope 1

1. Cyril en Ann Davids - 1116.043mpm

2. Cyril en Ann Davids - 1013.478mpm

3. Cyril en Ann Davids - 1013.240mpm

4. Cyril en Ann Davids - 971.940mpm

5. Bryan Isaacs - 957.701mpm

Ope 2

1. Team Koopman ARL - 961.888mpm

2. Cyril en Ann Davids - 960.340mpm

3. Cyril en Ann Davids - 945.855mpm

4. Abdul Hendriks - 930.889mpm

BHPS

Ope 1

1. Emile Arries - 969.559mpm

2. Emile Arries - 955.187mpm

Nicky Smith - 931.852mpm

Emile Arries - 929.552mpm Ope 2

Marquin Pieterse - 970.545mpm

Nicky Smith - 942.679mpm

Roberto van

Pigeon Society (CPS)

S.R. Williams - 972.050mpm 4. Camerin Mars - 937.632mpm Ope 2 1. Marius Koopman - 1053.839mpm 2. S.R. Williams - 953.559mpm

3. Meyer en Van Wyk - 950.563mpm 4. JRK Lofts - 949.982mpm

Danie wen kompetisie

CERES gholfklub het Vrydag 23 Augustus ‘n Sundowner 9 putjiekompetisie aangebied. Ceres Superspar borg vanjaar die pryse. Die kompetisie is deur Danie Goosen met 23 punte gewen. Louis du Toit (links) was tweede met 21 punte. Daar het 25 spelers aan die kompetisie deelgeneem.

‘n LANDLOPER en leerder van Britsum primêr, Jamy-Ann Andrie, gaan Saterdag 31 Augustus die Boland landloopspan verteenwoordig in Somerset-Wes. By haar staan haar afrigter, Jurie Swartz.
CERES het Saterdag se modderstryd teen Roses met 16-8 gewen.
FOTO: Gaby Kaalmeyer

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.