Twee mense vermoor
TWEE inwoners van die Witzenbergstreek is die naweek vermoor.
Ceres SAPD ondersoek twee moorde nadat ‘n man en ‘n vrou in afsonderlike voorvalle vermoor is.
In die eerste voorval is die liggaam van die 23-jarige Janine Kayster, op Saterdag 26 November omstreeks 22:55 in ‘n vrugteboord gevind. Sy was aangerand en het aan haar beserings beswyk.
Die polisie is na die toneel en met verdere ondersoek is ‘n verdagte, Jan Oerson (31) gearresteer. Hy het ook later uitwysings aan die polisie gedoen.
Oerson het Dinsdag vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n moordklag. Die saak is na 6 Desember uit-
gestel vir borginligting. Oerson bly in aanhouding.
Beide Oerson en Kayster het op ‘n plaas in die BoSwaarmoed omgewing gewerk.
Tweede moord
Onbekende aanvaller/s het Saterdag 26 November ‘n Nduli-inwoner in die rug geskiet.
Volgens Ceres SAPD het die moord omstreeks 01:00 plaasgevind. Hulle is uit na die moordtoneel waar hulle Peter Malaphi (46) se liggaam in Pakamisastraat aangetref het.
Inligting
Indien inwoners oor meer inligting beskik, kan hulle a.o. Rudi Williams skakel by 082-522-3151.
Telephone: (023) 316-2021 Fax: 086-211-5774 WA: 066-316-3003 nuus@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.co.za WH H e r a l d Witzenberg Volume 25 no. 47 R 8 Friday, December 2, 2022 Ceres Koekedouw dam 62% Tulbagh dam 63% Lesings geneem: 2022/11/30 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 1 Desember 14° 31° Vrydag 2 Desember Saterdag 3 Desember Sondag 4 Desember 10° 20° 8° 28° 11° 22°
DIE Wes-Kaap polisiehoof, Lt.genl. Thembisile Patekile en minister Reagan Allen, het Dinsdag 29 November tydens ‘n perskonferensie, die provinsie se kwartaalikse misdaadstatistieke vir die tydperk van Julie tot September, bekendgemaak. Geweld teen vroue het met 23% toegeneem en teen kinders met 9%. Moord en poging tot moord klagtes het ook gestyg. ‘n Beroep is op die gemeenskap gedoen om nie stil te bly oor geweld teen vroue en kinders nie.
het Vrydag 25 November omstreeks 16:30 in Michellspas omgeslaan nadat hy beheer daaroor verloor het. Die bestuurder, Farai Shonhiwa van Kraaifontein is nie beseer nie. Geen verdere inligting was beskikbaar nie. Geweld teen vroue styg met 23% TRADING HOURS : Mon - Fri: 07:30 - 17:30 Saturday: 08:00 - 13:00 49 Lyell Street, Ceres Tel: 076-029-3930 WE OFFER: • SERVICES • PARTS • ACCESSORIES • CLOTHING MERRY CHRISTMAS TO ALL OUR CLIENTS Find us on: Pryse geldig tot 15 Desember 2022 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom. ☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstraat 91 Sasko Cake Wheat Flour 10kg 125125 1250000 0000 00 each White Star Super Maize Meal 10kg 104104 1040000 0000 00 each Bokomo Weet-Bix 450g 2699each First Choice Custard 1L 2222 2222 220000 0000 each eacheach Cadbury Slabs assorted 1599each Baby Soft Mini 2-ply 200 sheets toilet paper white 4’s 1799each Bobtail Dog Food assorted 8kg 169169 169169 1690000 0000 each Jive 2L assorted 1111 1111 110000 0000 each Bri-Coal Charcoal 4kg 3636 3636 369999 9999 each eacheach Score Energy drink 500ml assorted 88 85050 5050 each Mrs Balls Chutney ass. 3333 335050 5050 each All Gold Tomato sauce 700ml 3232 320000 0000 each Get 25% off on a 12 month (single adult, pensioner or scholar) cash membership when you sign up before or on 2 December 2022. Terms and conditions apply
DIE bestuurder van dié Volvo vragmotor met vraghouers agterop,
Leer & Leef gee terugvoering oor hul werksaamhede
LEER & Leef is ‘n nie-winsgewende organisasie op Ceres wat fokus op Vroeë Kinderontwikkeling.
Behalwe dat hulle opvoedkundige programme ontwikkel, personeel en ouers oplei, besoek hulle ook twee keer ‘n jaar al 148 voorskoolse- en nasorgfasiliteite in die Witzenbergstreek. Hulle word deur die departement van onderwys gekontrakteur en fokus veral om alle sentrums te registreer volgens die vereistes van die Kinderwet.
“Met Leer & Leef se buitesentrum-projek fokus ons veral op die kind se breinontwikkeling in sy eerste 1 000 dae. Met die projek besoek ons ses klinieke weekliks: Nduli, Annie Brown, P.A. Hamlet, Bella Vista, Wolseley en Tulbagh”.
die ouers bespreek. Ons het ook ‘n platvorm waar ons boodskappe op sosiale media met stimulasie-aktiwiteite weekliks aan 140 ouers stuur.
Leer & Leef besoek ook 9 huisskole twee keer per maand en bedien sodoende 184 kinders. Saam met die klinieke en huisskole bedryf ons ook ‘n voedingsprojek waar daar weekliks ‘Nkosi superbars’ (met nodige voedingswaarde vir ‘n maaltyd) en ander kospakkies uitgedeel word”. In 2022 is meer as 1 500 Nkosi stafies en 250 kospakkies uitgedeel.
Leer & Leef se getroue en entoesiastiese veldwerkers verrig deurlopend goeie werk. Baie dankie, julle maak ons baie trots op elke fasiliteit in die Witzenbergstreek!
EEN van Ceres en Huis Maudie Kriel se oudste inwoners, Bertha Hanekom (100), is onlangs oorlede. Haar familie was ook Augustusmaand hier om haar 100ste verjaarsdag te vier. Ouma Bertha is op 22 Augustus 1922 op die plaas Nuwerus naby Karoopoort gebore. Sy is in 1950 met Jan Hanekom getroud. Haar seuns, Willlem en Jannie, woon in Pretoria. Ouma Berta het vir 60 jaar in Phillipstraat gebly en in 2010 na Huis Maudie Kriel verhuis waar sy tot haar dood woonagtig was. Sy laat ook vier kleinkinders en drie agterkleinkinders agter. ‘n Huldigingsdiens is Vrydag 18 November in Huis Maudie Kriel gehou.
“
In 2022 het ons 1045 ouers bereik by klinieke en met hulle ‘n pad gestap. Daar is ‘n reeks stimulasie werkstukke uitgedeel en met
MONTROUGE (VGK)
PRIMêR TULBAGH
(023) 230-2554 Sel: 084-621-7912 montrouge.prim@wcgschools.gov.za andrewsleroy4@gmail.com
Dankie aan CFG wat jaarliks geld skenk om werkboekies vir kinders goedkoper te verskaf, die gemeenskap wat musse gebrei het en skenkings gemaak het vir die huisskoolprojek. Dankie ook aan elke ouer wat hul kind se ontwikkeling ‘n prioriteit maak! Ons sien die vrugte van ouerliefde spandeer aan voorlees, tyd en speel met kinders.
Leer & Leef wens almal ‘n Feesgety vol Vrede toe.
LEER & LEEF
MAATSKAPLIKE HULPWERKER
Ceres
Pos- en persoonspesifikasies: Die ideale kandidaat beskik oor: • ‘n Kwalifikasie as Hulp Maatskaplike Werker • Registrasie by SACSSP, die Maatskaplike Raad van Maatskaplike Diensberoepe • Goeie kommunikasie- en administrasievaardighede • Rekenaarvaardig • Sertifikaat van Child Protection Register (CPR)
Aansoeke met ‘n gepaste CV of navrae kan gerig word aan Magdél Botha voor of op 23 Desember 2022 na: leer.leef@breede.co.za
GKS) en Bertdene Laubscher (bestuurder).
OPENBARE KENNISGEWING VAN VERGADERING VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD
Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) dat die Raadsvergadering geskeduleer vir 14 Desember 2022 herskeduleer word na Dinsdag, 6 Desember 2022 om 10:00 in die Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres D. NASSON
MUNISIPALE BESTUURDER
MUNICIPAL MANAGER
Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3
PUBLIC NOTICE OF MEETING OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL
Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the Council meeting scheduled for 14 December 2022 has been rescheduled to Tuesday, 6 December 2022 at 10:00 in the Town Hall, Voortrekker Street, Ceres
WITZENBERG HERALD Friday, December 2, 2022 2
LEER & Leef sê dankie:
Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies 066 205 3312 023 1000 515 info@jptek.co.za SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS CCTV CAMERAS CCTV CAMERAS CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. *Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary. We offer: ·Consulting Services·Maintenance ·Access Control·Audio and Visual ·Structured Cabling·Wireless Networking ·Alarm Systems·Gate motors ·IP Based CCTV Systems ·Fibre Optic Installations ·Analytic Based Alert Notification Systems ·Analogue Based CCTV Systems ·Integrated Security Systems 3 Poste beskikbaar INTERMEDIÊRE FASE Senior Fase Januarie - Maart 2023 (Met die moontlikheid van verlenging) INTERMEDIÊRE FASE Senior Fase Januarie - Maart 2023 (Met die moontlikheid van verlenging) GRONDSLAGFASE Graad 3 [Faseleier] Januarie - Desember 2023 Posvereistes: •Dissipline•Sport•Koor •Hardwerkend•Professioneel Belangrik: •Kort CV na skool (maks. 3 bl.) •Rig u aansoek aan: Voorsitter van die BHL •CAPS •Meld vakke aangebied •2 Referente •SACE
Sluitingsdatum
8
DIE Togryers museum op Ceres is elke jaar betrokke by die 16 Dae van Aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Omgeepakkies word deur die Togryers museum personeel opgemaak vir verkragtingslagoffers wat versprei word deur die SAPD GKS (Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele misdrywe). Die museum het die afgelope tyd weer omgeepakkies opgemaak en bedank die gemeenskap vir elke skenking. Konstabel Manuel het die pakkies namens Ceres GKS ontvang. Hier staan die museumpersoneel Rudowaan du Toit, Candice Muller, Anneline Dunn, konstabel Manuel (Ceres
Geregistreer
vir aansoeke:
Desember 2022 Aansoeke kan ook by die skool afgegee word U mag dalk uitgenooi word vir ‘n kort onderhoud Navrae aan die Prinsipaal: Mnr. Leroy James Andrews 084-621-7912
☎
✉ 35, TULBAGH 6820
Leer & Leef beskik tans oor die voltydse posisie in die afdelings van: Registrasie van Creche- en Nasorg Fasiliteite en Administrasie.
Fun festive evening with music
THE Tulbagh
This is the start of the festive season and the very busy fruit season. Visitors to the Faire can look forward to a fun filled evening with a variety of performers and celebrities taking part.
The Temple Boys, Lyntjie Jaars, Bouncy, Rottas, DJ Drew, Mario Arnolds, Frankoline Peers, Tazneemah Greeff, Merlin Balie, Adam-John and Li’ll Willy as well as local performers will be part of the Faire. There will be stalls, bring your picnic blankets and camping chairs and come and join us for a fun-filled evening.
Entry
The entry ticket to the Faire includes a coke and a chance to win a lucky draw prize. There are two flat screen televisions to be won as well as various other prizes.
For more information contact Tulbagh Tourism (023) 230-1348/75 or send an email to admin@tulbaghtourism.co.za
Oudpolisieman weer in hof vir dronkbestuur
‘n OUDPOLISIEMAN het verlede week weer in die Ceres landdroshof verskyn op twee klagtes van dronkbestuur.
Lepile Andrew Tsaine (39) is in September 2021 twee keer vir dronkbestuur en roekelose en/of nalatige bestuur gearresteer. Die saak is na 8 Februarie 2023 uitgestel sodat hy ‘n prokureur kan aanstel.
Twee voorvalle
Die eerste voorval het op 11 September 2021 in Voortrekkerstraat, Ceres plaasgevind.
Tsaine, wat vroeër vanjaar skielik uit die polisie bedank het en die bestuurder van ‘n KIA Picanto was, het omstreeks 19:50 ‘n U-draai in die hoofstraat gemaak waarna
‘n plaaslike verkeersman hom afgetrek het.
Bloedmonsters is geneem en is hy gewaarsku om in Ceres landdroshof te verskyn.
Tweede klag
Kort daarna op 24 September is Tsaine weer vir dronkbestuur vasgetrek nadat hy omstreeks 08:55 roekeloos bestuur het.
Hy was saam met twee vroue passasiers in Voortrekkerstraat, P.A. Hamlet onderweg in ‘n KIA Picanto toe hy weer deur Ceres verkeerslui afgetrek is.
Tsaine het na bewering weggejaag na die polisiekwartiere langs speurderskantore waar hy gebly het.
Sexual violence and assault - What happens next?
DID you know - globally about 1 in 3 (30%) women worldwide have been subjected to either physical and/or sexual intimate partner violence or non-partner sexual violence in their lifetime.
“ Violence against women and children has come into focus as we observe the 16 Days of Activism against Gender-Based Violence, which started on 25 November”.
Estimates published by the World Health Organization indicate that almost one third (27%) of women worldwide aged 15-49 years who have been in a relationship, report that they have been subjected to some form of physical and/or sexual violence by their intimate partner.
The trauma following sexual violence, or a sexual assault is significant. They may experience feelings of shame and fear.
But help is available. Your safety is important.
If you are in immediate danger, call someone you trust or SAPS at 10111 immediately. Once you are safe, consider reaching out to your support group or someone you trust.
“Everyone comes from different backgrounds. Some survivors may be afraid of opening to their family due to stigma attached to sexual violence. When you are ready, remember that you don’t need to deal with your experience on your own”.
Below is the procedure to be followed after an incident of rape and/or sexual assault (these services are free):
● A survivor can report the case to SAPS or a designated health care facility, who should contact the specialised detective unit (FCS).
● The investigating officer from the specialised unit will take statements from the survivor (or parent/guardian in case of a minor).
● The survivor will be taken to the relevant
health care facility for a medical examination, collection of forensic evidence and further medical treatment.
● If the survivor decides not to lay a charge with the police, the survivor still has the right to be examined and receive free medical treatment and advice at the clinic.
● If the alleged incident occurred less than 72 hours ago, the survivor should be advised not to wash/bath or change clothing until the evidence collection has been completed.
● You will receive appointments for followups at a healthcare facility.
Medication
It is important that you take the medication as prescribed, even over weekends.
If you realise that you have skipped a dosage, take it once you remember. But do not take a double dosage if you only realise it when you have to take your next dosage. If you forget to take your pills for two days or longer, talk to a healthcare worker. By taking the medication at the right time and by not skipping any pills, it ensures the effectiveness of the medication. It is important to develop a routine for the 28 days to take the HIV-prevention medication. Please make use of the pill diary/ timetable provided to help you to remember to take the medication.
Support
These forms of violence can lead to depression, post-traumatic stress and other anxiety disorders, sleep difficulties and more.
A healthcare worker at a clinic can ensure that you receive counselling and other support. If you have any questions about your care, please speak to a healthcare worker.
You can visit a local clinic for support or reach out to support staff at the following centre:
● Worcester TCC, Worcester Hospital (023) 348-1294
Hou by die Blou
As Uitvoerende Burgemeester wil ek graag namens die Witzenberg Munisipale Raad Bella Vista Rugbyklub gelukwens met hulle uitsonderlike prestasie om tot die finale rondte van Boland se Super 12 rugby kompetisie vir die Groot Uitdaag Klubs deur te dring. Die Bestuur, Afrigters, Spanbestuur en almal rondom die Klub is beloon vir hulle harde werk met die voortreflike prestasie wat die eerste rugbyspan behaal het. Bella Vista se eerstespan was die seisoen onoorwonne in die Witsentraal kompetisie en was hulle een van twee spanne wat deurgedring het uit die afdeling vir deelname aan die Super 12 reeks. Op die rugbyveld het die rugbyspan nie net respek afgedwing nie, maar het hulle elke rugby liefhebber beïndruk met die gehalte van rugby wat hulle opgelewer het. Saterdag se rugbyfinaal is ‘n welverdiende beloning vir al die spelers wat tot die rugbyklub se sukses bygedra het.
Ek wil elke speler en bestuurslid gelukwens met hul prestasie en hul bydra wat hulle op die sportgebied tot Witzenberg se uitbou bygedra het. Ek wil almal voorspoed toewens vir Saterdag en die hoop uitspreek dat Bella Vista as oorwinnaars uit die stryd sal tree. Dankie vir die ambassadeurs wat julle vir Witzenberg was gedurende die rugbyseisoen. Die hele Witzenberg gemeenskap is reeds almal baie trots op julle en gaan ons nog meer trotser wees na die groot stryd teen Saldanha Rugbyklub die komende naweek wanneer julle as wenners uit die stryd sal tree.
Baie sterkte en voorspoed!!
HENNIE SMIT Uitvoerende Burgemeester / Executive Mayor
WITZENBERG HERALD Friday, December 2, 2022 3
DIE St.Peter Anglikaanse gemeente op Tulbagh het Sondag 27 November hul 100 jaar herdenkingsdiens gehou. AGTER: Trevor Felix (kerkvoog van St. Andrews gemeente op Ceres), Burn Magoba (koster van St.Peter gemeente), Valda Norman (kerkvoog St. Andrews gemeente op Ceres) Ricardo Cloete (lekeprediker en kapelvoog van St.Peter gemeente), vader Deon Mcdillon en Chimonia Sass (kapelvoog van St.Peter gemeente). VOOR: Andelene Michaels (skoolhoof van Waveren Laerskool), Bennie Leendertz (kerkvoog St. Andrews gemeente op Ceres), vader Wilfred Maritz, Felicia Cloete (kapelvoog St.Peter gemeente) en vader Piet Minnaar.
FOTO: Peter Luitjies
DIE 16 Dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders het verlede week afgeskop met ‘n optog en plakkaatbetoging om inwoners bewus te maak van die misdrywe en dat daar hulp is vir vroue en kinders.
Witzenville Faire will be held on the sportsgrounds in Witzenville on Friday 2 December 2022 from 18:00 until late.
Inwoners verfraai parkie
ons winkel benodig dringend nuwe items
Ceres Omgeewinkel
het VERHUIS VERHUIS VERHUIS VERHUIS na
Murchisonstraat 4, Ceres
(ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
Besigheidsure:
Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30
Ons kan help! Dit maak nie saak wat dit is nie. Ongewenste meubels, elektriese toestelle, huishoudelike ware, speelgoed, boeke, sporttoerusting, ons sal dit alles en meer, as voorraad vir ons winkel neem.
As jy enige items het wat jy moet weggooi, wat te goed is om eintlik weg te gooi, skakel ons op 082-899-2248 of e-pos: info@chainboland.co.za
Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ceres Omgeewinkel is dringend opsoek na klere, skoene en huishoudelike items. Help ons asb. om die Gemeenskap te help.
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com
WITZENBERG HERALD Friday, December 2, 2022 4
JACQUES de Bruin, oudleerder van Charlie Hofmeyr hoërskool op Ceres en 'n finalejaar student by Northlink kollege, het onlangs toekennings ontvang vir beste akteur in 2021 en 2022), mees belowende student en top 3 presteerder in alle modules. Sy familie sien daarna uit om hom eersdaags op TV te sien.
TWEE inwoners van Tulbagh, Pamela Apollis en Francis Pietersen, het vier maande gelede besluit om iets te doen aan die parkie wat so verwaarloos is in hul woonbuurt. Hulle het ingespring en parkie mooi begin maak vir die kinders om in te speel en ook om die dorp netjies te maak. Hierna het nog inwoners in Eerstelaan hul voorbeeld begin volg ook begin help met die parkie. Die hoop is uitgespreek dat ander inwoners van ander straatblokke ook sal inspring om Tulbagh op te helder met die aanplant van plante en struike. VLNR: Elvine Stoffels, Carol Abrahams, Pamela Apollis, Christiaan Louw, Stoffel Engelbrecht, Stacy Fortuin en Hilda Green.
FOTO: Peter Luitjies
LEERDERS en personeel van Hoërskool Charlie Hofmeyr het hul terreinpersoneel die afgelope week bedank en verras met geskenke. Die personeel sorg heeljaar dat die skoolterrein en skoolgebou altyd mooi, skoon en netjies is.
CHARLIE Hofmeyr se leerlingraad vir 2023 is onlangs verkies. VOOR: Lané Giliomee (onderhoofmeisie), Megan Goosen (hoofmeisie), Danie le Roux (skoolhoof), Daniël Pieters (hoofseun) en Daniél Conradie (onderhoofseun). AGTER: Meché Mars, Mia Burger, Jani Wessels, Lawrence Jantjies, Benja Muller, Wilmar Winterbach, Johann Coetzee, Ryk van Velden, Lua Brand en Marcus Nasson. * Danie le Roux is vanaf 1 Oktober die nuwe skoolhoof van Charlie Hofmeyr.
Hiermee wil die Witzenberg ECD Forum baie dankie sê aan elke besigheid en individu wat ons Vrou-wees-fees moontlik gemaak het. Ons is baie dankbaar vir die ondersteuning van die gemeenskap.
DIT IS ‘N EENVOUDIGE FEIT VAN DIE LEWE, ONS GAAR ONNODIGE GOED OP! Is jy besig om af te skaal? Trek julle? Wat ook al die rede is, jy het “goed” wat rondlê. Dinge wat jy nie wil hê, nie gebruik, of net moeg is om te sien.
WITZENBERG HERALD Friday, December 2, 2022 5
classifieds
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
1980/01/01 - 2022/11/18
Begrafnisdiens: So. 4 Des. 2022 Saal: 10:00, Plaas Oudekraal, PA Hamlet Graf: Bella vista
1935/06/05 - 2022/11/27
Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o
Organisasie verander hul naam
MEER as 60 jaar gelede het ‘n klompie manne in Bloemfontein die behoefte raakgesien om ‘n Afrikaanse diensorganisasie tot stand te bring. Daar was oor die jare verskeie kultuurorganisasies, maar geeneen het net op liefdadigheid gefokus nie.
Die Vryburger Diensorganisasie is gestig en die ou Kaapse benamings is gebruik vir die ampte en vergaderings: stuurman - voorsitter, skrywer-sekretaris, fiskaal - tesourier, ritmeester - ordebeampte, basuin -reklame, rentmeester - nasionale tesourier, korps - plaaslike tak, kajuitraad - korpsvergadering en Burgerraad - landwye algemene jaarvergadering.
Die gewel-profiel van Adam Tas se huis is as embleem gebruik.
Aanpas
Tien jaar gelede is die naam aangepas na Vryburger OMGEEMENSE om meer beskrywend te wees.
Die woord “vryburger” lei egter steeds tot verwarring en verkeerde konotasies onder oningeligte persone.
Daar is in 2022 besluit om voortaan plaaslik net bekend te staan as Ceres Omgeemense.
Die doelstellings is:
- Om die plaaslike gemeenskap te dien - Om altyd die Bybel as grondslag te gebruik - Om samewerking in die gemeenskap te bevorder - Om Afrikaans as voertaal te gebruik
Omgeemense fokus hoofsaaklik op broodnood, Bybelverspreiding asook emosionele ondersteuning aan bejaardes.
Hulp word hoofsaaklik aan instansies verleen en nie aan individue nie.
Begunstigdes sluit onder andere in ouetehuise, kleuterskole, sopkombuise en dienssentrums.
Sedert Ceres Omgeemense se stigting in 2008, is daar reeds R3.3 miljoen in die Witzenberg gemeenskap uitgedeel.
“Dankie aan die gemeenskap wat dit moontlik gemaak het deur die ondersteuning van die Omgeewinkel, projekte en donasies.
Ceres Omgeemense is trots daarop dat elke rand wat ingesamel word, uitgedeel word vir liefdadigheid aangesien alle administratiewe uitgawes en kostes deur die lede gedek word”.
WITZENBERG HERALD Friday, December 2, 2022 6
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
Dirk Huyser
Die Witzenberg Herald se kantoor sal gesluit wees vanaf Vrydag 16 Desember 2022 en heropen op Maandag 9 Januarie 2023.
Gedenkdiens vind
☎ ☎ ☎
Die beste
Irene Kirstein Kirstein 1976/04/10 - 2022/11/26 Funeral service: Sat.3 Dec. 2022 Home: 08:00, 22 Kharasi Street, Nduli Church: 10:00, Nduli Community Hall Grave: Bella Vista John Kannemeyer ☎ ☎ ☎ (023) 316-1814 Die beste diens, altyd. Peter Malaphi AND FRAMES 083-227-6476 STEFAN STEYN SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS MOTORHUISDEUR + ELEKTRIESE MOTOR + REMOTE R2 500 (Meranti deur in baie goeie toestand) Skakel of whatsapp 082-953-3408 vir enige navrae VOOR AGTER INGEBOUDE BAD + STORTMENGER (in baie goeie toestand) R800 of naaste kontant aanbod Skakel of whatsapp 082-953-3408 vir enige navrae 1956/11/29 - 2015/02/15 Dit is jou 8ste verjaarsdag in die Hemel met die Engele. Ons mis jou nog so baie, maar ons hou die mooi herinneringe in ons harte. You left me when I needed you most. Rus sag “in your beautiful isle of somewhere.” Van Girly, kinders en kleinkinders
Begrafnisdiens: Sat. 3 Des. 2022 Huis: 10:00, Plaas Vreeland Kerk: 11:00, VGK Kerk Bella Vista Graf: Bella Vista (023) 312-2392 n/u: 082-5753-181 Eva Katrina Cloete
1953/01/05 - 2022/11/25
plaas op Vrydag 2 Des. 2022 om 11:00, VGK Op-die-Berg Privaat Verassing John Kannemeyer
(023) 316-1814
diens, altyd.
Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Automotive Engineering • Skim cylinder head • Recon cylinder head • Rebore engine blocks Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more André du PAndré du P du Preezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300 CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating • Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274 It’s never too late for your problems to be solved. Don’t just sit back and think your worst situation can not be changed. It’s time for you to present your problems to Maama Sauda: •Relationship problems •Financial problems •Court cases •Divorce cases •Winning luck •Pregnant cases • Home protection •Bad luck • Magic ring • Magic wallet • Lotto or Powerball • Money in account in 1 hour •Unfinished work and many more Call or WhatsApp Maama Sauda 071-707-2066 Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83 PLANT AND PLANT AND TOOL HIRE SCANTSCANT SCAN TOO OO O DONADONA DONADONA DONATETE TETE TE RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small. MEISIEMEISIE MEISIEMEISIE (Female) Born 05/06/2022 WILLIEWILLIE WILLIEWILLIE (Male) Born 21/11/2021 ESTEST ESTAA AA A (Female) Born 15/07/2021 JANIJANI JANIJANI (Female) Born 15/08/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Including a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply BELLABELLA BELLA (Female) Born 01/09/2021 ARIëLARIëL ARIëLARIëL ARIëL
Young
Andrew Jacobs (Gamat)
(Female)
Siamese
CHARLIE&JA CHARLIE&JA CHARLIE&JACKCK CKCK
HEIDIHEIDI HEIDIHEIDI HEIDI (Female) Born 01/11/20214
(Males)Born 26/09/2022
Polisie praat met leerders oor boelies
Abrahams en De Beer wen kompetisie
CERES gholfklub het Saterdag 26 November ‘n beterbal sametelling kompetisie aangebied.
Ettienne Abrahams en S. de Beer was die wenners met 79 punte. Ashley Schroeder en Werner Pharo was in die tweede plek met 74 punte gevolg deur twee besoekers, Zaid en Juanaid, met 73 punte.
Pieter du Toit en Emile Marais was in die vierde plek met 68 punte met Bjorn Zimri en BJ Claasen met 66 punte in die vyfde plek. Sewe en veertig spelers het aan die klubkompetisie deelgeneem.
Kompetisies
Saterdag 3 Desember vind die maandelikse houespel kompetisie plaas. Spelers kan die klub skakel by (023) 312-3068 of bespreek op Clubmaster.
Die tweede naaste aan die kol kompetisie (putjie 4 se skoonveld) word weer iewers in Januarie 2023 aangebied.
Kostes beloop R130 per speler wat ‘n braaipak met 120g sirlion steak, tjoppie en stukkie wors insluit. Klub gaan die vuur en hout en slaai gee en inskrywingsgeld sluit 6 x balle (kanse) in vir die naaste aan die kol kompetisie. Ekstra balle is beskikbaar teen R25 vir 3x balle. Kompetisietyd is ‘n Vrydagmiddag vanaf 15:30 tot 17:30.
Kinders gaan ook aan ‘n setkompetisie (putting) deelneem vir R10 per rondte. Een met die minste houe na al die vlaggies op oefen-setperk, wen ‘n prys.
nuusbrokkies
VGK Bella Vista beplan ‘n dankseggingsnaweek van 15-19 Desember. Op 15 Desember sal plaaslike matriekulante hul matriekklere modelleer en daar sal ‘n verkiesing van Mnr & Mej. Junior en Senior VGK Bella Vista gehou word. Inskrywings kan by die kerkkantoor gedoen of by ‘n lid van kerkraad gedoen word. Inskrywingskoste beloop R30 p.p. en R20 toegangsgeld. Saterdag 17 Desember 08:00 vind ‘n trompoppie optog vanaf Monica se winkel plaas, daar sal ondermeer lekkernye te koop wees in die kerksaal, inwoners kan deelneem aan ‘n potjiekoskompetisie en ‘n springkasteel vir die kinders. Sondag 19 Desember vind die dankseggingsdiens plaas om 10:00. Vir navrae skakel Merilyne by 073728-3104 of Niklaas Africa by 083-525-3475
YOUNG Good Hope RFC wil hul bestuur, klublede en veral ondersteuners bedank vir hul getroue ondersteuning gedurende die 2022 seisoen. Die klub bedank ook almal vir hul ondersteuning van hul afskeidsfunksie. Dit was ‘n sukses. ‘n Geseënde feestyd word elkeen toegewens en die klub hoop om in 2023 voort te bou op vanjaar se suksesse.
KINDERS het onlangs twee foto-albums in Ceres opgetel. Indien iemand die albums vermis of dit is dalk tydens ‘n inbraak gesteel, kan hulle dit by die Ceres Togryers museum gaan afhaal.
DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas vanaf 23 November 2023. Beperkte aantal plekke is beskikbaar en navrae hieroor kan gerig word aan pastoor Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos na: isaacjacobs50@yahoo.com.
WITZENBERG Nasorg is ‘n organisasie wat op die been gebring is om leerder uitslae en maatskaplike probleme van skole in die streek te verbeter. Die inisiatief is deur Isak Hendriks van Ceres geneem wat al 24 jaar in die onderwys betrokke is en 10 jaar as skoolhoof. Die organisasie het nou goedkeuring gekry om as NGO te registreer. Isak beoog om Januarie 2023 met die organisasie te begin en verdere inligting sal later deurgegee word. Vir navrae skakel Isak Hendriks by 079081-7053 of stuur epos aan isakhendriks@ gmail.com
BAIE geluk aan Bella Vista rugbyklub met julle plek in die finaal. Hou die dorp se naam hoog!
WITZENBERG HERALD Friday, December 2, 2022 7
LAERSKOOL Koue Bokkeveld het Woensdag 16 November hul jaarlikse pretdag aangebied. Leerders van die Feetjieland bewaarskool en nasorgsentrum op Molenrivier het die dag afgesluit met lekker pret in die skuim.
LEDE van Ceres SAPD het verlede Woensdag 23 November Morrisdale primêre skool besoek en nagenoeg 100 graad 5 leerders toegespreek oor boelie-gedrag en dat hulle dit moet aanmeld indien dit gebeur.
087 094 8092
DANIËL Pieters van Charlie Hofmeyr hoërskool, is onlangs gekies om die Burger Jeugleierkonferensie van 11 tot 15 Desember in Kaapstad by te woon.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Witzenberg
Herald
Sport
Bella Vista pak Saldanha
BELLA Vista rugbyklub het verlede Saterdag seker gemaak van ‘n plek in die Top 12 eindstryd toe hy die sterk span van Wesbank met 3226 geklop het. Die rustydtelling was 12-14.
Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat Bella Vista sake in die top liga sal uitspook om as Boland se kampioensspan gekroon te word.
Wesbank het eerste bloed geruik toe hulle eerste punte aangeteken het. Bella Vista se agttal het egter die Wesbankers oordonder en soms meters in die skrums en losgemale teruggestoot. Ongelukkig kon hul agterlyn nie die oormaat balbesit beter gebruik en talle kanse is nie afgerond nie.
Na rustyd maak Wesbank dinge vir Bella Vista moeilik toe onbetwiste skrums moes plaasvind.
Die hoeter het reeds geloei toe Bella Vista die wendrie in die hoek gaan druk om die wedstryd en ‘n plek in die finaal, te beklink.
Die agttal van Bella Vista sal komende Saterdag weer die grondslag moet lê as hul Saldanha wil klop en agterspelers sal meer kreatiwiteit moet toon.
61 Meg Veterane Vereniging het die afgelope twee jaar geld ingesamel vir mede-veterane in nood. Pierre de Jager van Ceres het die volle Munga al drie keer voltooi. Verlede jaar het hy en ‘n span van vier lede die aflos-gedeelte aangepak en meer as R185 000 ingesamel en meer as 25 families in hul nood bygestaan. Cordré Smith van Ceres was ook lid van verlede jaar se fietsryers en gaan vanjaar weer saam met Pierre en Bennie du Plessis (links), die ander twee plaaslike ryers aan die wedren deelneem. *Ceres Toyota borg vanjaar ‘n voertuig vir die veterane se gebruik tydens die 2022 Munga aflos. Hier oorhandig Francois van Wyk (handelaarshoof) die sleutel aan Bennie du Plessis. Die Munga het op 30 November in Bloemfontein begin en eindig in Wellington. Ryers het 5 dae om die afstand te voltooi. ** Indien daar nog inwoners is wat donasies en skenkings wil maak, kan hulle dit in 61 Mech Battalion Group Veterans Association se rekening by Standard Bank (0063050 inbetaal in rekeningnommer: 00 329 3661, verwysing Munga 22 en naam van donateur). Stuur bewys van betaling aan: admin@61mech.org.za.
DRIE plaaslike
Petersen, Hannes Laubscher en Louis du Toit, het die naweek aan die Ultra Trail Kaapstad deelgeneem. Ashwill Petersen (bo) het aan die 100km wedloop deelgeneem en na 17 uur en 35 minute die eindpunt bereik. Hannes Laubscher (links onder) het aan die 55 km wedloop deelgeneem en dit in 9 uur en 21 minute voltooi en Louis du Toit (regs onder) het aan die 35 km wedloop deelgeneem en in ‘n tyd van 7 uur en 6 minute klaargemaak.
WITZENBERG HERALD Friday, December 2, 2022 8
langasems, Ashwill
BELLA Vista rugbyklub het verlede Saterdag seker gemaak van ‘n plek in die Top 12 eindstryd.
FOTOS: Sammy Pietersen en Trevor Felix
OP 19 November het rolbalspelers die Witzenbergstreek by die jaarlikse Wynland-distrik ontwikkelings rolbaltoernooi op Worcester verteenwoordig. Ceres rolbalklub is deur Franklin Magalie, Kiarha Julius, Nathalie Magalie, Ayden Sauls, Howard Muller en Lance de Waal verteenwoordig.
OP 19 November het rolbalspelers die Witzenbergstreek by die jaarlikse Wynland-distrik ontwikkelings rolbaltoernooi op Worcester verteenwoordig. Tulbagh rolbalklub is deur Elenor Besteman, Harley van Rhyn, Mia Besteman, John van Rhyn, Mike Hunter en Duwayne de Waal verteenwoordig.