Witzenberg Herald Vol.25 no.48 (Online Weergawe)

Page 1

Inwoner by kuierplek doodgeskiet

‘n NDULI inwoner het die naweek gesterf nadat ‘n onbekende skieter by ‘n kuierplek ingestorm en wild op omstanders begin skiet het.

Dit is die tweede naweek waar ‘n inwoner van die woonbuurt sterf nadat hulle deur on-

bekende skieter/s geskiet is. Die skietvoorval Vrydag 2 Desember omstreeks 23:23 in Eluxolwenistraat plaasgevind.

Volgens die polisie was daar kort voor die skietvoorval ‘n argument tussen drie mans by ‘n Spaza winkel oorkant die pad van die kuier-

plek.

Skote is afgevuur waarna een van die mans, Tshepang Thateng (42), na die kuierplek gehardloop met twee mans agterna. Een van die mans het daarna wild begin skiet en van die mense in die kuierplek raakgeskiet.

Meer as 7 skote is afgevuur. ‘n 35-Jarige man is op die toneel dood nadat hy in die bors getref is. Nog twee mans, Bongani Pitso (22) en Pitso Pitso (30), is onderskeidelik in die been en skouer gewond. Die polisie ondersoek duur voort.

Klub hou streek se naam hoog in eindstryd

BELLA Vista rugbyklub se droomseisoen het Saterdag tot ‘n einde gekom toe hulle in die top 12 finaal teen Saldanha vasgeval het. Saldanha is vir die tweede jaar die Boland se kampioenspan.

Dit was ‘n spanningsvolle finaal wat ‘n volle 100 minute saam met ekstratyd geduur het. Die eindtelling was 9-9 nadat spanne rustyd ook met 6-6 gelyk was.

Die finale uitslag is beslis met vyf stelskoppe na die pale en dit was hier waar verlede jaar se kampioen, Saldanha, se skoppers beter gedoen het. Saldanha het vier oorgeskop en Bella Vista kon net twee oorskop.

Geskiedenisboeke

Al het Bella Vista rugbyklub dié

wedstryd verloor, kan hul spelers, bestuur en ondersteuners trots wees op hul seisoen. Die finaal sal in die boeke aangeteken word as een van die bestes ooit in die geskiedenis van Boland Rugby Unie.

(023) 316-2463 For T&C’s visit www.steers.co.za Open during Telephone: (023) 316-2021 Fax: 086-211-5774 WA: 066-316-3003 nuus@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.co.za WH H e r a l d Witzenberg Volume 25 no. 48 R 8 Friday, December 9, 2022 Ceres Koekedouw dam 59,6% Tulbagh dam 60% Lesings geneem: 2022/12/07 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer eer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 8 Desember 12° 35° Vrydag 9 Desember Saterdag 10 Desember Sondag 11 Desember 18° 33° 17° 34° 17° 29°
Deur Louis Jumath BELLA Vista rugbyklub se droomseisoen het Saterdag tot ‘n einde gekom. Na die wedstryd het Ralph Muller, Cleo Adams, Theo Hendriks, Craig Volmoer (klubvoorsitter) en Clinton Oncker saam ‘n gebed gedoen.
DIE bestuurder
het nie. Die
in ‘n
nie. Ceres Toyota Vosstraat 44, CERES ☎ 083-461-0928 Voortrekkerstraat 112, CERES ☎ ☎ (023) 312-1057 Ceres Toyota en Puma wil graag al hulle kliënte bedank vir die ondersteuning gedurende die jaar en wens almal ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2023 toe.
van dié swart VW Polo met ‘n Kaapstad registrasienommer het Maandag 5 Desember omstreeks 14:45 langs die Ceres/Wolseleypad tot stilstand gekom. Dit is nie duidelik wat presies
gebeur
Polo
is oor die sperreling by
Witbrug
en het
waterafvoersloot tot stilstand gekom. Niemand
is beseer

Wolseley ouers oorhandig petisie aan nasionale onderwys departement

OUERS van leerders van die Wolseley Sekondêr was die afgelope tyd ongelukkig omdat dié skool die enigste skool in die Witzenbergstreek is wat ouers verplig om jaarliks skoolfooie te betaal. Dit is net voormalige model-C skole wat in die streek nog skoolfooie hef en sluit ondermeer Charlie Hofmeyr, Gericke Laerskool, Laerskool Koue Bokkeveld, Laerskool Wolseley en Rijks Privaatskool, in. * ‘n Lys van skole wat geen skoolfooie hef nie, is op 17 Oktober 2022 in die Staatskoerant gepubliseer. Wolseley Sekondêr was toe weer nie op die lys nie. Ouers en inwoners het ‘n petisie opgestel en aan die nasionale minister van onderwys gerig om ook Wolseley Sekondêr tot ‘n geen skoolfooi-skool te verklaar. Die petisie is deur meer as 1 000 persone onderteken en Donderdag 1 Desember deur Elaine Sauls en Carmelita Pretorius aan Dingane Ngobeni (regs), hoofdirekteur van spesiale projekte en gemeenskapskakeling, oorhandig.

BRONAAR PLASE

Bronaar Plase (Edms) Bpk, Koue Bokkeveld, wat bestaan uit vrugte- en groente produksie eenhede, verlang die dienste van ‘n persoon vir onderstaande vakature.

WERKTUIGKUNDIGE

Die aangewese kandidaat moet ‘n gemotiveerde persoon wees wat goeie mensverhoudinge kan handhaaf, onder druk, onafhanklik en baie noukeurig kan werk, asook eie inisiatief aan die dag lê.

Verantwoordelikhede : • Instandhouding van trekkers, voertuie, motorfietse, spuitpompe asook ‘n verskeidenheid van implemente.

Vereistes: • Minimum 5 jaar ondervinding met baie goeie kennis van bogenoemde toerusting • Toepaslike naskoolse kwalifikasie as werktuigkundige is verpligtend • Sober gewoontes • Bestuurslisensie.

Stuur asb. u aansoek en CV vir aandag aan Madelein: Per e-pos:madelein@bronaar.co.za

Of handig in:by Bronaar kantoor.

Navrae by Andro:(023) 317-0729

Sluitingsdatum vir aansoeke:23 Desember 2022

Diensaanvaarding :1 Februarie 2023

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Hennie Titus (73) oorlede

HENNIE Titus (73) van Ceres was almal se beste vriend. Hy was ‘n leier - noem enige mooi eienskap en hy het dit oortref. Hoe beskryf ‘n mens so persoon wat ons familie op 3 Desember verlaat het? Aan die gemeenskap en breë vriendekring en kollegas wil ons as eggenote, kinders en kleinkinders uit die diepte van ons harte almal bedank vir die ondersteuning. Hennie het al die jare by Ceres Fruit Juices gewerk voordat hy ses jaar gelede afgetree het. Die begrafnis vind op 10 Desember om 09:00 by Naudéstraat 21 plaas en 10:00 vanuit die Ceresvallei gemeente. ‘n Roudiens word Woensdag 7 Desember om 19:00 in die Ceres stadsaal gehou.

Sina du Toit voltooi 100ste parkrun

SINA du Toit van Ceres (regs) het Saterdag 3 Desember ‘n besonderse mylpaal bereik toe sy haar 100ste parkrun voltooi het. Hier staan sy saam Maddy Ross, een van die organiseerders van die Ceres parkrun.

WITZENBERG HERALD Friday, December 9, 2022
2
NATASHA Sheldon-Slamet van Wolseley het Saterdag 3 Desember haar sertifikaat ontvang as verpleegassistent. Haar man, Keith, is trots op haar en gee alle eer aan die Hemelse Vader.
1000 handtekeninge

Jain-moord

Polisielid in hof

‘n POLISIELID is die naweek by sy huis op Piketberg gearresteer.

Die ondersoekspan wat die Jain-moord in Maart 2021 buite Wolseley ondersoek, het op die polisielid, a.o. Maurice Arries (43), toegeslaan. Hy het Maandag 5 Desember vlugtig in die landdroshof op Porterville verskyn op klagtes van ondermeer moord, bedrog, korrupsie, vervalsing en regsverydeling.

Die saak is tot 12 Desember uitgestel en Arries bly in aanhouding in Malmesbury.

Arries se verskyning hou verband met ‘n beweerde voorval waar hy ‘n gevangene by die Voorberg korrektiewe sentrum op Donderdag 25 Maart 2021 gaan haal en onder vals voorwendsels uitgeboek het om in die hof te verskyn.

Die gevangene is blykbaar nie onmiddellik teruggeneem na die gevangenis nie en was moontlik betrokke by die moord op die 51-jarige Reneé Jain.

Volgens inligting het die tronkowerhede op Saterdag 27 Maart 2021 vir Arries gevra waar die gevangene is waarna Arries die gevangene later die middag inderhaas na Voorberg buite Porterville, teruggeneem het.

Twee reeds aangekla

Twee mans van Tulbagh, Nolan Visagie (23) ook bekend as Loukie en Anthony Schippers (21) ook bekend onder inwoners as Antaks, is in Mei vanjaar deur die ondersoekspan in hegtenis geneem na ‘n gesamentlike polisie-optrede. Hulle verskyn op klagtes van moord en roof met verswarende omstandighede.

Visagie en Schippers bly in aanhouding en moet weer op 18 Januarie 2023 in die Wolseley streekhof verskyn.

Die twee mans se arrestasie kom meer as ‘n jaar na die moord op Reneé Jain (51) van Kaapstad.

Goeie speurwerk deur speurders van Tulbagh in samewerking met lede van die Wes-Kaap polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad en positiewe DNS-leidrade wat op die misdaadtoneel buite Wolseley gevind is, het tot hul arrestasies gelei.

Visagie en Schippers was deel van ‘n groep inbrekers wat die betrokke dag by die Jainegpaar se naweekhuis in die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat buite Wolseley, ingebreek het. Jain, was alleen by die huis toe sy vermoor is.

Na die moord is die mans omstreeks 23:45 na ‘n nabygeleë huis van ‘n Nederlandse egpaar in hul sewentigs waar hulle ‘n houtbeeld deur ‘n slaapkamervenster gegooi, die egpaar vasgebind en beroof het, voordat hulle in ‘n Nissan X-trail gevlug het met gesteelde tabletrekenaars, selfone en horlosies. Die voertuig is later verlate in Van der Stelstraat op Tulbagh gevind. Die meeste van die gesteelde items was in die voertuig gelos.

Bestuurder sterf na hy petrol vir iemand langs pad neem

bestuurder in ‘n polisievoertuig vasgery het. Wes-Kaap provinsiale verkeer het ook 212 padblokkades en voertuiginspeksiepunte beman. Meer as 29 550 voertuie is gestop en 9 556 boetes is uitgereik, 306 hiervan was vir spoed. Tot 4 Desember is daar reeds 25 ongelukke aangemeld waarin 26 persone gesterf het. Vier was bestuurders, ses was passasiers in die voertuie en 16 voetgangers het hul lewe verloor.

Vyf lig beseer

VYF jongmense van die Ceres-omgewing is Saterdag 3 Desember lig beseer toe hulle Jeep die pad verlaat en agter die sperreling tot stilstand gekom het. Die ongeluk het omstreeks 16:00 in Nuwekloof-pas plaasgevind. Die beseerdes is na Ceres hospitaal vir behandeling geneem.

Polisie soek na inligting

DIE Ceres polisie het nog geen vordering gemaak of enige inligting oor verlede naweek se moord in Nduli ontvang nie.

Onbekende aanvaller/s het Saterdag 26 November Peter Malaphi (46) in die rug geskiet.

Volgens Ceres SAPD het die moord om-streeks 01:00 plaasgevind. Hulle is uit na die moordtoneel waar hulle Malaphi se liggaam in Pakamisastraat aangetref het.

Indien inwoners oor meer inligting beskik, kan hulle a.o. Rudi Williams skakel by 082-5223151.

WITZENBERG HERALD Friday, December 9, 2022 3 SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES 066 205 3312 info@jptek.co.za 023 1000 515 Make your life easier with Mobile convenience CONTROL YOUR HOME FROM ANYWHERE! Simply dial the G-ULTRA and the missed call automatically trigger your gate to open, for super safety and ultra convenience OPEN GATE VIA MISSED CALL
MAURICE Arries (43) EEN persoon is dood en een beseer in ‘n ongeluk buite Gouda. Volgens inligting het die botsing Saterdag 3 Desember omstreeks 14:30 op die R46 naby Voëlvleidam plaasgevind. Volgens ooggetuies het die bestuurder van ‘n wit Chrysler sedan, Salomon Jones (58) van Gouda, na bewering ‘n U-draai voor die Range Rover gemaak. Jones het kort voor die ongeluk petrol vir iemand wat langs die hoofpad gaan staan het, geneem. Nadat hy dit afgelaai het, het hy ‘n U-draai terug na Gouda gemaak toe die Range Rover sy voertuig getref het. Jones is op die toneel dood. ‘n Insittende in die Range Rover is beseer en na die Paarl Mediclinic geneem. * Die WesKaap provinsiale verkeer het die afgelope week statistieke bekend gemaak. Daar is 62 motoriste in die provinsie gearresteer wat onder die invloed van alkohol bestuur het. Een was op Ceres waar die

Gydosig-inwoner vier haar 100 ste verjaarsdag

RAY von Buddenbrock, vir byna 70 jaar ‘n inwoner van P.A. Hamlet en vir die laaste paar jaar ‘n inwoner van Gydosig ouetehuis, het Sondag haar 100ste verjaarsdag gevier.

Haar een seun, Ian, het ‘n kort huldeblyk gelewer en gesê sy ma het haar noemnaam van haar pa gekry nadat hy gesê het sy is ‘n Ray of Sunshine.

Sy is net so oud soos die bekende internasionale maatskappye Coca Cola, Boeing, Kellogs en Harley Davidson en is een van die 0.008% van die wêreldbevolking wat ouer is as 100 jaar.

Ray is in 1922 in Grahamstad gebore as Andrewina Beula. Sy het by St. Cyprians skoolgegaan, na skool haar onderwysdiploma by UCT verwerf en in 1951 met dr. Peter von Buddenbrock getrou.

Die egpaar het hulle in 1952 op die plaas kom vestig. Dr. Von Buddenbrock het in 2012 op 89-jarige ouderdom afgetree. Hy is in Oktober 2020 oorlede.

Ray was ook ‘n kranige sportvrou en het gholf en tennis gespeel en latere jare ook brug.

LOST OR DESTROYED DEED

Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer No T45435/98 passed by: TULBAGH MUNICIPALITY (now WITZENBERG MUNICIPALITY) in favour of: RONNIE CLOETE

ID NO. 661226 5789 087 and DINA CLOETE

ID NO. 630727 0258 083

Married in community of property to each other in respect of certain: Erf 1840, Tulbagh, in the Witzenberg Municipality, Division Tulbagh, Province of the Western Cape which has been lost or destroyed.

All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Cape Town at Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks after the date of the publication of this notice.

DATED at TULBAGH on 01 NOVEMBER 2022

APPLICANT: DINA CLOETE c/o Johan Bezuidenhout Attorney 15 Van der Stel Street, Tulbagh, 6820 E-mail address: johan@johanb.co.za Contact number: (023) 230-1050/1

KENNISGEWING

In die boedel van wyle: ROELOF JACOBUS PETRUS BOTHA

Id. no. 610714 5172 083

Van: Van der Stelstraat 36, Tulbagh, 6820

Boedelnommer: 007672/2020

Die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogemelde boedel sal oor ‘n tydperk van een-en-twintig dae van Vrydag 9 Desember 2022 ter insae lê in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kaapstad en in die kantoor van die Landdros op TULBAGH.

GEDATEER en GETEKEN te CERES op hierdie 29ste dag van NOVEMBER 2022.

JOHAN BEZUIDENHOUT Prokureur vir Eksekuteur Van der Stelstr. 15, TULBAGH, 6820 (Verw: JJB/EG/J7222)

Skryf nou in vir Mej. VGK Bella Vista kompetisie

VGK Bella Vista beplan ‘n dankseggingsnaweek van 15-19 Desember.

Op 15 Desember sal plaaslike matriekulante hul matriekklere modelleer en daar sal ‘n verkiesing van Mnr & Mej. Junior en Senior VGK Bella Vista gehou word. Inskrywings kan by die kerkkantoor of by ‘n lid van kerkraad gedoen word.

Inskrywingskoste beloop R30 p.p. en R20 toegangsgeld.

Saterdag 17 Desember 08:00 vind ‘n trompoppie optog vanaf Monica se winkel plaas, daar sal ondermeer lekkernye te koop wees in die kerksaal, inwoners kan deelneem aan ‘n potjiekoskompetisie en ‘n springkasteel vir die kinders.

Sondag 19 Desember vind die dankseggingsdiens plaas om 10:00.

Navrae

Vir navrae skakel Merilyne by 073-7283104 of Niklaas Africa by 083-525-3475

BOEDELKENNISGEWING

BOEDELNOMMER: 007073/2018

In die boedel van WYLE ALICE SAS (IDENTITEITSNOMMER 530607 0141 086) ongetroud in lewe woonagtig te POPULIERSTRAAT 245, BELLA VISTA, CERES en oorlede te CERES op 31 MAART 2018

Hiermee word kennis gegee dat die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogenoemde boedel by die Kantoor van die Meester van die Hoë Hof te Kaapstad en by die Kantoor van die Landdros te Ceres vir ‘n tydperk van 21 dae vanaf 9 Desember 2022 ter insae sal lê.

ELTON SHORTLES

PROKUREURS INGELYF Russelstraat 75, Worcester, 6850 VERW: EES/CIV/S1281/2020

Toernooi 'n groot sukses

CERES rolbalklub het die naweek van 3 - 4 Desember hul jaarlikse Cherry Time Classic rolbaltoernooi aangebied. Die dag word deur Dutoit Agri aangebied en 56 spelers van sover as Bredasdorp en Vredendal en klubs vanuit die Wynlandstreek en Westelike Provinsie het aan die toernooi deelgeneem. * Worcester rolbalklub het die dag gewen. VLNR: Jaco Whiteman, Aretha Whiteman, Francois van Deventer en Werner van Dewenter

WITZENBERG HERALD Friday, December 9, 2022 4
DIE Ceres Ledebeker rolbaldag is op 26 November aangebied en deur Personal Trust geborg. Die wenspan was Ian Botha, John Ackermann en Elizma van Rhyn. RAY von Buddenbrock, vir byna 70 jaar ‘n inwoner van P.A. Hamlet en vir die laaste paar jaar ‘n inwoner van Gydosig ouetehuis, het Sondag haar 100ste verjaarsdag gevier. *Hier is sy saam met haar twee seuns en kleinkinders. AGTER: Lynn Smal en Michael von Buddenbrock. MIDDEL: Ean von Buddenbrock en Andrewina Beula (Ray) von Buddenbrock. VOOR: Karl von Buddenbrock en Catherine Hayman. PUMA vulstasie op Ceres het weer hul beste petroljoggies en kassiere aangewys. VLNR: Jeremy Mostert, Razelle Nel (kassier) en Eliasa Bamusi.

GKS-tak kry nuwe bevelvoerder

EEN van die Witzenbergstreek se top polisielede en voorheen ‘n speurder op Tulbagh, kapt. Jaco Spamer, is onlangs tot die rang van kaptein bevorder. Hy is ook van 1 Desember die nuwe takbevelvoerder van Ceres SAPD se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS).

Rolspelers woon kerkdiens by op Wolseley KENNISGEWING

KONSEP 2021/2022 JAARVERSLAG VIR KOMMENTAAR

Kennis geskied hiermee volgens artikel 21A van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels 2000 en Artikel 127(5)(a)(i) van die MFMA, dat die Witzenberg Munisipaliteit se konsep Jaarverslag vir 2021/2022, nou beskikbaar is en ter insae lê vir kommentaar.

Die konsep Jaarverslag kan verkry word by alle munisipale kantore en openbare biblioteke en is beskikbaar op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za

Persone wat nie kan skryf nie, mag na die munisipale kantore kom gedurende kantoorure, waar 'n personeellid hulle sal bystaan met die neerskryf van hulle kommentaar of vertoë.

Kommentaar of vertoë moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word, voor of op 9 Januarie 2023 by Witzenberg Munisipaliteit, Posbus 44,Voortrekkerstraat 50, Ceres of per e-pos aan admin@witzenberg.gov.za

NOTICE

DRAFT 2021/2022 ANNUAL REPORT FOR COMMENTS

Notice is hereby given, in terms of Section 21A of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 and Section 127(5)(a)(i) of the MFMA, that the draft 2021/2022 Annual Report, is now made public for inspection and comments.

The draft Annual Report may be accessed at all municipal offices and public libraries and on our website: www.witzenberg.gov.za

Ons is gesluit vanaf 15 Desember 2022 en heropen op 9 Januarie 2022 Baie dankie vir elkeen se lojale ondersteuning deur 2022.

Ons wens u ‘n Geseënde Feestyd toe.

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ceres Omgeewinkel is dringend opsoek na klere, skoene en huishoudelike items. Help ons asb. om die Gemeenskap te help.

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Any person who cannot write may come to the Municipal offices during office hours, where a staff member of the municipality will assist to transcribe their comments or representation.

All comments or representation must be lodged in writing to the Municipal Manager not later than 9 January 2023 at Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, 50 Voortrekker Street, Ceres or via e-mail to admin@witzenberg.gov.za

ISAZISO

INGXELO EHLAZIYIWEYO YONYAKA ENGAGQITYWANGA KA 2021/2022

Esisaziso sikhutshwe, ngokuyinxalenye nomgaqo siseko ka (21A) wooMasipala baMakhaya: uMthetho ka 2000 owaziwa njengo(Mthetho wendlela yokusebenza kooMasipala) kunye necandelo lama 127(5)(a)(i) lwe(MFMA) Umthetho ojongene noLawulo lwezeMali kooMasipala ukuba uqulunqo oluhlaziyiweyo lweNgxelo yonyaka ka 2021/2022, ngoku lwenziwa esidlangalaleni ukuze luhlolwe kwaye kuhlomlwe. Ingxelo yonyaka ehlaziyiweyo engaqukunjelwanga inokufumaneka kuzo zonke ii-ofisi zikaMasipala, naMathala eeNcwadi oluntu, nakumnathazwe wethu: www.witzenberg.gov.za

Wonke ubani ongakwaziyo ukubhala unelungelo lokuba atyelele kwii-ofisi zikaMasipala ngexesha lomsebenzi ukuze afumane uncedo oluthe vetshe/oluphangaleleyo malunga nezikhalazo /ngoluvo olo.

Lonke uluvo kunye nezikhalazo kufuneka lubhalwe phantsi kwaye zifikelele kuMlawuli-Masipala phambi komhla wesi09 kweyoMqungu 2023. Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, 50 Voortrekker Road, Ceres okanye i-imeyile ku admin@witzenberg.gov.za

WITZENBERG HERALD Friday, December 9, 2022 5
ROLSPELERS wat ondermeer die SAPD, EMS, buurtwaglede en kliniekpersoneel ingesluit het, het Woensdag 7 Desember ‘n gesamentlike kerkdiens in die Wolseley VGK gemeente bygewoon. Die diens word jaarliks aangebied voordat die besige Kersseisoen aanbreek. Die diens is deur ds. Barnard van Wolseley VGK gelei. DIE jaarlikse Gydosig liggiefees het weer die naweek van 25-26 November plaasgevind. Duisende besoekers het vanjaar hulle aan die skouspel verwonder en die aand saam met familie en vrien-de geniet. * Die P.A. Hamlet NG gemeente bedank almal vir hulle hulp en bydraes om weer van die Liggiefees ‘n ware feestelikheid en sukses te maak.

GALANT Rebellie, Koue Bokkeveld - 1825. Hoe goed ken jy jou area se geskiedenis? Wie was Galant van de Caap? Waar het die rebellie plaasgevind en waar in die Bokveld is Koppieshoogte waar Galant en Abel se koppe op pale geplant is as waarskuwing? Kom lees meer oor die gebeure wat aanleiding gegee het tot die rebellie, die aanval van 1 Februarie 1825, die verhoor asook die uitspraak. Is slawerny nog relevant in vandag se tyd? Besoek gerus die uitstalling in die Togryers museum en kry antwoorde op al die vrae. Die uitstalling duur tot einde Januarie 2023.

ons winkel benodig dringend nuwe items

Die beste diens, altyd.

☎ ☎ (023) 316-1814

VGK Bella Vista beplan ‘n dankseggingsnaweek van 15-19 Desember. Op 15 Desember sal plaaslike matriekulante hul matriekklere modelleer en daar sal ‘n verkiesing van Mnr & Mej. Junior en Senior VGK Bella Vista gehou word. Inskrywings kan by die kerkkantoor gedoen of by ‘n lid van kerkraad gedoen word. Inskrywingskoste beloop R30 p.p. en R20 toegangsgeld. Saterdag 17 Desember 08:00 vind ‘n trompoppie optog vanaf Monica se winkel plaas, daar sal ondermeer lekkernye te koop wees in die kerksaal, inwoners kan deelneem aan ‘n potjiekoskompetisie en ‘n springkasteel vir die kinders. Sondag 19 Desember vind die dankseggingsdiens plaas om 10:00. Vir navrae skakel Merilyne by 073728-3104 of Niklaas Africa by 083-525-3475

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas vanaf 23 November 2023. Beperkte aantal plekke is beskikbaar en navrae hieroor kan gerig word aan pastoor Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos na: isaacjacobs50@yahoo.com.

nuusbrokkies nuusbrokkies

Landswye Meubelvervoer

Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Skakel (023) 347-4092 of stuur 'n faks na: (023) 342-8629 of besoek www.trekstoor.co.za Kwotasies gerig aan (Farrel). rek M44 w.t.o

WITZENBERG HERALD Friday, December 9, 2022 Die Witzenberg Herald se kantoor sal gesluit wees vanaf Vrydag 16 Desember 2022 en heropen op Maandag 9 Januarie 2023. 6 classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp) Bondels koerante @ R20 per bondel Skakel (023) 316-2021 w.t.o. Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o. SCAN TO DONATE RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small. MEISIEMEISIE MEISIE (Female) Born 05/06/2022 WILLIEWILLIE (Male) Born 21/11/2021 EST EST ESTAA AA (Female) Born 15/07/2021 JANIJANI (Female) Born 15/08/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Including a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply HEIDIHEIDI HEIDIHEIDI HEIDI (Female) Born 01/11/2021 CHARLIE&JA CHARLIE&JA CHARLIE&JACKCK CKCK (Males)Born 26/09/2022 ARIëLARIëL ARIëLARIëL ARIëL (Female) Young Siamese
kan help! Dit maak nie saak wat dit is nie. Ongewenste meubels, elektriese
huishoudelike ware, speelgoed,
sporttoerusting, ons sal
vir
winkel
IS
DIE
ONS GAAR
OP! Is jy besig om af te skaal? Trek julle? Wat ook al die rede
jy het “goed” wat rondlê. Dinge wat jy nie wil hê, nie gebruik, of net moeg is om te sien.
Ons
toestelle,
boeke,
dit alles en meer, as voorraad
ons
neem. As jy enige items het wat jy moet weggooi, wat te goed is om eintlik weg te gooi, skakel ons op 082-899-2248 of e-pos: info@chainboland.co.za DIT
‘N EENVOUDIGE FEIT VAN
LEWE,
ONNODIGE GOED
is,
Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o. 1988/09/05 - 2010/12/11 Dit is reeds 12 jaar wat jy skielik van ons weggeneem is en ons mis jou nog elke dag. In ons harte sal jy nog altyd bly voortleef. Altyd liefde Daddy, Mammie & MJ Marco Johnson AND FRAMES 083-227-6476 STEFAN STEYN SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS Whatsapp of skakel 082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en lewer af op spesiale versoek* *Terme en voorwaardes geld It’s never too late for your problems to be solved. Don’t just sit back and think your worst situation can not be changed. It’s time for you to present your problems to Maama Sauda: •Relationship problems •Financial problems •Court cases •Divorce cases •Winning luck •Pregnant cases • Home protection •Bad luck • Magic ring • Magic wallet • Lotto or Powerball • Money in account in 1 hour •Unfinished work and many more Call or WhatsApp Maama Sauda 071-707-2066 Dr Johnson Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson. Hy wil dit gee vir mense wat: •met ‘n besigheid wil begin •sterk medisyne nodig het om verskillende probleme op te los •‘n verlore minnaar terug te kry •‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop •medisyne vir mans om krag te gee •enige hofsake •‘n ongeluksfonds betyds te kry Skakel of Whatsapp 079-120-7165 Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ ☎☎ ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83 PLANT AND PLANT AND PLANT AND PLANT AND PLANT TOOL HIRE HIRE TOOL HIRE HIRE Begin om goeie finansiële nuus te ontvang met: CHIEF MANDO •Huwelikskwessies •Verhoudingsprobleme •Skoonmaak van bose geeste in huis •Bring verlore minnaar terug •Probleme met geliefde wat verneuk •Ongelukfonds •Bevordering •Finansiële probleme •Onvoltooide werk van ander ‘dokters’ Skakel of Whatsapp 071-208-4900 1938/10/08 - 2022/12/03 Begrafnisdiens: Sat. 10 Des. 2022 Huis: 08:00, Eerstestr. 24, Vredebes Kerk: 09:00, VGK PA Hamlet Graf: Bella Vista (023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
1964/0/27 - 2022/11/30 Roudiens: Do. 08/12/2022, om 19:00, Japonikastr. 1018, BV Begrafnisdiens: Sat. 10 Des. 2022 Huis: 09:00, Japonikastr. 1018, Bella Vista Kerk: 10:00, PPK Bella Vista Graf: Bella Vista (023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
1957/11/24 - 2022/12/05 Begrafnisdiens: So. 11 Des. 2022 Huis: 09:00, Frieslandstr. 899, Bella Vista Kerk: 10:00, AGS Bella Vista Graf: Bella Vista John Kannemeyer
Rachel Filander Lionel Baartman Daantjie Hufke
Apostel Hennie Titus het aan ons, sy kerk ‘n streng dog helende Evangelie verkondig. Hy was nie net ‘n geestelike leier nie maar ook ‘n mentor,
vir ander. Almal
so baie by hom leer. Ons as kerkgemeente gaan hom mis. ‘Sy stem het stil geraak, sy gees leef voort.’ House of Prayer Penticostal Ministries Hendrik Titus (Hennie) 1946/04/15 - 2022/12/03 Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” 082-859-2300 CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating • Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274 BAD + STORTMENGER (in baie goeie toestand) R650R650 R650 of naaste kontant aanbod Skakel of whatsapp 082-953-3408 vir enige navrae MOTORHUISDEUR (ELEKTRIESE MOTOR + REMOTE) R2 500 Skakel of whatsapp 082-953-3408 vir enige navrae VOOR AGTER
vriend, vaderfiguur en so baie
kon
WITZENBERG HERALD Friday, December 9, 2022 7 087 094 8092

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Ou-teursreg 1978 gerepro-duseer word nie.

Sport

DIE Witzenberg subdistrik netbalvereniging het Saterdag 26 November hul jaarlikse prysuitdelings-dinee in ‘n stampvol Bella Vista gemeenskapsaal aangebied. Vanjaar het die unie bogemiddelde suksesse gesmaak en was netbalspanne in die Witzenbergstreek goed verteenwoordig. Klubs van die Koue Bokkeveld en AgterWitzenberg asook netbalspanne op Ceres (Bella Vista), P.A. Hamlet en Wolseley (Pine Valley en Montana), het almal vanjaar deel uitgemaak van die omgewing se kompetisie. * Lenice Louw (links) is die 2022 Sportvrou van die Jaar en Andrea Andrews (regs) is as Speler van die Jaar aangewys. Beide netbalspelers is betrokke by Bella Vista netbalklub.

Witzenberg Herald

CERES krieketklub het die naweek teen Stellenbosch gespeel en naelskraap met 6 lopies gewen. Ceres het eerste gaan kolf en 133 lopies aangeteken met Kyle Nasson (foto) met 35 lopies en Edwahl Felix met 19 lopies, die uitblinkers. Stellenbosch gaan hierna kolf en word in die 37ste boulbeurt almal vir 126 lopies uitgehaal. Jo-Earn Zimri van Ceres krieketklub laat 4 paaltjies kantel vir 14 lopies.

Fietsryers voltooi moordende Munga

DIE moordende Munga fietsren het die naweek in Wellington klaargemaak en daar was vele uitdagings soos reën, donderweer, koue, hitte en stormsterk winde wat sake vir deelnemers bemoeilik het.

Die wedren is deur Martin Freyer van Namibië gewen. Hy het die wedren in 2 dae 8 ure en 29 minute voltooi. Franso Steyn van Wellington was tweede, skaars 50 sekondes agter hom. 106 Deelnemers van die 142 wat oorspronklik ingeskryf het, het die Munga voltooi.

61 Meg Veterane Vereniging het drie spanne ingeskryf. Hulle het Sondag om 17:45 na 4 dae, 5 ure en 45 minute onderskeidelik in die sesde, sewende en agtste plekke in die Munga Equipe (aflos) klaargemaak.

Mitch Jantjies van Ceres het in die solo-afdeling gery en Maandag 5 Desember kort na 06:00 in Wellington aangekom vir ‘n welverdiende 86ste plek.

Fondsinsameling

61 Meg Veterane Vereniging het die afgelope twee jaar geld ingesamel vir mede-veterane in nood. Die span het verlede jaar die aflosgedeelte aangepak en meer as R185 000 ingesamel en meer as 25 families in hul nood bygestaan. Vanjaar het hulle drie spanne ingeskryf en meer as R350 000 ingesamel.

Drie plaaslike fietsryers, Pierre de Jager, Cordré Smith en Bennie du Plessis, was ook deel van die span wat deur Ceres Toyota bygestaan is met ‘n voertuig. Die Munga het verlede Woensdag 30 November in Bloemfontein begin en op Wellington geëindig.

Indien daar nog inwoners is wat nog donasies en skenkings wil maak, kan hulle dit in 61 Mech Battalion Group Veterans Association se rekening by Standard Bank (0063050 inbetaal in rekeningnommer: 00 329 3661, verwysing Munga 22 en naam van donateur).

Stuur bewys van betaling aan: admin@61mech.org.za.

WITZENBERG HERALD Friday, December 9, 2022 8
JAIDEN Baron, oudleerder van Ceres Sekondêr, is opgeneem in die Springbok sewesgroep wat die naweek in Kaapstad in aksie gaan wees. FOTO: Trevor Felix MITCH Jantjies van Ceres, het in die soloafdeling gery van Bloemfontein na Wellington. Mitch het verlede Woensdag om 12:00 uit Bloemfontein weggespring en Maandag 5 Desember kort na 06:00 in Wellington aangekom vir ‘n welverdiende 86ste plek. DIE 61 Meg Veterane Vereniging by Ceres Toyota op pad na Wellington. FOTO: Trevor Felix

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.