Witzenberg Herald Vol.26 no.49 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 26 no. 49

R 8.50

Friday, 15 December 2023

CERES (023) 312-2144

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 14 Desember

Vrydag 15 Desember

Saterdag 16 Desember

11° 30°

12° 25°

14° 33°

Sondag 17 Desember

Die Witzenberg Herald se kantoor sal gesluit wees vanaf Vrydag 15 Desember 2023 en heropen op Maandag 8 Januarie 2024

14° 31°

CERES KOEKEDOUW DAM

95,8% TULBAGH DAM

88%

WAVERENSKROON TULBAGH

(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

MASTHEAD Financial Planning

Neels Boshoff Anna-Marié Boshoff 082-335-8331 082-376-6498 Aan ons kliënte, mag julle ‘n Geseënde Christusfees beleef en ‘n Voorspoedige 2024. Baie dankie vir al die ondersteuning deur die jaar.

66%

Lesings geneem: 2023/12/13

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Twee beseer in ongeluk

Inbreker sterf kort nadat hy egpaar oorval ‘n VERMEENDE inbreker is die naweek op Wolseley dood nadat hy in ‘n struweling met die huiseienaar was. Die voorval het Saterdag 2 Desember omstreeks 07:40 plaasgevind op ‘n Boontjiesrivier plaas toe die inwoners deur ‘n inbreker oorval en met ‘n mes gedreig is. Volgens die polisie het die man wakker geword toe die inbreker hom met ‘n mes dreig en probeer steek. Hy het uit die bed gespring en die mes gegryp waarna ‘n struweling ontstaan het. Die huisbewoner het uit selfverdediging ‘n elektriese kabel op die grond gegryp en die inbreker daarmee gewurg. Hy is op die toneel dood. Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geloods om die oorsaak van die onbekende inbreker se dood vas te stel. Die polisie ondersoek ook ‘n klagte van huisroof.

TWEE mense van Tulbagh is ernstig beseer toe die voertuig waarin hulle gery het, op die Bloudam-grondpad buite Tulbagh omgeslaan het. Die ongeluk het Sondag 10 Desember omstreeks 16:00 plaasgevind toe die bestuurder en eienaar van die VW Golf beheer verloor het. Lee-Roy West (bestuurder) was ‘n tyd lank in die wrak vasgekeer en moes deur EMS personeel uitgehaal word. Hy is in ‘n ernstige toestand na Worcester hospitaal geneem vir behandeling. Sy broer, Adam West, het voor langs hom gesit en het hoofbeserings opgedoen en word in Ceres hospitaal behandel. ‘n Derde insittende, Christo Fortuin, het uitgeval maar is nie beseer nie. * Die bestuurder van dié Toyota Fortuner (foto regs) is gelukkig om te leef nadat die voertuig teen die kant van ‘n vragmotorsleepwa gebots het. Die ongeluk het Saterdag 9 Desember omstreeks 06:00 naby Voëlvleidam plaasgevind. Die bestuurder is na die Tygerberg hospitaal vir behandeling geneem. Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie. Die Fortuner-bestuurder het moontlik aan die slaap geraak en in die aankomende baan beland en die vragmotor getref.

Kind verdrink in swembad TWEE persone, een ‘n kind, het die afgelope twee weke in die Witzenbergstreek verdrink. Verlede Vrydag 8 Desember het ‘n 2jarige seuntjie in ‘n swembad op die plaas Gousblomkloof buite Tulbagh verdrink. Die voorval het omstreeks 12:55 plaasgevind. Die Malmesbury-familie het vir die vakansie op die plaas gekuier. Lees artikel op bladsy 3.

ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 14 - 17 DECEMBER 2023 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. CERES SUPERSPAR (023) 316-2226

SUPERSPAR TOPS: BUSINESS HOURS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 20:00 Mon - Sun 07:00 - 20:00 Sat 09:00 - 17:00

Beef Cheese Burger and chips SERVING SUGGESTION

26 Ceres Spar bulk Boerewors

Bulk Rump steak

13999

Spar IQF mixed Chicken portions 5kg

9999 19999

p/kg

Spar Bacon 200g assorted

Lamb bulk braai chops

56

13999

p/kg

p/kg

Ouma brood 500g Grapes

29

99 each

10

99 8 99 each

2 FOR

12399

3200

French loafs

Spar 2.5kg Sugar

00

54

99 each

Red Heart Rum 750ml and Coca-Cola 2.25L

each

Nescafé Ricoffy 750g

each

COMBO

19900

1599 each

Spar Smoked or Red viennas 500g

4299 each

2499 each

BUY 2 FOR

100

00

Truda Pretzels 200g ass.

Darling 2L Milk

15999 750ml

Fatti’s and Moni’s Macaroni or Spaghetti 500g

TWO FOR

Lamb whole leg

13499

00

Dairymaid 2L Country Fresh Ice Cream ass.

p/kg

each

Simba Potato chips 120g

Spar Sunflower cooking oil 2L

2999 5999 each

each

TWO FOR

4800

BUY 2 FOR

160

00

KWV 3 Year Brandy with glass gift pack Black Label cans 6 x 500ml

Savanna Premium Cider Handies 6 x 330ml

BUY 2 FOR

18000

each

Ultramel Custard 1L

NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK.


2 l WITZENBERG HERALD l 15 DECEMBER 2023

Geseënde Kersfees & Voorspoedige Nuwejaar

SPELERS en bestuur van Bromanians netbalklub van Bronaar plase, het onlangs Tygerberg kankerpasiënte besoek. Tydens die geleentheid is kinders en bejaardes, met ‘n vroeë kersgeskenkie verras. Die glimlagte en geselsies van pasiënte was kosbaar. “Kom ons gee die kerstyd iets sonder om iets terug te verwag”.

Baie dankie aan ons lojale kliënte vir julle besigheid in 2023.

087 095 3617 info@jptek.co.za l www.jptek.africa

KRY JOU SONKRAG EN BATTERY SISTEEM BY ONS VIR 2024!

SHERYL Jacobs van FCW saam met ‘n groepie kinders wat sertifikate tydens hul diplomaplegtigheid op 7 Desember ontvang het. Nou is die jongspan gereed vir graad R in 2024. “Baie dankie aan die ouers wat hul kinders aan my toevertrou het. Ek wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om almal hartlik te bedank wat ‘n bydrae tot die sukses van hierdie aand gemaak het. Dankie aan Goliath bouers, Lianne Claasen, Sue Andra Swartz, Myrna Omardien, Letitia Williams, Rachel van Rooyen, Jane Hass, Karin Seroot, Chrissy (Bella Vista slaghuis), Bella Vista primêr, Pat Manuel en Mornice Jacobs”.

NA 15 jaar in die Luyt-gebou langs die Ceres poskantoor, verskuif Witzenberg Herald hul kantoor na die Harmoniegebou in Voortrekkerstraat. Die nuwe kantoor open Maandag 8 Januarie 2024 en is langs PostNet en The Studio geleë met genoegsame parkeerplek vir kliënte in Voortrekkerstraat voor die gebou. * Die uitgawe is die laaste een vir 2023. Die kantore sluit Donderdag 14 Desember om 16:30 en open weer op 8 Januarie om 08:00.

kersfees

MAG DIE VREDE EN VREUGDE VAN OPNUUT LIG BRING IN JOU LEWE EN MAG ONS PAAIE WEER IN 2024 SO KRUIS.

Baie dankie vir u lojale ondersteuning gedurende 2023! Ons kantore sal gesluit wees vanaf Vrydag 15 Desember 2023 en heropen op Maandag 8 Januarie 2024

(023) 316-2021 l REDAKSIONEEL: nuus@witzenbergherald.com l ADVERTENSIES: erika@witzenbergherald.com l FINANSIES: rekeninge@witzenbergherald.com


15 DECEMBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 3

Man en kind verdrink in streek

NOLAN Adams (19).

MAN en ‘n kind, het die afgelope twee weke in die Witzenbergstreek verdrink. Verlede Vrydag 8 Desember het ‘n 2-jarige seuntjie in ‘n swembad op die plaas Gousblomkloof buite Tulbagh verdrink. Die voorval het omstreeks 12:55 plaasgevind. Die Malmesbury-familie het vir die vakansie op die plaas gekuier. Die ander verdrinking het by Witels in Michellspas plaasgevind. Die 19-jarige Nolan Adams van Piketberg het Sondag 26 November in die rivier verdrink. Adams was deel van ‘n groep wat by die rivier gekuier en geswem het. Hy het oorgeswem na die anderkant en met sy terugkeer in die moeilikheid beland. Polisieduikers het omstreeks 18:00 sy liggaam uit die water gehaal. Die begrafnis het op Saterdag 2 Desember op Piketberg plaasgevind. Waarskuwing Inwoners word gewaarsku om versigtig te wees waar hulle swem nadat die vloede in Junie en September, baie klippe weggespoel

Moordverdagtes weer in 2024 in die hof DIE vier moordbeskuldiges in die Reneé Jain-moordsaak van 2021, het Woensdag 6 Desember weer in die Wolseley landdroshof verskyn. Frederick (Freddy) Lottering (36), wat voorheen aan moord skuldig bevind is en tans gevangenisstraf uitdien, het saam met ‘n gewese polisieman van Piketberg, Maurice Arries (44) en twee mans van Tulbagh, Nolan Visagie (25) en Anthony Schippers (23), in die hof verskyn.

TWEE van die verdagtes, Nolan Visagie (25) en Anthony Schippers (23).

Visagie en Schippers word deur Regshulp SA bygestaan. ‘n Bedeesde Lottering het na maande se heen en weer aan die hof gesê hy gaan van regshulp gebruik maak nadat hy vroeër gesê het hy wil ‘n privaat prokureur aanstel. Arries se familie het begin huil toe hulle hoor die saak word na 21 Februarie 2024 uitgestel. Die vier mans staan tereg op aanklagte van huisbraak met die doel om te roof, roof met verswarende omstandighede, sameswering om te roof en moord te pleeg, moord, aanranding, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en aanklagte ingevolge die Wet op die Voorkoming van georganiseerde misdaad. Ondersoek Inbrekers het op 26 Maart 2021 by die vakansiewoning van Reneé Jain (51) van Kaapstad, ingebreek en haar vermoor. Dié inbrekers was deel van ‘n groep mans wat by die huis in die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat tussen Wolseley en Bainskloof ingebreek het. Jain was die betrokke aand alleen by die huis. Sy is vermoedelik net na 23:00 dood nadat sy in die huis oorval, gewurg en vermoor is. Visagie en Schippers is in Mei 2022 deur die ondersoekspan in hegtenis geneem na ‘n gesamentlike polisie-optrede. Maurice is in Desember 2022 op Piketberg gearresteer en Frederick (Freddy) Lottering, wat reeds gevangenisstraf uitdien, is in Junie 2023 as verdagte bygevoeg. Die staat voer ook aan dat Lottering, Visagie en Schippers lede is van die Junior Cisko Yakkies (JCY’s) bende. Arries het die bende gehelp om as ‘n groep dié misdrywe te pleeg.

en die waterkuile baie dieper gemaak het. Die munisipale wetstoepassers moet ook sorg dat inwoners nie by Witels of die poele gaan drink nie. Veral nie gedurende die vakansie en kerstyd nie. Die valhek wat nou oopstaan, moet ook gesluit word sodat voertuie nie tot onder kan ry nie. Verdrinkings kan verhoed word Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) verloor bykans 360 000 mense jaarliks hul lewens weens verdrinkings. Ongeveer 1 500 mense verdrink jaarliks in Suid-Afrika en 450 hiervan is kinders jonger as 14 jaar. Die meeste van hierdie verdrinkings vind plaas in damme, riviere en strome. Eoudia Erasmus van Ceres en een van 20 waterveiligheidsinstrukteurs van die NSRI wat skole en organisasies landswyd besoek om praatjies teen verdrinkings aan te bied, deel graag ‘n paar wenke: ● Moenie toelaat dat kinders ooit sonder toesig swem nie.

● Ouers moet vir kinders van jongs af leer

dat hulle nooit alleen naby water mag speel nie. (Wees bewus daarvan dat kinders in 4cm water kan verdrink.) ● Indien naby water, sorg dat jy ten minste ‘n armlengte van jou kind af is. ● Visdammetjies, fonteintjies, toilette, slote, waterbakke van diere en skottels vol water wat buite staan, is enkele voorbeelde waarin kinders kan verdrink. ● Leer KPR en ken die noodnommer: 112 ● Gebruik ‘n reddingsboei of enige iets wat dryf om iemand uit die water te help. Moenie self inspring nie - die drenkeling kan jou per ongeluk ook in die water trek. Die Waterveiligheidsprogram van die Nasionale Seereddingsinstituut bied gereeld lesse aan om kinders bewus te maak van die gevare naby water. Skole en speelgroepies is welkom om vir Eoudia Erasmus by 074-321-5322 te skakel of ‘n epos te stuur na eoudiae@searescue. org.za


4 l WITZENBERG HERALD l 15 DECEMBER 2023

Moordsaak sloer al 5 jaar MEER as vyf jaar nadat ‘n jongman op Ceres vermoor is, gaan die saak in 2024 in die Ceres streekhof voortgesit word. Die moordverhoor van Llwellyn Beukes (foto links) sloer reeds meer as 5 jaar en gaan op 11 Maart 2024 voortgesit word in die Ceres streekhof.

Moord Jason (Pakkie) Petersen (28), ‘n oudwerknemer van Ceres Fruit Juices, is in die vroeë oggendure op 25 Maart 2018 op Ceres in Cilliersstraat in die industriële gebied dood nadat hy die oggend omstreeks 03:30 met ‘n mes in sy bors gesteek is.

Die transkripsie van hofrekords, ‘n prokureur wat ‘n ruk gelede oorlede is en dat min getuies in die moorverhoor al getuig het, is skynbaar van die redes waarom die saak so sloer.

Beukes (25), ook bekend as Wange, is later deur die Ceres speurders gearresteer en het hy die polisie na ‘n huis geneem waar daar op die bebloede mes beslag gelê is waar dit boop ‘n kas weggesteek was.

Nasionale vervolgingsgesag ‘n Versoek is aan die nasionale vervolgingsgesag gerig vir redes waarom die saak so lank sloer en dat die slagoffer se familie ook afsluiting soek en die saak wil afhandel.Dit is hul 6de Kersfees sonder hul geliefde.

EEN persoon is in Meimaand dood nadat ‘n Ford bakkie naby Tankwa padstal gerol het. Nou ses maande later is die bestuurder van die bakkie nog nie aangekla nie en wag die Ceres polisie vir die uitslag van bloedtoetse. Voorheen is berig dat die bestuurder van dié Noord-Kaap bakkie op Vrydag 26 Mei omstreeks 24:00 ‘n sandwal getref en beheer oor die voertuig verloor het. Die bakkie met 7 insittendes het naby Tankwa padstal gerol en weer op sy wiele in die R303 pad tot stilstand gekom. Die 53-jarige Apie Botha van die plaas Brakfontein het in die ongeluk gesterf. Die ander insittendes is nie beseer nie. Die bestuurder gaan weens strafbare manslag en dronkbestuur aangekla word.

VACANCIES

A well-established clothing retail store will be opening in Ceres soon and are seeking to employ experienced staff with a minimum of 3 years clothing retail experience for the below positions: • Manager • Supervisor • Cashiers • General assistants Should you be interested in the above positions please e-mail your CV to: megan@twh.bz by 12:00 on 19 December 2023.

KENNISGEWING In die boedel van wyle: WILLEM JACOBUS JANUARIE Id. no. 441111 5599 081 Van: Jakarandastraat 3, Tulbagh Boedelnommer: 026925/2021

LONE KLERK Sterkwater Boerdery benodig die dienste van ‘n bedrewe persoon in sy personeel afdeling by hul hoofkantoor, geleë in Ceres. Die posbekleër sal ondermeer vir die volgende funksies verantwoordelik wees: • Kontrolering van Looninvoere • Verslae • Aandiens beserings • Telefoon & ontvangs • Administratiewe take Die ideale kandidaat moet oor die nodige kwalifikasies en ondervinding met die gebruik van VIP Premier beskik. Bogemiddelde rekenaarvaardigheid met toepaslike programme is ‘n vereiste. ‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied. Stuur ‘n bondige CV van nie meer as 3 bladsye vir aandag aan Hennie Spamer: Faks: 086-529-1249 E-pos: admin@sterkwater.co.za Navrae: Hennie Spamer (023) 313 3596 Sluitingsdatum vir aansoeke: 20 Desember 2023 Indien u teen 29 Desember 2023 geen terugvoering ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.

Die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogemelde boedel sal oor ‘n tydperk van een-en-twintig dae van Vrydag 15 Desember 2023 ter insae lê in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kaapstad en in die kantoor van die Landdros op TULBAGH. GEDATEER en GETEKEN te CERES op hierdie 5de dag van DESEMBER 2023.

KOM herleef die Dutoit-beker sensasiereeks. Die kompetisie skop op 27 Januarie af en duur tot 24 Februarie met ses plase van die Dutoit Groep wat in rugby en netbal teen mekaar gaan deelneem. Die plase wat deelneem is: Kromfontein, Lindeshof, Paardekloof, Vastrap, Nooitgedaght en Tandfontein. * Kom geniet die toernooi saam met elke speler en afrigter. Vir meer inligting skakel Gerrit Komail by 061-198-2287.

079 033 6754

www.treemonkeys.co.za

JOHAN BEZUIDENHOUT Prokureur vir Eksekuteur Voortrekkerstraat 58, Ceres, 6835 (Verw: LC/JC0077)

FOR THE LOVE OF TREES!


15 DECEMBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 5

Liggiefees vier Gydosig se 30 ste bestaansjaar DIE Gydosig-aftreeoord op Prince Alfred Hamlet is vanjaar 30 jaar oud en het dié mylpaal gevier met sy jaarlikse Liggiefees - ‘n skouspel van lig en feestelike atmosfeer. Die Liggiefees was ‘n reuse sukses. Duisende dankies aan alle inwoners en vrywilligers - die geleentheid het alle verwagtinge oortref!

DIE outydse motortjie is deur wyle Pierrie du Toit gemaak, Ané van Zyl is in die lugballon afgeneem en die liggies is voor Ina Burger se huisie (bo). FOTOS: Carina Claassen, Karen Erasmus, Cormé du Toit en Erik van Zyl.


6 l WITZENBERG HERALD l 15 DECEMBER 2023

Vier hofsake na 2024 uitgestel VIER mans wat tereg staan op aanklagte wat wissel van roof, strafbare manslag, brandstigting en aanranding en huisroof, se sake is die afgelope week na 2024 uitgestel. Pep-roof Twee mans wat ‘n Pep werknemer van duisende rande beroof het, moet weer op 24 Januarie 2024 in die Ceres landdroshof verskyn. Ceres speurders het onlangs twee verdagtes vasgetrek wat meer as R66 000 van Pep Ceres gesteel het. ‘n Werknemer was op 20 November op pad om dié geld te gaan bank by Standard Bank toe sy van R66 000 beroof is. Die vrou is deur ‘n gewapende man, Kamva Gqalaqha (22), voorgekeer en beroof. Na dié roof het die mans in ‘n wit Colt bakkie weggejaag. Hulle het egter op die hoek van Zulch- en Cilliersstraat teen ‘n Toyota bakkie gebots. Na die ongeluk het Gqalaqha uitgespring en weggehardloop. Die vrou wat hulle beroof het, se handsak is in die bakkie gekry. Die polisie het die bestuurder van die bakkie, Ibrahim Dwaba (19), wat vrugte smous in Munnikstraat, gearresteer. Hy het ook eers probeer weghardloop maar is deur omstanders op die toneel gehou. Van die geld is by Gqalaqha teruggevind. Brandstigter in hof ‘n Vermeende brandstigter het onlangs weer in die Ceres landdroshof verskyn.

Ashlin Brandon Paulse (24) staan tereg op klagtes wat verband hou met die brand einde Meimaand waarin die Matroosberg skihut en drie voertuie in puin gelê is. Paulse is Maandag 3 Julie deur Wes-Kaap speurders gearresteer. Hy word aangekla van vier klagtes van brandstigting, huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Sewe Kaapse vriende het die naweek van 26-28 Mei by Matroosberg se skihut oornag en die volgende oggend 15 kilometer gaan stap. Met hulle terugkoms omstreeks 18:00 het hulle die uitgebrande hut en drie voertuie aangetref. Die brand het ‘n Renault Clio, Nissan Navara bakkie en ‘n Jeep Commander heeltemal verwoes asook persoonlike besittings in die skihut. Die saak is na 11 Maart 2024 uitgestel in afwagting van ‘n streekhofdatum. Man oortree weer ‘n 35-Jarige man wat ‘n paar maande gelede uit die gevangenis vrygelaat is, het weer oortree toe hy ‘n bejaarde vrou op P.A. Hamlet aangeval het. Niklaas (Mantoy) Louw is deur speurders gearresteer nadat hy Sondag 29 Oktober omstreeks 14:10, ‘n 70-jarige vrou op P.A. Hamlet aangeval het. Hy het ‘n gat onderdeur ‘n veiligheidsheining gegrawe en by die agterdeur probeer inkom. Die tannie was besig om tee te maak toe sy ‘n geraas by die agterdeur hoor en gaan ondersoek instel.

Festive Season Greetings

On behalf of the Council and Administration, I would like to wish everyone a Merry Christmas and a happy, healthy and prosperous New Year! Enjoy the festive season with family and friends. We pray for traveling mercies and your safe return. May 2024 be a great year for all. Kindly note that our offices will be closed over the festive season from 20/12/2023 at 13:00 and will reopen on 03/01/2024 at 07:30. Witzenberg Traffic and Law Enforcement officers and ALL essential services will be operational throughout, as well as the Witzenberg 24-hour Control Room, on (023) 316-2328/9. Waste removal services will continue as usual, except on 25/12/2023 and 01/01/2024.

Geseënde Feestyd

Namens die Raad en Administrasie wil ek almal ‘n Geseënde Kersfees en ‘n gelukkige, gesonde en voorspoedige Nuwejaar toewens! Geniet die feestyd saam met familie en vriende. Ons bid vir reisgenade en u veilige terugkeer. Mag 2024 ‘n wonderlike jaar vir almal wees. Neem asseblief kennis dat ons kantore oor die feestyd vanaf 20/12/2023 om 13:00 gesluit sal wees en op 03/01/2024 om 07:30 sal heropen. Witzenberg Verkeers- en Wetstoepassingsbeamptes en ALLE noodsaaklike dienste sal deurgaans operasioneel wees, asook die Witzenberg 24-uur Beheerkamer by (023) 316-2328/9. Vullisverwyderingdienste sal soos gewoonlik voortgaan, behalwe op 25/12/2023 en 01/01/2024.

Umbuliso ngeXesha leziYunguma

Katriena Robyn Uitvoerende Burgemeester Executive Mayor USodolophu oLawulayo

Ngokomyalelo weBhunga neSebe loLawulo, ndinqwenelela wonke ubani iKrisimesi emyoli, engcono kunye nonyaka omtsha oyokozela amathamsanqa! Yonwabela ixesha lakho lezi-Yunguma nezihlobo nezalamane. Sithandazela uhambo oluhle nokuba nibuye nisakhuselekile. Yanga unyaka ka2024 ungangunyaka oyokozela amathamsanqa kuni nonke. Sibongoza wonke ubani asebenzise amanzi nombane ngobunono Qap-hela ukuba ii-Ofisi zethu ziyakube zivaliwe kwelilixa leziyunguma ukusuka ngomhla wama 20/12/2023 ngentsimbi yoku 13:00 kwaye ziyakuphinda zivulwe ngomhla wesi 03/01/2024 ngo 07:30. Amagosa oGunyaziso Mthetho neZithuthi kunye nabo basebenza kwiiNkonzo ezingundoqo bayakube bengxashile kwaye besebenza, kunye negumbi loLawulo lonxibelelwano kuMasipala liyakube livulwe iiYure ezingama 24, tsalela (023) 316-2328/9. Ukuthuthwa kwenkunkuma kuyakwenziwa njengesiqhelo ngaphandle kwangomhla wama 25 kweyoMnga kunye nomhla woku 1 kweyoMqungu 2024.

Louw het haar oorval voordat hy in die gestoeiery haar gewurg en met ‘n mes in die hand gesteek het. Een van die tannie se vier honde het ook meswonde opgedoen en moes 11 steke kry. Louw het met slegs R50 en twee selfone gevlug. Die P.A. Hamlet polisie en speurders was vinnig na die toneel waar hulle leidrade opvolg het. Hulle is na die Middelpos-plaas waar hulle na die huis van Louw is. Die selfone en geld is by hom gekry waarna hy gearresteer is. Louw se saak is weer na 9 Januarie 2024 uitgestel vir ‘n borgaansoek. Louw staan tereg op aanklagte wat wissel van huisroof, poging tot huisroof, aanranding met die doel om ernstig te beseer en kwaadwillige saakbeskadiging (die aanval op die honde). Hy bly in aanhouding. Hofsaak sloer Byna vier jaar nadat ‘n jong vrou op Ceres doodgery is, gaan die motorbestuurder uiteindelik verhoor word. Die saak is oor die jare talle kere uitgestel. Die keer vir verhoor na 15 Februarie 2024 in Ceres landdroshof. Jan Justin du Toit (29) van Bella Vista, het na bewering die jong vrou van Tulbagh in Februarie 2020 in Voortrekkerstraat, Ceres doodgery. Hy verskyn op aanklagte van manslag asook dronkbestuur. Die dronkbestuurklag is later bygevoeg na ‘n voorval op 8 Mei 2018. Cemielia Ross (31) van Tulbagh, het op 2 Februarie 2020 grusaam in die vroeë og-

gendure gesterf. Sy was saam met ‘n vriendin en ‘n man onderweg na Tulbagh toe hulle gou aan Engen se kant van die pad in ‘n parkeerplek gestop het. Sy het uit die bakkie geklim, langs die voertuig gestaan en na regs na die verkeerslig se kant, gekyk. Sy het skaars ‘n paar treë gestap na Shell toe sy die voertuig hoor aankom. Sy het probeer terughardloop maar is deur die voertuig wat baie vinnig gejaag het, getref en byna 30 meter ver teen ‘n boom geslinger. Die tref-en-trap het omstreeks 01:41 tydens beurtkrag plaasgevind. Die bestuurder en sy passasier het van die toneel weggejaag. Du Toit het homself later aan die polisie oorgegee. Hy het na bewering die betrokke aand die voertuig sonder die eienaar se toestemming gebruik.

DIE brandstigtingsaak is na 11 Maart 2024 uitgestel in afwagting van ‘n streekhof-datum.

NA dié Pep-roof het die mans in ‘n wit Colt bakkie weggejaag. Hulle het egter op die hoek van Zulch- en Cilliersstraat teen ‘n Toyota bakkie gebots.

Man sterf na hy met panga en mes aangeval word TWEE mans van Tulbagh wat ‘n maand gelede ‘n ander inwoner met ‘n panga en ‘n mes aangeval en vermoor het, se saak is na 2024 uitgestel Die twee beskuldigdes, Nukuthalo Nkomanye (36) en Malibongwe Dongola (27), het op 11 Desember weer in die Tulbagh landdroshof verskyn. Nkomanye, ‘n SA burger, is uit op R2000 en moet aan streng voorwaardes voldoen soos 24 uur in huisarres en hy mag nie met getuies inmeng nie. Die tweede verdagte, Dongola, is van Lesotho en bly in aanhouding. Beide mans moet op 26 April 2024 weer in

die hof verskyn. Raphael Tembo van Eikelaan is Saterdag 18 November omstreeks 23:35 in Duikerstraat vermoor. Volgens ‘n getuie was Tembo vroeër in ‘n woordewisseling met sy gewese meisie betrokke na hy haar huisdeur oopgeskop het. Tembo is later na die woordewisseling deur die twee verdagtes met ‘n panga en mes aangeval. Hy is dood aan verskeie steekwonde wat hy opgedoen het. Nkomanye en Dongola het hulself die oggend na die moord by die Tulbagh polisiestasie gaan oorgee.


15 DECEMBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 7


8 l WITZENBERG HERALD l 15 DECEMBER 2023

nuusbrokkies EDUCATIONAL Development Aftercare and Enrichment is ‘n organisasie wat leerders ondersteun wat probleme ondervind in hul skoolwerk. Daar word ‘n skolastiese evaluering gedoen en op grond van die uitkoms, word ondersteuning gegee. Todat ‘n geskikte perseel gevind kan word, word hulp in ‘n huislike omgewing gedoen. * Enige persoon wat weet van ‘n perseel wat beskikbaar is, kan ons skakel by 072-5643225. Charlene Hendricks het ‘n graad in spesiale onderwysbehoeftes, ‘n BED graad in grondslagfase met 25 jaar se ervaring in onderwys. Skakel gerus indien jou kind hulp nodig het in 2024.

DIE Ceres SAPD vra die gemeenskap om meer veiligheidsbewus te wees, veral met toenemende gevalle van verkragting en betasting. - Moenie met vreemdelinge gesels, loop, drink en kuier nie. - Moenie saans alleen loop nie. - Moenie saamrygeleenthede vra nie. - Bly weg van donker en verlate plekke. - Drink verantwoordelik en moet dit nie oordoen nie. Skakel gerus (023) 316-8600 of 10111. DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas vanaf 7-14 Maart 2024. Navrae in verband met depositos kan gerig word aan past. Jacobs by 084-657-4673.

PPK Ceres gaan die Paaskonferensie van 29-31 Maart 2024 op Jeffreysbaai bywoon. Belangstellendes wat wil saamgaan, kan past. Jacobs skakel by 084657-4673 vir verdere navrae. DIE Ceres SAPD vra die Witzenberg gemeenskap om meer veiligheidsbewus te wees. Daar is toenemende gevalle van mense wat goed koop op Facebook Marketplace en Gumtree, wat ingeloop word. Wees versigtig vir produkte wat ver onder hulle waarde verkoop word en ontmoet op plekke waar daar baie mense is. Moet nie afspreek om op een plek te ontmoet en dan daar aangekom na ander plek gaan nie. Skakel gerus (023) 316-8600 of 10111.

KOLIE van Rooi.

Geliefde skoolhoof groet die onderwys

ST.MARKS primêr op P.A. Hamlet het onlangs ‘n geselligheid aangebied waar hulle die skool se donateurs en beleggers, bedank het vir hulle betrokkenheid in 2023 by die opvoedkundige programme van die skool.

Ceres Besigheidsinisiatief bedank hiermee alle sakelui en lede vir nog ‘n jaar se ondersteuning. “Dankie vir die samewerking om CBI in staat te stel om ‘n verskil in ons dorp en omgewing te maak. Dankie dat elkeen, ten spyte van die ekonomiese druk, steeds jul ondersteuning gee. Dit word opreg waardeer.

Baie dankie vir u lojale ondersteuning deur die jaar. Mag dit vir elkeen van u ‘n Geseënde Feestyd en voorspoedige 2024 wees.

Geseënde Feestyd word elkeen toegewens”.

GESLUIT: 25/26 Desember 2023 Ons is oop tydens kragonderbrekings!

☎ (023) 312-1916

Skakel asseblief ons beheerkamer by (023) 316-1117

Ceres Alarms and Guarding Ons wens al ons kliënte ‘n Geseënde en veilige Kerstyd toe en baie dankie vir u getroue ondersteuning gedurende 2023. Toets asseblief u alarm vroegtydig sodat ons die nodige tegniese regstellings kan maak voor die feestyd begin.

☎ (023) 316-2463

KOLIE van Rooi, geliefde skoolhoof van St. Marks primêr, groet die onderwys na meer as 40 jaar diens. Kolie se verbintenis met St. Marks primêr het in 1967 begin toe hy as 7-jarige in graad 1 aangemeld het vir die begin van sy skoolloopbaan. In 1974 gaan hy na Morrisdale primêr om standerd 6 (graad 8) te voltooi. In 1978 matrikuleer hy by Fred Gaum (Sêkkies). In 1981 voltooi hy sy onderwysdiploma (OD3) by Athlone Opleidingskollege (ATC) en in 1983 verwerf hy sy Hoër onderwysdiploma by Roggebaai Onderwyskollege. In 1984 keer hy terug na St. Marks waar hy sy onderwysloopbaan begin - in die ou skoolgebou langs die Anglikaanse kerk. Hy vestig homself as wiskunde onderwyser en raak hy intens betrokke by die afrigting van rugby en landlope. In 1996 word hy bevorder tot departementshoof en in 2011 word hy adjunkhoof van St. Marks. In 2018 word hy as skoolhoof aangestel - slegs die tweede leerder wat skoolhoof kon word. Goeie samewerking In sy tyd as skoolhoof, vestig hy noue samewerking tussen landbouers en sakemanne wat ook optree as mentors vir onderwysers. Hy kry dit ook reg dat die skool van die busroetes kon administreer en bestuur wat ‘n ekstra inkomste vir die skool genereer. ’n Biblioteek wat ’n liefde vir lees moet kweek, word ook onder sy leiding ingebruik geneem. Teen die einde van 2023 - ses en vyftig jaar later - sal alles tot ’n einde kom waar alles begin het. “Kolie se spreekwoordelike kolfbeurt is nou verby maar hy laat agter ’n poel van kennis en wysheid waaruit die wat agterbly ook vanuit kan drink. Sy bydraes tot elke kind en sy bydraes tot die breër gemeenskap van P.A. Hamlet is prysloos”.

Ceres Fiesta

88 Voortrekker Street, CERES ☎ (023) 316-1328 Fax: (023) 316-1328

MERRY CHRISTMAS & HAPPY NEW YEAR May this Christmas be bright and cheerful and may the New Year begin on a prosperous note!

Thank you for all the support during 2023.


15 DECEMBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 9


10 l WITZENBERG HERALD l 15 DECEMBER 2023

classifieds

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Skakel

082-859-2300

MAMA OKERO & PROF OUPA Herbal Expert Traditional Helper for all your personal problems. She will make it disappear. Online services and home visits by appointment. (next to PicknPay Qualisave in Worcester)

Call for appointments

073-356-2605 15 Desember 2023

Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres

1988/09/05 - 2010/12/11

Dit is reeds 13 jaar wat jy skielik van ons weggeneem is en ons mis jou nog elke dag. In ons harte sal jy nog altyd bly voortleef.

Seënwense met jou verjaarsdag, dankie vir wat jy vir ons beteken.

Van al die Snymans en Witzenberg Herald personeel

Altyd liefde Daddy, Mammie & MJ

Feitjie Pietersen

John Albert Peres (Oom Plom)

15 Desember 1923

1953/06/21 - 2020/12/13

Veels geluk met oumie se 100ste verjaarsdag. Mag die Here oumie seën en nog vele jare spaar. Mag oumie se pad gesaai word met rose en nog vele mooier dinge. Mag ons Hemelse Vader oumie se grondgebied vergroot. Dit is ‘n voorreg bo alle voorregte om oumie 100 jaar by ons te hê. Ons is baie lief vir u. Van kinders, kleinkinders, agterkleinkinders en families

'

Arrie Bukkies

1968/11/08 - 2023/12/08

Begrafnisdiens: Sat. 16 Des. 2023

Huis: 09:00, Madibastraat 505, Op-die-Berg Graf: Op-die-Berg

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Though the pain of loss may never completely go away, the love and memories we shared with you will continue to bring us comfort. A great soul that served everyone all the time. A great soul never dies. It brings us together again and again. From your wife, children and grandchildren

PLANT AND TOOL HIRE

Abu Lusuku

Marco Johnson

Daniël de Bruyn

Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.

Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more

André du PPreez reez

082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o. Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

• Lost love/financial specialist • Get back lost lover • Get money • Remove bad luck • Drug/evil spirits • Debts/unfinished work • Win Lotto/ Powerball/Casino • Delayed pension • Protection of business&property

100% Guarantee Same day results

078-580-6890

Maama Sauda Your solution is here

Love Spell / Palm reading ............ R200 Delete loans ..... R150 Provident fund/Pension delay ............... R200 Court/Divorce case ....................... R200 Job/Work promotion ....................... R200 Home cleaning / Protection ........ R200 Lucky oil/Magic ring ....................... R300 Money in Account ....................... R300

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

TE HUUR

2 KANTOORSPASIES te Van Eedengebou, Voortrekkerstraat, Ceres vanaf 1 Januarie 2024 (Witzenberg Herald en JPTek persele)

Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671

GRATIS Whatsapp die woord

HERALD gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003

Reëls: • Slegs items van onder R1 000 • Slegs EEN item per Whatsapp • Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

Skakel of whatsapp

069-507-4075

Bondels koerante te koop R30 per bondel

Goboard offroad hoverboard. Tweedehands. R999. Whatsapp on 083-530-3285. 15/12 Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies

“PROF” TONNIE • Help with financial

problems • Eliminate debts

• Bad luck/lost lover • Fail to get loans • Pending UIF/ pension • Unfinished work by other helpers

Pay after results

Call/WhatsApp 083 981 3871

DRINGEND OP SOEK NA 2 - 3 Slaapkamerhuis te Nuwedorp, Op-die-Berg om te huur of te koop.

Skakel Kobus 083-659-1735

(023) 316-2021

Winkel sluit 14/12/2023 en heropen 08/01/2024

Die Witzenberg Herald se kantoor sal gesluit wees vanaf Vrydag 15 Desember 2023 en heropen op Maandag 8 Januarie 2024 2024. RESCUES UP FOR ADOPTION

Currently at the shelter

Besigheidsure: Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 ekstra of onvanpas.

All adoptions are subject to home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Incl. chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply.

Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za

Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small.

Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets wat spasie opneem

LEXI (Female) Born 20/02/2023

MOLLIE (Female) Born May 2022

TIEKIE (Female) Born 15/05/2023

WIGGLES (Male) Born Feb. 2023

Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres

(ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)


15 DECEMBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 11

Rugbyklub vereer spelers CERES RVK het die naweek hul jaarafsluitings-geselligheid aangebied. Tydens die geleentheid is spelers vir hul harde werk beloon. VLNR: Aldo Sauls (beste voorspeler en spelers se speler van die jaar), Coenraad Burger (sportman van die jaar) en Jason Lombard (speler van die jaar). * Die klub se afrigters vir 2024 is ook bekendgemaak. Johan Botha is die nuwe hoofafrigter en sal bygestaan word deur Kempton Juries (hulpafrigter verantwoordelik vir agterlyn en aanval) en Bethwill Mbosi (hulpafrigter verantwoordelik vir verdediging). Glenton Cupido is die afrigter van die 2de span en Coby van Schalkwyk sal die 3de span afrig. Deon Scholtz sal die drie spanne bystaan met aanval en hantering en Andrê van Wyk sal verantwoordelik wees vir die kondisionering van spelers. FOTOS: JRM Photography

CERES RVK het die naweek hul jaarafsluitings-geselligheid aangebied. AGTER: Elvin Balani (mees lojalele speler), Aldo Sauls (beste voorspeler en spelers se speler van die jaar. Hy het ook al meer as 200 wedstryde vir die klub gespeel), Coenraad Burger (sportman van die jaar), Carlo Kiewiets (beste voorspeler B-span) en Enzio Lintnaar (mees toegewyde speler). VOOR: Jason Lombard (speler van die jaar) en Denley Boer (meeste drieë).

Ons wens al ons kliënte ‘n geseënde Kerstyd toe. Baie dankie vir u getroue ondersteuning gedurende 2023. TWEE rugbyspelers van Charlie Hofmeyr, Shamile Swarts en Liam Waterboer, is tans in Italië waar hulle die Travel and Sport uitnodigingspan verteenwoordig. Hulle is tydens die o/15 Frans Malherbe rugbyweek verkies vir die uitnodigingspan.

Vosstraat 72, CERES 6835  (023) 312-1126

WASTE REMOVAL SCHEDULE DURING 2023 FESTIVE SEASON DAY

DATE

SERVICE

SERVICE AREA

SERVICE TYPE

PERSON RESPONSIBLE

Friday Public Holiday

15 December 2023

Service continue

P.A. Hamlet town, Witzenberg area businesses and Kluitjieskraal

• Black & Green bags removal and business districts • Skips

Frank Visagie Mario Februarie Samuel Ndzishe

Monday

25 December 2023

No Service / Christmas

No Service / Christmas

No Service / Christmas

None

Tuesday

26 December 2023

Service continue

Ceres (Oosterlig and businesses), Bella Vista, Skoonvlei and Nduli

• Black & Green bags removal and business districts • Skips

Frank Visagie Mario Februarie Samuel Ndzishe

Monday

1 January 2024

No Service / New year

No Service / New year

No Service / New year

None

Tuesday

2 January 2024

Service continue

Ceres (Oosterlig and businesses), Bella Vista, Skoonvlei and Nduli

• Black & Green bags removal and business districts • Skips

Frank Visagie Mario Februarie Samuel Ndzishe


12 l WITZENBERG HERALD l 15 DECEMBER 2023

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voor trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

Wolseley klop Bella Vista WOLSELEY krieketklub het Saterdag hul onoorwonne status in die Kaapse Wynland-Wes kompetisie behou toe hulle Bella Vista maklik met 148 lopies geklop het. Die wedstryd het ‘n uur laat begin weens die klamerige kolfblad na die vorige aand se reën en moes verkort word tot 40 boulbeurte per span. Wolseley het die toestande goed gebruik en 204/8 aangeteken. Die hoogtepunt in Wolseley se kolfbeurt was Leonard Prins se 88 lopies en 60 lopies deur Gyril January. Die twee het die kolfbeurt wat op 44/ 4 gewankel het, herstel met ‘n vennootskap van 132 lopies om die vyfde paaltjie. Vir Bella neem T. Notnam 2/42, J. March 2/12 en S.Titus 2/51. Bella Vista se beurt het in duie gestort en kon hulle slegs 56 lopies in 17 boulbeurte aanteken. Nie een kolwer kon dubbelsyfers behaal nie. Franklin Mars met 4/21 was die groot verwoester en is goed bygestaan deur Leonan Davids met 2/16 en Shaheen Pietersen met 2/ 6. Seisoen in 2024 Spel hervat weer op Saterdag 13 Januarie wanneer Wolseley tuis vir Gouda pak.

TWEE lede van die Witzenberg Motorklub, is tydens ‘n spoggeleentheid in Johannesburg vereer vir hul bydrae tot motorsport. Die gesogte MSA Golden Helmet Lifetime Achievement is Saterdag 10 Desember tydens Motorsport Suid Afrika se prysuitdeling in die Monte Casino Hotel aan Pierre van der Westhuizen (ere-president, voorsitter en stigterslid van die Witzenberg Motorklub) en Patrick Vermaak, oorhandig. Dit is die eerste keer dat lede van dié 40 jaar oue klub die toekenning ontvang asook die eerste keer dat twee lede van dieselfde klub, hierdie toekenning ontvang.

CAMERON Hanekom van Ceres het vanjaar sy eerste vol seniorseisoen by die Vodacom Bulls deurgebring en kookwater spel as agtsteman opgedis. Die vorige twee jaar was hy lid van die Bulls o/20 span en lid van die Junior Springbokke. Camerom se kontrak by die Bulls strek tot 2027. Hy was vanjaar ook twee keer die speler van die wedstryd. Hier is hy na ‘n wedstryd saam met die Bulls se kaptein en flank, Marcel Coetzee (links) afgeneem.

VASTRAP rugbyklub (Silver Leaves) vier vanjaar hul tiende bestaansjaar. Die klub het die seisoen op hoë noot afgesluit en hul 2023 prysuitdeling aangebied. VLNR: Isak Snyders (voorsitter), Arrie Crotz, Shaun Adams, Ashley Muller, Johnathan Fransman, Jurie Klein (A-span afrigter), Caun Onker, Granville Janurie, Jerome Nel, Jakob Volmoer, Simele Nel en Keith Louw (B-span afrigter). FOTO: Duke van Schalkwyk

Klub borg kompetisie CHARLES Basson en Hendry Titus het Saterdag die beterbal stableford kompetisie by Ceres gholfklub met 45 punte gewen. Ashley Schroeder en Werner Pharo was tweede gevolg deur Wilhelm Muller en Herman van der Walt, beide ook met 45 punte. Spelers kan op die Clubmaster app bespreek of skakel die klub by (023) 312-3068.

CHARLES Basson en Hendry Titus (regs) het die beterbal stableford kompetisie gewen.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.