WH Herald Witzenberg
Volume 23 no. 47
R7.00
Friday, December 4, 2020
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 3 Desember
Vrydag 4 Desember
10° 27°
13° 26°
Saterdag 5 Desember
Sondag 6 Desember
13° 29°
15° 29°
Ceres Koekedouw dam
98,8%
Lesing: 2020/12/02
Telephone: (023) 316-2021/3
Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Kragtekort knel ontwikkeling MAANDAG 30 November het Witzenberg Partners in Agri Land Solutions (PALS) ‘n vergadering met ‘n afvaardiging van Eskom gefasiliteer om die uitdagings van onvoldoende kragvoorsiening aan die Witzenbergstreek te bespreek. Die vergadering in die Ceresvallei kerksaal is deur verteenwoordigers van PALS, die Witzenberg munisipaliteit, Agri Witzenberg en Eskom bygewoon. Die feit dat noodsaaklike opgraderings nie betyds deur Eskom aan die netwerk en toevoerlyne gedoen kan word nie, beteken dat talle PALS projekte en normale landbou- en besigheidsontwikkeling in Witzenberg, nie soos beplan kan voortgaan nie. Dit het ernstige gevolge vir nuwe beleggings, ekonomiese groei en werkskepping wat uiters noodsaaklik is om armoede te verlig, misdaad te beperk en sosiale harmonie te bevorder. Eskom se begrotings- en kapasiteitsprobleme is bespreek en dit was duidelik dat die taakspan van PALS, die Witzenberg munisipaliteit en Agri Witzenberg, dringend sal moet voortgaan om die uitdagings aan te spreek en dit ook onder die aandag van die Nasionale Regering bring. Die erg negatiewe gevolge van onvoldoende elektrisiteit vir huishoudings en die ekonomie van Witzenberg is deur die munisipaliteit se Pierre van den Heever en ander sprekers uitgewys. Kobus Engelbrecht het namens die PALS taakspan verduidelik dat Eskom nie hul lisensievoorwaardes nakom nie en hoe belangrik die opgradering van toevoerlyne en volhoubare krag vir inklusiewe ontwikkeling en werkskepping is. PALS en die Witzenberg munisipaliteit sal nou voortgaan om dringend aksiestappe voor te stel aangesien die elektrisiteitsprobleem elke inwoner van Witzenberg se toekoms gaan raak. Dit is uiters belangrik vir ekonomiese ontwikkeling, werkskepping en sosiale harmonie in die streek.
Kajuit platgedruk
Passasier leef na sy in wrak vasgekeer was
‘n VRAGMOTORBESTUURDER en twee vroue is gelukkig om te leef nadat die International Workstar vragmotor waarin hulle gery het, die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens die polisie was die De Keur landgoed vragmotor op Vrydag 27 November omstreeks 12:27 onderweg op die R303 in die rigting van Op-die-Berg. Naby Esperanto-plaas het die bestuurder, Johannes Pieters (47), beheer verloor en het die vragmotor met ‘n vrag kafbale op, omgeslaan. Een van die passasiers, Nomise Kuba, was byna drie uur lank vasgekeer in die platgedrukte kajuit, voordat noodreddingswerkers haar kon bevry. Kuba en nog ‘n vrou, Mabitaba Lephatsi, is na Ceres provinsiale hospitaal geneem waar hulle behandel en later ontslaan is. Die bestuurder is van Ceres provinsiale hospitaal oorgeplaas na die Worcester Mediclinic waar hy vir sy beserings behandel is. Pieters is Maandag 30 November ontslaan en herstel tans tuis. Die polisie ondersoek ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur.