Witzenberg Herald Vol.24 no.47 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald

TRADING HOURS: Monday - Friday 07:30 - 17:30 Saturday 08:00 - 13:00

Witzenberg

Volume 24 no. 47

R7.50

Friday, Desember 3, 2021

49 Lyell Street (023) 312-3578

Merry Christmas and Happy New Year to all!

Since 1997

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 2 Desember

Vrydag 3 Desember

11° 22°

10° 30°

Saterdag 4 Desember

Sondag 5 Desember

13° 23°

13° 23°

Ceres Koekedouw dam

100%

Lesing: 2021/12/01

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Nooddienste gou op toneel

Meubelwinkel op Ceres in brand verwoes ‘n BRAND, wat moontlik weens ‘n elektriese kortsluiting begin het, het Dinsdag omstreeks 17:45 die All in One meubelwinkel in Voortrekkerstraat, Ceres, in puin gelê. Die brand het winkelinhoud verwoes asook die winkeleienaar se motor wat daar geparkeer was. Die winkel is aan die agterkant van die Visfabriek en oorkant die fietswinkel en DK karwas. Witzenberg Brand en Redding asook die Witzenberg verkeersdienste en Ceres polisie was gou op die toneel. Niemand is beseer nie en geen een van die omliggende winkels is deur die brand beskadig nie. * Mauritz Walters, die gebou-eienaar, het Dinsdagaand vir Witzenberg Brand en Redding, die verkeersafdeling, Ceres SAPD, die elektriese afdeling van Witzenberg munisipaliteit en lede van die publiek, bedank vir elkeen se ondersteuning. Dit word waardeer.

CHRISTMAS SPECIALS

☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstr. 91

Steri Stumpie 99

HEEL VARS SNOEK

10

Cordon Bleu 500g 00 butter

15

Clover condensed milk 385g 00

25

Moir’s 125g Custard 50 Powder

7

Pryse en produkte geldig tot 12 Desember 2021 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.


2

WITZENBERG HERALD

Friday, December 3, 2021

Bekende inwoner oorlede

BELANGSTELLENDES in die Witzenbergstreek kan die Togryers museum se aardbewingboek nou teen ‘n groot afslag aanskaf - net betyds vir Kersfees. Die boek kan nou gekoop word teen R115. Indien jy tussen 22 November en 24 Desember twee boeke koop, kry jy ‘n derde een GRATIS. Vir navrae en bestellings, skakel Bertdene by (023) 312-2045 of 076689-2885.

Jadrick wen kompetisie JADRICK Pedro-Koopman, ‘n plaaslike digter, het die naweek van 19-21 November behoorlik sy merk gemaak by die Poetry in McGregor Festival. Jadrick, wat nou ook ‘n lid is van die Mengelmoes digters onder leiding van dr. Diana Ferrus, was tydens die oopmikrofoonsessie aangewys as die wenner. Jadrick se werk is bekend vir die eenvoud daarvan wat tot mense se harte spreek en grense verskuif.

Laastedrif Agri (Edms.) Bpk., is ‘n gevestigde, kommersiële landbouonderneming, wat spesialiseer in die verbouing van vars groente en vrugte. Laastedrif is gesetel in Ceres en bedien ‘n reeks plaaslike supermarkte asook buitelandse markte. Laastedrif Agri (Edms) Bpk, beskik tans oor die volgende vakante betrekking by die KLEINVLAKTE Produksie Eenheid.

KOBUS van Eeden, alombekend as Wolkoppie, is op Ceres gebore maar het as kind grootgeword op Oakdale Landbouskool, Riversdal. As oudste kind van Barney en Let van Eeden het hy saam met sy vier susters ‘n avontuurlike kinderlewe gehad en het hy menigte klomp jong seuns sien grootword in die Oakdale koshuis waar sy pa en ma die koshuisouers was. Na sy skoolopleiding by Oakdale is hy Grootfontein Landboukollege toe, waar hy toe in 1959 sy voete op Ceres as aspirerende jong veeboer gevind het by Ou Stasie en Paardekloof. In 1963 sien hy kans vir ‘n nuwe uitdaging en begin hy met vrugteboerdery op Fairfield (tussen Ceres en P.A. Hamlet) waar hy by Deepfreezing and Preserving vir 33 jaar bestuurder was. Hy was iemand wat baie innoverend kon dink en probleme vinnig kon oplos. Hy was beslis ‘n vêrsiende persoon, want lank voor iemand aan iets gedink het, het hy dit reeds begin uittoets. Hy was van die eerste boere wat appels in die Warm Bokkeveld geplant het. Hy was nou betrokke by sy werkers en het sy bes probeer om vir hul almal werksgeleenthede te skep. Hy was ‘n aktiewe lid van sy gemeenskap, skool, kerk en natuurlik het hy groot hoogtes bereik met die Warm Bokkeveld boerevereniging. Ceres Skou was jare lank sinoniem met Kobus en ook beslis sy hoogtepunt van die jaar. Saterdae by die Fairfielddam was altyd ‘n heerlike bymekaarkom plek vir die wat lief was vir watersport. Ski was vir hom ‘n groot liefde wat hy met Koos van Eeden, Hugo de Kock, Sakkie Both-

ma en vele meer gedeel het. Na sy aftrede het hy Tulbagh Droëvrugte saam met sy seun, Barnard, begin. Na 10 jaar betrokke by die fabriek, het sy gesondheid hom gedwing om af te tree. Na 20 jaar weg van Ceres vind hy weer sy pad terug en maak hom saam met sy vrou Ria, tuis in Gydosig. Kobus, wat Sondag 28 November oorlede is, laat sy vrou, Ria (met wie hy amper 60 jaar getroud was), agter asook vier kinders en 11 kleinkinders. Diens ‘n Troosdiens word op Dinsdag 7 Desember om 11:00 vanuit die P.A. Hamlet N.G. gemeente gehou.

KOBUS van Eeden (85). WANGANELLA NGK primêr vra die gemeenskap om dringend ‘n jong gestremde seun te help met ‘n rolstoel. Johannes Jabobs is 5 jaar oud en serebraal gestermd en benodig ‘n rolstoel om sy beweging te vergemaklik. Die skool vra die publiek om op die uitkyk te wees vir ‘n geskikte rolstoel vir hom. Enige navrae kan gerig word aan die skool of die skoolhoof Cyril Davids by (023) 312-2083.

WERKSWINKELBESTUURDER Hierdie Werktuigkundige posisie, rapporteer direk aan die Kleinvlakte Plaasbestuurder en is oorhoofs verantwoordelik vir die volgende sleutel prestasieareas nl.: (a) Trekkers (b) Landbou implemente (c) Pakstoor masjinerie (d) Vragmotors en voertuie Kwalifikasies en bestuursondervinding (eienskappe): • N2 Meganies, of soortgelyke kwalifikasie (gekwalifiseerde diesel/trekker werktuigkundige, outo-elektries kan voordelig wees) • Ondervinding: 5 jaar of meer ingesluit kwalifikasie • Meganiese ondervinding van trekkers, landbou masjinerie, pakstoor masjinerie, word sterk aanbeveel • Sterk vermoë om te beplan, prioritiseer en take af te handel • Rekenaarvaardigheid: MS Office, veral Excel en Outlook • Produktiwiteit-, kosteen begrotingsbestuur ingesteldheid • Goeie kommunikasie- en rapporterings eienskappe • Goeie mense- en arbeidsverhoudinge • Bereidwilligheid om na-ure en naweke, indien nodig, te werk • Geldige bestuurderslisensie. Verantwoordelikheid: • Voorkomende diens, instandhouding en herstel van trekkers, pakstoor masjinerie, implemente en voertuie • Voorraad bestuur van masjinerie, toerusting en gereedskap • Bestuur van Beroepsgesondheid en Veiligheidstandaarde • Verseker skoon en netjiese werksomgewing E-pos asseblief u aansoek met bewys van kwalifikasie asook kontakbare verwysings aan: hrm@cillie.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Desember 2021 Vergoeding: ‘n Markverwante vergoedingspakket en byvoordele. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang het nie, moet u asb aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Laastedrif Agri (Edms.) Bpk. ondersteun die reëls en voorskrifte van Gelyke Indiensname. Vir meer inligting rakende die besigheid, besoek gerus ons webtuiste by www.laastedrif.co.za

PASTOOR Isaacs Jacobs van die PPK Engedi gemeente in Bella Vista, het sy doktorsgraad(D. Min) in teologie ontvang op Saterdag 27 November. Die Engedi gemeente is geweldig trots om onder leiding van pastoor Jacobs die Here te dien. “Dankie dat pastoor ons altyd leer om uitstekend te wees in alles wat ons aanpak”.


WITZENBERG HERALD

3

Friday, December 3, 2021

Ondersoek geloods

Dennebos-diefstalle neem toe, inwoners kan help om diewe te identifiseer DIE afgelope jare is talle diefstalklagtes by Dennebos vakansieoord by die SAPD aangemeld. Opportunistiese inbrekers wat bekend is aan die plaaslike polisie, is al talle kere vasgetrek na inbrake en van hulle het al gevangenisstraf uitgedien. Hulle breek meestal in by leë wooneenhede in Dennebos en steel goedere wat maklik verkoop kan word. Maar die afgelope maande word daar veral op sosiale media gereeld melding gemaak dat Dennebos-besoekers versigtig moet wees en dat besoekers toenemend die slagoffers word van diefstalle in die oord terwyl hulle slaap. Daar word ook beweer dat Kaapse besoekers geteiken word en dat die diewe moontlik lo-pers of ekstra sleutels gebruik. Drie klagtes van huisbraak en diefstal is twee weke gelede by die polisie aangemeld nadat daar tydens die naweek van 19-21 November by verskillende wooneenhede ingebreek is. Dit terwyl die buurtwag en sekuriteit by die oord veronderstel is om patrollies te doen. Een van die klaers meld in ‘n epos dat toe hulle dié Sondagoggend wakker word, het hulle besef hulle selfone en ‘n handsak met geld in, gesteel is en dat die chalet-deur oopstaan. Die inbrekers moes bo-oor mense klim om ‘n foon te steel wat op ‘n bedkassie gelê het. Hulle het later vasgestel dat die bure die Vrydagaand slagoffers was van diefstal en toe hulle huiswaarts keer en die sleutel by kantoor inhandig, was daar nog mense wat oor inbrake gekla het.

CERES Besigheids Inisiatief het verlede Woensdag 24 November weer hul ledevergadering aangebied, die eerste een in maande. Sakelui is deur Barend la Grange toegespreek. La Grange is die bedryfshoof van South Africa Day - ‘n inisiatief om nasiebou en ‘n beter toekoms te bevorder. Die doel is om alle mense in die land te inspireer om saam deel te neem aan die bou van ‘n beter Suid-Afrika. Hierdie inisiatief skep die platvorm vir landsburgers, die sakesektor en die regering om saam te werk om doelwitte te bereik. * Sakelui is ook kortliks ingelig oor elektrisiteit, vesel en die brugopgradering. VLNR: Anton Reinecke, Jannie Conradie (CBI-bestuurder), Danell du Toit, Naas van der Merwe (voorsitter CBI), Barend la Grange (gasspreker), rdl. Hennie Smit (nuutverkose burgemeester) en David Nasson (munisipale bestuurder).

ROLSPELERS in die Wes-Kaap landboubedryf het verlede week ‘n beraad oor landelike veiligheid bygewoon wat by Goudini op Rawsonville gehou is. VLNR: Ismail Mtotala, WesKaap LUR vir landbou dr.Ivan Meyer, Wimpie Paulse (voorsitter van die Wes-Kaapse Agri-werkersforum), maj.genl. Patekile en Uys van der Westhuizen (Agri Wes-Kaap).

Kommentaar Die navrae is aan die Witzenberg munisipaliteit gestuur wat laat weet het hulle wag dat die Ceres speurders hul ondersoek afhandel en sal hulle daarna, ‘n verklaring uitreik. Die polisie het bevestig dat hulle ‘n paar huisbraak- en diefstalsake in Dennebos ondersoek. Geen vingerafdrukke is na dié naweek se inbrake gekry nie en nie een van die klaers kan enige inligting verskaf wat deur die polisie opgevolg of gebruik kan word om oortreders op te spoor nie. Waarskuwing Besoekers word egter gewaarsku om meer veiligheidsbewus te wees totdat die inbrekers vasgetrek word en die munisipaliteit hul ondersoek na dié sekuriteitsdienste by die oord, afgehandel het. Baie bewerings word deur oordbesoekers gemaak. Daar is egter geen bewyse dat ‘n sindikaat betrokke is by dié diefstalle of dat dit iemand is wat daar werk of bly nie. Indien inwoners of werknemers weet wie verantwoordelik is vir die inbrake, kan hulle die SAPD skakel by (023) 316-8600/24 of 10111 of SAPD sektor 1 - 082-3022-452. Dit kan ook by die Witzenberg munisipaliteit by (023) 316-1854 of (023) 316-1996 aangemeld word. Maak net seker jy vra vir ‘n verwysingsnommer. Na die geweldige impak wat COVID-19 op die plaaslike toerismebedryf gehad het, kan die streek nie bekostig dat inbrake by Dennebos, nog besoekers verjaag nie.

Landelike veiligheid bespreek

FLIP Hendriks is vanaf 1 Oktober die nuwe hooflanddros op Ceres. Hy was voorheen vir 7 jaar landdros op Mosselbaai en Knysna. Hendriks het grootgeword op Stellenbosch en is die afgelope 15 jaar in die regsberoep nadat hy ook as prokureur gepraktiseer het.

ROLSPELERS in die Wes-Kaap landboubedryf het verlede week ‘n beraad oor landelike veiligheid bygewoon wat by Goudini op Rawsonville gehou is. Behalwe dat Wes-Kaap boerderygemeenskap swaargekry het met COVID-19 het werkloosheid en geslagsgeweld erg toegeneem. Die landbousektor vrees dat maatskaplike probleme weens werkloosheid, armoede, voortslepende alkohol- en dwelmmisbruik en mense wat uit hul blyplekke gesit word, verder sal toeneem weens ‘n vierde vlaag CV-19. Uys van der Westhuizen van Agri Wes-Kaap het gesê misdaad kos die landboubedryf sowat R5.7 miljard. Wimpie Paulse van Op-die-Berg en voorsitter van die WesKaapse Agri-werkersforum, het gesê misdaad bedreig werknemers in die landboubedryf se vermoë om hulself en hul kinders te versorg. Hy sê landelike veiligheid moet saam met werkloosheid en maatskaplike probleme aandag geniet. Dr. Ivan Meyer Wes-Kaap LUR vir landbou, het gesê die provinsiale regering is daartoe verbind om ‘n veiliger landelike gemeenskap te skep. Die landbousektor dra 11% tot die totale inkomste van die provinsie by en 14.4% tot die werksgeleenthede.

HUIS MAUDIE KRIEL bied aan:

KERSONTBYT Datum: 4 Des. 2021 Tyd: 08:30 - 10:00 Prys: R65 per persoon Navrae: (023) 312-1950

Nestled deep in the upper Breede River Valley, between the Witzenberg and Limiet Mountain range, lies Contrei-Teatro. A unique open-air amphi theatre, reimagined from an old farm dam and brought back to life to create a space for outdoor events, Contrei-Teatro offers a unique venue for entertainment, performances, as well as outdoor weddings. If you’re looking for an exclusive outdoor space, with seating for 180 guests, with breathtaking views and picturesque surroundings, then Contrei-Teatro is the perfect venue for you.


4

WITZENBERG HERALD

Friday, December 3, 2021

Ouers gekant teen verskuiwing ‘n GROEP ontevrede ouers van Hoërskool Tulbagh het ‘n versoekskrif onderteken teen die skuif van laerskool-leerders na ‘n naburige skool. Ouers is ‘n tyd gelede in kennis gestel dat die laerskool-afdeling in Januarie 2022 na Waveren se perseel moet skuif. Die besluit kom nadat die WKOD vroeër aangedui het dat die Waveren en Tulbagh hoërskole moet saamsmelt. Ouers van beide skole is al ‘n geruime tyd bewus van dié beplande samesmelting en is skynbaar nie in beginsel daarteen nie maar is omgekrap en ontsteld oor die kort kennisgewing. Ouers was ook onder die indruk dat Tulbagh laerskool-leerders eers verskuif sal word wanneer die bouwerk by Waveren voltooi is. Ontevrede ouers voel daar was die afgelope twee jaar baie ontwrigting weens COVID-19 en die bouwerk wat sedert 2019 by Hoërskool Tulbagh aan die gang is. Hoërskool Waveren se leerders skuif vanaf Januarie 2022 na die nuwe opgegradeerde Hoërskool Tulbagh. Hoërskool Waveren sal vanaf Januarie 2022 slegs leerders akkommodeer vanaf graad R tot graad 7 en Hoërskool Tulbagh leerders van graad 8 tot 12. Nuwe skool Aanbouings by Hoërskool Tulbagh het in November 2019 begin. COVID-19 se impak het die voltooiing van die projek met meer as ‘n jaar vertraag. Die nuwe aanbouings sluit 10 nuwe klaskamers, twee toilette vir seuns en meisies asook een toilet vir gestremde persone, in. Die skoolsaal is ook vergroot. Kommentaar Teen Woensdag 1 Desember is daar nog geen kommentaar van WKOD ontvang nie. Die kantoor van die Wes-Kaap LUR vir onderwys, het bevestig dat hulle die versoekskrif en klagte ontvang het en dat hulle die aangeleentheid met die WKOD moet bespreek voordat hulle kommentaar kan lewer.

VAKANTE POSTE

BAMCO is ’n sagtevrugte verkoelings- en verpakkingsfirma wat in 2009 ontstaan het as ’n vennootskap tussen drie goed gevestigde landbouondernemings: Bronaar Plase, Donkerbos Landgoed en Môrester Landgoed - elkeen afsonderlike progressiewe besighede wat spesialiseer in die verbouing van vrugte en groente in die Koue Bokkeveld, Ceres.

JUNIOR LYNBESTUURDER Sleutelprestasie-areas: • Verstaan paklyn dinamika • Uitsette en kwaliteit optimaliseer • Bestuur van menslike hulpbronne • Handhawing van voedselveiligheid en kwaliteit sisteme. Posvereistes: • Goeie kommunikasie (Afrikaans en Engels vaardig) • Rekenaarvaardigheid • Produk kennis • Lynbestuur ondervinding sal in jou guns stel. Eienskappe: • Aandag aan detail en akkuraatheid werkswyses • Stiptelik en betroubaar • Moet onafhanklik kan werk • Ingesteld wees op netheid en orde.

KWALITEIT KOÖRDINEERDER Sleutelprestasie-areas: • Bestuur personeel en bewerk ‘n kwaliteits-stelsel • Metings, rekordhouding, dokument beheer, spesifikasies • Bestuur van BRC en HACCP stelsels • Skakeling met PPECB • Uitvoering van pak instruksies. Posvereistes: • Goeie kommunikasie • Rekenaarvaardigheid en Basiese Vitrax • Produk kennis • Kwaliteits ondervinding sal in jou guns tel Eienskappe: • Aandag aan detail en akkuraatheid • Stiptelik en betroubaar • Moet onafhanklik kan werk • Ingesteld wees op netheid en orde. Beide hierdie poste rapporteer aan die pakhuisbestuurder. Om aansoek te doen rig asseblief ’n CV, wat drie kontakbare verwysings insluit, in vertroulikheid per e-pos na: mannekrag@bamco.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Januarie 2022. Vir meer inligting skakel: Ernst Rix by 082-552-2552

VRUG HANTEERDER / PAKKERS Hierdie is ‘n gulde geleentheid vir lojale, pligsgetroue betroubare werkers om deel te raak van Bamco Verpakking. Sou jy belangstel, gee jou CV af by Bamco Sekuriteite. Ons sal jou kontak vroeg in Januarie vir onderhoude. Ons sal ontvangs van u aansoek bevestig, maar slegs kortlys kandidate sal weer gekontak word. Bamco volg ’n beleid van Gelyke geleenthede.

DIE departement van bosbou, visserye en omgewingsake se Werk met Vuur /Working on Fire program is gereed vir die brandseisoen in die Wes-Kaap wat op 1 Desember begin. Daar is ondermeer 11 spotter-vliegtuie en10 helikopters op bystand tot einde April 2022 - van Porterville tot by Stilbaai. Daar is ook nagenoeg 650 WOF brandbestryders beskikbaar.

Vooma inentingsnaweek MEER as 530 000 inwoners van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit is al ingeënt. Die derde Vooma inentingsnaweek vind die naweek van 3-4 Desember plaas. Inwoners word aangemoedig om hulle te laat inent voor die vierde vlaag - veral nou met die nuwe Omnicron variant wat in Suid-Afrika posgevat het. Dr. Marisa Crous van Ceres provinsiale hospitaal het inwoners oor 50 jaar en diegene wat ‘n hoë risiko is vir hospitalisering, aangemoedig om hulself in te laat ent. Enigeen ouer as 50 wat gedurende Desembermaand hul eerste inenting kry, sal ‘n R200 koopbewys by Shoprite of Checkers of Usave ontvang. Vooma inenting: ■ Mountain Mill winkelsentrum in Worcester: Vrydag 3 en Saterdag 4 Desember van 09:00 tot 15:00 ■ Witzenberg verkeersafdeling op Ceres: Saterdag 4 Desember van 08:00 tot 13:00 Aanvullingsdosis Van 1 Desember kan mense ouer as 18 jaar wat klaar beide inentings ontvang het en sukkel met kroniese siektes, ‘n aanvullingsdosis kry. Belangrike statistieke Teen Woensdag 1 Desember het die aktiewe positiewe gevalle in die Witzenbergstreek vir die eerste keer in drie weke begin styg. Daar is sedert die begin van die pandemie 7897 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 7539 herstel het. Statistieke wys dat Ceres steeds die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 1784 gevolg deur Bella Vista met 1226, Wolseley met 1038, P.A. Hamlet met 997, Tulbagh met 979, Nduli met 545 en Koue Bokkeveld plase met 654. By die drie korrektiewe dienste-sentrums in die streek, is daar sedert die pandemie begin het, nog net 89 gevalle aangemeld. Drie honderd een en vyftig (353) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes is steeds 74 gevolg deur Wolseley met 56, Bella Vista met 54, Tulbagh met 44, P.A. Hamlet met 39 en Nduli met 30. Twee CV-19 sterfgevalle is die week aangemeld. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 20 222 (29 November).

Daar is al 525 685 positiewe gevalle aangemeld en 504 203 het al herstel. In Suid-Afrika het meer as 2.85 miljoen mense al herstel. Ongelukkig het 89 822 mense weens die virus in SuidAfrika gesterf. Die land se herstelkoers is tans 96.2 %. Ander statistieke sluit in: die positiwiteitskoers het die week skerp gestyg na 10.67% en die Wes-Kaap het al 4,097 miljoen mense ingeënt. Meer as 25.44 miljoen Suid-Afrikaners is al ingeënt. Ceres provinsiale hospitaal In lyn met die aangepaste vlak 1 inperkings, is daar onlangs besluit om hospitaalbesoeke in die Wes-Kaap aan te pas onder streng veiligheidsmaatreëls. Hospitale moet steeds waak teen te veel mense en moet ten alle tye veiligheidsprotokolle handhaaf. Die veiligheid van pasiënte en personeel is baie belangrik. Hier is slegs ‘n paar van die nuwe aanpassings: ■ Buite pasiënte wat sukkel om oor die weg te kom, gestremd is of verswak is, kan deur iemand vergesel word. ■ Pasiënte in die hospitaal mag vir 30 minute besoek word. Elke afdeling het ‘n 60 minute tydgleuf. Skakel met die hospitaal wanneer dit besoektyd is. ■ Terminaalsiek pasiënte mag besoek word en een familielid kan een keer per dag vir 30 minute besoek aflê. ■ COVID-19 pasiënte mag steeds nie besoek word nie.

FINANSIëLE- EN ADMIN BEAMPTE SLEUTEL PRESTASIE-AREAS: • Debiteure • Krediteure • BTW • Salarisse • Skakeling met pasiënte • Algemene administrasie • Skakeling met Mediese Fondse • Hantering van Boekhouding tot op Proefbalans • Skakeling met Compsol en werkgewers rakende Werksbeserings.

Ons kliënt, ‘n gevestigde Mediese Praktyk in Ceres, het ‘n geleentheid beskikbaar vir ‘n ervare Finansiële- en Admin Beampte. Werksure: Maandae - Vrydae 08:00 – 17:00

VEREISTES: • Ten minste 5 jaar ervaring in ‘n soortgelyke posisie • Ervaring in ‘n mediese omgewing sal die aansoek versterk • Uitstekende rekenaarvaardighede (MS Office, Pastel en Mastermed) • Moet onafhanklik en pro-aktief kan werk. Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Desember 2021 Aansoeke (insluitend CV’s en salarisverwagtings) kan gestuur word na: info@thehrdepartment.co.za Slegs kortlys kandidate sal gekontak word

WERWINGSPROSEDURES VOLDOEN AAN DIE WET OP DIE BESKERMING VAN PERSOONLIKE INLIGTING, NR. 4 VAN 2013.


WITZENBERG HERALD

5

Friday, December 3, 2021

Witzenberg Municipality Council 2021 - 2026 WARD COUNCILLORS

Ward 1 - ANC Andile Lulamile Gili

Ward 2 - DA Cornelius Lottering

Ward 3 - DA Dirk Swart

Ward 4 - DA Joachem Jacobus Visagie

Ward 5 - DA Hendrik Johannes Smit

Ward 6 - DA Karriem Adams

Ward 7 - ANC Jacob Zalie

Ward 8 - DA Gwen Judith Franse

Ward 9 - ANC Mxolisi Joseph Ndaba

Ward 10 - DA Sophia de Bruin

Ward 11 - DA Elizabeth Mary Sidego

Ward 12 - ANC Khanyiso Yisa

The Witzenberg Municipality Council has been inducted to Office on 22 November 2021. It gives the municipality great pleasure to announce the public office bearers.

PR COUNCILLORS

Johnnerey Stephanie Mouton Noluthando Nogcinisa ANC ANC

Jan Johannes Cloete PA

Katriena Robyn GOOD

John Patrick Fredericks VFP

Felicity Elana Klazen GOOD

Petrus Heradien ICOSA

Nonzame Phatsoane ANC

Lea Anetta Hardnek WP

Gert Gerrit Laban WA

Isak Lluwellyne Swartz EFF


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

nuusbrokkies WARE VERHAAL

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

Privaat begrafnis: Sat. 4 Des. 2021

Besigtiging: 08:30, Vygiestr. 37, Wolseley Kerk: 10:00, Ou Apostel kerk, Wolseley Graf: Wolseley “Your wings were ready but our hearts were not.”

• 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Johanna Johannes 1962/08/13 - 2021/11/23 Privaat begrafnis: Sat. 4 Des. 2021

Huis 09:00, Waboomlaan 38, Fase 4, PA Hamlet Saal: 10:00, Gemeenskapsaal, PA Hamlet Graf: Bella Vista

1952/10/10 - 2020/12/03

Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

‘n Jaar het verbygevlieg maar dit voel nog soos gister toe ons die oproep ontvang het. Ons troos ons aan al die mooi herinneringe wanneer die vermisting te erg raak. Mag daardie mooi siel in God’s Vrede rus. Jou vrou Sarie, dogter Samantha, skoonseun Emile, kleindogters Shamique en Monique, en res van die famillie

Mervyn Jacobs 1961/05/24 - 2020/12/05

Jan Johannes Willems 1950/09/22 - 2021/11/24

Roudiens: Don. 02/12/2021 om 19:00, VGK Bella Vista Privaat begrafnis: Sat. 4 Des. 2021 Huis: 09:00, Burgstr. 434, BV Kerk: 10:00, VGK Bella Vista Graf: Bella Vista

• 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

CERES NICO

Begrafnisdienste

 / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

Johnny Edward Jonkers 1962/08/07 - 2021/11/26

Drive By: Vry. 03/12/2021 om 17:00, Freeziastr. 2, Ceres

Privaat begrafnis: Sat. 4 Des. 2021

• 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Huis: 08:00, Freeziastr. 2, Ceres Kerk: 09:00, VGK Ceres Graf: Bella Vista “My enigste liefde, my eggenoot. Jou heengaan is ‘n groot verlies vir my hart en siel. Dankie vir pragtige jare gevul met avonture, vreugde en liefde. Saggies rus by Jesus se voete.” Liefde, Raylette (“Mammie”)

In loving memory of my husband and our dad, Mervyn Jacobs. A man with a great heart. Your place is empty, your voice is still, but with love and warmth in our hearts we treasure all the memories you left behind. Gone but not forgotten. Love you always Janine, Mitch and Merecia.

•Money in account •Magic wallet/ring •Lucky oil •Clean home/ business •Promotion at work •Relationship/ pregnancy •Jealousy/ bad luck •Drug addiction •Claim pension/Uif

Dr Johnson Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson.

• Men problems • Lost lover • Money in account • Protection • Financial problems • Court cases

Hy wil dit gee vir mense wat:

•met ‘n besigheid wil begin •sterk medisyne nodig het om verskillende probleme op te los •‘n verlore minnaar terug te kry •‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop •medisyne vir mans om krag te gee •enige hofsake •‘n ongeluksfonds betyds te kry

Whatsapp/ Call 073-280-8373

Skakel of Whatsapp

074-466-5760

MA SAL

AND FRAMES

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

TRUIDA Joubert (97) van Ceres het verlede maand die nuwe weergawe van die boekie: Leer klank-klank lees, bekendgestel. Met hierdie boekie wil sy ouers, oumas asook ouer broers en susters, inspireer en aanmoedig om kinders te help leer lees. Stuur ‘n e-pos vir bestellings na leerleef bestel@breede.co.za. Boekie kos R100.

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

BAIE bewerings word deur Dennebosoord-besoekers op sosiale media gemaak. Daar is egter geen bewyse dat ‘n sindikaat betrokke is by dié diefstalle of dat dit iemand is wat daar werk of bly nie. Indien inwoners of werknemers weet wie verantwoordelik is vir die inbrake, kan hulle die SAPD skakel by (023) 316-8600/24 of 10111 of SAPD sektor 1 - 082-3022-452. Dit kan ook by die Witzenberg munisipaliteit by (023) 316-1854 of (023) 316-1996 aangemeld word. Maak net seker jy vra vir ‘n verwysingsnommer. DIE Haven nagskuiling op Ceres se nommer het verander. Inwoners kan hulle skakel by (021) 023-3018. CERES rolbalklub se Cherry Time rolbaltoernooi vind plaas van 4-5 Desember.

Kruiekenner

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Afspraak

Skakel/ WhatsApp

066-066-6740

DIE Op-die-Berg gemeente het Saterdag 27 November hul jaarlikse bergfietsbyeenkoms oor 56km, 33km en 15km asook pretdraf oor 5 of 15km aangebied. Rashid van Rhyn (middel) het die 56km wedren in 2:21:58 gewen. Pieter (Boetie) Hugo was tweede in 2:22:06 met Danie Viljoen (regs) in die derde plek in ‘n tyd van 2:23:08.

KOFFIE + KOEKTAFEL Evangelis Jacobs

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

VRIENDE van die Togryers museum is opgewonde oor die nuwe status wat hul nou beklee. Die organisasie is amptelik as ‘n nie-winsgewende organisasie geregistreer en sal eersdaags ‘n artikel 18 kan uitreik, wat beteken dat indien jy ‘n donasie gee, jy dit kan terugeis van belasting. Die Vriende organisasie is ook geregistreer by Erfenis Wes-Kaap as konserveringsliggaam. Hierdie status gee die Vriende ‘n mandaat om op te tree in die belang van die bewaring van enige gebou ouer as 60 jaar asook die bewaring van grafte en ander erfenisterreine soos die Tolhuis en Karoopoort.

* Help met onopgeloste probleme in: * Verhoudings * Familie misverstand * Bring verlore liefde terug * Werk & finansiële probleme * Besigheid hupstoot * Draai jou geluk om * Was ongelukkigheid af * Skoonmaak van huise (dryf uit bose geeste)

Jes. 45:2 “Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak. Ek sal bronspoorte oopbreek en sluitbalke van yster stukkend kap.”

Begrafnisdienste

PLANT AND TOOL HIRE

065-6311-997

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

CERES NICO  / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

STEFAN STEYN 083-227-6476

• 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

Drive By: Don. 02/12/2021 om 17:00, Vygiestraat 37, Wolseley

HEALER JULIUS

Mama Jaliah

Dawid Hanse (Dawie)

1963/10/26 - 2021/11/25

(Glo dit)!! My naam is Hazel, ek is 42 jaar oud, van Piketberg. Ek dank “Mama” Sherry wat my lewe verander het van hel deur vir my en my gesin te seën deur geluk te bring. Nou het ek my eie huis, groot besigheid en my eie duur motor. So asseblief, alle mense met lewensprobleme, skakel “Mama” Sherry met jou probleme. Sy kan help met finansiële probleme, en liefdes-probleme. Sien resultate binne 3 dae. Skakel gerus vir “Mama” Sherry. Sy sal jou help.

073-304-3531

Alle IN MEMORIAM kennisgewings sal voortaan slegs R100 (BTW ing.) wees

Melvin Derrick Baron

Friday, December 3, 2021


WITZENBERG HERALD

Friday, December 3, 2021

7

‘n Nuwe pa, hoe nou gemaak met vaderskapverlof? DIE reg op kraamverlof, oftewel maternity leave, is nie alleenlik geskoei op die welstand van die moeder van ‘n kind nie maar ook in die beste belang van die kind. Tradisioneel bepaal Artikel 25 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes dat ‘n werknemer (swanger vrou) geregtig is op vier opeenvolgende maande kraamverlof. Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes vereis egter nie van ‘n werkgewer om kraamverlof te betaal nie en bepaal die werkgewer se interne beleid gewoonlik of kraamverlof betaald is, al dan nie. In 2015 het die Arbeidshof bevind dat die basis vir die voorsiening van kraamverlof nie uitsluitlik gebaseer is op die fisiese en emosionele belange van ‘n moeder wat onlangs geboorte gegee het nie, maar dat die beskerming van die belang van die pasgeborene se vroeë ontwikkeling, koestering en sosialisering ook van kardinale belang is. Die Arbeidshof het bevind dat die applikant (‘n man) in sekere omstandighede op gelyke voet met sy vroulike eweknie geag moet word, veral met betrekking tot die regte en verantwoordelikhede wat uit die geboorte voortspruit. Dit het tot gevolg dat ‘n werknemer, hetsy manlik of vroulik, wat ‘n ouer word, ook deur gebruik te maak van ‘n surrogaat of ‘n aanneemouer van ‘n pasgebore baba of ‘n vader wat die rol as primêre versorger aanvaar, dieselfde kraamvoordele moet kry as wat deur ‘n werkgewer aan vroulike werknemers wat geboorte gee, verleen word. Die vader moet dieselfde voordele gegun word ten einde hom in staat te stel om sy vaderlike pligte en verantwoordelikhede na te kom. Hierdie saak baan die weg vir soveel vaders, homoseksueel sowel as heteroseksueel, om te verseker dat werkgewers nie onbillik teen vaders diskrimineer nie en dat hulle ook in die gepaste omstandighede geregtig is op ‘kraamverlof’. Uiteindelik is werkgewers verplig om, wanneer hulle hul betrokke kraamverlofbeleid toepas, die status van partye in ‘n civil union te erken en nie teen die regte van surrogaatouers te diskrimineer nie. Daar moet egter daarop gelet word dat die uitspraak nie ‘n algemene reg op kraamverlof vir vaders skep nie, maar dit beklemtoon wel die omstandighede waar die Arbeidshof werknemers, wat van mening is dat hulle werkgewer se beleid hulle nie met die gepaste regte voorsien of beskerm nie, kan bystaan. Sterkte met die pajama-drill. * Die regsartikel is voorsien en opgestel deur Joubert Van Vuuren prokureurs op Ceres. Dit is ‘n hulpmiddel vir lesers en inwoners oor talle regsonderwerpe. Hulle nommer is(023) 312-3152.

ONVERWAGSE reën het van 26-28 November oor ‘n wydverspreide gebied in die Witzenbergstreek uitgesak. Die Ceres Koekedouwdam staan tans op 100%. * Die reënvalsyfers vir die naweek is deur Hortec Ceres beskikbaar gestel. In die Warm Bokkeveld wat Ceres dorp insluit, is byna 25 mm gemeet, in die Koue Bokkeveld ongeveer 23.5mm en in die Wolseley/Romansrivieromgewing is 38.3mm gemeet.

MOOI Uitsig primêr se twee top atlete is ook aangewys. Marquin van Wyk (links) het trofeë verower as victor ludorum, beste senior atleet en beste o/13 atleet en Devoriëtte Willemse het die trofeë as victrix ludorum verower en is aangewys as beste 1500m atleet en beste o/13 atleet. Hier is hulle saam met Martin Absalom (atletiekorganiseerder).

Mooi Uitsig vereer atlete MOOI Uitsig primêr se beste junior atlete is na die atletiekbyeenkoms aangewys. VLNR: Shaylin Ockhuis (beste o/9 atleet), Emile Julies (beste o/7 atleet), Jhardine Lukas (beste o/8 atleet) en Jaylin Damon (beste o/9 atleet). AFWESIG: Ava Jacobs (beste o/7 atleet) en Meequin Sampson (beste o/8 atleet).


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

BOETIE Hugo van Ceres ry vanjaar sy 6de Munga bergfietswedren en het al 5 Mungas voltooi. Boetie is een van bitter min fietsryers wat al meer as 5 Mungas voltooi het. Die Munga het op Woensdag 1 Desember in Bloemfontein begin en eindig na 1124 km in Wellington. Deelnemers het net 5 dae om die Munga te voltooi.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, December 3, 2021

Witzenberg Herald

TWEE Ceres fietsryers, Cordré Smith en Pierre de Jager, is deel van ‘n span van 5 oudweermaglede wat die Munga afloswedren gaan aanpak om fondse vir 61 Mech veterane in te samel. Die moordende wedren het Woensdag om 12:00 in Bloemfontein begin en eindig by Doolhof buite Wellington. Sarel Coetzee pak die eerste skof oor 222km tot by Van der Kloofdam, dan ry Jaap Steyn die tweede skof tot in Britstown (178km), Anthony Kruger ry daarvandaan na Loxton (190km), Cordré Smith sal van Loxton na Sutherland (214km) ry met Pierre de Jager wat van Sutherland na Ceres (230km) ry. Al vyf spanlede sal dan van Ceres saam tot by Doolhof buite Wellington (85km) ry. Die Munga-aflos oor 1124 kilometer moet in 120 uur voltooi word. * Indien lesers dié projek wil ondersteun, kan hulle donasies inbetaal by: 61 Mech Battallion Veterans Association, Standard Bank, 006305, rekening 003293661 met verwysing Munga.

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

GERRIE Snyman van Ceres het van 19-22 November aan die jaarlikse Topgun klubtennistoernooi op Sun City deelgeneem. 16 Tennisklubs in die land ding teen mekaar mee. Gerrie se span het ‘n 6de plek behaal uit 16 spanne wat deelgeneem het in die landswye klubtoernooi. Gerrie is tans ‘n tennisafrigter by Sweetspot Tennis en ‘n kondisioneringsafrigter by die Sweetspot gimnasium op Ceres.

CERES rolbalklub het die afgelope naweek ‘n baie suksesvolle Ceres Ledebeker rolbaltoernooi aangebied. Die toernooi is deur Personal Trust geborg en 36 lede en nielede tussen 13 en 80 jaar het vir die toernooi ingeskryf. Dirk Olivier, Tiaan Mostert en John Ackermann (foto links) was die wenners. Christo Olivier, Engela Lambrechts en Elsabe de Bruin (foto bo) was in die tweede plek. Hier staan Lauren Godet van Personal Trust (borg) saam met die naaswenners.

Make your life easier with Mobile convenience CONTROL YOUR HOME FROM ANYWHERE!

VISVANG KOMPETISIE

Inskrywingsfooi: R150 per stok Spanne: R500 per span van 5 lede Inskrywing begin: 06:00 - 07:00 Visvangtyd: 07:30 - 18:00

29 Januarie 2022 Daytona dam

(Raymond Koopstad)

1ste PRYS R1 500 Grootste vis 2de PRYS R1 000 Swaarste sak 3de PRYS 2 BOTTELS WHISKEY Geesvang

OPEN GATE VIA MISSED CALL

Simply dial the G-ULTRA and the missed call automatically trigger your gate to open, for super safety and ultra convenience SKAKEL ONS VIR ALLE HEKMOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES

023 1000 515 066 205 3312 info@jptek.co.za

DAAR SAL TOEBROODJIES, KOFFIE, WORSROLLETJIES EN KOELDRANK TE KOOP WEES

Vir kaartjies skakel Sheryl by ☎ (023) 312-3935 (k/u) admin@witzenbergapd.org.za

MORGAN Paxton (regs), ‘n karatestudent by Senshi Dojo, het Maandag tydens ‘n gradering in Wellington by Boland Dragons haar blou gordel verwerf. By haar staan sensei Wayne Vermeulen van Senshi Dojo op P.A. Hamlet.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.