Witzenberg Herald Vol.23 no.48 (Online Weergawe)

Page 1

WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 48

R7.00

Friday, December 11, 2020

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 10 Desember

Vrydag 11 Desember

14° 23°

13° 19°

Saterdag 12 Desember

Sondag 13 Desember

13° 24°

13° 29°

☎ (023) 312-1916

Ceres Koekedouw dam

98,2%

DOWNLOAD OUR APP AND

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar

Lesing: 2020/12/09

Telephone: (023) 316-2021/3

FREE DELIVERY* For orders of R79 + more, within a 3km radius from Ceres

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Taxi-eienaar doodgeskiet DIE afgelope vier jaar is verskeie taxi-eienaars of taxi-bestuurders op Ceres en Tulbagh doodgeskiet. Sedert middel Julie vanjaar is daar nou ses taxi-eienaars of taxibestuurders doodgeskiet. Een taxi- en buseienaar is ernstig gewond en het ‘n aanval op hom oorleef. Die Wes-Kaap taxi-eenheid en die Ceres polisie ondersoek ‘n voorval nadat ‘n plaaslike taxi-baas, Archie Tyhobeka (38), Saterdag 5 Desember omstreeks 22:48 doodgeskiet is. Archie is die jonger broer van Andile Tyhobeka (40) wat op 11 Augustus 2016 by ‘n braai in Nduli doodgeskiet is. Volgens voorlopige inligting het Archie Tyhobeka Saterdagaand saam met ‘n ander man voor ‘n huis naby die taxi-staanplek in Nduli gesit toe mans hulle genader het. Hy is op kort afstand geskiet en is op die toneel dood. Hofverskyning Thandisile Swana (34) is kort na die voorval gearresteer en het Maandag 7 Desember in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is tot 21 Desember uitgestel vir borgaansoek en adresbevestiging. Ander skietvoorvalle In ‘n skietvoorval op 4 Augustus in Town Two, Lingelethu (buite Kaapstad) is Banele Mbuqe (46) van Ceres doodgeskiet. Op 25 Julie is ‘n buseienaar van Nduli, Sizwe (Mgeba) Adoons (41), ernstig gewond terwyl ‘n man wat saam met hom in sy bakkie gesit het, Mpiyakhe Qokole (48), doodgeskiet is. Die Wes-Kaap taxi-eenheid ondersoek ook die dood van ‘n Nduli minibus-eienaar, Victor Mbangula (66). Hy is op 18 Augustus 2020 voor sy huis in Zolastraat doodgeskiet. Onbekende aanvallers het Mzikayise Elliot Mzwakali (69), ook bekend as oom Elliot, op 18 September buite Tulbagh doodgeskiet. Dit was die tweede taxi-verwante skietery op Tulbagh. Tsehla Mphutlane (25) is op 20 Julie ses keer geskiet en het op die toneel in die Chris Hani woonbuurt gesterf. Inligting Indien inwoners oor enige inligting beskik of weet waar die aanvallers hulle bevind, kan hulle die polisie skakel 0860-010-111. Die ondersoekbeampte van die moord van Mbuqe is sers. Ntyileko Mase (021) 360-2263. Die ondersoekbeampte van die moord van Victor Mbangula, is sers. Mdokwana en hy kan op 071-904-7404 geskakel word. Die Tulbagh SAPD kan geskakel word by (023) 230-8100 en die Ceres SAPD by (023) 316-8600.

Drie voertuie in botsing betrokke DRIE voertuie was Donderdag 3 Desember in ‘n ongeluk by die Bella Vista-kruising betrokke. Volgens die Ceres polisie het die ongeluk omstreeks 16:05 op die R303 na P.A. Hamlet plaasgevind. Dit is onduidelik wie of wat die ongeluk veroorsaak het toe ‘n VW Polo, ‘n VW Citi Golf en ‘n Toyota Tazz teen mekaar gebots het. Niemand is ernstig beseer nie. Al drie die voertuie se bestuurders, L. Mdevu, H. van Rooi en C. Davids, is van P.A. Hamlet. Die nooddienste moes wel insittendes uit die een voertuig help wat vasgesit het.

Oop 16 Desember Gesluit 24 Desember ☎ (023) 312-2125

☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstraat 91

Ceres Toyota en Puma wens al hul kliënte en vriende ‘n Geseënde Kersfees en voorspoedige 2021 toe. Baie dankie vir die getroue ondersteuning deur die jaar.

All New Agya .............. R2 899 *p/m New Rav4 2.0 GX ....... R5 599 *p/m New Corolla 1.8 CVT .. R3 699 *p/m *T’s & C’s Apply

Voortrekkerstraat 112, CERES ☎ (023) 312-1057

Ceres Toyota

Vosstraat 44, CERES ☎ 083-461-0928

Voortrekkerstraat 91, CERES

Baie dankie vir elkeen se ondersteuning deur 2020. Mag dit vir u en u gesin ‘n baie Geseënde Feesgety wees.

Margerita ............................... 5999 Hawaiian ................................ 7999 Salami .................................... 7999 Regina ................................... 8999 Queen of Heaven / Regina Celi .. 8999 Greek / Greca .......................... 8999 Peppe’s Pizza .......................... 9999 Four season / Quattro stagioni . 9999 Russian & Chips ...................... 9999 Hanisha’s Tuna ....................... 9999 Three Meats ......................... 11000 Three Meats & Jalapeno ........ 12000 Bacon, Mushroom, avo ......... 12000 Three cheese and fig .............. 12000 Nutella Star Delux ................... 8999

Slegs beskikbaar Donderdae, Vrydae + Saterdae! Bestel en kom tel net op!


2

WITZENBERG HERALD

Friday, December 11, 2020

Oom Veertjie word 106 jaar oud OOM Veertjie is Ceres se oudste inwoner en het Donderdag sy 106de verjaarsdag by Huis Pieter Strauss gevier. Hy loop nog rond met die hulp van sy kierie en rook nog so af en toe ‘n sigaret. Volgens die personeel rook hy al vandat hy 13 jaar oud is. Daar is egter bitter min inligting oor oom Veertjie beskikbaar. Hy het blykbaar, voordat hy in Huis Pieter Strauss kom woon het, in die P.A. Hamlet-omgewing rondgeswerf. Hy het iewers in die Ceres Karoo grootgeword en op plase gewerk. Hy onthou nie meer die plaas of eienaars se name nie. Hy het wel die 1918 Groot Griep, twee Wêreldoorloë en ook COVID-19 oorleef.

Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/ social media, as they are too small.

BELLA VISTA PRIMêR

RESCUES UP FOR ADOPTION

VOEDINGS-TANNIE

Currently at the shelter

Dixie Marius Female. Born 10/06/2020. Male. Born 21/07/2020. Small breed. Small to medium Terrier Cross.

Vereistes: • Kosvoorbereiding vir groot getalle leerders • Lief om met kinders te werk • Gesonde, energieke dame Sluitingsdatum vir aansoeke: 18 Desember 2020 om 12:00 Rig aansoeke met volledige CV aan: Die Skoolbestuurder Bella Vista PS bellavista.prim@wcgschools.gov.za Of gee per hand af by die skool Indien u binne 2 weke vanaf sluitingsdatum nog nie van ons gehoor het nie moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

DIE Togryers museum bedank die Ceres-gemeenskap vir hul bydraes. Omgeepakkies kon vir talle verkragtingslagoffers opgemaak word tydens die 16 Dae van Aktivismeveldtog. Dit is met dankbaarheid aan die Ceres Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele misdrywe (GKS-eenheid) oorhandig. VLNR: Anneline Dunn (Togryers museum), kaptein Luther Lombaard, Candice Taylor (Togryers museum), Petrolene van Rooi (Togryers museum), Bertdene Laubscher (bestuurder Togryers museum), s/sers. Hopley en s/kst. Tsiane.

Oudste inwoner

Tannie Ray word 98 GYDOSIG aftreeoord het verlede Vrydag die verjaarsdag van hul oudste inwoner, Ray von Buddenbrock gevier. Sy het op 4 Desember haar 98ste verjaarsdag herdenk. Gydosig het haar getrakteer met heerlike eetgoed en rooi rose. Kariem Adams (onderburgemeester) het haar verras met heerlike versnaperinge.

☎ (023) 315-5003 ✉ 35 CERES 6835

Mimmie Marie Female. Born 21/07/2020. Female. Born 21/07/2020. Small to medium Terrier Cross. Small to medium Terrier Cross.

CA TS CATS

Mamsie Female. Born 21/07/2020. Small to medium Terrier Cross. All adoptions are subject to a home check. Adop-tion fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Inclu-des a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolse-ley must be prearran-ged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment *Conditions apply

Plum Male. Born 19/09/2020

SEISOENSPOS: VURKHYSERBESTUURDERS

Ons benodig die dienste van vurkhyserbestuurders vir ons aanleg te Skoonvlei. HOOFFUNKSIES: • Hantering van palette/gmh’s binne en buite koelkamers • Laai van palette in tonnelkamers en rakke • Kratte tot 10 hoog stapel in BA kamers • Op en aflaai van palette/gmh’s vrugte vanaf vragmotors • Algemene instandhoudingswerk en skoonmaak werk en ad hoc take DIE IDEALE KANDIDAAT MOET: • Geldige rybewys van vurkhyser lisensie toon • Ondervinding hê van ry in koelkamers • Verwysings van vorige werke ‘n vereiste

SEWE tennisspelers van Laerskool Koue Bokkeveld is na die Boland tennisproewe genooi wat sal plaasvind vanaf 22-24 Januarie 2021. VLNR: Karin Fabricius, Linca Fabricius, Roné Lourens, Chris-Marié Lourens, Charl du Toit, Zak Oosthuizen en Hanno du Toit.

ONS BIED DIE SUKSESVOLLE KANDIDAAT: • Markverwante loon • Gunstige werksomstandighede Cozy Female. Born 19/09/2020

Contact Elise on 081849-2811

Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 22 Desember 2020 AANSOEKE KAN GESTUUR WORD AAN: lizette@cereskoelkamers.co.za Nodige vorms kan ook by Ceres Koelkamers kantoor te Boerneefstraat, Skoonvlei Nywerheidsgebied ingevul word. VIR ENIGE NAVRAE SKAKEL: Lizette Mostert (023) 315-5003

KARATEKAS van De Eike landgoed het goed gevaar tydens ‘n nasionale aanlynkompetisie waar hulle drie goues, een silwer en een brons medalje verower het. Enige plaas wat be-langstel om die dissiplineprogram te implementeer, kan vir renshi Andries Douglas skakel by 073-278-4400.


WITZENBERG HERALD

3

Friday, December 11, 2020

Amptenaar later in hof weens dronkbestuur

TWEE voertuie was Vrydagaand in ‘n kop-aan-kop botsing in Nuwekloofpas buite Tulbagh betrokke. Volgens die Tulbagh polisie het die ongeluk omstreeks 19:51 plaasgevind nadat ‘n silwer BMW, vermoedelik voertuie in die pas verbygesteek en teen die aankomende Toyota Corolla gebots het. Nooddienste was gou op die toneel en het drie mense gehelp wat in die Corolla vasgesit het en beenbreuke opgedoen het. Een van die in-sittendes in die BMW het ook sy been gebreek. Die ondersoek na die ongeluk is nog nie afgehandel nie en getuieverklarings is nog uitstaande. Klagte van roekelose en/of nalatige bestuur word ondersoek.

‘n MUNISIPALE amptenaar gaan in Januarie 2021, byna ‘n jaar na die voorval, in die hof verskyn weens dronkbestuur. Die 39-jarige vrou en werknemer van Witzenberg munisipaliteit, wie se naam bekendgemaak sal word sodra sy in Januarie 2021 in die Ceres landdroshof verskyn het, is Saterdag 15 Februarie 2020 omstreeks 22:00 in Gydopas deur die polisie voorgekeer. Sy was alleen in haar Nissan Qashqai en het die voertuig na bewering roekeloos bestuur. Nadat sy voorgekeer is, het die polisiebeampte alkohol geruik en is sy gearresteer en na die polisiestasie op P.A. Hamlet gebring. Sy is aangehou tot die Sondagoggend

waar sy aangekla is en later op waarskuwing vrygelaat is. Sy moet op 8 Januarie 2021 in die Ceres landdroshof verskyn nadat haar bloedtoetsuitslae teruggekom het. Ander klagtes Behalwe die bestuur onder die invloedklag is nog vyf klagtes bygevoeg. Die vrou word ook aangekla van twee klagtes van crimen injuria, omkopery van ‘n polisiebeampte, aanranding van ‘n polisiebeampte en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Daar is SASSA kaarte en ID’s in haar motor gevind. Die Witzenberg munisipaliteit het reeds voor die voorval in Februarie, met ‘n ondersoek teen die werknemer begin.

Nigeriese vrou moet R30 000 borg betaal ‘n NIGERIESE vrou wat met ‘n groot hoeveelheid dwelms en kontant betrap is, het Dinsdag 8 Desember R30 000 borg gekry. Sy het egter nog nie dit betaal nie en word tans in Worcester aangehou tot haar volgende verskyning op 18 Februarie 2021. Swaider Falatsa (25) het vir die eerste keer op 9 November in die Wolseley landdroshof verskyn op aanklagte van handel in dwelms. Die borgaansoek is einde November en begin Desember aangehoor. Agtergrond Lede van die Wes-Kaap polisie misdaadintelligensie-eenheid sowel as van die landelike bende-eenheid, het Donderdag 5 November met die nodige lasbriewe by ‘n huis in Whitestraat opgedaag. Die Nigeriese huishuurder was nie tuis nie en het die polisie ontglip.

‘n Vrou, vermoedelik sy meisie, Swaider Falatsa, was tuis en het die polisie in die huis toegelaat. Tydens die polisie se deursoeking van die huis en perseel, is daar beslag gelê op ‘n verskeidenheid dwelms en groot hoeveelhede kontant. Die polisie het op ondermeer 10 pakkies tik (nagenoeg 1.7 kg) met ‘n geraamde straatwaarde van meer as R200 000, beslag gelê. Hulle het ook twee sakke Mandrax tablette (nagenoeg 1000 tablette per sak), asook ‘n verdere drie sakkies met 100 mandrax tablette in, gekonfiskeer. Die straatwaarde word op byna R100 000 geraam. Die dwelms was versteek in ‘n versteekte kompartement onder ‘n koffietafel. Die polisie het ook op vier sakke met ‘n onbekende hoeveelheid plaaslike banknote en munte sowel as een sak met internasionale banknote daarin, beslag gelê.

Verhoor begin in Maart 2021 ‘n VEROORDEELDE verkragter sal in Maart 2021 in die Ceres streekhof verhoor word weens die verkragting van ‘n 10-jarige meisie. Warren van Wyk (32) moet weer op 17 Maart 2021 in die streekhof verskyn, meer as twee jaar na die voorval. Hy bly in aanhouding. Agtergrond Die verkragting het op Vrydag 7 September 2018 omstreeks 18:30 plaasgevind. Van Wyk, gewapen met ‘n mes, het die 10jarige meisie na bosse op die plaas Achtertuin geneem waar hy haar verkrag het.

Hy is kort na die voorval gearresteer en het hy op 10 September 2018 vir die eerste keer weens dié verkragting verskyn. Veroordeelde verkragter Van Wyk is ‘n paar jaar gelede skuldig bevind aan verkragting en is ‘n 8 jaar vonnis opgelê. Twee jaar van dié vonnis is opgeskort vir 5 jaar op voorwaarde dat hy nie weer ‘n soortgelyke misdryf sal pleeg nie. Hy is vrygelaat nadat hy ses jaar van die von-nis uitgedien het. Hy het voor die tweede verkragting by sy ma op die plaas Achtertuin gewoon.

WE OFFER OFFER: · Consulting Services · Maintenance · Access Control Remotely access your CCTV system and view live images · Audio and Visual on your mobile, tablet and computer. · Structured Cabling · Wireless Networking · Alarm Systems · Gate motors · IP Based CCTV Systems · Fibre Optic Installations · Analytic Based Alert Notification Systems · Analogue Based CCTV Systems * Obligation free quotes and assessments. Remote · Integrated Security Systems viewing subject to internet. Product images may vary.

SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS

SKAKEL ONS VIR 023 1000 515 ALLE HEK MOTORS 066 205 3312 | ALARMS | CCTV info@jptek.co.za INSTALLASIES

MAANDAG 7 Desember 2020 omstreeks 09:00, was Wolseley polisielede van B-skof besig met patrollies toe hulle ‘n verdagte voertuig opgemerk het. Die BMW het pas van ‘n bekende dwelmplek vertrek en het al vinniger begin ry toe hulle die polisie gewaar. Die voertuig het in Pine Valley woonbuurt gestop waarna die polisie twee Nigeriese mans van 26 en 39 jaar oud, in die voertuig aangetref het. Die mans het die polisie toestemming gegee om die voertuig te deursoek waarna ‘n oranje sak met nagenoeg 1000 mandrax tablette gevind is. Die mandrax tablette van 1.490kg asook ‘n verseëlde sak met tik van 582 gram is gekonfiskeer. Die straatwaarde van die dwelms beloop nagenoeg R110 000. Hier is die B-skoflede na die dwelmvonds. VLNR: Kst. Cashwinn Visagie, sers. Wayne Boer, kst. Ricardo Conradie, kst. Melzandrè Pieters, kst. Jacques Petshwa en kst. Edwill de Wee.

Die Witzenberg Herald se kantoor sal gesluit wees vanaf Vrydag 18 Desember 2020 en heropen op Maandag 11 Januarie 2021. Ons wens u en u gesin die vreugde van ‘n wonderlike feesseisoen en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe! Dankie vir u ondersteuning in 2020.


4

WITZENBERG HERALD

Friday, December 11, 2020

Minister Madikizela launches Festive Season Plan with added focus on containing Covid-19

OOM Veertjie is Ceres se oudste inwoner en het Donderdag sy 106de verjaarsdag by Huis Pieter Strauss gevier. Hier is ‘n paar personeellede saam met oom Veertjie afgeneem. VLNR: Anthea Pedro, Meagan Mars, Jan (Veertjie) Willemse, Beryl Januarie, Lillian Plaatjies en Hanna Hendricks.

EEN kabeldief is vasgetrek weens die diefstal van Transnet koperkabels. Lede van B-skof het Dinsdag 8 Desember omstreeks 09:50 anonieme inligting opgevolg dat mans in Pine Valley besig is om die plastiekomhulsels af te brand van gesteelde kabels. Met die polisie se aankoms op die toneel is die twee verdagtes herken voordat hulle op die vlug geslaan het. Een man is vasgetrek in ‘n informele huis naby die toneel. Die ander verdagte is aan die polisie bekend en sal eersdaags gearresteer word. Die gewig van die gesteelde kabels is 77.8 kg met ‘n straatwaarde van nagenoeg R38 000. AGTER: Kst. Cashwinn Visagie, sers. Wayne Boer, kst. Jacques Petshwa, kst. Melzandrè Pieters en kst. Ricardo Conradie. VOOR: Kst. Edwill de Wee.

IT will not be business as usual during this festive season. “Over the past years, we have had to deal with various situations beyond our control, such as the closing dates for schools and industries, which have a negative impact on the volumes we experience over the Festive period. This year we are dealing with an invisible enemy - the coronavirus”. The Western Cape is still expecting an influx of vehicular traffic from other parts of the province this festive season, and while this is good news for the tourism economy of the Western Cape, it will require us to take extra measures to keep our roads safe and to contain Covid19. This is why this year the department’s Festive Season Safety Plan also includes a focus on Covid-19, through increased enforcement and awareness of Covid-19 health and safety rules, especially on public transport. Road Safety: There are currently over 2 million registered motor vehicles in the Western Cape. A total of 5 445 719 vehicles entered the province in the 2019/20 festive season compared to 4 908 481 vehicles in 2018. Even though the province recorded a 23% decline in road fatalities during the previous festive season, I remain seriously concerned about the high number of people who are dying on our roads. The repetitive and major contributor to the high number of fatalities currently are pedestrians. This has remained a weekly pattern. If you are a pedestrian, do not drink and walk, please wear visible clothing and remove headphones and earphones when you cross the road. Play your part in making our roads safe. Safer roads are everyone’s responsibility. “Since October Transport Month, my Department’s Chief Directorate: Traffic Management has been providing structured Traffic Law Enforcement interventions. These include effective road safety education with communication and awareness programmes that positively influence all road users to improve behaviour when using the road network to commute within and beyond the Western Cape". "We will once again set up Compulsory Fatigue Management Awareness checkpoints at critical locations on the N1 and N2 to regulate specifically the drivers of public transport and to enforce the resting period of not driving more than 200km and or two hours at a stretch”. Responsible citizens: “The need for responsible driving reinforced by traffic law enforcement is a key part of our plan. We must not speed, always follow the rules of the roads, and ensure our vehicles are roadworthy. Drunk driving will not be tolerated. 318 motorists have been arrested for driving under the influence of alcohol between 27 March and 1 December 2020. A massive spike of 103 cases was recorded between 12 November and 1 December after the President announced the normal resumption of alcohol sales on 11 November. I would like to encourage everyone who will be visiting the Western Cape to always follow the Covid-19 golden rules of hygiene to keep us all safe during the festive season and to avoid the 3 Cs - close contact, close spaces and crowded places. Those who are using public transport must wear their face masks and ensure there is good ventilation at all times. I will, where possible, visit local and long distance public transport interchanges to ensure operators and passengers comply with Alert Level 1 regulations. I appeal to all people on our roads to drive and behave responsibly, and I wish you all a very safe Festive Season”.

KENNISGEWING • NOTICE Weens dinamiese groei in ons besigheid het die volgende pos ontstaan:

INSTALLASIE ELEKTRISIËN

Vereistes: • Enkelfase toetser sal tot voordeel wees, maar is nie ‘n vereiste nie • Opleiding moet voldoen aan ELCONOP 2 vereistes • Moet ondervinding van elektriese werk hê • Kennis en ervaring van werksaamhede in ‘n tegniese omgewing sal ‘n aanbeveling wees • Aansoekers met ‘n bestuurderslisensie sal voorkeur geniet • Hardwerkend, goeie gesondheid, betroubaar en sober gewoontes • Handvaardig en moet as deel van ‘n span kan werk • Moet bereid wees om oortyd te werk. Salaris is onderhandelbaar en vergoeding sal tydens die persoonlike onderhoud bespreek word. CV’s met aangehegte gewaarmerkte afskrifte van dienssertifikate, kwalifikasies, ID en rybewys moet by die aansoek aangeheg wees en gestuur word na: careers@jptek.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 20 Desember 2020 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik


WITZENBERG HERALD

Friday, December 11, 2020

‘n WENDYHUIS in Randstraat het verlede Donderdag 3 Desember onverklaarbaar afgebrand. Die brand is omstreeks 08:28 aangemeld en beide Witzenberg munisipale en die distriksmunisipaliteit se brandweerdienste is ontbied. Geen beserings is aangemeld nie.

5

Nou tyd om ekstra versigtig te wees DIT is nou tyd om ekstra versigtig te wees met COVID19 wat steeds toeneem in die Witzenbergstreek, veral op Ceres en in Bella Vista. Daar is nou 231 positiewe gevalle in die streek. Teen 8 Desember was daar meer as 22% van beddens in distrikshospitale, wat geoormerk is vir COVID-19pasiënte, ingebruik. Inwoners kan keer dat COVID-19 weer so vinnig versprei soos aan die begin van die pandemie. Statistieke Teen Dinsdag 8 Desember was daar 2002 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld, ‘n styging van 167 die afgelope week. Hiervan het 1694 volkome herstel. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 4868 (tot 8 Desember), daar is 141 772 positiewe gevalle aangemeld en 121 417 het herstel. Sewe en sewentig (77) Witzenberg-inwoners sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek weens die virus gesterf het. Vier persone het die afgelope week gesterf. Wees versigtig Om so gou as moontlik mense wie COVID-19 kan hê te identifiseer en te ondersteun sodat dit nie verder versprei nie, is gesondheidspersoneel besig met COVID19 sifting in veral die Bella Vista-omgewing. Die spanne rapporteer dat hoewel mense meer weet van COVID-19 as vroeër in die pandemie, daar wel mense is wie hulself nie kwarantyn nie. Indien jy nabye kontak met iemand gehad het wie positief getoets het vir COVID-19, of indien jy wag vir jou eie COVID-19 toetsuitslae, moet jy in kwarantyn wees. Dit beteken dat jy jouself van ander mense moet afsonder. Sonder jouself af deur gebruik te maak van WesKaap Regering Gesondheid en vennote se kwarantyn/ isolasiefasiliteite (023) 316-9600 of doen dit tuis deur: - In ‘n aparte kamer te bly en te rus - Uit te kyk vir simptome soos ‘n hoes, seer keel of koors. As jy simptome ontwikkel of sieker word, bel jou gesondheidswerker of (021) 928-4102. - Praat met jou gesondheidwerker oor wanneer jy jou afsondering kan beëindig. COVID-19 versprei deur die fyn druppeltjies wat die lug

WOLSELEY SAPD en die Wolseley GPF het op 3 Desember doeke vir 15 volwasse gestremdes uitgedeel. Die projek het saamgeval met die Internasionale dag vir persone met gestremdhede.

inbeweeg wanneer mense praat, hoes of nies. Jy kan dit inasem as jy nie ‘n masker oor jou mond en neus dra nie. Enige persoon kan COVID-19 versprei - ook jongmense.

BEMARKERS van Wes-Kaap Regering Gesondheid het Saterdag 5 Desember met mense in die Ceres-omgewing gepraat oor die belangrikheid daarvan om veilige keuses te maak en om vrae te antwoord oor hoe jy kan veilig bly terwyl jy sosialiseer.


6

WITZENBERG HERALD

classifieds

Bondels koerante @ R15 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Boland Roll on Lawn Daniël de Bruyn

Christina Florina Hartnek 1961/06/08 - 2020/12/03

Privaat begrafnis: Son. 13 Des. 2020

15 Desember 2020

Baie geluk met jou verjaarsdag Blou Bul!

Witzenberg Herald personeel

1953/11/16 - 2020/12/06

Privaat begrafnis: Don. 10 Des. 2020 Volgende reëls in opdrag van regering: • Net 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Onthou hande was of gebruik sanitizer • Maskers verpligtend Psalm 23 “Die Here is my Herder”

CERES NICO

Begrafnisdienste

 / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

Dawid (Dawie) Hanse

Van jou vrou Sarie, Samantha, Emile en kleinkinders

Mervyn Jacobs

Begrafnisdienste

 / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

1947/06/05 - 2020/12/06 Privaat begrafnis: Sat. 12 Des. 2020

Slegs 100 naasbestaandes 1,5m Afstand moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Was hande of gebruik sanitizer

Roudiens: Don. 10/12/2020 om 19:00, Erikastr. 308, BV Huis: 9:00, Erikastr. 308, BV Kerk: 11:30, VGK Bella Vista Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Marco Johnson

Privaat Verassing CERES NICO

Begrafnisdienste

 / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

Mervyn Jacobs

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

Voortrekkerstr., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

082-399-4068 ✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service

05/09/1988 - 11/12/2010

Dit is reeds 10 jaar wat jy skielik van ons weggeneem is en ons mis jou nog elke dag. In ons harte sal jy nog altyd bly voortleef.

Liefde Daddy, Mammie & MJ

Derrick Coetzee

1961/05/24 - 2020/12/05

Huis Huis: 10:30, Beetstr. 13, Ceres Kerk Kerk: 12:00, St. Andrews, Ceres

CENTRAL CERES MOTORS

Services: sell, install & repair

Begrafnis: Sat. 12/12/2020 Volgende reëls in opdrag van regering: • Net 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Onthou hande was of gebruik sanitizer • Maskers verpligtend

082-859-2300

CERES NICO

1952/10/10 - 2020/12/03

Met baie hartseer neem ons afskeid van ‘n eggenoot, pa, oupa, broer en vriend vir almal. Dawie, jy sal gemis word want jy was ‘n persoon wat almal gelukkig wou sien. Ons kan net baie dankie sê vir alles. Rus in Vrede.

Skakel

Volgende reëls in opdrag van regering: • Net 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Onthou hande was of gebruik sanitizer • Maskers verpligtend Psalm 23 “Die Here is my Herder”

Frans Botma Karolus Jacobus Smith

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

1959/12/14 - 2019/03/07

It has been two birthdays since you left us. No farewell words were spoken, no time to say goodbye. You were gone before we knew it and only God knows why. From Regina Prins and your best friend Justin Fortuin

Regina (Fienie) Koopman

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476

SELECT LAUNDRY

In caring memory of a special husband, father and grandfather. You have made a unique mark in the lives of all those you touched. Your presence will surely be missed. May your soul rest in heavenly peace. From your wife Janine, children Mitch and Merecia, Bronwynne and kids

1930/12/24 - 2017/12/15

It is now three years since you left us. You were gone before we knew it and only God knows why. My heart still aches in sadness, and secret tears will flow. What it meant to lose you, no one will ever know. From your children, grandchildren, Koopman en Prins families

Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuigsitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 w.t.o

Joubertstr. 16, Ceres •Wasgoed van publiek en besighede kan teen baie billike pryse hier gewas, gedroog en gestryk word. •Bring wasgoed ook in vir nét droog of stryk.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 59 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

TE KOOP PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

DIANA

is there to help: • Financial assistance • Bring back lost lovers • Court & Divorce cases • Pay after job is done

078-332-8932 Maama Baraka Jou oplossing is hier Liefdes spel/palmlesing ....................... R200 00 Geld in rekening in uur ....................... R150 00 Skrap lenings ... R150 00 Wen Lotto/Powerball ....................... R220 00 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ........ R200 00 Wen hof-/egskeidingsake ....................... R199 90 Werkpromosie .... R200 00 Skoonmaak en beskerming van huis ........... R200 00 Geluksolie/towering ....................... R300 00 Pensionarisse betaal as werk klaar is. Skakel of whatsapp 071-707-2066

Dr Johnson

begin

• sterk medisyne nodig het

om verskillende probleme op te los • ‘n verlore minnaar terug te kry • ‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop • medisyne vir mans om krag te gee • enige hofsake • ‘n ongeluksfonds betyds te kry

Skakel of Whatsapp

074-466-5760

☎ (023) 316-1201 082-821-3610

Ons voldoen aan u versoek

1961/05/24 - 2020/12/05

nuusbrokkies

Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson. Hy wil dit gee vir mense wat: • met ‘n besigheid wil

AND FRAMES

Friday, December 11, 2020

Secure storage space We are situated in Schoonvlei Industrial Please contact: Mitch Jantjies 082-575-3181

2006 Mercedes 200 Compressor 183 000km Diensrekord beskikbaar Vir navrae skakel: JH vander Merwe 083-444-9745 (Tydens kantoorure)

Ontvangsdame / Verteenwoordiger Ons benodig ‘n betroubare persoon by ons kantoor in Tulbagh. Vereistes: • Die persoon gaan verantwoordelik wees vir skakeling met kliënte • Polis verkope en algemene administrasie werk • Persoon moet verkieslik in Tulbagh woonagtig wees. E-pos CV na: valleyfunerals08 @gmail.com Of gee af by: Tulbagh tak (023) 312-2392

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.

nuusbrokkies DIE Togryers museum begin met ‘n nuwe klokke-projek. Die Vriende van die museum in samewerking met die museum begin eersdaags met die projek waarin ‘n databasis saamgestel word van al die historiese klokke in en om Ceres. Die publiek word gevra om die projek te ondersteun deur enige inligting deur te stuur. Indien daar ‘n klok is waar jy woonagtig is of jy is bewus van een naby jou, skakel Marthinus de Villiers (voorsitter) by Museumfriends2020@gmail.com met die nodige inligting. Die instuur van fotos word verwelkom. Onthou om alle inskripsies of detail op ‘n klok sigbaar te fotografeer en nie net die klok in geheel nie. Die projek kan nie suksesvol wees sonder die hulp van die publiek nie en daarom maak ons staat op elkeen wat ‘n bydrae kan lewer. BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het.

vervolg

HET jy ‘n belangstelling in Ceres se kultuurhistoriese erfenis? Waarom nie aansluit by die Vriende van die Museum teen ‘n minimale lidmaatskapfooi? Die organisasie beywer hom vir die bewusmaking, bewaring en uitbou van die groter Ceres se historiese erfenis. Aansoekvorms is by die Togryers museum (023) 312-2045 verkrygbaar. Die PPK toer na Israel vind weens COVID19 eers vanaf 6 - 13 Desember 2021 plaas. Navrae kan aan past. Isaac Jacobs gerig word by 084-657-4673 of isaacjacobs50 @yahoo.com. Beperkte plek beskikbaar. CANSA Relay For Life Witzenberg organiseerders nooi alle ou en nuwe spanne uit om in 2021 te kom deelneem en om ‘n span in te skryf. Skakel vir Gerrit Kortjé by 083-4358006 of Jadrey Skippers by 063-623-1525. THE new Firearm Amnesty period will give illegal firearm owners a second chance to surrender their firearms. The amnesty period allows anyone with illegal or unwanted firearms and ammunition to hand them in at their nearest police station. The amnesty period will run until 31 January 2021. When the person visits the SAP13, the person have 14 days to re-apply, at his Firearm office. Otherwise the firearm can and will be forfeited to the state as said on the SAPS 548. If you want to keep yours then now is the time to apply to re-licence it/them and make sure that your competencies are in order. ADOPT a Museum Project - Neem ‘n Museumprojek aan. Togryers museum het tans projekte wat aaneenlopend plaasvind en wil graag Witzenberg gemeenskap betrokke maak by die projekte. Indien jy belangstel daarin, kan jy ‘n e-pos na togryersmuseum@ gmail.com stuur vir ‘n afspraak. BAINSKLOOF PASS access 2020-2021. To all users and visitors to Bainskloof on the R301. Until further notice: • Only residents displaying the correct panel will be given access to Eerste Tol • Only use the R301 road from the Darling bridges past the Calabash Bush Pub to access properties as far as Tweede Tol • Stop-Go sections will be in place until completion • Report any problems to the Works superintendent on 071-344-9701 • Do not try to use the road past Eerste Tol. Motorists will be sent back from either direction. The pass between Eerste Tol and Tweede Tol is CLOSED to public vehicles. ‘n INWONER, Joerrie Swarts, word versoek om dringend met die kliniek op P.A. Hamlet in verbinding te tree. Hy het iets in ‘n taxi vergeet waarna die verlore artikel by die kliniek ingehandig is. Hy kan (023) 814-2600 skakel. THERESA Adriaans van Kaapstad vra inwoners van die streek om te help om haar broer, Neil Ruiters (gebore 7 Februarie 1977) op te spoor. Indien iemand weet waar Neil hom bevind, kan hulle Theresa skakel by 082-546-7289. Hy is laas gesien in die P.A. Hamlet- en Ceres-omgewing. YOUNG Good Hope RVK se algemene jaarvergadering vind plaas op Saterdag 19 Desember in die Bella Vista jeugsaal (langsaan sportgronde). Die vergadering begin om 14:00. Bring ook jou ID-dokument saam vir registrasie. Regulasies moet nog steeds gehandhaaf word soos die dra van maskers, hande was en veilige afstand. Vir navrae skakel Des van Wyk by 082-574-7932


WITZENBERG HERALD

7

Friday, December 11, 2020

Working on Fire is gereed vir die brandseisoen WORKING on Fire Wes-Kaap is gereed vir die brandseisoen. Vyf brandpunt-spanne met opgeleide WOF brandbestryders, is vanaf 1 Desember in vyf gebiede ontplooi. Een hiervan is Wolwekloof in Michellspas. * 14 Brandbestryders het reeds die afgelope naweek by Kluitjieskraal gehelp om ‘n veldbrand onder beheer te bring. ‘n Helikopter en vliegtuig is ook ingespan om die brand te blus.

1 uit 28 S.A. vroue word deur borskanker geraak DIE vroeë sifting en diagnose van borskanker derne mediese vooruitgang en vroegtydige sifting en kan vroue se kanse op oorlewing dramaties ver- diagnose daartoe lei dat meer pasiënte oorleef, en dat pasiënte kanker kan klop met minder aggressiewe en beter.

Borskanker is die mees algemene kanker onder vroue in Suid-Afrika en raak 1 uit 28 vroue. Volgens die Nasionale Gesondheidslaboratorium is die voorkoms in stedelike gemeenskappe so hoog as 1 in 8 vroue. Vroegtydige sifting en diagnose van die siekte kan vroue se kanse op oorlewing egter dramaties verbeter en verminder die behoefte van aggressiewe en indringende behandeling. Oktober was Borskanker-bewustheidsmaand en die Breast Imaging Society of South Africa (BISSA) doen steeds ’n beroep op vroue om gereeld selfondersoek te doen en om vanaf die ouderdom van 40 af, jaarliks vir ’n mammogram te gaan. “Borskanker raak vroue van alle ouderdomme, rasse en sosio-ekonomiese omstandighede. So skrikwekkend as wat ’n kankerdiagnose is, is die goeie nuus dat mo-

indringende behandeling. Die behoefte aan vroegtydige en akkurate diagnose kan eenvoudig nie oorbeklemtoon word nie,” het Professor Jackie Smilg, voorsitter van BISSA, wat ’n subspesialiteitsgroep van die Radiologiese Vereniging van Suid-Afrika (RSSA) is, gesê. Vroegtydige diagnose “Vroegtydige borskankerdiagnose verminder sterftes, verleng lewensverwagting en verbeter lewensgehalte. Die vroegtydige diagnose deur mammografie maak dit ook moontlik dat minder uitgebreide chirurgie, minder mastektomieë en minder gereelde of aggressiewe chemoterapie nodig is.” Die doel van sifting vir borskanker is om die siekte te identifiseer voordat dit simptome veroorsaak. Gereelde sifting verhoog die kanse dat borskanker geïdentifiseer sal word terwyl die gewas nog klein en beperk is tot die bors.

DRIE voertuie was Donderdag 3 Desember in ‘n ongeluk by die Bella Vista-kruising betrokke. Volgens die Ceres polisie het die ongeluk omstreeks 16:05 op die R303 na P.A. Hamlet plaasgevind. Dit is onduidelik wie of wat die ongeluk veroorsaak het toe ‘n VW Polo, ‘n VW Citi Golf en ‘n Toyota Tazz teen mekaar gebots het.

Wind Farm establishes eleven sustainable food gardens IN a Public-Private-Partnership, Perdekraal East Wind Farm has announced its’ funding of eleven sustainable food gardens, in support of the Department of Agriculture’s drive to increase food security in the area. The food gardens are being established in partner communities in the Witzenberg Municipality and gardens at a school, a crèche, homes, a church ground and small holding. Sustainable food gardens are being set up at Babbel Bekkies Créche in Hamlet, funded by Perdekraal East Wind Farm. FLTR: JoAnne Brown (Perdekraal East Wind Farm), Andrey Andrews (Food Garden Project Coordinator), Raquel Koopman (Food Garden Project Co-ordinator), Christine Claasen (Babbel Bekkies Créche), Beauty Theto (Perdekraal East Wind Farm), Roselene Skippers (Food Garden Project Facilitator) and Gerturida Klaasen (teacher).

Saterdag om 09:00 12 Des. 2020 te Maudie Mark

Van Riebeeckstraat 25, Ceres

NOTICE In the Estate of the Late: WILLIAM EDWARD SLATER Estate no: 006877/2018 Id. no. 411109 5016 086 Date of death: 15th MAY 2018 Address: RAPTOR RISE FARM, TULBAGH,WESTERN CAPE, 6830 who was married out of community of property to AVERIL FAITH SLATER Id. no. 560829 0023 089 The first and final liquidation and distribution account in the Estate will be open for inspection for a period of 21 days at the office of the Master of the High Court in Pietermaritzburg and at the Magistrate Court in TULBAGH, as from 11TH DECEMBER 2020. COLENBRANDER INC Agent to the Executor P.O. Box 456, Hilton, 3245 ☎ (033) 343-0800 E-mail: bonita@colenbrander.co.za

OPENBARE KENNISGEWING VAN HERSKEDULERING VAN RAADSVERGADERING NA 17 DESEMBER 2020 Ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000), word hiermee kennis gegee dat die geskeduleerde Raadsvergadering van 9 Desember 2020 soos volg herskeduleer word: Datum

Tyd

Plek

17 Desember 2020

09:00 Virtuele vergadering

Besonderhede Raadsvergadering

PUBLIC NOTICE OF RESCHEDULING OF COUNCIL MEETING TO 17 DECEMBER 2020

Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000), that the scheduled Council meeting of 9 December 2020 is being rescheduled as follows: Date

Time

Venue

Particulars

17 December 2020

09:00

Virtual meeting

Council meeting

D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3


8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eie-naars, Snyman, Voor-trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarl-coldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeurs-reg 1978 gereprodu-seer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, December 11, 2020

Witzenberg Herald

De Jager 15de in Munga

DIE sesde Munga bergfietsren oor meer as 1100 kilometer vanaf Bloemfontein tot op Wellington, het Maandag 7 Desember ten einde geloop. In hierdie moordende uithouwedren het fietsryers 120 uur om die afstand te voltooi. Twee fietsryers van Ceres, Pierre de Jager en Boetie Hugo (inlas), het aan die Munga deelgeneem en dit voor die afsnytyd klaargemaak. Dit is seker die uitdagendste wedren ter wêreld. * Die wedren is deur Hansie Joubert in 56 uur en 50 minute gewen. Pierre het in ‘n skitterende 15de plek klaargemaak in 79:07:00. Boetie Hugo het in die 50ste plek klaargemaak in 93:55:00. (Pierre was in 2019 in die 47ste plek en Boetie 48ste).** Pierre het met sy deelname aan die Munga 2020 gehelp met ‘n geldinsamelingsprojek vir die 61 Meg Makkerhulpfonds. Dit sal waardeer word indien belangstellendes nog kan bydra tot dié fonds. FOTO: Erik Vermeulen

Trevor wen gholfdag TREVOR Abrahams het Saterdag die individuele stableford kompetisie met 39 punte gewen. J. Joubert was tweede en Johan Smit in die derde plek, beide met 38 punte. Henk Rossouw was vierde met 37 punte.

Swaar TYE. Warm HARTE

KLERE DONASIES

Ons is dringend op soek na klere en skoene vir dames en kinders

Kom gee asb. af by die Ceres Omgeewinkel Lyellstraat 66, Ceres (agter Celebrations) Vir enige navrae skakel: 082-696-6427 (Frans)

Plaaslike spelers blink uit op rolbalbaan DRIE vroue van Ceres, Marietjie van den Bergh, Engela Lambrechts en Charmaine Mostert, het vanaf 29-30 November in Worcester deelgeneem aan die tweedag driespel-rolbaltoernooi. Die span het tweede geëindig in die plaatafdeling. FOTO ONDER: Die jaarlikse Theuniskraal rolbaltoernooi is onlangs op Tulbagh afgehandel. Vanjaar het die Griebenauw-span van Delta, koning gekraai en die gewilde toernooi gewen. VLNR: Ferdi Griebenauw, Louis Diedericks, Ockie Griebenauw en Daniel Griebenauw.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.