WH Her ald Witzenberg
Volume 26 no. 48
R 8.50
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 7 Desember
Vrydag 8 Desember
Saterdag 9 Desember
Sondag 10 Desember
14° 32°
13° 29°
12° 24°
10° 30°
Friday, 8 December 2023
WITZENBERG HERALD
CERES KOEKEDOUW DAM
97%
TULBAGH DAM
91%
WAVERENSKROON TULBAGH
66%
2023/12/15 - 2024/01/08
Lesings geneem: 2023/01/11
(023) 312-1916 CERES For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Vyf diewe beroof Pep winkel DIEWE het verlede week selfone en kontant by Pep beroof. Die voorval het verlede Woensdag 29 November omstreeks 09:15 plaasgevind by Pep op Wolseley. ‘n Gewapende verdagte het ‘n werknemer gevra om die kluis oop te sluit. Nadat sy dit nie kon doen nie, het die rower die vrou na ‘n kantoor geneem waar die ander werknemers aangehou is. Die verdagtes het geld uit die kasregister geneem asook ‘n aantal selfone voordat hulle op die vlug geslaan het. Die waarde van die diefstal is nie bekend nie. Diewe vasgetrek Die polisie het leidrade opgevolg maar die verdagtes het klaar uit die dorp gevlug. Inligting is na Wellington SAPD deurgestuur waarna hulle vyf verdagtes op Wellington gearresteer het met die hulp van inligting en nommerplaat kameras. Wolseley speurders ondersoek ook die mans se betrokkenheid by ander Pep winkels in die Wes-Kaap wat beroof is. Twee in hof Twee mans wat ‘n vrou in Novembermaand van duisende rande beroof het, het verlede week in die Ceres landdroshof verskyn.
Goeie speurwerk het verlede week gehelp dat die Ceres speurders twee verdagtes vasgetrek het wat Pep Ceres se geld gesteel het. ‘n Werknemer was op 20 November op pad om die geld te gaan bank by Standard Bank toe sy van R66 000 beroof is. Sy is deur ‘n gewapende man, Kamva Gqalaqha (22), voorgekeer en beroof. Na dié roof het die mans in ‘n wit Colt bakkie weggejaag. Hulle het egter op die hoek van Zulch- en Cilliersstraat teen ‘n Toyota bakkie gebots. Na die ongeluk het Gqalaqha uitgespring en weggehardloop. Die vrou wat hulle beroof het, se handsak is in die bakkie gekry. Die polisie het die bestuurder van die bakkie, Ibrahim Dwaba (19), wat vrugtesmous in Munnikstraat, gearresteer. Hy het ook eers probeer weghardloop maar is deur omstanders op die toneel gehou. Gqalaqha is op Dinsdag 28 November deur speurders gearresteer. Van die geld is by hom teruggevind. Hofverskyning Die mans het verlede week vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn waarna die saak vir ‘n borgaansoek na Woensdag 6 Desember uitgestel is. Hulle bly in aanhouding.
Ceres Toyota, Caltex, Puma en OK wil graag al hulle kliënte bedank vir die ondersteuning gedurende die jaar en wens almal ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2024 toe.
Voortrekkerstraat 112, CERES ☎ (023) 312-1057
Ceres Toyota
Vosstraat 44, CERES ☎ 083-461-0928
TWEE van Kaapse Wynland helikopters is Saterdag 2 Desember omstreeks 10:00 ontbied om die NCC grondspan te help om ‘n brand in Michellspas naby Witbrug, te blus. Cape Nature het Dinsdag steeds die gebied gemonitor dat die brand nie weer opstaan nie. Die oorsaak van die brand is onbekend. Die helikopters het by Witbrug kom water skep.