Witzenberg Herald Vol.24 no.48 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 48

R7.50

Friday, December 10, 2021

Since 1997

Vrydag 10 Desember

15° 31°

15° 31°

Saterdag 11 Desember

Sondag 12 Desember

(023) 316-2463

Donderdag 9 Desember

13° 26°

13° 26°

Ceres Koekedouw dam

100%

For T&C’s visit www.steers.co.za

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig

Lesing: 2021/12/08

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Bestuurder dood, 24 beseer ‘n TAXIBESTUURDER (38) is die naweek dood en 24 mense beseer in ‘n kop-aankop botsing naby Koelfontein-plaas. Twee voertuie met sleepwaens het Saterdagoggend omstreeks 08:20 aan die begin van Gydopas teen mekaar gebots. Die bestuurder van die Toyota Avanza, David Ndutaka, van die Koue Bokkeveld, was op pad in die rigting van Op-die-Berg en is op die toneel dood waar hy agter die stuurwiel vasgekeer was. Volgens die polisie was ‘n Toyota Avanza en ‘n Toyota-minibus in die ongeluk betrokke. Die Avanza het na bewering agter ‘n Spar vragmotor uitgetrek net toe die Toyota-minibus met 24 insittendes wat in die rigting van P.A. Hamlet onderweg was, ‘n ander voertuig verbygesteek het. Die Toyota-minibus se bestuurder, Thabog Mondre van Lesotho, het na regs uitgeswaai om die steil berghang bokant Koelfontein te vermy en het die Avanza teen die bestuurderskant getref. Die beseerdes, meestal plaaswerkers van Sterkwater, is met drie EMS ambulanse en twee privaat ambulanse na die Ceres hospitaal vir behandeling geneem. Die meeste beseerdes het beenbeserings opgedoen. Dit is nie bekend of daar nog beseerdes in die Ceres provinsiale hospitaal behandel word nie. Net een pasiënt is na die Worcester provinsiale hospitaal oorgeplaas. Die polisie ondersoek die voorval.

‘n TAXIBESTUURDER (38) is die naweek dood en 24 mense beseer in ‘n kop-aan-kop botsing naby Koelfontein-plaas. David Ndutaka van die Koue Bokkeveld, was op pad in die rigting van Op-die-Berg en is op die toneel dood.

Ceres Toyota en Puma bedank al hulle kliënte vir hul ondersteuning gedurende ‘n moeilike jaar en wens julle ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2022 toe. OOP: 16 Desember GESLUIT: 24 Desember

Voortrekkerstraat 112, CERES ☎ (023) 312-1057

Ceres Toyota

Vosstraat 44, CERES ☎ 083-461-0928


2

WITZENBERG HERALD

Friday, December 10, 2021

INTERNASIONALE Vigsdag is op 1 Desember by Mooi Uitsig primêr gevier. Die personeel het hul deel vir bewusmaking gedoen deur elkeen ‘n rooi lint te dra. Oor die afgelope paar jaar kan geen gebeurtenis wat toegewy is aan die stryd teen vigs, sonder ‘n spesiale wapen - ‘n rooi lint gehou word nie. Hierdie simbool, wat ‘n begrip van die erns van die siekte beteken, is in 1991 geskep. Mooi Uitsig primêr se hulpbron klas onder leiding van Mackie Seroot, wat ook die skool se vigs koördineerder is, was ook deel van Wêreldvigsdag. Hier is hulle saam met die skoolhoof, Desmond Ceasar afgeneem.

Armes se belange belangrik JACOB Rooi van Bella Vista en leier van die Witzenberg Party (WP) skryf: TYDENS die onlangse raadsvergadering waar nuwe raadslede ingesweer is, het ‘n opposisie-raadslid agterna aan die DA-koalisie gesê hulle sal toekyk dat die armes se belange genoeg aandag geniet. Die Witzenberg Party kan ons hiermee vereenselwig. Oor die verligting van armes se lot behoort almal oor partypolitieke grense saam te werk. Teen dié agtergrond dus die volgende: Kan daar nie gesprekke wees met die departement van arbeid om ‘n plan te maak met die arme mense wat so in Ceres se hoofstraat - soms in hitte en koue - voor hul gebou in lang rye moet staan en wag nie? Wat is die kans om meer stoele in die onderdak-gedeelte voor die kantoor te plaas? Mens wonder ook of dié departement nie ‘n ander gebou kon huur om te verhoed dat mense op ‘n sypaadjie in die dorp se hoofstraat buite moet saamdrom. Terselfdertyd let ‘n mens ook op hoe mense soms by klinieke in lang toue staan en wag, dikwels met babas op die arm. Ek het ook onlangs ‘n hofamptenaar genader na klagtes oor ‘n hofsaak wat lank sloer en telkens uitgestel word en mense se beweringe dat hy nie genoeg doen om hulle te help nie. Een vrou se saak sloer al vir jare. Die amptenaar wou uiteraard nie die sake met my bespreek nie, maar het ook glo agterna niks gedoen om die arme vrou te help nie. Dit is betreurenswaardig dat arm mense dikwels rondgestoot of sleg behandel word deur amptenare in gesagsposisies. Die WP se dank word oorgedra aan die amptenare wat wel met deernis optree, die Batho Pele-beginsels uitleef en arm Witzenbergers daadwerklik by hul kantore probeer help.

GYDOSIG aftreeoord op P.A. Hamlet se oudste inwoner het Saterdag 4 Desember haar 99ste verjaarsdag gevier. Hier is Ray von Buddenbrock saam met die burgemeester, Hennie Smit (regs) en rdl. Ronald Visagie afgeneem in Gydosig siekeboeg. Die inwoners het die mylpaal saam met haar geniet.

WANGANELLA primêr het Woensdag 1 Desember ‘n baie geslaagde Wêreld VIGS bewusmakingsdag vir hul leerders aangebied. Leerders kon deur individuele aanbiedings verskillende uitbeeldings doen as bewusmaking. * Die skool bedank plaaslike sakelui vir hul bydrae en ondersteuning om van die dag ‘n groot sukses te maak.

WANGANELLA NGK primêr het ‘n ruk gelede die Witzenberg gemeenskap gevra om ‘n jong gestremde seun te help met ‘n rolstoel. Johannes Jacobs (foto links) is 5 jaar oud en serebraal gestermd en benodig ‘n rolstoel om sy beweging te vergemaklik. Hy begin 2022 met sy skoolloopbaan.* Johannes se ouers is baie dankbaar vir die skenking van ‘n rolstoel vir hom en wil graag dankie sê aan Ragel Willemse, Afrika Krotz en Johanna Muller. ** Indien daar nog inwoners is wat kan help en ondersteuning kan aanbied, sal dit baie waardeer word. Donateurs kan Elaine Jacobs (Johannes se moeder) skakel by 078-426-9931 of die skoolhoof Cyril Davids by (023) 312-2083.

INGENIEURSKLERK

Hierdie pos is huidig beskikbaar by ons Romansrivier kantoor. Dit is ‘n permanente aanstelling na suksesvolle voltooiing van ‘n proeftydperk.

SLEUTEL PRESTASIE AREAS: • Parte - opsporing, kwotasies, bestellings, koerier, aflewering kontroles, opvolg van bestellings. • BRC dokumentasie en vereistes vir afdeling. • Menslike Hulpbronadministrasie en -organisering van afdeling. • Gesondheid- en veiligheid van afdeling. • Ad-hoc Ingenieur- en administratiewe take. • Algemene administrasie VEREISTES: • Ten minste 2 jaar in ‘n soortgelyke posisie. • Moet detail georiënteerd wees. • Moet onafhanklik en pro-aktief kan werk. • Moet beskik oor uitstekende kommunikasievaardighede en menseverhoudinge. • Moet bereid wees om oortyd/nagskof te werk. • Moet beskik oor uitstekende rekenaarvaardighede. • ‘n Tersiêre kwalifikasie, kode 10 lisensie en/of PDP lisensie sal u aansoek versterk.

LONEKLERK Ons kliënt, BELLA FRUTTA PACKHOUSE (net buite Ceres), het ‘n geleentheid beskikbaar vir ‘n energieke & georganiseerde Ingenieursklerk.

Aansoeke (insluitende CV’s en salarisverwagtings) kan gestuur word na: info@thehrdepartment.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Desember 2021 SLEGS KORTLYS KANDIDATE SAL GEKONTAK WORD.

COREEN Claassen maak einde vanjaar klaar by Hoërskool Tulbagh na 25 jaar as onderwyser en 14 jaar as ouer. In 1994 het sy vir Carl Klein (regs), tans lid van Tulbagh SAPD, in haar graad 2-klas gehad. Vanjaar maak sy klaar met Carl se seun, Cayden (graad R).

Werwingsprosedures voldoen aan die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013

Minimum vereistes: • 5 Jaar toepaslike werksondervinding • Basiese rekenaarvaardighede • Goeie kommunikasievaardighede (verbaal en geskrewe) • Goeie administratiewe vaardighede • Vriendelik en netjies • Goeie menseverhoudinge • Goeie tydbestuur m.b.t. sperdatums. Vaardighede en vermoëns vereis: • Rekenaarvaardighede t.o.v. die volgende: TMS; VIP; MS Outlook; MS Word; MS Excel; MS Teams • Bystand met etiese en ander oudits • Byhou van personeelrekords • Basiese kennis van Arbeidswetgewing. Die Maatskappy bied aangename werksomstandighede en ‘n mededingende vergoedingspakket. E-pos ‘n volledige CV so spoedig moontlik aan: recruitment@graaff-fruit.com Sluitingsdatum vir aansoeke: 17 Desember 2021 Aanstellingsdatum: So spoedig moontlik. Indien u nie binne 21 dae na die sluitingsdatum van ons hoor nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.


WITZENBERG HERALD

3

Friday, December 10, 2021

Verkragtingsaak weer uitgestel vir pleit ‘n WITZENBERG inwoner het verlede week weer in die Wolseley streekhof verskyn weens verkragting. Die 63-jarige man het op 1 Desember vir die derde keer in die streekhof verskyn. Die verkragting-voorvalle het jare gelede plaasgevind en na bewering oor ‘n lang tyd aangehou. Die klaer het as kind in vrees geleef en oor die jare berading ontvang. Sy het besluit om klagtes te lê waarna die saak in September 2020 by die SAPD se GKS eenheid aangemeld is. GKS ondersoek nou die klagtes. Die saak is na 15 Desember uitgestel vir pleit. *Die strafproseswet verhoed media en ander bronne om seksuele oortreders en ontvoerders se name te noem alvorens hulle gepleit het.

Raadslid onskuldig ‘n RAADSLID van die Witzenberg munisipaliteit is Maandag op Tulbagh onskuldig bevind aan diefstal. Petrus Heradien (54) is op 6 Desember in die Tulbagh landdroshof deur landdros Pieter Klazen onskuldig bevind en vrygespreek op artikel 174 van die strafproseswet 51 van 1977. Die artikel bepaal dat indien die hof by afsluiting van dié saak vir die vervolging, van oordeel is dat daar geen getuienis is dat die beskuldigde (Heradien) die misdryf waarvan hy aangekla is of ‘n misdryf waaraan hy op die aanklag skuldig bevind kon word, gepleeg het nie, die hof ‘n uitspraak van onskuldig mag lewer. Klag Heradien het in die Tulbagh hof weens die diefstal van staatseiendom verskyn. Die diefstalklag teen Heradien spruit uit ‘n ondersoek wat ‘n verteenwoordiger van die departement van publieke werke in 2020 geloods het. Hulle het ‘n klagte in Oktober 2020 ontvang waar plaveistene ter waarde van nagenoeg R2000 op die middelmannetjie by die Tulbaghweg-kruising op die R46 gesteel is.

‘n MOTORBESTUURDER van Bella Vista het Sondag 5 Desember omstreeks 13:30 beheer oor sy Opel Corsa verloor en die motor naby Witels in Michellspas gerol. Hy is op die toneel deur EMS-lede behandel. * Die ongeluk was een van vele die naweek en nooddienste moes behoorlik bontstaan om by die ongelukke uit te kom. Lees elders in die uitgawe oor die twee taxis wat in kop-aan-kop botsing betrokke was. ‘n Voetganger is in Pinevalley raakgery en 'n ander voetganger buite P.A. Hamlet.

Kabeldief skuldig bevind

‘n KABELDIEF wat vir ‘n tweede keer in vier maande vasgetrek is nadat hy koperkabels op Ceres gesteel het, is skuldig bevind in die Ceres landdroshof. Mveliso Nanbani (28) is op 1 Desember in die Ceres landdroshof skuldig bevind en gevonnis tot R2000 boete of drie maande gevangenisstraf. Hy het teen Maandag nog nie die boete betaal nie. Agtergrond Die Ceres polisie het Maandag 19 Julie 2021 vir Nanbani met twee 20 liter verfdromme betrap waarin gesteelde koperkabels in opgerol was. Dit is vermoedelik in die omgewing van Agri pakmateriaal op Ceres gesteel. Die Ceres SAPD ondersoek ook ‘n diefstalsaak op 17 Maart waartydens Nanbani en ‘n onbekende makker, ty-

dens beurtkrag besig was om koperkabels te steel, toe die makker geskok is. Die voorval het omstreeks 18:45 by ‘n substasie naby Belmont Park plaasgevind. Ceres se krag het na ‘n beurtkrag-fase aangekom waarna die man geskok en hy erge brandwonde opgedoen het. Die makker is in die Ceres provinsiale hospitaal behandel en sou aangekla geword het sodra sy toestand verbeter het. Hy is egter ontslaan voordat die polisie van sy ontslag in kennis gestel is. Hy word steeds deur Ceres polisie gesoek en woon vermoedelik iewers in die berg agter die Dennebos. Indien die gemeenskap weet waar die man hom bevind, kan hulle die speurders skakel by (023) 316-8500.

Make your life easier with Mobile convenience

CONTROL YOUR HOME FROM ANYWHERE!

OPEN GATE VIA MISSED CALL

Simply dial the G-ULTRA and the missed call automatically trigger your gate to open, for super safety and ultra convenience SKAKEL ONS VIR 023 1000 515 ALLE HEK MOTORS 066 205 3312 | ALARMS | CCTV info@jptek.co.za INSTALLASIES

Die Witzenberg Herald se kantoor sal gesluit wees vanaf Vrydag 17 Desember 2021 en heropen op Maandag 10 Januarie 2022. Ons wens u en u gesin die vreugde van ‘n wonderlike feesseisoen en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe! Dankie vir u ondersteuning in 2021.


4

WITZENBERG HERALD

Friday, December 10, 2021

Inwoner praat oor verkragting deur bendelede DEUR Julian Jansen - Rapport DRIE bendelede van Ceres is einde Oktober skuldig bevind aan die verkragting van ‘n 28-jarige man. Hul vonnisoplegging sou op 3 Desember plaasgevind het maar dit is na 7 Februarie 20 22 uitgestel in afwagting van ‘n verslag - een van die veroordeeldes was 17 jaar oud toe die misdryf in 2017 plaasgevind het. Inwoner praat Die ingetoë en verfynde M* (28) van Bella Vista is twee keer in sy lewe wreed verkrag deur die Ford Boys-bende. In dié woonbuurt word mans soos hy deur homofobiese elemente “moffies”, “mannevroue” en ander beledigende name toegesnou en soms loop hulle deur onder geweld en ook verkragting. M is die eerste keer in Maart 2017 wreed aangerand en verkrag, maar weens die vernedering wat hy deurgemaak het en sy skaamte as die gemeenskap daarvan sou hoor, het hy daaroor geswyg. Toe bendelede hom weke na dié voorval weer verkrag, het hy besluit tot hier toe en nie verder nie. Hy het besluit om uit te praat. Hy skryf dit toe aan die geloof van sy familie, sy ma se gebede en die aktivistegroep Triangle Project dat drie mans gearresteer en aangekla is van ontvoering en verkragting. Rodney Beukes, Austin Fritz en Peter John (PJ) Adams, lede van die Ford Boys-bende, is einde Oktober skuldig bevind. M sê hy glo hy is geteiken omdat hy gay is. Sy drie aanvallers het hom in Augustus 2017 aan sy poniestert getrek uit ’n erf waar hy

gekuier het, en hom toe verkrag. M sê hy was “histeries” ná die voorval. Hy het gevrees dieselfde lot wag op hom as wat sy beste vriend, David Olyn, oorgekom het. Olyn is in 2014 in Bella Vista deur Christo Oncker vermoor. Oncker het daardie dag vir kinders wat grootoog daar gestaan het, gesê hy gaan ’n “moffie doodmaak”. Hy het Olyn by ’n geboutjie ingeneem, met ’n baksteen oor die kop geslaan, op hom gespring en agterna die gebou aan die brand gesteek. Oncker dien tans 17 jaar tronkstraf uit. Omkoop Die verdagtes het M probeer omkoop om die klagte teen hulle terug te trek, maar hy was vasbeslote om deur te druk. Hy sê die drie het ’n deel van hom geneem wat hy nie weer sal terugkry nie. “Dit het my só aangeraak, dis hoekom ek hierdie saak tot die einde wil sien.” Hy is ’n introvert en hoop sy saak praat hard met Bella Vista oor die feit dat aanvaarding van gays ’n groot uitdaging bly. Ná die verkragting het M na ’n veilige plek uitgewyk waar hy hom as geleentheidsbeplanner uitleef, maar veral belangrik, waar hy in veiligheid kan bly. “Ek wou graag hier op Ceres gebly het, maar die haat teen mense soos ek is steeds daar en dit maak dit vir ons gays onveilig en gevaarlik.” Sharon Cox van Triangle Project sê dié organisasie het M regdeur die saak ondersteun. Cox sê skuldigbevindings in sake van verkragting van mans is soms moeilik. “Mediese studente moet ook beter opgelei word om manlike slagoffers van verkragting te hanteer,” sê sy.

DOORNKRAAL INVESTMENTS (PTY) LTD ENVIROAFRICA CC THE PROPOSED BRIDGE AND GRAVEL ROAD UPGRADE ON PORTION 3 OF FARM VISGAT 207 AND PORTION 2 OF FARM 304, WITZENBERG VALLEY, WITZENBERG LOCAL MUNICIPALITY, WESTERN CAPE DEADP REF: 16/3/3/6/7/1/B5/2/1393/21 Notice is hereby given of the intention to submit a NEMA application and the public participation process, in terms of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998), as amended (“NEMA”), Environmental Impact Assessment Regulations 2014, as well as a Water Use License Application in terms of the National Water Act (Act 36 of 1998)(NWA). The proposed bridge and road upgrade includes activities listed in terms of the NEMA EIA Regulations 2014. EnviroAfrica cc has been appointed by Doornkraal Investments (Pty) Ltd to undertake the NEMA application process for Environmental Authorisation. Application for environmental authorization to undertake the following activities in terms of NEMA EIA Regulations 2014: Government Notice R327 (Listing Notice 1): Activity No. 12, 19 Government Notice R324 (Listing Notice 3): Activity No. 4, 12 Application in terms of NWA: Sections 21 (c) and (i). *Please note that the listed activities above may change during the course of the NEMA Application process. Registered I&APs will be notified of any changes. Project Description & Location: It is proposed that a new bridge be constructed over the Olifants River using pre-cast concrete culverts, placed upstream of the existing bridge. The proposed bridge will be 7.5m wide, and approximately 50m in length. The road on either side of the bridge will also be realigned (approximately 130m). An additional 495m of the entrance road will need to be realigned (three separate sections) to allow interlink trucks better access to the farm. The new road sections will be approximately 5m wide, with an 8m road reserve. The new bridge will be located on Portion 3 of Farm Visgat 207. The road realignments will be located on Portion 3 of Farm Visgat 207 and Portion 2 of Farm 304. Site co-ordinates: Bridge: 33° 04' 36.54"S 19° 13' 00.36"E Public Participation: Interested and Affected Parties (I&APs) are hereby notified of the application and invited to register (in writing) and/or provide initial comments and identify any issues, concerns or opportunities relating to this project to the contact details provided below, on or before 04 March 2022. In order to register or submit comment, I&APs should refer to the project name, and provide their name, address & contact details (indicating your preferred method of notification) and an indication of any direct business, financial, personal, or other interest which they have in the application. You are also requested to pass this information to any person you feel should be notified. Please note that only Registered I&APs will be notified of the availability of reports for public viewing and comment; will be notified of the outcome of the application, the reasons for the decision; and that an appeal may be lodged against a decision; and if applicable will be notified of the applicant’s intention to appeal the decision of the competent authority. In line with the Protection of Personal Information Act (Act 4 of 2013 - as amended) should any Registered I&APs not want their contact information to be published as part of any reports as part of this application, please inform EnviroAfrica in writing. A non-response in this regard will be taken as consent to make any contact information publicly available.

Consultant: EnviroAfrica CC. P.O. Box 5367, Helderberg, 7135 / Fax: 086 512 0154 / Tel: 021 8511616 / E-mail: clinton@enviroafrica.co.za

‘n MOTORBESTUURDER van Ceres het beheer oor sy Citi Golf verloor en op sy dak te lande gekom. Die ongeluk het Sondag 5 Desember naby Lakenvlei plaasgevind. Sover vasgestel kon word is niemand beseer nie.

CWDM announces new executive political leadership THE Cape Winelands district municipality elected their new council last week. “To all political colleagues, I thank you all for your displaying your integrity through your behaviour, not only in the run-up to the elections but also today at this inaugural meeting. We are looking forward to working together” stated Ald. (Dr) Elna von Schlicht during her inaugural speech. This is the second consecutive term for mayor von Schlicht. Elected to the following positions are, deputy mayor, Ald Margaret Sampson, who served on the Breede Valley’s mayco during the last term, cllr. Donovan Joubert who served in the capacity of single whip of council at the CWDM was elected to speaker. Cllr. Thys Blom holds two hats, he was elected to whip and continues to hold the position of ambassador for persons with disabilities. FLTR: Cllr. Donovan Joubert (speaker), Ald. Margaret Sampson (deputy mayor), cllr. Thys Blom (whip) and Ald. (Dr.) Elna von Schlicht (mayor).

OPENBARE KENNISGEWING VAN VERGADERINGS VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD: DESEMBER 2021 EN JANUARIE 2022 Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) van die volgende geskeduleerde Raadsvergaderings van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad: Datum

Tyd

Plek

Besonderhede

Woensdag, 15 Des. 2021

10:00

Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres

Gewone Raadsvergadering

Woensdag, 26 Jan. 2022

10:00

Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres

Gewone Raadsvergadering

PUBLIC NOTICE OF MEETINGS OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL: DECEMBER 2021 AND JANUARY 2022 Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meetings of the Witzenberg Local Municipal Council: Date

Time

Venue

Particulars

Wednesday, 15 Dec. 2021

10:00

Town Hall, Voortrekker Street, Ceres

Ordinary Council meeting

Wednesday, 26 Jan. 2022

10:00

Town Hall, Voortrekker Street, Ceres

Ordinary Council meeting

D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3


WITZENBERG HERALD

5

Friday, December 10, 2021

COVID-19 neem toe - kry jou inenting! MET ‘n skerp styging in aktiewe gevalle van COVID-19 in die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, doen gesondheidswerkers ‘n dringende beroep op inwoners om geleenthede te benut om ingeënt te word. Mense wie ingeënt is, se risiko om ernstig siek te word van die virus, is aansienlik kleiner as dié van mense wie nie ingeënt is nie. In minder as sewe dae het die hoeveelheid aktiewe gevalle van COVID-19 hier met meer as 200 gevalle toegeneem. Die skerpste stygings was in Stellenbosch en Drakenstein. Tot dusver is daar nog nie ‘n toename in hospitalisering by distrikshospitale in die omgewing nie. As jy in kontak met iemand was wat positief getoets het of self positief getoets het vir COVID-19, moet jy jouself vir 10 dae afsonder van ander. In die Kaapse Wynland is 58,6% van mense wie 50 en ouer teen 29 November ten volle ingeënt teen COVID-19 en personeel hou aan om inentings beskikbaar te stel by fasiliteite wat dit gereeld uitreike oor naweke bied. Die jongste Vooma-naweek het die totaal van mense wie ingeënt is in die Kaapse Wynland gebring tot by 547105. Die Vaxi taxi projek, in samewerking met Old Mutual, is op 7 Desember vir landelike gebiede geloods nadat dit onlangs in die Kaapstad metro met groot sukses begin is. Vierde golf Die vierde golf is hier. Beskerm jouself en jou gesin deur jou inenting te kry. Dra ook jou masker oor jou neus en mond wanneer jy sosialiseer. Onthou, dis veiliger om met min mense op ‘n slag in die buitelug te sosialiseer terwyl julle maskers dra. Inenting beskerm jou teen ernstige siekte as jy COVID-19 sou kry. Inenting voorkom dat jy gehospitaliseer word of sterf weens die virus. Mense wie ingeënt is, het ‘n verlaagde kans

om die virus oor te dra aan ander. Om mense van 50 en ouer aan te moedig om ingeënt te word, gee die nasionale departement van gesondheid vir hulle ‘n R200 koopbewys as hulle teen 31 Desember kom vir hul eerste inenting én hulle word outomaties deel van ‘n kompetisie waarin kontantpryse van tot R100 000 gewen kan word. Belangrike statistieke Teen Dinsdag 7 Desember het die aktiewe positiewe gevalle in die Witzenbergstreek na 9 gevalle gestyg. Daar is sedert die begin van die pandemie 7903 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 7541 herstel het. Statistieke wys dat Ceres steeds die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 1786 gevolg deur Bella Vista met 1226, Wolseley met 1039, P.A. Hamlet met 997, Tulbagh met 981, Nduli met 546 en Koue Bokkeveld plase met 654. By die drie korrektiewe dienste-sentrums in die streek, is daar sedert die pandemie begin het, nog net 89 gevalle aangemeld. Drie honderd drie en vyftig (353) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes is steeds 74 gevolg deur Wolseley met 56, Bella Vista met 54, Tulbagh met 44, P.A. Hamlet met 39 en Nduli met 30. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 20 250 (6 Desember). Daar is al 530 816 positiewe gevalle aangemeld en 504 621 het al herstel. In Suid-Afrika het meer as 2.86 miljoen mense al herstel. Die land het pas 90 000 sterfgevalle verbygesteek met 90 002 (7 Desember) mense wat al weens die virus in SuidAfrika gesterf het. Die land se herstelkoers is tans 94.2 %. Ander statistieke sluit in: die positiwiteitskoers het die afgelope twee weke skerp gestyg na 26.41% en die Wes-Kaap het al 4,261 miljoen mense ingeënt. Meer as 26.49% miljoen Suid-Afrikaners is al ingeënt.

DIE Vaxi taxi projek, in samewerking met Old Mutual, is op 7 Desember vir landelike gebiede geloods nadat dit onlangs in die Kaapstad metro met groot sukses begin is.

Plaaslike onderneming kry gesogte toekenning by provinsie ‘n PLAASLIKE entrepreneur van Ceres het op 25 November ‘n gesogte kompetisie van die Wes-Kaap departement ekonomiese ontwikkeling en toerisme, gewen. Nigel Jacobs van Jacobs Jam het die afdeling vir opkomende besighede gewen asook die Entrepreneur van die Jaar. Jacobs Jam is in 2018 begin en vervaardig sedert November 2020 ‘n verskeidenheid konfyte.Tans verskaf hulle werk aan sewe personeellede. VLNR: David Maynier (minister van finansies en ekonomiese geleenthede), Nigel Jacobs (wenner), Christiana Nel adjunkhoof Valsbaai Kollege en WCERA beoordeellaar) en Michelle Taberer (borg).

NUWE TELEFOONNOMMER

021 0233018

CERES (023) 316-2226 Exciting opportunities at Ceres Superspar

BLOKMAN

Catchment Management Agency Opvanggebied Bestuursagentskap I-Arhente yoLawulo lomMandla nokungqongileyo cnr. Mountain Mill & East Lake Roads, Worcester Private Bag X3055, Worcester 6850

CALL FOR PROPOSALS FOR FUNDING FOR WATER RELATED COMMUNITY DEVELOPMENT PROJECTS The Breede-Gouritz Catchment Management Agency (BGCMA) is inviting registered Non-Governmental Organisations and/or Non Profit Organisations in the BreedeGouritz Water Management Area, who are involved in water related community projects, to submit applications for funding to the BGCMA. Information and application forms are available at all the local libraries, on the BGCMA website: www.bgcma.co.za, and at the office of the BGCMA at cnr. Mountain Mill & East Lake Roads, Worcester or 101 York Street, George. Your application should consist of an application letter and a completed application form with all relevant requested documentation attached to be considered. PLEASE NOTE: The BGCMA’s Grant Policy does not provide for stipends/salaries/ wages. Any application requesting stipends, salaries or wages will not be considered. The Grant Policy makes provision for financial assistance up to the amount of R200 000 per project. For any further enquiries please contact E. van Rooyen at (023) 346-8000. Closing date for applications is 28 January 2022 Please submit applications to the following address: The Breede-Gouritz Catchment Management Agency Attention: Mr. Jan van Staden Private Bag X3055, Worcester, 6849 Or: Hand deliver to cnr. Mountain Mill & East Lake Roads, Worcester Or: Hand deliver to 101 York Street, George Or: E-mail to info@bgcma.co.za

The following requirements are needed: • Must be able to handle and work under pressure • Excellent people’s skills • Have Butchery experience specifically working with a Bandsaw • Must be willing to work weekends and shifts • Must be fully bilingual • Preferably reside in Ceres/Wolseley • Previous experience in this profession will be advantageous • Must have matric • Must have knowledge of hygiene and practise food safety regulations in the workplace.

MERCHANDISERS The following requirements are needed:• Assist in tracking progress toward budgets and objectives • Develop strong customer relationships • Ensure accurate and timely setup of product • Monitor and dispose of obsolete and excess products • Monitor movement of primary products • Stock shelves and build displays • Properly rotate stock • Back room inventory organization.

GENERAL MANAGER Die volgende vereistes sal u aansoek versterk: • Goeie kliënte- en kommunikasievaardighede asook goeie menseverhoudinge • Goeie entrepreneursvaardighede • Bestuursvaardighede • Moet ten volle tweetalig wees • Hoë energievlakke • Moet onder druk kan funksioneer • Oog vir “detail” • Moet bereid wees om naweke en skofte te werk • Matriek is ‘n vereiste • Rekenaarvaardigheid met kennis van Sigma sal u aansoek versterk • Vorige ondervinding sal in u guns tel. Salary negotiable. Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres3@retail.spar.co.za For attention: Human Resources Applications close: 19 December 2021 Employment acceptance: Willing to join as soon as possible Should you not receive any feedback by 24 December 2021, please consider your application unsuccessful.


6

WITZENBERG HERALD

classifieds

Marco Johnson

WARE VERHAAL

FOR SALE

LG

DVD PLAYER Model: DV276/DV296

R450

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Gelukwensingadvertensies Slegs R100 (BTW ing.) Standaard blokkie 6cm x 1 kolom.

Skakel Karin (023) 316-2021 of whatsapp na 066-316-3003

Andries Swarts 1962/01/23 - 2021/12/05 Privaat begrafnis: Sat. 11 Des. 2021

15 Desember 2021

Baie geluk met jou verjaarsdag Blou Bul!

Van al die Snymans en Witzenberg Herald personeel

Henry Winston du Toit

1968/05/12 - 2021/12/03

Roudiens: Don. 09/12/2021 om 19:00, Lotusstraat 12, Rooikamp, Ceres

Privaat begrafnis: Sat. 11 Des. 2021

Huis: 10:00, Lotusstraat 12, Rooikamp Ceres Graf: Bella Vista

• 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

John Albert Peres (Oom Plom)

(Negotiable)

Contact

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Soos per dié standaard blokkie van 6cm x 1 kolom.

Skakel Karin (023) 316-2021 of whatsapp na 066-316-3003

Maryna Yolanda (Mackenzie) Johnson

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476

Boland Roll on Lawn It broke our hearts to lose you, but you did not go alone. A part of us went with you the day God took you home. If tears alone could build a stairway, and heartaches make a lane, we’d walk our way to heaven, and bring you back again. In life we loved you dearly, in death we love you still, in our hearts you hold a place no one could ever fill. From your wife, children and grandchildren

John Albert Peres (Oom Plom) 1953/06/21 - 2020/12/13

Dierbare broer. Reeds ‘n jaar is jy van ons weg en dit voel nog so onwerklik, maar ons gun jou die ewige rus. Jy sal altyd onthou word vir die goedhar tige persoon wat jy was met die pragtige ‘smile’. Lief jou, ewig en vir altyd in ons harte. Van jou sussies Claudie, Mett en Ennie

Lawrence Swartz 11 Desember 2021

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

HEALER JULIUS

Dr Johnson

074-466-5760

MA SAL Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Whatsapp of skakel 082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit

• Was, droog en stryk teen billike pryse • Besighede is welkom vir kwotasies Ons voldoen aan u versoek

Aan my geliefde Lawrence. Jou eerste jaar weg van ons af. Die vermisting is nogsteeds groot. Jy sal vir altyd in my hart wees. Ek dank God vir jou toewyding aan Hom weet dat jy by Hom is.

Liefde jou vrou Shareldine

•met ‘n besigheid wil begin •sterk medisyne nodig het om verskillende probleme op te los •‘n verlore minnaar terug te kry •‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop •medisyne vir mans om krag te gee •enige hofsake •‘n ongeluksfonds betyds te kry

Skakel of Whatsapp

CENTRAL CERES MOTORS

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar in besigeid. Wessel de Beer 060-619-27 58 of 082-704-3276. w.t.o.

(Glo dit)!! My naam is Hazel, ek is 42 jaar oud, van Piketberg. Ek dank “Mama” Sherry wat my lewe verander het van hel deur vir my en my gesin te seën deur geluk te bring. Nou het ek my eie huis, groot besigheid en my eie duur motor. So asseblief, alle mense met lewensprobleme, skakel “Mama” Sherry met jou probleme. Sy kan help met finansiële probleme, en liefdesprobleme. Sien resultate binne 3 dae. Skakel gerus vir “Mama” Sherry. Sy sal jou help.

073-304-3531

Hy wil dit gee vir mense wat:

1969/04/11 - 2020/12/15

Sometimes I just wish you were here so I could tell you how much I need you and how hard everyday has been without you, since you‘ve been gone everything have changed. Time doesn’t heal anything, it just teaches us to live with the pain. Miss you so much and you will always be in my heart, always. Your husband Alan

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson.

1953/06/21 - 2020/12/13

Huis: 11:00, Azaliastraat 22, Montana Wolseley Kerk: 12:00, VGK Wolseley Graf: Wolseley

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

AND FRAMES

082-721-4043

• 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Slegs R100 (BTW ing.)

Daniël de Bruyn

1988/09/05 - 2010/12/11

Dit is reeds 11 jaar wat jy skielik van ons weggeneem is en ons mis jou nog elke dag. In ons har te sal jy nog altyd bly voortleef. Liefde Daddy, Mammie & MJ

Friday, December 10, 2021

Kruiekenner Help met onopgeloste probleme in: * Verhoudings * Familie misverstand * Bring verlore liefde terug * Werk & finansiële probleme * Besigheid hupstoot * Draai jou geluk om * Was ongelukkigheid af * Skoonmaak van huise (dryf uit bose geeste) Afspraak skakel/ WhatsApp

066-066-6740 PROPHET NAVI

call or whatsapp 084-592-8716

• Money in account • Magic wallet/ring • Lucky oil • Clean home/

business

• Promotion at work • Relationship/

pregnancy • Jealousy/ bad luck • Drug addiction • Claim pension/Uif

065-6311-997

Mama Jaliah

• Men problems • Lost lover • Money in account • Protection • Financial problems • Court cases Whatsapp/Call

CERES Toyota het twee vroue wat tans hul praktiese motorwerktuigkundige opleiding by hulle doen. Die opleiding word in samewerking met Boland Kollege aangebied waar studente elke maand vir een week na die kollege gaan vir teorieopleiding. Unathi Thulisile Queenrose Mbolekwa van Nduli (bo) het verlede week haar opleiding by Ceres Toyota voltooi. Sy is ‘n oudleerder van Iingcinga Zethu Secondary school en was die afgelope drie jaar by Toyota en een jaar aan die begin van die kursus by Jeep. Sy gaan weer in 2022 terug Boland Kollege toe vir ‘n finale eksamen voordat sy ‘n volwaardige motorwerktuigkundige word. Leneigh Albertus (onder) van Wolseley het haar eerste jaar praktiese opleiding by Ceres Toyota voltooi. Sy is ‘n oud Charlie-leerder.

073-280-8373

PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

• Financial problems • Bring back lost lover • Magic wallet, stick and rings • Court cases and delete loans • Money in account

CERES

I treat over phone

Die Witzenberg Herald se kantoor sal gesluit wees vanaf Vrydag 17 Desember 2021 en heropen op Maandag 10 Januarie 2022. Ons wens u en u gesin die vreugde van ‘n wonderlike feesseisoen en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe! Dankie vir u ondersteuning in 2021.

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

NUWE TELEFOON NOMMER

021 0233018 Mig. 3:1 “Ek het gesê: Luister, leiers van Jakob, regeerders van Israel! Weet julle nie wat reg is nie?”

Evangelis Jacobs


WITZENBERG HERALD

7

Friday, December 10, 2021

BRONAAR karatekas neem al jare deel aan renshi Andries Douglas se dissiplineprogram. Die karatestudente het onlangs gegradeer na hulle sewende Kyu groengordel. Fanie en Hendrien van der Merwe het die gradering bygewoon en die karatekas ondersteun. TWEE naweke gelede het renshi Andries Douglas ‘n suksesvolle Shihankai oefenkamp op Elandsbaai aangebied. AGTER: Sensei Wellen, sensei Marcello, sensei Dawid, sensei Sjarief, sempai Johnny, sensei Peter, sensei Martin, sensei Gerjo en sensei Andries jr. VOOR: Renshi Andries Douglas.

Fotografieklub sluit jaar op hoë noot af DIE Witzenberg Photografic Society (WPS) het die jaar op ‘n hoë noot afgesluit. Klublede het vanjaar ‘n totaal van 216 nasionale salonaanvaardings behaal waaronder 22 medaljes en vyf sertifikate van meriete. Op internasionale vlak het drie lede, Phillip en Louise de Lange en Mariana Visser, hul AFIAP honneurs verwerf en daar is ‘n totaal van 100 internasionale aanvaardings waaronder vyf internasionale sertifikate van meriete toegeken aan lede. Uitslae: - Die beste opkomende fotograaf vir 2021 was Liza du Toit gevolg deur Trevor Felix en Denise de Kock. - Die beste skolier-fotograaf was Liza du Toit gevolg deur Daniël Conradie en Jani van der Merwe. Al drie is leerders van Charlie Hofmeyr hoërskool. - Die beste junior fotograaf (1-3 ster) vir 2021 was Gerrit Opperman gevolg deur Liza du Toit en Trevor Felix. - Die beste senior fotograaf vir 2021 was Louise de Lange gevolg deur Phillip de Lange en Mariana Visser. - Die 2021 Foto van die Jaar (wisseltrofee geskenk deur Neels van Niekerk) is gewen deur Phillip de Lange (foto regs). Denise de Kock was in die tweede plek gevolg deur Christopher Andrews. - Die beste fotograaf vir 2021 was Phillip de Lange gevolg deur Louise de Lange en Liza du Toit. - Die algehele foto van die jaar is gewen deur Daniël Conradie met sy foto: Laaste Sneeu (foto heel regs). - Liza du Toit en Alexa Bothe is die eerste twee skoliere wat die PSSA 1 Diamond Rating ontvang het vir meer as 15 nasionale aanvaardings. - Phillip de Lange het ook die eerste honneurs toekenning DPSSA in Suid-Afrika ontvang vir meer as 80 aanvaardings vir nasionale aanvaarde toekennings vir foto afdrukke. Uitblinkers Ook junior fotograwe van die klub het vanjaar uitgeblink. Skoliere van Charlie Hofmeyr het gesorg hul skool behaal ‘n eerste plek nasionaal. Hul inskrywings het ook gehelp om SuidAfrika in tweede plek te laat eindig tydens die onlangse internasionale fotokompetsie: 34e Concours International de Photos pour la Jeunesse 2021 wat in Luxembourg plaasgevind het. Dit is ‘n fotokompetisie vir die wêreld se jeug. Jani van der Merwe het daar ‘n FIAP Ribbon (‘n derde plek) behaal met haar foto: Lilac Brested Roller.

VISVANG KOMPETISIE

29 Januarie 2022 Daytona dam (Raymond Koopstad)

1ste PRYS R1 500 - Grootste vis

2de PRYS R1 000 - Swaarste sak

3de PRYS 2 BOTTELS WHISKEY - Geesvang Inskrywingsfooi: R150 per stok Spanne: R500 per span van 5 lede Inskrywing begin: 06:00 - 07:00 Visvangtyd: 07:30 - 18:00 DAAR SAL TOEBROODJIES, KOFFIE, WORSROLLETJIES EN KOELDRANK TE KOOP WEES Vir kaartjies skakel Sheryl by ☎ (023) 312-3935 (k/u) admin@witzenbergapd.org.za

Die Witzenberg Herald se kantoor sal gesluit wees vanaf Vrydag 17 Desember 2021 en heropen op Maandag 10 Januarie 2022. Ons wens u en u gesin die vreugde van ‘n wonderlike feesseisoen en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe! Dankie vir u ondersteuning in 2021.


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, December 10, 2021

Witzenberg Herald

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

Lededag wenners SATERDAG 4 Desember is die jaarlikse lededag op Ceres gholfbaan aangebied. Die vierbal alliansie kompetisie is deur die span van Sammy Titus, Glenny Nasson, Simon Molaza en Wincen Abrahams (foto regs bo) met 86 punte gewen. Die span van Rodney Engelbrecht, BJ Claasen, Gerhard Claasen en J.Kayer (foto regs onder) was in die tweede plek met 84 punte. ANDER uitslae: Tippie duToit, Mark Watt, Charl duToit sr. en C. duToit jr. was in die derde plek gevolg deur Henri Ferreira, Mossie Botha, Willie van Heerden en David Cohen, beide met 79 punte. Robert McNeilly, Peter Versfeld, Corné Mostert en Francois Snyman was vyfde met 78 punte. * Tippie du Toit was die naaste aan die pen op no.14 en Aubrey Isaacs die naaste op no.12.

ASHWILL Petersen van Ceres het Saterdag 27 November aan die UTCT 65km ultra trail race in Kaapstad deelgeneem. Baie internasionale atlete kon vanjaar deelneem nadat die wedloop in 2020 afgestel was weens die CV-19 pandemie. Die weersomstandighede was uitdagend met stormsterk wind en reën. Daar was beperkte sigbaarheid op en rondom Tafelberg. Ashwill het algeheel 17de klaargemaak en 11de in sy afdeling in 9 uur en 11minute. FOTO: Ivana Maarschalk

TWEE Ceres fietsryers, Cordré Smith en Pierre de Jager, was verlede week deel van ‘n span van vyf oudweermaglede wat die eerste Munga Equipe afloswedren aangepak het om fondse vir 61 Mech veterane in te samel. Die moordende wedren het op 1 Desember in Bloemfontein begin en Maandag 6 Desember by Doolhof buite Wellington geëindig. Sarel Coetzee het die eerste skof oor 222km aangepak waarna Jaap Steyn die tweede skof tot in Britstown (178km) voltooi het. Anthony Kruger het die skof na Loxton (190km) gery en aan Cordré Smith oorgegee wat na Sutherland (214km) gery het. Op Sutherland het Pierre de Jager die moordende tog in wind, reën en koue na Ceres (230km) aangepak. Al vyf spanlede het Sondag saam van Ceres tot by Doolhof buite Wellington (85km) gery. Die span het derde geëindig (1152km) in ‘n tyd van 3 dae, 2 ure en 28 minute. VOOR: Cordré Smith, Jaap Steyn, Pierre de Jager, Anthony Kruger en Sarel Coetzee. AGTER: Johan Booysen (spanbestuurder). * Boetie Hugo van Ceres (inlas regs) het sy sesde Munga voltooi. Hy was 109de en het net voor Maandagmiddag se afsnytyd klaargemaak. ** Indien lesers nog bydraes wil maak, kan hulle donasies inbetaal by: 61 Mech Battallion Veterans Association, Standard Bank, 006305, rekening 003293661 met verwysing Munga.

We offer: · · · · · · · · ·

Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems

DIE tennisspelers van Laerskool Koue Bokkeveld het bekers van Louis van Wyk ontvang vir tennisprestasies deur die jaar. VLNR: Johan du Toit (beste vordering vir seuns), Zak Oosthuizen (no. 1 seun), Louis van Wyk (afrigter), Chris-Marié Lourens (no. 1 meisie) en Alize Fabricius (beste vordering vir meisies).

SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.

SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES

066 205 3312

023 1000 515

info@jptek.co.za

Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.